Sunday, June 24, 2012

Christ our Offering Lamb

1.    INTRODUCTION:
Paul says in verses like Rom.3:20 ~ For by works of the law no human being will be justified in his sight, since through the law comes knowledge of sin and Gal.3:24 ~ So then, the law was our guardian until Christ came, in order that we might be justified by faith.  When we look at these verses, it is crystal clear that no one can be saved and inherits eternal life through good works – the only way to be saved, is through Christ Jesus.

Paul also says a very interesting thing here in Rom.3 – he says that the law was given to man in order to reveal sin in part to man, but also to reveal God's gracious gift of cleansing man from sin.  Leviticus 5 does exactly the same:
·           It starts off with the things that have been left undone and are sin and then instructing the guilty in the way of purification.
·           When we look at the sins, mentioned here in Lev.5, it helps us in the second place, to understand the nature of "sins of omission" that much better,
·           But it also helps man in the third place, to appreciate God's high standard for holiness that much better.
·           A fourth thing is that this chapter also displays God's grace in providing for sinners – not simply in allowing them to find purification through sacrificial atonement, but in making it possible for everyone, even the very poor, to have access to Him.
·           Lastly, this chapter also introduces the requirement of confession for sin.  This part of the ritual was of crucial importance, because without confession, the offering was empty and no forgiveness could be obtained.

Sunday, June 17, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 02 (Christus die Middelpunt)

Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.


1.    INLEIDING:
       Die Hebreërskrywer rig hierdie skrywe van hom aan ’n groep gelowiges wie se geloof besig is om te kwyn. Hulle kry swaar en gaan gebuk onder Nero se vervolging en die vraag het heelwaarskynlik by baie van hulle opgekom: Tot watter mate is God nog betrokke by ons en die wêreld om ons? Is God nog regtig betrokke? Is dit nie maar dieselfde vraag wat baie dikwels in gelowiges in ons dag se gemoed opkom nie – dalk in jou gemoed? Is God nog regtig betrokke by ons? Kyk net hoeveel mense word verkrag en beroof en vermoor! Aborsie is aan die orde van die dag. Honderde mense word vandag in Sirië afgemaai. Daar heers grootskaalse korrupsie in die regering. Kyk maar hoe gaan dit in die kerk in ons dag, ens. Is daar hoop vir ons land; vir die wêreld; vir my?


Sunday, June 10, 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 01 (God se Selfopenbaring)

Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.

1.    INLEIDING:
       Stuart Olyott sê in sy boekie, I Wish Someone Would Explain Hebrews To Me!: Every Christian needs to understand Hebrews. If they do not, they will misunderstand the Old Testament and willl also fail to fully appreciate what our Lord Jesus Christ has done, what he is doing now, and what He is going to do in the future. As a result they will remain spiritually stunted (ingeperk, geestelik "agterlik").

       Ene Dr. Charles Feinberg het gereeld vir sy studente gesê dat hulle Hebreërs nie sal verstaan as hulle nie die boek Levitikus verstaan nie, omdat Hebreërs gebaseer is op die beginsels soos vervat in Levitikus. Hy het egter ook sy studente bemoedig deur vir hulle te sê, dat hulle nie bekommerd moet wees nie, want teen die tyd dat hulle deur Hebreërs gewerk het, sal hulle Levitikus ook verstaan. Dit sal dus goed wees as julle tuis en op julle eie tyd, self deur Levitikus sal lees en werk, omdat Levitikus o.a. talle seremoniële simbole bevat wat aangespreek word in Hebreërs.

       Voor ons op ’n reis deur Hebreërs gaan, is dit noodsaaklik dat ons eers kyk na belangrike agtergrond aspekte en waarteen ons Hebreërs moet lees, preek en verstaan. Dit is ook belangrik dat ons hierdie dinge voortdurend in gedagte sal hou, wanneer ons Hebreërs bestudeer en daarom moet julle nie nou net luister na wat ek gaan sê nie, maar julle moet ook hoor wat ek sê.

       Hebreërs is by verre die beste kommentaar oor die Ou Testament. Dit verklaar vir ons die Ou Testamentiese geskiedenis. Dit verklaar vir ons die vervullings van die Ou Testamentiese profesieë. Dit verklaar vir ons die Ou Testamentiese seremonies en – offers wat almal heenwys na Christus, die groot en volmaakte offer wat vir ons sonde gebring is – wat heenwys na die ware Priester en Tussenganger tussen ons en God.


Thursday, June 7, 2012

Jakobus versus Paulus

Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.

1.     SKRIFLESING: 
Jak.2:14-26 ~ Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? 15Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. 18Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. 19Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs. 20Jou dwaas, wil jy ’n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? 22Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. 23So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is ’n vriend van God genoem. 24Julle sien dus dat ’n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie. 25Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ’n ander pad laat ontkom het nie? 26’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.

2.    INLEIDING:
Baie gelowiges voel baie ongemaklik met die brief van Jakobus, omdat hulle sê dat dit lynreg teen Paulus se lering staan.  Ekself het baie jare gesukkel om werklik te verstaan waarom Jakobus se lering en Paulus se lering oënskynlik teenstrydig is.  

Jakobus beklemtoon die feit dat geloof dood is sonder werke, daarom dat hy in v.17 sê ~ So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.  In v.20 herhaal hy dieselfde boodskap, deur te sê ~ So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Paulus daarenteen sê in Ef.2:8-9 ~ Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God.  9Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.  Paulus beklemtoon dus die feit dat ons op grond van geloof en net geloof alleen, gered word.  Ons regverdiging en die ontvangs van die Heilige Gees het dus niks te doen met ons eie werke of gehoorsaamheid aan die Wet nie.

Die kern van Paulus se prediking in veral Galasiërs en  Romeine, maar ook in sy ander briewe, is die feit dat ons uit genade gered word, deur geloof en hierdie redding kom nie uit onsself nie, want dit is ’n gawe van God.  Paulus het terselfdertyd enige persoon wat geleer het dat jy geregverdig word deur werke, met al sy krag en mag geopponeer.

Wie is dan nou eintlik reg en wie is verkeerd en hoe is dit moontlik dat een verkeerd kan wees en nogtans word hy aangehaal in die Woord en word sy skrywes gesien as outentiek en deel van die kanon van die Bybel?  Het ons hier  dalk te doen met twee strome in die teologie wat in konflik staan teenoor mekaar?

3.    JAKOBUS VS. PAULUS:
Ons moet eerstens verstaan dat nie een van die briewe in die Nuwe Testament aan óf dieselfde mense geskryf is; óf op dieselfde tyd geskryf is; óf onder dieselfde omstandighede; óf met dieselfde motief geskryf is nie.

As ons dit in gedagte hou begin ons ’n klein bietjie beter verstaan dat hier tog dalk nie konflik in opinie bestaan nie.

’n Verdere feit wat ons in gedagte moet hou, is dat Paulus en Jakobus onder woorde "geloof" en "werke: nie dieselfde ding
verstaan nie.

Wat geloof aan betref, stel Paulus primêr belang in geloof wat die grondslag vorm vir die Christelike lewe.  Dit is waarskynlik hierdie selfde "geloof" waarna Jakobus verwys in Jak.2:19 wanneer hy sê ~ Glo jy dat daar net een God is?  Dit is reg.  Jakobus verklaar dus dat dit goed is wanneer jy glo in God.  Daar bestaan dus geen behoefte by hom om geloof "af te maak" as minder belangrik , of selfs onbelangrik is nie.  Trouens in Jak.2:5 sê hy juis dat diegene wat ryk is in die geloof, die Koninkryk van God sal beërwe.

Jakobus ontken dus nêrens die noodsaak aan geloof vir redding nie.  Jakobus laat val sy "soeklig" op die kwaliteit van geloof by "volwasse gelowiges" en die ontwikkeling of groei van "jong gelowiges".

Wanneer Paulus van "werke" praat, praat hy van "werke van die Wet", terwyl Jakobus dit nooit in daardie sin gebruik nie, maar eerder in die sin van barmhartigheidsdiens, of liefdesdiens.

Die tipe werke waarvan Jakobus dan praat, is presies dieselfde as dié wat Paulus aanprys, wanneer hy praat van "geloof wat tot uiting kom in liefde."

Ene Douglas Moo beskryf dit as volg:  Die verskil tussen Jakobus en Paulus bestaan in die opeenvolging van werke en bekering:  Paulus ontken die invloed van "VOOR-bekerings" werke, terwyl Jakobus pleit vir die absolute noodsaaklikheid van "NA-bekeringswerke."

Vir baie jare in die teologie, moes "arme Jakobus" homself altyd teen Paulus "verdedig".  Een van die redes was dat baie mense Paulus altyd gesien het as meer geestelik volwasse, of verder gevorder op die teologiese leer.  Dit alles was uiters onregverdig teenoor Jakobus, omdat Paulus en Jakobus se teologie, of standpunte teen die agtergrond van hul eie konteks gelees moet word en nie teen ’n agtergrond van sg. "geestelikheid" nie.

Ene Richard Bauckman sê dat, indien Jakobus, Paulus se standpunt oor geloof probeer ondermyn, hy nié baie suksesvol in sy poging is nie.  Die hoofsaak waaroor dit vir Paulus gaan, soos bv. die besnydenis; die saam eet met heidene en ander voedselwette, word nie eens aangespreek deur Jakobus nie.

Indien Jakobus dan besig is om te verskil van Paulus, dan sou hy tog sekerlik hierdie aspekte aangesny het.  Trouens, wanneer ons Jakobus se brief teen die agtergrond van verskeie ander Joodse geskrifte lees wat oor dieselfde sake handel, dan maak Jakobus se brief baie meer sin.  Ons het dus nie nodig om ’n debat te voer oor wie nou eintlik reg en wie verkeerd is nie.  Nee, Jakobus en Paulus se fokuspunte lê net op verskillende sfere in die teologie.

Die oënskynlike verskille wat daar moontlik tussen Jakobus en Paulus mag bestaan, word ongelukkig dikwels uitgelig, in plaas daarvan dat daar eerder gekyk word na die dosyne ooreenstemmings tussen twee Bybelskrywers wat beide onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het.  Wanneer ’n mens so daarna kyk, kom jy agter dat die twee mekaar eintlik pragtig aanvul.

Ons het gesien dat Jakobus sy soeklig laat val op die kwaliteit van geloof onder gelowiges, terwyl Paulus weer na werke van die Wet verwys.  Paulus se "werke-uitdrukking" kom dus vóór wedergeboorte, m.a.w. dat géén mens gered kan word deur werke nie.  Terwyl Jakobus weer die noodsaak van werke ná wedergeboorte beklemtoon en wel in terme van o.a. barmhartigheidsdiens, of te wel liefdesdiens, ens.

4.    DIE AARD VAN OPREGTE GELOOF:
Kom ons kyk nou die aard van ware geloof.  In v.14 van Jak.2 vra Jakobus die vraag ~ Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red?  Eintlik het Jakobus hierdie vraag alreeds in die vorige gedeeltes van sy brief beantwoord, deurdat hy dit aanmekaar beklemtoon dat ware en opregte geloof tot uitdrukking kom in aktiewe, God-verheerlikende werke.

In die lig van wat Jakobus tot nou toe geskryf het, is die logiese antwoord op sy vraag, of iemand gered kan word sonder werke, ’n baie besliste NEE.

Belangrik om daarop te let, is die feit dat Jakobus in sy redenasie nié die klem laat val op geloof wat aanvanklik nodig is vir redding en/of die volgehoue geloof wat nodig is om die "wedloop te voltooi nie".  Nee, aan die een kant laat val hy die klem op die kontras tussen vergeefse-, of vrugtelose geloof en aan die anderkant, effektiewe-, of doeltreffende geloof.

Die werke of dade wat Jakobus in gedagte het, is soos reeds gesê, dade wat verband hou met dade van o.a. welwillendheid en vrygewigheid, liefdesgawes; gasvryheid; bemoediging; ens., maar die feit dat hy na Abraham en Ragab verwys, dui tog ook aan dat hy iets meer in gedagte het as bloot net vrygewigheid, ens.

Jakobus sê dus vir ons dat geloof wat bloot net ’n openbare en mondelingse getuienis is, of ’n verstandelike- en teologiese toe-eiening van ’n "suiwere" leer, onvoldoende is vir opregte en ware geloof.  Indien daar nie getuienis is van ’n geloofslewe wat gepaard gaan met opregte dade nie, is dit ’n futiele geloof wat nié kan uitloop op redding nie.

Om hierdie feit te illustreer, kom Jakobus soos ’n ware en goeie leraar en hy illustreer dit wat hy sê aan die hand van die voorbeeld in vv.15-16 ~ Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?  Jakobus sê dus dat sulke geloof soos wat hierdie hardvogtige mense in vv.15-16 openbaar, niks anders as dood is nie.

Dit laat my dink aan die verhaal van ’n man wie se perd gevrek het en terwyl daar ’n klomp mense rondom hom en die perd staan en simpatiseer met hom, kom daar ’n predikant aan – hy het sy hoed van sy kop gehaal en na die man wat die hardste en meeste gesimpatiseer het, uitgehou en vir hom gesê:  Ek is ’n "R100 jammer", hoeveel is jy jammer?  Daarna het hy sy hoed in die rondte gestuur.  ’n Belydenis vereis optrede, anders is die nie opreg nie.

Wanneer ons geneig is om te praat oor ons geloof in Christus en die waarheid van Sy Woord, maar ons doen nie veel nie, is ons "geestelik in die moeilikheid."   Wanneer ons nie veel oor het vir andere nie; wanneer ons nie bereid is om ons geld, of ons tyd met andere te deel nie; wanneer ons nie simpatie met andere het nie; wanneer ons nie tyd maak vir andere nie; wanneer ons nie gasvry is nie, ens., moet ons voorraadopname maak van ons geestelike lewe – moet ons kyk wat in ons siele aan die gang is.  Jakobus sê ~ as (geloof) nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood (v.17).

Dit is so ironies as Jakobus in v.18b sê ~ ...wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.  Luister mooi wat hy sê.  As ons twee mense hier langs mekaar sit en die een praat net die heeltyd oor sy geloof, terwyl die ander een doen wat hy glo – wie sal jy glo is die ware gelowige?

Dit is verder interessant om te sien dat Jakobus se broer die Here Jesus self, saam met Jakobus stem wanneer Hy Sy gelykenis van die saaier in Matt.13 vertel.  Die eerste drie tipes grond het geen vrug opgelewer nie, maar hoor wat sê Jesus in Matt.13:23 ~ Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.  Ware en opregte geloof bring vrug voort en hierdie vrug is optrede – dit het aksie tot gevolg!  Aan die einde van die Bergpredikasie waarsku Jesus ons as Hy sê ~ Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ’n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? 17Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. 18’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom nie goeie vrugte nie. 19Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.”  21“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is (Matt.7:16-21).

U sal met my saamstem dat geen voël kan vlieg met net een vlerk nie.  Geloof en werke is soos die vlerke van ’n voël.  Daar kan geen lewe wees as daar net en van die twee teenwoordig is nie.

Jakobus sluit sy betoog af met amper ’n absurde vergelyking – hy sê in v.19 ~ Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs.

Daar is nie ’n enkele demoon in die ganse heelal wat nie glo dat God die enigste ware, lewende en heilige God is nie.  Daar is nie ’n enkele demoon wat nie glo en weet dat God Drie-Enig, God is nie – hulle glo aan God die Vader, God die Seun Jesus Christus en God die Heilige Gees.  Daar is waarskynlik talle demone, indien nie almal nie, wat jou en my persoonlik ken.  Ja daar is waarskynlik selfs demone wat die 1689 Baptiste Belydenis uit hul koppe ken.  Sommige demone is briljante teoloë.  Trouens, sommige demone beskik oor beter teologie as waaroor ons saam mag beskik, MAAR Jakobus sê ~ Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs (Jak.2:19b).

Hoor ’n bietjie wat sê Lukas in Hand.8:13 ~ Selfs Simon het gelowig geword. Hy is gedoop en het Filippus oral vergesel. Hy was verstom oor die groot tekens en kragte wat hy sien gebeur het.  ’n Entjie verder lees ons in vv.18-23 ~ Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang as die apostels hulle die hande oplê, het hy hulle geld aangebied 19en gesê: “Gee my ook hierdie bevoegdheid sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.”  20Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? 21In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. 22Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. 23Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.” 

Simon se geloof het vir hom net so min beteken as wat die demone se geloof vir hulle beteken het, trouens dit beteken dalk selfs nog minder as wat dit vir die demone beteken, want ten minste sidder die demone van angs.

5.    AFSLUITING:
Geliefdes, het julle "twee vlerke"? Waarom "twee vlerke"? Besef jy waaruit jy en ek gered is? Besef jy hoe groot God se genade is om ons te kon red? Beskik jy oor ’n ewigheidsperspektief? Dan sal jy uit dankbaarheid, goed wil doen ten einde lof aan jou Koning te bring en Hom te behaag deur jou optrede en te getuig van Wie jy aanbid.


[1] Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te Vaaldriehoek Baptiste Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 18 September 2011

Sunday, June 3, 2012


Die Doring in My Vlees - 06
(My Verlede – Self-Konfrontasie)

1.    INLEIDING:
       Ons kom vandag by die laaste blokkie van ons reeks, nl. daardie deel van ons verlede waar ons skuldig was en gesondig het .... en toe, net om die spreekwoordelike kersie op die koek te sit, tree ons verkeerd op en sondig ons weer! Mislukking word dus opgevolg deur mislukking. Sonde word opgevolg deur sonde.

       Net om ons gedagtes weer te verfris:
·           Ons eerste blokkie het gegaan oor ons onskuldige verlede en waar ons reg opgetree het.
·           Tweedens het dit gegaan oor situasies waar ons onskuldig was, maar waar ons verkeerd en sondig opgetree  het.
·           Verlede week het ons gekyk na situasies waar ons  skuldig is – m.a.w. waar ons die oorsaak was van ons situasie, maar waarop ons reg gereageer het.
           


Onskuldig
Skuldig



Jou Reaksie

Reg
1
(Jou reaksie was welgevallig voor God)
3
(Jy sondig, maar jy het dit reg hanteer)

Verkeerd
2
(Jy het jou omstandighede nie oor jourself gebring nie, maar jy het nogtans verkeerd reageer )


            Net soos met die vorige drie kategorieë, is dit belangrik dat ons ook die vierde faset van ons verlede (of ons vierde blokkie) sal hanteer en nie alleen sal hanteer nie, maar korrek sal hanteer, want as ons dit nie doen, sal ons agterkom dat ons steeds in die modder van die troebel viswaters van ons verlede, vasgeval sit. Die Spreukeskrywer sê in Spr.28:13 ~ Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Dit is ’n belofte in die Skrif – die goeie nuus is egter dat daar hoop en lig en vergifnis in die toekoms lê, vir elkeen wat mislukkings en sonde van die verlede reg hanteer – Bybels hanteer.

       Waarskynlik een van die beste, maar tog ook hartseerste verhale in die Woord van iemand wat sondig/skuldig opgetree het en toe weer daarop gesondig het, was koning Dawid.




Skuldig

Jou Reaksie





Verkeerd

4
(Jy sondig en jy tree nog verder verkeerd op)

2.    SKRIFLESING:
       2 Sam.11:1-15. Ons vind vier beginsels in ons Skrifgedeelte van vanoggend, wat ons kan help om sonde vinnig, effektief en volledig te hanteer. Kom ons lees egter eers ons Skrifgedeelte ~ In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik optrek om oorlog te maak, het Dawid op ’n keer vir Joab en sy soldate en die hele Israel uitgestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. 2Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy ’n vrou sien bad. Sy was ’n baie mooi vrou. 3Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.” 4Dawid het toe amptenare gestuur en haar laat haal. Dit was nadat sy haar reinigingsbad geneem het na haar maandstonde. Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap. Daarna is sy terug huis toe. 5Die vrou het swanger geword en vir Dawid laat weet: “Ek is swanger.” 6Dawid het op sy beurt ’n boodskap na Joab toe gestuur: “Stuur vir Urija die Hetiet hiernatoe.” Joab het hom na Dawid toe gestuur. Urija het by hom gekom, en Dawid het hom gevra hoe gaan dit met Joab en die leër, en hoe vorder die oorlog. 8Hierna het Dawid vir Urija gesê: “Gaan nou maar huis toe en rus ’n bietjie.” Toe Urija uit die paleis gaan, het die koning ook nog ’n geskenk agter hom aangestuur. 9Maar Urija wou nie huis toe gaan nie en het by die paleisdeur gaan slaap saam met die slawe van die koning. 10Hulle het vir Dawid gaan sê: “Urija was nie huis toe nie.” Dawid vra toe vir Urija: “Jy was mos lank weg, waarom gaan jy nie huis toe nie?” 11Sy antwoord was: “Sou ek huis toe gaan om te eet en fees te vier en by my vrou te slaap, terwyl die ark en Israel saam met Juda in hutte woon en my aanvoerder Joab sowel as u soldate in die oop veld kamp opslaan? Dit sal ek beslis nooit doen nie!” 12Dawid het Urija toe beveel: “Bly vandag nog hier! Môre stuur ek jou terug.” Urija het daardie dag en die dag daarna in Jerusalem vertoef. 13Toe het Dawid hom geroep en saam met hom geëet en gedrink. Hy het hom selfs dronk gemaak. Maar die aand het Urija uitgegaan om op sy gewone plek saam met die slawe van die koning te gaan slaap. Hy het nie huis toe gegaan nie. 14Die volgende oggend het Dawid ’n brief aan Joab geskryf en saam met Urija gestuur. 15In dié brief het hy geskryf: “Gee tog aan Urija ’n plek op die voorpunt waar die geveg kwaai is. Val dan terug sodat hy in die slag kan bly en sneuwel.”

       Ons ken die verhaal verder en weet dat Urija wel gesneuwel het op die oorlogsfront; dat Dawid met Urija se vrou getrou het; dat daar ’n seun vir hulle gebore is; dat Natan vir Dawid gekonfronteer het met sy sonde, deurdat hy ’n gelykenis aan Dawid vertel het wat eintlik vir Dawid geïmpliseer het; dat Dawid homself veroordeel het deur aan Natan te gesê het dat die man in Natan se gelykenis, dood gemaak moet word oor wat hy gedoen het, waarop Natan vir Dawid gesê het ~ Jy is die man! (12:7). Ons weet verder ook dat Dawid se vrouens van hom weggeneem is en dat Dawid se skande openbaar gemaak sou word (12:11-12). Ons weet ook dat Dawid se kind wat by Urija se vrou verwek is, van hom weggeneem is deur die dood (12:14). Ons weet egter ook dat Dawid sy sonde besef het en dit voor die Here bely het (12:13a), waarop Natan in 12:13b vir hom gesê het ~ Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie.

       Ek het gesê dat ons vier beginsels in ons Skriflesing vind wat ons kan help om sonde vinnig en effektief te hanteer, sodat ons nie nog verdere verkeerde besluite na aanleiding daarvan sal neem nie. Indien ons nie hierdie beginsels toepas nie, sal sake net meer ingewikkeld raak vir ons en sal ons meer en meer vasgedraai raak in ons eie sonde en ons sondige verlede, deurdat ons steeds verkeerde keuses sal maak. Ons het daarom nodig dat ons ernstige en opregte self-konfrontasie sal uitoefen.
       Hierdie vier beginsels is:
·           Besef dat alle mense sonde in hul verlede begaan het.
·           Vra jouself die vraag af, hoe jy gereageer het nadat jy gesondig het.
·           Wees op jou hoede vir gevolge wat mag volg as jy
sonde nie spoedig aanspreek nie.
·           Verheug jou in die wete dat daar ’n oplossing is.

3.    ALLE MENSE HET GESONDIG:
       Ons moet besef dat alle mense – jy, wat gesondig het, nie noodwendig so boosaardig gesondig het, soos wat Dawid gesondig het nie – hier is nie een van julle wat moord gepleeg het, plus al die ander sonde wat daarmee gepaard gegaan het nie. Die Woord waarsku egter baie duidelik in 1 Joh.1:8 ~ As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Met dit alles gesê, moet ons egter ook die woorde van Hand.13:22b in gedagte hou, nl. ~ ...Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai ’n man na my hart gevind.

       As Dawid wat ’n man so na God se hart kon wees en die sonde begaan het wat hy wel begaan het, kan ons ook net so sondig. Die teendeel is egter ook waar, nl. dat indien Dawid wat so erg gesondig het, uiteindelik ’n man na God se hart kon word, dan kan ons ook. Ons moet dus besef dat alle mense sonde in hul verlede begaan het (ook ek en jy), maar dat dit ook volkome vergewe kan word!

       Dawid se ontmoeting met Batseba het gedurende die lente plaasgevind en dit was juis ...die tyd waarin die konings gewoonlik op(ge)trek (het) om oorlog te maak (2 Sam.11:1). Waarom Dawid nie saam met sy troepe gegaan het nie, is nie duidelik vir ons nie, maar die feit dat hy agtergebly het, het gely tot al sy moeilikheid.

       Terwyl Dawid op die dak van die paleis rondstap, sien hy Batseba bad - Batseba, die vrou van Urija wat een van Dawid se militêre kapteins was. Die teks dui nie vir ons aan of Dawid óf Batseba iets verkeerds gedoen het tot op hierdie stadium nie – dit mag wees dat sy heel onskuldig en onbewus van Dawid was en dat Dawid haar ook per ongelukkig gesien het – in beide gevalle was dit dalk ’n heel onbeplande en onskuldige situasie wat hom self afspeel op hierdie lentemiddag.

       Die res van die gebeure – meer korrek: die res van ’n hele klomp mense se toekoms, het op daardie oomblik aan die spreekwoordelike garedraadjie gehang – alles het afgehang van die "begeertes" van Dawid se hart – wat gaan sy volgende hartskeuse wees? Ten einde ons te help om hierdie keuse wat Dawid op daardie lentemiddag moes maak, beter te verstaan, skryf Jakobus die volgende in Jak.1:13-15 ~ Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood. Dawid kon dus ’n paar keuses gemaak het:
·           Eerstens kon hy geredeneer het, dat hy lojaal aan sy offisier wíl wees.
·           Tweedens kon hy besluit het dat hy alles in sy vermoë wíl doen om Urija en Batseba se huwelik te eer.
·           Hy kon besluit dat hy die voorbeeld van Job wíl navolg, nl. om ’n verbond met sy oë te sluit, ten einde nie op ’n wellustige wyse na ’n vrou te kyk nie (Job 31:1).
·           Hy kon sê: "Ek wíl my vreugde in die Here vind, eerder as om met allerlei sondige begeertes in my hart na Batseba te kyk" (Ps.37:4).
·            Of hy kon in die woorde van Ps.61:2 uitgeroep het ~ Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.

       As ons so luister na al hierdie moontlikhede en ons weet dat Dawid nogtans gesondig het, moet ons besef dat ons, ons gedagtes so moet inoefen dat ons ~ ...elke gedagte gevange (sal neem, ten einde) dit aan Christus gehoorsaam te maak (2 Kor.10:5). Petrus stel dalk nog duideliker en mooier in 1 Pet.1:13-16 ~ Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. 14As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” Dit is baie duidelik dat ons onsself, voortdurend sal konfronteer met ons reaksie op sonde en sal raaksien én erken dat ons ’n keuse het voor ons sondig. Dawid se sonde (en dink net vir ’n oomblik hoeveel mense nie ingrypend deur sy sonde geraak is nie) – sy sonde kon verhoed gewees het, as hy homself net vooraf gekonfronteer het met die moontlike sonde wat op hom wag en vir homself gesê het: Ek het iets gesien wat ek nie veronderstel was om te sien nie en ek ervaar ’n brandende begeerte in myself wat God nie verheerlik nie. Ek gaan egter hierdie wellus in my kruisig en dit vervang met ’n Goddelike begeerte, voor dit hande uit ruk en sonde word.

       Indien ek en jy die vierde blok wil uitwis en ook in die toekoms leeg wil hou, móét ons bedrewe en ervare daarin raak om onsself gedurig te konfronteer t.o.v. die sondige neigings in ons hart.

       Daar bestaan ’n buffer tussen jouself, of jou hart as jy wil aan die eenkant en die res van jou gedagtes en liggaam aan die anderkant. Daar bestaan ook ’n buffer tussen jouself en ander mense – jy kan dus die proses van sonde afsny, of afsluit, voor dit sonde word. Toe Dawid vir Batseba gesien het, kon hy die buffer in sy gedagtes en optrede daargestel het. Wanneer jy ’n boek optel en foto's sien waarna jy as gelowiges nie behoort te kyk nie, moet jy dit neersit en verplaas met iets wat God verheerlik – nuwe gedagtes; rein gedagtes – lees die Woord, of bid, of bedink net die dinge wat daarbo is. Ons moet verstandelik wakker en nugter wees – ons moet heilig wees, want God is heilig!

4.    HOE REAGEER JY OP SONDE?
       Wat so tragies was van Dawid en dit is presies die gevaar van sonde, wanneer ons toegee daaraan – die een ding lei na die ander. Dawid het Batseba gesien – hy maak die verkeerde, vleeslike keuse en hy doen navraag oor haar (2 Sam.11:3). Toe hy inligting ontvang oor haar, neem hy nog steeds nie sy gedagtes gevange nie – hy konfronteer homself nog steeds nie en laat hy haar haal (11:4) en die een verkeerde vleeslike besluit na die ander word geneem – nêrens lees ons dat hy homself ooit self gekonfronteer het nie – die skakel gaan net voort en dit lei van die een ding na die volgende.

       Ons kan baie maklik nou hier sit en dink: Dawid wat het jou besiel? Wees egter versigtig en konfronteer jouself ’n bietjie – is dit nie maar presies dieselfde as wat ook al in jou lewe gebeur het nie? Dalk nie heeltemal so erg nie, maar het die een verkeerde optrede nie maar na ’n vogende gelei nie? Dink aan die rugbyafrigter wat so ’n week of twee gelede in die nuus was nadat hy die skeidsregter gestamp het. Wat het daar gebeur? Hy vererg homself vir die skeidsregter omdat die skeidsregter in sy oë ’n verkeerde besluit geneem het (na raadpleging met senior skeidsregters by die Rugbyraad, het dit die regte besluit geblyk te wees). Wat het daar gebeur? Daardie man vererg hom, omdat sy spannetjie in sy oë benadeel is – sonde. Omdat hy nie sy humeur kon beteuel nie, volg die volgende sonde – hy rand die skeidsregter aan. Was dit alles die moeite werd. By nabaat het hyself erken dit was nie, maar hy sit met die gevolge van sy sonde – hy kan nie meer afrig nie. As hy homself maar net gekonfronteer het, die oomblik toe hy sien dat die skeidsregter sy span oënskynlik benadeel, sou hy nie toegelaat het, dat sonde, net nog meer sonde voortgebring het nie!

       Die kernvraag is dus: Hoe reageer jy op sonde? Die enigste rede waarom ons in "blok vier" bly sit, is omdat wanneer ons sondig, ons dit nie reg hanteer nie. Een rede is omdat ons toelaat dat die sonde, hande uit ruk, soos in Dawid se geval.

       Ons vermy of weier selfs om te doen wat reg is, want dit is kwansuis so moeilik. As ons egter al die inspanning in ag neem wat ons spandeer om ons sonde te bedek en weg te steek, kon ons net so wel maar dit van die begin af reg hanteer het, deur vergifnis te vra en restitusie te doen waar moontlik en waar nodig. Dawid kon sy sonde reg hanteer het in plaas daarvan dat hy dit weggesteek en bedek het – hy laat maak Urija dood!

       Hoe langer jy wag om aandag aan "blok vier" te gee, des te groter word die moontlikheid dat jy in die proses nog meer sonde sal begaan. Jou reaksie op jou aanvanklike sonde is dus van kardinale belang.    

5.    PASOP – SONDE HET GEVOLGE!
Die probleem met baie mense – met baie van ons, is dat ons dink dat ons met sonde kan wegkom. Dawid moes op ’n sekere stadium (na Urija se dood) gedink het dat hy weggekom het met sy sondige plan, maar hy het nie rekening gehou met die Here en die Here se profeet, by name Natan nie. Ons moet pasop – sonde het gevolge! Num.32:23 leer bevestig dit wat ek nou gesê het ~ Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen die Here, en weet dan dat julle sonde julle sal uitvind (O.A.V.). En Paulus sê in Gal.6:7 ~ Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes.

       Hoe dink julle hoe vergelyk Dawid se kortstondige plesier wat hy a.g.v. sy sonde geniet het, met die gevolge? Is dit dalk na aanleiding hiervan dat hy Ps.38 geskryf het? Moet my tog nie in u toorn bly straf nie, Here, en my langer in u gramskap tugtig nie. 3U pyle het my getref, u hand lê swaar op my. 4Deur u toorn is daar nie meer ’n gesonde plek aan my liggaam nie, deur my sonde is daar nie meer ’n heel plek aan my lyf nie. 5Ja, my ongeregtighede het my oorweldig soos ’n las wat vir my te swaar is. 6My wonde stink en sweer, en dít deur my eie dwaasheid. 7Ek is krom en inmekaar getrek, ek loop die hele dag en treur, 8want my lyf brand van die koors en daar is nie meer ’n gesonde plek aan my liggaam nie (vv.2-8).

       Die gevolge van Dawid se sonde en gebrek aan self-konfrontasie was bykans vernietigend. Behalwe dat sy vrouens openlik na ander mans gegaan het, staan hy vier van sy seuns aan die dood af. Ons moet baie mooi besin oor onbelyde sonde en sonde waarvan ons, ons nie bekeer nie. Sonde het gevolge; sonde het baie dikwels langtermyn en vernietigende effekte – gaan jy toelaat dat jou "vierde blokkie" teen jou bly getuig?

6.    DAAR IS ’N OPLOSSING:
       Dawid het egter uiteindelik tot sy sinne gekom – of miskien moet ek dalk eerder sê, hy het ten minste nie Natan se konfrontasie geïgnoreer nie, want hy sê in 2 Sam.12:13 ~ Ek het gesondig teen die Here. Hierdie woorde van Dawid was die begin vir hom, om sy "vierde blokkie skoon te kry". In Ps.51:3-4 sê Dawid ~ Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!  Daar was dus ’n oplossing vir Dawid se probleem – net so kan ons ook in en deur Jesus Christus die oplossing vir ons sonde kry, indien ons, ons sonde in Ps.32:1-7 skryf hy van die vreugde wat op vergifnis volg, vergifnis wat elkeen van ons ook in en deur Jesus Christus kan ontvang en sal ontvang indien ons, ons sonde in opregtheid bely en ons daarvan bekeer – hoor wat sê Dawid ~ Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. 3Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. 4U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.     Sela
5Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe.     Sela
6Dit is waarom elke gelowige in ’n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. 7U is vir my ’n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing.     Sela

7.    AFLSUITING:
       Wat is die doel daarmee om ons vier blokke uitgewis te kry? Om ons "blokke skoon te maak" lei nie net tot vergifnis nie, maar ook tot ’n fontein van vreugde en van lewe en daardie fontein van lewende water, is Jesus Christus self.

       Die Hebreërskrywer sê in Hebr.12:2-3 ~ Ter wille van die vreugde wat vir Hom (dit is Jesus) in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. (En dan hierdie woorde wat aan elk van ons gerig word..). 3Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.


[1] Boodskap deur Kobus van der Walt te Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Meyerton) - Sondag,  03 Junie 2012