Thursday, May 31, 2012

"STILTETYD"


(Ek verkies om van my "Gesprekstyd" te praat, eerder as "Stiltetyd", want dit is gedurende daardie tyd dat God deur Sy Woord met my praat en ek met Hom d.m.v. gebed - l.w. God praat met ons NET deur Sy Woord en op geen ander wyse nie!)
1.      BELANGRIK:
·         Wanner ons praat van "Stiltetyd" en hier verskeie riglyne deurgegee word, is daar veral twee teksverse wat in gedagte gehou moet word – aan die eenkant is daar Gal.3:10 ~ Maar almal wat staat maak op die onderhouding van die wet, val onder die vloek, want daar staan geskrywe: “Daar rus ’n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie.” Ons moet nie wetties raak oor die inhoud van hierdie stuk nie, omdat hierdie slegs riglyne/voorstelle is en hoef en kan nie (moet nie) slaafs nagevolg word nie, omdat daar talle ander maniere is hoe jy jou eie "Stiltetyd"/"Gesprekstyd" kan hou. Aan die anderkant is Jak.1:22-23 ook baie waar en moet dit ook voortdurend in gedagte gehou word ~ Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk.
·         Gebruik hierdie riglyne om o.l.v. die Heilige Gees jou "Stiltetyd" te hou.
·         Dit is van kardinale belang dat jy ’n vasgestelde tyd/tye sal bepaal waarop jy jou "Stiltetyd" gaan hou (die heel beste bly maar vroegoggend). Besluit op ’n TYD, bv. 60 minute en HOU STRENG DAARBY!
·         Kry ’n PLEK om jou "Stiltetyd" te hou, waar jy alleen en privaat kan wees en waar jy tuis voel

2.      GEBED:
         Begin jou "Stiltetyd" ("Gesprekstyd") deur te...
         1.1       Bid vir seën, rustigheid en helder denke
         1.2                Bid dat die Here die Woord deur die Heilige Gees vir jou sal "oopmaak"

John Piper:
Afrikaans:
I = "Ignite my heart to Your Word"
O = Ontvlam my hart (steek aan)
O = "Open my spiritual eyes"
O = Open my geestelike oë
U = "Unite my heart to Your Word"
V = Verbind my hart met U Woord
S = "Satisfy my soul"
V = Versadig my siel

3.      WOORDSTUDIE:
Onderstaande drie voorstelle kan afwisselend gevolg word – die derde opsie is egter die belangrikste en moet die meeste aandag kry:
         3.1                Eerste Opsie:
Hierdie opsie kan een of meer dae per week gevolg word en kan bv. afgewissel word met opsies 2 en 3 (sien voorbeeld van ’n weekprogram aan einde):
·           Kies ’n boek in die Bybels (Bv. Genesis of Matteus) en begin dit rustig, maar aandagtig deur te lees, t.w.v. agtergrondkennis, ens. Lees bv. een hoofstuk per dag. Hiermee saam kan ’n Psalm en ’n gedeelte uit Spreuke gelees word. Lw.: Ek beveel hoegenaamd nié ’n "Eenjaarbybel" aan nie – dit laat jou te gejaagd deur die Woord lees en in die proses neem jy min tot niks in nie en andersyds skeep jy dit af waaroor jou "Stiltetyd" eintlik moet gaan, nl. die bestudering van die Woord;
·           Bestudeer saam met die rustige lees van ’n Bybelboek, ’n geestelike boek (bv. J.I. Packer se "Knowing God", of Wayne Mack se "Fear Factor", Wayne Grudem se "Systematic Theology, ens.).

         3.2                Tweede Opsie:
Hierdie opsie kan een of meer dae per week gevolg word en kan bv. afgewissel word met opsies 1 en 3 (sien voorbeeld van ’n weekprogram aan einde):
·            Luister na ’n preek of werk ’n preek deur (bv. die voorafgaande Sondag se preek) en maak aantekeninge daaroor (bv. vrae wat jy het; sonde wat aangespreek word; opdragte wat jy moet uitvoer; ens.). Bid oor die preek.
·           Kies ’n boek in die Bybels (Bv. Genesis of Matteus) en begin dit rustig, maar aandagtig deur te lees, t.w.v. agtergrondkennis, ens. Lees bv. een hoofstuk per dag. Hiermee saam kan ’n Psalm en ’n gedeelte uit Spreuke gelees word. Lw.: Ek beveel hoegenaamd nié ’n "Eenjaarbybel" aan nie – dit laat jou te gejaagd deur die Woord lees en in die proses neem jy min tot niks in nie en andersyds skeep jy dit af waaroor jou "Stiltetyd" eintlik moet gaan, nl. die bestudering van die Woord;

         3.3                Derde Opsie:
         Hierdie opsie is die heel belangrikste van die drie opsies en behoort meer as net een dag per week gevolg te word en kan bv. afgewissel word met opsies 1 en 2 (sien voorbeeld van ’n weekprogram aan einde):
·            Kies ’n boek in die Bybels (Bv. Genesis of Matteus) en begin dit rustig, maar aandagtig deur te lees, t.w.v. agtergrondkennis, ens. Lees bv. een hoofstuk per dag. Hiermee saam kan ’n Psalm en ’n gedeelte uit Spreuke gelees word. Lw.: Ek beveel hoegenaamd nié ’n "Eenjaarbybel" aan nie – dit laat jou te gejaagd deur die Woord lees en in die proses neem jy min tot niks in nie en andersyds skeep jy dit af waaroor jou "Stiltetyd" eintlik moet gaan, nl. die bestudering van die Woord;
·           In diepte studie van die Woord (hierdie is die belangrikste gedeelte van jou Bybelstudie).
o    Indien moontlik en indien beskikbaar - Maak gebruik van hulpmiddels. Kommentare van regsinnige kommentators is wonderlike hulpmiddels en behoort gebruik te word as jy jou hande daarop kan lê en/of as jy dit kan bekostig (sien belangrike opmerkings t.o.v. hulpmiddels onder punt 4).
o    Besluit met watter boek in die Bybel jy gaan begin – bv. Efesiërs.
o    Lees die agtergrond inligting en veral die doel met die skryf van die boek/brief. Wie het dit geskryf? Aan wie? Deur wie? Van waar? Waarom? Ens. Hou al hierdie inligting voortdurend in gedagte wanneer deur die brief/boek gewerk word (as dit bv. ’n brief is wat deur Paulus vanuit ’n tronk geskryf is, sien jy redes/die trant, ens. waarom die brief geskryf is, skielik in ’n ander lig).
o    Lees nou die eerste perikoop/paragraaf van hoofstuk 1, rustig en met aandag deur – doen dit selfs ’n tweede en ’n derde keer (gewoonlik word perikope deur die hedendaagse Bybels aangedui – bv. Fil.1:1-11, of Kol.2:1-4., ens.).
o    Lees nou weer vers 1. Verstaan jy alles? Is daar iets wat jy kan aanteken sodat jy dit kan onthou, of later weer daarna kan verwys – dalk ’n vers wat jy kan memoriseer ("memory verse" -  sien later); dalk iets wat jy na die tyd kan "terug bid" tot die Here?
o    Gaan voort na die volgende vers, of groepie verse: Is daar iets wat jy nie verstaan nie? Dink daaroor; bid daaroor en indien jou Bybel(s) daaroor beskik – kyk na alle teksverwysings, slaan dit na en lees dit en kyk na die kommentaar/studienotas onderaan (moet liefs nie die Nuwe Afrikaanse Vertaling en spesifiek die "Bybel in Praktyk" se kommentaar gebruik nie).
o    Indien jy nog steeds nie verstaan nie – lees weer die vorige vers + die vers wat jy nie verstaan nie + die volgende vers of wat (konteks dus) + hou jou vooraf aantekeninge (bv. doel van skrywe) in gedagte. Indien jy dit nog steeds nie verstaan  nie – "herkou" deur die dag daaraan + bespreek dit met iemand (ouer broer in die Here; leraar; ens.).
o    Gaan nou na die volgende vers(e), ens., ens.
o    Wat is die TEMA van die gelese gedeelte?
o    Soos wat jy deur die gedeelte werk, vra gedurig ook die volgende vrae vir jouself af en maak aantekeninge daaroor:
ü  Wat word van/oor GOD gesê?
ü  Wat word van/oor JESUS gesê?
ü  Wat word van/oor die HEILIGE GEES gesê?
ü  Is daar vir my enige VOORBEELD om na te volg?
ü  Is daar enige OPDRAGTE aan my om uit te voer?
ü  Is daar enige BELOFTES aan my waarop ek kan "staatmaak"?
ü  Word spesifieke SONDE uitgewys waarop ek bedag moet wees en/of wat ek moet bely?
ü  Hoe kan ek die gelese gedeelte TOEPAS op my lewe – vandag en in die dae wat volg?
ü  BID die vers en/of die hele gedeelte
o    MEMORISEER enige van die verse (indien moontlik)
o    SING die bepaalde vers (jou eie wysie indien nodig – natuurlik is ’n swak stem nie ’n verskoning nie! Dit help om die versie vas te lê)
o    GESELS/DEEL met andere oor die vers/gelese gedeelte

4.      GEBED:
Ek verkies om hardop te bid – op die manier behou ek my aandag beter (dit is egter nie altyd moontlik nie).
         4.1                Aanbidding & Lofprysing (Besing hier God se almag, soewereiniteit, almag, liefde, ens. – in kort: Sy karaktereienskappe; Sy dade; Sy skepping; jou redding; Jesus se kruisdood en Christus se letterlike/fisiese/historiese opstanding, ens.).
         4.2                Dankbetuiging (Dank God vir alles waaraan jy kan dink – beskerming, versorging, redding, vergifnis, ens. wees spesifiek en gee detail).
         4.3                Die Woord [Bid die Woord "terug". Doen dit met meer as net een teksvers. Hoe doen ek dit? Gebruik jou aantekeninge (jy mag maar daarna loer terwyl jy bid!) en kyk na wat jy uit die gelese gedeeltes "gekry" het, asook vorige Skrifgedeeltes wat by jy jou "vasgesteek" het/wat jy onhou het en parafraseer dit, deur daaroor en rondom dit teenoor God te bid – bv.: Fil.1:9 ~ Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. Jy kan dit bv. soos volg bid: Vader, ek wil graag onberispelik en sonder blaam wees op die dag wanneer Christus weer kom en daarom bid ek nou, dat U my sal help dat my liefde al meer sal toeneem – dat ek my broer en suster meer lief sal hê, maar ook my vyande. Skenk aan my ’n begrip en fyn aanvoeling sodat ek te alle tye sal kan onderskei tussen daardie dinge wat U verheerlik en wat my geestelik sal laat groei, teenoor daardie dinge wat U Naam in oneer sal bring en my geestelike groei sal belemmer en wat my getuienis teenoor die wêreld mag benadeel. Vader gee asb. ook dat hierdie begrip en fyn aanvoeling, meer en meer sal toeneem, sodat ek ’n lofoffer vir U kan wees en dat ek volkome in die regte verhouding met God sal staan......].
         4.4                Belydenis van sonde (Bely al jou sonde wat jy nog nie vantevore bely het nie en bely dit by die naam, en vra dat jy vergewe sal word daarvoor en wel op grond van Christus se volmaakte soenoffer wat Hy aan die kruis gebring het). Bely sonde van daad (dit wat jy verkeerd gedoen het – "sins of commission") en van nalating (opdragte in die Woord wat jy nie nagekom het nie – "sins of omission").
         4.5       Intersessie [Voorbidding – Bid vir ander mense – bv. jou broers en susters; kerklike leiers; sendelinge; land en regering; familie; Sondag se prediking; vriende; lande en volke (gebruik gerus webtuistes soos bv.: http://www.persecution.com/ , of http://www.operationworld.org/ ens. om vir mense te bid wat vervolg word vir hul geloof, of spesifieke lande; ens.).
         4.6       Petisie (Versoeke – Hierdie gedeelte word nie verniet heel laaste geplaas nie, want ons gebede moet in die eerste en laaste plek oor God gaan en Hy moet ons eer ontvang wanneer gebid word en daarom moet my persoonlike behoeftes ’n baie kleiner rol in my gebedslewe speel, MAAR ons hoef dit ook nie heeltemal af te skeep nie, want Jesus het tog immers in Matt.11:28 gesê ~ Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee ).

5.      ENKELE MOONTLIKE GEBEDSBLOKKASIES:
         5.1       Verhoudingsprobleme (Mark.11:24; Matt.5:23; Rom.12:18)
         5.2       Ongeloof (Hebr.11:6)
         5.3       Eie-sinnigheid (1Joh.5:14; Joh.15:7)
         5.4       Vals motiewe (Jak.4:3)
         5.5       Ongehoorsaamheid en sonde (Suinigheid, hoogmoed, ens. ens.) – (1 Joh.3:17-22; Spr.21:13)
        
6.      HULPMIDDELS:
Maak gebruik van hulpmiddels. Kommentare van regsinnige kommentators (vra jou leraar wie diesulkes is) is wonderlike hulpmiddels en behoort gebruik te word as jy jou hande daarop kan lê en/of as jy dit kan bekostig. Indien jy nie kommentare kan bekom of bekostig nie, móét jy beslis van die volgende hulpmiddels probeer gebruik maak:
·       Die Bybel (goeie vertalings) – verkieslik meer as een vertaling (bv. "English Standard Version"; "New American Standard Bible"; "New King James; "Amplified Bible"; New International Version – in hierdie volgorde. Verkieslik nie die, of die Living Bible of Good News Bible nie. Wanneer jy in Afrikaans Bybelstudie doen is ’n Ou Afrikaanse Vertaling – '33 ’n noodsaaklikheid – indien nie beskikbaar nie – gebruik  dan beslis ook een van bg. Engelse vertalings – Moet geen ander Bybels gebruik nie – "Die Boodskap" is bv. nié ’n Bybel nie, al lyk dit so). Gebruik verkieslik die ESV of die NASB as jou "basis-Bybel" en die ander as aanvullende Bybels.

Wanneer jy belê in ’n nuwe Bybel(s) t.w.v. jou Bybelstudie – sien toe dat dit kantaantekeninge/kruisverwysings het (m.a.w. die teks verwys ook na ander toeliggende/ooreenstemmende  verse) en dit is selfs verkieslik dat jy ook een kies met kommentare onder aan (bv. die Reformation Study Bible; die John MacArthur Study Bible – uitstekend – as jy ’n Post Millennialis soos ek is, moet jy net nie Openbaring hieruit bestudeer nie;  NIV Study Bible; Thompson Chain Reference Bible ; ens.).
·            ’n Boek wat op beknopte wyse vir jou meer agtergrond gee t.o.v. die boeke van die Bybel en perikope in die boeke van die Bybel is noodsaaklik.
’n Baie goeie boek wat uiters nuttig is vir hierdie doel, is: "How To Read the Bible Book by Book" deur Gordon D. Fee en Douglas Stuart (Uitgewers: Zondervan), of "The Bible Panorama" deur Gerard Chrispin (Uitgewers: Day One Publishers). ’n Ander relatief goedkoop boek wat ook gebruik kan word, is: "The Lion Handbook to the Bible" (ISBN 0 85648 320 6) (daar bestaan egter ’n magdom ander sg. en baie goeie boeke vir hierdie doel).
·            Ander bykomende boeke wat baie nuttig is indien jy dit kan bekostig of in die hande kry is: 'n Konkordansie; ’n "Topical Bible"; Bybelse Ensiklopedieë; ’n Bybel Atlas (daar is verskeie); ’n "Bible Dictionary"; ens.
·            Internet: Wees uiters versigtig vir die Internet (daar is hordes "gemors", dwaalleer en onbybelse kommentare te vinde). Indien jy weet van "kosher" teoloë/predikers, kan jy na hulle stof kyk – om enkeles te noem: John Piper;
Mark Dever; John MacArthur; Al Mohler; David Platt; Kevin DeYoung; Ligon Duncan; ens., ens. ’n Goeie Webtuiste om vir Byubelstudies te besoek is bv.: http://www.pbministries.org/Landmark_Baptist/Seminary/Bible_Study_Courses/index.htm
·            Rekenaarprogrammatuur: Uitstekende sagteware vir rekenaars, met Bybelvertalings en kommentare is beskikbaar om jou te help – ongelukkig is baie van hulle uiters duur, soos bv. LOGOS, ens. Goedkoop en selfs gratis programme is egter te kry – o.a.: Sword Searcher; e-Sword; Bible Explorer 4, ens. (aflaaibaar van Internet).
·            ’n Notaboek.
·            Potlood (of pen – ek verkies ’n 0.5 "clutch pencil").
·            ’n "Highlighter" (ek verkies die helder oranje een – dit verbleik nie so gou nie – pienk is te lig en blou en groen is bv. weer te donker en klad maklik deur jou Bybel se bladsye).

7.      VOORBEELD VAN ’N WEEK SE "STILTETYD":
Hierdie is maar net ’n voorbeeld – ontwikkel jou eie program en natuurlik kan die program weekliks/maandeliks, ens. aangepas/gewysig word – moet tog net nie wetties oor hierdie saak raak nie!
Ma.
Kort gebed; Lees die Woord; Werk/Luister Sondag se preek deur; Gebed
Di.
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van die Woord; Gebed
Wo.
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van die Woord; Gebed
Do.
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van die Woord; Gebed
Vr.
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van die Woord; Gebed
Sa.
Kort gebed; Lees die Woord; Bestudeer ’n geestelike Boek; Gebed
So.
Kort gebed; Lees die Woord; Gebed

T.o.v. geestelike boeke het C.H. Spurgeon eenkeer gesê: "Master those books you have. Read them thoroughly. Bathe in them until they saturate you. Read and reread them, masticate and digest them. Let them go into your very self. Peruse a good book several times and make notes and analyses of it. A student will find that his mental constitution is more affected by one book thoroughly mastered than by twenty books he has merely skimmed. Little learning and much pride comes from hasty reading. Some men are disabled from thinking by their putting meditation away for the sake of much reading. In reading let your motto be “much not many.”

"When all your favorite preachers are gone, and all their books forgotten, you will have your Bible. Master it. Master it." --- John Piper
I meet with women all the time who are curious about how they should study the Bible. They hunger for transformation, but it eludes them. Though many have spent years in church, even participating in organized studies, their grasp on the fundamentals of how to approach God's Word is weak to non-existent. And it's probably not their fault. Unless we are taught good study habits, few of us develop them naturally.

Why, with so many study options available, do many professing Christians remain unschooled and unchanged? Scripture teaches clearly that the living and active Word matures ustransforms usaccomplishes what it intends, increases our wisdom, and bears the fruit of right actions. There is no deficit in the ministry of the Word. If our exposure to it fails to result in transformation, particularly over the course of years, there are surely only two possible reasons why: either our Bible studies lack true converts, or our converts lack true Bible study.
I believe the second reason is more accurate than the first. Much of what passes for Bible study in Christian bookstores and church resource libraries just isn't: while it may educate us on a doctrine or a topic, it does little to further our Bible literacy. And left to our own devices, we pursue a host of unsavory (and un-transformative) self-constructed approaches to "spending time in the Word." Here are several that I encounter on a regular basis.

The Xanax Approach: Feel anxious? Philippians 4:6 says be anxious for nothing. Feel ugly?  Psalm 139 says you are fearfully and wonderfully made. Feel tired? Matthew 11:28 says Jesus will give rest to the weary. The Xanax Approach treats the Bible as if it exists to make us feel better. Whether aided by a devotional book or just the topical index in our Bibles, we pronounce our time in the Word successful if we can say, "Wow. That was touching." The Problem: The Xanax Approach makes the Bible a book about us. We ask how the Bible can serve us, rather than how we can serve the God it proclaims. Actually, the Bible doesn't always make us feel better. Quite often it does just the opposite (feeling awesome? Jeremiah 17:9 says you're a wicked rascal). Yes, there is comfort to be found in the pages of Scripture, but context is what makes that comfort lasting and real. The Xanax Approach guarantees that huge sections of your Bible will remain unread, because they fail to deliver an immediate dose of emotional satisfaction.
The Pinball Approach: Lacking a preference or any guidance about what to read, you read whatever Scripture you happen to turn to. Releasing the plunger of your good intentions, you send the pinball of ignorance hurtling toward whatever passage it may hit, ricocheting around to various passages "as the Spirit leads." The Problem: The Bible was not written to be read this way. The Pinball Approach gives no thought to cultural, historical or textual context, authorship, or original intent of the passage in question. When we read this way, we treat the Bible with less respect than we would give to a simple textbook. Imagine trying to master algebra by randomly reading for ten minutes each day from whatever paragraph in the textbook your eyes happened to fall on. Like that metal pinball, you'd lose momentum fast. And be very bad at algebra.

The Magic 8 Ball Approach: You remember the Magic 8 Ball---it answered your most difficult questions as a child. But you're an adult now and wondering if you should marry Bob, get a new job, or change your hair color. You give your Bible a vigorous shake and open it to a random page. Placing your finger blindly on a verse, you then read it to see if "signs point to yes." The Problem: The Bible is not magical, and it does not serve our whim. The Magic 8 Ball Approach misconstrues the ministry of the Holy Spirit through the Word, demanding that the Bible tell us what to do rather than who to be. And it's dangerously close to soothsaying, which people used to get stoned for. So, please. No Magic 8 Ball.

The Personal Shopper Approach: You want to know about being a godly woman or how to deal with self-esteem issues, but you don't know where to find verses about that, so you let [insert famous Bible teacher here] do the legwork for you. The Problem: The Personal Shopper Approach doesn't help you build "ownership" of Scripture. Much like the Pinball Approach, you ricochet from passage to passage, gaining fragmentary knowledge of many books of the Bible but mastery of none. Topical studies serve a purpose: they help us integrate broad concepts into our understanding of Scripture. But if they're all we ever do, we're missing out on the richness of learning a book of the Bible from start to finish.

The Jack Sprat Approach: This is where we engage in "picky eating" with the Word of God. We read the New Testament, but other than Psalms and Proverbs we avoid the Old Testament, or we read books with characters, plots, or topics we can easily identify with. The Problem: All Scripture is God-breathed and profitable. All of it. Women, it's time to move beyond Esther, Ruth, and Proverbs 31 to the rest of the meal. Everyone, you can't fully appreciate the sweetness of the New Testament without the savory of the Old Testament. We need a balanced diet to grow to maturity.

Discipleship Defined

Why do these six habits of highly ineffective Bible study persist in the church today? Why does biblical ignorance continue to dog the church, despite the good intentions of leadership to obey the Great Command to make disciples? I believe the answer lies in our definition of a disciple.

A disciple is, literally, a learner---one who follows another's teaching. But the modern church has tended to define a disciple as a "doer" instead of as a "learner." We have been asked to do service projects, join home groups, find an accountability partner, get counseling, fix our marriages, sing on the worship team, get out of debt, help in the nursery, hand out bulletins, go on mission trips, give to the building fund, share the gospel at Starbucks---but we have so rarely been challenged to pursue the most fundamental element of discipleship---earnest study of the Word. Yes, a disciple does, but we're motivated to act by love for the God revealed in the Word.

Stop waiting for your community of believers to call you to be what Christ already has. Be a student. Be a good student. Read repetitively and in context, line by line. Keep the God of the gospel at the center of your study. Strive for comprehension before interpretation. Give application ample time to emerge from a passage. Watch ignorance flee and transformation flourish. Study the Word. Master it, master it.

Tuesday, May 29, 2012



OPE BRIEF AAN BROERS IN DIE N.G. KERK

 2012-05-04
Geagte Broeder

Na baie gebed en besinning rig ek hierdie brief aan u en ’n klompie ander broeders in die N.G. Kerk en vra dat u hierdie brief biddend sal lees en met ’n oop gemoed daarna sal kyk.

Ek is tans ’n predikant in die Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente en het teologie studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. Voor ek voltyds in die bediening betrokke geraak het, was ek baie lank ’n onderwyser waarvan 12 jaar as skoolhoof. Ek en my vrou was ook baie jare lidmaat van die N.G. Kerk, maar is in 1984, toe die N.G. Kerk nog gestaan het op hul belydenisskrifte, onder sensuur geplaas en afgesny van ’n N.G.-gemeente in Ermelo omdat ons, nadat ons waarlik tot wedergeboorte gekom het, oortuig geraak het van die doop van gelowiges (die kredodoop) en ons laat doop het. Ons het deur die jare heen hegte vriendskapsbande met N.G.-lidmate gehad (en het nog steeds) – lidmate wat waarlik die Here Jesus Christus as Saligmaker navolg (beide "kredo- en paedodopers").

Ek glo met 'n gebroke hart dat 'n skokkende groot deel van die institusionele kerk van ons dag grootliks koers verloor het, in sekere gevalle selfs reddende geloof versaak het, en dringend nodig het om onverwyld en met hartstog terug te keer na die fundamentele geloofsvertrekpunte van die Reformasie: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen. Ek onderskryf die histories-gerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis - soos meeste reformatoriese (gereformeerde) Baptiste oor die wêreld heen, asook die Belydenisskrif en Kernwaardes van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gemeentes en gelowiges in (tans) agt lande in Suider-Afrika

Waarom rig ek hierdie brief aan u? Die afgelope jaar of drie, maar veral die afgelope jaar het ek intens bewus geraak van ernstige dwaalleer wat posgevat het in die N.G. Kerk en ek is intens besorg oor broers en susters in die Here Jesus Christus wat in die N.G. Kerk is. Ek kry van tyd tot tyd te doen met predikante in u denominasie en ek ervaar intense bekommernis en selfs verwarring by van hulle (veral jongeres).

Ek het ook bevriend geraak met heelwat N.G.-lidmate en ’n paar predikante op "Facebook" en kon ek sommige van die debatte wat gevoer word tussen regsinnige lidmate en –predikante aan die eenkant en "nuwe hervormers"/"verligtes"/"liberales"/"vrydenkers" aan die anderkant. My simpatie met die "behoudendes" aan die eenkant en my skok en ontnugtering in predikante wat in my oë bykans niks meer van die Woord van God glo nie, het a.g.v. hierdie debatte, net nog verder verdiep.

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat die N.G. Kerk oënskynlik die wil en vermoë verloor het om op te tree teen teoloë, ampsdraers en predikante wat nie meer volgens die Belydenisskrifte en die Woord van God optree nie en derhalwe in my oë dwaalleraars geword het (Openb.2:14-15; 1 Tes.5:14; 2 Tim.4:2-5; Deut.13:5; 1 Kor.5:11, 13; Titus 1:9; e.a.). In die lig van Ferdie Mulder se boek, asook dit wat ek in die pers, persoonlike Blogs en "Facebook" lees, kan ek nie anders as om te dink dat die gesagstrukture van die N.G. Kerk reeds deur die "nuwe hervormers" gekaap is en daarom dat niks gedoen word aan persone/lidmate wat die Kerk van die Here Jesus Christus intens skade berokken nie.

Ek kan bv. nie verstaan hoe ’n persoon soos Jean Oosthuizen steeds maar net toegelaat word in sy posisie by die Kerkbode, terwyl hy blatant voortgaan om mense (insluitende myself) te belaster, te beledig, te verkleineer en geen standpunt inneem teen dwaalleer nie – hy maak ’n openlike bespotting van God Drie-Enig, ens. (Titus 1:16; e.a.). Hy gebruik baie dikwels kru taal teenoor mense wat opgevoede heidene nie eens sal gebruik nie (’n voorbeeld van een van die "Facebook" drade wat hierdie feite bevestig kan op versoek verskaf word) en dan praat ek nie eens van sy persoonlike "Facebook-muur" nie! Christene wat sterk van hom op Facebook verskil, word summier geblok, maar ateïste word ‘n vry hand gegee om God te laster. Dit lyk na ‘n eensydige skending van spraakvryheid.



Ek staan verstom en geskok oor sommige predikante se uitsprake oor die hel (wat kwansuis nie bestaan nie – Matt.5:22; Mark.9:47-48; 1 Tim.1:19-20; e.a.); die feit dat Satan nie ’n werklikheid is nie (Jak.4:7; 1 Pet.5:8; e.a.); geen sondeval nie (Gen.3; 1 Joh.1:6, 8; e.a.); dat Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie (Matt.1:18; Luk.1:34; e.a.); die feit dat Christus nie uit die dood opgestaan het nie (Luk.24:36; Joh.20:27; e.a.); dat Jesus Christus nie aan die regterhand van God die Vader sit nie (Mark.16:19; e.a.); die skepping; Jona en Noag wat mitologiese verhale is; uitsprake wat positief is oor die "emergent church", panenteïsme, homoseksualitiet, ens. ens. My vraag is, hoe die N.G. Kerk steeds kan toelaat dat die gewone lidmaat (geredde en soekendes) wat op soek is na ’n ware en intieme verhouding met Jesus Christus en groei in heiligmaking, blootgestel kan word aan sulke predikante en selfs ’n moderator? Manne soos Nelus Niemandt; ’n Albert Cruywagen; Gerhard Bothma; Ben du Toit en talle teologiese professore en andere? Ek wil nie eers kommentaar lewer op sommige sinodale besluite nie.

Ek wil nie eers kommentaar lewer op sommige werklik-ontstellende Algemene Sinode- besluite nie.

Aan die begin van hierdie jaar, toe ek ook Ferdie Mulder se boek "Opgestaan" gelees het, is dit wat ek ervaar, gehoor, gelees en vermoed het, opnuut bevestig en het ek net nog meer intens bewus geraak van wat in die N.G.K. aan die gang is en wat sommige van u as predikante, studente en talle lidmate moet ervaar. My hart het al meer begin pyn vir regsinnige (gereformeerde) broers en susters in die N.G. Kerk en het ek net nog dieper bewus geraak van die nood; die paniek; die verwarring; die pyn; ens. wat besig is om pos te vat by diesulkes. Ek is veral ook intens bekommerd oor "onskuldige" kinders wat "losgelaat" word in van die teologiese fakulteite waar N.G. predikante opgelei word.

Ek en ons gemeente is tans deel van "SOLA 5", ’n assosiasie van Evangeliese Christene in Suidelike Afrika en ek dien ook tans op die hoofbestuur van "SOLA 5". Die meeste van die predikante wat deel uitmaak van "SOLA 5" is Engelssprekende broers in die Here en hulle wil gedurig van my weet wat aan die gang is in Afrikaanse kerklike geledere en hoe ek dit sien. Ek self vra my daagliks die vraag af: Wat gaan hier aan? Wat kan ons doen – wat kan ek doen? Dit gaan tog immers hier oor die eer van God en die waarheid!

Die Skrif roep ons ernstig op om te waak teen dwaalleer, omdat dit mense weglei van die geopenbaarde waarhede. Dit is nie ‘n saak wat enige Christen by hom kan laat verbygaan nie (2 Pet.2:1-2; Titus 1:7-11; 2 Tes.2:15; e.a.).   

My broeder in Christus, ek is intens bekommerd oor die Kerk in Suid-Afrika in die algemeen en dan spesifiek oor wat aan die gang is in die N.G. Kerk en ek bid dat die Here sal ingryp en Sy eer sal herstel. Ek wens so dat ek hande kon vat met u in hierdie stryd op vergaderings, forums, sinodes, ens., maar omdat ek nie lidmaat van die NGK is nie, kan ek nie en kan ek u maar net verseker van my voorbidding en dat ek waar moontlik my bydrae sal lewer.

Sterkte in die stryd – ek dink aan u!

U broeder in Christus Jesus.


Kobus van der Walt

Sunday, May 27, 2012


Die Doring in My Vlees - 05
(My Verlede – My Vergifnis)

1.    INLEIDING:
       Tot nou het ons veral gekyk na hoe ons die verlede moet hanteer waar mense teen ons gesondig het – eerstens het ons gekyk na geleenthede waar daar op sondige wyse teen ons opgetree is, maar wat ons reg hanteer het, deur die oortreders te vergewe. Tweedens het ons gekyk na geleenthede waar daar verkeerd teen ons opgetree is en waar ons in reaksie ook verkeerd opgetree het. Ons het ook gesien dat ons daardie sondes moes bely en dat ons eerder op ons posisie in Christus Jesus moes begin fokus, as op ons verlede.

       Dit is belangrik dat ons moet besef wie ons na ons wedergeboorte, in Christus Jesus is. Ons het o.a. gesien dat ons nuwe skepsele in Christus is en dat die ou mens nie meer bestaan nie (2 Kor.5:17). Hierdie is ’n baie interessante studie wat julle gerus kan onderneem, nl. wat my en jou identiteit as nuwe skepsele in Christus is (ek het al meer as 100 sulke teksverse opgespoor – bv. Joh.1:12 – Ek is God se kind; Fil.3:20 – ek is ’n burger van die hemel; Ef.1:4 – ek is heilig en onberispelik; Ef.2:10 – ek is ’n maaksel/skepsel van God; 2Kor.6:1 – ek is God se medewerker; Ef.4:32 – ek kan andere vergewe; ens. – Net in Ef.1-6 [2] alleen, kon ek al 46 sulke beloftes vind van wie ek in Christus is). Wanneer ons nie besef wie ons in Christus Jesus is nie, word ons geloof belemmer; kan ons nie die volheid van ons geloof uitleef nie en begin ons twyfel in ons geloof en ons sekerheid van saligheid. Die bose is voltyds besig om in gelowiges se lewens te werk ten einde hulle onwaardig te laat voel; om hulle oorwinning in Christus in die wiele te ry en in plaas daarvan om soos die charismate te begin om die satan om elke hoek en draai te bestraf en te verjaag, moet ons meer en meer begin leef volgens dít wat die Woord vir ons leer van wie ons in Christus Jesus is.

       Jeremia gee egter aan ons ’n verdere perspektief en dit is waar ons uiteindelik by moet uitkom, nl. dat ons, wanneer ons besef wie en wat ons in Christus is, ons oë op God sal rig en sal besef dat Hý al hierdie dinge vir ons moontlik gemaak het en wat meer is, dat Hý dit uit genade aan ons geskenk het. Dit is alles gedoen en moontlik gemaak op grond van die feit dat Jesus Christus volkome mens geword het, maar soos ons in Hebr.4:15 kan sien, het Hy volkome mens geword, deurdat Hy ...in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp (was), maar Hy het nie gesondig nie. Dit beteken natuurlik glad nie dat Jesus hier op aarde geleer het om op te hou om ongehoorsaam te wees nie. Ook beteken dit nié dat Hy met verloop van tyd ontslae geraak het van tekortkominge nie. Nee, dit beteken dat Hy met elke nuwe versoeking en stukkie beproewing geleer het wat dit beteken om gehoorsaam te wees en het Hy met elke versoeking en beproewing meer en meer die volmaakte geregtigheid vervul, wat nodig was om ons te red en in ’n nuwe posisie met die Vader te plaas. Die punt is, dat indien die Seun van God (Jesus Christus) vanaf Sy geboorte tot en met Sy kruisiging, geen versoeking en beproewing en pyn  ervaar het, ten einde Sy volmaakte geregtigheid te toets nie, Hy nie ’n geskikte Redder en volmaakte offer wat God tevrede sou stel, gewees het nie. Sy lyding het nie alleen tot gevolg gehad dat God se wraak op Hom gefokus is nie, maar dit het ook Sy volmaakte en ware Mensheid vervul, sodat Hy ons voortaan Sy broers en susters kon noem (Hebr.2:17).  

       Kom ons kyk dan na wat Jeremia vir ons wil sê.

2.    SKRIFLESING:
Jer.33:1-9 ~ Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. 2So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: 3Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. 4So sê die Here die God van Israel oor die huise in hierdie stad en oor die konings van Juda se paleise wat afgebreek is, en oor die beleëringswalle en oor die wapens 5waarmee die Galdeërs teen julle kom veg het, die huise wat deur die Galdeërs vol gemaak is met die lyke van die mense wat Ek in my gloeiende toorn om die lewe wou bring toe Ek nie meer vir hierdie stad omgegee het nie omdat hy so baie sonde gedoen het: 6Ek sal hom heeltemal gesond maak en sy inwoners genees; Ek sal vir hulle ’n sterk veilige vesting bou. 7Ek sal die lot van Juda en Israel verander en vir hulle kinders gee soos vroeër. 8Ek sal hulle reinig van al die sondes waarmee hulle teen My oortree het en al hulle sondes vergewe waarmee hulle teen My oortree het, en in opstand gekom het. 9Dit sal my Naam groot maak en aan My blydskap verskaf, aan My lof en eer gee voor al die nasies van die aarde wanneer hulle hoor van al die goeie wat Ek vir my volk gedoen het. Die nasies sal bang wees en My dien oor al die goeie wat Ek doen en oor die vrede wat Ek vir Jerusalem gee.

3.    DIE VREUGDE VAN VERGIFNIS:
       As ons na hierdie Skrifgedeelte kyk, sien ons dat ons gereinig is van ons sonde. Dit is nog ’n eienskap van wie ons in Christus is. Rom.5:1 sê dat God ons ~ ...vrygespreek (het) deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Ef.1:7 sê dat ons ~ ...Deur die bloed van (God se) Seun verlos (is) en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God. Hoor net wat sê Paulus in 2 Kor.5:21 ~ Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom (O.A.V.) – ons is God se geregtigheid! Dit beteken o.a. dat die "aanklaer van die broeders" (die satan – Openb.12:10) en daarmee saam alle mense en ook my negatiewe gedagtes, my maar kan aankla oor wat in die verlede gebeur het en dit kan niks aan my doen nie, want God het my regverdig verklaar, m.a.w. Hy het my onskuldig verklaar!

       Wanneer ons dit wat ek tot nou gesê het, in gedagte hou, moet ons dit ook toepas op ons derde "blokkie", nl. daardie geleenthede waar ek skuldig was oor wat ek gedoen het, maar wat ek reg hanteer het, nl. om restitusie te gedoen het en om my sonde voor God te bely en my te bekeer:



Skuldig

Jou Reaksie

Reg
  


(Jy sondig, maar jy tree reg op)





       Die Evangelie van Jesus Christus is nie net vir nuwe bekeerlinge nie – dit was ook nie net vir ons bedoel, die dag toe ons gered is nie. Nee, die wonderbare Evangelie van Jesus Christus is ’n gebeurtenis wat elke dag in ons lewe, ’n realiteit moet wees – ons moet meer gereeld Jesus se Plaasvervangende werk, of te wel Sy soenoffer aan die kruis, in herinnering roep en Hom dank daarvoor, in plaas daarvan dat ons, onsself gedurig kruisig oor sonde en gruweldade van die verlede waarvoor ons reeds vergifnis gevra en ontvang het. As ons gedurig "gaan visvang in daardie duistere poele van die verlede", glo ons nie in God se vergifnis deur Jesus nie en is ons besig om God te negeer tot ’n menslike god wat nie regtig daartoe in staat is om ons te vergewe nie!

       Ons moet 1 Joh.1:9 uit ons koppe leer en dit van harte glo ~ Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.  Geliefdes, ons moet minder tyd spandeer op negatiewe gedagtes oor of ons nou vergewe is of nie en die Woord glo (soos wat ons baie gou en maklik bely) – ons moet die Woord begin glo en eerder ons tyd spandeer deur o.a. verwonderd te staan oor God se liefde en Sy genade – ja, oor al Sy karaktereienskappe. Ons moet meer en meer saam met Miga uitroep ~ Wie is ’n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde van dié wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde (Miga 7:18). Die O.A.V. stel dit vir my nog mooier ~ Wie is ’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? En dan veral hierdie woorde:  Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid. Ons fokus moet meer en meer wees op dit wat Christus vir ons gedoen het

4.    NEEM MY GEDAGTES GEVANGE:
            Jy sê dalk nou vir jouself, ja maar ek kan net nie help om gedurig aan my verlede te dink nie en al het ek "reg opgetree" deur dit te bely en om vergifnis daarvoor te gevra het, bly ek steeds gedurig daaraan dink. Om so te redeneer is natuurlik nie korrek nie, want God het ons geskape met die vermoë om te kies wat ons wíl dink en wat nié en in Christus kan ons, ons gedagtes oefen om gedagtes te wees wat ’n "aangename reukwerk" voor God sal wees. Wat ek sê word deur die Woord bevestig – dink aan Skrifgedeeltes soos die volgende: Ef.4:23 ~ Julle gees en gedagtes moet nuut word; Fil.4:8 ~ Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig; en 1 Pet.1:13 ~ Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus (die O.A.V. sê ~ ...omgord die lendene van julle verstand).  

       Daar is hoofsaaklik vier redes waarom ’n gelowige gedurig terugkeer na sy sonde van die verlede – daardie sonde wat reeds vergewe is en ons moet besef dat God dit in ’n baie ernstige lig beskou:
·           ’n Gebrek aan ware bekering;
·           Vrees vir mense;
·           ’n Onwilligheid om sonde te versaak;
·           Om ons ontsag vir God se genadige vergifnis te verloor.

5.    ’N GEBREK AAN WARE BEKERING:
       Kom ons kyk na die eerste moontlike rede. In 2 Kor.7 sê die apostel Paulus dat daar ’n wesentlike verskil is tussen, aan die een kant, wêreldse berou ("worldy sorrow") en aan die anderkant, droefheid en berou wat volgens die wil van God in ’n gelowige gewerk is ("godly sorrow"). Verse 9-10 is baie duidelik hieroor ~ Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, 10want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. Die woord inkeer hier (in die O.A.V. is dit "bekering" en in Engels "repent"), is in die Grieks, μετάνοια (metanoia) en beteken letterlik om, om te draai; om in die teenoorgestelde rigting in jou verstand en jou optrede te beweeg. Dit beteken m.a.w. om jouself geheel en al weg te draai van sonde en in die teenoorgestelde rigting, na geregtigheid te beweeg. Die teenoorgestelde hiervan is natuurlik wêreldse berou, of anders gestel, om spyt te wees oor iets – jy is jammer daaroor, maar dit maak nie regtig saak nie – sulke mense "vang weer en weer vis in die poele van die verlede". Nee, ons moet radikaal omdraai; ons vergifnis in dank aanvaar en weg beweeg van daardie sonde, deur ons voortdurend te bekeer en ons denke (O.A.V. – gedagtes) te vernuwe.

       Die vraag wat jy vir jouself moet afvra, is of jy weer dieselfde sonde sal doen, as dit oor jou pad kom? Indien jou antwoord "ja" is, het ware bekering volgens die wil van God nie plaasgevind nie. Dit was die probleem met die mense in die gemeente in Korinte – hulle het baie en van die beste lering ontvang en hulle het geroem in hul goeie werke, maar daar was ’n oppervlakkigheid t.o.v. hulle geloof wat gelei het tot vleeslike optrede, gebroke verhoudinge en ’n kragtelose bediening.

As ons nie volgens die wil van God, ware berou – ware μετάνοια (metanoia) oor ons sonde het nie, kan ons nie ons "derde blokkie" afsluit nie, want ten diepste herdink en bedink ons daardie sonde, omdat ons ten diepste daardie sonde weer wil begaan.

6.    VREES VIR MENSE:
       ’n Tweede moontlike rede waarom ons nie afsluiting kan vind van sonde waarvoor ons vergifnis ontvang het nie, is ’n vrees vir mense. Die meeste van ons hier, het al in een of ander Bybelstudie in die verlede, deur óf "The Fear Factor" van Wayne Mack, of "When People are Big and God is Small" van Ed Welch, gewerk en is redelik bekend met die uitdrukking "vrees vir mense", maar ek wil tog net sê, dat baie mense die sondige verlede (waarvoor daar al om vergifnis gevra is) baie moeilik afskud, omdat hulle bang is dat mense rondom hulle mag uitvind wat hulle gedoen het – dit is dus een van daardie, menslik gesproke "geraamtes in die kas" van iemand. Spr.29:25 is baie leersaam in hierdie verband ~ As jy vir mense bang is, kan jy in ’n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Die kruks van hierdie vers is dat wanneer jy vergifnis vir ’n bepaalde sonde ontvang het en jy die betrokke persoon/persone om vergifnis gevra het (waar moontlik natuurlik), jy sal ophou om gedurig oor jou skouer te loer ten einde te probeer uitvind, wie weet wat jy gedoen het. In plaas daarvan moet jy jou oë op God gevestig hou wat jou op grond van Jesus Christus, uit genade vergewe het. Geen sonde is te groot vir God om te vergewe nie – GEEN SONDE NIE! Paulus sê in Rom.5:20b ~ ...hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. God het jou vergewe, wat maak dit dan saak wat mense dink!

       Die probleem met baie gelowiges is dat hulle toelaat dat die goedkeuring van ander mense ’n kragtige afgod in hul harte word en ons moet baie ernstig daarteen waak, want dit is baie maklik om in daardie strik te trap. Indien jy hiermee sukkel, wil ek jou aanmoedig om werk daarvan te maak ten einde ontslae te raak van hierdie geweldige las – jy moet nie toelaat dat ’n vrees dat mense dalk mag uitvind van jou sondige verlede, jou lewe dikteer nie, want Rom.8:31b sê so duidelik ~ ...(As) God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Paulus sluit hoofstuk 8 af met hierdie woorde ~ Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of  magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here (Rom.8:37-39).

7.    VERSAAK SONDE NIE:
       Spr.28:13 is ’n sleutelvers om ons te help verstaan waarom ons soms ons sonde uit die verlede herroep en dit weer "vertroetel" ~ Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Ware berou oor en belydenis van sonde het nog nie plaasgevind, as ons nie maatreëls in plek plaas om te verhoed dat ons weer dieselfde sonde in die toekoms begaan nie.  Die woorde hier in Spr.28:13 ... en daarvan afsien, is woorde waaraan ons, ons só dikwels nie steur nie – ons verstaan die eerste gedeelte van hierdie vers en ons stem daarmee saam, maar die vers bestaan nie net uit die eerste gedeelte wat sê dat ons nie ons sonde moet wegsteek nie en dat ons dit moet bely – die vers gaan voort deur te sê dat ons ook moet ophou om daardie sonde te begaan – ons moet daarvan afsien. Die O.A.V. sê dit sommer in goeie en gewone Afrikaans, dat ons dit moet laat staan.

       As ons die verlede op sy plek wil sit en verlos wil raak van geraamtes in ons kas, moet ons die beginsel van ware bekering verstaan én dit toepas. Jesus was baie ernstig hieroor, daarom dat Hy in Matt.5:29-30 amper oordryf het toe Hy hierdie baie bekende gelykenis vir ons gegee het ~ As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. 30Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland. Jesus se gelykenis is baie duidelik hier – indien jy los wil kom van jou sonde van die verlede, moet jy maatreëls in plek plaas om soortgelyke sonde in die toekoms te vermy.

       Om ’n praktiese voorbeeld te gebruik: Indien pornografie jou probleem in die verlede was en jy dit as sonde bely het, moet jy alles wat jou weer na pornografie kan lei, uit jou lewe verwyder (TV, Internet, tydskrifte, ens.). Ek het nou die dag iets kosbaars gehoor, toe Don Carson gesê het: You worship your way into porn, therefore you must worship your way out of porn.

8.    VERLOOR ONTSAG VIR GENADE:
       Ons het al gesien hoe dat Rooms Katolieke teen trappe opkruip ten einde boete te doen vir hulle sonde (en selfs vir die sonde van afgestorwe familielede – dink maar aan die rolprent oor Martin Luther se lewe). Baie van ons wat daarop roem dat ons Evangeliese; Protestantse; Gereformeerde gelowiges is, tree presies dieselfde op – nie dat ons letterik teen trappe opkruip nie, maar ons sal ons voortdurend onderwerp aan selfkastyding oor sonde wat lankal in Christus vergewe is. Dit is so asof ons dink dat ons ook iets van ons kant moet doen ten einde vergifnis te ontvang en in die proses verloor ons geheel en al perspektief én ontsag t.o.v. God se genade. Ons moet ons verbly in God se genade en erkenning aan Hom daarvoor gee (1 Tim.1:12-17) en ons moet soos Paulus in Fil.3:10 sê,  ons span ons in om ~ ...Hom (te) kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word.

9.    AFSLUITING:  
Ten einde verlos te word van ’n skuldige verlede, maar ’n verlede waar jy reg gereageer het deurdat jy jou sonde bely het, maar tog van tyd tot tyd nie vergewe "voel" nie, moet jy kies om God se belofte soos in 1 Joh.1:9 vervat, te glo en daarop te staan ~ Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Ons kan nie die lewende water wat Jesus aan ons bied, ten volle geniet, as ons nie ons eie gebrokenheid verstaan en erken nie. Dit is wat God van Israel in Jer.2:13 gesê het ~ My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. Hierdie lewende water is die Here Jesus Christus self – om volkome in Jesus Christus te glo, is om die lewende water te besit, daardie water wat tot gevolg het dat ons nooit weer dors sal word nie; daardie water wat aan ons vrymaking skenk en wat aan ons onuitspreeklike vreugde verskaf.

Ons moet glo dat Christus se offer wat Hy aan die kruis vir ons sonde gebring het, voldoende was en wanneer ons dit glo en toepas op elkeen van daardie sondes uit die verlede wat voortdurend by ons opkom, sál ons uiteindelik bevryding van ons verlede ontvang!


[1] Boodskap deur Kobus van der Walt te Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Meyerton) - Sondag,  27 Mei 2012
[2]  Ef.1:1, 3, 4, 5, 7, 8, 9, 11, 12, 13, 18; 2:5, 6, 7, 10, 13, 14, 18, 19, 20, 21, 22, 3:6, 7, , 12, 13, 18, 19, 21, 4:1, 2, 15, 17, 21-32, 5:8, 9, 17, 20, 21, 22-33, 6:4, 10, 13 en vele meer.