1. INLEIDING:
Ons
kom vandag by die laaste hoofstuk van die Porfeet Sagaria. Hierdie hoofstuk van
Sagaria is waarskynlik een van die hoofstukke in die Bybel (naas
Openbaring natuurlik) waaroor daar bitter min ooreenstemming
bestaan.
Sommige
verklaarders sien die vervulling van hierdie profesie reeds in die tyd van die
Makabeërs (Hiper-Pretersite bv.) - die Makabeërs was die
leiers van ’n Joodse rebellegroep wat beheer van Judea geneem het gedurende die tweede en derde eeu voor
Christus. Hulle het die Joodse geloof weer stewig gevestig, o.a. deur gedwonge
bekerings en hulle het ook die grense van Judea uitgebrei en die invloed van
die Hellenisme (’n vermenging van die
Joodse godsdienstige tradisies met die Griekse kultuur) drasties
verminder.
Andere
weer is vas oortuig daarvan dat hierdie profesie in letterlike vervulling sal
gaan met die uiteindelike herbou van Jerusalem en die Tempel in Jerusalem (die
Millennialiste) tydnes die duisendjarige vredestyd (na die
wegraping).
Die
mees aanvaarde en regsinnige beskouing van hierdie profesie, dui egter op die
beskrywing van gebeure in die vestiging en uitbreiding van die Kerk van die
Here Jesus Chirstus en hierdie tydperk strek vanaf die koms van Jesus, tot en
met Sy wederkoms.
2. SKRIFLESING:
Sag.14:1-21
~ Die dag van die Here kom. Wat in jou buitgemaak is,
Jerusalem, sal binne-in jou verdeel word.
2Ek
sal al die nasies bymekaarmaak vir ’n
oorlog teen Jerusalem. Die stad sal ingeneem word, die huise sal geplunder word
en die vrouens verkrag word. Die een helfte van die stad se inwoners sal in
ballingskap gaan, maar die ander helfte sal nie uit die stad verwyder word nie.
3Daarna
sal die Here teen daardie
nasies gaan oorlog maak net soos op die dag toe Hy destyds die oorlog gevoer
het. 4Daardie
dag sal sy voete op die Olyfberg staan, oos van Jerusalem. Die Olyfberg sal
middeldeur skeur en daar sal ’n
groot kloof van oos na wes ontstaan. Een helfte van die berg sal na die noorde
toe padgee en die ander helfte suide toe. 5Julle
sal deur die kloof in my berg vlug, want die kloof sal strek tot by Asal. Julle
sal vlug soos julle vir die aardbewing gevlug het in die tyd van koning Ussia
van Juda. Dan sal die Here my God kom, en
al die hemelwesens sal by jou wees.
6Daardie
dag sal daar nie lig wees of koue of ryp nie.
7Dit
sal ’n besondere dag wees. Wanneer dit
sal wees, weet net die Here. Daar sal nie dag of nag wees nie: as dit aand
word, sal daar steeds lig wees. 8Daardie
dag sal daar ’n
vars stroom water uit Jerusalem vloei, een helfte na die see in die ooste toe
en een helfte na die see in die weste toe, somer en winter. 9Die
Here sal koning wees oor die hele land. Daardie dag sal die Here die enigste
God wees, en sy Naam die enigste Naam. 10Die
hele land, van Geba af tot by Rimmon suid van Jerusalem, sal soos die
Jordaanvallei word. Jerusalem sal gelig word daar waar hy nou is, hy sal hoog lê,
van die Benjaminpoort af tot waar die poort vroeër
was, tot by die Hoekpoort en die Gananeltoring, tot by die koning se wynkuipe. 11Daar
sal mense woon, en die stad sal nie weer verwoes word nie. Jerusalem sal ’n
veilige woonplek wees. 12Die
Here gaan al die volke wat teen Jerusalem oorlog maak, met ’n
groot ramp tref: hulle vleis sal wegvrot terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal
wegvrot in hulle oogkaste, hulle tonge sal wegvrot in hulle monde.
13Daardie
dag sal die Here die mense paniekbevange laat raak: die een sal die ander aan
die hand gryp en hom aanval. 14Selfs Juda
sal teen Jerusalem veg. Die rykdomme van al die nasies rondom sal
bymekaargemaak word: goud, silwer en klere in groot hoeveelhede.
15Dieselfde
ramp wat die mense tref, sal ook die perde tref, die muile, die kamele, die
donkies, al die diere wat in die kampe van die vyande is.
16Al
die mense wat oor is uit die volke wat teen Jerusalem opgetrek het, sal jaar na
jaar kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid en om die huttefees
te vier. 17Geen
volk op aarde wat nie na Jerusalem toe kom om die Koning, die Here die
Almagtige, te aanbid nie, sal reën kry nie. 18En
as die Egiptenaars nie kom nie, sal die Here hulle met dieselfde ramp tref as
die ander nasies wat nie kom om die huttefees te vier nie. 19Dit
sal die straf wees vir Egipte en vir al die nasies wat nie kom om die huttefees
te vier nie. 20Daardie
dag sal daar op die klokkies aan die perde se tuie staan: “Gewy
aan die Here”,
en die potte in die huis van die Here sal net soos die offerkomme by die altaar
wees. 21Elke
pot in Jerusalem en Juda sal aan die Here die Almagtige gewy wees. Die mense
wat kom offer, sal van die potte vat en vleis in hulle kook. Daardie dag sal
daar in die huis van die Here die Almagtige geen handelaar meer wees.
3. JERUSALEM GEOORDEEL (vv.1-2):
Soos
reeds gesê, pas die Millennialiste v.1
toe op ’n “Groot
Verdrukking” en
’n daarop volgende “1000-jarige
vrederyk”, waartydens Chirstus fisies
en letterlik die wêreld
vanuit Jerusalem polities sal regeer en die ganse aarde herskep sal word tot sy
oorspronklike glorie - dit alles gaan natuurlik vooraf gegaan word met Christus
se neerdaal op die Olyfberg.
Volgens
die Millennialiste is vv.12-15 ’n
beskrywing van die inval in Jerusalem deur ’n
gekombineerde wêreldmag,
maar hierdie militêre
mag sal deur Chirstus met die aanvang van die millennium (1000
jarige Vrederyk) verslaan word en dan sal van die
oorlewende nie-militêre
personeel van die heidene, Christus jaarliks in Jerusalem kom aanbid. Hulle
gaan voort en sê dat vv.16-17 daarop dui dat die nuwe wêreldorde
onder Christus, beide Jood en heiden sal insluit en hulle sal soortgelyke
offerrituele uitvoer as tydens die Ou Testamentiese tydperk (Asseblief!
Waar staan al hierdie goed in die Woord van God?)
Nie
net is hierdie teologiese stroom radikaal in stryd met die
verlossingsgeskiedenis nie, maar bekende teoloë soos Meredith G. Kline; A.A.
Hodge; B.B. Hoerfield en verskeie andere beskou hierdie Millennialistiese
teologie as “Evangeliese kettery”,
want ons weet dat die “volheid
van tyd”, soos o.a. omskryf in
Jes.2:2-4 en 1 Kor.10:11 en Hebr.9:26, reeds deur Jesus ingelei is terwyl Hy op
aarde was en is die tempel- en offerdienste vir goed verwyder ~ EN
nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa
gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
en gesê:
Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo
die evangelie (Mark.1:14-15).
Ook Gal.4:4 ~ Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy
Seun uitgestuur, gebore uit ’n
vrou, gebore onder die wet.
Maar
terug na Sagaria. Ons moet heel eerste besef dat Sagaria apokaliptiese taal
gebruik wanneer hy hier skryf en dit beteken dat dit wat aan hom geopenbaar is,
so oorweldigend vir hom was dat dit vir hom baie moeilike was om dit wat hy van
die Here ontvang het, in woorde uit te druk en daarom moes hy van alledaagse
taal, gebeure en plekke gebruik maak om dit vir sy lesers te verduidelik - daar
word dus baie gebruik gemaak van metafore en simbole ten einde die ongewone en
unieke te beskryf.
Ons
het reeds in Sag.13:7 gesien dat die Herder, Jesus Christus, met die swaard
geslaan sal word en dat Sy skape verstrooi sal word. Dit is in ooreenstemming
met wat Jesus in Mark.14:27 gesê het ~ Toe sê Jesus vir hulle: "Julle
sal almal van My afvallig word. Daar staan immers geskrywe:
Ek sal die herder doodmaak, en die skape sal uitmekaar
gejaag word.
Hierdie
profesie gaan voort in Sag.14 en in vv.1-2 beskryf Sagaria vir ons die gebeure
wat uiteindelik sou lei tot die val van Jerusalem en die Tempel in 70 n.C. Wanneer dit gebeur gaan die Here optree as
Regter oor Jerusalem en haar inwoners. As Koning, Regter en Regeerder gaan die
Here “Sy weermag” stuur om… ~ …die moordenaars dood te maak en hulle
stad aan die brand te steek (Matt.22:7).
Wat
gaan op daardie verskiklike dag gebeur? Die Here gaan die nasies byeenbring (die
Romeinse Ryk se weermag) en hulle gaan optrek teen
Jersualem soos inderdaad dan ook in 70 n.C. gebeur het. Op daardie dag sal die
stad oorgeneem word en verskriklike dinge gaan gebeur - hoor net wat het Jesus
van hierdie dag gesê ~ Die man wat op die dakstoep sit,
moet nie ingaan om sy goed uit die huis te gryp nie, en die man wat op die land
is, moet nie omdraai om sy klere te gaan haal nie. "Dit sal bitter swaar
gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié
wat nog klein kindertjies het. Bid dat julle nie in die winter
of op 'n sabbatdag hoef te vlug nie, want in daardie tyd sal daar so' n groot
verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld
af nie was nie en ook nie weer sal wees nie. En as dit nie was dat God daardie
tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die
uitverkorenes sal God daardie tyd inkort
(Matt.24:17-22).
In
die lig van Jesus se uitspraak in Matt.24:34, asook Openb.1:1, is dit baie
duidelik dat Sagaria in vv.1-2 God se oordeel oor Jerusalem en die Jodedom, met
die val van Jerusalem deur die Romeine beskryf en hy doen dit op baie grafiese
wyse - hierdie veldslag moes iets verkrikliks gewees het ~ …huise
sal geplunder word en die vrouens verkrag word
(v.2).
Hierdie
Slag van Jerusalem word as volg deur die baie bekende en gerespekteerde
teoloog, Don Carson beskryf: Never was so high percentage
of a great city so thoroughly and painfully exterminated and enslaved as during
the Fall of Jerusalem in 70 AD.
Nadat
Jerusalem en die Tempel geval het, het Titus (die
bevelvoerder van die Romeinse mag) opdrag
gegee dat die fondasie van die stad en die Tempel met ploeë omgedolwe moes word. Hierdie
word deur die Talmud bevestig (’n
geskirf wat deur die Judaïste
opgestel en bygehou word om die Joodse kultuur, gebruike en geskiedenis te
boekstaaf en die praktiese implikasie van dit alles vir die Jode).
Dit is ook bevestig in die verslag wat opgestel is deur die bevelvoerder van
die soldate wat na die val van Jerusalem agtergebly het, nl. Terentius Rufus -
hy was verantwoordelik was vir die omdolwe van die fondasies. Wat is so
besonders rondom hierdie feite - kom ons lees Miga 3:12 ~ Daarom
is dit julle skuld dat Sion soos 'n stuk land geploeg sal word, dat Jerusalem'
n puinhoop sal word, dat die tempelberg 'n hoogte vol bossies sal word.
Hierdie profetiese woorde van Miga is nagenoeg 800
jaar voor die val van die Tempel uitgespreek!
Wat
ook interessant is, is dat Flavius Josephus (37-101), die Palestyns Joodse historikus, wat van
priesterlike afkoms was en wat namens die Romeine, die Joodse geskiedenis
geboekstaaf het, getuie was van hierdie
verksiklike gebeurtenis.
Hierdie
inval in Jerusalem was inderdaad “Die Dag van die Here”
ten einde hulle, wat weier om deur Christus regeer te word, te verwoes. Hierdie
was natuurlik ook ’n
vervulling van Jesus se woorde in Luk.21:20 ~ Wanneer
julle sien dat Jerusalem deur leërs
omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
Nadat
die Romeine die stad binnegeval het sal ’n
groot getal van die inwoners gedood word, andere sal as slawe weggevoer word en
andere sou net verjaag word uit die stad en aan hul eie lot oorgelaat word.
Wat
egter nog belangriker is, is dat die Tempel altyd simbool was van die absolute
en onoorkomenlike skeiding tussen die Jode (God
se volk) en die heidendom, maar met die vernietiging van die
Tempel word ’n nuwe era ingelei waar die
Bloed van Christus in die woorde van Hebr.9:14, …ons
gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende
God kan dien!
Baie
mense glo dat Jesus in Sy Profetiese Rede, of Olyfberg diskoers (Matt.24-25)
geprofeteer het oor Sy wederkoms en die herbou van die Tempel - daar is egter nêrens
sprake van die herbou van die Tempel in hierdie gedeelte, of in enige ander
gedeelte van die Nuwe Testament nie. Die verwarring ontstaan omdat mense ‘n
aanname maak t.o.v. die uitdrukking “die einde van die wêreld” in Matt.24:3 ~ Nadat
Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na
Hom toe en vra:
"Sê vir
ons, wanneer sal hierdie
dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld
wees. Die OAV noem dit, “die
voleinding van die wêreld” en die meeste Engelse
vertalings praat van “the end of the world”
of “the end of the age”.
Wanneer
ons na v.3 kyk, moet ons egter die konteks in gedagte hou. T.w.v. die konteks -
kom ons lees net eers v.1 van Matt.24, want dit sê vir ons waaroor die gesprek
tussen Jesus en Sy dissipels gaan ~ Toe Jesus
van die tempel af weggaan, het sy dissipels nader gekom en sy aandag op die
tempelgeboue gevestig. Baie duidelik word hier van
die fisiese Tempel waar Jesus so pas was, gepraat en dan gaan Jesus voort in
v.2 en Hy sê ~
Maar Hy antwoord hulle: “Julle
sien al hierdie dinge? Dit verseker Ek julle: Hier sal nie een klip op die
ander bly nie; alles sal afgebreek word”.
Ongelukkig
is die NAV hier swak vertaal, omdat dit letterlik na die einde van alles verwys
(die wederkoms en oordeel),
terwyl die ESV nader aan die waarheid is, wanneer dit praat van, the end
of the age”. Toegegee, ’n
mens kan baie maklik hier dink aan die wederkoms, maar as ons verder na die
konteks kyk en dan uiteindelik by o.a. Matt.24:15-16 kom, sien ons dat hierdie“end of the age”
baie duidelik verwys na die vernietiging van die
Tempel - m.a.w. daar kom ’n
einde aan die era van Judaïsme,
of die Tempeldiens, en alles wat daarmee gepaard gaan - ’n
be-eindiging van die Ou Verband en die finale begin van die Nuwe Verbond ~ Wanneer
julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël
die ding wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige
plek sien staan- wie dit lees, moet dit goed begryp- dan moet dié
wat in Judea is, die berge in vlug.
Die
dissipels vra vir Jesus in v.3 wanneer hierdie dinge gaan gebeur - watter
dinge? Vv. 1-2 sê vir ons dat dit gaan oor die vernietiging van die
Tempel en soos nou net gesien, dui die konteks ook daarop. Die dissipels se
vraag was baie eenvoudig en op die man af en het twee vrae geïmpliseer,
nl.: Wanneer gaan die Tempel verwoes word en tweedens, wat gaan die
teken wees wat gaan aandui wanneer Jesus die Tempel gaan verwoes, m.a.w wat
gaan die teken wees om die “einde
van die tyd” aan
te dui? Jesus gee die antwoord self in
Matt.24:15-16 ~ Wanneer julle ooreenkomstig die
woord van die profeet Daniël
die ding wat 'n gruwelis
vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan- wie dit
lees, moet dit goed begryp- dan moet dié
wat in Judea is, die berge in vlug.
Dit kan hier tog ook nie gaan oor die wederkoms nie, want wie sal op daardie
dag die berge kan invlug om so Christus se wederkoms te ontduik?
Die
Jode het tyd in twee periodes ingedeel, nl. die era van die Wet en die era van
die Messias en die einde van die een impliseer die begin van die nuwe. Vir die
Jode het die nuwe nog nie aangebreek nie en is hulle dus nogsteeds in die oue (alhoewel
die moderne Jode nie eers meer die offerdiens, ens. instand hou nie),
maar die dissipels vra vir Jesus hier in Matt.24, wanneer die uurglas gaan
leegloop vir die tydperk van die Ou Verband (Engels:
“age”)?
Die“voleinding
van die wêreld”
of “the end of the age” is
dus verbondstaal en moet ons dus verstaan dat dit hier gaan oor die beëindiging
van die Ou Verbond en as simbool daarvan, sou die Tempel vernietig word - wat
inderdaad, nie lank na Christus se
hemelvaart, gebeur het nie.
4. DIE OLYFBERG SKEUR (vv.4-9):
God
se oordeel oor Jerusalem word verder uitgebeeld deur Christus wat op die
Olyfberg staan en dit gaan gepaard met nog simboliek. V.5 sê vir ons dat mense deur die
kloof in Sy berg sal invlug en dit sal ’n
besondere dag wees.
Vantevore
was die berg simbool van die skeiding tussen die Jode en die heidendom, maar
nou gaan die berg skeur en gaan bekeerde Jood
en bekeerde heiden, een word - die Kerk van die Here
Jesus word een en die weg word gebaan vir die Evangelieboodskap om die wêrld
binne te gaan.
Paulus
borduur voort op hierdie beeldspraak wanneer hy in Ef.2:14 sê ~ Christus
is ons vrede, Hy wat dié twee,
Jode en nie- Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap
afgebreek wat vroeër
soos 'n muur skeiding gemaak het.
Sagaria
gaan voort in v.6 en hy sê dat daar op daardie dag lig sal wees. V.6 begin deur
te sê dat
daar op daardie dag nie lig sal wees nie… Nee, daar staan daar sal nie
lig of donker wees nie en dan sluit hy v.7 af deur te sê dat wanneer dit aand word, sal
dit steeds lig wees. Dit beteken maar bloot net dat daar nie meer dae en nagte
sal wees nie, maar net lig - net dag. Soos voor die eerste skeppingsdag toe lig
en donker geskep is, was dit net lig en dit impliseer dat vir diegene wat deur
die kloof in Chirstus kon invlug, die donker van beproewing nie meer plek het
in ie teenwoordigheid van die heerlikheid van God waarbinne elke gelowige
homself nou bevind nie, want die fokus is nie meer op die omstandighede en
boosheid rondom hulle nie, maar op die groter realiteit van God se
teenwoordigheid.
Die
vars stroom water waavan v.8 melding maak is die Evangelie boodskap wat van wes
na oos sal versprei - die wêreld
deur en genesing bring vir diegene wie hulle skuiling in Christus se
teewoordigeheid vind ~ Toe het die engel my die rivier
met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit
die troon van God en van die Lam uit
(Openb.22:1).
Wanneer
die Here gevrees word, sal Hy gevrees word as die Groot Koning oor die hele
aarde (v.9) en elke keer dat iemand uit
die kloue van die satan gered word, triomfeer Christus as die Groot Koning ~ Al
julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met 'n jubelende stem, want
aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die
hele aarde (Ps.47:2-3).
5. DIE GEVOLG VAN GOD SE STRAF (vv.10-15):
In
vv.10-15 vind hier weer ’n
grafiese beskrywing van wat met die nasies gebeur wat teen God kies, maar eers
sê Sagraia
in vv.10-11 dat God se kinders verhoog sal word en hulle sal veilig in God se
rus kan ingaan.
In
teenstelling met wat met God se kinders gebeur, gebeur die verskriklikste dinge
met hulle wat teen God veg - wat teen Hom kant kies. God se toorn word
losgelaat oor Sy vyande. Daar word o.a. in v.12 gesê dat hulle oë sal wegvrot en hul tonge sal
wegvrot in hul monde en dit kan moontlik die gevolg wees van die haters van God
se neerhalende operkings oor God se kinders en die feit dat daar neergesien word
op hulle - dat hulle verkleineer word.
’n
Verdere gevolg van God se straf op diegene wie ongeregtigheid stook, is dat
hulle teen mekaar sal optrek en mekaar sal uitdelg. God se vyande word en sal
uitendelik permanent vernietig word, maar God se kinders sal staande bly -
veilig bewaar en ons ervaar hierdie oorwinning en sekuriteit deur geloof ~ …want
enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld
oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld
behaal het, is deur ons geloof (1Joh.5:4).
6. GOD SE SEëN
(vv.16-20):
Dei
laaste gedeelte van Sagaria skilder die universele seën
wat God sal uitstort oor al Sy kinders in die finale staat.
In
v.16 sien ons dat almal in die heidennasies nie verwoes gaan word nie, omdat
sommige van hulle tot Christus gaan kom en Hom en Hom alleen as die ware en
lewende God aanbid. Ons het o.a. al in Sag.8:23 gesien dat Sagaria verwys na
die heidennasies wat na die Kerk sal kom, bedoelende na Christus en redding sal
ervaar ~ So
sê die
Here die Almagtige: Daardie
tyd sal uit al die nasies tien man een Judeër
aan die klere gryp en sê:
"Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor God
is by julle.
Die
wedergeboorte van die heidene word in terme van die Joodse Huttefees uitgedruk
en het niks te doen met die deelname aan hierdie jaarlikse Joodse fees nie,
maar die vergelyking word gebruik om die heidene se vreugde en dankbaarheid vir
God se seën en genade, soos met die
Loofhuttefees, uit te druk. Hierdie fees vind gewoonlik tydens die insameling
van die herfsoes plaas en is derhalwe vir Sagaria, ’n
simbool vir die “insameling
van heidene” in
die Christendom in.
Deel
van die Loofhuttefees was om te bid vir die seën
van goeie reën en so bid die bekeerde
heidene ook vir God se soewereine seën
in en op hul lewe en dit is in teenstelling met wat Sagaria in vv.17-19 van die
ongeredde heidene sê,
wanneer hy hulle vergelyk met o.a. Egipte op wie die seën
van reën nie val nie en wel omdat
hulle nie deel wil hê aan God se seën
nie ~ Geen volk op aarde wat nie na Jerusalem toe kom om die
Koning, die Here die Almagtige, te aanbid nie, sal reën kry nie…
Sagaria
sluit sy profesie af in vv.20-21 af deur te verwys na perde op wie se tuie die
woorde “aan die Here gewy”,
geskryf staan en hierdie is ’n
vergelyking met die drag wat die Hoë Priester moes aantrek ~ Jy
moet 'n blom van suiwer goud maak en daarop, soos op' n seëlring,
graveer: Aan Die Here Gewy." Jy moet
dit met 'n blou toutjie aan die tulband vasmaak. Dit moet aan die voorkant van
die tulband wees. Dit moet op Aäron se voorkop wees as teken dat
hy aanspreeklik is vir elke ontwyding van die offers deur Israel. Die blom moet
gedurig op Aäron
se voorkop wees as teken dat Ek, die Here, die Israeliete goedgesind is (Eks.28:36-38).
Met
hierdie vergelyking wil Sagaria sê dat al die gelowiges, synde bekeerde Jood, of bekeerde
heiden, deur God se genadewerking, geheilig word - vergewe is deur Jesus
Christus se soendood en dat hulle hul dankbaarheid en vreugde teenoor God moet
betoon soos wat die Jode dit tydens die Loofhuttefees gedoen het. Bo en behalwe
die feit dat ons geheilig is, word ons egter ook opgeroep om heilige lewens te
lei, net soos wat die Hoë Priester homself moes reinig voor hy in die
teenwoordigeid van God in die Allerheiligste verskyn het - daarom dat Petrus
ook in 1 Pet.1:16 ~ Wees heilig, want Ek is heilig.
Ons
wat uit die heidendom geroep is om deel van God se Koninkryk te word, het
soveel stof tot dankbaarheid dat die “Olyfberg
gekloof” is;
dat die Ou Verbond verplaas is deur die Nuwe Verbond, sodat ons deel kon word van
God se ewige Koninkryk!
[Boodskap: Kobus van der Walt (3Riviere Baptiste Kerk,
30 Augustus 2015)]