.

Tuesday, May 26, 2009

Posted by Vaaldriehoek Baptistegemeente at 12:31 PM
Email ThisBlogThis!Share to XShare to FacebookShare to Pinterest
Newer Post Older Post Home

Drie Rivier Baptiste Kerk

Drie Rivier Baptiste Kerk

Kontak Besonderhede

Kontak Besonderhede

Vir Oudio-Preke:

Kobus & Jeanne van der Walt

Kobus & Jeanne van der Walt
Om meer uit te vind oor Kobus & Jeanne - Besoek gerus hul persoonlike Blog (sien onder - "Vriende se Webwerwe en Blogs")

Kontak

Name

Email *

Message *

Mees Gelese Preke

  • Psalm 91 (Skuil by die Allerhoogste)
  • Openbaring Ontsluit - 33 (Die Merk van die Dier)
  • XENOFOBIE en ons as GELOWIGES
  • En My God Sal In Elke Behoefte Ryklik Voorsien
  • Openbaring Ontsluit - 40 (Dit is Verby! - 03)
  • Nehemia - Man van Gebed
  • DIE NAGMAAL ~ 01 (Toewyding)
  • Die Evangelie van Johannes - 07 (Jesus se Eerste Wonderwerk)
  • OM KERSFEES TE VIER OF NIE
  • Psalm 95 (Hoe om God te Aanbid)

Vir 'n Bondige Geskiedenis van ons Gemeente - Gaan na:

  • Vaaldriehoek Baptistegemeente

Die "1689 Baptiste Geloofsbelydenis" in Afrikaans

Ek het die "1689 Baptiste Geloofsbelydenis" in Afrikaans beskikbaar. Indien u 'n P.df kopie hiervan wil ontvang, kan u net 'n E-Pos aan my stuur en daarvoor vra. My E-Posadres: kobus.j.a.vanderwalt@gmail.com

Blog Argief

  • ►  2015 (38)
    • ►  October (2)
    • ►  September (3)
    • ►  August (4)
    • ►  July (3)
    • ►  June (5)
    • ►  May (4)
    • ►  April (4)
    • ►  March (5)
    • ►  February (4)
    • ►  January (4)
  • ►  2014 (45)
    • ►  December (5)
    • ►  November (5)
    • ►  October (5)
    • ►  September (2)
    • ►  August (5)
    • ►  July (2)
    • ►  June (4)
    • ►  May (2)
    • ►  April (4)
    • ►  March (6)
    • ►  February (3)
    • ►  January (2)
  • ►  2013 (51)
    • ►  December (3)
    • ►  November (4)
    • ►  October (4)
    • ►  September (3)
    • ►  August (6)
    • ►  July (3)
    • ►  June (8)
    • ►  May (2)
    • ►  April (5)
    • ►  March (4)
    • ►  February (5)
    • ►  January (4)
  • ►  2012 (48)
    • ►  December (2)
    • ►  November (2)
    • ►  October (3)
    • ►  September (4)
    • ►  August (4)
    • ►  July (6)
    • ►  June (5)
    • ►  May (7)
    • ►  April (2)
    • ►  March (4)
    • ►  February (4)
    • ►  January (5)
  • ►  2011 (71)
    • ►  December (13)
    • ►  November (5)
    • ►  October (4)
    • ►  September (3)
    • ►  August (4)
    • ►  July (5)
    • ►  June (9)
    • ►  May (7)
    • ►  April (5)
    • ►  March (3)
    • ►  February (6)
    • ►  January (7)
  • ►  2010 (61)
    • ►  December (2)
    • ►  November (5)
    • ►  October (5)
    • ►  September (3)
    • ►  August (6)
    • ►  July (4)
    • ►  June (6)
    • ►  May (4)
    • ►  April (8)
    • ►  March (6)
    • ►  February (8)
    • ►  January (4)
  • ▼  2009 (49)
    • ►  December (4)
    • ►  November (8)
    • ►  October (5)
    • ►  September (3)
    • ►  August (8)
    • ►  July (6)
    • ►  June (8)
    • ▼  May (7)
      • No title
      • Bybelstudie oor Openbaring deur Kobus van der Walt...
      • Die Boodskap van die Kruis en van Redding - 02 ("W...
      • Bybelstudie oor Openbaring deur Kobus van der Walt...
      • Die Boodskap van die Kruis en van Redding - 01 (Wa...
      • Die Bybelse Hantering van Beproewing
      • Nehemia - Man van Gebed

Ons Geloofshoekpenne

1. SOLI DEO GLORIA - DIE EER VAN GOD ALLEEN Alles wat God beplan het en in die geskiedenis uitvoer (niks wat is of gebeur, is uitgeslote nie), het een finale doelwit, nl. om Homself te verheerlik. Die najaging van hierdie doel is dan ook elke mens se hoogste en onontkombare roeping. Om vir jouself te leef, is die wese van sonde

2. SOLUS CHRISTUS - CHRISTUS ALEEN Hierdie genade wat God aan miljoene sondaars deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte middelaarswerk van Sy Seun, Jesus Christus, en daarop alleen.

3. SOLA SCRIPTURA - DIE HELE SKRIF EN NET DIE SKRIF Die hele Bybel, en net die Bybel, is God se besondere en geïnspireerde openbaring aan die mens. Daarom is dit algeheel betroubaar en die universeel gesagvolle norm vir leer en lewe.

4. SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN As 'n sondaar gered word, dan is dit geheel-en-al te danke aan God se vrye genade, en daaraan alleen.

5. SOLA FIDE - GELOOF ALLEEN God verklaar enige en elke sondaar regverdig wanneer die vanuit sy of haar geestelike en morele bankrotskap volledig op die middelaarskap van Jesus Christus staat maak ten einde vir God aanvaarbaar te wees. Daar is geen ander manier om met God versoen te word nie. Geen menslike verdienste, van watter aard ook al, kan Christus se verdienste aanvul nie; trouens, die Woord waarsku uitdruklik dat enige poging daartoe diskwalifiserend is.

WIE IS ONS?

My photo
Vaaldriehoek Baptistegemeente
Ons wil God-Drie-Enig verheerlik deur o.l.v. die Heilige Gees 'n Woordgefundeerde, Godgesentreerde, Christusgefokusde en praktiese liefdesgemeenskap in die Vaaldriehoek te wees. Wat ons kerklike affiliasies en oortuigings betref, plaas ons 'n hoë premie op die geloofskonsensus van die regsinnige kerk deur die eeue en hou ons kompromieloos vas aan die "Solas" van die Reformasie: die Woord alleen; Christus alleen; genade alleen; geloof alleen; die eer van God alleen. Vir meer volledige inligting - sien ons Geloofsbelydenis ("Wat Glo Ons?") onder aan bladsy. Om die voltydse lerende ouderling te ontmoet - Besoek sy BLOG by http://karooseun.blogspot.com of kliek op sy direkte skakel hieronder by "Vriende se Webwerwe".
View my complete profile

OPE BRIEF AAN DIE N.G. KERK

Vir 'n kopie van 'n brief wat ek aan die N.G. Kerk gestuur het - sien heel onder aan hierdie kolom.

WANNEER JY BID........

WANNEER JY BID........
bid jy NET vir diegene naby jou?

BID SAAM MET ONS VIR DIE ONBEREIKTE VOLKE

AANTAL BESOEKERS

Internasionale Besoekers

free counters

Besoekers per Land (vanaf 29 Aug. 2011)

free counters
Free counters

ADVERTENSIES

Let asb. daarop dat daar van tyd tot tyd advertensies op hierdie BLOG verskyn wat ek nie geplaas het nie en waaoor ek geen beheer het nie, omdat dit deur BLOGGER.com daar geplaas word ('n Goeie voorbeeld is een wat bv. handel oor 'n prediker wat homself adverteer as 'n "geneser", ens - iets waarmee ek teologies 'n groot probleem het!)

Vriende se Webwerwe & BLOGS

  • "Glo die Bybel"
  • "Hier Staan Ek"
  • A Reformed Baptist in Namibia
  • Albert Mohler
  • Augustine Bookroom
  • Baly Blog
  • Banner of Truth
  • Bulletin Inserts
  • Conrad Mbewe se Blog (Zambië)
  • Creation
  • E-Preke, Heroute en Knibbeltjies
  • Expository Preaching by Dereck Stone
  • Jim Eliff
  • Joachim Rieck se Blog (Namibië)
  • Kobus & Jeanne van der Walt se Blog (Persoonlik)
  • Mark Dever
  • Nico van der Walt (E-Preke)
  • Reformation 21
  • Reformed Baptist Fellowship
  • Reguitstraat
  • Resurrection Hope by Ferdie Mulder
  • Slabbert le Cornu se Blog
  • SOEKLIG -Jeanne van der Walt se Persoonlike Blog
  • SOLA 5 se Webwerf
  • steedsHervormers
  • Team Pyro
  • The Berean Call
  • The Gospel Coalition
  • The Truth Exposed
  • Tim Challies
  • Vaaldriehoek Baptistegemeente
  • Vodie Baucham

Translate

Wat Glo ons?

DIE WAARHEID MAAK VRY!

Watter waarheid maak vry?
1. Daar is maar net een waarheid en dit is die waarheid soos opgeteken in die onfeilbare Woord van die Drie-Enige God (“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek” - 2 Tim 3:16).

2. Ons glo voorts dat die geskrifte van die Ou- en Nuwe Testament, God se besondere openbaring aan die mens is; dat dit, soos oorspronklik neergeskryf, ten volle deur God geïnspireer is; dat hierdie openbaring (die kanon) afgesluit en genoegsaam is; dat dit volkome betroubaar is m.b.t. leer en inhoud; en dat dit die hoogste en finale gesag is vir geloof en lewe (2Tim.3:15-17; Jes.8:20; Luk.16:29-31; Ef.2:20; Rom.1:19-21; Rom.2:14-15; Ps.19:1-3; Hebr.1:1; Spr.22:19-21; Rom.15:4; 2Pet.1:19-20).

3. Ons glo in die enigste en ewige Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees – soos Hy Homself in al Sy verhewe heerlikheid in die Heilige Skrif aan ons openbaar (Deut.6:4; Jer.10:10; 1Kor.8:4-6; 1Tes.1:9; Matt.28:19; 2Kor.13:14).

4. Ons glo dat God alle dinge geskape het, met die mens as kroon en rentmeester van Sy skepping. Die eerste mens, Adam, het in sonde geval en so sy oorspronklike geregtigheid verloor. So het hy homself en die hele skepping in ellende gedompel. Dit geld besonderlik sy nageslag (die ganse mensheid), wat sedertdien in verlore toestand onder God se toorn verkeer. Gevolglik het alle mense, reeds vanaf ontvangenis en geboorte, deel aan die erfsonde, wat enersyds die erfskuld (juridies skuldige toestand onder die oordeel van God) en andersyds die erfsmet (moreel verdorwe toestand van sondegeneigdheid) behels. Die gevalle mens is dus geestelik dood en sonder die lewendmakende herskeppingswerk van die Heilige Gees is dit totaal buite sy vermoë om die Evangelie te verstaan, in Christus te vertrou, van sonde te bekeer, God lief te hê en Hom te gehoorsaam (Gen.1:31; Kol.1:16; Rom.3:23; 5:12; Titus 1:15; Gen.6:5; Jer.17:9; Rom.3:10-19; 5:12-19; 1Kor.15:21, 22, 45, 49; Ps.51:7; Job 14:4; Ef.2:3; Rom.6:20; 5:12; Hebr.2:14-15; 1Tes.1:10).

5. Ons glo in Jesus Christus, God se Seun, wat ontvang is van die Heilige Gees en uit die maagd Maria gebore is as volkome God en volkome mens vir ewig. Hy het as God se Groot Profeet, Priester en Koning na hierdie wêreld gekom. Hy is Hoof van die uitverkore mensheid en God se hoogste en finale openbaring aan die mens (Matt.1:22-23; Luk.1:27, 31, 35; Rom.1:3-4; Fil.2:6-11; Kol.2:9).

6. Ons glo in Jesus Christus as enigste Middelaar tussen God en sondaars. Hy is gekruisig en het gesterf ten einde hulle van die heerskappy en gevolge van hul sonde te verlos. Hy het in volmaakte gehoorsaamheid onder die Wet gelewe sodat Sy geregtigheid aan hulle toegereken kan word. Hulle kry nie deel aan hierdie dubbele verlossingsgenade van God op grond van enige eie verdienste nie, maar dit word aan hulle toegereken deur geloof alleen. Hierdie geloof is nie bloot regsinnige opinie nie, maar is, vanuit diep bewussyn van eie onwaardigheid, lewenslange en uitsluitende vertroue in Jesus Christus wat as Versoeningsoffer die Vader se heilige geregtigheid volkome bevredig het. Geloof is enersyds soewereine gawe van God, gewerk deur Sy Gees; dit is andersyds verantwoordelikheid en werklike handeling van die mens self. Tussen hierdie twee kante van geloof is daar ten diepste geen teenstrydigheid nie (Joh.5:39; 14:6; Hand.4:12; Rom.5:12-19; 1:2-4, 16-17; 11:33-36; Ef.2:8-9; 3:1-14; Openb.5:9-10; 7:10; Rom.4:16, 23-25; Ps.110:3; Joh.6:37, 44; Hand.13:48; 16:14).

7. Ons glo in Jesus Christus se persoonlike, liggaamlike en historiese opstanding uit die dood; in Sy hemelvaart; en in Sy huidige heerskappy ter wille van Sy mense en om alles aan Hom te onderwerp (Hand.1:3; 2:33; 13:38-39; 1Kor.15:3-6; Gal.3:16-22; Ef.1:10; Kol.1:20).

8. Ons glo in die persoonlike wederkoms van Jesus Christus (Hand.10:42; Rom.14:9-10; 1:11; 2Pet.2:4).

9. Ons glo dat Jesus Christus deur die werk van die Heilige Gees vir Hom ewige volk uit die ganse mensdom versamel, ongeag ras, geslag of stand. Elkeen wat hieraan deel het, toon die egtheid daarvan deur volhardende gehoorsaamheid aan Hom (Joh.17:2-5; 2Kor.5:18-19; 1Pet.1:3-4; Joh.1:12-13; 1Kor.2:6-16; 1Joh.5:1).

10. Ons glo in die Heilige Gees. Hy het op die Pinksterdag as Parakleet (Trooster / Voorspraak / Helper) vanaf die Vader en die Seun na die Nuwe Testamentiese gemeente gekom. Sedertdien woon Hy in alle ware gelowiges om die Seun se Middelaarswerk en regering in hulle te verwerklik. Sodoende verheerlik Hy Jesus Christus in en deur gelowiges en is Hy die waarborg dat hulle hul volle erfenis as God se kinders uiteindelik sal ontvang. Hy lei elkeen van hulle, sonder opheffing van hul verantwoordelikheid of gehoorsaamheidsvolharding, na die finale afronding van hul verlossing d.m.v. die Woord en die genademiddele wat daarmee saamhang. Sonder Sy wederbarende verligtende, versekerende, heiligmakende en toerustende werk is ware Christenskap en kerkwees totaal onmoontlik (Hand.2:39; Rom.8:9, 14, 17, 23, 26; Luk.11:13; Ef.1:13-14; 4:30; 5:18-21; 1Kor.12:4-11; 12-13; 2Kor.3:18; Kol.3:10; Joh.14:16-18, 26; Gal.5:16-26; 1Tes.5:19).

11. Ons glo in die liggaamlike opstanding uit die dood van alle mense – diegene wat in Christus gesterf het om deel te hê aan die ewige saligheid en die res om deel te hê aan die ewige verdoemenis (Rom.1:4; 4:25; 6:5; 1Pet.1:3; 1Kor.15:12-21, 20-21; Matt.27:53; Hand.1:21; 2:31; 3:21).

12. Ons glo dat Jesus Christus alle ware gelowiges (en net hulle) beveel om Hom van plek tot plek gesamentlik in gemeenteverband te dien volgens die riglyne wat Hy daarvoor in die Skrif neerlê, Elke gelowige is dus verantwoordelik om hom, indien enigsins moontlik, by ’n gemeente te voeg waar die Here in gees en waarheid gedien word; om hom aan die broers en susters toe te wy; en om hom aan die gepaardgaande dissipline te onderwerp. So ’n plaaslike gemeente staan slegs onder die gesag van Jesus Christus, maar benodig tog vir sy welsyn gemeenskap met ander gemeentes waar die Here ook in gees en waarheid gedien word (Hand.2:42-47; 20:7; Ps.119:148; Matt.6:6; 18:15-20; 1Kor.12:12-27; Ps.84; Hebr.10:25; Rom.1:7; Ef.1:20-22).

13. Ons glo dat Jesus Christus die Doop en die Nagmaal ingestel het en dat dit deur alle ware gelowiges (en net hulle) in gehoorsaamheid en as belydenis onderhou moet word as heenwysing na die mees basiese aspekte van hulle geloof en verlossing. Die Doop is die onderdompeling van die gelowige in water as belydenis van sy identifisering met Jesus Christus in Sy dood, begrafnis en opstanding. Die Nagmaal is die deelname aan die brood en die beker wat wys op Jesus Christus se versoeningsoffer, naamlik Sy gebroke liggaam en gestorte bloed (Hand.2:37-41; 8:12-13, 36-38; 9:18; 10:47-48; 11:16; 15:9; 16:14-15, 31-34; 18:8; 19:3-5; 22:16; 1Pet.3:21; Rom.6:3-4; Gal.3:27; Kol.2:12; 1Pet.3:21; Hebr.9:25, 26, 28; 10:22; Matt.7:6; 15:9; 26:26-28; 28:19-20; Joh.3:23; 6:29, 35,47-58; 1Kor.10:1-2, 16, 17, 21; 11:23-29; 2Kor.6:14-15; Eks.20:4-5; ).

OPE BRIEF AAN DIE N.G. KERK

(Meer as 3000 kopiee van hierdie brief is uitgestuur na alle beskikbare E-Posadresse in die N.G. Kerk)

2012-05-04

Geagte Broeder

Na baie gebed en besinning rig ek hierdie brief aan u en ’n klompie ander broeders in die N.G. Kerk en vra dat u hierdie brief biddend sal lees en met ’n oop gemoed daarna sal kyk.

Ek is tans ’n predikant in die Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente en het teologie studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. Voor ek voltyds in die bediening betrokke geraak het, was ek baie lank ’n onderwyser waarvan 12 jaar as skoolhoof. Ek en my vrou was ook baie jare lidmaat van die N.G. Kerk, maar is in 1984, toe die N.G. Kerk nog gestaan het op hul belydenisskrifte, onder sensuur geplaas en afgesny van ’n N.G.-gemeente in Ermelo omdat ons, nadat ons waarlik tot wedergeboorte gekom het, oortuig geraak het van die doop van gelowiges (die kredodoop) en ons laat doop het. Ons het deur die jare heen hegte vriendskapsbande met N.G.-lidmate gehad (en het nog steeds) – lidmate wat waarlik die Here Jesus Christus as Saligmaker navolg (beide "kredo- en paedodopers").

Ek glo met 'n gebroke hart dat 'n skokkende groot deel van die institusionele kerk van ons dag grootliks koers verloor het, in sekere gevalle selfs reddende geloof versaak het, en dringend nodig het om onverwyld en met hartstog terug te keer na die fundamentele geloofsvertrekpunte van die Reformasie: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen. Ek onderskryf die histories-gerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis - soos meeste reformatoriese (gereformeerde) Baptiste oor die wêreld heen, asook die Belydenisskrif en Kernwaardes van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gemeentes en gelowiges in (tans) agt lande in Suider-Afrika

Waarom rig ek hierdie brief aan u? Die afgelope jaar of drie, maar veral die afgelope jaar het ek intens bewus geraak van ernstige dwaalleer wat posgevat het in die N.G. Kerk en ek is intens besorg oor broers en susters in die Here Jesus Christus wat in die N.G. Kerk is. Ek kry van tyd tot tyd te doen met predikante in u denominasie en ek ervaar intense bekommernis en selfs verwarring by van hulle (veral jongeres).

Ek het ook bevriend geraak met heelwat N.G.-lidmate en ’n paar predikante op "Facebook" en kon ek sommige van die debatte wat gevoer word tussen regsinnige lidmate en –predikante aan die eenkant en "nuwe hervormers"/"verligtes"/"liberales"/"vrydenkers" aan die anderkant. My simpatie met die "behoudendes" aan die eenkant en my skok en ontnugtering in predikante wat in my oë bykans niks meer van die Woord van God glo nie, het a.g.v. hierdie debatte, net nog verder verdiep.

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat die N.G. Kerk oënskynlik die wil en vermoë verloor het om op te tree teen teoloë, ampsdraers en predikante wat nie meer volgens die Belydenisskrifte en die Woord van God optree nie en derhalwe in my oë dwaalleraars geword het (Openb.2:14-15; 1 Tes.5:14; 2 Tim.4:2-5; Deut.13:5; 1 Kor.5:11, 13; Titus 1:9; e.a.). In die lig van Ferdie Mulder se boek, asook dit wat ek in die pers, persoonlike Blogs en "Facebook" lees, kan ek nie anders as om te dink dat die gesagstrukture van die N.G. Kerk reeds deur die "nuwe hervormers" gekaap is en daarom dat niks gedoen word aan persone/lidmate wat die Kerk van die Here Jesus Christus intens skade berokken nie.

Ek kan bv. nie verstaan hoe ’n persoon soos Jean Oosthuizen steeds maar net toegelaat word in sy posisie by die Kerkbode, terwyl hy blatant voortgaan om mense (insluitende myself) te belaster, te beledig, te verkleineer en geen standpunt inneem teen dwaalleer nie – hy maak ’n openlike bespotting van God Drie-Enig, ens. (Titus 1:16; e.a.). Hy gebruik baie dikwels kru taal teenoor mense wat opgevoede heidene nie eens sal gebruik nie (’n voorbeeld van een van die "Facebook" drade wat hierdie feite bevestig kan op versoek verskaf word) en dan praat ek nie eens van sy persoonlike "Facebook-muur" nie! Christene wat sterk van hom op Facebook verskil, word summier geblok, maar ateïste word ‘n vry hand gegee om God te laster. Dit lyk na ‘n eensydige skending van spraakvryheid.

Ek staan verstom en geskok oor sommige predikante se uitsprake oor die hel (wat kwansuis nie bestaan nie – Matt.5:22; Mark.9:47-48; 1 Tim.1:19-20; e.a.); die feit dat Satan nie ’n werklikheid is nie (Jak.4:7; 1 Pet.5:8; e.a.); geen sondeval nie (Gen.3; 1 Joh.1:6, 8; e.a.); dat Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie (Matt.1:18; Luk.1:34; e.a.); die feit dat Christus nie uit die dood opgestaan het nie (Luk.24:36; Joh.20:27; e.a.); dat Jesus Christus nie aan die regterhand van God die Vader sit nie (Mark.16:19; e.a.); die skepping; Jona en Noag wat mitologiese verhale is; uitsprake wat positief is oor die "emergent church", panenteïsme, homoseksualitiet, ens. ens. My vraag is, hoe die N.G. Kerk steeds kan toelaat dat die gewone lidmaat (geredde en soekendes) wat op soek is na ’n ware en intieme verhouding met Jesus Christus en groei in heiligmaking, blootgestel kan word aan sulke predikante en selfs ’n moderator? Manne soos Nelus Niemandt; ’n Albert Cruywagen; Gerhard Bothma; Ben du Toit en talle teologiese professore en andere? Ek wil nie eers kommentaar lewer op sommige sinodale besluite nie.

Ek wil nie eers kommentaar lewer op sommige werklik-ontstellende Algemene Sinode- besluite nie.

Aan die begin van hierdie jaar, toe ek ook Ferdie Mulder se boek "Opgestaan" gelees het, is dit wat ek ervaar, gehoor, gelees en vermoed het, opnuut bevestig en het ek net nog meer intens bewus geraak van wat in die N.G.K. aan die gang is en wat sommige van u as predikante, studente en talle lidmate moet ervaar. My hart het al meer begin pyn vir regsinnige (gereformeerde) broers en susters in die N.G. Kerk en het ek net nog dieper bewus geraak van die nood; die paniek; die verwarring; die pyn; ens. wat besig is om pos te vat by diesulkes. Ek is veral ook intens bekommerd oor "onskuldige" kinders wat "losgelaat" word in van die teologiese fakulteite waar N.G. predikante opgelei word.

Ek en ons gemeente is tans deel van "SOLA 5", ’n assosiasie van Evangeliese Christene in Suidelike Afrika en ek dien ook tans op die hoofbestuur van "SOLA 5". Die meeste van die predikante wat deel uitmaak van "SOLA 5" is Engelssprekende broers in die Here en hulle wil gedurig van my weet wat aan die gang is in Afrikaanse kerklike geledere en hoe ek dit sien. Ek self vra my daagliks die vraag af: Wat gaan hier aan? Wat kan ons doen – wat kan ek doen? Dit gaan tog immers hier oor die eer van God en die waarheid!

Die Skrif roep ons ernstig op om te waak teen dwaalleer, omdat dit mense weglei van die geopenbaarde waarhede. Dit is nie ‘n saak wat enige Christen by hom kan laat verbygaan nie (2 Pet.2:1-2; Titus 1:7-11; 2 Tes.2:15; e.a.).

My broeder in Christus, ek is intens bekommerd oor die Kerk in Suid-Afrika in die algemeen en dan spesifiek oor wat aan die gang is in die N.G. Kerk en ek bid dat die Here sal ingryp en Sy eer sal herstel. Ek wens so dat ek hande kon vat met u in hierdie stryd op vergaderings, forums, sinodes, ens., maar omdat ek nie lidmaat van die NGK is nie, kan ek nie en kan ek u maar net verseker van my voorbidding en dat ek waar moontlik my bydrae sal lewer.

Sterkte in die stryd – ek dink aan u!

U broeder in Christus Jesus.

Kobus van der Walt

Awesome Inc. theme. Theme images by rajareddychadive. Powered by Blogger.