Sunday, July 29, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 07 (Christus ons Oudste Broer)


Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.

1.    INLEIDING:
       Kom ons vat net weer kortliks saam wat ons verlede week in vv.5-9 van Hebr.2 gesê het:
·           Ons het gesien dat God die mens met heerlikheid en eer en gesag beklee het, maar dat die mens dit tydens die sondeval verloor het.
·           Ons het na die uitdrukking, die "toekomstige wêreld" gekyk en gesien dat dit na die era van die Kerk verwys, m.a.w. die tyd van Christus se menswording, tot en met Sy wederkoms en dat ons tans midde in die "toekomstige wêreld" leef.
·           Ons het egter ook gesien dat Christus uiteindelik tot die mens se redding gekom het en dat die vloek wat op ons gerus het, verwyder is, deurdat Jesus as Verlosser aan die kruis gesterf het.
·           Die implikasie van Jesus se soendood, is dat ons as gelowiges weer ons heerserskrone sal ontvang en saam met Christus oor die ganse heelal sal regeer en heers. 

Sunday, July 22, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 06 (Maar Jesus!)


Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.



1.    INLEIDING:
       Ons gaan vanoggend na vv.5-9 van Hebreërs 2 kyk, maar t.w.v. die konteks en volledigheid, asook om ons voor te berei op die volgende paar boodskappe wat gaan volg uit hoofstuk 2, gaan ons vanoggend die volledige hoofstuk 2 lees.

       Soos wat die geval met hoofstuk 1 was, maak die Hebreërskrywer weer in hierdie gedeelte gebruik van aanhalings vanuit die Ou Testament – so haal hy bv. in 2:6-7 aan uit Ps.8:5-7. Ps.22:23 word in 2:12 vermeld, en in 2:13 gebruik hy die woorde van Jes.8:17-18.

       Elke keer as die skrywer sulke aanhalings gebruik, vertel hy ’n deel van Jesus se verhaal. Hy lei Jesus se verhaal as't ware af vanuit die Ou Testament, want baie van die tekste in die Ou Testament wys juis heen na Jesus Christus en daarom moet ons ook, wanneer ons die Ou Testament lees, dit in die lig van Jesus Christus lees, want Jesus se verhaal plaas Ou Testamentiese verhale in perspektief en maak ook ’n verskil aan mense in die Ou Testament se individuele verhale.  


Monday, July 16, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 05 (Stewig Geanker)


1.    INLEIDING:

       In hoofstuk 1 het die Hebreërskrywer vir ons verduidelik dat Jesus, die Seun van God, verhewe is bo die engele. Hy het egter ook vir ons daarop gewys dat Jesus God is en dat Hy verhef is bo die ganse skepping en dat Hy op ’n ewige troon sit met ’n septer in Sy hand en vir altyd oor die heelal heers.

       In hoofstuk 2 sal ons ook sien dat die Hebreërskrywer vir ons daarop wys dat Jesus mens geword het en dat Hy daarom volmaakte Middelaar tussen ons en God is – iets waarop geen engel homself kan beroem nie. Die skrywer hanteer egter eers ’n ander saak in vv.1-4 in hoofstuk 2, voor hy aangaan met Sy beskrywing van die Seun van God se vleeswording en in hierdie vier verse sal ons sien dat geen mens die gevolge sal ontsnap indien hy nie ernstig aandag gee aan Jesus nie.


Tuesday, July 10, 2012

BYBELSTUDIE – Die Evangelie van Johannes – 08 (Joh.2:12-22)


Lees Joh.2:12-22:
Vers 12 begin deur te sê ~ Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum toe gegaan, maar hulle het nie baie lank daar gebly nie. As ons na die voorafgaande gedeelte kyk, sien ons dat hier gepraat word van Jesus wat in Kana was, waar Hy by ’n bruilof, water in wyn verander het.

Na Kanaän het Jesus saam met Sy moeder, sy broers en die dissipels, ’n vlugtige besoek gebring aan Kapernaum – die Woord gee nie aan ons ’n aanduiding waarom hulle daarheen is nie. Nadat hulle aangedoen het by Kapernaum, is hulle, soos só baie Jode, Jerusalem toe vir die Paasfees (v.13). In Jerusalem aangekom is Jesus reguit na die Tempel.

1.    Gebeure tydens die Pasga:
Die Paasfees of die "Die Pasga" staan ook bekend as die "Seisoen van Vrymaking" en die "Seisoen van Vreugde" en beide hierdie benaminge hou verband met die Hebreërs se verlossing uit Egipte gedurende die maand Nissan (Maart-April).

Die Pasga as eerste feesseisoen is ook onderverdeel in drie subfeeste, nl. "Die Pasga"; "Die Fees van die Ongesuurde Brode" en "Die Fees van Eerstelinge".  Die laaste twee sal ons D.V. volgende Sondag behandel.

2.    SKRIFLESING:
Eks.12:1-14, 43-48 ~ In Egipte het die Here vir Moses en Aäron gesê: 2“Hierdie maand is vir julle die belangrikste maand; dit moet die eerste maand van die jaar word. 3Sê vir die hele gemeente van Israel: Elkeen moet sorg dat hy op die tiende van hierdie maand ’n lam vir sy gesin het, vir elke huisgesin een. 4As ’n huisgesin te klein is vir ’n lam, kan ’n man en sy naaste buurman dit onder mekaar verdeel volgens die getal persone. Julle moet die lam deel volgens elkeen se behoefte. 5Dit moet ’n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, ’n skaap of ’n bok. 6Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag. 7Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet. 8Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. 9Julle moet dit nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met kop, pootjies, binnegoed en al. 10Julle mag niks daarvan tot die volgende môre laat oorbly nie. As daar die volgende môre tog iets oor is, moet julle dit verbrand. 11Julle moet dit haastig eet, aangetrek vir die reis, skoene aan die voete en kierie in die hand. Dit is die Paasfees van die Here. 12“Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! 13Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ’n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. 14“Hierdie dag moet vir julle ’n gedenkdag wees. Julle moet dit as ’n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ’n vaste instelling wees wat hulle moet vier.  Ook vv.43-48 ~ Die Here het vir Moses en Aäron gesê: “Dit is die voorskrifte in verband met die Paasfees: geen nie-Israeliet mag daarvan eet nie; 44’n slaaf wat deur iemand gekoop is, mag eers daarvan eet nadat hy besny is; 45geen bywoner of huurling mag daarvan eet nie. 46Dit moet geëet word in die huis waarvoor dit bedoel is. Van die vleis mag niks buitentoe geneem word nie. Geen been van die Paaslam mag gebreek word nie. 47Die hele gemeente van Israel is verplig om die fees te vier. 48Die vreemdeling wat jou beskerming geniet en die Paasfees van die Here wil vier, moet besny word, hy en al die mans en seuns by hom. Dan eers is hy soos ’n gebore Israeliet en kan hy daaraan deelneem. Iemand wat nie besny is nie, mag nie daarvan eet nie.

3.    DIE PASGA:
In hierdie gedeelte lees ons van die instelling van die Pasga en hierdie gebeurtenis in Egipte, is vir my persoonlik sekerlik dié belangrikste gebeurtenis in die ganse Ou Testament, omdat dit die verlossing van die gelowige, so pragtig uitbeeld.

Elke man moes op die tiende dag van die maand Nissan (Maart-April) ’n lam sonder gebrek vir sy huisgesin neem (vv.3-5).  Hierna moes die lam vir vyf dae bewaar word, waartydens daar baie seker gemaak word, dat hy sonder gebrek was (v.6).

Op die veertiende Nissan moes hierdie lam by die huis se deurpos geslag word – verkieslik om 3 uur in die middag, sodat dit teen 18:00 (die aanvang van die 15de dag) geëet kon word (v.6).  Die bloed moes opgevang word en aan die bo-kant en aan beide kante van die deur se kosyn, aangebring word – die hele deurkosyn was dus bedek met bloed (v.7).

Die huisgesin moes nou binne-in die huis gewees het ten einde beskerming te geniet teen die Doodsengel wat deur die land sou trek en al die eersgeborenes sou tref met die dood.   Die Doodsengel sou dus by elke huis verbygaan waar daar bloed aan die deurkosyne was – vandaar die Engelse benaming, "pass-over" (v.13).

Terwyl die man van die huis, die lam voorberei het, mag hy geen been van die lam gebreek het nie (v.46) en ten einde die lam te braai volgens die voorskrifte, moes die lam op ’n spit geplaas word, sodat die lam oopgevlek (oopgesprei) kon wees.  Of ’n mens, soos so baie ander, regtig hieraan enige waarde moet heg, betwyfel ek ten sterkste, maar dit is tog interessant om te weet dat die spit in die vorm van ’n kruis was, ten einde die lam oop te spalk en te braai.  Nadat die lam klaar gebraai was, moes die hele lam deur die familie opgeëet word – hulle mag niks gebêre het vir die volgende dag nie (vv.8-10).

’n Laaste voorwaarde rondom die Pasga, was dat geen mens wat nie besny was, aan die Pasga kon deelneem nie (v.48).  Besnydenis was die uiterlike teken dat die persoon in God se verbond ingesluit is – daar was dus ’n bloedverbond gesluit.  Indien hy dus besny was, was hy geregtig op die voordele van die verbond.

Baie jare later, nadat die tempel in Jerusalem gebou was, het die mans die lammers na die tempel gebring en daar geslag, i.p.v. by hulle eie deurposte.  Nog later het die Leviete, lammers geteel in Jerusalem en hulle dan tydens die Pasga verkoop aan diegene wat na Jerusalem gekom het vir die fees.

Die Pasga was ’n tyd van groot vreugde, aanbidding en lof aan God.  Die Leviete het die feesgangers gelei in die sing van o.a. die psalms van Dawid (bv. Ps.113 en -118).  Hierdie singery is begelei deur talle musiekinstrumente, soos trompette, harpe, fluite, tamboeryne, simbale, ens.

4.    CHRISTUS SE VERVULLING VAN DIE PASGA:
Die heel wonderlikste aspek egter van die Pasga, was hoe dat Jesus Christus vir ons hierdie fees vervul het.  In Joh.12:1 sien ons dat Jesus na Betanië gegaan het en ons lees in Joh.12:12-13 ~ Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. 13Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom!  Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en:  “Die Koning van Israel!” Jesus se intog in Jerusalem vind op die tiende dag van Nissan plaas (die Pasgalam is ook op die 10de dag van Nissan uitgesoek om 5 dae later geslag te word).

Terwyl Jesus in Jerusalem was, het die godsdienstige leiers van die Jode, Jesus ondervra ten einde die skare se uitroepe en aansprake dat Jesus die koning van die Jode is, te ondersoek.  Uiteindelik het hulle Jesus aan Pontius Pilatus oorhandig vir uitspraak, waarop Pilatus in Joh.19:4 gesê het ~ Kyk, ek bring hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.  Jesus was onskuldig – Hy was sonder gebrek (nes die Paaslam).  Maar tog word Jesus op die 14de Nissan (na 5 dae se deeglike ondersoek) gekruisig – net soos die Pasgalam word ook Jesus om 09:00 gekruisig en sterf Hy om 3 uur in die middag!

Die bloed van die lam wat gevloei het en aan die deurposte aangebring was, kon slegs die volk se sonde bedek en hulle teen ’n fisiese dood beskerm.  Die Paaslam van God, Jesus Christus daarenteen, neem die sonde heeltemal weg en red die betrokkenes van ’n geestelike dood. 

Ons lees in 1Pet.1:18-21 die volgende ~ Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. 20Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. 21Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.

Jesus het Homself dus oorgegee om gedood te word t.w.v. van ons sonde.

Ons het gesien dat die Paaslam se bene nie gebreek mag word nie.  Wanneer ons na Jesus se kruisiging en die gebeure rondom ’n misdadiger se kruisiging in daardie dae kyk, sal ons sien dat ’n gekruisigde se bene altyd, net onder die knieë gebreek is deur dit met ’n ysterstaaf af te slaan.  Dit is gedoen om die sterwensproses te verhaas, ten einde seker te maak dat die misdadiger voor 18:00 sou sterf, want die Jode het geglo dat daar ’n vloek oor die land sou kom as ’n gekruisigde na 18:00 nog sou lewe.

Die wonder met Jesus se kruisiging was egter dat nie een van Sy bene gebreek is nie – Joh.19:31-33 ~ Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die Sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie Sabbatdag was ’n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word. 32Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is. 33Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie.

Jesus het Sy doen en late so gereël dat Hy gedurende die Fees van die Pasga in Jerusalem sou wees – dit sou ooreenstem met die uitkies, die voorbereiding en die slag van die Paaslam.  Hy het dit spesifiek so gedoen, sodat die Jode daartoe in staat sou wees om te kon sien en verstaan Wie Jesus werklik was, nl. hulle Paaslam – hulle Messias!  Jesus was dus bestem om gekruisig te word op die presiese dag en uur waarop die Jode hulle Paaslammers vir nagenoeg 1 500 jaar lank al, geslag en voorberei het. 

Jesus se kruisiging op dieselfde dag en uur as die Paaslammers is reeds deur Jesaja in Jes.53 voorspel en tog het die meeste Jode die vervulling van hierdie Messiaanse profesie nie raakgesien nie.

5.    TOEPASSING:                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                            
Net soos met die Hebreërs in Egipte, kom klop die doodsengel ook aan ons deure en as "die bloed van die Paaslam nie aan ons deurkosyne geverf is nie", sal ons sekerlik sterf, soos wat elkeen in Egipte wat nie deur die Paaslam se bloed beskerm was nie, gesterf het.

Omdat ons, soos wat Paulus in Rom.3:23 en 6:23 gesê het, ...almal gesondig (het), en (daarom) nie deel (het) aan die heerlikheid van God nie (3:23), moet ons weet dat die  ...loon wat die sonde gee, die dood (is) (6:23a).  Wat Paulus dus hier sê, is dat ons almal in sonde ontvang en gebore word en daarom is ons in die spreekwoordelike "huise sonder bloed aan die kosyne" – ons almal was dus geestelik dood.  Ons het dus almal die bloed van die Paaslam nodig om die geestelike dood vry te spring.  Paulus sê egter verder in Rom.6:23b dat die Paaslam se bloed ook vir ons beskikbaar was om teen ons deurkosyne te verf, toe hy gesê het ~ ...die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.  God die Vader het vir ons ’n uitweg gegee – 1Joh.1:7 ~ Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.  Jesus Christus, ons Paaslam se bloed het vir ons gevloei en is ons gereinig van al ons sonde.  Ons hoef die dood nie meer te vrees nie, want ons Paaslam het die mag van die dood verbreek, toe Hy uit die dood opgestaan het.

Wat ’n wonderlike en bemoedigende Woord is hierdie nie!  As ons Jesus Christus as ons Paaslam aanneem, ontvang ons vrywaring van God se oordeel en gaan die "doodsengel by ons huis verby", want ...    God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 9Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word (Rom.5:8-9).

Ons het in Eks.12:48 ook gesien dat geen persoon aan die Pasga kon deelneem, as hy nie besny was nie. Wanneer ons na Deut.10:16 kyk, sien ons dat God eintlik in iets veel meer as die fisiese besnydenis belangstel en dit is die besnydenis van die hart ~ Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie (O.A.V.).  In Joh.3:1-7 noem Jesus hierdie besnydenis van die hart, die wedergeboorte ~ Daar was ’n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ’n lid van die Joodse Raad. 2Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ’n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.” 3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” 4Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n ou man is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” 5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie.              

In die geval van die Hebreërs (of die Jode), was die besnydenis dus eintlik net ’n simbool van die ware geestelike besnydenis.  Wanneer ons weergebore is en derhalwe die Gees van God ontvang het, het ons volgens Paulus in Fil. 3:3, die ware besnydenis ontvang.  Dit is dus van kardinale belang dat jy vir jouself die vraag sal afvra, of jy waarlik van hart besny is; of jy weergebore is; of jy vrede met God het? 

Indien jy wel weergebore is en jou hart besny is, is dit ook nodig dat jy hierdie heuglike waarheid sal gedenk deur die Nagmaal gereeld te gebruik, want die Nagmaal is ’n herinneringsmaal – ’n maal waartydens ons herinner word aan die ware Paaslam wat vir ons geslag en geoffer is.

Wanneer ons die Nagmaal gebruik en ons eet die brood, moet ons in gedagte hou, dat die brood ’n teken daarvan is, dat Jesus se liggaam waaragtig aan die kruis geoffer is vir ons.  Met die eet van die brood, word ons daaraan herinner, dat net soos wat ons lewe put uit die eet van die brood, daar ook ewige lewe aan ons verskaf is deur Christus wat Sy liggaam vir ons "geoffer" het. 

Net so is die wyn/druiwesap ook teken van Jesus se bloed wat gestort is aan die kruis en ons daardeur volkome vrygekoop het van die ewige dood in die hel. 

Daar is egter ook ’n derde aspek verbonde aan die Nagmaal:  Net soos wat die Hebreërs as gesin en as volk, saam die Paasmaal geniet het, net so geniet ons as gesin (as kerkfamilie) ook die Nagmaal saam, ten einde ons onderlinge verbondenheid aan mekaar te betoon.  Daarom moet ons as gelowiges wat wederbaar is deur die volmaakte soendood van die volmaakte Paaslam, Jesus Christus, ook die brood eet en die wyn drink uit dankbaarheid vir wat Hy vir ons gedoen het aan die kruis.  Wanneer ons dan die Nagmaal saam geniet – moet ons dit saam doen in opgewondenheid en uit dankbaarheid en in herinnering aan Jesus Christus ons Paaslam.


[1] Bybelstudie oor die Evangelie van Johannes (Meyerton Mannegroep)  deur Kobus van der Walt – Dinsdagaand 10 Julie 2012

Sunday, July 8, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 04 (Christus, die Glansryke-, Soewereine Heerser!)


Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.



1.    SKRIFLESING:
       Hebr.1:1-14 ~ In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. 5Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees”? 6En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “Al die engele van God moet Hom aanbid.” 7Van die engele sê Hy: “Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.” 8Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. 9U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.” 10En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. 11Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos ’n kledingstuk sal alles verslyt; 12soos klere sal U dit oprol; ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.” 13Van watter engel het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het”? 14Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?

2.    INLEIDING:
       Ons het verlede week gesien hoe dat die Hebreërskrywer sy argument, dat die engele ondergeskik is aan Jesus, grond op verskeie gedeeltes vanuit die Ou Testament en hy benader dit juis vanuit die Ou Testament, omdat sy lesers terug geneig het na die Judaïsme (en veral die sektegroep – die Esseners) wat op daardie stadium baie waarde geheg het aan die engele.

       Hy gaan nou voort in vv.7-14, om presies dieselfde te doen.

Sunday, July 1, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 03 (Christus het geen Gelyke nie)



Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.

1.    INLEIDING:
       Ons het in die eerste 3 verse van die Hebreërboek gesien dat God deur Christus geskep het, maar ook dat Jesus ver verhewe is bo die profete en dat God Sy finale openbaring deur Jesus Christus gebring het – m.a.w. ons sien God deur Jesus en ons sien Hom in en deur die Woord – God het klaar gepraat; Hy het deur Jesus gepraat en Jesus se spreke is vir ons in die Woord van God (die Bybel) vervat – ons het dus niks meer nodig nie – geen buite-bybelse openbaringe en -spreke nie!

       In die tweede, derde en vierde verse het ons Jesus gesien as Erfgenaam (v.2); as die Skepper (v.2); as die Onderhouer (v.3); as die Glansryke (v.3); as die Verlosser (v.3) en as Heerser (v.3). Vanoggend gaan ons na verse 4-7 kyk.