“Openbaring Ontsluit - 08 (Briewe aan Sewe Gemeentes ~ Sardis)" [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons briewebesteller het vanaf Tiatira, in ’n suid-oostelike rigting gedraai en na die stad Sardis gegaan. Ons kan onsself indink oor die afwagting wat onder die gemeentelede in Sardis geheers het, want teen hierdie tyd het hulle dalk al gehoor van die briewe wat by die gemeentes in Efese, Smirna, Pergamum en Tiatira, afgelewer is en hulle kon dalk ook gehoor het van die goeie dinge waaroor Christus die vorige gemeentes aangeprys het – en as Hy dit met hulle kon doen, hoeveel te meer nie met hulle nie, want dit was geen geheim dat hulle bekend gestaan het as ’n groot, sterk en lewende gemeente, maar kom ons kyk wat het alles in hulle brief gestaan.
2. DIE GEMEENTE IN SARDIS (3:1-6):
· Die Geadresseerde Gemeente:
Openb.3:1a ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis. Die stad Sardis is in ongeveer 1200 v.C. gestig en was die ou hoofstad van die provinsie Lidia en het beroemd geraak vir sy rooi kleursel en wolprodukte, asook sy spoelgoud wat uit die nabygeleë Pactolusrivier gekom het. Goud en silwer munte was waarskynlik ook die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld, hier in Sardis gemunt.
Die stad was geleë op ’n hoë berg wat onbereikbaar was van drie kante, a.g.v. loodregte kranse en aan die eenkant kon jy die stad net met ’n steil paadjie bereik. Ook was hierdie stad bekend vir sy immoraliteit en dit opsigself het dit baie uitdagend gemaak vir gelowiges om daar, geestelik te kon oorleef en dit word bevestig deur die feit dat min van die gelowiges nie “hulle klere besoedel” het nie (v.4). Aanbidding van die godin Diana (soos in Efese) het ook hier plaasgevind.
Die stad is in 17 n.C. deur ’n verwoestende aardbewing bykans heeltemal plat gevee, maar was later weer herbou.
Hierdie gemeente het waarskynlik ook tot stand gekom onder die bediening van Paulus (Hand.19:10). Heel moontlik was die mees prominente inwoner van Sardis, ’n man met die naam van Melito. Hy was ’n apologeet (iemand wat die Christelike geloof verdedig het) en het gedurende die tweede eeu na Christus, as biskop van Sardis gedien. Hy word ook erken as die persoon wat die vroegste erkende kommentaar oor gedeeltes van Openbaring geskryf het.
· Die Beeld van Christus:
Openb.3:1b ~ So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het. Christus staan besonderlik bekend as dié Een van wie die Reinigende Heilige Gees kom en onder Wie se gesag en leiding die Kerk staan (sterre = 1:20). Alhoewel die kerk deur die bloed van Jesus Christus gekoop is, is dit deur die Heilige Gees dat Christus se verlossing en versoening, toegepas word. Dit is deur die Gees dat individue en gemeentes se geestelike lewe tot stand kom en groei – dit is deur die werking en die krag van die Heilige Gees dat die lewenslange proses van stry teen die sonde en heiligmaking plaasvind. Dit is deur die Gees dat geestelike gawes geskenk en toegepas word aan en in die gemeente. Dit is deur die Gees dat die kerk gebou word. In kort, dit is deur die Heilige Gees dat Christus Sy Bruid (die kerk) voed en deur die ouderlinge, lei en regeer Hy die kerk. Deur Homself as die Skenker van die Gees en ouderlinge onderskeidelik voor te stel, maak Christus dit baie duidelik, dat Hy die Hoof van die kerk is
en aan Wie almal moet onderwerp.
· Christus se Bestraffing:
Hier wyk ons struktuur van die briewe so ’n bietjie af van die normale volgorde wat die teksverse volg en spring ons eers na Christus se bestraffing en ons vind dit in Openb.3:1c ~ Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. As Hoof van die gemeente en deur Sy alwetendheid, is Christus 100% bewus van die gemeente se valsheid. Hierdie gemeente het op die oog af ’n wonderlike reputasie gehad, maar van binne was dit korrup en vals en geestelik morsdood. Daar het geen lewensaar tussen die gemeente en Christus bestaan nie.
Alles het administratief en organisatories baie goed gegaan in die gemeente – so ook wat betref die bywoning van die eredienste en selfs die groei van die kerk in lidmaattal. Oënskynlik was daar ook niks fout te vinde met hulle teologie of dissipline nie. Maar, soos die geval met die kerk in Efese, was die geloof van die lidmate dooie werke en het daar geen liefde vir Christus bestaan nie. Die prediking het waarskynlik ook nie uit liefde, dankbaarheid en gehoorsaamheid aan die Woord en tot eer van God geskied nie.
Kerklike “sukses” gaan dus nie net oor pragtige geboue, groot lidmaat getalle, pragtige en oënskynlik geseënde bedieninge en allerlei programme nie. Ook gaan dit nie oor vooraanstaande name in die gemeente nie. Selfs met al hierdie dinge kan ’n gemeente geestelik morsdood wees en in die gemeente van Sardis was daar oënskynlik geen geestelike groei en heiligmaking teenwoordig nie. Ons kan ook nie uit die brief agterkom of daar enige dwaalleer of vervolging in die gemeente was nie en waarom sal die satan dan nou ook ’n dooie kerk wíl mislei en vervolg? Ons sal egter binnekort sien dat van hierdie dinge wel in die gemeente teenwoordig moes gewees het.
Hierdie gemeente was waarskynlik meer besorgd oor hulle reputasie by mense as oor hul reputasie in die hemel – meer besorgd oor die goedkeuring en aanprysing van ander gemeentes en mense, as vir die aanprysing van Christus.
Die hartseer ding van hierdie gemeente was dat hulle mislukkings nie die uitsondering was nie, maar die reël en daarom was Christus se eerste woorde, nie soos in die ander gevalle, ’n woord van gelukwensing nie, maar een van kritiek. Dalk is hierdie dan ook ’n aanduiding van hoe Christus voel oor mense wat hulle voordoen vir iets of iemand wie hulle nie is nie.
· Christus se Raad:
Nog steeds is ons nie by die normale volgorde nie en kyk ons eers na Christus se raad, wat ons in Openb.3:2-3 vind. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie. 3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ’n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. Christus gee hier ’n viervoudige oplossing aan die oorblyfsel van die gemeente wat getrou gebly het en Hy praat spesifiek met die oorblyfsel van getroues, omdat dit nie help om met die “dooies” te praat nie.
Eerstens moes die gemeente wakkerskrik en besef dat aanvaarding by die wêreld, nie noodwendig aanvaarding by God is nie. Hulle kon dus nie maar net voort dryf en maak soos almal om hulle maak nie. Hulle moes aktief betrokke raak en sonde in hulle midde identifiseer en dit met wortel en tak uitroei.
Tweedens moes hulle daardie dinge versterk wat nog oorgebly het, maar wat op die punt gestaan het om ook dood te loop. Geestelike lewe het kort gekom in die gemeente en dit moes weer aangeblaas word.
Derdens moes die getroue gelowiges wat oorgebly het in die gemeente, alles wat hulle vantevore gehoor en ontvang het, in herinnering roep. Hulle moes terugkeer na die Woord van die Here. Dit is dus duidelik dat die Here Jesus ’n baie hoë premie plaas op die lê van die regte fondasies in ’n gemeente, want dit stel bepaalde standaarde waarvolgens ’n gemeente kan en moet lewe en wanneer dit nodig mag wees (soos hier in die geval van die gemeente in Sardis), kan daar “teruggegryp” word na die standaarde en fondasie wat in die verlede gelê is. Dit herinner ons aan 2:5 ~ Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Hier in Sardis was dit dus nodig om die fondasie weer stewig te ontgin en waar nodig oor te lê, want slegs dít kan die restourasie proses in die gemeente suksesvol laat verloop – ’n mens kan amper sê dat dit ’n “back-to-basics” situasie is.
Vierdens moes hulle op ’n plek kom waar hulle sondebelydenis moes doen. Geen geestelike verval kan reggestel word deur dit “reg te dokter” met allerlei menslike oplossings, programme of tegnieke nie – selfondersoek moet gedoen word en sonde moet bely word waar nodig.
Hierdie vier stappe, indien dit toegewyd toegepas en uitgeleef word, sal geestelike herlewing in elke individuele lidmaat, maar ook in die gemeente, korporatief tot gevolg hê.
· Christus se Aanprysing:
Nou keer ons terug na Christus se aanprysing en wel in Openb.3:4 ~ Maar julle het darem ’n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is. In die midde van hierdie dooie gemeente, gevul met mense wat ongered was, was daar darem ’n paar opregte gelowiges. Ongelukkig was hulle nie genoeg om die gemeente se status in die oë van Christus van ’n dooie gemeente na ’n lewende gemeente te verander nie, maar Christus het nie diegene wat getrou aan Hom gebly het, vergeet nie. Dit laat ’n mens dink aan Mal.3:16-17 en Hebr.6:10 ~ Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is ’n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. 17 Hulle sal vir My ’n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige. Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk (Mal.3:16-17) en ...God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie (Hebr.6:10).
Een van die deurlopende temas van die Woord is dat God voortdurend besig is om Sy “getroue oorblyfsel” (Sy kinders wat getrou aan Hom bly), te bewaar. Paulus beskryf dit pragtig in Rom.11:1-5 ~ “Het God dan nie tog sy volk verstoot nie?” sou iemand kon vra. Beslis nie! Ek is immers self ook ’n Israeliet, ’n afstammeling van Abraham, uit die stam Benjamin. 2 God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif sê van Elia nie, hoe hy by God oor Israel gekla het: 3 “Here, hulle het u profete doodgemaak en u altare afgebreek, en net ek het oorgebly, en hulle wil my ook om die lewe bring.” 4 Maar wat het God hom geantwoord? “Ek het vir My sewe duisend manne laat oorbly wat nie vir Baäl aanbid het nie.” 5 Net so is dit ook vandag: daar is ’n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. God het dus ’n “oorblyfsel” – selfs in die dooie gemeente van Sardis! Daar was ’n paar opregtes tussen die huigelaars en geveinsdes; ’n paar nederiges tussen die hoogmoediges; ’n handjievol tussen die wêreldlinge; ’n paar koringare tussen die onkruid.
Christus beskryf die paar mense wat getrou gebly het, as ’n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie. Die woord besoedel in die Grieks beteken om te “bevlek”; of te “besmet”, of te “skend”, of “vuil te maak”, of te “verontreinig”, of te “besoedel”, of te “onteer”, of te “skend”. Hierdie woord was ook gebruik wanneer wol gekleur is en derhalwe moes dit ’n bekende woord in die gemeente van Sardis gewees het.
“Kledingstukke” of “klere” word weer in die Skrif gebruik om karakter te versinnebeeld, Jes.64:6 ~ Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; of Judas 23 ~ Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is.
Die wonderlike nuus vir die getroues in Smirna is dat hulle met vrymoedigheid in die teenwoordigheid van God kon kom omdat hulle klere nie bevlek is nie, maar dat hulle getrou was aan hulle goddelike karakter.
Christus sê ook spesifiek vir hierdie gelowiges dat hulle altyd in wit klere by (Hom) sal wees omdat hulle dit waardig is. In die antieke dae het mense wit klere aangetrek wanneer hulle fees gevier het en wit het ook reinheid gesimboliseer. Hierdie “wit klere van reinheid” wat Christus hier in v.4 & v.5 belowe, is dieselfde klere wat Christus gedra het Matt.17:2 ~ Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. Ook die heilige engele dra hierdie wit klere (Matt.28:3). En hoe word hierdie gelowiges se klere wit? – Openb.7:14 ~ ...Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.
Elke gelowige – m.a.w. elke heilig verklaarde (heilig verklaar deur God en nie mense, of die Rooms Katolieke Kerk nie – Sien Voetnota 1 hiernaas) sal uiteindelik volmaakte heiligheid en reinheid ontvang in die hiernamaals.
Ten spyte van die feit dat ons dalk mag dink of glo dat ons dalk sosiaal nie so belangrik soos sommige mense is nie; of dat ons dalk akademies of intellektueel, of finansieel minder goed bedeeld en geseënd is, mag ons nooit, ooit dink dat Christus nie ons getrouheid raaksien nie. Ook nie omdat ons dalk ’n klein gemeentetjie is nie. Hy ken elkeen van ons op die naam en Hy ken ons werke!
· Christus se Belofte:
Openb.3:5-6 ~ Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort. 6 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Nadat Christus die gemeente aangespreek en raad aan hulle gegee het, kom Hy met hierdie wonderlike bemoediging.
Eerstens, soos reeds gesê, sal al die getroue gelowiges geklee word in wit klere (onthou: wit simboliseer reinheid – skoon gewas deur die bloed van Christus dus). Alle ware gelowiges sal hierdie wit klere dra wanneer hulle aansit by die bruilofsmaal van die Lam van God – Openb.19:7-9 ~ Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. 8 God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.” Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges. 9 Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” Verder sê hy vir my: “Dit is die woorde van God, en hulle is waar.”
Tweedens belowe Christus dat Hy nooit die name van die ware gelowiges uit die Boek van die Lewe sal vee nie (sien voetnota 2 hiernaas), inteendeel Christus belowe dat Hy elke getroue gelowige se naam voor die Vader en die Engele sal noem en verklaar dat ons aan Hom behoort. Hier herbevestig Christus dus die belofte wat Hy in Matt.10:32 gemaak het, nl. ~ Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Die gerusstellende waarheid en sekuriteit t.o.v. die gelowige se ewige redding loop soos ’n goue draad regdeur die Woord van God en word waarskynlik nêrens mooier en vollediger beskryf as in Rom.8:28-39 nie ~ Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30 Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. 31 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? 33 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. 35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36 Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Hierdie brief aan Sardis word in vers 6 afgesluit met Christus wat daarop aandring dat die gemeente moet ag slaan op hierdie brief se inhoud. Die gelowiges, of te wel diegene wat hulle gelowiges noem, moet dus wakker skrik voor dit te laat is en die handjievol gelowiges kan getroos voel met die wete dat hulle redding tot in ewigheid verseker is.
Wat het van Sardis geword? Het hulle geluister na die waarskuwing? Het daar herlewing gekom? Die feit dat ’n man soos Melito etlike dekades na die skryf van hierdie brief daar gedien het, wil tog vir ons ’n aanduiding gee dat daar iets van ’n herlewing in die gemeente in Sardis moes plaasgevind het.
Ons kan ook bemoediging put uit hierdie brief en weet dat dit nooit te laat is om ons te bekeer en toe te sien dat die regte grondslag ook in ons lewe en in die lewe van ons gemeente gelê word.
Voetnota 1
BEELD – 15 Julie 2009
SA man dalk tot heilige verklaarJul 15 2009 09:10:46:357PM - (SA)
Kaapstad. – Die Vatikaan moet nou besluit of ’n man van Limpopo die eerste Suid-Afrikaner van geboorte sal wees wat ’n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk word.
Die aanbeveling dat mnr. Benedict Daswa tot heilige verklaar word, is ná ’n ondersoek van vyf jaar gedoen.
Daswa, wat onder meer teen die toedien van moetie gekant was, het in 1991 op 43-jarige ouderdom ’n grudood gesterf weens sy verwerping van heksery en tradisionele godsdienstige gebruike onder veral die Venda-mense, lui ’n berig op www.sacbc.org.za, die webwerf van die Suid-Afrikaanse Katolieke Raad van Biskoppe (SAKRB).
Die bisdom van Tzaneen het vandeesmaand (ná die ondersoek) ’n dokument, ’n Bisdom-ondersoek na die lewe en dood van die dienaar van God, Benedict Daswa, afgehandel. “Die afskrif en openbare kopie is geseël en sal geneem word na die Kongregasie vir die Proses van Heiligverklaring in Rome (’n departement van die Vatikaan wat uit kardinale en deskundiges bestaan),” lui die berig.
’n Bondige biografie op die SAKRB-webblad oor dié man tot wie gewone Katolieke dalk weldra gebede sal kan rig, lui onder meer: “ ’n Paar dae nadat hy geweier het om geld te gee vir ’n heksejag, is hy gestenig en aangerand totdat hy dood is.”
Kanonisasie, oftewel heiligverklaring, beteken dat die Rooms-Katolieke Kerk iemand weens sy/haar voorbeeldige lewe lys as wegwyser vir ander Christene.
Biskop Hugh Slattery, die biskop van Tzaneen, was onder die kerkleiers wat die dokumente oor Daswa se lewe en dood onderteken het.
Volgens vader Chris Townsend, ’n SAKRB-woordvoerder, is Francis Pfanner – ’n kloosterhoof wat oorspronklik van Oostenryk is – die enigste ander persoon in Suider-Afrika wat tans ondersoek word vir heldhaftige Christelike deug.
VOETNOTA 2
Let op: Die Boek waarna Eks.32:33 verwys, is nie dieselfde “Boek van die Lewe” soos beskryf in Openbaring nie. Die Boek soos beskryf in Openb. en ook in Fil.4:3 verwys na diegene wie gered is en wie se name in die “Boek van die Lewe” geskryf is en uit hierdie Boek kan hulle name nie gewis word nie. Die Boek waarna Eks.32:33 verwys, verwys na die boek waarin alle mense wat gebore is, se name geskryf is – ons kan dit dus ook die Lewensboek noem – en uit hierdie boek word alle name gevee as hulle sterf – ook die name van diegene wat uitverkore is. In lg. word daar dus van fisiese dood en nié ewige verdoemende dood, gepraat.
[1] Bybelstudiereeks deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 19 Julie 2009
Monday, July 20, 2009
Boodskap deur Kobus van der Walt (19 Julie 2009)
“Die Brief aan die Efesiërs - 02” (In Christus Uitverkies) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ek wil net dat ons vlugtig ’n paar punte herhaal wat ons verlede week gesê het, t.o.v. Ef.1:1-2. Ons het o.a. na drie kenmerke van ’n gelowige gekyk en ons het gesien dat gelowiges,....
· Heilig is, of te wel opsy gesit en afgesonder is;
· Gelowiges is getrou – dit beteken dat hulle getrou is in die uitlewing van hulle geloof. En ons het gesien dat geloof uit drie elemente bestaan, nl. ’n intellektuele element; ’n emosionele element en ’n element van wilskrag. Die feit dat gelowiges getrou is, impliseer ook dat hulle sal volhard in die geloof.
· Gelowiges is in Jesus Christus.
Laastens het ons gekyk na die pragtige seëngroet waarmee gelowiges mekaar destyds gegroet het, deur vir mekaar te gesê het: Genade en vrede vir jou.
2. SKRIFLESING:
Die teksverse waarna ons vanoggend gaan kyk is, Ef.1:3-6 ~ Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4 So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6 Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.
Dit is baie interessant om te weet dat Ef.1:3-14 een aanmekaar sin in die Grieks is. Dit maak sin as ’n mens na verse 4-14 kyk, omdat die inhoud daarvan, ’n verduideliking van vers 3 is. Vers 3 bring lof en eer aan die Vader vir wonderlike seën wat in Christus ontvang is. In verse 4-14 vertel Paulus nou vir ons wát hierdie seën alles behels. Hy spreek in verse 4-14 die volgende onderwerpe aan:
· Verkiesing;
· Effektiewe Roeping;
· Regverdigmaking;
· Vergifnis van sonde;
· God se einddoel;
· In Christus deur die Heilige Gees beseël, en
· Ons erfenis.
As ons na hierdie punte kyk, moet u saamstem, dat ons hier (soos verlede week gesê), te doen het met ’n mini-kursus in die teologie.
Kom ons kyk egter eers na vers 3 ~ Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
3. SLEGS IN CHRISTUS:
Die laaste gedeelte van vers 3 sê vir ons, dat al hierdie geestelike seëninge wat ons ontvang, in Christus ontvang word. Ons het verlede week gesien hoe belangrik en prominent hierdie uitdrukking, nl. om in Christus te wees, in Efesiërs spesifiek is, maar ook oor die algemeen in al Paulus se skrywes, want dit is slegs deur ons eenwording met Christus, m.a.w. om in Christus ingeplant te wees, dat ons al hierdie seëninge wat ons so pas genoem het, kan ontvang. Hierdie is dan waarskynlik die heel belangrikste uitdrukking in die ganse Nuwe Testament en omdat dit enersyds so ’n belangrike begrip is en andersyds ’n baie moeilike begrip is om te verstaan, gaan ons kort-kort terug kom na hierdie uitdrukking, nl.: In Christus.
Wat ons heel eerste moet besef, is dat hierdie seën waarvan Paulus in die Efesiërbrief skryf, slegs aan ons gegee kan word deur Christus Jesus – as Christus nie “in die prentjie” is nie, is daar nie sprake van hierdie seën nie.
Ja, die Woord praat van baie seëninge wat alle mense ontvang, bv.: Matt.5:45b ~ ...Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. Hierdie tipe seën wat oor alle mense (gelowig en heiden) uitgestort word, noem ons God se algemene genade, Paulus hanteer egter nie algemene genade, of algemene seën wat oor alle mense uitgestort word in hierdie gedeelte nie. Nee, hy hanteer hier, wat ons noem, spesifieke genade (of toegespitste genade) – daardie genade en seën wat slegs deur gelowiges geniet kan word en mense struikel baie dikwels oor hierdie waarheid, maar die Skrif is baie duidelik hieroor.
Paulus skryf hier in Efesiërs aan gelowiges en hy skryf oor die toegespitste genade wat gelowiges te beurt val en hy wil hê dat hulle sal verstaan wat hierdie toegespitste genade en -seën presies behels, wat hulle in Christus deelagtig kan word, en daarom beklemtoon hy die feit dat hierdie seën slegs van Christus afkomstig is. Jy kan dus nie ’n gelowige wees as jy nie in Christus is nie. Christus is die begin en die einde. Hy is die Alfa en die Omega. Daar is geen seën vir gelowiges buite Christus nie.
4. IN CHRISTUS UITVERKIES:
Dit is wonderlik om te hoor van hierdie seën wat gelowiges te beurt val, maar die vraag is hoe word dit deel van ons? Ons vind die antwoord in verse 4 tot 6, nl. ~ So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6 Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.
Dit is baie duidelik dat hier gepraat word van uitverkiesing. In die Woord van God, word die woord uitverkies, op drie maniere gebruik:
· God se teokratiese verkiesing van die volk Israel – Deut.7:6 ~ Jy is ’n volk wat vir die Here jou God afgesonder is. Vir jou het die Here jou God gekies om uit al die volke op die aarde sy eiendomsvolk te wees. Hierdie uitverkiesing het niks te doen gehad met persoonlike redding nie. Paulus verduidelik dit mooi in Rom.9:6b-7a ~ ...almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie; 7 en nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie. Om ’n biologiese afstammeling dus van Abraham te wees, het nie geïmpliseer dat iemand ook gedeel het in Abraham se geloof nie.
· ’n Tweede tipe van verkiesing lê op die vlak van arbeid of spesiale dienswerk aan God – ’n roeping (of beroep) dus. So het God die stam van Levi geroep om Sy priesters te wees. Die Leviete was egter ook nie a.g.v. hierdie roeping verseker van redding nie. So het Jesus bv. ook twaalf dissipels gekies, maar net elf van hulle het redding ontvang.
· Die derde vorm van verkiesing of uitverkiesing, het met redding te doen. Dit is die tipe verkiesing en redding waarvan Jesus in Joh.6:44 praat ~ Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. Die uitdrukking “na My toe trek”, dra die betekenis van ’n onweerstaanbare krag en was in die Grieks gebruik om ’n desperaat honger persoon te illustreer wat nie kos wat voor hom neergesit word, kan weerstaan nie, of demone wat met onweerstaanbare krag na diere aangetrek is, as hulle nie mense kon beset nie. Die heel beste manier om hierdie onweerstaanbare trekkrag waarskynlik te vergelyk, is met dié van ’n elektromagneet (hyskraan met elektromagneet aan punt wat staal optel) – wanneer die krag aangeskakel word kan dit nie anders nie – metaal word aangetrek.
Wanneer ons na verse 4-6 kyk, vind ons twee werkwoorde wat vir ons hierdie gedagte van uitverkiesing verduidelik.
Die eerste vind ons in vers 4, nl. "eklegomai", wat beteken dat God óns gekies het. Hierdie werkwoord dui daarop, dat God op ’n spesifieke stadium in die verlede en wel voor die grondlegging van die aarde, ons in Hom uitverkies het, sodat ons heilig en sonder blaam voor Hom in liefde kan staan. Dit beteken verder dat dit Sý keuse was.
Die tweede werkwoord vind ons in vers 5, nl. "proorizo", ’n woord wat saamgestel is uit die voorsetsel "pro" (voor) en "oorizo", wat “om te bepaal”, beteken. M.a.w. dit dui op ’n keuse wat vooraf gemaak word. Dit kan vergelyk word met ’n dekreet wat ’n koning uitvaardig (sien ook: Rom.8:29; Matt.24:22,31; Luk.18:7; Hand.4:28; Rom.29,33; 9:11; Ef.3:11; 2Tim.2:10; Jak.2:5; 1Pet.1:2,20).
Regdeur die Woord van God, lees ons van Sy soewereiniteit en aan die anderkant lees ons ook van die mens se vrye keuse en –wil. Toe Petrus op Pinksterdag oor Christus gepraat het, het hy die volgende gesê ~ God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak (Hand.2:23). Hier sien ons in een vers, beide hierdie beginsels wat bymekaar uitgebring word – Aan die eenkant, die soewereine doel van God wat Sy Seun opoffer, sodat die mensdom geseën kan word met redding en aan die anderkant, vind ons die menslike keuse en verantwoordelikheid, wat die Seun van God, kruisig.
’n Vraag wat talle gelowiges vra, indien nie almal op ’n stadium in hulle lewe, is: Kan ’n mens weet – verseker weet dat hy een van die uitverkorenes is? Ten einde ’n antwoord op hierdie tergende vraag te kry, moet ’n mens na die brief aan die Romeine gaan kyk.
Eers nadat jy halfpad deur Romeine gelees het kry jy te doen met die onderwerp van uitverkiesing. Die rede hiervoor is dat Paulus eers die gevalle toestand van die mens wil beskryf, m.a.w. dat ons almal onder die juk van die erfsonde staan en dat ons derhalwe skuldig voor God staan. Daarna beskryf hy die hele kwessie van regverdigmaking deur die geloof, sonder werke deur die afgehandelde werk van Christus. En dan beskryf hy hoe die mens bevry word van die heerskappy van sonde en hoe die mens verlos word van hierdie sondeskuld. Die gevolg hiervan is dat daar geen veroordeling meer is vir diegene wat in Christus glo nie en dan getuig die Heilige Gees in ons, dat ons kinders van God is (Rom.8:16). Dan kom Paulus eers in die tweede helfte van hoofstuk 8 en praat hy oor die uitverkiesing ~ Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30 Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik (Rom.8:28-30).
Indien ’n mens dus ’n beskrywing van jouself in die derde hoofstuk van Romeine vind, is jy ’n sondaar wat onder veroordeling staan en is jy afhanklik van regverdigmaking deur geloof in Jesus Christus, want ... Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Rom.3:23). So ’n persoon is nie uitverkies nie en hoogs waarskynlik gee hy ook nie om of hy uitverkies is nie.
Indien jy egter jouself beskryf kry in hoofstuk 8 van Romeine en jy is reeds ’n gelowige, weet jy dat jy uitverkies is en dat jy vooruitbestem is vir ewige redding en saligmaking.
God se soewereine uitverkiesende genade en die mens se reaksie daarop is integraal deel van mekaar in die proses van redding, MAAR, die belangrike punt wat Paulus wil maak, is dat géén mens daarop kan roem dat hy uit homself gered is nie, of dat hy gered is omdat hy so gekies het nie. Die mens se redding is dus slegs ’n reaksie op die feit dat God se keuse op hom geval het, of anders gestel, geen mens sou gekies het om Christus as Saligmaker na te volg, as God hom nie uitverkies het nie – die eerste en laaste aksie in die redding van die mens berus dus by God – Hy kies ons en omdat Hy ons gekies het, het ons geen ander keuse as om Hom te wil kies – in die teologie praat ons van die onweerstaanbare genade. God stort Sy reddingsgenade oor my uit en daardie genade-geskenk is so groot, dat ek nie anders kan as om te kies om Hom te volg – dit is dus ’n onweerstaanbare uitnodiging.
5. STANDPUNTE T.O.V. DIE UITVERKIESING:
Ons het die afgelope klompie maande reeds meer as een keer na die Leer van die Uitverkiesing gekyk en daarom wil ek nie veel meer sê oor die leer self nie, behalwe dat ons net nog moet kyk na enkele besware en standpunte wat teen hierdie leer geopper word, ten einde ons toe te rus om sinvol en Bybels oor hierdie leer te kan praat.
Dit is so dat baie mense ’n probleem met die Leer van die Uitverkiesing het, maar voor ons daarna kyk, moet ons net kortliks kyk na die drie verskillende standpunte wat bestaan t.o.v. uitverkiesing:
· Die eerste groep verwerp die hele gedagte aan God wat soewerein besluit dat sekere mense uitverkies is en andere derhalwe verlore is. Hierdie groepering leer dat God ’n genadige God is, deurdat Hy Jesus Christus vir ons sonde laat sterf het, maar dáár eindig Sy genade betreffende verlossing, omdat die onus nou by die mens berus of hy hierdie verlossingsaanbod aanvaar of verwerp – die keuse om gered te word, berus dus by die mens.
Hierdie leer pas die mens baie goed, omdat die mens geneig is om ’n baie hoë premie te plaas op sy eie sukses en -vermoëns. Die probleem met hierdie siening is dat die Bybel, of ons daarvan hou of nie, en soos wat ons nou reeds gesien het, wél die Leer van die Uitverkiesing verkondig. John Stott sê, election is a devine revelation, not a human specualtion. D. Martin Lloyd-Jones sê dat die Leer van die Uitverkiesing, ’n verklaring is en nie ’n argument nie.
· Tweedens is daar mense wat sê dat uitverkiesing wel deur die Woord geleer word, maar dat dit op voorafkennis berus, m.a.w. God het in Sy alwysheid, vooruit gesien wie Hom gaan kies en daarom is hulle uitverkies.
Die probleem met so ’n redenasie is dat dit nie regtig “uitverkiesing” is, as God vooruit sien wie Hom gaan kies nie. God voorordineer dus nie so ’n persoon se redding nie, maar die mens doen dit self.
So ’n standpunt klop ook nie met wat die Woord leer t.o.v. die mens se hopelose en gevalle toestand nie, want geen mens, in sy gevalle toestand kan en wil vir God kies nie – hy kies voortdurend die sonde. Ons moet verder ook besef, dat God die Gewer van geloof is en daarom is ook Hy alleen die Gewer van Redding. Watter goed kon God dus sien in die mens se verdorwe hart?
Die mense wat ’n probleem met die Leer van die Uitverkiesing het, het nie in wese ’n probleem met hierdie leer nie – al dink hulle so – hulle het primêr ’n probleem met die leer t.o.v. die gevallenheid van die mens, of te wel Radikale Verdorwenheid wat gegrond word op o.a. Rom.3:10-12 ~ Daar staan immers geskrywe: “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, 11 daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. 12 “Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie (sien o.a. ook: Ef.2:1; Joh.6:44; Gen.6:5).
· Derdens is daar die standpunt dat die Leer van die Uitverkiesing eenvoudig en baie duidelik is. In kort net weer – Hierdie standpunt (wat óns dan ook onderskryf) leer dat die mens té verdorwe is om ’n keuse uit te oefen ten einde deel te kry in God se reddingseën. God het egter in Sy oneindige genade en barmhartigheid, óns uitverkies en Sy keuse effektief bekragtig, deurdat Hy Jesus Christus gestuur het om vir ons sonde versoening te doen. Daarna het Hy dit deur die werking van die Heilige Gees vir ons moontlik gemaak om positief te kon reageer op die waarheid en heerlikheid van die Evangelie.
Al die seën wat ons as gelowiges dus kan geniet, moet terug gelei word na God se soewereine uitverkiesing – en dit is presies wat Paulus ook vir ons in Ef.1:3 sê.
6. BESWARE TEEN UITVERKIESING:
Ek wil net nog iets sê t.o.v. besware teen die Leer van die Uitverkiesing, omdat ons gedurig met hierdie besware te doen kry wanneer ons met mense praat.
Die twee vernaamste besware teen die uitverkiesing is dat dit arbitrêr, of te wel willekeurig is en tweedens dat dit onregverdig is.
Wanneer mense sê dat die uitverkiesing willekeurig is, bedoel hulle daardeur dat God geen rede het waarom Hy sekere mense kies en andere nie. Dit impliseer dus ook, dat God kan kies om niemand te red nie. Wanneer iemand egter so redeneer, is sy redenasie lynreg teen Paulus se doel met die skryf van Ef.1:6, nl. ~ Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Hierin sien ons dus dat God se doel met die uitverkiesing, juis is om heerlikheid aan Homself te bring, bv. Luk.12:32 (O.A.V.) ~ ...want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
Ons weet nie waarom Hy een bo die ander verkies nie, maar dit is totaal anders as om te sê dat Hy geen rede het nie.
Ons sien dus dat die uitverkiesing nie willekeurig is nie, maar dat God ’n baie spesifieke doel met die uitverkiesing het en wanneer ons verstaan dat God ’n baie bepaalde rede en motief het waarom Hy mense kies, val ander vrae net weg - vrae soos, waarom hierdie een en nie daardie een nie?, of waarom nie alle mense nie? Hoe durf ons as mens, Sy keuse tot selfverheerliking in twyfel trek? As (met groot piëteit gesê) God kies om Bernard te red, omdat Bernard se redding meer lof en eer aan Hom gaan bring, as bv. dié van Adriaan – wie is ons om God as Skepper van die mens, se keuses in twyfel te trek?
Daar is ook, soos reeds gesê, mense wat sê dat die uitverkiesing onregverdig is – hierdie mense sê dat alle mense ’n gelyke kans behoort te staan om gekies te word. Hoe kan ons so redeneer, want die mens het alreeds ’n kans en ’n keuse gehad (Tuin van Eden)? Nee, so ver dit regverdigheid aangaan, is dit juis regverdig dat almal van ons die ewige dood verdien.
Dit is nie regverdigheid wat ons van God moet verlang nie – dit is genade! En genade kan nie beveel word deur die mens nie.
7. TEN SLOTTE:
Kom ons laat die strydvrae en vals leer t.o.v. die uitverkiesing daar en ons kyk ten slotte na iets wat eerder ons harte sal verbly.
Ons moet besef dat die uitverkiesing nie net die effek van die sondeval en die sonde self neutraliseer nie, dit gaan veel verder as dit. Ons het in vers 3 gelees, dat God ons in Christus geseën het. Ons lees o.a. in Rom.8:1 ~ Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Ons moet besef dat alle mense IN Adam is en omdat almal IN Adam is, beteken dit dat alle mense IN die ewige verdoemenis gaan beland. Maar, God het deur Sy genade ons as uitverkorenes uitgehaal en ons IN Christus INgeplant! Hy het ons oorgebring van die dood na die lewe.
Gelowiges is IN Christus en diegene van ons wat IN Christus is, sal nooit verlore gaan nie – Joh.10:28-29 ~ Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
[1]Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) op 19 Julie 2009

Sunday, July 12, 2009
Bybelstudie oor Openbaring deur Kobus van der Walt - 12 Julie 2009
“Openbaring Ontsluit - 07” (Briewe aan Sewe Gemeentes ~ Tiatira [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons briewebesteller het, nadat hy die brief wat aan die gemeente in Pergamum gerig was, afgelewer het, sy reis voort gesit en nou in oostelike rigting, die binneland in, koers gekies. Hy het nog vier briewe in sy possak gehad en die adres op sy volgende koevert was dié van die gemeente in Tiatira.
2. DIE GEMEENTE IN TIATIRA (2:18-29):
· Die Geadresseerde Gemeente:
Openb.2:18a ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Tiatira. Tiatira was een van die kleiner gemeentes in Klein-Asië, maar die gemeente wat die langste brief van die sewe gemeentes ontvang. Dit was soos reeds gemeld in die binneland geleë en was afhanklik van handel vir sy voortbestaan.
Nie veel is bekend oor die totstandkoming van hierdie gemeente nie. Dit is egter heel moontlik dat die gemeente se totstandkoming iets te doen gehad het met ’n vrou met die naam van Lidia, ’n purperverkoopster (’n duur en luukse pers wolmateriaal), of lede van haar huishouding, wat in Tiatira woonagtig was en wat die Evangelie van Jesus Christus op ’n handelsbesoek aan Filippi gehoor het, terwyl Paulus daar langs die rivier gepreek het (Hand.16:14-15). Dit kan egter ook wees dat Paulus die gemeente daar tot stand gebring het op een van sy sendingreise (Hand.19:10). Die geestelike klimaat in Tiatira was ook nie veel anders as sy buurman na die weste toe, nl. Pergamum. Immoraliteit en afgodery het ook hier hoogty gevier.
· Die Beeld van Christus:
Openb.2:18b ~ So sê die Seun van God, wie se oë soos vuur vlam en wie se voete soos geelkoper is. Dit gebeur nie dikwels dat Christus Homself voorstel as die Seun van God nie – Hy verkies gewoonlik eerder om Homself bekend te stel as die “Seun van die Mens”. Met hierdie bekendstelling verkies Hy egter om die ongewone benaming te kies en wanneer Hy dit doen is dit asof Hy vir ’n oomblik die sluier lig oor Sy persoonlikheid, ten einde Homself baie duideliker en prominenter as die Tweede Persoon in die Goddelike Drie-Eenheid te onthul.
Dit was nodig dat die gemeente in Tiatira duidelik moes weet dat Christus, God self is, omdat hulle bepaalde omstandighede hierdie sekuriteit van Christus se Goddelikheid, broodnodig gehad het.
Eerstens vind ons Sy karaktereienskap van alwetendheid en geregtigheid. Dit word weerspieël deur die feit dat Sy oë soos ’n vuurvlam is – Hy sien alles en Hy kyk noukeurig na alles – ook na hulle omstandighede, maar ook na hulle diepste motiewe (v.23) en omdat Hy sonde veroordeel, word Sy oë beskryf as vlammende vuur.
Verdere karaktereienskappe van Christus word uitgebeeld deur die uitdrukking voete soos geelkoper. Hierdie beeld verwys na Sy almag en Sy alomteenwoordigheid. Met “vlugtige voete” is Christus op elke plek met onbetwisbare mag. Vir die regskapenes (eerlikes en opregtes) is hierdie ’n bron van inspirasie (Hy is altyd daar), maar vir die sondaars en boosaards is hierdie feit, rede tot siddering.
· Christus se Aanprysing:
Openb.2:19 ~ Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle nou ook meer doen as tevore. Hier word vyf dinge vermeld, waarmee die Hoof van die Kerk (Jesus Christus) baie in Sy skik mee is en Hy sê aan hulle, dat Hy weldeeglik bewus is van hulle positiewe pogings om hierdie vyf eienskappe uit te leef.
- Eerstens sê Christus aan hulle dat Hy deeglik bewus is van hulle werke – Ek weet alles wat julle doen. Hierdie was dus ’n gemeente wat op wonderlike wyse die onderskeie behoeftes van haar lidmate aangespreek het en wat meer is, daar is groei in hierdie werke, m.a.w. elke keer as ’n mens vir ’n tydjie weg was en jy kom terug na hierdie gemeente, kon jy sien en ervaar dat hierdie pragtige werke met groter intensiteit en ywer uitgeleef en toegepas word - ...Ek weet dat julle nou ook meer doen as tevore (19c). Dit is voorwaar ook só, nl. dat goeie werke nie staties moet wees nie.
- Tweedens was hierdie gemeente by uitstek gekenmerk deur hulle liefde. Beide gemeentelede én besoekers het die onderlinge liefde in die gemeente geniet en waardeer. Daar is weliswaar nie baie mense wat sal kla oor aandag en omgee-liefde nie!
- Derdens het hierdie gemeente bekend gestaan as ’n gemeente met geloof. Die gemeente se vertroue in God om hul doelwitte te bereik was merkwaardig. Selfs tydens tye van swaarkry en terugslae (wat alle gemeentes maar van tyd tot tyd ervaar) was hulle geloof in die Here, onwrikbaar.
- Vierdens was hierdie gemeente nie suinig in haar beoefening van diensvaardigheid nie. Oënskynlik was talente nie skaars onder gemeentelede nie en hierdie talente was vrylik aangewend tot diens en opbou van andere. Dit is ook te betwyfel of hierdie ’n gemeente was waar net ’n handjievol van die gemeente al die werk gedoen het en dit wil voorkom asof al die aktiwiteite van die gemeente goed bygewoon is deur al die lidmate.
- Vyfdens was die Tiatiragemeente ook ’n groep gelowiges wat volhard het. Hoogs waarskynlik het hulle gedurende moeilike tye en tye van vervolging, die aangesig van God gesoek en gevra om wysheid en op Sy getroue leiding en versorging gewag. As ’n mens in ag neem wat die gelowiges in Klein-Asië beleef het t.o.v. ekonomiese welvaart en vervolging, was hierdie gemeente heel waarskynlik baie vergewingsgesind en geduldig.
Hierdie was ’n gemeente wat voorwaar die Vader geken het. Dit is selde dat ’n mens ’n gemeente raakloop waar al hierdie pragtige eienskappe gelyktydig aangetref word - liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding. En wat meer is, hulle het steeds gegroei wat hierdie eienskappe aan betref.
· Christus se Bestraffing:
Openb.2:20-23 ~ Maar Ek het dít teen julle dat julle die vrou Isebel laat begaan. Sy doen haar as profetes voor en leer en verlei my dienaars om onsedelikheid te bedrywe en afgodsoffervleis te eet. 21 Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar onsedelikheid bekeer nie. 22 Kyk, Ek gee haar aan ’n siekbed oor, en die mense wat met haar owerspel gepleeg het, aan swaar lyding-as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. 23 Haar volgelinge sal Ek deur ’n pessiekte om die lewe bring. Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Ek sal elkeen van julle straf volgens julle doen en late. Nadat ons gehoor het wat se uitmuntende gemeente hierdie was, kom Christus se bestraffing en besef ons dat ook hier maar probleme was ten spyte van al die goeie en die mooie – geen kerk kan en sal dus ooit ’n “vyfster-kerk” wees nie.
Net soos die gemeente in Pergamum, was die gemeente in Tiatira se een groot probleem ’n gebrek aan dissipline en die uitoefening daarvan. Uitermate geduld is betoon teenoor ’n vrou met die naam van Isebel. Hierdie was waarskynlik ’n bynaam ten einde ’n ooreenkoms te tref met die bose dade wat die vrou van koning Agab, koning van Israel, gepleeg het (Agab seun van Omri het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, meer as al sy voorgangers. 31 Dat hy voortgegaan het met die sondes van Jerobeam seun van Nebat was nog die minste; hy het ook met Isebel dogter van koning Etbaäl van die Sidoniërs getrou en die god Baäl begin dien en hom aanbid - 1Kon.16:30-31).
Presies wat was die sonde van Isebel?
- Eerstens moet ons daarop let, dat daar gedurende hierdie tydperk baie mense was wat hulle voorgedoen het as profete en is allerlei dwaalleer op hierdie wyse verkondig en versprei. Sommige het dit selfs op ’n voltydse basis bedryf en ander weer op ’n aan-en-af basis soos bv. Kajafas in Joh.11:49-52. Ook Isebel het haarself voorgedoen as ’n profetes en op dié manier haar eie sienswyses gepropageer. Hoogs waarskynlik het sy dit op ’n aan-en-af basis beoefen. Dit is duidelik uit Christus se bestraffing, dat Isebel, wat lidmaat was in Tiatira, haar –opgehou het met gru sonde en dat sy haar sonde geregverdig het deur as profetes op te tree – so asof sy haar sondige dade mag verrig omdat sy ’n profetes is en wat meer is, sy het medelidmate by hierdie sonde betrek en verlei.
- Tweedens moet ons na die kern van haar profesie kyk. Dit was baie eenvoudig en op die man af – in haar lering het sy mense aangemoedig om onsedelikheid en spesifiek, allerlei vorme van seksuele immoraliteite te pleeg, soos hoerery, owerspel, ens. Dit gaan ’n mens se verstand te bowe oor hoe dit moontlik is dat mense wat enersyds so vol liefde en diensbaarheid is en die vrug van die Heilige Gees uitleef, andersyds toe kan gee en mislei kan word deur dwaalleer, deur seksueel losbandig te leef – en tog het dit gebeur en gebeur dit steeds en sal dit steeds in die toekoms gebeur. Waarskynlik het die skuldige lidmate hulle sonde vergeestelik, want ons moet onthou dat seksuele losbandigheid en – sonde in daardie dae, sosiaal aanvaarbaar was (bv. tempelprostitute), soos wat egskeiding, saamblyery, homoseksualiteit, buite-egtelike verhoudings ens. vandag sosiaal aanvaarbaar is. Let net daarop dat hierdie algemeen aanvaarbare onsedelike optrede nie geduld is die kerk van destyds nie – hier kan verwys word na die besluit wat in Jerusalem geneem is in Hand.15:28-29 ~ Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie: 29 dat julle nie vleis moet eet wat aan ’n afgod geoffer is nie, ook nie bloed nie en ook geen dier wat verwurg is nie, en dat julle onsedelikheid moet vermy. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle reg. Hartlike groete. Waarskynlik was dit baie moeilik vir jong gelowiges wat uit ’n wêreld van aanvaarbare immoraliteit gekom het, om skielik gehoor te gee aan hierdie “Jerusalem-besluit”.
Die subtiliteit waarmee die slinkse Isebel hierdie sonde geregverdig het, het die aanvaarbaarheid van hierdie dade bevorder. Net soos Balak (sien die brief aan Pergamum) het Isebel ook die leer van God se genade op so ’n slinkse wyse gemanipuleer, dat dit selfs sonde soos afgodery en owerspel, geestelik aanvaarbaar en aanloklik laat voorkom het. As ons kyk na v.24 sien ons dat sy met ’n besondere vermoë van profetiese vaardighede, verklaar het dat God diep geheimenisse aan haar geopenbaar het. Christus verklaar ondubbelsinnig dat hierdie geheimenisse van die Satan is.
In Pergamum het ons kennis gemaak met die “troon van Satan”; hier in Tiatira kom ons egter iets wat nog meer boosaardig teë, nl. die “dieptes van Satan”. Hierdie “dieptes” het hoogs waarskynlik iets te doen gehad met die dwaalleer van die Gnostici. Die Gnostici was ’n stroming in die Christelike kerk wat hulleself beskou het as deel van ’n hoër geestelike stand – mense wat dieper dieptes in die waarhede en geheimenisse van die Woord kon bereik – hulle was die sg. intelligentsia van die kerk. Hulle het beweer dat hulle ’n uitgelese groepie was wat nuwe openbaringe van God ontvang het, terwyl die meerderheid ander gelowiges uitgesluit was van hierdie kennis. Hierdie uitgelese groepie was “die mense van die dieptes” Hierdie “dieptes” het hulle geglo, het hulle in staat gestel om selfs sonde na te jaag, sonder dat dit enige skadelike uitwerking op hul siele sou hê, terwyl die ander “minderwaardige gelowiges”, die sonde ten alle koste moes vermy, want indien hulle in aanraking daarmee sou kom, sou dit hulle oorheers, maar die intelligentsia – die “mense van die dieptes”, moes die sonde najaag, sodat hulle dan bewys kon lewer van hulle heerskappy oor die sonde. Húlle was dus die mense binne die kerk wat die “dieptes van Satan” beproef het. En Isebel was die profetes wat hulle in hulle kwaad gesterk het. G’n wonder dat Christus in Sy bekendstelling aan die gemeente, gesê het dat Hy oë soos vuurvlamme het wat oral kan sien, want daardeur wil Hy ook vir hulle sê: Ek weet wat julle besig is om aan te vang!
Christus sê ook in vers 23 dat Hy diegene wat volhard in hierdie sonde, met ’n pessiekte ombring, maar net voor dit word so iets terloops ingevoeg wat ons baie maklik mis kan lees – en dit is God se genade. Te midde van die geweldige oordeel wat Christus uitspreek, sê Hy in vers 22b ~ ...as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. Soos wat Hy vir Isebel ’n kans gegee het om haar te bekeer, gee Hy ook vir haar “bedmaats”, steeds die geleentheid om hulle te bekeer, selfs nadat Isebel finaal geoordeel is – wat ’n genadige God dien ons nie! Selfs Isebel kan vergifnis ontvang en vernuwe word, deur slegs belydenis en bekering en geloof in Jesus Christus!
Maar ook oor diegene wat hulle egter nie bekeer nie word ’n oordeel uitgespreek. En waarom doen Hy dit? Sodat Sy naam geëer kan word in al die ander gemeentes ~ Dan sal al die gemeentes weet dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond (v.23b). En let op wat sê Hy aan die einde van hierdie vers ~ ...dat dit Ek is, die Een wat die gedagtes en begeertes van die mens deurgrond. Christus deursoek ons gedagtes en ons begeertes. Dit herinner ons aan Hebr.4:12-13 ~ Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13 Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
· Christus se Raad:
Openb.2:24-25 ~ Maar vir julle ander in Tiatira, wat nie hierdie leer aanhang en nie die “diep geheimenisse van die Satan”, soos hulle dit noem, leer ken het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verpligting nie; 25 hou net vas wat julle het, totdat Ek kom. Genadiglik is daar altyd ’n oorblyfsel (“remnant”) wat getrou bly. Net so het hier, in Tiatira ook ’n klompie getroue lidmate oorgebly, m.a.w. nie almal in die gemeente het onder Isebel se misleiding verval en deelgeneem aan haar sonde nie. Dit is dan aan hierdie groepie lidmate wat Christus raad gee en Hy sê aan hulle, dat Hy geen ander verpligting op hul skouers lê, behalwe om vas te hou aan wat hulle het – hulle moet net getrou bly aan die Waarheid. Dit is so asof Christus vir hulle wil sê: Julle het swaar genoeg gekry met al hierdie smerige leuens en sonde in julle midde, dat ek nie nog ’n klomp ander op julle wil laai nie – hou julle maar net vas aan die waarheid en lééf dit! Wanneer Christus egter die woord “vashou” gebruik, gebruik Hy die Griekse woord, “krateo”, wat daarop dui dat die pad nie maklik gaan wees nie.
· Christus se Belofte:
Openb.2:26-29 ~ Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee. 27 Hy sal hulle met ’n ystersepter regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan. 28 Dieselfde mag en gesag het Ek ook van my Vader gekry. Daarby sal Ek vir elkeen wat die oorwinning behaal, die môrester gee. 29 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Christus sê dus vir die gemeentelede wat oorgebly het, dat indien hulle vashou aan die waarheid en al die beproewing en versoekinge deurstaan en derhalwe getrou bly aan Hom as Hoof van die kerk totdat Hy kom, Hy twee beloftes teenoor hulle sal nakom:
- Hy sal aan elkeen van hulle koninklike status verleen, soos wat Hý ontvang het. Reeds in hierdie lewe, sal hulle in die bevoorregte posisie verkeer om geestelike seën aan geestelike behoeftiges uit te deel, sodat nie net hulleself nie, maar ook diegene wat deur hulle geseën word, die ware lewe reeds hier op aarde kan begin ervaar en hulle sal dit doen deur vrede en vreugde en liefde en geloof en hoop aan alle mense en volke en nasies uit te deel. Dit sal o.a. gedoen word deur die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, maar ook deur die voorbeeld wat hulle teenoor alle mense sal uitleef – in voorbeeld en in daad. Hierdie koninklike status wat aan hulle belowe word, moet ook gesien word in die lig van 1Kor.6:2a en 3a ~ Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wêreld sal oordeel nie? ... Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? As konings gaan alle gelowiges saam met die Groot Regter, Christus Jesus, die wêreld en die engele oordeel!
- Die ander belofte wat Christus aan die getroue lidmate in Tiatira maak, is die belofte van die Môrester. Wie is hierdie Môrester? Dit is Jesus Christus. Wat beteken dit? 1Kor.13:12 verskaf aan ons die antwoord ~ Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. Ons sal Jesus Christus dus eendag ten volle ken in al Sy heerlikheid en ook in Sy heerlikheid deel. Ons sal verheerlik word en volkome geheilig word en ons sal volgens 1Joh.3:2, ...wanneer Jesus kom, soos Hy wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is!
[1] Bybelstudiereeks deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 12 Julie 2009

Boodskap deur Kobus van der Walt (12 Julie 2009)
“Die Brief aan die Efesiërs - 01” (Inleiding, Geadresseerdes en Groetewoord) [1]
Indien u hierdie boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons gaan vanoggend begin met ’n “reis” deur die brief aan die Efesiërs. ’n Brief wat deur baie beskou word as die mees praktiese brief in die Nuwe Testament. Andere weer sê dat hierdie brief die hoogtepunt is van al Paulus se geskrifte en dat dit die kroon span op sy teologie – dat dit die finale uiteensetting van Paulus se teologie is.
Baie mense het deur hierdie brief tot Christus gekom en ’n menigte gelowige is deur hierdie brief aangespoor tot goeie werke. John Mackay (’n voormalige president van die Princeton Theological Seminary) was so ’n persoon en hy het op ’n keer gesê: Never ... was the reality of Revelation more obvious and the reflective powers of the Apostle’s mind more transfigured than in the great book which is known by the title, The Epistle to the Ephesians. Hierdie was ook Calvyn se gunsteling brief.
Wanneer ’n mens sulke opmerkings oor ’n Bybelboek of ’n brief uit die Nuwe Testament hoor, kan jy nie anders as om opgewonde te wees en uit te sien daarna om deur dit werk nie. My gebed en vertroue is dat ons as gemeente saam, net so opgewonde oor hierdie brief sal raak en saam net so erns met hierdie brief sal maak as soveel duisende ander broers en susters in die geskiedenis van die kerk.
Die groot en oorheersende tema van hierdie brief is aan die eenkant Christus en aan die anderkant, die Kerk – as Bruid van Christus.
In hierdie brief kry ons te doen met ’n ryk teologie of leerstellinge t.o.v. die kerk en sal ons weldra sien dat die kerk nie ’n organisasie of instituut is nie, maar ’n lewende organisme wat saamgestel is uit baie afhanklike dele wat in noue verhouding tot mekaar staan. Christus is die Hoof van hierdie liggaam en die Heilige Gees is (in groot piëteit gesê), die lewensbloed van hierdie liggaam.
Die Nuwe Testament gebruik baie metafore om die Kerk te beskryf, metafore wat in die Ou Testament gebruik is vir die volk Israel. Beide word bv. Sy Bruid genoem (Hos.1:2; Jer.3:20; Openb.21:2). Die kerk (en Israel) word ook genoem, die familie of gesin van God (Ps.107:41; Jer.31:1; Ef.2); en ’n kudde (Jes.40:11; Ps.23; Luk.12:32; Hand.20:28-29). Daar word van die gemeente (en van Israel) gepraat as die druiwetakke, of die -lote (Jes.5:1-7; Joh15:5). Dit is egter belangrik om daarop te let dat die Ou Testament nooit na Israel verwys as God se liggaam nie. Daarteenoor praat die Nuwe Testament gereeld van die gemeente (die gelowiges) as Sy Liggaam (bv.1Kor.10:17 of 12:12).
Hierdie Liggaam van Christus (die Kerk) funksioneer deur die gebruikmaking van geestelike gawes en deur die verantwoordelikheid wat elke lidmaat het t.o.v. gemeensaamheid en gesamentlike aanbidding.
Daar bestaan geweldige wanopvattings oor wat die kerk van ons dag behoort te wees, en beslis ook onder ons eie Evangeliese Christene. Die probleem lê nie op die vlak van Bybelse terminologie en beskrywings nie, maar eerder op die vlak van wie is die Hoof van die Kerk? Hoe moet die kerk funksioneer? Kan ons die kerk bestuur soos ons wil? Waarvoor is daar iets soos die Kerk? Of, is dit om soos in Ef.3:10-11 gestel, dat die Kerk ...aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend (te kan maak)?
Wat die antwoord of antwoorde ook al mag wees, een ding wat soos ’n paal bo die
water uitstaan, is dat die kerk van ons dag oor die algemeen, té mensgesentreerd is en dat daar bitter min aandag aan God se eer geskenk word.
Dit is dan ook presies by hierdie punt waar die Brief aan die Efesiërs begin, nl. by die werk van die Goddelike Drie-Eenheid – Die Vader, Seun en die Heilige Gees.
Voor ons kortliks kyk na wie die skrywer van hierdie brief is en wanneer die brief geskryf is, net nog die volgende: Dit is baie interessant om te weet dat die vroegste manuskripte van hierdie brief, nie die naam Efese in die eerste paar verse gehad het nie. Dit is waarskynlik omdat hierdie brief ’n algemene omsendbrief was aan die al die gemeentes in Klein-Asië en het dieselfde brief waarskynlik die name van elkeen van hierdie gemeentes gedra – bv.: die gemeente in Pergamum; die gemeente in Smirna; die gemeente in Efese ens. (Kommentators soos R. Kent Hughes en James Montgomery Boice deel hierdie standpunt).
Hierdie feit het onmiddellik tot gevolg dat hierdie brief ’n algemene omsendbrief is en daarom kan ons vandag ook óns naam hier in vers 1 inskryf – Aan die Gemeente van Antipas in Vereeniging, en ons kan elke vers hierna op ons van toepassing maak – hierdie is dus ’n hoogs persoonlike brief wat ook aan ons wat deel is van hierdie besondere liggaam van Jesus Christus, geskryf is! As ons dít besef en ons, ons naam (Antipas) elke keer inskryf wanneer ons Efese sien, sal ons die werk van God ín ons én ons gemeente soveel beter verstaan en sal ons persoonlik ook bemoedig en versterk word.
Hierdie brief is dus ’n mini-kursus in die teologie wat aan óns as gemeente gerig word. John Stott het hierdie pragtige woorde as samevatting vir Efesiërs geskryf ~ The whole letter is thus a magnificant combination of Christian doctrine and Christian duty, Christian faith and Christian life, what God has done through Christ and what we must do in consequence.
Kom ons kyk dan nou na die eerste twee verse van hierdie wonderlike brief.
2. SKRIFLESING:
Ef.1:1-2 ~ Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. 2 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
3. DIE OUTEUR:
Ons sien dus dat vers 1 begin met die woorde ~ Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Kom ons kyk net kortliks na wie die outeur van hierdie brief dan is. Die skrywer stel homself aan ons bekend as Paulus. Hierdie Paulus se oorspronklike naam was Saulus en hy was van die stam van Benjamin en hy was waarskynlik vernoem na die eerste koning. Saulus was goed geskoold in wat ons vandag die sosiale wetenskappe sal noem, maar sy mees uitstaande skoling het hy in die Rabbynse studies onder die beroemde Gamaliël deurloop (Hand.22:3). Hy het ’n hoogaangeskrewe Rabbi geword en was lid van die Joodse Sanhedrin (die regerende Joodseraad in Jerusalem). Wanneer ons na Handelinge 22:4-5 kyk, was hy waarskynlik ook die mees geharde antichristelike leier in Jerusalem. Hy het die volgelinge van Jesus Christus met toegewyde passie vervolg. Hy was juis oppad om sommige van die gelowiges in Damaskus te gaan arresteer, toe hy op wonderbaarlike en dramatiese wyse in sy spore gestuit is en terselfdertyd, soewerein wederbaar is (Hand.9:1-8).
Nadat Saulus drie jaar in die woestyn in Arabië deurgebring het, word hy herder en leraar saam met Barnabas, Simeon, Lucius en Manaen in die gemeente in Antiogië. Gedurende sy eerste jare in die bediening, het Saulus bekend geraak as Paulus (Hand.13:9) – Die onbekeerde Saulus word wederbaar en hy neem terselfdertyd ’n nuwe naam aan, nl. Paulus.
Van Antiogië af, het die Heilige Gees hom saam met Barnabas uitgestuur op sekerlik die grootste sendingpoging in die geskiedenis van die kerk. Paulus word dus op hierdie stadium, God se unieke apostel na die heidene (Hand.9:15; Rom.11:13).
4. DIE GEADRESSEERDES:
Ons vind in vers 1b die naam van die geadresseerdes van hierdie brief ~ Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. Soos reeds gesê, was die geadresseerdes van hierdie brief waarskynlik nie net eksklusief dié van die Efesiërs nie, omdat die woorde in Efese nie in die drie oudste manuskripte voorkom nie.
Sonder om in detail op die argumente in te gaan waarom die naam Efese uiteindelik ingesluit is in die finale teks van die Bybel, kan ons net sê dat die mees algemene redenasie dié een is dat die brief ’n algemene omsendbrief was aan die sewe gemeentes in Klein-Asië wat onder Paulus se bediening tot stand gekom het en dat Efese beskou is as die hoofstad van die sewe en dat die brief waarskynlik eerste na Efese gestuur was.
Hoe het Efese daaruit gesien? Soos ons ’n paar Sondagaande gelede gesien het in ons studie van Openbaring, was hierdie gemeente in ongeveer 60-63 n.C. deur Paulus gestig en “gevoed” (Hand.18:19-21; 19:1; 20:16-38). Hierdie brief word dan ook gedurende hierdie eerste jaar of twee na die stigting van die gemeente aan hulle gestuur.
Hierdie was ’n gemeente wat in ’n uiters bevoorregte posisie verkeer het – die “grootte Apostel Paulus” het hierdie gemeente begin en die eerste groep gemeentelede het aan Paulus se voete gesit! Voorgangers van statuur het daar bedien en gedien en gehelp om die fondasie van hierdie gemeente te lê – o.a. ook mense soos Akwila (Hand.18:19,26), Apollos (18:24-28) en Timoteus (1Tim.1:3) – Dink jou in: Jy sit aan hierdie formidabele manne se voete om van die Woord te leer! En asof dit nie genoeg is nie, ontvang hierdie gemeente ook nog Paulus se eerste brief wat hy vanuit die tronk (waarksynlik in Rome – Ef.3:1) geskryf het (ongeveer 60 n.C. - Ef.1:1).
Ons het dus hier te doen met ’n gemeente waarvan die fondasies baie deeglik in die Woord gelê is. Dit is verder ’n gemeente wat in ’n ryk, bekende en vooruitstrewende stad geleë was – ’n stad wat bekend was vir sy handel, maar ook vir die Tempel van Diana – een van die sg. Sewe wonders van die wêreld (Hand.19:23-27). ’n Reuse opelug stadion wat nagenoeg 25 000 toeskouers kon neem, was ook hier geleë en gereelde strydwa wedrenne en gevegte met diere is hier gehou.
Met soveel weelde en oorvloed is korrupsie en sonde, natuurlik ook dikwels die natuurlike gevolg en te midde hiervan het die gelowiges in Efese gelewe en dit is aan hulle wie Paulus sy brief rig.
5. DIE HEILIGES IN EFESE:
Wanneer ons na vers 1b in meer besonderheid wil kyk, moet ons ongelukkig weer na die O.A.V. gaan kyk, omdat die N.A.V. baie gebrekkig vertaal is. Die O.A.V. lees ~ ...aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus. Beide die E.S.V. en die N.K.J.V. lees ~ To the saints who are in Ephesus, and are faithful in Christ Jesus. Ons sien dus dat die klem hier op die woord “heiliges” val. Wat sê die Grieks? Die Grieks praat nie hier, soos wat die N.A.V. dit vertaal, van “almal” in Efese nie, maar óók van die “heiliges”, of te wel hagios.
Die boodskap van die Bybel is van die begin tot die einde geskryf ten einde ons as mense terug te bring na God en onsself te help om ons voor God te verootmoedig en om ons te help om onsself te sien vir wie ons werklik in Christus Jesus is. Dit is dan ook die groot deurlopende tema van hierdie brief aan die Efesiërs en daarom begin Paulus ook die brief in vers een om hierdie saak aan te spreek, wanneer hy sê dat hy sy brief skryf aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus. Die heiliges! Die gelowiges! Diegene wie in Christus Jesus is! Ons vind dus hier, drie kenmerke van ’n gelowige – kom ons kyk daarna.
· Gelowiges is Heiliges:
Die Bybelse betekenis van die woord “heilige” is totaal anders as wat die wêreld daarvan maak. In die Rooms Katolieke Kerk bv. word daar verwys na ’n heilige, as iemand wat verantwoordelik was vir bepaalde “wonderwerke” of verskeie goeie dade – bv. Moeder Theresa, of Saint Christopher, ens. Die wêreld weer verwys dikwels na ’n “goeie persoon” as ’n heilige. Dit is egter ver verwyder van die Bybelse betekenis van ’n heilige. Bybels beteken die woord “heilige” om opsy gesit te wees, maar nie opsy gesit deur mense nie – nee, opsygesit deur God self – dit is iets wat geen mens dus kan doen nie – slégs God kan dit doen.
Moses moes bv. in Eksodus, in opdrag van die Here, die waskom en die altaar in die Tabernakel, heilig. Dit beteken nié dat Moses een of ander towerkuns beoefen het, deurdat die materiaal waaruit hierdie waskom en altaar gemaak was, nou skielik verander het in iets anders nie. Dit het ook nie heiliger geword nie. Dit beteken net dat hierdie artikels opsy gesit is – afgesonder is, vir die heilige tempeldiens. Dieselfde gebeur wanneer Jesus in Joh.17:17 bid ~ Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid (O.A.V.) en die N.A.V. sê ~ Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. Jesus het met hierdie gebed gebid dat ons opsygesit sal word, omdat Hy versoening vir ons sonde aan die kruis bewerkstellig het. ’n Gelowige word dus opsy gesit, of geheilig, wanneer God uitreik na die mens deur die krag van die Heilige
Gees; Hy hom wederbaar en so ’n wedergeborene dan in die Liggaam van Christus (die kerk) ingeplant word.
In die lig hiervan is elke gelowige dus ’n geheiligde en elke heilige is ’n gelowige. In ’n sekere opsig is elke gelowige dus ook afgeskei van die wêreld. Dit beteken natuurlik nie dat ons uit hierdie wêreld geneem is nie – dit beteken dat ons nie aan hierdie wêreld en sy magte behoort nie. Indien ons waarlik aan Christus behoort, beteken dit dat ons ’n nuwe geaardheid het; dat ons nuwe prioriteite het; dat ons nuwe doelwitte het. Ons behoort dus aan ’n totaal ander koninkryk as die koninkryk van hierdie wêreld.
Ons moet egter ook besef dat indien ons heilig verklaar is, impliseer dit nié dat ons nou sonder sonde is nie, maar dat ons beter af is as wat ons voor ons wedergeboorte was. Ons sal in hoofstuk 2 sien dat ons gered word uit genade en deur geloof alleen en nie op grond van goeie werke nie. Ons sal egter ook sien dat diegene wie gered is, deur God se genade werking, vooruit bestem is om goeie werke te doen. Anders gestel, ons word gered deur geloof alleen, maar ons word nie gered deur geloof wat alleen staan nie. Alle gelowiges is heiliges, maar alle gelowiges moet meer en meer heilig word.
· Gelowiges is Getrou:
In Ef.1:1b groet Paulus die gelowiges in Efese en noem hy hulle ook gelowiges . Die woord in die oorspronklike teks wat saam met gelowiges gebruik word is pistos. Wat daar dus eintlik in die Grieks staan is, ...aan die heiliges wat in Éfese is, en die getroue gelowiges in Christus Jesus. Ons sien dus in die tweede plek dat Paulus sê dat gelowiges, getrou is. En wanneer Paulus sê dat gelowiges getrou is, het hy twee dinge in gedagte: Die eerste en dit is ook die belangrikste, is dat gelowiges getrou in die uitlewing van hulle geloof sal wees. Dit impliseer dus dat ’n persoon wat die Evangelie van God se genade in Jesus Christus hoor, nou geloof in daardie Evangelie plaas, of te wel, daardie Evangelie glo.
Hierdie geloof bestaan uit drie elemente:
- Eerstens is daar ’n intellektuele element. Geloof impliseer dat dit uit inhoud sal bestaan. Vir geloof om te bestaan, moet daar inhoud wees wat verkondig word en wat verstaan en aanvaar moet word.
- Tweedens het geloof ’n emosionele element. Indien die inhoud van die geloof reg verstaan word, is dit nie iets wat maar sommer net van kennis geneem word en dan eenkant geplaas word en afgemaak word as interessant nie. Nee, geloof behels die dood van God se Seun, Jesus Christus vir my en jou. Wanneer ons dit verstaan en toe-eien, kan dit nie anders as om ons emosioneel te raak en het dit ’n diep en opregte liefde vir God tot gevolg.
- Die derde element van geloof is wilskrag. Wanneer iemand die evangelie hoor; daardeur aangeraak word en wedergeboorte plaasvind, sal die ware gelowige ’n persoonlike verbintenis (“commitment”) aangaan met Christus wat vir hom gesterf het en dit vra wilskrag en deursettingsvermoë van so ’n gelowige.
Tweedens moet gelowiges volhard in die geloof – volhard tot die einde toe. Jesus sê in Matt.10:22 ~ Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word (en dan hierdie woorde): Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. Dit is so dat ons as Gereformeerde Baptiste glo in die uitverkiesing wat impliseer dat God nie een van ons verlore sal laat gaan nie en dat God m.a.w. “met ons sal volhard” en dit is alles goed en wel, máár dit impliseer ook dat ons sal volhard – sal volhard in getrouheid aan Hom.
· Gelowiges is in Jesus Christus:
Laastens groet Paulus die gelowiges in Efese met die woorde, ... wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. Weereens is die N.A.V. nie ’n goeie vertaling hier nie en is die O.A.V. ’n meer letterlike vertaling van die oorspronklike teks, want daar staan, ...en die gelowiges in Christus Jesus. Hierdie is ’n baie belangrike gedagte, maar ons sal later in die brief in meer detail hierop ingaan, aangesien hierdie gedagte, die hart van hierdie brief is. Hierdie uitdrukking kom nege keer in Ef.1:3-23 voor en dit kom 164 keer voor in al die geskrifte van Paulus.
Hierdie uitdrukking beteken veel meer as net om in Christus te glo, of om gered te wees deur Sy soendood. Dit beteken in kort, om verenig te wees met Christus in een geestelike liggaam, sodat wat waar is van Hom, ook waar kan wees van gelowiges. In hierdie lig gaan Paulus so ver as om bv. in Ef.2:6 te sê ~ ...Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee. Hierdie is ’n baie moeilike begrip en die Woord gebruik verskeie beelde om dit aan ons te verduidelik – o.a. met die beeld van eenwording van man en vrou in die huwelik (Ef.5:22-33); die eenheid van die wingerdstok en die takke (Joh.15:1-17); die eenheid van die geestelike tempel waar die Christus die hoeksteen is en elke gelowige ’n steen (Ef.2:20-22); die eenheid van die Hoof, Christus en die ander ledemate van die liggaam in een organisme (1Kor.12:12-27), ens.
Of ons dit op hierdie stadium verstaan of nie, eenwording met Christus is in ’n sekere sin, die wese van ons redding, want sonder eenwording met Christus verkeer ons in ’n hopelose toestand, maar in Hom is ons toestand en ons hele wese een van heerlike oorwinning en vrede. Maar later meer hieroor.
6. SEËNBEDE:
Nadat Paulus die gemeente gegroet het, kom hy nou in vers 2 en hy spreek ’n seënbede uit oor die gemeente ~ Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Hierdie was ’n algemene manier van groet in die vroeë kerk. Genade (in Grieks = charis) beskryf God se liefde en goedheid jeens diegene wat God se guns, onverdiend ontvang het, en wie hulle geloof in Christus Jesus geplaas het. Eers kom die genade van verlossing en dan volg die vrede wat tussen ons en God deur Christus aan die kruis bewerkstellig is.
Om ’n broer of suster in die geloof op hierdie wyse te groet, is veel swaarder gelaai as om hom/haar bloot net op ’n algemene welwillendheidswyse te groet. Dit is terselfdertyd ’n erkenning van die feit dat die een wat groet en die een wat gegroet word, gesamentlike lede is van die Liggaam van Christus.
Iemand het eenkeer gesê dat genade die fontein is waaruit vrede vloei – vrede is dus die stroom. Omdat ons genade van God ontvang het, het ons vrede met God, daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan (Ef.4:7). Die Nuwe Testamentiese “vrede” is die ekwivalent van die Ou Testamentiese “shãlôm” wat in sy volste sin, geestelike welstand en volledigheid impliseer. Wanneer ons mekaar dus groet en die een vir die ander sê ~ Genade en vrede vir jou, sê ons dus eintlik vir mekaar: My broer, ek erken jou as ’n medegelowige in Christus Jesus en mag dit geestelik met jou baie goed gaan – mag jy geestelik groei en mag jy die vrede wat daar in Christus Jesus is, elke dag in jou lewe ervaar – daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan. En hierdie seënbede kom van God die Vader en van Jesus Christus, Wie een is met die Vader.
Dit is dus asof Paulus wil sê: Ek Paulus groet julle (aan die begin van vers 1) en dan gee hy ’n kort boodskappie (die res van vers 1 en die eerste twee woorde van vers 2) en dan sluit hy af deur al die eer aan die Here te gee, omdat die ganse boodskap van die brief; Sy Apostelskap en die feit dat die geadresseerdes in Christus gered is, alles van God die Vader en Jesus Christus kom!
Genade en vrede (ook) vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
[1] Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) op 12 Julie 2009

Tuesday, July 7, 2009
Bybelstudie oor Openbaring deur Kobus van der Walt - 05 Julie 2009
“Openbaring Ontsluit - 06” (Briewe aan Sewe Gemeentes ~ Pergamum) [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Die briewebesteller wat die sewe briewe uitgedra het, waarmee ons in Openbaring 2 en 3 te doen kry, het nou sy reis wat by die hawestad Milete begin het, oor land verder hervat en hy het noordwaarts gereis om sy derde brief aan die herder van die plaaslike gemeente te gaan oorhandig.
2. DIE GEMEENTE IN PERGAMUM (2:12-17):
· Die Geadresseerde Gemeente:
Openb.2:12 ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Pergamum, of soos in die O.A.V. genoem, Pérgamus. Die toestand in Pergamum was heeltemal anders as in die vorige twee stede waar die briewebesteller reeds aangedoen het, nl. Efese en Smirna. Pergamum was die Romeinse hoofstad in Klein-Asië. Dit was ook gesien as ’n akademiese stad, wat beskik het oor ’n baie groot biblioteek. Ongelukkig was hierdie ook ’n stad wat bekend gestaan het as die setel van paganistiese (of heidense) aanbidding. Die god van genesing is o.a. hier aanbid (slang wat gevleg is om staf = Mediese Vereniging van S.A. se embleem, asook die S.A. Militêre Gesondheidsdienste – die S.A.W. Mediesekorps). Keiseraanbidding was ook sterk aan die orde van die dag. Hierdie was dan ook die eerste stad in Asië wat ’n tempel ter ere van die keiser (Caesar) opgerig het.
· Die Beeld van Christus:
Openb.2:12b ~ So sê Hy wat die skerp swaard met die twee snykante het. Die Here Jesus identifiseer Homself hier op ’n baie eienaardige wyse – ’n tweesnydende swaard, of ’n dodelike swaard! Net by die aanhoor van hierdie bekendstelling van Christus klink dit asof hier slegte nuus of minder goeie kommentaar, aan die kom is en ’n mens
kan maar net wonder of hier ’n oordeel uitgespreek gaan word. Ek dink dat ons ’n aanduiding kry van wat aan die kom is, deur die besonderse beskrywing van hierdie swaard.
Ons sien in Openb.1:16 dat hierdie swaard uit Christus se mond kom ~ In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ’n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Hierdie swaard het dus beslis iets te doen met wat gesê gaan word in hierdie brief. Die swaard in hierdie geval, is dus Christus se kragtige Woord soos beskryf in Ef.6:17 ~ Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
Waarskynlik ’n nóg beter beskrywing van die Woord van God, vind ons in Hebr.4:12 ~ Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Ook 2Kor.10:4-5 ~ Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Hierdie swaard is dus baie, baie skerp – meer nog: dit het twee sulke skerp kante – dit spreek dus van verwoestende onoorwinlikheid! Soos wat Jes.55:11 tereg ook sê ~ So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. Ons sien dus dat hierdie swaard se eenkant, oortuig van sonde en die anderkant verskaf vrede; die eenkant verskeur die sluier wat ons sonde vir onsself bedek; terwyl die anderkant verskeur die sluier wat Christus vir ons verberg, sodat ons Hom kan sien; die eenkant verwond die siel; die ander vestig ons aandag op die Groot Geneesheer en laat die helende balsem oor ons verwonde siele spoel.
Die feit dat hier in die enkelvoud gepraat word (die skerp swaard), dui daarop dat daar net een gesaghebbende swaard is – net die Woord van God is dus gesaghebbend. Alle ander geskrifte is dus nié deur God geïnspireer nie.
· Christus se Aanprysing:
Openb.2:13 ~ Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar by julle waar die Satan bly nie.
Die adres op die koevert van hierdie brief kon dus ewe maklik gelees het: Aan die gemeente van Christus, naas die troon van die satan, Pergamum. Uit hierdie vers blyk dit duidelik, dat Christus in hierdie vers te kenne gee dat Hy minstens twee dinge van hierdie gemeente weet:
- Hy weet presies waar hierdie gemeente geleë is en hoe die omgewing, die mense en die geestelike klimaat van die stad daaruit sien. Dit mag dalk vir ons vreemd voorkom dat Satan oor aardse trone beskik, maar ons moet in gedagte hou dat hy die god van hierdie wêreld is en in hierdie koninkryk van hom, het hy baie onderdane. Onder hierdie onderdane is daar soveel wat so fanaties lojaal is aan hom, dat hulle enige iets sal doen om sy plan ten uitvoer te bring. Die plek waar sulke mense saamgevoeg word – of dit nou in besighede is, of sosiale klubs, casino’s, bordele, bendes, terroristegroepe, of waar ook al; dáár is Satan se troon. Enige groepering van mense wat ’n bose oogmerk het, kwalifiseer om ’n vesting vir die satan te wees.
Dit is egter die twee praktyke van afgodery wat ons reeds genoem het (die aanbidding van die god van genesing en die keiserlike aanbidding), wat hierdie stad by uitstek laat kwalifiseer het as ’n vesting of troonkamer vir die satan, want dit is beide mens (die keiser) en die satan (slang as simbool van satan) wat hier aanbid is. ’n Meer dodelike
kombinasie van aanbidding (mens en satan), kan daar nie wees nie. Dit is dan spesifiek hierdie twee vorme van afgodery wat Pergamum uitnemend laat kwalifiseer as “troon van Satan”.
Christus het geweet dat hierdie afgodsentrum uiters korrup kan inwerk op die inwoners van die stad, maar ook op die gelowiges in Pergamum. En op grond daarvan kom Christus en Hy prys die gemeente aan vir die feit dat hulle, hulself daarvan weerhou om deel uit te maak van hierdie bose aktiwiteite. Deur hierdie situasie kan ons ook leer dat ons geen verskoning het om kompromie te maak met ons geloof en ons oortuigings wat gegrond is op die Woord, wanneer ons in ’n omgewing beweeg, vakansie hou, werk ens., waar mense besig is met goddelose praktyke nie – ons moet, soos die gemeente in Pergamum, getrou bly aan die Naam van Jesus Christus en nie ons geloof in Hom, afsweer nie....
- Tweedens is Christus baie deeglik bewus van die gemeente se standvastigheid ten spyte van fel vervolging teen hulle. ’n Gemeente wat getrou bly aan hulle roeping en gehoorsaamheid aan God gaan noodwendig die spot en die hoon en die vervolging van die wêreld ervaar – veral ’n wêreld waar afgodery baie sterk aangehang word. Christus prys hierdie gemeente juis vir die feit dat hulle te midde van geweldige vervolging, steeds “die pad loop”. As voorbeeld van hulle gehoorsaamheid, maar ook waardeur hulle gaan, en die prys wat hulle daarvoor betaal, word Antipas (waarskynlik ’n getroue lidmaat) as voorbeeld genoem wat gesterf het vir sy geloof en oortuigings en getuienis. Die gemeente in Pergamum het voorwaar aanprysing nodig gehad, maar ook verdien.
· Christus se Bestraffing:
Openb.2:14-15 ~ Maar Ek het ’n paar dinge teen julle. Julle het mense daar wat die leer van Bileam aanhang. Hy het vir Balak geleer om die volk Israel van My afvallig te maak, sodat
hulle afgodsoffervleis geëet en onsedelikheid bedrywe het. 15 So is daar onder julle dan ook mense wat die leer van die Nikolaïete aanhang en dieselfde sondes doen.
Alhoewel Christus die gemeente aangeprys het, was hulle nogtans skuldig aan ’n paar dinge. En al was dit net ’n paar dinge, was dit nogtans ernstige oortredings. Eerstens het hulle mank gegaan onder ’n gebrek aan leerstellige (of dogmatiese) onderskeiding en tweedens was hulle laks in die toepassing van die tug in hulle midde.
Wanneer ons oppervlakkig na verse 14 en 15 kyk, kan dit lyk asof daar twee teologiese of dogmatiese strominge in die gemeente toegelaat is – dié van die Bileamiete en dié van die Nikolaïete. Die taalkonstruksie van die verse laat dit egter lyk asof dit twee verskillende groeperinge is wat hul stempel afgedruk het op die gemeente, maar as ons die verse parafraseer, sal dit waarskynlik help om die betekenis van die oënskynlik twee groepe, beter te verstaan – Dit is omdat julle verdraagsaam is t.o.v. die leer van Bileam, dat julle die Nikolaïete in julle midde verduur. Die gedagte van hierdie verse kan dus óf histories, óf kontemporêr geïnterpreteer word. Histories: Daar bestaan ’n genetiese identiteit tussen die dwaalleer van Bileam en dié van die Nikolaïete – beide behoort dus tot presies dieselfde soort dwaalleer.
Wat dit egter ook kan beteken is, kontemporêr geïnterpreteer, dat die een dwaalleer so sterk is, dat as jy eers daarvoor “geval” het, die ander een nie weerstaan kan word nie. In wese beteken hierdie twee benaderings egter op die ou einde presies dieselfde ding.
Wat was die leer van Bileam dan? Tyd ontbreek ongelukkig om in detail daarop in te gaan, maar u kan gerus Num.22-25:1-3 gaan lees om meer te wete te kom van die bediening van hierdie eienaardige profeet. In kort kan ons egter sê dat die aangrensende Moabiete, die Israeliete gevrees het, waarop koning Balak van Moab die profeet Bileam in diens geneem het om vloeke oor Israel uit te spreek, ten einde die Israelitiese weermag te verswak ens. God het egter nie toegelaat dat Bileam se vloeke enige effek het nie, inteendeel, Hy dwing Bileam om Israel elke keer te seën wanneer hy veronderstel was om hulle te vervloek. Bileam het egter teen betaling voortgegaan en meegehelp om Israel se sedes só te ondermyn, dat hulle die gramskap van God op die hals gehaal het en hulle uiteindelik tog tot ’n val gekom het.
In kort kom die leer van Bileam dus daarop neer, dat die aanhangers van Bileam so mislei word dat hulle sondig, deurdat hulle vrees vir en skuld oor sonde en die gepaardgaande straf daarop, net verdwyn en hulle geestelike groei derhalwe belemmer word. Dit opsigself lei dus logieserwys tot verdere sonde, wat selfs afgodediens en seksuele immoraliteit ingesluit het.
Wanneer ons na Christus se aanprysing kyk en dit vergelyk met wat so pas gesê is t.o.v. die leer van Bileam, dan maak dit amper nie sin nie, want sekerlik moes die “Pergamiete” tog die verskil gesien het as hulle so sterk gestaan het wat hul leer en lewe betref. Die probleem is egter dat hierdie leer van Bileam só subtiel was dat dit baie moeilik onderskei kon word. Hoe het dit gebeur? Die teologiese benadering van die leerstellinge van Bileam was om Goddelike genade teenoor die mens se verantwoordelikheid te verabsoluteer, m.a.w. daar is geleer dat wanneer jy ’n kind van die verbond is, jy genoegsaam geïsoleer word teen sonde en enige vorm van boosheid. Genade immuniseer dus die gelowige teen die skadelike effekte van allerlei sondige plesier.
Gelowiges, so het die Bileamiete geleer, is vry om die lewe te geniet saam met hulle goddelose bure, terwyl en solank hulle onder die verbond staan. As sout en lig is gelowiges in elk geval verplig om ten volle betrokke te wees by die wêreld, want sout raak nooit laf is dit op vleis ingevryf word nie. Wat meer is, so het hulle geredeneer, diegene wat gereeld betrokke is by wêreldse aktiwiteite, bekom meer en meer kennis en bekwaamhede om mense in die wêreld te help. Dít is in kort wat die teologie van Bileam gekenmerk het.
Alhoewel dit nie wil voorkom asof die meerderheid van die lidmate van Pergamum self skuldig gestaan het wat hierdie misleiding aan betref nie, was hulle té genadig jeens ander lidmate en mense in die omgewing wat wel skuldig was aan die aanhang van hierdie leer. Die gemeente was dus skuldig t.o.v. die tug. Dalk was ’n gejaag na meer lidmate, of verdraagsaamheid t.w.v. vrede en ’n strewe na eenheid; of ’n skeefgetrekte en onbybelse siening van die liefde, van die redes vir hierdie “blindeoog-gesindheid”, of kompromie van die gemeente.
U mag dalk wonder of die aanprysing wat die gemeente ontvang het, nie genegeer of weerspreek word deur die kritiek van Christus nie, want hoe is dit moontlik dat ’n gemeente aan die eenkant fel gekant kan wees teen heidense aanbidding, maar terselfdertyd kompromie maak wat haar leer en dissipline aan betref? Die kort en die lank daarvan is dat dit baie dikwels baie maklik is om die ooglopende en ernstige sondes te weerstaan, maar die subtiele beïnvloeding en/of leer van vooraanstaande lidmate is nie altyd so maklik onderskeibaar nie en is ook nie altyd so maklik om te onderdruk nie – en dít was die probleem in die gemeente in Pergamum.
· Christus se Raad:
Openb.2:16 ~ Bekeer julle nou, anders kom Ek gou na julle toe en sal Ek daardie mense bestry met die swaard van my mond. Christus waarsku die gemeente om hulle te bekeer en die regte te doen, m.a.w. dit was nodig dat hulle, hul teologie en dissipline moes uitsorteer. Indien hulle dit nie doen nie, sal Hy toetree en met vinnige en ongenaakbare oordeel. Dit is belangrik om daarop te let dat Christus nie dreig om die gemeente in geheel te oordeel nie, maar slegs daardie mense in die gemeente wat skuldig is aan kompromie en sonde. Daar is dus geen wegkruipplek of wegkomkans vir die skuldiges nie. Die oordeel sal gefel word deur die swaard van Christus se mond – dit is Sy Woord! Die patroon regdeur die Woord, is dus eers ’n Profetiese oordeel wat uitgereik word en dadelik opgevolg word met fisiese straf wat baie dikwels baie subtiel uitgevoer word. Die Korintiërgemeente is hier ’n sprekende voorbeeld van hierdie optrede van die Swaard van Christus se mond ~ ...want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur ’n oordeel oor homself. 30 Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. 31 As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. 32 Maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie (1Kor.11:29-32).
· Christus se Belofte:
Openb.2:17 ~ Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom ’n wit steentjie gee met ’n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry. Na die kras waarskuwing wat die gemeente ontvang, is daar ’n boodskap van sekuriteit en opbou van geloofsvertroue. Hierdie boodskap vir die oorwinnaars sluit die verborge manna in, asook ’n wit steentjie met ’n nuwe geheime naam wat net bekend is aan die eienaar van die steentjie.
Hierdie verborge manna wys terug na die manna wat binne in die verbondsark was (Eks.16:32-34 ~ Moses het ook nog gesê: “Die Here het beveel: ’n Volle twee liter manna moet vir die nageslag bewaar word sodat hulle die kos kan sien wat Ek julle in die woestyn gegee het nadat Ek julle uit Egipte bevry het....”
Hierdie manna in die Ark het weer heengewys na Christus Jesus in Sy volheid. In hierdie lewe kan ons Christus as die ideale manna – die Brood van die Lewe, ervaar (Joh.6:33,35). Sonde het egter tot gevolg dat ons nie Christus in Sy volheid kan ervaar en geniet nie. In die hiernamaals sal ons Christus egter in Sy volmaakte volheid ervaar, maar vir diegene buite Christus, is hierdie manna in hierdie lewe en soveel te meer in die hiernamaals, verborge en buite bereik.
Die wit steentjie getuig van onverganklike en ewige seën. Die kleur van die steen (wit) dui op reinheid – die reinheid van elke gelowige se ewige saligheid.
Die naam op die steen dui op ewige en Goddelike eienaarskap van elke gelowige individu. God se uitverkorenes is dus uitgesonderde en spesiale mense. Die eindelose en veeltalligheid van die hiernamaals sal nie die uniekheid van elke individuele gelowige ondermyn nie en sal derhalwe nie afbreuk doen aan die kwaliteit en belangrikheid van elke individu nie – elkeen sal dus maksimale en ewige heerlikheid ontvang.
Die nuutheid van elke naam herinner aan Jes.62:2-3 ~ Die nasies sal sien dat jy gered is, Jerusalem, al die konings sal sien dat jy mag het. Jy sal ’n nuwe naam kry, ’n naam wat die Here self vir jou gekies het. 3 Die Here sal jou soos ’n sierlike kroon in sy hand hou, jou God sal jou soos ’n koninklike tulband vashou. Hierdie nuwe naam dui op onbeskryflike heerlikheid en ervaring en voorreg wat ons in die hiernamaals sal ervaar, wat ongekend is in vergelyking met dit wat ons nou hier op aarde ervaar – en dit sal nooit terug getrek kan word nie!
Die feit dat hierdie nuwe naam net aan die eienaar daarvan bekend sal wees dui op die unieke ervaring wat elke individu van die heerlikheid sal ervaar en niemand anders sal weet hoe hy dit ervaar nie.
[1] Bybelstudiereeks deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 05 Julie 2009

Subscribe to:
Posts (Atom)