(Ek verkies om van my "Gesprekstyd" te
praat, eerder as "Stiltetyd", want dit is gedurende daardie tyd dat
God deur Sy Woord met my praat en ek met Hom d.m.v. gebed - l.w. God praat met ons NET deur Sy Woord en op geen ander wyse nie!)
1. BELANGRIK:
·
Wanner
ons praat van "Stiltetyd" en hier verskeie riglyne deurgegee word, is
daar veral twee teksverse wat in gedagte gehou moet word – aan die eenkant is
daar Gal.3:10 ~ Maar almal wat staat maak op die onderhouding van die wet, val onder die
vloek, want daar staan geskrywe: “Daar rus ’n vloek op elkeen wat nie stiptelik
alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie.” Ons moet nie wetties raak oor die
inhoud van hierdie stuk nie, omdat hierdie slegs riglyne/voorstelle is en hoef
en kan nie (moet nie) slaafs nagevolg word nie, omdat daar talle ander maniere
is hoe jy jou eie "Stiltetyd"/"Gesprekstyd" kan hou. Aan
die anderkant is Jak.1:22-23 ook baie waar en moet dit ook voortdurend in
gedagte gehou word ~ Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg
julle julleself. 23Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit
doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk.
·
Gebruik
hierdie riglyne om o.l.v. die Heilige Gees jou "Stiltetyd" te hou.
·
Dit
is van kardinale belang dat jy ’n vasgestelde tyd/tye sal bepaal waarop jy jou "Stiltetyd"
gaan hou (die heel beste bly maar vroegoggend). Besluit op ’n TYD, bv. 60 minute en HOU
STRENG DAARBY!
·
Kry
’n PLEK
om jou "Stiltetyd" te hou, waar jy alleen en privaat kan wees en waar
jy tuis voel
2. GEBED:
Begin
jou "Stiltetyd" ("Gesprekstyd") deur te...
1.1 Bid vir seën, rustigheid en helder denke
1.2 Bid dat die Here die Woord deur die
Heilige Gees vir jou sal "oopmaak"
John Piper:
|
Afrikaans:
|
I = "Ignite my heart
to Your Word"
|
O = Ontvlam my hart (steek aan)
|
O = "Open my spiritual
eyes"
|
O = Open my geestelike oë
|
U = "Unite my heart to
Your Word"
|
V = Verbind my hart met U
Woord
|
S = "Satisfy my
soul"
|
V = Versadig my siel
|
3. WOORDSTUDIE:
Onderstaande
drie voorstelle kan afwisselend gevolg word – die derde opsie is egter die
belangrikste en moet die meeste aandag kry:
3.1 Eerste Opsie:
Hierdie
opsie kan een of meer dae per week gevolg word en kan bv. afgewissel word met
opsies 2 en 3 (sien voorbeeld van ’n weekprogram aan einde):
·
Kies ’n boek in die Bybels (Bv. Genesis of Matteus) en
begin dit rustig, maar aandagtig deur te lees, t.w.v. agtergrondkennis,
ens. Lees bv. een hoofstuk per dag. Hiermee saam kan ’n Psalm en ’n gedeelte
uit Spreuke gelees word. Lw.: Ek beveel hoegenaamd nié ’n
"Eenjaarbybel" aan nie – dit laat jou te gejaagd deur die Woord lees
en in die proses neem jy min tot niks in nie en andersyds skeep jy dit af
waaroor jou "Stiltetyd" eintlik moet gaan, nl. die bestudering van
die Woord;
·
Bestudeer saam met die rustige lees van ’n
Bybelboek, ’n geestelike boek (bv. J.I. Packer se "Knowing
God", of Wayne Mack se "Fear Factor", Wayne Grudem se
"Systematic Theology, ens.).
3.2 Tweede Opsie:
Hierdie
opsie kan een of meer dae per week gevolg word en kan bv. afgewissel word met
opsies 1 en 3 (sien voorbeeld van ’n weekprogram aan einde):
·
Luister na ’n preek of werk ’n
preek deur (bv. die voorafgaande Sondag se preek) en maak aantekeninge
daaroor (bv. vrae wat jy het; sonde wat aangespreek word; opdragte
wat jy moet uitvoer; ens.). Bid oor die preek.
·
Kies ’n boek in die Bybels (Bv. Genesis of Matteus) en
begin dit rustig, maar aandagtig deur te lees, t.w.v. agtergrondkennis, ens.
Lees bv. een hoofstuk per dag. Hiermee saam kan ’n Psalm en ’n gedeelte uit
Spreuke gelees word. Lw.: Ek beveel hoegenaamd nié ’n "Eenjaarbybel"
aan nie – dit laat jou te gejaagd deur die Woord lees en in die proses neem jy
min tot niks in nie en andersyds skeep jy dit af waaroor jou
"Stiltetyd" eintlik moet gaan, nl. die bestudering van die Woord;
3.3 Derde Opsie:
Hierdie opsie is die heel belangrikste
van die drie opsies en behoort meer as net een dag per week gevolg te word en
kan bv. afgewissel word met opsies 1 en 2 (sien voorbeeld van ’n weekprogram
aan einde):
·
Kies ’n boek in die Bybels (Bv. Genesis of Matteus) en
begin dit rustig, maar aandagtig deur te lees, t.w.v. agtergrondkennis, ens.
Lees bv. een hoofstuk per dag. Hiermee saam kan ’n Psalm en ’n gedeelte uit
Spreuke gelees word. Lw.: Ek beveel hoegenaamd nié ’n "Eenjaarbybel"
aan nie – dit laat jou te gejaagd deur die Woord lees en in die proses neem jy
min tot niks in nie en andersyds skeep jy dit af waaroor jou
"Stiltetyd" eintlik moet gaan, nl. die bestudering van die Woord;
·
In diepte studie van die Woord (hierdie is
die belangrikste gedeelte van jou Bybelstudie).
o Indien
moontlik en indien beskikbaar - Maak gebruik van hulpmiddels. Kommentare van
regsinnige kommentators is wonderlike hulpmiddels en behoort gebruik te word as
jy jou hande daarop kan lê en/of as jy dit kan bekostig (sien
belangrike opmerkings t.o.v. hulpmiddels onder punt 4).
o Besluit met
watter boek in die Bybel jy gaan begin – bv. Efesiërs.
o Lees die
agtergrond inligting en veral die doel met die skryf van die boek/brief. Wie
het dit geskryf? Aan wie? Deur wie? Van waar? Waarom? Ens. Hou al hierdie
inligting voortdurend in gedagte wanneer deur die brief/boek gewerk word (as dit bv.
’n brief is wat deur Paulus vanuit ’n tronk geskryf is, sien jy redes/die trant,
ens. waarom die brief geskryf is, skielik in ’n ander lig).
o Lees nou
die eerste perikoop/paragraaf van hoofstuk 1, rustig en met aandag deur – doen
dit selfs ’n tweede en ’n derde keer (gewoonlik word perikope deur die
hedendaagse Bybels aangedui – bv. Fil.1:1-11, of Kol.2:1-4., ens.).
o Lees nou
weer vers 1. Verstaan jy alles? Is daar iets wat jy kan aanteken sodat jy dit
kan onthou, of later weer daarna kan verwys – dalk ’n vers wat jy kan
memoriseer ("memory
verse" - sien later); dalk iets
wat jy na die tyd kan "terug bid" tot die Here?
o Gaan voort
na die volgende vers, of groepie verse: Is daar iets wat jy nie verstaan nie?
Dink daaroor; bid daaroor en indien jou Bybel(s) daaroor beskik – kyk na alle
teksverwysings, slaan dit na en lees dit en kyk na die kommentaar/studienotas
onderaan (moet liefs nie die Nuwe Afrikaanse Vertaling en spesifiek
die "Bybel in Praktyk" se kommentaar gebruik nie).
o Indien jy
nog steeds nie verstaan nie – lees weer die vorige vers + die vers wat jy nie
verstaan nie + die volgende vers of wat (konteks dus) + hou jou
vooraf aantekeninge (bv. doel van skrywe) in gedagte. Indien jy dit nog
steeds nie verstaan nie –
"herkou" deur die dag daaraan + bespreek dit met iemand (ouer broer
in die Here; leraar; ens.).
o Gaan nou na
die volgende vers(e), ens., ens.
o Wat is die
TEMA van die gelese gedeelte?
o Soos wat jy
deur die gedeelte werk, vra gedurig ook die volgende vrae vir jouself af en
maak aantekeninge daaroor:
ü Wat word
van/oor GOD gesê?
ü Wat word
van/oor JESUS gesê?
ü Wat word
van/oor die HEILIGE GEES gesê?
ü Is daar vir
my enige VOORBEELD om na te volg?
ü Is daar
enige OPDRAGTE aan my om uit te voer?
ü Is daar
enige BELOFTES aan my waarop ek kan "staatmaak"?
ü Word
spesifieke SONDE uitgewys waarop ek bedag moet wees en/of wat ek moet bely?
ü Hoe kan ek
die gelese gedeelte TOEPAS op my lewe – vandag en in die dae wat volg?
ü BID die
vers en/of die hele gedeelte
o MEMORISEER
enige van die verse (indien moontlik)
o SING die
bepaalde vers (jou eie wysie indien nodig – natuurlik is ’n swak stem nie
’n verskoning nie! Dit help om die versie vas te lê)
o GESELS/DEEL
met andere oor die vers/gelese gedeelte
4. GEBED:
Ek verkies
om hardop te bid – op die manier behou ek my aandag beter (dit is
egter nie altyd moontlik nie).
4.1 Aanbidding
& Lofprysing (Besing hier God se almag, soewereiniteit, almag, liefde,
ens. – in kort: Sy karaktereienskappe; Sy dade; Sy skepping; jou redding; Jesus
se kruisdood en Christus se letterlike/fisiese/historiese opstanding, ens.).
4.2 Dankbetuiging
(Dank
God vir alles waaraan jy kan dink – beskerming, versorging, redding, vergifnis,
ens. wees spesifiek en gee detail).
4.3 Die
Woord [Bid die Woord "terug". Doen dit met meer as net een teksvers. Hoe
doen ek dit? Gebruik jou aantekeninge (jy mag maar daarna loer terwyl jy bid!)
en kyk na wat jy uit die gelese gedeeltes "gekry" het, asook vorige
Skrifgedeeltes wat by jy jou "vasgesteek" het/wat jy onhou het en
parafraseer dit, deur daaroor en rondom dit teenoor God te bid – bv.: Fil.1:9 ~
Ook bid ek dat julle liefde al hoe
meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die
dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag
wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur
Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot
sy lof en eer. Jy kan dit bv. soos
volg bid: Vader, ek
wil graag onberispelik en sonder blaam wees op die dag wanneer Christus weer
kom en daarom bid ek nou, dat U my sal help dat my liefde al meer sal toeneem –
dat ek my broer en suster meer lief sal hê, maar ook my vyande. Skenk aan my ’n
begrip en fyn aanvoeling sodat ek te alle tye sal kan onderskei tussen daardie
dinge wat U verheerlik en wat my geestelik sal laat groei, teenoor daardie
dinge wat U Naam in oneer sal bring en my geestelike groei sal belemmer en wat
my getuienis teenoor die wêreld mag benadeel. Vader gee asb. ook dat hierdie
begrip en fyn aanvoeling, meer en meer sal toeneem, sodat ek ’n lofoffer vir U
kan wees en dat ek volkome in die regte verhouding met God sal staan......].
4.4 Belydenis
van sonde (Bely al jou sonde wat jy nog nie vantevore bely het nie en
bely dit by die naam, en vra dat jy vergewe sal word daarvoor en wel op grond
van Christus se volmaakte soenoffer wat Hy aan die kruis gebring het). Bely
sonde van daad (dit wat jy verkeerd gedoen het – "sins of commission") en van
nalating (opdragte in die Woord wat jy nie nagekom het nie – "sins
of omission").
4.5 Intersessie [Voorbidding
– Bid vir ander mense – bv. jou broers en susters; kerklike leiers; sendelinge;
land en regering; familie; Sondag se prediking; vriende; lande en volke
(gebruik gerus webtuistes soos bv.: http://www.persecution.com/ , of http://www.operationworld.org/ ens. om vir
mense te bid wat vervolg word vir hul geloof, of spesifieke lande; ens.).
4.6 Petisie (Versoeke – Hierdie gedeelte
word nie verniet heel laaste geplaas nie, want ons gebede moet in die eerste en
laaste plek oor God gaan en Hy moet ons eer ontvang wanneer gebid word en
daarom moet my persoonlike behoeftes ’n baie kleiner rol in my gebedslewe
speel, MAAR ons hoef dit ook nie heeltemal af te skeep nie, want Jesus het tog immers
in Matt.11:28 gesê ~ Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee ).
5. ENKELE MOONTLIKE
GEBEDSBLOKKASIES:
5.1 Verhoudingsprobleme (Mark.11:24;
Matt.5:23; Rom.12:18)
5.2 Ongeloof (Hebr.11:6)
5.3 Eie-sinnigheid (1Joh.5:14;
Joh.15:7)
5.4 Vals motiewe (Jak.4:3)
5.5 Ongehoorsaamheid en sonde (Suinigheid,
hoogmoed, ens. ens.) – (1 Joh.3:17-22; Spr.21:13)
6. HULPMIDDELS:
Maak
gebruik van hulpmiddels. Kommentare van regsinnige kommentators (vra jou leraar
wie diesulkes is) is wonderlike hulpmiddels en behoort gebruik te word as jy
jou hande daarop kan lê en/of as jy dit kan bekostig. Indien jy nie kommentare
kan bekom of bekostig nie, móét jy beslis van die volgende hulpmiddels probeer gebruik
maak:
·
Die Bybel (goeie vertalings) –
verkieslik meer as een vertaling (bv. "English Standard Version";
"New American Standard Bible"; "New King James; "Amplified
Bible"; New International Version – in hierdie volgorde. Verkieslik nie
die, of die Living Bible of Good News Bible nie. Wanneer jy in Afrikaans Bybelstudie
doen is ’n Ou Afrikaanse Vertaling – '33 ’n noodsaaklikheid – indien nie
beskikbaar nie – gebruik dan beslis ook
een van bg. Engelse vertalings – Moet geen ander Bybels gebruik nie – "Die
Boodskap" is bv. nié ’n Bybel nie, al lyk dit so). Gebruik
verkieslik die ESV of die NASB as jou "basis-Bybel" en die ander as
aanvullende Bybels.
Wanneer jy
belê in ’n nuwe Bybel(s) t.w.v. jou Bybelstudie – sien toe dat dit
kantaantekeninge/kruisverwysings het (m.a.w. die teks verwys ook na
ander toeliggende/ooreenstemmende verse)
en dit is selfs verkieslik dat jy ook een kies met kommentare onder aan (bv. die
Reformation Study Bible; die John MacArthur Study Bible – uitstekend – as jy ’n
Post Millennialis soos ek is, moet jy net nie Openbaring hieruit bestudeer
nie; NIV Study Bible; Thompson Chain
Reference Bible ; ens.).
·
’n Boek wat op beknopte wyse vir jou meer agtergrond
gee t.o.v. die boeke van die Bybel en perikope in die boeke van
die Bybel is noodsaaklik.
’n Baie goeie
boek wat uiters nuttig is vir hierdie doel, is: "How To Read the Bible
Book by Book" deur Gordon D. Fee en Douglas Stuart (Uitgewers: Zondervan),
of "The Bible Panorama" deur Gerard Chrispin (Uitgewers: Day One
Publishers). ’n Ander relatief goedkoop boek wat ook gebruik kan word, is:
"The Lion Handbook to the Bible" (ISBN 0 85648 320 6) (daar bestaan
egter ’n magdom ander sg. en baie goeie boeke vir hierdie doel).
·
Ander bykomende boeke wat baie nuttig is indien jy dit
kan bekostig of in die hande kry is: 'n Konkordansie; ’n "Topical
Bible"; Bybelse Ensiklopedieë; ’n Bybel Atlas (daar is verskeie); ’n
"Bible Dictionary"; ens.
·
Internet: Wees uiters versigtig vir die
Internet (daar is hordes "gemors", dwaalleer en onbybelse
kommentare te vinde). Indien jy weet van "kosher"
teoloë/predikers, kan jy na hulle stof kyk – om enkeles te noem: John Piper;
Mark Dever; John MacArthur; Al
Mohler; David Platt; Kevin DeYoung; Ligon Duncan; ens., ens. ’n Goeie Webtuiste
om vir Byubelstudies te besoek is bv.: http://www.pbministries.org/Landmark_Baptist/Seminary/Bible_Study_Courses/index.htm
·
Rekenaarprogrammatuur:
Uitstekende sagteware vir rekenaars, met Bybelvertalings en kommentare is
beskikbaar om jou te help – ongelukkig is baie van hulle uiters duur, soos bv.
LOGOS, ens. Goedkoop en selfs gratis programme is egter te kry – o.a.: Sword
Searcher; e-Sword; Bible Explorer 4, ens. (aflaaibaar van Internet).
·
’n Notaboek.
·
Potlood (of pen – ek verkies ’n 0.5
"clutch pencil").
·
’n "Highlighter" (ek verkies
die helder oranje een – dit verbleik nie so gou nie – pienk is te lig en blou
en groen is bv. weer te donker en klad maklik deur jou Bybel se bladsye).
7. VOORBEELD
VAN ’N WEEK SE "STILTETYD":
Hierdie is maar net ’n voorbeeld – ontwikkel jou eie
program en natuurlik kan die program weekliks/maandeliks, ens. aangepas/gewysig
word – moet tog net nie wetties oor hierdie saak raak nie!
Ma.
|
Kort gebed; Lees die Woord; Werk/Luister Sondag se
preek deur; Gebed
|
Di.
|
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van
die Woord; Gebed
|
Wo.
|
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van
die Woord; Gebed
|
Do.
|
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van
die Woord; Gebed
|
Vr.
|
Kort gebed; Lees die Woord; In-diepte studie van
die Woord; Gebed
|
Sa.
|
Kort gebed; Lees die Woord; Bestudeer ’n
geestelike Boek; Gebed
|
So.
|
Kort gebed; Lees die Woord; Gebed
|
T.o.v.
geestelike boeke het C.H. Spurgeon eenkeer gesê: "Master those books you have. Read them thoroughly. Bathe in them
until they saturate you. Read and reread them, masticate and digest them. Let
them go into your very self. Peruse a good book several times and make notes
and analyses of it. A student will find that his mental constitution is more
affected by one book thoroughly mastered than by twenty books he has merely
skimmed. Little learning and much pride comes from hasty reading. Some men are
disabled from thinking by their putting meditation away for the sake of much
reading. In reading let your motto be “much not many.”
"When all your favorite preachers are gone, and all
their books forgotten, you will have your Bible. Master it. Master it."
--- John Piper
I meet with women all the time who are curious about how
they should study the Bible. They hunger for transformation, but it eludes
them. Though many have spent years in church, even participating in organized
studies, their grasp on the fundamentals of how to approach God's Word is weak
to non-existent. And it's probably not their fault. Unless we are taught good
study habits, few of us develop them naturally.
Why, with so many study options available, do many
professing Christians remain unschooled and unchanged? Scripture teaches
clearly that the living and active Word matures us, transforms us, accomplishes what it intends, increases our wisdom, and bears the fruit of right actions. There is no deficit in the ministry of the Word. If our
exposure to it fails to result in transformation, particularly over the course
of years, there are surely only two possible reasons why: either our Bible
studies lack true converts, or our converts lack true Bible study.
I believe the second reason is more accurate than the first.
Much of what passes for Bible study in Christian bookstores and church resource
libraries just isn't:
while it may educate us on a doctrine or a topic, it does little to further our
Bible literacy. And left to our own devices, we pursue a host of unsavory (and
un-transformative) self-constructed approaches to "spending time in the
Word." Here are several that I encounter on a regular basis.
The Xanax Approach: Feel
anxious? Philippians 4:6 says be anxious for nothing. Feel ugly? Psalm 139 says you are fearfully and
wonderfully made. Feel tired? Matthew 11:28 says Jesus will give rest to the
weary. The Xanax Approach treats the Bible as if it exists to make us feel
better. Whether aided by a devotional book or just the topical index in our
Bibles, we pronounce our time in the Word successful if we can say,
"Wow. That was touching." The
Problem: The Xanax Approach makes the Bible a book about
us. We ask how the Bible can serve us, rather than how we can serve the God it
proclaims. Actually, the Bible doesn't always make us feel better. Quite often
it does just the opposite (feeling awesome? Jeremiah 17:9 says you're a wicked
rascal). Yes, there is comfort to be found in the pages of Scripture, but
context is what makes that comfort lasting and real. The Xanax Approach
guarantees that huge sections of your Bible will remain unread, because they
fail to deliver an immediate dose of emotional satisfaction.
The Pinball Approach: Lacking
a preference or any guidance about what to read, you read whatever Scripture
you happen to turn to. Releasing the plunger of your good intentions, you send
the pinball of ignorance hurtling toward whatever passage it may hit,
ricocheting around to various passages "as the Spirit leads." The Problem: The Bible
was not written to be read this way. The Pinball Approach gives no thought to
cultural, historical or textual context, authorship, or original intent of the
passage in question. When we read this way, we treat the Bible with less
respect than we would give to a simple textbook. Imagine trying to master
algebra by randomly reading for ten minutes each day from whatever
paragraph in the textbook your eyes happened to fall on. Like that metal
pinball, you'd lose momentum fast. And be very bad at algebra.
The Magic 8 Ball Approach: You remember the Magic 8 Ball---it answered your most
difficult questions as a child. But you're an adult now and wondering if you
should marry Bob, get a new job, or change your hair color. You give your Bible
a vigorous shake and open it to a random page. Placing your finger blindly on a
verse, you then read it to see if "signs point to yes." The Problem: The
Bible is not magical, and it does not serve our whim. The Magic 8 Ball Approach
misconstrues the ministry of the Holy Spirit through the Word, demanding that
the Bible tell us what to
do rather than who
to be. And it's dangerously close to soothsaying, which people used
to get stoned for. So, please. No Magic 8 Ball.
The Personal Shopper Approach: You want to know about being a godly woman or how to deal
with self-esteem issues, but you don't know where to find verses about that, so
you let [insert famous Bible teacher here] do the legwork for you. The Problem: The
Personal Shopper Approach doesn't help you build "ownership" of
Scripture. Much like the Pinball Approach, you ricochet from passage to
passage, gaining fragmentary knowledge of many books of the Bible but mastery
of none. Topical studies serve a purpose: they help us integrate broad concepts
into our understanding of Scripture. But if they're all we ever do, we're
missing out on the richness of learning a book of the Bible from start to
finish.
The Jack Sprat Approach: This is where we engage in "picky eating"
with the Word of God. We read the New Testament, but other than Psalms and
Proverbs we avoid the Old Testament, or we read books with characters, plots,
or topics we can easily identify with. The Problem: All Scripture is
God-breathed and profitable. All of it. Women, it's time to move beyond Esther,
Ruth, and Proverbs 31 to the rest of the meal. Everyone, you can't fully
appreciate the sweetness of the New Testament without the savory of the
Old Testament. We need a balanced diet to grow to maturity.
Discipleship Defined
Why do these six habits of highly ineffective Bible study
persist in the church today? Why does biblical ignorance continue to dog the
church, despite the good intentions of leadership to obey the Great Command to
make disciples? I believe the answer lies in our definition of a disciple.
A disciple is, literally, a learner---one who follows
another's teaching. But the modern church has tended to define a disciple as a
"doer" instead of as a "learner." We have been asked to do
service projects, join home groups, find an accountability partner, get
counseling, fix our marriages, sing on the worship team, get out of debt, help
in the nursery, hand out bulletins, go on mission trips, give to the building
fund, share the gospel at Starbucks---but we have so rarely been challenged to
pursue the most fundamental element of discipleship---earnest study of the
Word. Yes, a disciple does, but we're motivated to act by love for the God
revealed in the Word.
Stop waiting for your community of believers to call you to
be what Christ already has. Be a student. Be a good student. Read repetitively
and in context, line by line. Keep the God of the gospel at the center of your
study. Strive for comprehension before interpretation. Give application ample
time to emerge from a passage. Watch ignorance flee and transformation
flourish. Study the Word. Master it, master it.