Ek lees die volgende boodskap op die gksaforum:
"Die
burgerregte-organisasie AfriForum oorweeg dit om die Gelykheidshof te
nader met ʼn klag van diskriminasie teen die minister van vroue, kinders
en gestremdes, Lulu Xingwana, nadat
sy gister op ʼn Australiese nuusprogram gesê het dat jong Afrikaners en
hul Calvinistiese geloof blameer moet word vir geweld teen vroue en
kinders in Suid-Afrika. Xingwana het haar uitspraak gister op die
Australiese nuuskanaal ABC News gemaak: “Young Afrikaner men are brought
up in the Calvinist religion believing that they own a woman, they own a
child, they own everything and therefor they can take that life because
they own it….”
Sien die volledige onderhoud hier: Pistorius case highlights South Africa's gun violence
Voor ek my spesifieke bydrae tot hierdie onderwerp maak, net 'n vinnige paar opmerkings:
1.
Me. Lulu behoort aan 'n party wat die humanistiese godsdiens aanhang,
wat leer "mothers own a baby, they own a child, they own everything and
therefore they can take that life because they own it" via
'abortion-murder' natuurlik. Nou hoekom is een 'n misdaad en boos
(moord en verkragting gevalle), maar nie die ander een nie (aborsie) ?
Albei is natuurlik boos en verkeerd.
2.
Die ware calvinistiese geloof leer dat alles behoort aan God (Ps.24:1),
nie aan enige mens nie, ook nie die humanistiese verlossingsstaat (die
ANC) nie, en daarom moet almal en alles volgens sy goeie wet en Woord
ingerig word, in liefde en waarheid. Daarom moet liefde en geregtigheid
volgens die Woord geskied tussen mense onderling, ongeag hul geslag (man
en vrou) of ouderdom (ouers en kinders).
3.
Deur die wettige owerhede wat God daar stel (Rom.13), mag 'n lewe
geneem word na 'n billike regverdige verhoor. Die individu mag nie die
reg in eie hande neem nie, behalwe in gevalle van nood en
selfverdediging.