Sunday, March 29, 2015

DIE NAGMAAL ~ 01 (Toewyding)

1.      SKRIFLESING:
       1 Kor.11:23-34 ~ Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem 24 en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis. 25 Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 26 Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. 27 Elkeen wat op n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. 28 Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, 29 want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur n oordeel oor homself. 30 Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. 31 As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. 32 Maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie. 33 Daarom, my broers, as julle saamkom om die nagmaal te vier, wag vir mekaar. 34 As een van julle honger is, moet hy liewer by die huis eet, sodat julle nie n oordeel oor julle bring as julle bymekaarkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek daar kom.

2.   INLEIDING:
       Charles Hodge het op n keer gesêWe cannot commemorate Christ as our Saviour without thereby acknowledging ourselves to be His, the purchase of His blood and devoted to His service.

       Die Nagmaal is n verordening, of instelling, en natuurlik, n sakrament wat n permanente beslaglegging op ons harte beklemtoon, maar ook n permanente heilige toewyding van ons  vereis.

       Paulus suggereer aan ons hierdie permanensie wanneer hy in vers 26 van ons Skriflesing sê ~ Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom elke keer.

       Ek wil graag vanoggend drie sake t.o.v. die Nagmaal met u behandel:
-     Vir Wie is die Nagmaal bedoel?
-    God se Doel met die Nagmaal.
-    n Toets vir Opregtheid.

3.   VIR WIE IS DIE NAGMAAL:
       Eerstens dan, vir wie is die Nagmaal bedoel?
          Ons moet in die eerste plek besef dat die Heilige Nagmaal, slegs vir mense is wat bely dat hulle Christene is.  Thomas Doolittle het op n keer gesêDooie mense mag nie aansit aan die tafel van die Lewende God nie.  Nee, die Nagmaal is slegs vir diegene wat saam met Tomas kan uitroep, My Here en my God! (Joh. 20:28).

       Die Nagmaal is n baie sterk Evangelistiese middel, omdat gelowiges deur hul deelname aan die Nagmaal, aan die wêreld toon dat hulle Jesus Christus as Saligmaker en Here navolg en dat hul harte van klip verander is in harte van vlees ~ Ek sal hulle 'n ander hart gee en' n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee (Eseg.11:19).        
       Daar is mense wat redeneer, omdat Judas die Iskariot teenwoordig was by die instelling van die Nagmaal, mag ongelowiges daarom ook deelneem aan die Nagmaal hulle slaan egter die bal ver mis.  Judas het tot en met daardie stadium, Jesus Christus as Here bely en was hy een van Jesus se dissipels.  Sy mededissipels het hom aanvaar as n broeder in  Christus en Jesus het hom op sy woord geneem (al het Hy in Sy Goddelike alwysheid geweet dat Judas nie gered was nie).  Judas was egter vals en skynheilig en was kort voor lank ontbloot as n huigelaar.  Vir n tyd lank het hyself gedink dat hy gered was en wel op grond van sy belydenis, maar gedurende die Paasfees waartydens Jesus gekruisig is, het Judas besef dat hy nie gered is nie en dat hy slegs voorgegee het dat hy n gelowige is.  As n verraaier van Jesus, is hy waarskynlik een van die beste voorbeelde van iemand wat die Nagmaal op onwaardige wyse gebruik het en derhalwe n oordeel oor homself geëet en gedrink het - kan u ook hierin sien hoe belangrike heiligmaking is?

  Die Heilige Nagmaal is tweedens n maaltyd waartydens God ons wil versterk en bevestig as gelowiges.                 

       Die Heilige Nagmaal is een van die sakramente waarvan die 1689 Baptiste Belydenis van Geloof praat (hoofstuk 28) die ander sakrament is natuurlik die heilige doop (hoofstuk 29).  Die woord sakrament is nie n Bybelse uitdrukking nie, maar word van die Latynse woord sacramentum afgelei, wat na iets heiligs en misterieus verwys en wat n baie diepliggende geestelike betekenis het.  Die eed wat Romeinse soldate afgelê het, het ook bekend gestaan as n sacramentum en dit het op n baie dieper  vlak van toewyding gelê as wat n gewone werknemer se lojaliteit bv. gelê het.

       Hierdie selfde diepgaande eed en ooreenkoms vind ons in die Nagmaal, waar die huidige en toekomstige toewyding van die gelowige aan die Verlosser herbevestig en vasgelê word.  Dit lê dus amper op die vlak van n hertoewyding aan Jesus Christus deur elke individuele gelowige. 

     Die Nagmaal is n korporatiewe gebeurtenis, of n gesinsmaal.  Niemand kan die Nagmaal aan homself bedien nie. Die Nagmaalstafel behoort aan die huisgesin van God en hulle nuttig dit, terwyl hulle die Here Jesus Christus loof en prys en dien.  Die feit dat die Nagmaal die vorm van n maaltyd aanneem, beklemtoon die gemeenskap van die gelowiges, of die broederskap, rondom die Tafel, ten einde geestelik gevoed te word en dit is dan ook in ooreenstemming met Joh.6:35 ~ Ek is die
brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

4.   GOD SE DOEL MET DIE NAGMAAL:
       God wil deur die Nagmaal, bepaalde praktiese doelwitte met Sy kinders bereik.

  Eerstens moet ons besef dat die doel met die Nagmaal nié is om mense wat daaraan deelneem, in te lyf in die Koninkryk van God nie.  Dit is dus nie ingestel om mense te bekeer nie.  Dit is dus nie n bekerings-ordonansie nie, of n maaltyd wat ook aan ongelowiges gebied word met die hoop dat hulle hul tot Christus sal bekeer nie. 

  Nee, soos reeds gesê, is die Nagmaal ingestel vir gelowiges en het dit ten doel om die deelnemers aan die Nagmaal, die geleentheid te bied om hul geloof in Jesus Christus te verklaar en te bevestig dit is dus n bevestigings ordonansie.  Die Nagmaal het dus ten doel om toegewyde gelowiges se persoonlike heiligmaking en geestelike groei, opnuut weer aan te wakker.

  Hierdie geestelike groei en heiligmaking word gewerk deur die Heilige Gees in en deur die sakrament van die Heilige Nagmaal.  Dit gebeur nie outomaties nie.  Daar is geen magiese kragte aant werk tydens die Nagmaal nie.  Dit alles gebeur deur geloof ons geloof in Jesus Christus, asook deur die Nagmaal op n waardige wyse te gebruik.

       Ons sien in 1 Korintiërs dat die gemeentelede in Korinte, dikwels deel gehad het aan die Nagmaal, maar hulle het ook dikwels, die Nagmaal op n onwaardige wyse gebruik en dit het dan tot gevolg gehad dat die Here Sy krag van hulle weerhou het en hulle gestraf het vir die onwaardige wyse waarop hulle die Nagmaal gebruik het 1Kor.11:30 ~ Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle.  God hanteer ons as verantwoordelike wesens en daarom verwag Hy dat ons Hom ernstig sal opneem.

       Tydens die instelling van die Nagmaal het Jesus verwys na die Heilige Gees wat sou kom en wat die dissipels in alle waarheid sou inlei Joh.16:13 ~ Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig

  Dit is dan ook die rede waarom die bediening van die Nagmaal altyd voorafgegaan behoort te word deur die prediking van die Woord, want sonder die Woord word die sakrament van die Nagmaal bloot afgewater tot simbole en n ritueel gestroop van die ware betekenis.  Dit is natuurlik iets wat reeds algemeen voorkom in kerke wat hulle verankerdheid in die Skrif verloor het. 

  Deur die krag van die Woord en die werking van die Heilige Gees, dien die Nagmaal as bevestiging van die Here Jesus se soendood, waardeur ons vergifnis van ons  sonde ontvang het, asook ons redding.

  Omdat die Nagmaal die fokus plaas op die dood van Christus en dit ons, by wyse van spreke, by die voet van die Kruis bring, lei dit ons ook na n leë graf en die feit dat Christus opgestaan het.

  Jesus is nie meer aan die kruis nie en Hy is ook nie meer in die graf nie.  Hy het gely, gesterf en weer opgestaan uit die dood, ten einde die verheerlikte Middelaar en Verlosser van God se uitverkorenes; die Redder van die verlorenes en die Hoof van die Kerk te word.

5.  SELFONDERSOEK:
       Wat dus vanuit die Kruis vloei, is nuwe lewe in die verrese Redder. Om hierdie punt te mis wanneer ons die Nagmaal gebruik, is om alles te mis wat die Woord vir ons leer oor môre
en die ewigheid.

       Vir baie nee, vir miljoene is die gebruik van die Heilige Nagmaal, slegs n godsdienstige viering of voorskrif wat nagekom moet word en is dit dus niks anders as n sondige ritueel nie.  Dit het tot gevolg dat diesulkes se lewe tussen die een Nagmaal en die volgende Nagmaal ook niks anders is as n lewe van godsdienstige voorskrifte wat nagekom word of wat hulle poog om na te kom.  Hulle hele lewe word dus niks anders as n godsdienstige ritueel nie.

      Wanneer ons die Nagmaal gebruik, moet ons in alle nederigheid, in die woorde van Gal.2:20 bely, ...en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.  Enige iets minder as dit, is koud, klinies, meganies, werke gedrewe en slegs n nakoming van n bepaalde ritueel of rituele in kort, dit is n tragedie, want dit is n aanduiding van n hart en lewe wat nié in die regte verhouding tot God staan nie.

      Ons moet vir onsself n paar vrae vra wanneer ons die Nagmaal gebruik:
         Watter effek gaan die Nagmaal op my en my lewe hê, gedurende hierdie komende week en weke?
         Spreek die gebruik van die Nagmaal jou aan t.o.v. jou lewe, jou lewenstyl, jou optrede ens.?
         Oor wat spreek die Heilige Gees jou aan, wanneer jy aansit by die tafel? 
         Het jy Christus waarlik lief?
         Wy jy jou ganse lewe toe aan Hom?
         Wil jy Christus waarlik volg as Verlosser en Here in jou lewe?

      n Nuwe, vars voorneme om jou lewe te wy aan Christus, is n aanduiding dat jy die Nagmaal in opregtheid gebruik dit is n bevestiging van jou lewende geloof in Christus Jesus.

      Die tragiese van die Nagmaal is dat miljoene mense die betekenis van die Nagmaal in hulle daaglikse lewe weerspreek deur hul optrede.

       weer wat Jesus vir jou gedoen het waarvoor Hy waarlik gesterf het.  Is dit sodat ons n skoon gewete kan hê?  Waarvoor het Hy opgestaan uit die dood is dit sodat ons maar steeds kan leef soos ons wil, sonder n gedagte aan sonde, geregtigheid en oordeel?

6.   N TOETS VIR OPREGTHEID:
      Wanneer ons onder God se soeklig van geregtigheid kom, is die regte reaksie om ons sonde te bely.  Indien dit nié die geval is nie, sê die Apostel Johannes in 1Joh.1:10  die volgende ~ As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

      Belydenis van sonde is egter een ding, maar dit is nie dieselfde as persoonlike heiligmaking nie en daarom gaan Johannes verder en sê hy dat die uiteindelike doel met sondebesef en die belydenis van sonde, is om n heilige lewe te leef, daarom dat hy in 1Joh.2:1-3 die volgende sê ~ Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig-ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. 2 Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. 3 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken.

      Sien u die oorgang hier van vers 2 na vers 3?  In vers 2 praat Johannes van Jesus se soendood vir ons, sodat ons aanneemlik kon raak vir God, maar Johannes gaan voort in vers 3 en sê in geen onduidelike taal aan ons, dat indien ons versoen is met God deur Christus, ons n verantwoordelikheid het om God se gebooie te gehoorsaam.  Ons lewe moet dus gekenmerk word deur gehoorsaamheid aan God en aan Sy Woord.

      Johannes gaan voort in sy eerste brief en hy gee n paar toetse aan ons deur, waardeur ons kan vasstel, of ons, ons vertroue waarlik in Christus plaas en daarom in gehoorsaamheid aan hom leef.
   Ons vind die eerste toets in 1Joh.2:3-4 ~ As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: Ek ken Hom, maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Hiermee saam 1Joh.2:5a ~ Wie sy woord egter gehoorsaam-in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik.  Ons moet dus gehoorsaam wees aan God se Woord.
   Tweedens moet ons in en deur ons lewe, navolgers van Christus wees ~ Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het (1Joh.2:5b-6).

      Hierdie laaste Skrifgedeelte konfronteer ons dus met n baie direkte vraag, nl.: Ken jy régtig die Here Jesus? 

7.   AFSLUITING:

      Wanneer ons dan die Nagmaal gebruik, word ons na die Kruis van Jesus gebring en word ons in die woorde van Ps.116:12, opnuut weer opgeroep om onsself toe te wy aan Christus ~ Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?