Wednesday, April 22, 2015

XENOFOBIE en ons as GELOWIGES


 1. WAT IS XENOFOBIE:
     Wanneer ons praat van xenofobie, verwys ons na vreemdelinge-haat. Dit is haat wat ontketen
word deur die teenwoordigheid van buitelanders in n bepaalde land en n deel van die bevolking, of burgers van die land haal hul frustrasie; ongelukkigheid; haat; ens. op hierdie buitelanders uit, deur hulle besighede te boikot; hul besighede te vernietig; hul persoonlike eiendom te steel en te vernietig; dit vir hulle ongemaklik/onmoontlik in die werkplek maak; hul die gemeenskap verdryf; hul aanrand; besteel en selfs vermoor, ens.

2.    AGTERGROND:
      Ons het reeds in die verlede sporadiese voorvalle van xenofobie in ons land ervaar, maar nog nooit was dit so erg soos die afgelope maand of twee nie – soveel so dat die weermag saam met die polisie in brandpunte ontplooi is (dit laat n mens aan die Apartheids regime dink wat gereeld klokreëls in onlusgeteisterde gebiede ingestel het). Tientalle buitelanders se winkels is gestroop en selfs afgebrand; buitelanders is aangerand en in enkele gevalle is daar selfs van die buitelanders vermoor.

  
    Daar word beweer dat die vlaag van aanvalle begin het toe die Zoeloe koning Goodwill Zwelinthini, onlangs tydens n massa byeenkoms, gesê het dat buitelanders hul goed moet pak en gaan, omdat hulle burgers van die land se werk neem. Kort daarna het geweld in Durban uitgebreek en verder versprei na ander dele van die land.

      Die V.N. sê egter dat die nuutste vlaag van geweld, reeds in Maart na n arbeidsgeskil tussen buitelanders en burgers, begin het.

      Dit is ongetwyfeld so dat een van die redes vir die geweld, voor die deur gelê kan word van blouboordjie werkgeleenthede en buitelanders wat dit opraap voor burgers van die RSA. Conrad Mbewe (Leraar van Kabwata Baptist Church in Lusaka, Zambië sien: http://sola5.org/xenophobia-south-africa-ticking-time-bomb/) het verlede week o.a. die vraag gevra waarom Suid-Afrikananse werkgewers voorkeur verleen aan buitelanders (spesifiek Afrikane vanuit die res van Afrika)? Hy het o.a. gesê dat hierdie tendens waar buitelanders verkies word bo plaaslike inwonners, nie iets nuuts is nie. In Amerika bv. is dit werkers vanuit Latyns-Amerikaanse lande wat die blouboordjie poste opraap; in Wes-Europa is dit mense uit Oos-Europa ens. en volgens Conrad is die rede hiervoor, baie eenvoudig: They (die buitelanders) are harder working and that for less pay! Hy gaan voort deur te sê dat die rede waarom xenofobie in die VSA en Europa bykans nooit tot gladnie plaasvind nie, die gevolg van ʼn baie lae werkloosheidsyfer is die implikasie: Suid-Afrika, wat sit met n hemelhoë werkloosheidsyfer, moet werk begin skep en dit sal tot gevolg hê dat xenofobie drasties sal verminder.

      Blouboordjie werkgeleenthede is egter nie die eigste rede vir xenofobie nie (en ek is millenia

ver verwyder daarvan om n politieke- en/of arbeidsontleder te wees) en ek grond dit bloot net op een realiteit en dit is dat daar min tot geen xenofobiese geweld in die werkplek plaasgevind het die afgelope tyd. Hierdie barbaarse aanvalle is primêr gemik teen entrepreneurs (handelaars) dalk is dit bloot net die top van die ysberg en baie maklike teikens vir die aanvallers, terwyl butelanders by bv. myne, baie meer beskernd is daar is bloot net nóg redes vir xenofobie en hierdie saak het derhalwe meer om die lyf as wat dit op die oogaf lyk.

      Net laastens wat hierdie agtergrond betref, is dat die Minister vir Staatsveiligheid beweer dat so min as 1% van die bevolking pro-xenofobiese geweld is. As n mens die media (Face Book, nuusberigte, ens.) as maatstaf moet geruik en na die reaksies op die geweld kyk, wil dit tog lyk asof hy reg is, veral ná Maandag (20 April 2015) wat daar n geweldige positiewe burgerlike reaksie was waartydens mense betoog het téén xenofobie (in Alexandra bv. het plaaslike mans deur die nag wag gestaan om buitelanders te beskerm).

3.    GEVOLGE:
      Wat is die gevolge van hierdie vreemdelinge-haat? Weereens is ek nie n kenner nie, maar soos dit vir my lyk en klink kan ek dit baie kortliks as volg opsom:
   Suid-Afrika raak (opnuut) die muishond van die wêreld;
   Suid-Afrikaners in die buiteland vrees vir hul lewe en/of besittings (dosyne wit Suid-Afrikaners het
die afgelope tyd inderhaas Mosambiek verlaat en terug gekeer na Suid-Afrika);
   Suid-Afrika se handelsmerk in die buiteland ly geweldige skade;
   Oorsese beleggers raak net nog meer huiwerig om in ons land te belê wat n verdere negatiewe uitwerking op die land se ekonomie het;
    Mense leef in vrees en sien allerlei spookbeelde van n land wat in vlamme opgaan en waar grootskaalse bloedvergieting plaasvind (soos Conrad dit noem, South Africas ticking time bomb) bloedvergieting soos in die jare 60 en 70 in Afrika met Uhuru.
   Met die EFF se uitgsproke en miltante optrede, wat o.a. insluit dat blankes moet terug gaan na vanwaar hulle oorspronklike vandaan kom (o.a. Europa); standbeelde van historiese blanke figure wat toegetakel word met verf; oop stukke grond wat beset word (openlike provokasie dus). Ook die ANC-regering se openlike diskriminasie teen blankes as dit kom by aanstellings; sprake dat plase verklein gaan word a.g.v. die regering se grondhervormingsbeleid (wat tot gevolg het dat Blanke boere op groot skaal die land verlaat en elders in Afrika gaan boer), ens. Dit alles en nog baie meer het tot gevolg dat blankes al meer en meer in vrees begin lewe en hulle, hulself die vraag afvra, Hoe lank nog voor xenofobiese-aanvalle teen blankes gaan begin?
   Dit wil lyk asof die vlaag van xenofobie in ons land enersyds aangehits word deur n onbekende mag t.w.v. uiteindelike politieke gewin, deurdat hulle die regering van die dag in n slegte lig wil stel (die EFF dalk?). Politieke instabiliteit is dus nog n moontlike gevolg van die vreemdelinge haat.

Natuurlik is daar nog veel meer gevolge wat genoem kan word.

4.    DIE WOORD VAN GOD:
      Kom ons kyk net eers na n paar teksverse wat iets oor vreemdelinge te sê het:
   Eks.23:9 ~ Jy mag 'n vreemdeling nie laat verdruk nie. Julle ken die lewe van n vreemdeling, want julle was vreemdelinge in Egipte.
   Lev.19:10 ~ Julle moet ook nie die wingerde 'n tweede keer oes of die korrels wat val, optel nie. Laat dit alles bly vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God.
   Lev.23:22 ~ Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie die wenakkers afoes of die are wat bly lê, optel nie. Julle moet dit los vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God (dink bv. hier aan Rut wat n vreemdeling uit n ander land was en nogtans sluit God haar in by die heilige lyn uit wie se nageslag, ons Verlosser Jesus Christus uiteindelik gebore sou word).
   Deut.10:19 ~ Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self 'n vreemdeling in Egipte.
   Deut.26:11 ~ Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon.
   Num.15:30 ~ Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.
   Ps.146:9 ~ Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses.
   1 Pet. 1:1 ~ Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.
   1 Pet.2:11 ~ Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe.
(Hierdie is maar enkele teksverse wat vir ons n aanduiding gee van wat die Here se gesindheid is jeens vreemdelinge).

5.    GELOWIGES SE GESINDHEID/REAKSIE:

     Wat staan ons as gelowiges te doen in die lig van hierdie xenofobiese aanvalle in ons land? Wat verwag die Here van ons?
     
      Baie kortliks die volgende:
      Ons moet eerstens besef dat vreemdelinge n spesiale plek in God se hart het.
      Ons moet ons naaste lief hê beslis ook vreemdelinge ongeag van wat hulle motief met hul vlug/koms na Suid-Afrika is (moet nie vir my sê dat hulle net n spul diewe, moordenaars, swendelaars en dwelmhandelaars is nie ja, daar is sekerlik n groot hoeveelheid van hulle wat hierdie etiket verdien), is die woord van God baie duidelik daaroor dat ons, ons naaste moet lief hê, maar ook ons vyande.
      As gelowiges moet ons nie deel word van ongeverifieerde praatjies en bang-maak-stories nie.
      Ons moet nie soos die wêreld, sommer net aanneem dat wanneer daar n moord of watter misdaad ook al gepleeg is, dit Nigeriërs of Zimbawiërs was nie sê wie? Indien ons sulke bewerings maak, kan ons dit motiveer met statistiek? Besef ons hoeveel plaaslike inwoners (ja, ook blankes!) is skuldig aan velerlei vorme van kriminaliteit? Ons mag nie saam met die massas (en kom ons wees eerlik met mekaar veral rassisitiese blankes) summier aanvaar dat dit buitelanders is wat hoofsaaklik betrokke is by kriminaliteit nie, want dan is ons as gelowiges ook o.a. besig om vreemdelinge-haat aan te blaas ~ Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is- watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees- daarop moet julle julle gedagtes rig (Fil.4:8).
      Ons moet besef dat ons land, nes die res van die wêreld, vasgevang is in die greep van die sondeval en dat ons meer en meer brutaliteit, kriminaliteit, bedrog, ens. sal beleef namate die koms

van ons Verlosser nader.
      Ons as gelowiges glo tog immers aan God se soewereiniteit en daarom moet ons al hierdie dinge ook in daardie lig beskou God ís inderdaad in beheer en ons moet ons aan Sy soewereine wil onderwerp. Ons leef in die alreeds en die nog nie ons Here is nou reeds die Heerser en Koning van hierdie wêreld en Hy voer nou reeds heerskappy oor die konings (ook Pres. Zuma en Malema) van hierdie wêreld ~ Op sy klere, by sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: "Die Koning van die konings en die Here van die heersers (Openb. 19:16). Hiermee saam kan ons ook Ef.1:21-22 lees ~ hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.
      Ons as gelowiges moet ook ons stem dik maak teen xenofobie ons kan en mag nie maar net swyg hieroor nie.
      Ons as gelowiges moet ook n hand van liefde, ondersteuning en hulp uitsteek aan mense wat deurloop onder xenofobie.
      As gelowiges mag ons nie in vrees leef nie ~ Want God het ons nie n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim.1:7). Die probleem met vrees is dat dit n mens kan verteer en vernietig; dit verblind n mens en jy kan nie meer rasioneel dink nie en in die proses word God se Woord wat as bemoediging en vaste anker moet dien, uit ons lewe gerangeer lê dit in die vergetelheid begrawe. Stacey Reaoch (Desiring God se BLOG - www.desiringgod.org/articles/when-fear-seizes-you) het hierdie volgende 7 wenke aan die hand gedoen om vrees teë te werk:
      -     God se Waarheid: Vra jouself af of dit wat jy bedink en wat jy in jou geestesoë sien, werklik aan die gebeur is, of is dit net my verbeelding? Paulus moedig ons aan om onder alle omstandighede die Waarheid na te jaag (Fil.4:8).
      -     God se Teenwoordigheid: Ons kan en moet ons troos daarin vind dat ons nooit alleen is nie (Ps.46:1).
      -     God se Genade: God belowe dat Hy onder alle omstandighede ons sal oorlaai met Sy genade (2 Kor.12:9).
      -     God se Soewereiniteit: God is te alle tye in beheer van ons lewe (Dan.4:34-35).
      -     God Luister: Stort jou hart uit voor God in gebed – Hy hoor ons gebede (Ps.40:1).
      -     God kan Vertrou word: Vroeg en laat jaag my teëstanders my, en ek het baie vyande, o Allerhoogste. Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U (Ps.56:3-4).
      -      God se Groter Plan: Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Rom.8:28) o – glo hierin en hou hieraan vas.

      Al is hierdie bedreiging ook n bedreiging wat in die toekoms n realiteit vir ons as wit gelowiges kan raak, moet ons steeds n ewigheidsperspektief koester soos iemand eenkeer gesê het: Sudden death, sudden glory. Ons moet onsself al minder en minder blindstaar teen die dinge van hierdie wêreld en meer en meer dink aan ons ewige bestemming hierdie lewe is maar net n kort deurgang na n ewige heerlikheid. Randy Alcorn (in sy boek Heaven) stel dit baie mooi wanneer hy sê: In Genesis 3, the earths first radical transition (mankinds fall and first judgement) can be seen as one bookend of human history. In Revelation 20, we see the second bookend in the earths last radical transition (Christs return and last judgement)…” Hierdie lewe op aarde is inderdaad slegs n baie
kort deurgang na die ewige heerlikheid!
      As gelowiges moet ons besef dat ons geroep is om vir Christus in hierdie wêreld te ly , want slegs deur lyding kan die Koninkryk gevestig word ~ Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word (Rom.8:36) , maar ons moet altyd besef dat ons, meer as oorwinnaars is deur Hom wat ons liefhet (Rom.8:37) en boweal, die dood kan ons nie van Hom skei nie.
      As gelowiges moet ons bid vir ons naaste EN vir ons vyande ~ Maar Ek sê vir julle: Julle moet
julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen (Matt.5:44-45). Hoe moet ons bid vir ons vyande? Vir bekering? Ja vir bekering in die eerste plek, maar indien ons vyande nie uitverkies en geoormerk is vir redding nie, moet ons bid vir n hartsverandering; vir n gesindheidsverandering.
      Ons kan en moet verder vir die owerhede bid, hulle wie deur God oor ons aangestel is (Rom.13:1-2; 1 Tim.2:1-2 en 1 Pet.2:13-14 ja selfs al voer hulle nie God se wil uit nie 1 Pet.2:18-19), sodat o.a:
      -     Die inwoners van ons land waarlik deur hulle gedien sal word (dit sluit vreemdelinge in wie verblyfreg hier het en moenie vir een oomblik dink dat alle vreemdelinge in die land onwettig hier is nie).
      -     Die inwoners van die land ~ …’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan     God en in alle eerbaarheid (1 Tim.2:1-3).
      -     Die inwoners wet en orde en geregtigheid sal ervaar (Spr.8:15).
      Ons moet besef dat ons geroep is vir n tyd soos hierdie en daarom moet ons, ons Lig laat skyn mense rondom ons moet die Koninkryk van Christus Jesus deur en in ons sien.

6.   AFSLUITING:
      Ons lees in Ester 4:14 van Ester ~ and who knoweth whether thou art not come to the kingdom
for such a time as this (ASV). Soos Ester van ouds moet ons besef dat ons nie om dowe neute hier aan die suidpunt van Afrika geplaas is nie dit is nie om dowe neute dat sommige van ons se voorgeslagte vir hul geloof uit Wes-Europa gevlug het en hul tuiste hier kom vind het nie. God se plan is dat Sy kinders (ons) gesuiwer moet word en dat Sy Koninkryk moet kom en dit sal en moet noodwendig gepaard gaan moet swaarkry dit gaan dus nie oor ons lekker kry, sukses en voorspoed nie (in teenstelling met die Voorspoeds-teologie). Ons het n roeping om hier uit te leef en dit is om Christus Jesus na te volg en uit te leef ~ Now I rejoice in my sufferings for your sake, and fill up on my part that which is lacking of the afflictions of Christ in my flesh for his body's sake, which is the church (Kol 1:24 ESV). Jesus het ook in Matt.10:38 gesê ~ Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. Hierdie lewe op aarde is vir gelowiges dus nié n Sondagskoolpiekniek nie dink aan wat Jesus alles deurgemaak het om ons los te koop en Hy sê vir ons om Hom in daardie lyding na te volg!

      Ek wil graag afsluit met Conrad Mbewe se woorde in die gedeelte wat hy verlede week geskryf het: Our greatest problem is not that we are broken or sick. Our greatest problem is that the God of the universe is righteous in his holy anger, and he is coming to pour out His divine wrath on all who do not worship Him as God. The Biblical Gospel tells us that the Good News is far better than the fact that we will be made healthy and wealthy (even though this will be true of all believers in the new heavens and the new earth). The Biblical Gospel tells us that we get God as our treasure. We get to worship God as God. He sets us free from all other posers that promised joys they could never provide. Dan sluit Conrad af met n aanhaling deur ene Ken Mbugia wat gesê het, Africa needs the Gospel more than it needs food aid. We need the Gospel more than we need democracy. The prosperity we need the most is not offered by the American dream.

      Afrika, Zuma, die EFF, vreemdelinge, aanvallers op vreemdelinge, Suid-Afrika, het Jesus Christus nodig ~ and who knoweth whether thou art not come to the kingdom for such a time as this (Ester 4:14 ASV).