Die wêreld vier vandag Kersfees. Ek vier nié Kersfees nie! Ek vier Christusfees! Hierdie dag het tog immers niks – hoegenaamd niks te doen met kerse nie. Hierdie dag (en die wêreld weet dit en besef dit nie regtig nie) gaan daaroor dat ons die geboorte van Jesus Christus, die Seun van God, gedenk. Hierdie is nie sommer maar net so ’n dag nie; dit is nie maar net nog ’n verjaarsdagviering nie. Nee, hierdie dag – die dag waarop Jesus gebore is, is waarskynlik die tweede belangrikste dag op die kalender van ons as gelowige Christene (Christus se kruisiging en spesifiek Sy opstanding is vir my die heel belangrikste dae en behoort dus eintlik veel, veel meer prominensie te geniet as "Kersdag").
Ons hoor ook baie dikwels gedurende die Kerstyd, dat mense sê dat Jesus Christus na die aarde gekom het om vrede te bring. Dit klink alles so mooi en "in die gees van Kersfees" klink dit só reg, maar wat beteken dit regtig as ons dit sê – wat beteken dit as mense sê "vrede op aarde"? Beter nog, wat beteken dit as die Woord van God in Luk.2:14 sê ~ Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het? Beteken dit regtig dat daar vrede op aarde is – dit lyk nie vir my so nie! -
Sunday, December 25, 2011
Sunday, December 18, 2011
Die Boodskap van Hooglied - 01 (Eerste Siklus – Hartstogtelike Verwagting - 01)
Daar is talle vooraanstaande predikers en teoloë wat deur die eeue heen gesê het en steeds sê, dat die boek Hooglied een van die kosbaarste van al die boeke in die Bybel is. Charles Spurgeon het o.a. die volgende oor Hooglied gesê: "This Book stands like the tree of life in the midst of the garden, and no man shall ever be able to pluck its fruit, and eat thereof, until first he has been brought by Christ past the sword of the cherubim, and led to rejoice in the love which have delivered him from death. The Song of Solomon is only to be comprehended by men whose standing is within the veil. The outer court worshippers, and even those who only enter the court of the priests, think the Book a very strange one; but they who come very near Christ can often see in this Song of Solomon the only expression which their love to their Lord desires."
Die boek van Hooglied begin in vers 1 met die boek se titel, nl. šîr haššîrîm, wat ’n Hebreeuse idioom is wat die oortreffende trap uitdruk. Dit wil dus letterlik vir ons sê dat hierdie lied, die lied van alle liedere is – die beste en die mooiste van alle liedere. Soortgelyke Hebreeuse uitdrukkings wat die oortreffende trap van iets uitdruk, is bv. die bekende uitdrukking in Eks.26:33 waar ons lees van die tabernakel se "Allerheiligste".
Die eerste woordjie wat ons in die titel van hierdie lied vind is, soos ons reeds gesien het, šîr, wat dui op ’n vrolike lied en is gewoonlik gebruik in liedere wat tydens feeste gesing is – ’n pragtige voorbeeld hiervan is bv. Jes.30:29 ~ Maar julle sal sing soos in die nag voor ’n fees, julle sal vrolik wees soos wanneer mense met fluitspel begin loop na die berg van die Here toe, na die Rots van Israel toe. Geen wonder dan, dat die titel van hierdie boek, Salomo se mooiste lied is nie. -

Monday, December 12, 2011
Die Evangelie van Johannes - 13 (Hy en Sy Hele Gesin!)
Jesus het twee dae lank in Samaria in die dorpie Sigar deurgebring waar die ontugtige vrou by die put o.a. vir Jesus as Verlosser ontmoet het en waar ’n groot hoeveelheid van die dorpie se inwoners ook tot geloof in Jesus gekom het. Van Sigar af stap Jesus nou na Galilea en spesifiek na Kana waar Hy Sy eerste wonderwerk gedoen het (Joh.2). -
Tuesday, December 6, 2011
Openbaring Ontsluit – 47 (Die Bruilofsmaal - 02)
Tot nou het die kerk, God geloof en geprys vir die huwelik wat op hande is. Indien ons iets van hierdie huwelik wil verstaan, moet ons iets van die Joodse huwelike beter verstaan. Die heel eerste ding wat plaasgevind het, is die verlowing. ’n Verlowing in daardie tye was iets baie meer bindend en gewigtig as in ons dae. Indien iemand ’n verlowing wou verbreek, moes die verbreking ’n regsroete gevolg het – daar was dus bepaalde kontraktuele sake wat uitgesorteer moes word en so ’n verbreking van ’n verlowing was in dieselfde ernstige lig beskou as ’n egskeiding.
’n Verlowing het gewoonlik nagenoeg een jaar geduur. Gedurende hierdie tyd sou die bruidegom ’n huis bou en/of inrig vir sy toekomstige bruid. Wanneer dit afgehandel is, sou hy na sy bruid gaan en andere wat saam met hom gaan (gewoonlik jong manne), sal uitroep: "Die bruidegom is op pad!", waarna sy by die groep aangesluit het vir die voltrekking van die huwelik (gewoonlik vind dit in die huis plaas waar sy op daardie oomblik bly – gewoonlik haar ouers se huis). Hierna vertrek die prosessie na die bruidegom se huis waar die huweliksonthaal plaasvind en so ’n onthaal het tot ’n week lank geduur. Tydens hierdie fees voorsien die bruidegom en sy ouers gewoonlik al die eetgoed, asook die wyn (dink aan Jesus se eerste wonderwerk in Kana toe Hy water in wyn verander het – Joh.2:1-12). -

Openbaring Ontsluit – 46 (Die Bruilofsmaal - 01)
Ons het tot nou toe reeds baie tyd in Openbaring spandeer en veral het ons baie tyd spandeer aan die val van Jerusalem. Vir baie was hierdie ’n uitdagende tyd, want baie van ons moes ’n totale paradigma skuif ondergaan t.o.v. dit wat ons in die verlede geleer is oor Openbaring (hoewel daar baie min, indien ooit, uit Openbaring in my jonger lewe as lidmaat van die Gereformeerde- en later N.G. Kerk gepreek is), of wat ons maar so hier en daar uit gesprekke en dalk selfs uit die wêreldse pers t.o.v. Openbaring gehoor het – ek wil sover gaan as om te sê dat die meeste van ons (indien nie almal nie?), ons eie uiters wollerige en baie dikwels onbybelse siening (nie eens ’n standpunt nie) van klein deeltjies van Openbaring gevorm het.
Ons kom nou by ’n gedeelte in Openbaring waaroor daar ook menige verklaring bestaan, nl. die Bruilof van die Lam. Wat is die betekenis hiervan? Wanneer het dit, of gaan dit plaasvind? Wat is die betekenis daarvan, ens.?
In die voorafgaande gedeelte het ons gesien dat die sogenaamde "oorspronklike bruid van God," ’n afvallige, ontrou- en owerspelige vrou geword het wat uiteindelik deur God se oordele in 70 n.C. getref is.
Die trant en atmosfeer verander egter nou dramaties hier in hoofstuk 19, want hier vind ons ’n vreugdevolle gebeurtenis, waar daar lofsange is en ook ’n bruilof – die oue lê in die verlede en die nuwe word omhels. Trouens, ons vind hier die instelling en "lansering" van die nuwe verbond in Christus Jesus.
Ons moet egter voorbereid wees daarop dat hierdie hoofstuk ook nie sonder bloedige tonele is nie. Ons tref twee maaltye hier aan: die maaltyd van die Lam (19:1-10) en die maaltyd van God (19:12-21). Lg. maaltyd is ’n bloedige toneel, waar die roofvoëls van die hemel uitgenooi word om die vleis van die opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja, die vleis van allerhande mense: vryes en slawe, klein en groot, te eet (v.17-18).
Voor ons in meer detail kyk na hierdie hoofstuk, is daar ’n paar dinge waarvan ons kennis moet neem:
• Ons moet voortdurend in gedagte hou dat God die Vader nog altyd maar net een Bruid gehad het, nl. die ware Israel van God (dit is al die uitverkorenes deur al die eeue heen). God se ewige en onvoorwaardelike verbond met Sy uitverkorenes was nog altyd en sal altyd onaangeraak en vlekkeloos wees.
• Tweedens moet ons verstaan dat daar ’n metaforiese betekenis opgesluit lê in die gedagte van God wat "getroud" is/was met die geopolitiese Israel as volk. Hierdie verbond met Israel, was ’n voorwaardelike verbond. Soos ons reeds vantevore gesien het, word God se waarskuwing t.o.v. ’n verbreking van die verbond tussen Hom en Israel, in Lev.26 en Deut.28 uiteengesit. In kort, indien Israel, God sou gehoorsaam, sou God haar seën; indien Israel ongehoorsaam is, sal God haar straf en sal Israel vervloek wees.
• In die derde plek moet ons ook daarvan kennis neem dat indien God (ek sê dit met die uiterste piëteit) "in die huwelik wil tree" met die Nuwe Testamentiese Kerk, moet Hy eers "verlos" word van Sy verbond met Israel. Omdat ’n huwelik, ’n "tot-die-dood-ons-skei-verhouding" is, moes God Israel "teregstel", vir hul doodsonde van owerspel.
• Ons moet laastens daarop let dat God nie eers "in die huwelik getree" het met die Kerk na die verwoesting van Jerusalem nie. Die huwelik tussen God en Sy uitverkorenes kan al die pad teruggespeur word tot by die Tuin van Eden. Die nuwe verbond was egter eers ten volle ingestel met die val van Jerusalem. Na aanleiding hiervan vind ons dan dat Openb.19 ’n figuurlike of sinnebeeldige beskrywing is van God se huwelik met die Kerk. -

Openbaring Ontsluit – 45 (Die Val van Babilon – 04)
Ons het die vorige keer nogmaals gekyk na die val van Jerusalem a.g.v. haar ontrouheid aan God. Ons gaan vandag kyk na verskillende beskrywings van hierdie gebeure. -
Openbaring Ontsluit - 44 (Die Val van Babilon - 03)
Daar is op verskeie plekke in Openbaring geprofeteer oor die val van Babilon. Ons het die vorige keer in detail daarna gekyk toe ons 17:1-18 behandel het. Babilon – Jerusalem soos reeds aangedui, sou deur die multinasionale magte van Rome verwoes word. Trouens Jerusalem het reeds in hoofstuk 17 geval, maar die profesie het nie daar geëindig nie, want ons sal nou hier in hoofstuk 18 die effek van Jerusalem se val sien. En ons sal sien dat die val van hierdie stad, die ergste is wat die wêreld nog gesien het. Waarom sê ek dit? Hierdie was nie net ’n militêre, politiese, of ekonomiese val nie, maar dit was primêr ’n "verbondsval". ’n Val van hierdie aard het nog nooit vantevore plaasgevind nie en ook sal dit nie in die toekoms herhaal word nie. -
Openbaring Ontsluit - 43 (Die Val van Babilon - 02)
Ons het die vorige keer gekyk na Eks.28:1-34 en die ooreenkoms gesien tussen die vrou wat op ’n helderrooi dier sit (v.3) en Jerusalem. Ons het ook gesien dat al die kleure wat Johannes daar gesien het, die kleure verteenwoordig het wat deel was van die priesterlike kleed wat die priesters gedra het in hulle diens onder die Ou Verbond. -
Openbaring Ontsluit - 42 (Die Val van Babilon - 01)
Openb.17 is ’n baie gewilde hoofstuk, maar is nie so maklik om te verklaar nie. Ek vertrou dat ons deur die volgende week of wat meer klarigheid oor hierdie hoofstuk en selfs die volgende twee hoofstukke sal vind. Ek sal ook aanbeveel om, alvorens ons begin met ons studie, eers hoofstukke 17 tot 19 rustig deur te lees. -
Openbaring Ontsluit - 41 (Dit is Verby! - 04)
Wanneer ons na die sewende engel kyk, is dit asof ons te doen kry met nuwe materiaal en tog vertel dit vir ons meer van die einde – die einde van al die oordele en die gevolge van God se oordele oor Jerusalem. -
Openbaring Ontsluit - 40 (Dit is Verby! - 03)
Tot nou is die eerste vier bakke van God se oordeel oor die heelal uitgestort. Hiernaas volg die vyfde en sesde bakke. -
Openbaring Ontsluit - 39 (Dit is Verby! - 02)
Ons het die vorige keer gesien dat Johannes in sy visioen gesien het dat daar geen kans vir voorbidding sou wees wanneer God se oordele oor Jerusalem en die Tempel uitgestort word nie en daar sou geen voorbidding gedoen kon word totdat die engele se plae vervul is nie.
Ons het ook gesien dat hierdie oordele nie vae, ondeurdagte, of universele oordele was nie, omdat God reeds tydens die verbondsluiting, die volk gewaarsku het, dat Hy hierdie spesifieke oordele oor hulle sou laat kom indien hulle nie gehoorsaam bly aan die verbond nie en dat hierdie oordele slegs op Israel van toepassing was, omdat slegs hulle in verbond met God gestaan het (Deut.28:15). -

Openbaring Ontsluit - 38 (Dit is Verby! - 01)
Tot nou het ons na ’n reeks van visioene gekyk wat ’n duidelike waarskuwing was oor die komende oordeel oor Jerusalem as gevolg van die afvalligheid van die volk Israel. Hier in Openb.16 lei die waarskuwings nou na die implementering van hierdie oordele. -
Subscribe to:
Posts (Atom)