Die Gebed van alle Gebede – 2 ("Die Eerste Smeekbedes") [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Matt.6:9-13 ~ So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. 11 Gee ons vandag ons daaglikse brood; 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; 13 en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. En die O.A.V. sluit hierdie gebed in v.13b af met die woorde ~ Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
2. INLEIDING:
Ons het verlede week gekyk na die openingswoorde, of die inleiding van Jesus se modelgebed wat Hy aan ons gegee het en wat in die algemene omgangstaal bekend staan as die “Onse Vader”. Ons het ook gesien dat die gebed o.a. bestaan uit ses smeekbedes, maar dat die eerste drie smeekbedes oor God en Sy eer gaan en nie oor die mens of oor onsself nie. Dit is so dat soveel mense hulle self tevrede stel deur vinnig te bid en dan net vir hulle eie situasie en hul eie mense te bid, máár dit is allermins wat die Here Jesus vir ons geleer het, toe Hy gesê het, SO moet julle bid. Ons moet nie net leer om God altyd eerste en sentraal te plaas in ons lewens nie, maar ons moet dit ook doen wanneer ons in gebed verkeer.
3. DIE EERSTE SMEEKBEDE:
Wanneer ons dan na die struktuur van die “Onse Vader” kyk, sien ons dat die eerste smeekbede, die regte volgorde vir die res van die gebed vir ons bepaal, omdat dit die “soeklig” op God laat val, m.a.w. ons gebed begin deur eer aan God te bring - ... laat u Naam geheilig word. Die sleutelwoord hier, is geheilig en die betekenis daarvan, is om iets of iemand af te sonder. Ons het reeds vantevore gesien dat voorwerpe wat in die Tempel gebruik was, “geheilig” was, of opsygesit is, vir ’n spesifieke doel.
Dit is baie interessant om te sien dat daar, benewens hierdie vers in Matt.6, net een ander plek in die Bybel is waar daar op hierdie wyse na God verwys word, nl. 1Pet.3:15 ~ Maar heilig die Here God in julle harte... (O.A.V.). Hier wil Petrus vir ons sê dat ons God Sy regmatige plek in ons harte moet gee – daardie plek wat Hy verdien. Wanneer ons dus bid en sê, ... laat u Naam geheilig word, sê ons daardeur, dat God heilig is en dat Hy derhalwe Sy regmatige plek in my hart inneem en dat ek ook daarmee verklaar, dat daar geen ander God in my lewe bestaan wat ek aanbid nie – Hy is heilig; Hy is die enigste God.
Wanneer ons dan by hierdie gedeelte van Jesus se modelgebed kom, kan ons vir die Vader sê: Vader in die hemel..... my eerste en enigste begeerte in hierdie lewe, is om U eerste in my lewe te plaas en daarom wil ek graag in ooreenstemming met die woorde soos wat dit in Matt.22:38 staan, vir U sê dat ek U liefhet met my hele siel en met my hele verstand en ek verklaar voorts dat daar geen ander God behalwe U is nie.
Die Here Jesus het ons egter ook geleer om te sê, laat U Naam geheilig word. Waarom het Hy gesê dat ons God se Naam moet heilig en nie God self nie? As Jesus sê dat ons God se Náám moet heilig, moet ons noodwendig vir onsself afvra ~ Wat is God se Naam en wat beteken dit om dit te heilig? Wanneer ons die eerste vraag wil beantwoord, kom ons gou agter dat daar talle name is wat in die Woord gebruik word om God te beskryf – onthou ons het verlede week gesê, dat ’n naam in die verlede, gewoonlik ’n beskrywing van ’n persoon, of sy karakter was.
Wanneer ons dus na God se Name kyk, moet ons onmiddellik vir onsself afvra, of ons daardie spesifieke karakter eienskap van God eer. Kom ek noem vir u ’n
klompie voorbeelde:
· Elohim: Hierdie naam van God verleen erkenning aan Hom as Skepper (Deut.10:17).
· El Elyon: Die Allerhoogste (Gen.14:20).
· El Roi: Die Alomteenwoordige God wat alles sien (Ps.139:7-12).
· El Shaddai: Die Almagtige God (Gen.17:1-8).
· Adonai: Here en Meester (Rig.6:14-16).
· Jehovah: Hy wat was en is en ewig sal wees – Hy is die ewige EK IS; die Alfa en die Omega, die begin en die einde (Eks.3:13-14).
· Jehovah-Jireh: Die Here sal voorsien (Gen.22:1-19).
· Jehovah-Rapha: Die Here wat genees (Eks.15:22-27).
· Jehovah-Nissi: “Die Here is my bannier – Hy gee die oorwinning” (Eks.17:16).
· Jehovah-Mekoddishkem: Die Here heilig my en Hy verklaar my regverdig (Eks.19:2-6).
· Jehovah-Shalom: Die Here is vrede (Rigt.6:22-24).
· Jehovah-Sabaoth: Die Here van die Leërskare (Sag.14:16).
· Jehovah-Raah: Die Here is my Herder (Ps.23:1).
· Jehovah-Tsidkenu: Die Here is ons Geregtigheid (Jer.23:1-6).
· Jehovah-Shammah: Die Here is daar – God is teenwoordig (Eseg.48:35).
Kan u sien, hoe swaar gelaai is hierdie woorde, laat U Naam geheilig word – U naam! Ek kan dus bid, Vader, U is voorwaar heilig, want U is dié Een wat my regverdig verklaar het; U is dié Een wat van ewigheid tot ewigheid is; U Naam is Jehovah-Nissi en daarom is U dié Een wat aan my die oorwinning gee – die oorwinning oor my vyande; oor die bose; oor my vlees en daarom Vader, plaas ek U eerste in my hart – daar is voorwaar geen ander een soos U nie.
Wat moet ons doen ten einde God te eer en Sy Naam te heilig? Eerstens moet ons God ken. Ons moet Sy karaktereienskappe ken. Die Engele ken God beter as ons en daarom heilig hulle Sy naam voortdurend. Dit vra dus harde werk van ons kant om God ook beter te leer ken, sodat ons uiteindelik saam met die Psalmdigter dit kan uitroep ~ Dié God is ons God vir altyd... (Ps.48:15).
Oordink God se Woord gereeld en dit wat Hy vir ons gedoen het, sodat ons ’n groter waardering vir Hom kan ontwikkel – sodat ons liefde vir Hom kan groei, want wanneer dit die geval is, sal ons soveel makliker, die Here God as Ons Vader, kan aanbid.
4. DIE TWEEDE SMEEKBEDE:
Die tweede smeekbede, nl., ...laat u koninkryk kom..., is nou verwant aan die eerste smeekbede. Ons kan dadelik vir onsself vra, wat is God se Koninkryk? Hierdie is uiteraard ’n baie moeilike vraag om te beantwoord, omdat God se Koninkryk uit soveel fasette bestaan. Wat ons waarskynlik kan help om ’n iets meer te verstaan van wat God se Koninkryk is, moet ons besef dat ’n Koninkryk, oor ’n Koning beskik – ’n koning regeer tog immers in ’n koninkryk. En wanneer ons na God as Koning kyk, kan ons bv. na Ps.24:10 kyk, wat sê ~ Wie is Hy, hierdie magtige Koning? en dan gee die Psalmdigter ook die antwoord ~ Die Here, die Almagtige, Hy is die magtige Koning. Ps.95:3 sê ~ ...want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode.
Indien God dan hierdie magtige en groot Koning is wat oor al die gode heers, dan impliseer dit tog dat ons Hom moet dien. Verder impliseer dit dat ons, onsself skaar by die Almagtige Koning van die heelal en dit het tot gevolg dat ons skuiling vind by Hom wat ons sal beskerm teen ons vyande – Hy het die magtigste aardse koning verpletter in Eks.14:24 ~ Wanneer Ek my mag laat geld teenoor die farao, sy strydwaens en hulle bemanning, sal Egipte besef dat Ek die Here is. Dink net aan Wie Hy is en indien ons skuiling onder Sy vleuels vind, sal niks ons kan oorweldig nie! Sag.2:5 sê ~ Ek sal ’n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.
Ons kan vertroosting en bemoediging vind in die feit dat Hy ons beskerm, laat ons daarom hierdie Almagtige Koning vrees; laat ons onsself onderwerp aan Hom en laat ons Hom loof en prys vir Sy Koningskap en Sy beskerming.
Wanneer ons dus bid en vra dat God se Koninkryk moet kom, vra ons enersyds dat Hy Sy genade oor ons sal uitstort – dat Sy Koninkryk van genade moet kom, om ons te beskerm.
Andersyds beteken dit egter ook dat ons Hom vra om Sy genade in ons harte uit te stort. Ons was eens in die koninkryk van die duisternis vasgevang, maar nou het ons deel geword van die Koninkryk van die Lig. En omdat ons voortdurend neig na die koninkryk van die duisternis, pleit ons by Hom dat Hy Sy lig in ons harte sal laat skyn, sodat Hy ons daardeur gewillig en bekwaam (gemaak sal word) om sy wil uit te voer (Fil.2:13).
Dit impliseer verder, dat wanneer ons vra dat God se Koninkryk sal kom, ons téén die koninkryk van die satan bid en dit beteken dat ons vra dat die Almagtige die koninkryk van die duisternis op aarde sal vernietig en hierdie koninkryk van die duisternis sluit o.a. in die voortgang van en slawerny aan sonde in hierdie wêreld (in ons eie lewe, in ons dorp, in ons land, ens.),
Jesus se dissipels het vir Hom in Hand.1:6b (O.A.V.) gevra ~ Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En in verse 7-8 het Jesus hulle as volg geantwoord ~ Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Ons moet dus medewerkers wees, deur Christus se Koninkryk te laat kom deur getuies vir Hom te wees, sodat alle mense die Blye Boodskap kan hoor.
Wanneer ons vra dat Sy Koninkryk moet kom, vra ons ook dat Sy Evangelieboodskap oor die aarde verkondig sal word; dat mense tot bekering sal kom en dat ek ’n aandeel aan daardie verspreiding van die Blye Nuus sal hê.
Ons moet egter ook besef dat wanneer ons vra dat God se Koninkryk moet kom, ons ook verwys na ’n letterlike en toekomstige Koninkryk en dat ons daarom ook identifiseer met die woorde in Openb.22:20, wanneer ons sê ~ Ja, kom Here Jesus. Mag Sy wederkoms met ander woorde spoedig plaasvind.
Wanneer ek dan bid en vra dat God se Koninkryk moet kom, vra ek God dat ek mag deel in die voorreg om ’n burger van Sy Koninkryk te wees, waar Hy Sy onderdane beskerm. Ek kan voortgaan, deur uit te brei oor die hele kwessie van sonde wat hoogty vier in hierdie land van ons en kan ek vra dat DSTV bv. nie sal voortgaan om ’n pornografie kanaal in te stel nie. Ek vra dat die Here my sal toerus en voorberei en gewillig sal maak om Sy Naam te verkondig en Sy Blye Boodskap met andere te deel; ek vra Hom ook om gou terug te kom omdat ons daarna verlang om vir die res van die ewigheid in God se teenwoordigheid te wees en eer aan Hom te bring saam met al die ander gelowiges en die engele.
5. DIE DERDE SMEEKBEDE:
Ons vind ons derde smeekbede in die tweede gedeelte van vers 10 van Matt.6 ~ ...laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Hierdie versoek bestaan uit twee dele, nl. eerstens, ’n baie belangrike versoek, want die enigste dinge waarvoor ons as gelowiges mag bid, is daardie dinge wat God in Sy soewereine wil aan ons wil skenk. Ek kan tog nie vir die Here vra dat ek nie uitgevang sal word oor my belastingontduiking, terwyl Hy baie duidelik in Matt.22:21 sê ~ Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.
Daar is egter ook ’n tweede versoek, nl. dat ons vra dat God se wil nie net hier op aarde sal geskied nie, maar dat dit ook in die hemel sal geskied.
Eerstens moet ons kyk na wat dit beteken om te bid, laat U wil... ...geskied. God se wil word op drie maniere beskryf in die Woord. Eerstens vind ons God se soewereine wil, tweedens Sy morele wil en derdens God se individuele wil vir elke persoon.
· God se soewereine wil is daardie wil van God wat altyd gebeur. Dit is daardie dinge wat God in Sy Woord sê Hy gaan doen. Dit is van hierdie soewereine wil waarvan Paulus in Ef.1:11 praat as hy sê ~ Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. Spr.19:21 praat ook hiervan, wanneer dit sê ~ Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.
God se soewereine wil is dus daardie breë en algemene sake waaroor God praat en wat gaan geskied, soos bv. die feit dat Jesus se wederkoms iewers in die toekoms gaan plaasvind. Dit gaan egter ook oor dinge wat reeds in die verlede plaasgevind het. Wanneer ons bid en vra dat Sy wil moet geskied, vra ons dus dat Hy Sy soewereine wil sal laat geskied hier op aarde en in ons lewens.
· God se morele wil, is daardie dinge wat Hy in Sy Woord sê óns moet doen. Ons vra dus ook wanneer ons vra dat Sy wil moet geskied, dat Hy sal gee dat ons gehoorsaam sal wees aan Sy Woord en sal doen wat Hy van ons verwag. Matt.7:21 is ’n goeie verwysing na God se morele wil ~ Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
· Derdens vind ons God se wil vir ons persoonlik. Dit handel dus oor Sy wil t.o.v. die wat, waar, wanneer en wie aangeleenthede van die lewe. Lukas gee vir ons ’n mooi voorbeeld hiervan in Hand.22:10, toe Paulus gevra het ~ Wat moet ek doen, Here? Ons moet ook hierdie faset van God se wil in gedagte hou wanneer ons bid en sê laat U wil... ...geskied.
Ons moet ook baie mooi daarop let dat wanneer ons so bid, ons op ons gesindheid moet let, want om God te vra dat Sy wil sal geskied, impliseer dat ek in opregtheid en dankbaarheid, my sal neerlê onder Sy wil. Wanneer ek dus bid om Sy persoonlike wil vir my lewe, sal ek my berus by dit wat Hy in Sy soewereiniteit besluit het rondom dit. Ek moet dus in die lig van Ef.5:20 en Fil.2:14 hierdie gebed bid en wat die uitkoms van my gebed betref, moet ek ~ God die Vader altyd (dank) oor alles en alles (sal doen) sonder kla of teëpraat. Ons sê dus aan die Here: Here, ek dank U vir alles wat U oor my pad bring en wat U met my laat gebeur, want ek weet dat U alles ten goede laat meewerk vir my, want U is ’n alwyse, liefdevolle Vader en daarom sal ek alles doen sonder om te kla of teë te praat.
Om so te bid impliseer natuurlik nie, dat dit verkeerd is om bepaalde dinge te vra, soos bv. vir genesing as ek siek is nie. Paulus het bv. drie keer gevra dat die Here die doring in sy vlees sal verwyder (2Kor.12:8). Wat wel verkeerd is, is wanneer ek opstandig raak wanneer my lot nié vernader nie.
Ook beteken dit nie dat ek vrygestel word om te bid, omdat ek nou alles “oorlaat aan die Here” nie. Nee, om te sê dat God se wil moet geskied beteken bloot dat ek my onderwerp aan dit wat God besluit het, nadat ek gedoen het wat ek moes doen, wat o.a. volharding in die gebed, insluit.
Om te bid, laat U wil... ...geskied, beteken ook nie dat ek die uitkoms van my gebed wat moontlik anders is as wat ek dit graag sou wou sien, emosieloos moet aanvaar nie. Wanneer ’n geliefde sterf nadat ek gebid het om sy of haar herstel, beteken dit nie dat ek nié mag huil nie, ons hartseer is egter nie dié van iemand wat sonder hoop is nie – 1Tes.4:13 sê ~ Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie.
Dit beteken ook nie dat ons nié vir die Vader mag vra, “waarom nie?” Selfs Jesus het dit aan die kruis gedoen toe uitgeroep het ~ My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matt.27:46). Ons moet saam met die Psalmdigter bid ~ Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar. 19 Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese: laat my tog nie sonder u gebooie wees nie. 20 Ek kwyn weg van verlange na u bepalings (Ps.119:18-20) en dan gaan hy voort in verse 26-27 deur te bid ~ Ek het my lewensloop aan U bekend gemaak en U het my gebed verhoor; leer my u voorskrifte. 27 Leer my hoe om u bevele uit te voer. Ek wil van u magtige dade vertel. Die Psalmdigter wou nie alleen God se besluite en soewereine wil verstaan nie, maar hy wou ook weet hoe om daarop te reageer. Hy het dus gebid dat God hom sou help om Sy soewereine, morele en individuele wil te verstaan en gewillig te maak om dit te aanvaar en uit te voer.
Ons het tot nou eintlik net gekyk na die uitdrukking ~ ...laat u wil ... ...geskied. en wel soos die gebed lui, ook op die aarde, maar Jesus het nog iets bygevoeg, nl., ...net soos in die hemel. Wat wou Hy hê moes ons hiermee verstaan? Eerstens moet ons kyk na die woordjies net soos – hierdie woorde sê vir ons dat God se wil soos wat dit in die hemel geskied ook hier op aarde en in ons lewens moet geskied. Nou, hoe geskied God se wil in die hemel en wat beteken dit vir ons hier op aarde?
Ons moet begryp dat God se wil universeel in die hemel geskied – dit beteken dat alle skepsele in die hemel, God se wil tot in die aller fynste besonderhede uitvoer – daar is géén afwyking nie en daar is gééxxxxn uitsondering nie.
Wanneer ons dan bid en vra dat God se wil hier op aarde moet geskied, net soos in die hemel, dan vra ons daardeur dat God ons sal help om ook Sy wil tot in die fynste besonderheid hier op aarde uit te leef en dat ons nie ’n “aks” daarvan sal afwyk nie. Ons vra verder dat Hy ons sal help om altyd Sy wil met vreugde en die regte gesindheid uit te voer en ons moet dit so volvoer, dat ons ook ná die tyd saam met Ps.16:11 kan sê ~ By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
6 TEN SLOTTE:
Wanneer ons in geloof en in ooreenstemming met God se wil bid, sal ons gebed tot groot seën vir die Here wees, maar terselfdertyd ook tot groot seën vir onsself – ’n gebed en ’n seën wat ons lewens sal verander. John Hannah het eenkeer gesê: The end of prayer is not so much tangible answers as a deepening life of dependency, .... the avenue of sweet, intimate, and intense fellowship of the soul with the infinite Creator.
Die gebed van ’n gelowige is om die hemel af te bring na die aarde, deur God se naam te verheerlik; deur Sy Koninkryk te laat kom en deur Sy wil na te jaag.
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 21 Maart 2010
Sunday, March 21, 2010
Monday, March 15, 2010
Bybelstudie deur Kobus van der Walt gehou op 14 Maart 2010
Openbaring Ontsluit - 19 ("Die Vrug van die 144 000 se Arbeid") [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit
1. INLEIDING:
In Openb.4-5, het Johannes ’n boekrol gesien wat met sewe seëls verseël was – hierdie boekrol verteenwoordig die nuwe verbond. Niemand was waardig genoeg om hierdie seëls te breek nie, totdat die Lam van God gekom het en die seëls begin breek het. Met die breek van elke seël, sien ons die ontvouing en voortgang van die Joodse Oorlog, asook die redes daarvoor. Die eerste vier seëls verteenwoordig verowering, oorlog, hongersnood en pes: die volgorde wat gevolg sou word tydens die Joodse Oorlog (Matt.23:29-36 ~ “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle hou die grafte van die profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes, 30 en julle sê: ‘As ons in die dae van ons voorvaders gelewe het, sou ons nie medepligtig gewees het aan die vergieting van die bloed van die profete nie.’ 31 Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete. 32 Gaan maar aan, maak klaar wat julle voorvaders begin het! 33 “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? 34 Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. 35 So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. 36 Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom”). Die sesde seël het God se finale oordeel oor Judaïsme ontketen. Soos reeds gesien, is die taalgebruik van die sesde seël, destruktief van aard, en dit verteenwoordig die verwydering van die ou verbond en die verplasing met die nuwe verbond. Dit is presies wat gebeur het met die vernietiging van die Tempel, want toe kon die ou verbond met sy offer rituele, nie meer in stand gehou word nie. Dit toon dus dat die nuwe verbond ten volle geïmplementeer is.
Ons het in ons vorige studie gesien dat die 144 000 die Kerk van die Here Jesus in Jerusalem verteenwoordig en dat dit hulle is wat die val van Jerusalem ontglip het, sodat nie een van die gelowiges in Jerusalem gesterf het nie (Matt.24:15-16 ~ Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat ’n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan-wie dit lees, moet dit goed begryp- 16 dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug). Hierdie opdrag van die Here Jesus klink vreemd, want gewoonlik het die Israeliete, wanneer vyandige troepe die land binnegeval het, na die veiligheid van die stadsmure van Jerusalem gevlug, maar Jesus gee die teenoorgestelde opdrag aan Sy kinders – Vlug die berge in! Die verwoesting van Jerusalem was ’n gegewe en die gelowiges weet dit (Jesus profeteer dit tog) en in hierdie geval was die logiese wel om uit die stad te vlug en historici vertel vir ons dat dit presies is wat gebeur het.
Johannes het gesien hoe dat vier engele, die oordeel van God teruggehou het, totdat die gelowiges veilig in Pella was. Ons het ook gesê, dat dit nie belangrik is om te weet of hierdie getal van 144 000 letterlik of figuurlik is nie, wat wel belangrik is, is dat die gelowiges gespaar is van die uiteindelike oordeel oor Jerusalem.
In die vorige perikoop (7:1-8) het ons dan die beseëling van die “Oorblyfsel” (“Remnant”) gesien, maar hier in Openb.7:9-17 gaan ons na die sukses van die “Oorblyfsel” kyk.
2. VERS-VIR-VERS ONTLEDING:
· Openb.7:9-10 ~ Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. 10 Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”
Ons sal weldra sien waarom God die “Oorblyfsel” gered het. Hulle het ’n taak gehad om te verrig! Natuurlik sê ons nie hierdeur dat God hulle nie ook lief gehad het nie – natuurlik het Hy hulle lief gehad, maar dit was nie die hoofrede waarom Hy hulle gespaar het nie. Hulle het ’n taak op hande gehad: Hulle moes die Evangelie na elke nasie, volk, stam en taal neem (7:9) – dit dan is die hooftema van Openb.7:9-17, want Johannes sien ’n ontelbare hoeveelheid heiliges voor die troon van God staan. Hierdie is dan ’n profesie van die Evangelieboodskap wat oor die wêreld sou versprei ná die val van Jerusalem. Ons sien die gevolge van hierdie profesie vandag nog, want mense word steeds by die kerk gevoeg.
Hierdie ontelbare hoeveelheid, of ’n groot menigte, wat Johannes sien mag miskien vreemd en amper misterieus voorkom, maar ons sal weldra sien wie hulle is, namate ons aangaan met die ontvouing van die visioen.
Daar is ten minte drie dinge wat Johannes sien:
· ’n Vermeerdering;
· ’n Verskeidenheid;
· ’n Transformasie.
· Voorheen het Johannes 144 000 gesien – ’n definitiewe getal, maar nou sien ’n hy onnoembare getal. Die resultaat dus van die 144 000 se werk, is ’n uiteindelike onnoembare getal (waarvan ek en jy deel is!) – Daar is vermeerdering in die getal van die Kerk van die Here Jesus!
· Tweedens het Johannes ’n verskeidenheid gesien – Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal. Die visie van die 144 000 was baie “Hebreeus”, want diegene wat gered is, was op daardie stadium almal Jode, maar nou lyk die prentjie totaal anders – nou is dit universeel. Johannes gebruik omtrent elke denkbare beeld of uitdrukking om die verskeidenheid van die “nuwe Kerk” te verbeeld – Hy beskryf die multi-etnisiteit van hierdie groep, deur gebruik te maak van ’n Griekse woord "polus”, wat die meeste van die tyd in Openbaring as byvoeglike naamwoord gebruik word, wanneer daar na die stamme van Israel verwys word – soos wat daar dus ’n groot verskeidenheid onder die twaalf stamme van Israel was, so is daar ’n groot verskeidenheid van mense in die Kerk van die Here Jesus Christus.
· Derdens sien Johannes ’n transformasie (verandering). Johannes sien weereens ’n “baie Joodse” prentjie. Die verwysing na Christus as “die Lam”, is Joods, want die lam as ’n offerdier was intens verbind met die Joodse godsdiens. Die wit klere kan ons herinner aan die geregtigheid wat deur Christus toegereken word aan die gelowiges, maar wanneer ons dit so sien, wyk ons af van die eg Joodse prent wat Johannes vir ons hier skilder. Die wit klere moet dus eerder deurgetrek word na die priesterskap van die ou verbond. Ons moet onthou dat die priestersamp slegs beskore was vir Israeliete en nog meer spesifiek, vir die Leviete. Wanneer ’n man beweer het dat hy ’n Leviet was en dat hy opgeneem wil word as priester, was hy onderwerp aan ’n baie deeglike ondersoek – o.a. is daar 123 vrae aan hom gevra ten einde vas te stel of hy vlekkeloos was, wat sy karakter betref. Indien hy nie die toets geslaag het nie, het hy ’n swart mantel ontvang, maar indien hy geslaag het, het hy ’n wit mantel ontvang.
Die palmtakke dra ook ’n Joodse tema. Hierdie woord “palmtakke” word net op een ander plek in die Nuwe Testament gebruik en wel in Joh.12:23 waar Jesus se intog in Jerusalem beskryf word. Ons met ook daarop let dat die mense wat die palmtakke in Joh.12 gewuif het, almal Jode was. Hierdie Jode was vol verwagting, nl. dat verlossing deur hul Messias, vir hulle op hande was.
Die punt wat ek wil maak, is dat alles in hierdie vers na die Jode verwys. Hoewel God se plan van die begin af was dat Hy ’n multikulturele kerk wou saamstel, was dit hoofsaaklik die Jode wat die seën onder die ou verbond ontvang het. Die Meeste Jode het egter hul rug op God gedraai en daarom stel Hy ’n nuwe verbond saam en wys Openbaring hier vir ons, dat Jood en heiden nou deel word van die nuwe verbond. God se redding is dus nie meer net vir Israel nie, maar vir alle volke, daarom dat Openb.1:6 sê dat ons almal priester van God is en 1Pet.2:9 sê ~ Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Johannes (en ons) sien dus dat die Kerk (beide Jood en heiden) getransformeer word tot die ware Israel (Gal.6:16).
Johannes het egter nie net iets gesien nie (die menigte mense) – hy het ook iets gehoor ~ Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam! Ook hierdie frase herinner aan die uitroep wat opgegaan het met Jesus se triomftog in Jerusalem in Joh.12:13 ~ Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!” Dit herinner verder ook aan Ps.118:25-19.
· Openb.7:11-12 ~ Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid 12 en gesê: “Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!” Ons moet baie mooi kyk wat hier gebeur – konteks dus. Ons sien in v.10 dat dit die gelowiges is wat uitroep, ...ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam, waarop die engele neerkniel en bevestigend antwoord op dit wat die gelowiges uitroep – daarom dat hulle sê Amen. Dit was nie die ouderlinge en die vier lewende wesens wat dit uitgeroep het nie, maar die engele – kyk weer mooi na die vers: Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan – die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens word hier genoem, net om aan te dui rondom wat en wie die engele gestaan het, voor hulle (die engele) gekniel en bevestigend in ’n loflied beaam dat die lof en die heerlikheid aan God behoort. Die beeld wat Johannes dus hier sien, is die gelowiges wat ’n lofsang tot God bring vir hul redding en wat deur die engele beaam word met hul eie doksologie (lofsang). Hierdie gebeure is ’n sterk herinnering aan Luk.15:10 ~ Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer. Waarvoor dank en loof die engele God? Hulle dank Hom vir genade (God se reddingsgenade) – iets wat hulle nog nooit ervaar of ooit sal ervaar nie. Hulle besef egter dat genade iets wonderbaarliks moet wees, want toe hulle hoor hoe die gelowiges God prys vir reddingsgenade, is hulle so verwonderd daaroor dat hulle op hul gesigte val en God in ’n sewevoudige loflied besing! As die engele verwonderd staan oor God se genade – hoeveel te meer nie ons nie!
· Openb.7:13-14 ~ Een van die ouderlinge vra toe vir my: “Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?” 14 “Ek weet nie, Meneer,” sê ek vir hom, “maar ú weet.” Hy sê toe vir my: “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Johannes staan verwonderd oor die gesig wat hy sien, waarop een van die ouderlinge na hom kom en sy onuitgespreekte vraag vir hom vra en waarop Johannes vir hom sê ~ Ek weet nie, Meneer, “maar ú weet. Johannes sê hierdeur vir die ouderling dat hy graag by die ouderlinge sou wou weet wie die mense is wat hy sien. En dan antwoord die ouderling hom deur vir hom te sê, dat dit die mense is wat deur die groot verdrukking gekom het. Hierdie uitdrukking word slegs op twee ander plekke in die Nuwe Testament gebruik, nl. Matt.24:21 ~ ...want in daardie tyd sal daar so ’n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie, asook in Openb.2:22 (O.A.V.) ~ Kyk, Ek werp haar neer op ’n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ’n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
· Hierdie uitdrukking ... dié wat uit die groot verdrukking kom..., kan óf daarop dui dat hierdie mense met die wit klere, geleef het gedurende die verdrukking en dat hulle vervolg was – daarom die uitdrukking ... Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.... Of dit kan beteken, dat dit die gevolg van die verdrukking is. M.a.w., hulle het, óf gelewe tydens die verdrukking, óf hulle was die vrug van die bediening van diegene wat die vervolging deurstaan het.
Die eerste moontlikheid is die meer gewilde standpunt, hoewel daar geen Skrifgronde daarvoor is nie en ons het al gesien dat daar ook geen wegraping voor die Pre-Millennialistiese wegraping gaan wees nie [sien Openbaring Ontsluit – 14 (Die Millennium)]. Die tweede opsie is dus die meer aanvaarbare opsie, nl. dat die ontelbare menigte, die vrug is van die 144 000 wat deur die verdrukking (aanvanklike vervolging en daarna die val van Jerusalem) gekom het. Hulle was verantwoordelik vir duisende bekerings en hulle bekeerlinge vir duisende en daardie duisende vir duisende der duisende. Die 144 000 is dus dié wat deur die Jerusalemse verdrukking (±67-70 n.C.) gegaan het en die ontelbare menigtes is diegene wat daarna deur verdrukking en lyding tydens hulle Christelike lewe sou gaan – 2Tes.1:5-6 ~ Dit alles is ’n bewys van die regverdige oordeel van God, naamlik dat Hy julle geskik geag het vir sy koninkryk, waarvoor julle nou ook ly. 6 God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly, asook 2Tim.3:12 ~ Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Alle gelowiges (die 144 000, asook deur die eeue daarna) gaan deur tye van verdrukking, maar sal staande bly, want ...hulle klere (is) gewas en dit (is) wit gemaak in die bloed van die Lam.
’n Belangrike vraag wat ons moet vra, is: Vind hierdie tweede verklaring enige ondersteuning vanuit die Olyfberggesprek van Jesus? Die antwoord is ’n onomwonde, “ja!” – Matt.24:15-31 ~ Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat ’n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan-wie dit lees, moet dit goed begryp- 16 dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug. 17 Die man wat op die dakstoep sit, moet nie ingaan om sy goed uit die huis te gryp nie, 18 en die man wat op die land is, moet nie omdraai om sy klere te gaan haal nie. 19 “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het. 20 Bid dat julle nie in die winter of op ’n sabbatdag hoef te vlug nie, 21 want in daardie tyd sal daar so ’n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie. 22 En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort. 23 “As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie. 24 Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei. 25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 26 En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn!’ moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle sê: ‘Hy is in die slaapkamer!’ moet julle dit nie glo nie. 27 Die koms van die Seun van die mens sal wees soos ’n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lugruim tot in die weste verlig. 28 “Waar die aas ook al lê, daar sal die aasvoëls bymekaarkom.” 29 “Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. 30 Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. 31 Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af.” Ons moet hierdie gedeelte deeglik bekyk, want hier het ons te doen met ’n profesie van Jesus wat 5 fases of tydperke beskryf – vv.15-22; 23-26; 27-28; 29-30 en v.31.
· Eerstens dan vv.15-22: Hierdie profesie van Jesus begin met ’n waarskuwing dat die gelowiges uit Jerusalem moet vlug wanneer die Romeinse soldate die stad omsingel. Hierdie gedeelte staan dan ook in parallel met Openb.7:1-8, waar ons gesien het dat die 144 000, geseël en beskerm word teen God se oordeel.
· Vv.23-26: Die Here waarsku voorts, dat daar tydens die besetting van Jerusalem, vals profete na vore gaan kom wat belowe dat God die inwoners gaan bevry. Aangesien die Here Jesus reeds die verwoesting van Jerusalem profeteer het, moes hierdie vals profete nie geglo word nie.
· Die ongelowige Jode het geglo dat die Messias Sy gesag sou uitoefen, deur die volk te bevry van die politieke onderdrukking onder die Romeine. Jesus sê egter dat Hy Sy majesteit sal bevestig oor hulle wat Hom gekruisig het, deur die verwoesting van Jerusalem – dit is wat bedoel word met vv.27-28. Die val van Jerusalem sal ’n gebeurtenis wees wat regoor die wêreld weerklank sou vind – net soos wat weerlig deur die hemelruim gesien kan word, net so sou die nuus van die val van Jerusalem oor die wêreld heen versprei.
· Matt.24:29-30 profeteer die val van Jerusalem, asook die val van die Tempel. Weer kry ons dekonstruksionistiese taal hier en hierdie gedeelte van die profesie handel oor die verwydering van die ou verbond wat verplaas gaan word met ’n nuwe verbond. Die verwoesting van die stad en die tempel sou dan ook die bewys wees dat Christus die Here is. Hierdie gebeure sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim wees, want dit is presies die oordeel wat Hy belowe het oor die wie Hom sou kruisig. Al was Hy nederig en sagmoedig op aarde, sou Hy nou in majesteit en heerlikheid en groot mag kom om die “heilige stad” te kom verwoes.
· Die parallelle gedeelte vir v.31, vind ons in Openb.7:13-14. Na die verwoesting van Jerusalem en die Tempel sal die “engele” gestuur word om die uitverkorenes van God van oor die wêreld heen, bymekaar te maak. Die woord “engele” hier, is “boodskappers” (aggeloõ = aggelos) en dit word op verskeie plekke in die Nuwe Testament so vertaal en beteken dus nie noodwendig hemelwesens nie (sien konteks van die volgende teksverse) – bv.: Mark.1:1-2 ~ Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só: 2 In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak (sien ook: Matt.11:10; Luk.7:24, 27; 9:52; 2Kor.12:7; Jak.2:25). Ons kan dus hier sê dat die Here Sy boodskappers sal stuur om Sy uitverkorenes van regoor die wêreld byeen te bring. Wie dan is hierdie boodskappers? Na die val van Jerusalem het die 144 000 uitgegaan en die Evangelie van Jesus Christus wyd en syd verkondig – die Goeie Nuus is “uitgetrompetter” en so het dit van geslag tot geslag voort gegaan, totdat ons hier aan die suidpunt van die aardbol, ook die Goeie Nuus ontvang het.
Ons kan dalk dink dat die Joodse gelowiges depressief kon wees na die val van Jerusalem, want dit kon vir hulle die einde geskilder het, maar Jesus het hulle bemoedig en die versekering gegee dat dit nié die einde is nie. Inteendeel, dit is slegs die begin, want nou vir reeds 1 940 jaar gaan die “engele” voort om die groot trompet (te laat) weerklink, en (Christus se) uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af.”
Die chronologie van Openb.6:1-7:17, is presies dieselfde as die Olyfberggesprek in Matt.24 – eers die seël van oordeel; dan die verseëling en beskerming van die 144 000 en dan die verspreiding van die Evangelie na al vier die hoeke van die aarde. As gevolg van die Groot Verdrukking wat die 144 000 in Jerusalem verduur het, kon die Evangelie oor die wêreld heen versprei en vandag is daar ’n groot menigte wat niemand kon tel, voor die troon van God.
Die beswaar teen hierdie beeld is dat ons tog ommers hier te doen het met ’n hemelse situasie, want hoe kan ons wat nog lewe, nou in die hemel rondom God se troon staan? Die antwoord is eenvoudig: Ef.2:6 ~ Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee . Die O.A.V. vertaal dit pragtig en korrek ~ ...uit genade is julle gered - 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus (sien ook Ef.1:3, 20; 3:10). Die Woord is baie duidelik daaroor, dat ons as gelowiges reeds op hierdie oomblik saam met Christus in die hemel sit! Ons as gelowiges in 2010, sit nou rééds saam met daardie oorspronklike 144 000 in die hemel!
· Openb.7:15-17 ~ Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. 16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, 17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog. Nie net is hierdie 144 000 vir ons geïdentifiseer nie, maar ook die diens wat hulle verrig. Net in kort: Die woord “dien” in hierdie verse kom van die Grieks, "latreuo" waar die woord liturgie vandaan kom en dit verwys na kerklike en/of seremoniële gebruike. Dit is dieselfde woord wat gebruik is vir die priesterlike diens in die tempel. Dit is dus duidelik dat die kerk (gelowiges) voortgaan om Christus dag en nag in sy tempel te dien – Hou 1Kor.3:16 in gedagte ~ Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? Soos wat die priesterlike diens onder die ou verbond gereserveer was vir die familie van Aaron, is alle gelowiges vandag priesters en dien ons Christus onder Sy nuwe verbond.
Johannes gaan voort en sê dat sekuriteit aan die menigte belowe word. En hier word spesifiek twee sake belowe:
- ’n Plek van beskerming en versorging: Die uitdrukking, “Hy sal by hulle bly”, beteken ook “om te Tabernakel”, of om “’n romp oor te gooi”. ’n Wonderlike voorbeeld van hierdie waarheid is die verhaal van Rut. En dan spesifiek Rut 3:9 (O.A.V.) ~ Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser. Die N.I.V. vertaal dit nog mooier ~ Spread the corner of your garment over me, since you are a kinsman-redeemer. Deur Boas te vra om sy vleuel oor haar uit te brei, het o.a. geïmpliseer dat hy volle verantwoordelikheid vir haar moet neem – wat hy ook gedoen het. Net so beloof Christus beskerming aan gelowiges van vandag – niks kan met ons gebeur buite God se soewereine wil nie – ons is veilig onder God se vleuels.
- ’n Belofte van Herderskap: Nie net word die menigte beskerm nie, maar hulle geniet ook Sy herderskap en versorging – sien v.16-17. Ja, dit is so dat God as Herder, ’n eg Joodse uitdrukking onder die ou verbond was, maar ons as gelowiges kan ook vandag met oortuiging en van harte die woorde van Ps.23 sing. God se versorging is dus nie meer, nét vir die Jode beskore nie, maar vir almal onder die nuwe verbond. Nie net word ons deur Hom versorg nie, maar Hy openbaar ook Sy wil aan ons – Hy lei ons dus. Hy vertroos ons egter ook (Fil.2:1; 2Tes.2:16). Hy is voorwaar ’n Herder vir ons.
3. AFSLUITING:
Wat beteken al hierdie dinge in Openb.7:9-17 vir ons vandag? Ons is deel van die vrug van die eerste 144 000 verseëldes se arbeid en daarom is ons deel van die vrug Openb.14:1-5 se 144 000 – ons is ook eerstelinge soos dié waarvan Jakobus in 1:18 praat. Ons is deel van daardie groep eerstelinge wat onder God se vleuels beskerming vind en deur Hom “geherder” word. Ons is deel van die vrug op die 144 000 se arbeid en daarom mag, kan en moet ons ook die Blye Boodskap van Jesus versprei na al die uithoeke van die aarde. Ons is deel van die Evangelie wat oorwin en wat red; ons is deel van die Evangelie wat steeds voortstu in hierdie wêreld en God se uitverkorenes byeen bring onder Sy vlerke – mag ons deel wees van hierdie arbeiderkorps wat die oes inbring.
Die vroeë kerk het nie veel besit nie en hulle was in getalle nie veel nie – net “144 000”, maar hulle het die mees kragtige ding op aarde denkbaar besit: geloof in die Lam van God wat op die troon sit. Indien ons deel in hulle onwrikbare geloof, sal ons selfs nog ’n groter oes sien inkom, want ons is veel, veel meer as die 144 000 van destyds – ons is deel van ’n ontelbare menigte. Mag God ons elkeen tot Sy eer en heerlikheid gebruik in die uitvoering van Sy Groot Opdrag!
[1] Bybelstudiereeks aangebied deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 14 Maart 2010

Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 14 Maart 2010
Die Gebed van alle Gebede – 1 ("Ons Vader") [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Matt.6:9-13 ~ So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. 11 Gee ons vandag ons daaglikse brood; 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; 13 en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. En die O.A.V. sluit hierdie gebed in v.13b af met die woorde ~ Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
2. INLEIDING:
Hierdie gebed wat die Here Jesus vir Sy dissipels geleer het, is so ’n swaar gelaaide gebed en nogtans hoor ’n mens hierdie gebed al minder en minder en word dit derhalwe afgeskeep. Miskien is dit omdat gelowiges voel dat dit deel is van die “tradisie” en daarom moet dit liefs nie meer gebid word nie, óf dit is dalk omdat baie mense voel dat dit amper soos ’n “resitasie” geword het en dat ons as kinders dit in ons “ongeredde toestand” bloot meganies opgesê het, omdat dit van ons verwag was en omdat ons dit in die skool geleer het en almal dit saam opgesê het voor die klas begin het en dit is goed dat ons ’n weerstand teen so ’n tipe van gebed het, veral as ons dit meet aan die hand van Matt.6:7 ~ Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ’n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Ons moet egter ook nie die “baba met die badwater uitgooi” nie, want hierdie is steeds die woorde van ons Here Jesus Christus en daarom mag ons dit nie minag nie.
Wat die redes ook al mag wees, ons het hier met die Woord van God te doen; ons het hier te doen met ’n gebed wat die Here Jesus vir ons gegee het om te dien as raamwerk vir al ons gebede – hierdie is dus ’n modelgebed en daarom behoort ons weer en meer aandag hieraan te skenk.
Ek hoef nie in detail in te gaan op die noodsaaklikheid en belangrikheid van gebed nie, want ons as gelowiges weet teen hierdie tyd dat gebed ’n absolute noodsaaklikheid is t.w.v. ons verhouding met God. Iemand het op ’n keer gesê dat ’n Christen net so sterk is as wat sy gebedslewe is. Daar steek baie waarheid in hierdie opmerking, want gebed is jou direkte kommunikasie met God. Ons weet dat God met ons deur Sy Woord praat, maar ons praat met Hom wanneer ons tot Hom bid en ons weet ook dat daar geen sprake van ’n verhouding tussen enige persone kan wees as daar nie wedersydse gesprek, of tweegesprek plaasvind nie.
Die blote feit dat Jesus praat oor gebed en vir ons sê dat ons moet bid, is reeds genoegsame bewys daarvan dat gebed noodsaaklik is. So sê Paulus bv. in 1Tes.5:17 ~ Bid gedurig.
3. GEBED VAN ALLE GEBEDE:
In die vier verse wat ons Skriflesing voorafgaan, het Jesus eers vir Sy dissipels gesê hoe daar nié gebid moet word nie ~ Nee (het Hy gesê), as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. 7 “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ’n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. 8 Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.
Jesus waarsku Sy dissipels teen aanstellerige, spoggerige en ydele gebede – gebede wat gebid word, sodat ander mense daardeur beïndruk kan word (v.5-6). In verse 7-9 waarsku Hy ons teen gebede wat niksseggend en ’n blote herhaling van woorde is. En nou kom Jesus in die volgende verse en Hy leer Sy dissipels (vir ons) hoe om te bid. In Engels word die “Onse Vader”, “The Lord’s Prayer” genoem, maar ’n beter benaming sou waarskynlik gewees het: “Die Dissipels se Gebed”, omdat Jesus se gebed (“The Lord’s Prayer”) net voor sy kruisiging soos vervat in Joh.17:1-5, waarskynlik eerder “Jesus se Gebed” genoem moet word.
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie gebed, ’n modelgebed is (in Engels sou ons dit ’n “Template Prayer” kon noem). Dit is dus ’n gebed waar rondom ons, ons gebede kan en behoort te bid. Jesus sê dus vir ons wat die Vader wil hê ons moet bid en hoe ons moet vra, wanneer ons bid. Hierdie gebed kan verder ook die “Gebed van alle Gebede” genoem word en wel om drie redes:
· Hierdie gebed word gekenmerk deur sy omvangrykheid, m.a.w. dit is kragtig en kort. Hier word dus geweldig baie met min woorde gesê.
· Tweedens, is hierdie gebed kristalhelder en duidelik. Dit is eenvoudig en verstaanbaar vir alle mense (groot en klein – gelowiges wat nuut op “die pad” is en andere wat lankal reeds gered is).
· In die derde plek word dit gekenmerk deur sy volledigheid. Dit bevat alles wat ons maar van die Vader kan vra.
· Laastens is dit foutloos. Wanneer ons hierdie gebed as raamwerk gebruik, is die “kanse skraal dat ons verkeerd” kan bid. Wanneer ons n.a.v. hierdie gebed bid, bid ons volgens Sy wil en Johannes sê in 1Joh.5:14 ~ En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.
Ons moet ook daarop let dat dit nie verkeerd is om hierdie gebed nét so te bid nie, want Jesus het tog immers gesê ~ SO moet julle bid. Máár, wanneer ons dit net so bid, moet dit nie ’n ydele herhaling van woorde wees nie – ons moet konsentreer op wat ons bid en ons moet dit van harte bedoel
4. DIE GEBED SE STRUKTUUR:
Die gebed, of die struktuur van die gebed, bestaan uit drie dele:
· Die inleiding – vers 9a;
· Ses Smeekbedes – verse 9b – 13. Die eerste drie smeekbedes handel oor God se eer; God se Koninkryk en God se wil. Die laaste drie smeekbedes handel oor die mens se behoeftes. God word dus in hierdie gebed eerste geplaas, net soos in die Tien Gebooie – eers God, dan die mens.
· Laastens vind ons die afsluiting in vers 13b (let op hierdie gedeelte is weggelaat uit die N.A.V.).
5. INLEIDING TOT DIE GEBED:
Hierdie modelgebed van die Here Jesus begin met die woorde: Ons Vader. Hierdie gebed word dus gerig tot “die Vader”, wat impliseer dat slegs gelowiges hierdie gebed kan bid. Dit dui egter ook daarop dat die gelowiges wat tot die Vader nader in gebed, dit doen in geloof en met agting en liefde teenoor Hom as ons Vader – in liefde, omdat Hý die Een is wat naby is uit genade en liefde, maar tog ook hoog verhewe bo ons is in Sy heiligheid ~ Ons Vader... en dan ~ ... wat in die hemel is. Wanneer ons bid, moet ons God dus beide in liefde en vertroue nader, maar ook in eerbied, met die wete dat Hy heilig is.
Hierdie aanspreekvorm help ons dus om in die regte stemming en gesindheid te kom vir ons gebedstyd.
Om dus tot God as ons Vader te nader in gebed, het die volgende implikasies:
· Eerstens impliseer dit dat ons God nie meer hoef te vrees nie, want Jesus het vir ons versoening by die heilige God bewerkstellig, sodat ons nie meer Sy toorn op ons sonde hoef te vrees nie.
Van al die wonderlike voordele wat voortgespruit het uit die dood van Christus, is daar niks groter en wonderliker as die feit dat ons God nou “Vader” kan noem. Voor ons wedergeboorte, was ons afgesny en vervreemd van Hom, omdat ons aan die satan behoort het. Met ons wedergeboorte, is ons nie net uit God gebore nie (Joh.1:13), maar is ons ook aangeneem as Sy kinders (Ef.1:4-5).
Dit is nog wonderliker om aangeneem te wees as kinders van God – meer as wat dit is om geregverdig te wees, of regverdig verklaar te wees op grond van Christus se soendood, want om geregverdig te wees, impliseer dat ons nou nie meer deur God veroordeel sal word nie, maar om aangeneem te wees as kind beteken dat God ons nou lief het en sal beskerm en versorg, soos wat ’n aardse Vader sy kind sal liefhê en beskerm en versorg.
· Tweedens, impliseer die feit dat ons God ken as Vader, dat daar geen onsekerheid by ons bestaan oor Sy Goddelikheid aan die een kant, maar aan die ander kant, impliseer dit ook dat ons na Hom kan en mag gaan in gebed, omdat ons Hóm mag ken deur Jesus Christus.
· Om God as Vader te ken, dui voorts op intimiteit – ons hoef nie eensaam en alleen te voel nie – selfs al word ons verwerp deur andere – ons hemelse Vader sal ons nooit verwerp of in die steek laat nie – Joh.14:21 ~ Wie my opdragte het en dit uitvoer-dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.
· Om tot God te nader in gebed is bewys daarvan dat ons met vertroue enige iets (volgens Sy wil natuurlik) van Hom kan vra, want die wild op duisende berge behoort aan Hom (Ps.50:10b). Alles in die hemel en op aarde behoort aan Hom.
· Die feit dat ons God aanspreek as Vader, impliseer dat ons Hom sal gehoorsaam net soos wat Jesus Christus, gehoorsaam was aan Hom – Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis (Fil.2:8). As Jesus wat God die Vader se eie Seun is, so gehoorsaam was, hoeveel te meer moet ons as aangenome kinders nie!
Gehoorsaamheid aan God is een van die primêre tekens van ons kindskap ~ Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder (Matt.12:50).
· Laastens kan ons steeds met vrymoedigheid na die Vader gaan in gebed, al is ons ongehoorsame en sondige kinders, want op grond van die feit dat Christus vir ons versoening bewerkstellig het aan die kruis op Golgota, is en bly die Vader steeds lief vir ons.
Hierdie gebed wat Jesus aan ons geleer het, begin egter nie met die woord Vader nie – dit begin met die woord “ons” ~ ONS Vader. Jesus wil ons hierdeur leer dat ons, in al ons gebede, geloof moet beoefen ~ En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak (Jak.5:15). Indien ons, ons gebed met Vader sou begin, betoon ons eerbied en ontsag teenoor God, maar wanneer ons die woordjie “ons” vooraan plaas, spreek dit van geloof, want daardeur sê ons dat ons glo dat die Vader wat almagtig en liefdevol is, aan ons sál gee, omdat Hy óns Vader is (Matt.21:22).
6. OM IN GELOOF TE BID:
Wat beteken dit om in geloof te bid? Ons moet besef dat gebed sonder geloof, ’n vrugtelose oefening is. Wat is van Israel gesê? ~ Ons sien dus dat hulle as gevolg van hulle ongeloof nie in sy rus kon ingaan nie (Hebr.3:9).
· Eerstens impliseer gebed, dat ons sal vra om dit wat God belowe. Indien niks belowe is nie, kan ons nie in geloof daarvoor vra nie.
· Om in geloof te bid, beteken dat ons in Jesus se Naam sal bid. Dit is waarom Joh.14:13 sê ~ Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. Wanneer ons tot ons Vader in Jesus se Naam nader, beteken dit dat ons, by wyse van spreke, met die gekruisigde Lam in ons arms na die Vader gaan en vir Hom sê, Here ons is sondaars en ons verdien niks nie, maar hier in ons arms lê ons sekuriteit en daarom Here, t.w.v. Christus, vra ons dat U ons genadig sal wees. Wanneer ons dus tot ons Vader in Jesus se Naam nader, impliseer dit dat ons in geloof tot Hom nader.
· Laastens bid ons in geloof wanneer ons, ons geloof in God se getrouheid plaas.
7. WAT IN DIE HEMEL IS:
Kom ons kyk nou na die frase, wat in die hemel is. Jesus het baie na Sy Vader op hierdie wyse verwys, om die waarheid te sê, Hy verwys nie minder nie as veertien keer so na die Vader in die Evangelies (bv. Matt.5:16, 45; 6;1,9; 7:11, ens.). Die feit dat Jesus dikwels so na Sy Vader verwys het, sê vir ons dat hierdie woorde veel dieper betekenis het, as wat dit sommer net so op die oog af moontlik mag klink. Ons moet derhalwe nie te vinnig oor hierdie woorde lees, of dit sommer maar net so in die verbygaan, vinnig sê wanneer ons bid nie.
Wanneer ons na ons Vader verwys as ons Vader in die hemel, gee ons erkenning daaraan dat Hý alleen God is, ’n God van Oneindige Majesteit en Heerlikheid en Grootsheid en daarom moet ons Hom in eerbied nader. Maar om Hom aan te spreek as Vader in die hemel, impliseer ook dat ons glo dat, soos Ef.1:3 dan ook sê, ...ons in Christus geseën (word) met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
In die Ou Testamentiese tye, het ’n persoon se naam gewoonlik beskryf wie en wat hy is – dit het sy karakter beskryf. So het God Homself dan o.a. ook geopenbaar met die Name, “Ek is” (Eks.3:14) en die Allerhoogste (Mark.5:7) en die Almagtige (Gen.17:1; Openb.1:8). En wanneer ons dink aan die betekenis van God se karakter wat verskuil lê agter hierdie name, kan ons nie anders as om te bid, Ons Vader, wat in die hemel is. Ons kan ons Vader nie gelykstel aan ’n aardse vader in die opsig dat ons oneerbiedig omgaan met Hom nie – deur Hom af te trek na ons hier op aarde en Hom amper gelyk te stel aan ons deur, bv. na Hom te verwys as “jy” en “jou” (bv.: In piëteit gesê: Here JY het gesê....). God is nié ’n goedige “ou Oupa” wat maar te gewillig is om suikerklontjies aan Sy kleinkinders uit te deel nie.
Wanneer ons dus bid, Ons Vader, wil die opvolgwoorde, nl. wat in die hemel is, ons vir ’n oomblik tot stilstand bring en ons geleentheid gee, om God se Naam, nl. Vader te oordink én te besing – Wie Hy werklik is, maar ook wat Hy kan doen en nog verder, dat Hy my diepste binneste ken – daardie deel van my hart wat ekself nie eers ken nie. Dit alles en dit alleen – nog voor ons aangaan met ons gebed, behoort ons al in verwondering te laat staan en ons te lei tot lofprysing en aanbidding, maar terselfdertyd tot sondebelydenis.
8. DIE PRAKTYK:
Ek het aan die begin gesê dat hierdie gebed ’n modelgebed vir ons is en dat dit ’n raamwerk vorm wat ons kan navolg wanneer ons bid. Om baie prakties te raak: Wanneer ons dan bid en ons gebruik die “Onse Vader” as raamwerk vir ons gebed, kan ons by die gedagte aan die woorde, Ons Vader, God besing as Vader en vir Hom sê wat dit vir ons beteken dat Hy ons Vader is. Wanneer ons daaraan dink dat Hy ons Vader is, dan dink ons daaraan dat Hy ons versorg – daarvoor kan ons Hom dan dank en loof en dalk selfs dinge by die naam noem wat Hy aan ons skenk. Bv. die feit dat ons lewe; vir gesondheid; vir kos; vir beskerming; vir kinders; vir broers en susters; vir klere; vir geleenthede, ens. en dat Hy die beste weet wat goed is vir ons en daarom aan ons sal skenk wat ons volgens Sy wil vra, ens.
Wanneer ek daaraan dink dat ek Hom Vader noem, kan ek Hom dank vir die feit dat ek dit mag doen en wat se voorreg dit vir my is om ’n hemelse Vader te hê – ’n Vader wat omgee; ’n Vader wat verstaan; ’n Vader omdat Hy my uitverkies het en gered het en my sonde vergewe het, ens.
Wanneer ek dus bid en dink aan die woorde, Ons Vader, is daar onmiddellik soveel ander dinge waaraan ek kan dink om te sê – en dan moet ek dit net vir Hom sê.
Dieselfde geld vir die uitdrukking, ...wat in die hemel is. Bedink dit en sê dit dan vir die Here – U is hoogverhewe Here en U sien al die mense. 14 Van die plek waar (U) as koning sit, sien (U) almal wat onder op die aarde woon (Ps.33:13-14) en ja, dit beteken ook dat U my raaksien. By die gedagte daaraan dat ons Vader in die Hemel is, kan ons vir Hom die woorde van Ps.102:20-21 “terug bid” ~ (U) het uit (u) heilige woning na onder gekyk en uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur, 21 die gekerm van die gevangenes gehoor en dié wat naby die dood was, bevry. En so het U ook my gekerm gehoor en my bevry en daarvoor loof en prys ek U Naam, Here.
Kan u sien my broer en suster? Die “Onse Vader” is vir ons ’n modelgebed wat ’n pragtige en volmaakte raamwerk daarstel vir ons om in gebed tot God te kom – maak gebruik daarvan, want dít is waarom Jesus dit vir ons gegee het – nie om dit klakkeloos na te bid nie, maar om dit te gebruik ten einde ons leiding te gee oor hóé om te bid.
9. SLOT:
Hierdie openingswoorde van die Here Jesus se modelgebed en waarin God as genadige Vader, maar ook as hoogverhewe en heilige Vader beskryf word, is ’n gepaste inleiding vir die eerste smeekbedes wat hierna volg en geen wonder ook dat hierdie eerste smeekbedes juis handel oor God, want die toon is reeds in die openingswoorde van die gebed vir ons gee, nl.: Ons Vader wat in die hemel is. Ons sal dan D.V. volgende week kyk na die smeekbedes soos beskryf in Matt.6.
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 14 Maart 2010

Monday, March 8, 2010
Bybelstudie deur Kobus van der Walt gehou op 07 Maart 2010
Openbaring Ontsluit - 18 (Die Identiteit van die 144 000) [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit
1. INLEIDING:
Hoofstuk 7 stel ons bekend aan ’n baie interessante, maar baie belangrike groep mense, nl. die “144 000”. Net voor ons na ’n vers-vir-vers ontleding gaan kyk, wil ek net wéér meld, dat Openbaring ’n uitgebreide weergawe van die Olyfberggesprek van die Here Jesus is – daardie gesprek wat in Matt 24, Mark.13 en Luk.21 neergepen is. Openbaring, het ons ook gesien, is gegee om die kerk van die eerste eeu voor te berei op ’n aardskuddende gebeurtenis wat nog in hul geslag sou plaasvind, nl. die verwoesting van die Tempel, Jerusalem en Judaïsme, asook die verstrooiing van die oorblywende Jode.
As gevolg hiervan is hierdie boek gevul met, wat die “ooms met die dikbrille” noem, “dekonstruksionistiese taal” (bv.: die sterre wat nie lig gee nie; die son wat bloedrooi word en die maan wat swart word, ens. - “decreation language”). Hierdie taalgebruik word juis gebruik om aan te toon dat God van plan is om die “oue” met die “nuwe” te vervang. Die skrywer van die Hebreërbrief lewer iets van ’n kommentaar hierop wanneer hy in 12:22-27 sê, dat die aarde en die hemel geskud gaan word sodat die ou verbond verwyder kan word en die nuwe verbond gevestig kan word. Ons het ook gesien dat die Ou Verbond vernietig is met die verwoesting van die Tempel in Jerusalem in 70 n.C., toe 1.1 miljoen Jode oor ’n tydperk van 42 maande uitgedelg is. Soos iemand dit op ’n keer pragtig gestel het: The Revelation then, is the “curtain call” for Jerusalem. Judaism and the Old Covenant.”
Nog ’n aspek waaraan ek graag kortliks wil aandag skenk, is die vraag of dit regtig saak maak hoe ons Openbaring interpreteer? Eerstens is Openbaring deel van God se Woord en daarom is dit van die uiterste belang dat ons Openbaring korrek sal interpreteer. God het juis bedoel dat Openbaring op ’n bepaalde wyse geïnterpreteer moet word en daarom kan en mag ons nie ongeërg daarmee omgaan nie. Tweedens het ons eskatologie (die leer oor die laaste dinge), ’n diepgaande effek op ons lewens- en wêreldbeskouing en ons hantering van geskiedenis. Ek is vas van die oortuiging dat die interpretasie vanuit ’n Post-Millennialistiese oogpunt, die behoorlike en korrekte benadering is
2. VERS-VIR-VERS ONTLEDING:
· Openb.7:1-3 ~ Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie. 2 Ek het ook ’n ander engel van die ooste af sien kom met die seël van die lewende God. Hy het met ’n harde stem geroep na die vier engele aan wie mag gegee is om die land en die see te tref, 3 en het vir hulle gesê: “Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël.” In Openbaring 6 het ons van die eerste ses seëls gelees wat oopgebreek is en ’n mens sou verwag dat ons nou hier in hoofstuk 7 sou lees van die volgende seël – dit gebeur egter nie en het ons te doen met ’n onderbreking en sal ons eers weer in hoofstuk 8 na die volgende seël kyk wat gebreek word.
Ons het aan die einde van hoofstuk 6 gelees van die ongelowiges wat uitgeroep het ~ Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly? (6:17). Die ou verbond het ons gesien, moet verwyder word en die vraag ontstaan nou: Wie gaan staande bly?
Johannes sien vier engele by die vier hoeke van die aarde staan (v.1). Baie mense vertolk die aarde, as die hele planeet; andere weer vertolk dit as die land Palestina en soos voorheen reeds aangedui, moet ons altyd na die konteks kyk ten einde vas te stel watter vertolking die korrekte is.
Ons sien dat hierdie vier engele die vier winde van die aarde vashou. Om dit te verklaar moet ons Skrif-met-Skrif vergelyk en daarvoor moet ons eerste na die Ou Testament gaan kyk (omdat Openbaring die meeste na die O.T. verwys). Wind in die O.T. verwys oor die algemeen na God se oordeel. Bv.: Jer.13:24 ~ Ek sal julle verstrooi soos kaf wat verbywaai in die woestynwind. Nahum 1:3 ~ Die Here is lankmoedig, maar sy krag is groot: Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete (sien ook Jer.51:1-3; 4:12-14; 22:22; Eseg.1:4; 13:11-16; Sag.7:14).
Dit is duidelik dat die winde van Openb.7, winde van oordeel is en ons sien dit in die woorde, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie. God se oordeel word dus terug gehou, sodat “die bome” nie beskadig sou word nie. Hoogs waarskynlik is hierdie vier winde dieselfde as die vier perderuiters van Openb.6, maar hulle kan nie losgelaat word nie, want die dienaars van God (moet eers) op hulle voorkoppe gemerk word met die seël (7:3). Wat hierdie beseëling of bekragtiging ook al mag wees, dit moet eers plaasvind voor die oordeel kan plaasvind. Hierdie verposing vind plaas, omdat ’n ander engel (wat) van die ooste af (ge-)kom het met die seël van die lewende God, dit gekeer het (v.2). Hy keer die ander engele om God se oordele los te laat, ten einde ander engele die geleentheid te gee om eers hulle werk klaar te maak. Opdrag is dus gegee dat daar geoordeel moet word, maar dit word eers terug gehou tot op ’n latere stadium.
Hierdie oordeel word terug gehou totdat die dienaars van God op hulle voorkoppe (ge)merk (is) met die seël (v.3). Om behoorlik te verstaan wat met hierdie beseëling bedoel word, moet ons verstaan wie die 144 000 (“die land, see en bome” – 7:1) is waarvan vers 4 van hoofstuk 7 praat.
In die antieke tye is iemand of iets beseël, of het dit ’n seël ontvang, ten einde aan te toon dat daardie persoon of artikel opsy gesit is. Hierdie beseëling het verskillende vorme aangeneem, maar dit het aan die einde van die proses, definitiewe eienaarskap aangedui en dit het ook aangedui dat die persoon of artikel onder die beskerming van die eienaar verkeer het. Wanneer ons dan kyk na 7:3, sien ons dat die beseëling deur God (of dan Sy engele in hierdie geval) gedoen word, wat dus daarop dui dat die persone wat hierdie seël ontvang, aan God behoort en derhalwe onder Sy beskerming verkeer. Ons lees ook in Ef.1:13 van hierdie beseëling waar Paulus die volgende sê ~ Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Daar is ook baie duidelike Ou Testamentiese voorbeelde hiervan – dink bv. aan Gen.4 waar Kain vir Abel vermoor het – hy word deur God veroordeel. Kain is bang dat iemand hom dalk gaan teregstel vir die moord wat hy geplaag het. God maak dit egter duidelik dat Hy dit nie sal toelaat nie ~ Maar die Here sê vir hom: Nee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word.” Toe gee die Here vir Kain ’n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie (Gen.4:15 – sien ook Eseg.9:1-11).
Die vraag is: Was die teken of merk wat Kain ontvang het, ’n sigbare merk? Uiteraard kan ons nie met sekerheid sê nie, maar God het nogtans, op een of ander wyse, dit baie duidelik gemaak aan almal dat hulle nie hul hand teen Kain mog lig nie. Die punt met die teken is dat Kain onder die beskerming van God verkeer het en diegene wat sou poog om hom te dood is deur God se almagtige ingrepe verhoed om dit te doen. Dieselfde gebeur in Openb.7 – of die merk sigbaar gaan wees of nie, is nie duidelik nie, alhoewel ek glo dit nie ’n sigbare teken sal wees nie (sien “Die Identiteit van die Dier” – Openbaring ontsluit, nr. 15), en net soos die geval met Kain, sal ook die “Openb.7 persone”, onder God se beskerming staan.
Ons kry ’n soortgelyke situasie in Eseg.9:1-11, waar koning Nebukadneser die inwoners van Jerusalem gedood en uitgeroei het – behalwe, diegene wat beskerm is deur ’n merk op hul voorkoppe.
Die merk in Openb.7 is derhalwe ’n teken van lojaliteit van God en beskerming deur God. Ons het reeds vantevore gesien dat geen gelowige werklik ’n teken op hul voorkoppe het nie. Ons weet dat gelowiges ’n seël ontvang. Ons het netnou na Ef.1:13 verwys waar dit duidelik blyk dat gelowiges so ’n merk of seël ontvang. Ons sien dit ook in 2Kor.1:22; Ef.4:30 en ook 2Tim.2:19.
Met dit in gedagte, is dit dus duidelik dat die 144 000 (wie hulle ook al presies is), gelowiges moet wees, aangesien slegs gelowiges deur God beseël word. Ons kry tog in verse 4-8, ’n aanduiding van wie hierdie 144 000 gelowiges presies is.
· Openb.7:4-8 ~ Ek het die getal gehoor van dié wat gemerk is: daar was honderd vier en veertig duisend. Hulle was uit elke stam van die volk Israel: 5 uit die stam van Juda is daar twaalf duisend gemerk, uit die stam Ruben twaalf duisend, uit die stam Gad twaalf duisend, 6 uit die stam Aser twaalf duisend, uit die stam Naftali twaalf duisend, uit die stam Manasse twaalf duisend, 7 uit die stam Simeon twaalf duisend, uit die stam Levi twaalf duisend, uit die stam Issaskar twaalf duisend, 8 uit die stam Sebulon twaalf duisend, uit die stam Josef twaalf duisend, en uit die stam Benjamin is daar twaalf duisend gemerk. Johannes vertel vir ons presies hoeveel mense die seël gaan ontvang en hy verdeel hulle ook presies.
Die eerste leidraad wat ons ontvang oor die identiteit van hierdie 144 000, vind ons in die tydskaal van Openbaring.
Daar bestaan geen twyfel oor die feit dat die eerste eeuse gelowiges die vervulling van die profesie van Openbaring, reeds in hulle tyd verwag het (Openb.1:1-3; 2:5, 16; 3:11; 22:6, 7, 10, 12, 20). Ons het ook reeds gesien dat “binnekort” nie 2 000 jaar beteken nie – Wie hierdie 144 000 dan ook al is, dit moes eerste eeuse gelowiges gewees het.
Die tweede leidraad vind ons in die identifikasie van hierdie 144 000. Hulle word geïdentifiseer as gelowiges vanuit al 12 stamme van Israel. Ons kan dus aanvaar dat hierdie Joodse gelowiges was. Wanneer ons na Skrifgedeeltes soos Rom.2:28-29 en 9:6 kyk, weet ons dat daar ware Jode en vals Jode is – 9:6 ~ Immers, nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie. ’n Ware Jood, is ’n Jood wat Jesus Christus as Messias omhels het; ’n vals Jood is ’n Jood wat Christus as Messias verwerp, ongeag sy afkoms (stamboom – Rom.9:7 ~ ...nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie). Daar is baie kommentators wat sê dat die 144 000, deur alle volke verteenwoordig word, maar die uitspel van die verskillende stamme van Israel is net té duidelik hier in hoofstuk 7.
Hier word baie uitdruklik gepraat van 12 000 uit elke stam (x12 stamme = 144 000). Die vraag is nou, of ons hierdie getal letterlik moet neem? Om dit te beantwoord, kan ons begin deur te sê dat ons weet dat daar talle getalle in Openbaring genoem word en ons het ook al teen hierdie vasgestel het dat ons dit nie letterlik kan neem nie, maar dat ons dit simbolies moet sien. Daar word bv. in Openb.1:7 na die Heilige Gees verwys as die sewe Geeste voor (God) se troon. Dit is nie onmoontlik dat God presies 12 000 gelowiges uit elke stam kon red nie, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat dit so ’n presiese getal sou wees. Die simboliese aard van getalle in Openbaring laat ’n mens dus eerder voel dat ook hierdie getal simbolies van aard is. Die getal 12, is ’n baie betekenisvolle getal vir Israel en die getal 1 000 word dikwels in die Skrif op simboliese wyse gebruik. As ons bv. na Ps.50:10 kyk, kan ons vir onsself die vraag afvra, of God dan die vee op net ’n 1 000 heuwels besit en iemand anders die ander? Natuurlik nie – Asaf gebruik die getal 1 000 juis om aan te dui dat God die vee op al die heuwels besit. Dieselfde geld vir Salomo wat nie een regverdige onder ’n duisend man kon vind nie – bedoelende dat hy nie ’n enkele regverdige man op die ganse aarde kon vind nie. Die getal 1 000 word dus gebruik om ’n groot hoeveelheid, of ’n kwantitatiewe geheel aan te dui.
Die getal 144 000 is dus hoogs waarskynlik nie ’n letterlike getal nie (natuurlik is dit nie onmoontlik vir God om dit presies so uitwerk en te beskik nie).
Voor ons dan bepaal wie hierdie gelowiges presies was, moet ons net vir ’n wyle ook kyk na die stamme wat Johannes hier noem. Dit is baie interessant om te sien dat die stamme van Dan en Efraim nie hier genoem word nie (die ander is Juda, Ruben, Gad, Aser, Naftali, Manasse, Simeon, Dan, Issaskar, Sebulon, Efraim en Benjamin), hulle is vervang met die stam van Levi, wat nie ’n amptelike stam van Israel was nie, asook Josef, Eerstens kan ons sê dat Josef maar net ’n ander naam was vir Efraim, want Josef se stamme was verdeel in twee, nl. Efraim en Manasse. Manasse is egter vermeld en die enigste ander stam van Josef wat oorbly is dié van Efraim en hulle is reeds genoem. Dan is egter heeltemal weggelaat. Wat het dan van Dan geword? Ons kan waarskynlik nie met sekerheid sê nie, maar verskeie aanduidings word vir ons in die Ou Testament gegee. In Deut.19:14-20 het God ’n baie streng waarskuwing gerig tot Sy volk, nl. dat diegene wat hulleself oorgee aan afgodery, uitgewis en uitgesluit sou word uit die hemel. Ons sien dan ook dat die stam van Dan keer op keer betrokke was by afgodery (bv. Rigters 17-18) en is hul waarskynlik as gevolg hiervan, uitgesluit.
Dit laat ons egter nog steeds met ’n onbeantwoorde vraag: Wie is hierdie 144 000? Wel, aangesien Openbaring ’n uitbreiding van die Olyfberggesprek is, moet ons dalk daar gaan soek na ’n antwoord. Kom ons kyk na Luk.21:17-24 ~ En julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word, maar 18 daar sal selfs nie eens ’n haar van julle kop af val nie. 19 Deur julle volharding moet julle julleself red.” 20 “Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is. 21 Dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug, en dié wat in die stad is, daaruit padgee, en dié wat op die plase is, nie na die stad toe gaan nie, 22 want in daardie dae voltrek God sy straf. Alles wat geskrywe staan, word dan bewaarheid. 23 “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het, want daar sal groot nood in die land heers, en God sal hierdie volk straf. 24 “Sommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is.” Matteus se parallel word aangetref in Matt.24:15-22, waar die Here verwys na die Romeinse magte as ’n gruwel vir God (v.15). Wie sal die woorde van die Here hier gehoorsaam? Wie sal vlug voor die Romeinse weermag? Die Joodse gelowiges natuurlik en dit is hierdie Joodse gelowiges – die kerk in Jerusalem, wat die seël van God op hul voorhoofde ontvang het ten einde die val van Jerusalem vry te spring en gespaar te word – en hulle was verteenwoordigend van al die stamme van Israel, met die waarskynlike uitsondering van Dan, soos gesien het.
Ons sien in Openb.11:8 dat Jerusalem ook Sodom en Egipte genoem word ~ Hulle lyke sal in die hoofstraat van die groot stad lê waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom en Egipte genoem (“sinnebeeldig” = “geestelik”). In Eks.12 het diegene wie bloed aan hul deurkosyne geverf het, die oordeel vrygespring wat God oor Egipte uitgestort het. Hulle was “beseël” vir verlossing. En nou sien ons hier in Openbaring dat Jerusalem, Egipte is. Israel gaan omkom onder die oordele van God en net die gelowige Jode – hulle wie onder die bloed van die Lam, Jesus Christus is, gaan hierdie oordeel vryspring, net soos wat Israel die oordeel in Egipte vrygespring het en Lot die oordeel in Sodom. Die regverdigverklaardes word dus nie saam met die ongelowiges uitgedelg nie. Of hierdie 144 000 dus ’n letterlike of figuurlike getal is, is nie die punt nie – die punt is, dat God Sy “beseëldes” bevry en verlos van die oordeel wat oor Jerusalem sou losbreek.
Die kruks van hierdie hele saak, is dat Jesus se profesie oor Jerusalem tot vervulling gekom het. Hy hét gesê dat Hy Jerusalem sou verwoes in Sy geslag en dat Sy kinders gespaar sou word.
Op Pinksterdag word Petrus en diegene wat geglo het , gedoop met die Heilige Gees en begin hulle in tale praat, waarop die omstanders hulle spot en sê dat hulle dronk is. Petrus verseker hulle dat dit nie die geval is nie en hy sê toe voorts ~ Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: 17 Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. 18 Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. 19 Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. 20 Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. 21 So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. ... Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle aangespoor: “Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit” (Hand.2:16-21, 40).
Ook Petrus het onteenseglik op Pinksterdag, toe die Heilige Gees uitgestort is, gepraat oor die verwoesting van Jerusalem en die Tempel, maar ook die belofte dat die gelowiges gespaar sou word ~ ... elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Slegs diegene wat Jesus Christus aanroep en in Hom glo sou die val van Jerusalem vryspring en Openbaring verwys na hulle as die 144 000.
3. AFSLUITING:
Wat moet ons as 21ste eeuse gelowiges uit hierdie hele saak t.o.v. die 144 000 leer – wat beteken dit vir ons? Is dit bloot maar net ’n interessante stuk geskiedenis?
· Eerstens moet ons leer en weet dat hierdie verskriklike dinge wat geprofeteer is, nie deurgetrek kan word na ons tyd, of selfs na die toekoms nie. Sou ons dit van toepassing maak op ons tyd, of die toekoms, is ons besig om Christus in oneer te bring (en dit is ’n geweldige sonde), want dan sê ons dat Sy profesie nie in vervulling gegaan het in Sy geslag soos Hy gesê het nie. Ons sê m.a.w. dan, dat Christus verkeerd was – dat Hy gelieg het! Hy het nié gelieg nie – Israel ís gedurende die 1ste eeu gestraf – selfs die wêreld se geskiedenisboeke rapporteer dit en argeologiese opgrawings bevestig dit.
· Tweedens sien ons dat die Woord van God betroubaar is en wat meer is, dat ons dit kan verstaan. Indien ons toelaat dat Skrif, Skrif verklaar, word alles duidelik.
· Derdens moet ons aandag skenk aan die hele kwessie van die geo-politiese Israel. Ek het die afgelope week te doen gehad met ’n Afrikaanssprekende man uit die Kaap wat aan ’n gemeente met die naam van "The Lighthouse Church in Kuwait” behoort en wat (volgens hom) ’n sterk saak daarvoor uitmaak dat God ’n plan met die Kerk van Jesus Christus het, maar ’n afsonderlike plan vir Israel. Punt is net, dat God nie twee planne het nie, want ook die Jode het Jesus Christus as Messias nodig – daaroor is die ganse Woord tog klinkklaar helder en duidelik – redding is slegs en alleen moontlik deur Jesus Christus. Daar was en is nie twee planne vir verlossing in die Woord beskryf nie – een vir die heidene en een vir die Jode nie. Nee, net een plan vir ALMAL.
Ek glo wel dat daar nog baie Jode tot bekering gaan kom, want as ons kyk na o.a. Rom.11, is God beslis nie klaar met die Jode nie, maar nêrens leer die Woord dat Jerusalem eendag die setel van die wêreldregering gaan wees en dat Jerusalem die tuiste van Christus se fisiese troon op aarde gaan wees nie. Daar gaan nie (en ons het dit reeds gesien – Openbaring Ontsluit # 14) ’n millennium wees waar alles net om Israel gaan sentreer nie (ons hoef dus nie skielik nou Hebreeus begin leer soos sommige groepe hier in die Vaaldriehoek en op ander plakke nie – maar net nog ’n nuwe “craze”!). Die Joodse volk het dus nie ’n land nodig nie, maar die Lam!
· In die vierde plek leer ons dat ons te alle tye op die Woord kan vertrou. Wat die Woord sê, gebeur altyd en is altyd die waarheid en ons leer in die Woord dat God omsien na Sy kinders en hulle versorg en beskerm en red.
· Vyfdens kan ons leer dat ons as gelowiges, te alle tye dapper en onbeskroomd (“bold”) moet optree en leer om God op Sy Woord te neem en om op Hom te vertrou. Ons moet leer om ons “staan te staan”. Dink aan die gelowiges in Jerusalem: Hulle het geweet dat die stad in hulle tyd verwoes gaan word, maar steeds vlug hulle nie by die aanhoor van Jesus se woorde nie – enersyds het hulle waarskynlik nog gebly om die Blye Boodskap aan hulle verlore volksgenote (die Jode) te proklameer, maar aan die anderkant het hulle heel waarskynlik geweet dat God hulle betyds sou red uit Jerusalem – Hy het dit tog immers op die Olyfberg gesê – Dus, waarom dinge vooruitloop en vlug? Hulle neem God op Sy Woord en hulle wag totdat Hý die volgende stap neem – daarom dat hulle voortgaan met hulle dag tot dag verantwoordelikhede en hulle staan te staan teen hulle vervolgers. Ons leer hier dat ons voortdurend moet staan op die Waarheid en nie ’n “aks” daarvan afwyk nie.
· In die sesde plek leer ons dat God altyd genoegsame en billike waarskuwings gee t.o.v. Sy oordele – God se oordele het eers 34 jaar na Jesus se profesie op Jerusalem geval. En gedurende hierdie 34 jaar het Hy voortdurend boodskappers gestuur om hulle te waarsku en redding aangebied deur oproepe tot sondebelydenis en
bekering tot hulle te rig. Ook ons ontvang deur die Woord en die verkondiging van die Woord, voortdurend waarskuwings, maar terselfdertyd aanbiedinge van redding en vergifnis, deur Jesus Christus. Die ongelowige Jode het in Jerusalem gewag op hulle Messias om te kom – en hulle is uitgedelg, omdat hulle deur hul eie ongehoorsaamheid verwoes is – en jy?
· Laastens sien ons dat God ernstig is oor Sy verbond en die nakoming van verbondsluitinge. Dit was omdat die Jode die verbond verbreek het en volhard het in hul verbreking van die verbond, dat God hulle uiteindelik verwerp en uitgedelg het. Wat van jy en ek? Hoe hanteer ons verbondsluitinge waarby ons betrokke is? Hoe hanteer ons, ons huweliksverbond; hoe gaan ons om met die verbond wat ons met God gemaak het t.o.v. soveel ander sake – jy weet wat dit is. Indien ons ooreenkomste wat ons met God en voor God aangaan, nie ernstig opneem, of ons nie bekeer van ’n afwyking daarvan nie, sal God dit nie ongestraf laat nie. As ons nie ons ooreenkomste ernstig opneem nie, neem ons Jesus Christus nie ernstig op nie. Jy sê dalk vir my dat jy net weet van een verbond – jou huweliksverbondsluiting. My vraag bly enersyds – kom jy dit Bybels na? Het jy nie dalk al beloftes gemaak t.o.v. jou kinders nie; t.o.v. Stiltetyd; t.o.v. jou diensbaarheid aan die gemeente; t.o.v. gesamentlike gebed in die gemeente; t.o.v. jou finansiële bydraes aan die kerk; t.o.v. jou lojaliteit aan jou werkgewer; t.o.v. jou gesindheid teenoor jou werk, ens., ens. God is ernstig oor verbondsluitinge! Hy het Sy ou verbondsmense verwyder, want hulle het hulle nie gesteur aan die verbond met hulle Vader nie – gaan lees gerus Paulus se waarskuwing in 1Kor.10:1-12 in hierdie verband.
[1] Bybelstudiereeks aangebied deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 07 Maart 2010

Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 07 Maart 2010
Die Brief aan die Efesiërs – 17 (Wees Vervuld met die Heiloge Gees) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Ef.5:15-21 ~ Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. 16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. 17 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. 18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. 21Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
2. INLEIDING:
In hierdie gedeelte wat ons so pas gelees het, roep Paulus ons op om in wysheid op te tree en die meeste van elke oomblik en elke geleentheid te maak. Die O.A.V. praat van “om die tyd uit te koop”. In die Grieks dui die betekenis van hierdie uitdrukking op iemand wat na die mark gaan en álles koop. Die N.A.V. is egter weer ’n beter vertaling, wanneer dit sê dat ons die beste gebruik moet maak van elke geleentheid, want dit is presies wat die Grieks ook sê. Ons moet dus in wysheid omgaan met die tyd wat ons tot ons beskikking het.
3. KOOP DIE TYD UIT:
Vers 15 is gebaseer op twee aannames, nl. dat gelowiges wys is en tweedens is hul wysheid, praktiese wysheid, want hierdie wysheid leer hulle hoe om op te tree in die lewe. Paulus leer ons dus dat ons lewenswandel nie geskoei moet word op ’n wêreldse lees nie, maar waardig aan God se roeping (4:1) en in liefde (5:1) soos kinders wat in die lig wandel (5:8) en op grond hiervan sê Paulus vir ons in v.15, dat ons baie versigtig moet wees oor hoe ons lewe. In die Griekse teks begin vers 15 met die woord “daarom” – waarom “daarom”? Vers 15 verwys terug na vers 14b ~ ...Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig. Dit verwys selfs nog verder terug en wel na v.1 ~ Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Wat Paulus dus hier sê, is dat ons eens dood was in ons sonde en toe het ons “wakker” geword in Christus en van toe af is ons Sy kinders en omdat ons Sy kinders is, moet ons Sy voorbeeld navolg en dit het tot gevolg dat ons in wysheid moet wandel, want as ons nie in wysheid wandel nie, kan ons soos die wêreld begin optree en volg ons nie meer Christus se voorbeeld na nie.
Wanneer ons sondig en in Satan se web verstrengel raak, is dit omdat ons onwys optree en leef – dan tree ons weer op soos voor ons wedergeboorte. Paulus sê in Titus 3:3 ~ Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Hierdie tipe lewe waarvan Paulus hier praat is die lewe wat sonder God se wysheid geleef word. Ons moet dus alles in ons vermoë doen om elke sekonde van die dag te benut ten einde tot eer van God te leef.
In vers 17 sê Paulus egter ook dat wyse mense die wil van God onderskei – hy sê ~ Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. As gelowiges wat wys is en wys optree, moet en kan ons God se wil ook vasstel. Eerstens is daar God se algemene wil en tweedens kry ons God se toegespitste wil, of spesifieke wil. God se algemene wil vind ons opgeteken in Sy Woord en dit bied aan ons direkte riglyne vir ons geestelike lewe – hierdie riglyne is dieselfde vir elke gelowige en het o.a. te doen met ons heiligmaking. God se spesifieke wil het egter te doen met elke individuele gelowige se lewe (bv. watter werk ek moet ek neem ens.) en dit verskil van gelowige tot gelowige. Ons sal egter nie God se spesifieke wil in Sy Woord vind nie – sulke besluite moet geneem word, nadat daar deeglik daaroor gedink en gebid is en dit gemeet is aan die algemene wil van God soos geopenbaar in Sy Woord.
4. TWEE OPDRAGTE:
Verse 18 tot 21 lei nou ’n baie interessante gedeelte in, want ons het hier te doen met twee opdragte en vier teenwoordige deelwoorde wat vir ons sê, hóé hierdie opdragte uitgevoer moet word.
Wat die opdragte aan betref: Ons vind die eerste in v.18a, waar daar o.a. staan ~ Moet julle nie aan drank te buite gaan nie. Die tweede opdrag vind ons in v.18b, nl. dat ons met die Gees vervul moet word. Paulus het reeds in 1:13 vir ons gesê, dat ons deur ...die Heilige Gees wat deur God belowe is, as die eiendom van God beseël is. En in 4:30 sê hy, dat ons nie die Heilige Gees moet bedroef nie.
Die vervulling met die Heilige Gees is ’n baie belangrike onderwerp en is iets waaroor die Gereformeerdes aan die eenkant en die Pinkster- en Charismatiese groepe aan die anderkant nie saamstem nie.
Paulus tref ’n baie eienaardige vergelyking hier, wanneer hy sê dat ons nie dronk moet word van wyn nie, maar vervul moet word met die Heilige Gees. Hierdie is egter ’n baie goeie vergelyking. Ons moet egter net besef dat dit nie hier in die eerste plek gaan oor die gebruik of selfs misbruik van alkohol nie, maar dit gaan daaroor dat Paulus vir ons iets wil sê t.o.v. die Heilige Gees en wat hy sê, is dat wanneer iemand dronk is, hy onder die invloed van alkohol is en dit is presies wat Paulus bedoel wanneer hy sê dat ons eerder vervul moet wees met die Heilige Gees, want dan is ons onder die invloed van die Heilige Gees se krag. Dit is egter net hier waar die ooreenkoms of vergelyking met wyn eindig.
5. VERVULLING MET DIE GEES:
Wat beteken dit dan om onder die invloed van die Heilige Gees op te tree, of om vervul te wees met die Gees?
· ’n Geesvervulde mens lewe ’n beheersde lewe – ’n geordende lewe – nie soos gekke nie, maar soos wyse mense. ’n Oormaat alkohol word gekarakteriseer deur ’n gebrek en selfs verlies aan begrip en insig; dit lei tot onverfyndheid en ’n verlies aan oordeel en ’n verlies aan balans. Presies die teenoorgestelde is egter waar van ’n Geesvervulde persoon – hy is vol van die Here se wysheid en goeie oordeel; hy tree beskaafd en beheers op en daar is balans in sy lewe teenwoordig.
· ’n Geesvervulde lewe is ’n produktiewe lewe. ’n Geesvervulde persoon is presies die teenoorgestelde van die Verlore Seun wat sy dae onproduktief deur gebring het, deur saam met die varke te leef. Dit is presies wat ’n oormaat alkohol ook doen – dit lei tot onproduktiwiteit. Hy lê leeg en hy mors sy tyd. Daarteenoor lei ’n Geesvervulde persoon ’n lewe wat gekenmerk word deur tyd wat uitgekoop en ten volle benut word. Dit is ’n lewe wat bewaar en opbou. Dit is ’n lewe wat waarde toevoeg. Dit haal alles wat goed is uit homself tot eer van God en tot diensbaarheid van andere.
· ’n Geesvervulde lewe is ’n stimulerende lewe – dit gee aan die gelowige ’n nuwe lewe en ’n positiewe uitkyk op die lewe self. ’n Geesvervulde lewe lei altyd tot iets nuuts – iets groters – iets beters.
· ’n Geesvervulde lewe is ’n vreugdevolle lewe. Paulus sê, moenie jou vergryp aan drank ten einde vreugde te probeer vind nie. Nee, wees eerder vervuld met die Heilige Gees en jou vreugde sal alle perke oorskry. En wanneer ons swaarkry en vervolging ervaar, sal ’n Geesvervulde persoon dit in vreugde dra en daardeur werk.
Ons glo dat alle gelowiges die Heilige Gees as gawe ontvang tydens wedergeboorte en daarom mag sommige van u moontlik vra: Maar hoe is dit dan moontlik dat ’n gelowige voortdurend gevul moet word met die Heilige Gees, want dit is tog wat ons Skrifgedeelte vanoggend vir ons sê?
Eerstens moet ons besef dat daar ’n verskil is tussen die doping met die Heilige Gees en die vervulling met die Heilige Gees. Waarom sê ek dit? Omdat Paulus in sy brief aan die Efesiërs praat met gelowiges wat rééds deur die Heilige Gees as eiendom van God beseël is (Ef.1:13). Die Efesiërs is reeds beseël deur die Heilige Gees en as hy nou vir hulle sê dat hulle gevul moet word met die Heilige Gees, kan dit tog nie dieselfde ding wees nie.
Die doping met die Heilige Gees, of die beseëling deur die Heilige Gees, is ’n definitiewe en konkrete ervaring en gebeurtenis en het te doen met die vraag of iemand wederbaar is of nie. M.a.w. die doel met die doping met die Gees, is primêr om ons wedergeboorte vas te maak – om dit te beseël, maar ook om onbeskaamd en met vrymoedigheid en met krag, die Evangelie met andere te kan deel – dít was die onmiddellike gevolg van die doping met die Heilige Gees van die gelowiges in Hand.2.
Ons moet daarop let dat die gebruik van die sinsnede, “vul met die Heilige Gees” in beide Hand.2:4 en Ef.5:18b gebruik word en dit is jammer, want die twee woorde het in hierdie twee teksverse nié dieselfde betekenis nie – beide Afrikaanse vertalings is dus nie goeie vertalings nie. Hand.2:4 lees as volg ~ Almal is met die Heilige Gees vervul.... In Ef.5:18 staan daar ~ ... laat die Gees julle vervul. Wanneer ons na die Grieks gaan kyk sien ons dat die werkwoord “vervul” in Hand.2:4, "pletho" is, wat dui op ’n eenmalige gebeurtenis by wedergeboorte – Doping met die Heilige Gees dus. Terwyl die werkwoord “vervul” in Ef.5:18b, "pleroo" is, wat nié dieselfde is as “Doop met die Heilige Gees” nie, maar dui op ’n situasie wat meermalig kan plaasvind en dit sal ek nou verduidelik. Om gedoop te wees met Gees impliseer dat ek ook gevul is met die Gees, maar om gevul te wees met die Gees, beteken nie noodwendig om gedoop te wees met die Gees nie. Om gedoop te wees met die Gees is dus ’n eenmalige gebeurtenis en wat voortduur totdat die Here Jesus “ons kom haal” – dit is die beseëling van ons wedergeboorte.
Om gevul te wees met die Heilige Gees kan ook permanent van aard wees, maar dit kan ook by herhaling geskenk word en verskillende soorte vervulling met die Gees kan ook voorkom – kom ek verduidelik:
· Eerstens kan iemand gevul word met die Heilige Gees ten einde hom toe te rus om ’n bepaalde taak te verrig. Ons vind so ’n voorbeeld in Eks.31:1-5 ~ Die Here het vir Moses gesê: 2 “Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is ’n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda. 3 Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: 4 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk, 5 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen. Besaleël is dus toegerus om ’n taak in opdrag van God uit te voer en daarom is hy gevul met die Heilige Gees en ontvang hy die nodige aanleg, bedrewenheid, kunstigheid, ens. om die opdrag uit te voer. Nog so ’n voorbeeld is Johannes die Doper, waar ons lees dat hy reeds van voor sy geboorte af, gevul was met die Heilige Gees (Luk.1:15) en Sagaria – pa van Johannes die Doper, was ook vervul met die Heilige Gees, sodat hy kon profeteer (Luk.1:4). Daar is uiteraard nog talle ander voorbeelde uit beide die Ou-, sowel as die Nuwe Testament.
· Die tweede voorbeeld vind plaas ten einde iemand toe te rus en bekwaam te maak, sodat sy daaglikse wandel, in die krag en o.l.v. die Heilige Gees se krag kan geskied. In Hand.13:10-11 lees ons van Paulus wat gevul is met die Heilige Gees ten einde hom toe te rus met krag om ’n towenaar teen te staan en die uiteinde hiervan was dat Paulus vir hom gesê het ~ Duiwelskind! Deurtrapte skelm en bedrieër! Vyand van alles wat reg is! Sal jy ophou om in die pad van die Here te staan! 11 Die Here gaan jou nou straf. Jy sal blind word en die son ’n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het alles vir hom vaag en donker geword, en hy het rondgetas na iemand om hom aan die hand te lei.
· Derdens sien ons dat gelowiges gevul word om heilige lewens te lei – ons toestand / aard is dus een van heiligheid – of nie. Ons is nie altyd ewe heilig nie. Toe die Apostels, diakens gekies het, het hulle sewe manne gekies, waaronder Stefanus, ’n man wat vol van die Heilige Gees was, tesame met ander gelowige manne, wat impliseer dat hy meer gevul was met die Heilige Gees as die ander – Hand.6:5 ~ ...en hulle het Stefanus gekies, ’n man met ’n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogië afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het. Hier was duidelik ’n man wat baie meer Geesvervuld was – dit was deel van sy karakter – deel van sy aard.
Dit is dan van hierdie lg. voorbeeld waarvan Paulus hier in Ef.5:18 praat, wanneer hy vir ons sê dat ons eerder vervul moet word met die Heilige Gees – ons moet werk daaraan en ons moet bid daarvoor. Ons as gelowiges wat gedoop is moet die Heilige Gees, se karakter en ons totale menswees moet getuig van die vervulling met die Heilige Gees. Ons lewe moet dus deurspek wees met die Vrug van die Gees, nl. liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23 nederigheid en selfbeheersing (Gal.5:22-23).
6. VIER HEILSAME EFFEKTE:
In verse 19 tot en met 21 noem Paulus vir ons vier heilsame effekte om gevul te wees met die Heilige Gees.
· Gemeenskap van die Heiliges - Vers 19a ~ ...sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere.
Wanneer gelowiges gevul is met die Heilige Gees, soek hulle mekaar se geselskap op en doen hulle dit op so ’n wyse waar God geloof, geprys en geëer word deur geestelike liedere. Wanneer ons dus byeen is, moet ons veel, veel meer maak van ons sang. Ons moet met oorgawe en in opregtheid sing; ons moet tot eer van God sing, maar ons moet ook vir mekaar sing. Wat lg. betref, is Ps.95 ’n baie goeie voorbeeld van ’n lied waar die gelowiges na mekaar gekyk het en die lied vir mekaar gesing het. In hierdie Psalm het die gelowiges vir mekaar opgeroep om tot eer van God te sing. Hulle het deur die sing van hierdie lied ook vir mekaar gesê hoe God geloof en geprys moet word, maar dit is ook ’n waarskuwing aan mekaar, oor die gevolge indien ons God nié loof en prys en aanbid nie.
· ’n Tweede heilsame effek daarvan om met die Gees vervul te wees, is Aanbidding – Vers 19b ~ ...sing met julle hele hart tot eer van die Here. Hier in vers 19 is die opdrag nou nie meer om vir mekaar te sing nie, maar tot God. Die uitdrukking, met julle hele hart, kan ook vertaal word met, “in julle harte”, soos in Kol.3:16 ~ Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Die klem val dus hier, eerder op die opregtheid van jou lofprysing en aanbidding. Dit gaan dus nie in die eerste plek oor hoe jy sing nie (en of jy enigsins kán sing nie), maar wat in jou hart aangaan as jy God eer – jou gesindheid moet dus een van aanbidding wees. Aanbidding, moet ek egter onmiddellik byvoeg, is nie altyd net stoere, ernstige aanbidding en in hierdie geval sang nie, maar dit kan ook ’n vreugdevolle en selfs uitbundige gesing wees – Geesvervulde gelowiges se harte loop tog immers oor van vreugde en dankbaarheid vir wat God vir hulle gedoen het.
· Derdens sien ons in vers 20 dat Dankbaarheid nog ’n effek daarvan is om gevul te wees met die Heilige Gees ~ Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. Dit is nie vreemd aan Paulus om gelowiges op te roep tot dankbaarheid nie, want Paulus het gereeld daaroor geskryf, juis omdat die Israeliete ’n volk was wat altyd ontevrede was en gekla het oor alles en ’n ontevrede gesindheid kan nie geassosieer word met ’n Geesvervulde gelowige nie. Gaan kyk maar net wat elke keer met die volk Israel gebeur het as hulle so gemurmureer het – As voorbeeld kan ons maar net kyk na Num.14:27-29 ~ Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer. 28 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen. 29 Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.
Ons moet ook daarop let dat die woorde in vers 20, nl. altyd en alles, nie letterlik geneem kan word nie – ons kan tog nie altyd dankbaar wees oor álles nie. Hierdie is iets wat ’n mens gereeld onder sommige gelowiges hoor. ’n Gelowige vrou kan tog nie die Here heeltyd loof en prys oor haar ongelowige man se buite-egtelike verhouding nie. Of, ons kan die Here tog nie voortdurend dank vir, bv. die boosheid in hierdie wêreld nie. Hoe moet ons dit dan sien? Ons dankbaarheid moet gefokus wees op God en nie “alles” wat die slegte insluit nie – ja, ook vir die goeie alledaagse, maar primêr moet ons dankbaarheid gaan oor “alles” wat God uit genade aan ons skenk en vir ons doen. Wat die slegte aan betref, moet ons gesindheid dié van Rom.8:28 wees ~ Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dáárvoor moet ons bid – dat God die slegte sal verander na die goeie, of dat die slegte ten goede sal uitwerk – soos wat Hy besluit! Wanneer ons so bid, dank ons God vir wie HY is – dit is nie om Hom te dank vir die slegte nie.
Wanneer ons as Geesvervuldes dan God voortdurend dank vir alles, moet ons dit binne die onmiddellike konteks sien, nl.: ...in die Naam van ons Here Jesus Christus. Ons dankbaarheid moet dus voortdurend in ooreenstemming wees met God se liefdevolle Vaderhart en moet ons dank aan Hom bring in die Naam van Jesus Christus.
· Laastens sê Paulus vir ons dat gelowiges wat Geesvervuld is, hulle moet Onderwerp – Vers 21 ~ Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Ons moet besef dat die Heilige Gees ’n nederige Gees is en elkeen wat met Hom gevul is, sal dieselfde nederige, sagsinnige en vriendelike geaardheid openbaar.
Ons het nie hier te doen met ’n bepaalde tegniek wat aangeleer moet word, of ’n aangeplakte en vals-vrome onderdanigheid nie. Nee, gelowiges wat waarlik gevul is met die Heilige Gees vind dit nie moeilik om aan mekaar te onderwerp nie.
7. TEN SLOTTE:
Ten slotte wil ek net weer terugkeer na v.18b wat sê dat ons moet toelaat dat die Gees ons sal vul:
· Eerstens is hierdie opdrag in die bevelsvorm. Ons moet dus toesien en werk maak daarvan dat ons vervul sal wees met die Gees. Om vervul te wees met die Gees is dus nie ’n opsie nie, maar ’n verpligting.
· Tweedens is hierdie opdrag in die meervoudsvorm geskryf. Dit is dus gerig tot al die gelowiges – hierdie seën, nl. om vervul te wees met die Gees is dus nie net vir sekere gelowiges bestem nie (bv. sendelinge). Nee, dit is vir alle gelowiges!
· Derdens het ons, soos reeds gesê, hier te doen met ’n bevel wat in passiewe vorm geskryf is – dit beteken dus dat ons ’n omkeer in ons lewe moet maak en doen wat Kol.3:16 vir ons sê ~ Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Ons kan nie die Woord van God en die Gees van mekaar skei nie – Om die Woord te gehoorsaam en ons aan die Gees te onderwerp en met Hom vervul te word, is dus identies dieselfde “ding”.
· Laastens is hierdie opdrag in die teenwoordige tyd geskryf. Ons kry in die Grieks twee soorte imperatiewe of opdragte, nl. die aoristusvorm wat op ’n eenmalige aksie dui – as voorbeeld kan ons Jesus se opdrag in Kana noem, toe Hy by die huwelik, die water in wyn verander het. Toe Hy gesê het dat hulle die kruike vol water moes maak, was dit ’n eenmalige opdrag – doen dit en dan is dit klaar. Imperatiewe word egter ook in die teenwoordige tyd geskryf, wat beteken dat die opdrag aanhoudend is – voortdurend – sonder ophou.
Wanneer Paulus dan sê dat ons gevul moet wees met die Heilige Gees, sê hy vir ons dat ons dit voortdurend moet doen – aanhoudend – sonder ophou. Ons is eens en vir altyd geseël deur die Heilige Gees (aoristusvorm), maar ons moet voortdurend gevul word met die Heilige Gees (teenwoordige tyd).
Paulus sê vir ons in 2Kor.6:2b ~ Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. As ons die tyd dus wil uitkoop, moet ons dit nóú doen, want môre kan dalk te laat wees. As ons gevul wil word met die Heilige Gees, dan moet ons dit nóú doen.
Die Goeie Nuus is: Jesus Christus het vir ons die voorbeeld gestel en Hy is daar om ons te help om voortdurend gevul te wees met die Heilige Gees – Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (O.A.V. - Fil.4:13).
Laat ons in wysheid optree en dieselfde sê as wat Jonathan Edwards gesê het, toe hy 20 jaar oud was: Resolved, never to loseoone moment of time, but to improve it in the most profitable way I possibly can.
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 07 Maart 2010

Subscribe to:
Posts (Atom)