Sunday, January 29, 2012

Sewe Briewe aan Sewe Gemeentes - 03 (Die Gemeente in Pergamum)

1.         INLEIDING:
Ons het met die vorige twee gemeentes in Openb.2 gesien, dat daar ’n algemene patroon in die struktuur van elk van die sewe briewe in Openb.2 en 3 voorkom:
·           Elke brief is deur Christus aan ’n spesifieke gemeente gerig.
·           Elke brief stel die Hoof van die plaaslike gemeente (Christus Jesus) voor as ’n spesifieke karakter, of beeld.
·           Elke brief onthul ondubbelsinnig dat Christus oor volkome kennis beskik t.o.v. die toestand van daardie spesifieke gemeente.
·           Met die uitsondering van een gemeente, ontvang elke gemeente een of meer lofuitinge of aanprysinge.
·           Met die uitsondering van twee gemeentes, ontvang elke gemeente kritiek of een of meer bestraffinge oor een of meer situasie(s) wat in die gemeente bestaan.
·           Elke gemeente ontvang ten minste ’n vermaning en daarmee saam gee Christus raad aan hulle.
·           Elke gemeente ontvang een of ander belofte t.o.v. getrouheid.

Die briewebesteller wat die sewe briewe uitgedra het, waarmee ons in Openbaring 2 en 3 te doen kry, het nou sy reis wat by die hawestad Milete begin het, oor land verder hervat en hy het noordwaarts gereis om sy derde brief aan die herder van die plaaslike gemeente te gaan oorhandig. -

Sunday, January 22, 2012

"Gewyde Heiligheid van die Lewe"

1.     INLEIDING:
Kom ons wees bietjie eerlik vanoggend. Hoe voel jy elke keer as ’n pragtige, skaars, onskuldige renoster gestroop word vir sy horing? Kwaad? Opstandig? Hartseer? ’n Belangriker vraag: Wat is jou eerlike reaksie as jy daaraan dink dat aborsies gewettig is in Suid-Afrika? Nee kom, wees eerlik, baie eerlik. Is ons al afgestomp hieroor? My een skoondogter is in die goeie sin van die woord, ’n "pro-life" aktivis en sy is ’n stigterslid van ’n organisasie genaamd "Abort 97" (http://www.abort97.co.za/) en een van hulle slagspreuke is: "Rhinos arn't the only things worth living". Dit is so waar, trouens in vergelyking met aborsie is renosters bykans nie eens noemenswaardig nie. -

Sunday, January 15, 2012

Sewe Briewe aan Sewe Gemeentes - 02 (Die Gemeente in Smirna)

1.     INLEIDING:
Ons leef in ’n uiters vyandiggesinde wêreld – ’n wêreld wat die waarheid van die Woord van God met al sy mag teëstaan. Hierdie aanslag raak by die dag erger, maar ons as gelowiges moet leer om voortdurend onder die beheer van Jesus Christus te staan en te leef en derhalwe staande te bly in die wonderlike Evangelie van Jesus Christus, want Hy is voorwaar Here en regeer oor hierdie aarde en SY Koninkryk en Sy kerk staan vasgeanker en daarom sal ...die poorte van die doderyk dit nie oorweldig nie (Matt.16:8 – O.A.V.).

-

Tuesday, January 3, 2012

Sewe Briewe aan Sewe Gemeentes - 01 (Die Gemeente in Efese)

1.     INLEIDING:
In hoofstukke 2 en 3 van die profesie van Openbaring, vind ons briewe wat Johannes aan sewe gemeentes in Klein-Asië geskryf het, nadat Jesus Christus dit aan hom gedikteer het.  Hierdie gemeentes aan wie Johannes sy briewe rig, was Efese (2:1-7), Smirna (2:8-11), Pergamum (2:12-17), Tiatira (2:18-29), Sardis (3:1-6), Filadelfia (3:7-13) en Laodisea (3:14-22).  Hierdie was werklike gemeentes wat bestaan het in die tyd wat Johannes hierdie apokalips (openbaring van God) ontvang het.  Ook het die toestande t.o.v. van die gemeentes, soos beskryf in Openbaring, werklik in daardie spesifieke gemeentes geheers.

Hierdie toestande wat in hierdie sewe gemeentes geheers het, is dan ook realiteite wat in die kerk in die breë vandag nog voorkom.  Elke gemeente ervaar dus op een of ander stadium van haar lewe, een of meer van hierdie toestande – dalk al sewe gelyktydig!  Elke gemeente ervaar dus van tyd tot tyd (oor korter en soms langer stadiums) dinge wat prysenswaardig is; of afkeurenswaardig is; of dinge wat verbetering en/of verandering benodig. 

Sunday, January 1, 2012

En My God Sal In Elke Behoefte Ryklik Voorsien

1. ONS BEHOEFTE:
Elkeen van ons betree vandag hierdie nuwe jaar met bepaalde behoeftes – of dit nou finansieel, of fisies, of geestelik is. Miskien wonder jy hoe jy hierdie jaar finansieel sal oorleef; jy wonder dalk of jy al jou verpligtinge sal kan na kom. Gaan my besigheid die syfers haal wat nodig is om my maatskappy doelwitte te bereik? Gaan ek nie dalk in hierdie jaar gerasionaliseer word nie? Sal jy in al jou familie se behoeftes kan voorsien? Miskien sukkel jy met ’n kwaal (waarvan nie een van ons dalk eers weet nie) en wonder, of hoop jy dat jy genesing sal ervaar. Miskien wonder jy of ons as gemeente nog aan die einde van 2012 sal bestaan, en so kan ons aangaan. -