Openbaring Ontsluit (Die Millennium) - 21 [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit
1. INLEIDING:
Voor ons kan aangaan met ’n vers-vir-vers verklaring van Openbaring, is daar nog enkele ander sake wat ons moet aanroer ter wille daarvan dat ons die res van Openbaring beter kan verstaan. Een van hierdie onderwerpe is die hele kwessie van die Millennium, of ook genoem, die “Duisendjarige Vrederyk”. Wanneer gaan dit plaasvind? Gaan dit plaasvind? Wat behels dit indien dit gaan plaasvind, ens.? Ten einde antwoorde op hierdie vrae te kry, moet ons na Openb.20 gaan kyk en dan net weer vlugtig na die verskillende uitgangspunte van die drie strominge, nl. A-, Pre- en Postmillennialisme.
2. JESUS SE WEDERKOMS:
Die hele kwessie van die “Millennium” hang baie nou saam met die wederkoms van Christus. En wanneer ons kyk na die “Millennium-kwessie” kan ons weet wanneer Jesus gaan terugkom! Hoe kan ek dit sê as Jesus self in Matt.24:36 sê ~ Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Ek verwys dus nie na ’n dag en datum soos sommige mense kort-kort beweer nie (die nuutste bv. Des. 2012). Daar is egter ’n aanduiding van wanneer ons die wederkoms van Jesus Christus kan verwag, maar daarvoor moet ons verstaan wat die Millennium is en wanneer dit gaan gebeur.
Net so terloops – die feit dat Jesus gesê het dat Hyself nie die dag en datum van sy wederkoms ken nie, kan ’n mens baie maklik verwar as ons nie weet hoe om daardie uitspraak te vertolk nie, want Jesus is tog God en God is alwetend – hoe klop hierdie uitspraak dus met God se alwetendheid? Ons moet onthou dat Jesus, mens was toe Hy hierdie uitspraak gemaak het en dat Hy op daardie stadium as mens dus nie geweet het wanneer Hy sal terugkom nie.
Wanneer ons wil weet wanneer Jesus gaan terugkeer, moet ons na die Skrif gaan en ons moet nie na ’n dag en datum gaan soek nie, maar ons moet die Skrif gebruik wat vir ons gegee is en dít interpreteer. En die Skrif praat net van ’n “tydperk” – Jesus gaan dus na ’n “tydperk” terugkeer. Ten einde dan te weet wanneer Jesus gaan terugkeer moet ons gaan kyk na wat hierdie “tydperk” is en ook wat oor hierdie “tydperk” gesê word. Openbaring verskaf aan ons die antwoord op hierdie vrae.
3. DIE MILLENNIUM:
Ons lees in Openb.20:1-15 van so ’n tydperk ~ Toe het ek ’n engel uit die hemel uit sien kom met die sleutel van die onderaardse diepte en met ’n groot ketting in sy hand. 2 Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind. 3 Hy het hom in die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy ’n klein rukkie losgelaat word. 4 Toe het ek trone gesien en die siele van die mense wat onthoof is omdat hulle aan die getuienis van Jesus en die woord van God vasgehou het. Hulle het op die trone gaan sit, en aan hulle is die bevoegdheid gegee om as regters op te tree. Dit is hulle wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie en nie die merk op die voorkop en op die hand aanvaar het nie. Hulle het lewend geword en saam met Christus duisend jaar lank geregeer. 5 Dit is die eerste opstanding. Die ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie. 6 Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer. 7 Wanneer die duisend jaar om is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word. 8 Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see. 9 Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af gekom en hulle verteer. 10 Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 11 Toe het ek ’n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit. Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee, en daar was nie meer plek vir hulle nie. 12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook ’n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. 13 Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het. 14 Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel. 15 As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.
Hier word dus gepraat van ’n millennium, of te wel ’n duisendjarige tydperk. Ek wil net onmiddellik sê, dat ons nie, soos die Pre-millennialiste, hierdie enkele gedeelte wat in hoogs simboliese taal geskryf is, kan neem as hoeksteen waarop ons, ons eskatologie (die leer oor die eindtye) baseer nie – dit sal uiteraard onverantwoordelik wees. ’n Postmillennialistiese eskatologie moet, soos met die res van die Skrif, bepaal word deur “Skrif-met-Skrif” te vergelyk en daarom sal ons sien dat ’n Postmillennialistiese eskatologie sterk steun op die beloftes en profesieë wat regdeur die Ou Testament aangetref word, asook Nuwe Testamentiese getuienisse. Ons sal dan ook sien dat Openb.20 se eskatologie 100% inpas by die basiese eskatologiese struktuur van die ganse Bybel.
Openb.20:1-10 gee vir ons ’n visie weer van die Millennium en die Groot Wit Troon van Oordeel (v.11-15). Johannes vertel vir ons van drie dinge wat karakteristiek is van die Millennium:
· Vanaf die begin tot die einde van die Millennium, is die satan gebind.
· Christus regeer saam met alle gelowiges.
· Aan die einde van die Millennium word Satan vir ’n kort tydjie vrygelaat om ’n rebellie of opstand te lei, waarna hy in die Poel van Vuur gewerp word.
Voor ons egter kan voortgaan met Openb.20, moet ons net eers na die onmiddellike konteks kyk en daarvoor moet ons na Openb.19 kyk. In hierdie voorafgaande hoofstuk het Johannes ’n visioen ontvang oor Jesus Christus as seëvierende Ruiter op ’n Wit Perd wat deur die geskiedenis ry met ’n swaard in Sy mond waarmee Hy al Sy teenstanders oorwin. Om hierdie oorwinning te vier, vind ’n groot ete plaas – hierdie oorwinnings-ete is ’n verwysing na die Nagmaal wat ons as gelowiges gereeld geniet – o.a. dus om Christus se oorwinning oor die Bose te gedenk.
Ons weet dat Jesus gesterf het ten einde regverdigmaking vir elkeen van ons te bewerkstellig, maar ons onthou Hom nie as ’n dooie Saligmaker aan die kruis nie – ons weet en bely tog dat Hy ook opgestaan en die dood oorwin het. Ons gedenk Hom dus as ’n seëvierende Verlosser. Ons lees in 1Joh.3:8b ~ En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. En in Hebr.2:14-15 lees ons ~ Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig 15 en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry. En Kol.2:15 sê ~ Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer (sien ook Matt.12:29; Luk.10:18; Joh.12:31; 1Joh.3:8).
Ons sien in vers 2 van Openb.20, dat Jesus...die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp (het) en hom vir duisend jaar vasgebind (het). Waarom is die satan vasgebind met ’n ketting? Vers 3b ~ ...sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy ’n klein rukkie losgelaat word. Johannes sien dan hoe dat diegene wat getrou is aan Christus, saam met Hom regeer gedurende hierdie duisendjaar tydperk (v.4).
Ons moet daarop let dat die “binding van Satan” nie die einde van sy aktiwiteite impliseer nie, daarvoor is 1Pet.5:8 te duidelik ~ Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Die “binding van Satan” beteken egter dat hy nie meer daartoe in staat is om die verspreiding van die Evangelie na alle nasies, te verhoed nie (Openb.20:3).
Wanneer ons wil vasstel wanneer die Millennium ’n aanvang neem (en dit is van die uiterste belang om dit te bepaal, want dit is hier waar die Pre-millennialisme van ons verskil) moet ons kennis neem van die volgende teksverse en wanneer ons dit doen, sal ons baie duidelik sien dat Christus se Koninkryk (die Duisend Jaar dus), reeds ’n aanvang geneem het met Sy eerste koms (of die Eerste Advent):
· Matt.2:1b-2a ~ Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2 en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is?
· Hand.2:30-31 ~ Maar hy was ’n profeet en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge op sy troon sou sit. 31 Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê: Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie, en sy liggaam het nie vergaan nie.
· Kol.1:13 ~ Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.
· Openb.1:5a ~ ...Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Sien ook Daniël, hoofstukke 2 en 7; Hand.17:7 en dan natuurlik ook Openb.20).
Hieruit blyk dit dus baie duidelik, dat Christus se Koninkryk en derhalwe die Millennium, reeds met Sy eerste koms, of te wel, Sy geboorte ’n aanvang geneem het.
Die Eerste Opstanding: Openb.20:4 verwys na die Eerste Opstanding. Wat is hierdie Eerste Opstanding? Ons vind die antwoord o.a. in Ef.2:4-6 ~ Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. 5 Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! 6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee (sien ook Rom.6:3-4; Kol.2:12-13). Let op: Hier staan: ...ons wat dood was....; ...lewend gemaak; ...gered.... Alles verlede tyd – iets wat dus in die verlede gebeur het – afgehandel – wedergeboorte – geestelike opstanding dus.
Hierdie nuwe lewe wat ons in Christus uit genade en deur geloof alleen ontvang het, is die Eerste Opstanding – ons wat gered is, het dus deel aan die Eerste Opstanding. Dit word selfs nog duideliker gestel in Joh.5:24-25 ~ Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. 25 Ek verseker julle: Daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe. En die baie bekende Joh.11:25-26 stel dit selfs nog duideliker ~ Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” Die Eerste Opstanding verwys dus na die wedergeboorte en die wedergeborenes.
Maar luister verder...... Hierdie verlostes wat opgestaan het tydens die Eerste Opstanding is ook diegene wie saam met Christus regeer in Sy Koninkryk – Rom.5:17 ~ Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer. Ef.2:6 ~ Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee (sien ook Hebr.12:28; Openb.2:10). In lewe en in sterwe sal ons dus saam met Christus regeer.
Hierdie feit, nl. dat die verlostes wat opgestaan het tydens die Eerste Opstanding saam met Christus regeer, word verder bevestig in verse 4-6 van Openb.20. Hier sien Johannes “trone” waarop gesit is. Die Afrikaanse vertaling is nie baie duidelik hier nie en daarom verwys ek u na die E.S.V. ~ Then I saw thrones, and seated on them were those to whom the authority to judge was committed. Vers 4 gee dus vir ons ’n presiese aanduiding van wie almal saam met Christus regeer – diegene aan wie die gesag gegee is om te oordeel. Hy sê egter steeds nie vir ons wie hierdie “Regters” is nie. Ons moet in gedagte hou dat die beeld van trone, in die Openbaring-simboliek, deurgaans na die vier-en-twintig ouderlinge verwys en ons weet vanuit Openb.4, dat die 24-ouderlinge ’n simboliese verwysing na die Kerk van die Here Jesus Christus is (die verlostes dus wat opgestaan het tydens die Eerste opstanding). Eerstens, volgens Openb.20:4-6 regeer alle gelowiges dus saam met Christus en dit is in ooreenstemming met die voorafgaande verse soos wat ons reeds gesien het (Rom.5:17; Ef.2:6; Hebr,12:28, ens.). In verse 5 en 6 sien ons ook dat die afgestorwe gelowiges, saam met die lewendes regeer.
Johannes sê egter verder in vers 4 (weer die E.S.V.) ~ Also I saw the souls of those who had been beheaded for the testimony of Jesus. Almal wat dus as Christen Martelare gesterf het, regeer saam met die ander gelowiges. Die gemeentes aan wie Johannes dus geskryf het, word ook bemoedig deurdat diegene wat uit hul geledere vir hulle geloof gesterf het, ook saam met hulle tot op die laaste dag sal regeer.
Die Tweede Opstanding: Die Woord praat egter nie net van ons Eerste Opstanding wat ’n geestelike opstanding, nl. die wedergeboorte is nie, maar ook van ’n Tweede Opstanding, nl. ’n liggaamlike opstanding. Rom.6:5 ~ Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. 1Kor.15:22-23 ~ Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Maar daar is ’n volgorde: die eersteling is Christus, daarna, by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort. 1Tes.4:16 ~ Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan. Openb.20:6 en 14 stel dit ook pragtig wanneer dit sê dat diegene wat deel gehad het aan die Eerste Opstanding, nie ná die Tweede Opstanding deur die Vuurpoel verswelg sal word nie. Daar sal dus nog ’n Tweede Opstanding plaasvind en wanneer gaan dit wees? Openb.20:5b verskaf aan ons die antwoord ~ Die ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie. Die Tweede opstanding sal dus plaasvind aan die einde van die duisend jaar tydperk.
Hier moet onderskei word tussen die opstanding van die gelowiges en die ongelowiges. Beide groepe afgestorwenes sal opstaan, maar die gelowiges sal in Lewe opstaan en diegene wie in ongeloof gesterf het, sal opstaan om geoordeel te word (Joh.5:28-29 ~ Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom ’n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word).
Satan losgelaat: Ons lees egter in Openb.20:7-11 dat die satan aan die einde van die Millennium, net eers vir ’n kort tydjie losgelaat gaan word, waartydens hy vir ’n laaste keer, die volke van die aarde sal mislei. Aan die einde van hierdie kort tydperk sal die satan finaal deur God veroordeel word, deur hom in die Vuurpoel te werp. Direk nadat die satan veroordeel is, sal die algemene opstanding plaasvind waar alle mense, voor die Groot Wit Troon van God te staan sal kom. Dié wie nie in Christus is nie, sal saam met die satan in die Vuurpoel (die tweede Dood) gewerp word. Diegene wie in Christus Jesus is en deel het aan Sy opstanding, sal gered word en die ewige lewe ontvang. En derdens, die “Dood” wat die laaste vyand is, sal dan vernietig word (v.14; 1Kor.15:26 ~ Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood).
Dit is dus duidelik dat Christus se Koninkryk met die eerste Advent begin het én dat Sy kinders vir ’n duisend jaar saam met Hom regeer in hierdie Koninkryk (Charismate vertolk die 1000 jaar letterlik – onthou: ons het hier te doen met baie simboliek en daarom is hierdie 1 000 jaar simboliek en derhalwe dui dit op ’n tydperk).
Die Huidige Regering: Wat word bedoel met die uitdrukking, “hierdie huidige regering” (v.4)? Gedurende die 1000 jaar gaan die gelowiges oor die vlees, die wêreld en die satan heers – hulle gaan dus saam met Christus leef. Hulle leef in teenstelling met die res van die wêreld wat dood is al dink hulle, hulle leef. Hulle heers egter ook saam met Christus in hierdie lewe. Let op: Christus lewe nie saam met die gelowiges nie. Nee, dit is andersom – die gelowiges leef saam met Christus.
Die vraag wat waarskynlik dadelik na vore tree, is hoe dit moontlik is dat die gelowiges saam met Christus kan regeer, terwyl die gelowiges hier op hierdie sondige aarde is? Die antwoord is – Op dieselfde wyse as wat Henog saam met God gewandel het. Die feit dat Henog saam met God gewandel het, beteken nie dat Henog in die hemel was nie. Ook beteken dit nie dat God in liggaamlike vorm op aarde was nie. Henog het in ’n geestelike sin met God gewandel. Die gelowiges regeer op dieselfde wyse saam met Christus hier op aarde, as wat Henog met God hier op aarde gewandel het. Openb.5:10 sê ~ U het hulle ’n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer. Hier word nie na die herskepte aarde verwys nie, want hierdie regering waarna vers 10 verwys, vind plaas vóór die finale oordeel (v.11) wat voor die Groot Wit Troon gaan plaasvind – in hierdie lewe dus; op hierdie sondige aarde dus! In die lig van die konteks van Openb.5, is dit dus eksegeties onmoontlik om die Trone en die regering van die gelowiges as behorende tot die hemel, te sien. 2Tim.2:11-12 gee in elk geval vir ons dieselfde waarheid deur as v.4 ~ Dit is ’n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe; 12 as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën – en dit geskied in hierdie lewe – ná ons Eerste Dood en vóór die Algemene Opstanding.
Die regering van die gelowiges is dus ’n huidige realiteit, maar dit kom eerstens, soos reeds gesê, tot uitdrukking in ons oorwinning oor die vlees, die wêreld en die satan – 1Joh. 5:4-5, 18 ~ ....want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. 5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?... Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie (sien ook: 1Joh.1:7; 2:13-14, 17; 3:9; 4:4).
Die Toekoms van hierdie Regering op Aarde: Omdat die gelowiges wat God se genade in hul lewens ervaar en vir wie hierdie oorwinningslewe ’n realiteit is, sal hulle die wêreld wíl vertel van die heerlikheid van God. Tesame hiermee vind ons Christus se opdrag in Matt.28:19-20 ~ Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. In die lig hiervan, asook die feit dat die Postmillennialisme glo dat die gelowiges reeds in hierdie wêreld saam met Christus regeer, het ons dus hier te doen met ’n drievoudige krag wat tot gevolg sál hê, dat God se Koninkryk hier op aarde sal uitbrei. Hierdie feit word ook bevestig deur die Skrif self – Dan.7:13-14 ~ My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. 14 Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie (Jes.9:7; Matt.28:18; Ps.72:8-11; Matt.13:31-33; 1Kor.15:25). God sal hier op aarde heers (en ons saam met Hom), tot en met die Groot Oordeel aan die einde van die Millennium.
God se Koninkryk het dus gekom; en Sy Koninkryk hou aan om te kom. En eendag, wanneer Jesus terugkeer, sal die Koninkryk steeds kom, maar dan in al Sy ewige heerlikheid en volheid (1Kor.15:23-28).
Al klink dit dalk hoe absurd op hierdie oomblik, maar die Postmillennialistiese siening is ’n positiewe en optimistiese standpunt en tyd laat ons ongelukkig nie vanaand toe om verder hierop in te gaan nie, maar wel D.V. ’n volgende keer.
[1] Bybelstudiereeks aangebied deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 24 Januarie 2010
Tuesday, January 26, 2010
Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 24 Januarie 2010
Lidmaatskap van die Liggaam van Christus [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Verlede Woensdagaand is gevra dat ek een Sondag moet preek oor die redes waarom ’n gelowige, ’n lidmaat van ’n gemeente moet wees.
Die mensdom kan ’n “duisend redes” aanvoer waarom hulle nie kerk toe wil gaan, of selfs waarom hulle nie lidmate van ’n gemeente wil of kan wees nie. Sulke mense wat beweer dat hulle gered is, maar nie lidmaat van ’n plaaslike gemeente is nie, is doodeenvoudig ongehoorsaam aan die Woord van God.
2. SKRIFLESING:
Hand.2:42-47 ~ Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. 43 Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. 44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47 en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.
Ek het baie respek vir ’n Mark Dever van Capitol Hill Baptist Church in Washington D.C., maar ek kan in ’n gekwalifiseerde sin glad nie met hom saamstem wanneer hy sê: In one sense, what we know today as church membership is not Biblical. We have no record of first-century Christians who lived, for example, in central Jerusalem deciding to become involved in one particualr assembly of Christians rather than another. Ons vind egter hier in Handelinge 2 die geskiedenis van die vroeë Nuwe Testamentiese kerk – weliswaar nog nie saamgevoeg in ’n formele gemeente met sy eie kerkgebou nie, maar tog gemeente van die Here Jesus Christus.
Ons moet ook ’n paar dinge hier in gedagte hou, nl. dat die eerste gelowiges in Jerusalem geen ander gemeente gehad het om by in te skakel nie en die hele gedagte aan ’n gemeente was iets geheel en al nuut vir hulle. Ook het die bekeerde Jode uit ’n godsdienstige opset gekom waar daar net een Tempel was en waar die hele gemeenskap en volk se totale aanbidding gesentreer was om hierdie Tempel (of Tabernakel). Ons moet in gedagte hou dat die vroeë Christelike kerk tot en met 70 n.C. nog ’n sterk Joodse atmosfeer besit het en derhalwe was daar nie meer as een gemeente in Jerusalem nie. Daar was waarskynlik ook nie ’n behoefte aan meer as een gemeente nie, omdat die getal gelowiges in een gemeente hanteer kon word, want dit was eers na Pinksterdag dat die situasie dramaties verander het.
Nog ’n belangrike rede waarom daar nie meer as een gemeente in ’n dorp of stad was nie, is omdat hulle nog nie in ’n “kerkgebou” (soos ons deesdae) byeen gekom het nie, maar in die Tempel (van alle plekke), asook in huise, maar hierdie vroeë gelowiges was egter nie losstaande of versplinterde groepe nie, maar een saamgevoegde, lojale eenheid – een gemeente dus.
Ook was daar nog nie verskillende gemeentes in een dorp nie, waarskynlik as gevolg van die feit dat daar op daardie stadium nog geen (waarvan ons bewus is) leerstellige verskille tussen gelowiges bestaan het nie – hulle was nog geleer deur die Apostels wat ooggetuies van Jesus was.
3. DIE BELANGRIKHEID VAN KERKLIDMAATSKAP:
Kom ons kyk egter na wat die Woord van God sê t.o.v. Kerklidmaatskap.
Net ter inleiding ’n enkele opmerking t.o.v. Ou Testamentiese Getuienis:
Ons lees in Gen.17:9-14 ~ die volgende ~ Verder het God vir Abraham gesê: “Jy moet my verbond nakom, jy en jou nageslag en al hulle nageslagte. 10 Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word. 11 Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle: 12 elke seun onder julle van ag dae oud moet besny word. Dit geld vir elke lid van die manlike geslag onder julle: al julle nageslagte en ook elke slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en die slawe wat van ’n vreemde met geld gekoop word, wat nie jou afstammeling is nie. 13 ’n Slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en een wat vir geld gekoop word, moet beslis besny word. So sal my verbondsteken aan julle liggame wees as ’n blywende verbond. 14 Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.” Uit hierdie gedeelte blyk dit dus baie duidelik dat elke Ou Testamentiese gelowige hom uiterlik moes vereenselwig met God se verbondsvolk.
Sonder hierdie uiterlike teken was geen man beskou as deel van God se volk nie – Gen.34:14-17 ~ Hulle het toe gesê: “Ons kan nie ons suster sommer so laat trou met ’n man wat nie besny is nie. Dit is vir ons ’n ongehoorde ding. 15 Ons kan net instem as julle soos ons word: besny al julle mans. 16 Dan kan ons ons dogters met julle laat trou en kan ons met julle dogters trou. Dan sal ons by julle bly en ons sal een volk word. 17 Maar as julle nie na ons luister nie en julle nie laat besny nie, sal ons ons suster vat en wegtrek.
Voor ons na enkele Nuwe Testamentiese getuienisse t.o.v. kerklidmaatskap kyk, dink ek dat dit belangrik is dat ons net kortliks vir mekaar iets oor Kerkwees sal sê:
· Die Kerk is NIE ’n los affiliasie van mense wat naastenby dieselfde godsdienstige oortuigings huldig nie – die kerk is dus nie ’n sosiale klub nie.
· Die Kerk is NIE ’n gebou nie. ’n Kerkgebou is bloot net ’n plek of gebou waar gelowiges byeen kom om te aanbid.
· Die Kerk is NIE ’n organisasie of besigheid wat ingestel
is op winsbejag nie.
· Die Kerk IS WEL, ’n gereelde byeenkoms van mense wat bely dat hulle gered is deur God se genade alleen, t.w.v. Sy eer en geloof alleen, in Christus alleen.
· Die Kerk IS ’n plaaslike, lewende en liefdevolle versameling van mense wat toegewyd is aan Christus en mekaar.
· Die Kerk IS ’n weerspieëling van God se liefde, heerlikheid en wysheid (Joh.3:16; Ef.3:10).
Kerklidmaatskap is dus bedoel vir gelowiges alleen. Dit is NIE vir diegene wat net met hul verstand, goedkeuring verleen aan die Evangelie nie. Dit is vir mense wie se lewens getuig van ’n toenemende en voortgaande toepassing en uitleef van die beginsels van die Evangelie in hul daaglikse lewe en wie se karakter die heiligheid van God meer en meer reflekteer – dit is maar een rede waarom mense nie maar sommer net lidmaat van ’n plaaslike gemeente kan word nie – daar moet o.a. eers ’n tyd verloop waartydens ’n nuwe lidmaat se getuienis deur die gemeente getoets kan word, maar ook sodat die aansoeker, bevestiging kan kry, dat hy hom kan vereenselwig met die gemeente se oortuigings en belydenis, alvorens hy lidmaat kan word.
Kom ons kyk dan kortliks na verskeie Nuwe Testamentiese Getuienis t.o.v. Kerklidmaatskap.
· Ons lees in Ef.1:20-22 en Hebr.12:23 dat Christus die Hoof van die Kerk is. Hier word verwys na die universele en onsigbare kerk, maar as ons na Skrifgedeeltes soos bv. Matt.18:15-20; Hand.2:37-42; 1Kor.5:1-9 en Rom.1:7, dat hierdie gelowiges – die onsigbare Kerk van die Here, as sigbare kerk moet optree en sien dat die Apostels hierdie feit erken wanneer hulle aan gemeentes skryf – nie aan die universele kerk nie, maar briewe wat direk gerig was aan plaaslike gemeentes – bv.: Rom.1:7 ~ Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort; 1Kor.1:1 ~ Van Paulus, wat deur die wil van God geroep is om ’n apostel van Christus Jesus te wees, en van die broer Sostenes. 2 Aan die gemeente van God in Korinte........ Fil.1:1 ~ Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus. Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens. Openb.2:1 ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Efese....).
· Ons sien hoe dat Paulus in 1Kor.5 aan die gemeente in Korinthe opdrag gee om ’n broeder wat in growwe sonde verval het, uit hulle geledere moet verwyder – “hulle geledere”? Hierdie man moes dus sy lidmaatskap ontsê word en formele uitsluiting impliseer tog amptelike insluiting, m.a.w. om lidmaat te word. Paulus skryf in dieselfde gedeelte, dat die gemeente (l.w. gemeente) hulle moet distansieer van immorele mense (mense van hierdie wêreld) en dit is tog ook ’n duidelike aanduiding dat hulle ’n groep was – saamgesnoer in ’n gemeente – nie losdrywende gelowiges wat mekaar ken nie.
Die Here Jesus het self lering gegee oor hoe daar opgetree moes word teen iemand in die gemeente wat sondig – die bekende Matt.18. Hoe kan iemand wat nie formeel deel is (lidmaat is) van ’n gemeente, getugtig word? U kan nou maklik die vraag vra waarom dit dan nodig is om deel van ’n gemeente te wees, net om jouself bloot stel aan die tug, want as jy nie lidmaat is nie, kan jy nie onder die tug geplaas word nie? Maar as jy dit vir my sê, wil ek vir jou sê dat jy dan nie ’n vaste voorneme het om ’n heilige lewe te leef nie en dan kan jou wedergeboorte in twyfel getrek word.
Dit is dan juis die gedagte dat ons “sigbare kerk” sal wees en daarom saamgesnoer sal wees in een gemeente, sodat ons toerekenbaar (“accountable”) teenoor mekaar kan wees. Ons lees in Gal.6:1 ~ Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp.....en dan hierdie woorde, ...En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Ons het dus as gelowiges ’n broer of suster nodig teenoor wie ons toerekenbaar kan wees en dit is net soveel veiliger as dit iemand is wat ook binne die gemeente is waar die ander lidmate ook onder dieselfde toesig verkeer en dieselfde lering ontvang, want dan kan hulle soos ons in hierdie vers uit Galasiërs sien, in gees van sagmoedigheid reggehelp word. Deur broers en susters wat geestelik optree en wie my gereeld sien, ten einde my te kan help om my sonde neer te lê en ’n heiliger lewe te leef.
Prediker 4:11 sê ~ As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? En vers 12 sê ~ Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
Die beste wyse van beskerming, geestelike opbou en vertroosting vind dus binne die plaaslike gemeente plaas (Hebr.3:13; 1Joh.4:12).
Lidmaatskap van ’n ware en lewende, plaaslike gemeente dui dus op ’n individuele lidmaat se toewyding aan ander gelowiges deur hul onderlinge liefde en dissipelskap en ook hul inspraak in sy of haar lewe te aanvaar en wel t.w.v. sy of haar eie heil.
· Wanneer ons na Ef.4:3-4 kyk sien ons dat God beveel dat daar eenheid onder gelowiges moet wees ~ Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. 4 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.
· Paulus verwys in 2Kor.2:6-7 na ’n groep mense ~ Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg. 7 Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Hierdie groep is ’n onmiskenbare verwysing na ’n gemeente.
· Dit is baie interessant om te weet dat die vroeë kerk ’n register of lys van die weduwees in die gemeente gehou het (1Tim.5:9). Indien daar ’n lys van weduwees bygehou is, kan ons sekerlik ook die aanname maak dat daar ’n gemeentelys bestaan het. Selfs God hou ’n register van gelowiges by – Fil.4:3 ~ Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan, asook Openb.21:27 ~ Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.
God het nog altyd ’n baie duidelike onderskeid getref tussen Sý mense en dié van die wêreld. Die seremoniële wette en die burgerlike wette tydens die Ou Verbond, was ’n direkte uitvloeisel van hierdie onderskeid wat God getref het, want hierdie wette het die volk Israel onderskei van die naburige heidense volke, as ’n volk wat opsygesit is vir die Here God. Hierdie onderskeid maak ’n sterk saak uit vir ’n duidelike onderskeid tussen God se kinders in ons dag wat saamgesnoer word in ’n gemeente en die wêreld rondom ons, want wanneer ons steeds lid bly van die onsigbare universele kerk, kan die wêreld geen onderskeid tref nie. Kerklidmaatskap is dus ’n teken van die gemeente se bevestiging van ’n bepaalde gelowige wat lidmaat word, se redding – die blote feit dat ons vanoggend in hierdie gebou ingestap het, was sou ’n getuienis teenoor die wêreld.
Kom ons kyk ten slotte net na nog ’n paar redes waarom lidmaatskap van ’n plaaslike gemeente ononderhandelbaar is:
· Wanneer ons na die “Mekaartekste” kyk, sien ons dat bykans elke een van hierdie tekste, direk aan plaaslike gemeentes gegee is. Dit is dus nie genoeg om te sê dat ons as wedergeborenes deel is van die universele kerk nie, want hierdie opdragte is aan plaaslike gemeentes gegee.
· Die Here Jesus het ouderlinge en diakens vir die kerk gegee. Waarom sou Hy dit doen as Hy nie ’n baie hoë premie op die plaaslike gemeente gestel het nie? Hy het ouderlinge aangestel, o.a. om na die geestelike welsyn van die gemeente om te sien. Dit impliseer vir my twee dinge:
- Daar moet lidmate wees om na om te sien, en
- Jy moet lidmaat wees sodat daar na jou omgesien kan word en as jy nie ’n lidmaat is nie, is jy ’n oop teiken vir die satan en sy listige aanslae op jou siel. Hand.20:28 ~ Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ’n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun (sien ook Titus 1:9 en Hebr.13:17).
· Die plaaslike gemeente bied die noodsaaklike en onontbeerlike geleentheid tot onderlinge gemeenskap en samewerking vir lidmate – Fil.1:4-5 ~ In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, 5 omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie (Hand.15:1-4; 2Kor.8:18-24; Gal.2:10).
· In geval van moeilikheid of meningsverskil, maak die plaaslike gemeente voorsiening vir die uit- en opklaring daarvan (weliswaar, baie keer nie soos ons dit opgelos wil sien nie! Sien: Hand.15:1-35 en Gal.2:2).
· Die sakramente (doop en Nagmaal) is vir die Kerk gegee om te beoefen (Luk.22:15-20) - Hoe kan ons die sakramente beoefen buite die Liggaam? (Matt.28:19-20; 1Kor.11:18; 23-25).
· In Hand.2:42 word ons opgeroep tot openbare aanbidding en let op hier word verwys na die gemeente ~ Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. En in 1Tim.2:8 lees ons ~ Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met ’n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis. Daar moet dus saamgebid word en wanneer dit saam gedoen moet word, kan dit tog net binne ’n gemeente geskied. Hiermee saam word ons opgeroep tot die sing van Psalms en geestelike liedere – Kol.3:16 ~ Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Ons kan dit tog nie alleen en sonder ’n gemeente sing nie. Kan u, uself indink wat se chaos sal dit afgee as kerklos Hipercalvinisme en kerklos Charismate byeen kom om in opdrag van die Skrif, psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God – ek is absoluut oortuig daarvan, dat die uiteinde van so ’n byeenkoms beslis nie tot eer van God sal wees nie, want om mee te begin.... aan die eenkant (vanuit die Hiper-Calviniste se oogpunt): Die dromme; die ritme; die flitsende- en draaiende ligte; die vrolikheid en hande in die lug; ....!. En aan die anderkant (vanuit die Charismate se oogpunt): Die doodsheid; die Psalmboekies; die orrel; ....!
· Jesus gee o.a. in Joh.13 vir ons die opdrag om mekaar lief te hê en die gemeente bied die ideale geleentheid om hierdie liefde uit te leef - Joh.13:34-35 ~ Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35 As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.
· Ons sien in 1Tim.4:13 dat daar gepreek moet word – Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee. Daar kan tog net vir ’n groep mense gepreek word en ja, hierdie groep kan losstaande van ’n gemeente wees, maar luister na verse 14 en 15 ~ ...Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie. Dit is aan jou gegee deur die profesieë toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het. Wie is die ouderlinge wie die hande op Timoteus gelê het en vanuit en met watter gesag tree hulle op? Die plaaslike gemeente.
· 1Kor.12;12-27 leer ons dat gelowiges saamgevoeg word in ’n eenheid op grond van hul eenwording met Jesus Christus.
· En waarskynlik die beste en sterkste en belangrikste wyse om die Evangelie uit te dra is vanuit die plaaslike gemeente – Joh.17:21 ~ Ek bid dat hulle almal een mag wees,net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
· Die Sendbriewe word almal na gemeentes gestuur.
4. AFSLUITING:
Ons kan vir medegelowiges wat nie lidmaat van ’n plaaslike gemeente is nie, vra: Met wie assosieer jy? Die wêreld? Indien nie, waarom “hys jy nie jou vlag” en word deel van ’n gemeente, sodat mense kan sien by Wie jy kies om te staan?
Om deel te hê aan die Liggaam van Christus is een van die grootste voorregte waaroor ’n gelowige kan beskik – Hoor net wat sê die Psalmdigter in Ps.84 en ek haal net gedeeltes van hierdie pragtige Psalm aan ~ Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3 Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; ....5 Dit gaan goed met mense vir wie u huis ’n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Sela 6 Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan.... 11 Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God. En omdat dit so ’n geweldige voorreg, maar ook ’n veilige hawe is vir gelowiges, kom die Hebreërskrywer en gee hy aan elke gelowige die volgende opdrag in 10:24-25 ~ Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25 Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Deur jouself te vereenselwig met ’n gemeente d.m.v. lidmaatskap, laat jy deur so ’n optrede blyk dat jy van voorneme is om jou toe te wy aan Jesus Christus en die gemeente, deur gereelde bywoning van die onderlinge byeenkomste; deur jou gereelde bydraes; deur jou diensbaarheid; deur gebed. Ons maak dus deur ons lidmaatskap bekend dat andere op ons kan staatmaak; dat andere van ons lojaliteit en ondersteuning en gebed en diensbaarheid kan verwag. Ons sê deur ons lidmaatskap dat ons uitverkoop is aan Jesus Christus, ons Persoonlike Saligmaker en Verlosser – in kort, ons tree toe tot ’n verbondsverhouding met ons medegelowiges. Ons word dus nie lidmaat om te ontvang nie, maar om volkome en onvoorwaardelik te kom gee.
Jesus Christus en die Apostels het nooit die plaaslike gemeente geminag nie. Al was daar in Jesus se tyd nog nie plaaslike gemeentes nie, het Hy altyd, wanneer Hy in ’n dorp gekom het, eerste na die Tempel gegaan om daar te “preek”. Wanneer die Apostel Paulus in ’n dorp aangekom het, het hy altyd reguit na die plaaslike gemeente gegaan en as daar nie ’n gemeente was nie, het hy altyd met ’n groepie gelowiges vergader. En ons? Ons moet na die “Tempel” kom om na die Hoof van die Kerk, Jesus Christus te luister!
Jesus en die Apostels het die voorbeeld gestel en soos ons reeds vanuit die Woord gesien het, is daar meer as genoeg bestaansreg vir, maar ook vir lidmaatskap van die plaaslike gemeente.
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 24 Januarie 2010

Monday, January 18, 2010
Bybelstudie oor Openbaring deur Kobus van der Walt - 17 Januarie 2010
Openbaring Ontsluit – 20 (Postmillennialisme en die Datering van Openbaring [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons het die vorige keer gesien hoe dat God in Eseg.3 vir Esegiël gesê het dat hy ’n “boekrol moes eet”, waarop hy in vers 3 gesê het ~ Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond. Wat daarop gevolg het was o.a. en veral, die val van Jerusalem slegs 6 jaar later in die jaar 586 v.C.
Ons het toe ook gesien dat Johannes in Openb.10:8-9 ’n soortgelyke opdrag ontvang het en is ons toe gekonfronteer met die vraag hoe Johannes se “ervaring” geïnterpreteer moes word. Ons het gesien dat die A-Millennialiste se verklaring baie wollerig is en dit het daartoe gelei dat ons moes gaan kyk na wat die Post-millennialiste (of die Preteriste) se interpretasie is.
Ons het o.a. ook gesê dat ons sal moet kyk na die datering van die boek Openbaring. Benewens hierdie vraag, het ons ook gesê dat die volgende belangrik is:
o Ons moet kortliks kyk na die literêre genre van die boek Openbaring.
o Dan moet ons ook kyk na die historiese konteks van die boek.
o Dit is ook baie belangrik dat ons moet terug gaan na Openb.1:1 en kyk na wat daar staan, nl. ~ Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Ons het daarop die vraag gevra: Wat gaan binnekort gebeur?
o As ons na al hierdie dinge gekyk het, moet ons terugkeer na 10:9-10.
2. LITERÊRE GENRE:
Ons moet besef dat die literêre genre van Openbaring, Apokalipties van aard is en dit word voortdurend gebou op die Ou Testamentiese beelde. Apokalips beteken inligting wat geopenbaar word t.o.v. hemelse geheime of gebeure wat in die toekoms (nabye of verre) plaasvind.
Die rede vir die Apokaliptiese taal in Openbaring is dat dit verskuil kon wees vir die teenstanders van die gelowiges in daardie dae (amper iets soos ’n geheime taal). Deur hierdie skryfstyl word die gelowiges wat gebuk gegaan het onder geweldige vervolging, bemoedig, deur vir hulle te laat verstaan dat hulle moet volhard, want Christus is die Oorwinnaar. Hierdie skryfstyl was dus nie vreemd vir die gelowiges nie (omdat hulle die Ou Testament goed geken het).
Bykans al die simbole in Openbaring, is gebaseer op die Ou Testament. Enkele voorbeelde: Daniël praat bv. van Die Bees – die finale bees is Babilon, Mede Persië en Griekeland en uiteindelik die Romeinse Ryk. Die Romeine is bv. by die see en as die Romeinse Ryk opstaan teen die gelowiges kom hulle van die see af – hy kom op uit die see (bv. Openb.13:1). Hy het tien krone (bv. Openb.13:1). ’n Koning dra ’n kroon. Rome het 10 koninkryke gehad, waarvan Israel een was en Israel se “kroon” was Herodes. Uiteindelik sal daar ’n Rots kom om die koninkryk te verpletter – dit is Jesus se hemelvaart en derhalwe word Sy koninkryk hier op aarde gevestig – die Rots vernietig dus Rome.
Nero het die Keiserlike aanbidding ingestel (net soos die Farao’s van destyds) – Nero rig regoor die Romeinse koninkryk, beelde van homself op (hierdie beelde het soos ’n Bees gelyk). Hy het ook bekend gestaan as “die Bees” – hy het dikwels ’n vel met die kop en horings van ’n bees oor hom gehang en dan het hy in nakende gelowiges ingehardloop en hulle in die ingewande gegaffel.
Wanneer ons na die beelde in Openbaring kyk, moet ons terselfdertyd na die Ou Testamentiese beelde kyk ten einde Openbaring se beelde beter te verstaan.
3. HISTORIESE KONTEKS:
Tweedens moet ons na die historiese konteks kyk. Sewe gemeentes ontvang briewe in hul besondere omstandighede en omtrent almal ervaar vervolging en hierdie briewe word dan juis geskryf om hierdie gemeentes te bemoedig en/of te berispe, ten einde hulle geestelik voor te berei om weerbaar te wees, maar ook om vir hulle goeie moed te gee dat die “swaarkrytyd” amper verby is (Paulus word bv. onthoof deur Nero). Volharding kom deur hoop en daarom sê Openbaring hoop kom deur twee gebeurtenisse en daarom moet hulle volhard . Eerstens gaan die Tempel in 70 n.C. verwoes word (Openb.11 – Johannes kry opdrag om die Tempel op te meet). Hierdie verwoesting van die tempel is baie belangrik, want daardeur kom die Ou Testamentiese wyse van aanbidding tot ’n einde. Hierdie is maar een rede waarom ons kan sê dat Openbaring nie na 95 n.C. geskryf is nie. En dit is belangrik om die datering van Openbaring reg te kry, omdat baie mense wat nie wil aanvaar dat die Sewe Briewe werklike briewe was ten einde die gemeentes voor te berei op die val van Jerusalem en die uitkoms wat daardeur gegee sal word nie – indien hulle die boek na 95 n.C. dateer ontglip hulle dus hierdie realiteit. ’n Bietjie later meer hieroor.
Ons moet dus altyd na die historiese konteks kyk wanneer ons die Woord verklaar en daarom kan ons tereg ook die vraag vra, hoe ons nié die boek van Openbaring op ons toepasbaar moet of kan maak nie ? Ons kan bv. nié na die Aandnuus op TV kyk en sê: “Wow dit lyk soos die skerpioene in Openb. en daarom is hier nou ’n vervulling van bepaalde profesieë nie.” Dit kan sommer net “koerant eksegese” genoem word. Enige iets wat rondom ons gebeur kan dan sommer na goeddunke of op eie gevoel gekoppel word aan Openbaring – Ons vind dit veral onder die Dispensasionaliste (Charismatiese- en Pinkstergroepe) maar ook onder die A-Millennialiste – weliswaar in ’n baie mindere mate. Sulke interpretasies en eksegese is nie alleen strydig met die reëls vir eksegese en die omgaan met die Woord nie, maar dit word, en dit is, net eenvoudig te wollerig om die Woord op so ’n wyse te verklaar. Hierdie feit het my persoonlik tot nadenke gestem en het die Postmillennialistiese (of Preteristiese) standpunt en wyse van benadering tot die verklaring van Openbaring, vir my al meer en meer aanneemlik geraak en algaande meer en meer oopgegaan.
Net so terloops: Om Openbaring bloot te stel aan “koerant-eksegese” is baie gewild, omdat dit so beeldryk en avontuurlustig lyk en klink en skrywers soos Hal Lindsey, Lester Sumrall, Frank Peretti, Rebecca Brown, e.a. maak miljoene uit boeke wat hul op hierdie wyse skryf (bv. Planet Earth – 2000: Will Mankind Survive; I Predict 2000, This Present Darkness, ens.). Verder is hierdie wyse van omgaan met Openbaring deur die eeue heen gevestig, omdat baie teoloë geglo het dat die Pous die Antichris is en sodoende is Openbaring op so ’n wyse ingespan dat hierdie oortuiging t.o.v. die Pous gemotiveer kan word (ek verklaar nie met hierdie opmerking die Pous “heilig” en onskuldig nie).
Hoe moet Openbaring wel geïnterpreteer word? Ons moet voortdurend terugkeer na die tema van die boek, nl. Die Oorwinning van Christus oor die wêreld, ens. (oor Nero; vervolging ens.). Net soos wat Jesus die oorwinning oor Nero behaal het, net so gaan Hy die uiteindelike oorwinning vir ons behaal. Neem die basiese tema van Openbaring en pas dit as volg toe op ons situasie vandag: Christus het toe die oorwinning behaal. Is Christus vandag steeds die Oorwinnaar? Die antwoord is ’n onomwonde “Ja” en daarom sal Hy ook oorwin ter wille van my en jou en ons uiteindelik finaal verlos.
Jesus Christus word dus ook voortdurend deur Openbaring gepreek soos in al die ander boeke van die Bybel. Ons moet dus elke keer dat ons in Openbaring lees (soos met al die ander boeke van die Bybel) vir onsself die vraag afvra: Wat leer hierdie gedeelte vir my van Jesus Christus. Wanneer ons so na Openbaring begin kyk, sal ons vind dat Openbaring, ’n boek van Hoop is.
Dwarsdeur die boek is daar geweldig baie geskryf oor aanbidding en dit is die reaksie wat dit by ons behoort te ontketen wanneer ons Openbaring lees. Christus is die Oorwinnaar en dit is genoeg rede vir ons om Hom te aanbid en daarna te strewe om elke dag van ons lewe “in Sy voetspore” te volg.
4. PRETERISME:
Ek het tot nou ’n paar keer verwys na Preterisme, deur dit tussen hakies agter die naam Postmillennialisme te skryf. Net ’n woord of twee daaroor:
- Die woord Preterisme beteken “in die verlede”. Wanneer Preteriste dus praat oor Openbaring sê hulle dat die meeste van die profesieë daarin rééds vervul is. Dit impliseer dus dat, toe die profesieë gegee is, daar vooruit gekyk is na die gebeure waaroor geprofeteer is – soos met alle profesieë dus. Maar vanuit ons oogpunt, word daar terug gekyk na hierdie profesieë en sien ons dat dit reeds vervulde profesieë is – of sommige ten minste (netnou meer hieroor).
- Ons kry “Vol-Preteriste” of “Hiper-Preteriste”. Hulle glo dat alle profesieë reeds tot vervulling gekom het, insluitende die tweede koms van Christus, die algemene opstanding van die dooies, asook die finale oordeel. Die Hiper-Preteriste sê dan ook dat al hierdie profesieë reeds voor 70 n.C. vervul is. Hulle sê dat die meeste van hierdie profesieë se vervulling, geestelik van aard is. So ’n standpunt (Hiper-Preterisme) is nie ’n regsinnige of Gereformeerde uitganspunt nie, want die regsinnige Christendom het nog altyd geglo dat die wederkoms, die algemene opstanding van die dooies en die laaste oordeel, fisiese, liggaamlike, sigbare en letterlike gebeure sal wees en daarom kon dit nog nie plaasgevind het nie.
Ek het nou onlangs ’n vraag aan ’n Hiper-Preteris in Amerika gevra, nl. hoe dit moontlik is dat geeneen van die “agtergeblewenes” na die wegraping iets daarvan gemeld het nie – dit moes tog uiters nuuswaardig gewees het, want sommige manne sou hulle vrouens en van hulle kinders vermis het, net om te hoor dat sy buurman en sy werkgewer en sy oom en sy...... ook hulle vrouens en van hulle kinders en van hul familie vermis. Hierdie Hiper-Preteris se antwoord was dat niemand dit agtergekom het nie, want onthou, dit was ’n geestelike wederkoms en –wegraping. Om die minste te sê: Dít is ’n belaglike wyse om, om te gaan met die Woord.
- “Gedeeltelike-Preterisme” of “Gematigde-Preterisme” (voortaan genoem Preterisme) leer egter dat Openbaring; die “Olyfberggesprek” (Matt.24); en verskeie Ou Testamentiese profesieë (bv. Daniël se 70-weke, Sagaria 12, ens.) reeds vervul was teen 70 n.C., maar hulle glo egter ook dat sekere gedeeltes nog vervul moet word, soos bv. die wederkoms, die algemene opstanding van die dooies en die laaste oordeel.
- Postmillennialiste (Pretersite) glo ook dat sekere gedeeltes van Openbaring en die Olyfberggesprek wel te doen het met Christus se tweede koms wat nog in die toekoms lê en dit is in ooreenstemming met Skrifgedeeltes soos bv. 1Tes.4:13-18; Hand.1:10-11; ens. – dit handel dus ook oor onvervulde profesieë, of toekomstige gebeurtenisse.
- Bekende hedendaagse Preteriste is manne soos R.C. Sproul, Kennith Gentry, Keith Mathison, Gary de Mar. Hank Hanegraaff en Douglas Wilson.
5. DATERING VAN OPENBARING:
Soos reeds gesê, is dit belangrik dat ons sal vasstel of Openbaring vóór of ná 70 n.C. geskryf is, want dit bepaal tot ’n groot mate, die interpretasie en daarom ook die betekenis van die boek Openbaring. Ons sien dat Openb.1:1 sê ~ ...oor wat binnekort moet gebeur... en dit is net hier waar die A-Millennialiste (en die Dispensasionaliste) en die Post-Millennialiste se eksegetiese paaie skei.
Ter aanvang is dit belangrik dat ons in gedagte sal hou, dat Openbaring geskryf is terwyl die kerk van die Here Jesus Christus, fel vervolg is
Daar is talle teoloë wat beweer dat hierdie openbaring eers ná 70n.C. ontvang is. EN almal van hulle beweer dat dit ook die standpunt van die vroeë Kerkvaders was. Dit is egter nie die volle waarheid nie, inteendeel, die standpunt wat sedert die vroegste tye gehandhaaf was, was juis dié van ’n vóór 70 n.C. datering. Dit was eers ná die laat 1800’s dat ander stemme begin opgaan het.
Een van die vroegste Kerkvaders by name Clement van Alexandrië (150 – 230 n.C.) skryf dat Johannes na “die dood van die Tiran” van die eiland van Patmos verskuif is. In Openb.1:9 sien ons dat Johannes die openbaring ontvang het, terwyl hy op Patmos was. Wat ons nou te doen staan is om te bepaal wie die tiran was, want dan kan ons vasstel gedurende watter keiser se regering Johannes die profesie ontvang het.
Ter aanvang kan net vermeld word, dat die keiser wat gedurende 81 – 96 N.C. regeer het, Domitianus was en sy regeringstydperk was gekenmerk deur vrede en voorspoed – hy kon dus nie die tiran gewees het nie.
Keiser Nero was egter so ’n tiran en Christen sowel as heiden het hom gevrees. Baie mense het hom die “Verdelger van die mensdom” genoem, asook die “gif van
die wêreld”. Talle vroeë skrywers het na Nero verwys as “die Tiran”.
’n Volgende en baie belangrike persoon na wie daar gekyk moet word is Irenaeus en hier moet ons so bietjie tegnies raak. Iranaeus skryf in sy geskrif, “Against Heresies” (geskryf, iewers tussen 180 en 190 n.C.) die volgende: We will not, however, incur the risk of pronouncing positively as to the name of Antichrist; for if it was neccessary that this name should be distinctly revealed in this preset time, it would have been announced by him who beheld the apocalyptic vision (Johannes m.a.w.). For that was seen no very long times since, but almost in our day, towards the end of Domitian’s reign. Wanneer ’n mens hierdie aanhaling lees kan dit maklik klink asof Openbaring ná 95 gedateer moet word – in Domitianus se regeringstyd dus.
Die uitdrukking “that was seen” word algemeen aanvaar, is ’n terugverwysing na die Apokalips (Openbaring). Die “na-90’ers” interpreteer hierdie uitdrukking as volg: Die Apokaliptiese visioen was aan Johannes geopenbaar tydens die laat regeringsjare van Domitianus. Daar bestaan egter ook ’n ander aanvaarbare vertolking van hierdie uitdrukking “that was seen”, nl. dat die ontvanger van hierdie profesie by name Johannes, laat in die regeringstyd van Domitianus gesien is. Beide hierdie vertolkings kan as goeie taalkundige vertalings uit die Grieks gesien word en ons weet dat Johannes diep in die 90 jaar oud geword het.
Dit impliseer dus dat Irenaeus een van twee dinge kon sê:
- Dat Johannes die visioen aan die einde van Domitianus se regeringstydperk ontvang het, of
- Dat Johannes aan die einde van Domitianus se regeringstydperk gesien is.
Kom ons kyk kortliks na die logika van beide interpretasies. T.o.v.. die eerste vertolking sê Irenaeus dus, “Dit is nie nodig vir my om die naam van die Antichris openbaar te maak nie, omdat die Openbaring teen einde van Domitianus se regeringstydperk geskryf is. Die vraag is nou, dat indien Openbaring aan die einde van Domitianus se regeringstydperk geskryf is, waarom is dit nie nodig is vir Irenaeus om die naam van die Antichris bekend te maak nie?
Aan die anderkant, volgens die tweede interpretasies sê Irenaeus: Dit is nie vir my nodig om die naam van die Antichris openbaar te maak nie, want Johannes, wat oorspronklik oor die Antichris geskryf het, was lewend gesien teen die einde van Domitianus se regeringstydperk. Dit maak dus baie meer sin dat, indien Johannes nie so lank terug gesien is nie en hy dit nie nodig geag het om die naam van die Antichris bekend te maak nie, dit ook nie vir Irenaeus nodig was om die naam van die Antichris bekend te maak nie.
Dit maak dus baie meer sin, dat Johannes in die middel 90’s gesien is, eerder as wat hy die Openbaring in die laat 90’s ontvang het.
Al die teoloë wat ’n “laat-90’s datum” aangehang het en steeds aanhang, grond al hulle redenasies op Irenaeus se geskrif en om dit te doen is, soos ons gesien het, uiters wankelrig. Dit is soos wat in die jare sestig gebeur het, toe wetenskaplikes bevind het dat botter uiters sleg is vir die mens en dat geel-margarine gesond is (en skielik word geel margarine bemark). Al die wetenskapliks daarna, het hulle navorsing verder gebaseer op hierdie eerste wetenskaplikes se bevindinge. Totdat daar in die 1990’s bevind is dat dit juis andersom is – margarine is “gif” en botter is gesond – toe val al die “ooms met die dikbrille” se teorieë in mekaar, want die een het voortgebou op die vorige een se verkeerde teorie, ens.
Om dus ’n teorie op grond van een skrywer se teorie te bou is uiters gevaarlik en dit is presies wat gebeur het met die “laat-90’s teorie”. Wat meer is, Irenaeus is ook glad nie so ’n betroubare Navorser nie, want hy het ondermeer Jesus se ouderdom op ouer as 50 gestel toe Hy gekruisig is en geen ernstige Bybelstudent sal dit onderskryf nie, inteendeel almal is eenstemmig daaroor dat Jesus jonger as 33 was toe Hy gekruisig is.
Ons lees in 2Tim.3:16-17 die volgende ~ Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. Indien ons dus wil vasstel wat die datum van die skrywe van Openbaring is, moet ons na die Woord self gaan kyk. Ons moet onthou dat Irenaeus nie onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het nie, maar Johannes wel – kom ons gaan kyk dus wat Johannes gesê het (net so terloops: dit is maar onlangs dat teoloë begin kyk het na wat Openbaring self sê oor die datering).
Dit is belangrik dat ons sal kyk na bepaalde tydsfaktore in Openbaring – woorde soos: “binnekort”, “gou”, “op hande”, ens. Indien die profesie na 95 n.C. geskryf is, sal ons baie moeilik enige gebeure vind wat binnekort, of gou daarna tot vervulling gekom het en wat klop met die profesie. Groot gebeurtenisse wat dalk gekoppel kan word aan die profesie, is die Eerste Wêreldoorlog en dit het bykans 1900 jaar ná die “laat datum” plaasgevind – dit stem dus beslis nie ooreen met uitdrukkings soos “binnekort”, ens. nie. “Binnekort” is tog enige iets tussen nou-nou en binne die volgende paar jaar. Indien Johannes geskryf het om sy lesers te bemoedig met die oog op die oordeel wat geslagte van etlike eeue later sou moes verduur, maak tog net nie sin nie.
Die ganse profesie van Openbaring moet binne die tydsraamwerk van Openb.1:1-3 gesien word (Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien. 2 Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het. 3 Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby); 22:6-7, 10 en 12 (Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.” 7 Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.” ...... Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby. ...... Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het). Dit is dus asof Johannes wil sê: Moenie dit mis nie- hierdie dinge gaan binnekort plaasvind! Ongelukkig is dit so dat baie dit gemis het en steeds mis (en amper ek ook!).
Dit blyk ook duidelik uit Johannes se woorde, dat daar ’n ernstige bedreiging vanuit Joodse geledere teen sy lesers bestaan. Hy skryf bv. aan beide die gemeentes in Smirna en Filadelfia van die “Sinagoge van die satan” (Openb.2:9; 3:9). Ons het alreeds gesien dat hierdie uitdrukking, Johannes se verwysing was na die Jode wat Jesus Christus verwerp het. Hierdie naam is egter ook gebruik om ’n onderskeid te tref tussen die ware Jode (hulle wie Christus ontvang het) en die vals Jode (hulle wie Christus verwerp het). Met die lees van die Woord is dit ook duidelik dat die ware kerk, baie Joods was, maar hierdie situasie stem egter net ooreen met die tyd vóór die val van Jerusalem in 70 n.C. Nadat die Tempel verwoes is, is die Evangelie tot aan die uiteindes van die wêreld versprei en Judaïsme as nie meer ’n bedreiging nie. Voor 70 n.C. was Judaïsme en die Christendom baie na aan mekaar verwant, maar na 70 n.C. was dit glad nie meer die geval nie. Openbaring se Joodse bedreiging kon dus net voor 70 n.C. ’n realiteit gewees het en nie na 95 n.C. nie.
Die feit dat die Tempel in Openb.11 vermeld word, is ’n verdere interne aanduiding van ’n “vroeë datum”. Indien Johannes na 90 n.C. geskryf het, sou dit vreemd wees dat hy nie na die herboude Tempel verwys het nie. Dit sou egter ewe vreemd gewees het as hy nie na die verwoeste Tempel verwys het nie, terwyl die Tempel ’n baie belangrike onderwerp in Openbaring is (dit word nie minder as 16 keer vermeld). Ons kan dus die afleiding maak dat die oorspronklike Tempel nog gestaan het toe Johannes Openbaring geskryf het. Weereens dus ’n duidelike bewys van ’n “vroeë datering”.
Die sewe konings van wie daar in Openb.17:10 gepraat is, is verdere bewys van ’n “vroeëre datering”. Toe Johannes geskryf het, was 5 konings (of keisers of “Caesar”) reeds gestorwe (Julius, Augustus, Tiberius, Caligula, Claudius) – Nero was die een wat toe regeer het en ons het reeds gesien dat Domitianus se regeringstydperk, gekenmerk was deur vrede en voorspoed en hy het regeer tydens 81 – 96 n.C.
Ons kan dus ’n baie goeie saak daarvoor uitmaak dat die politieke bees van Openbaring (13:1-10), Rome onder die heerskappy van Nero was en aangesien Openbaring ’n profesie was, moes dit geskryf gewees het voor die dood van Nero op 9 Junie 68 n.C.
Die oorweldigende interne getuienis dui dus daarop dat Openbaring voor die val van Jerusalem en die Tempel in 70 n.C. geskied het, wat dan verder daarop dui dat meeste van die profesie in Openbaring reeds tot vervulling gekom het voor 70 n.C.
[1] Bybelstudiereeks aangebied deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 17 Januarie 2010

Boodskap deur Kobus van der Walt (17 Januarie 2010)
Die Brief aan die Efesiërs - 13 ('n Nuwe Lewe) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Ef.4:17-24 ~ In die Naam van die Here doen ek ’n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks, 18 hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. 19 Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ’n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. 20 Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. 21 Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. 22 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23 Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24 lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.
2. INLEIDING:
Iets wat ons baie dikwels die afgelope twee jaar gehoor het, is dat ’n gelowige nie pragmaties moet of mag optree nie, m.a.w. jy sê een ding, maar jy tree anders op, of as jy wil, jy glo ’n bepaalde ding maar wanneer dit by die praktyk kom, tree jy nie dienooreenkomstig op nie. Ek is ook dikwels al gekonfronteer met die feit dat myself die vraag afvra, nl. of dit nie tog dalk beter is om soms kompromie met die waarheid aan te gaan en soos die wêreld op te tree nie.
Daar is ’n Engelse spreekwoord wat sê: When you are in Rome you do as the Romans do. Dit mag miskien baie goeie raad in die wêreld wees, want dan staan jy nie uit soos ’n seer duim nie, of aan die anderkant, as jy soos die massas optree kan jy baie makliker “in” wees – deel wees van die groep; kan jy gewild wees. As gelowiges is dit egter nie goeie raad nie, want vir iemand wat bely dat Jesus Christus die Here is, geld daar totaal ander standaarde as vir diegene wat in die wêreld is. Paulus sê in vers 17 ~ Moenie langer soos heidene lewe nie... en in vers 22 sê hy ~ Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Dit is waarom die Evangelie wat ons verkondig, nie gewild is in die godsdienstige wêreld nie. MAAR om prakties uit te leef wat ons glo en wat die Woord leer – dít is die WARE Evangelie!
Die Efesiërs was voorheen heidene en het soos al die heidene rondom hulle gelewe, maar na hulle bekering het hulle geheel en al anders geword. Hulle is opgeroep tot dissipelskap en ’n heilige lewe in Christus – hulle moes dus lewe soos wat Jesus gelewe het. Hulle moes dus in die wêreld wees, soos wat ons in die wêreld is, maar hulle moes (nes ons), nie van hierdie wêreld wees nie. Hoe moes hulle dan lewe? Hoe moet ons dan lewe?
3. INDELING VAN EFESIËRS:
Efesiërs 4:17 lui ’n nuwe gedeelte en daarom ’n nuwe tema, maar ook die finale gedeelte van die brief aan die Efesiërs vir ons in.
Soos wat ons reeds in die verlede gesien het, kom Paulus ook nou op sy tipiese wyse en begin hy sy skrywe eers met ’n stuk teologie of leerstellinge of dogma, waarna hy dit opvolg met die praktiese toepassing daarvan. So het Paulus bv. in die eerste drie hoofstukke van Efesiërs, die aard en oorsprong van die gelowiges se redding bespreek, nl. God se genade en hoe hierdie genade in en deur die Kerk sy beslag gekry het. In hoofstukke 4 tot 6 (die tweede helfte van die brief) pas Paulus hierdie beginsels toe op die lewe van die gelowige in ’n sekulêre wêreld – hy raak dus prakties.
Hoofstuk 4 word egter verder verdeel in twee onderafdelings, nl. 4:1-16 en verse 17-31. Verse 1 tot 16 was die leerstellige gedeelte, waar Paulus ons geleer het dat God alle gelowiges vanuit alle volkere en uit al die vlakke van die samelewing geroep het om in eenheid in die kerk saamgevoeg te word. Daar was egter ook ’n tweede leerstuk gepreek in hierdie eerste gedeelte van die tweede helfte van die brief, nl. dat God se kinders te alle tye, ’n heilige lewe moet najaag.
Hierdie heilige lewe wat nagejaag moet word, is ’n geweldig belangrike oproep, want nie net is ’n goeie morele lewe goed in sigself nie, of dat ’n goeie lewe ’n mens gelukkig kan maak nie, maar ’n heilige lewe moet primêr nagejaag word op grond van wat God vir ons gedoen het – op grond van wat ons weet, God deur Jesus Christus vir ons gedoen het. Ons word dus nié geroep om soos die “Romeine in Rome” te leef nie. Nee, ons word geroep om anders as die “Romeine van hierdie wêreld” te leef.
4. DIE ROMEINE VAN HIERDIE WÊRELD:
Voor ons dan kan vasstel hoe ons as gelowiges moet lewe, moet ons gaan kyk hoe die wêreld van die “Romeine” (die heidene) lyk en Paulus spreek dit juis aan in verse 17-19.
Hy sê eerstens dat...:
· Hulle gedagtes lei tot niks (v.17): Dit is baie interessant om te sien dat Paulus hier op die mens se verstand en gedagtes fokus (ons sal dit ook in die volgende kenmerke van wêreldse mense sien wat ons weldra sal aanspreek) Paulus sê dus dat sover dit geestelike en morele sake betref, ’n verlore persoon se gedagtes tot niks lei nie – hulle dink anders as gelowiges en daarom tree hulle anders op en daardie optrede van hulle lei uiteindelik tot niks, want hulle denke en hulle optrede bestaan sonder Christus en word oorheers deur sonde en lei uiteindelik tot die dood.
· Hul verstand is verduister (v.18): Die tweede karaktereienskap van “mense van hierdie wêreld”, is dat hulle verstande verduister is. Die wêreld sê dat geleerdheid alles in die lewe is. Matriekleerlinge is voortdurend in die media die afgelope vakansie aangemoedig om verder te studeer, en ek sê nié dat dit verkeerd is nie, inteendeel. Maar, 2Tim.3:7 sê dat ongelowiges, soos ... vroue (is) wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. Die gevalle mensdom het ’n “ingeboude” onvermoë om die waarheid aangaande God te leer ken. Wat is die rede vir hierdie onvermoë? Wat is die rede vir die feit dat hul gedagtes tot niks lei nie? Ons vind die antwoord in vers 18b (en die O.A.V. stel dit pragtig en korrek) ~ ...vanweë die verharding van hulle hart – die E.S.V. sê ~ ...due to their hardness of heart. Hulle maak dus ’n doelbewuste keuse om in sonde te bly. Hulle maak ’n doelbewuste keuse om hul rug op God gedraai te hou. Rom.1:21-22, 24 stel dit as volg ~ ...omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. 22 Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. ..... 24 Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle, hulle liggame onder mekaar onteer.
Hierdie mense gee hulself oor aan die satan en hy sorg dat hulle verblind bly – 2Kor.4:4 ~ Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie.
· Hulle het afgestomp geraak (v.19): Derdens sien ons in vers 19, dat onwedergeborenes, afgestomp en ongevoelig raak. Wanneer hy afgestomp raak, raak hy onsensitief vir alle standaarde vir geregtigheid, m.a.w. hy gee net nie meer om wat die ewige gevolge van sy onheilige gedagtes en optredes is nie. As ons na die wêreld rondom ons kyk, sien ons presies dít waarvan Paulus hier praat – mense gee nie om of hulle God belaster in hul taalgebruik nie; mense is nie meer skaam om wellustig op te tree nie; homoseksualiteit is openlik en word al meer en meer deur die samelewing aanvaar as ’n alternatiewe lewenstyl, en so kan ons aangaan. Hoor wat sê Rom.1:32b sê ~ ...en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen. Ongelowiges is, en raak al meer en meer afgestomp.
· Hul onversadigbare drang na losbandigheid (v.19b): Laastens sê Paulus in vers 19b ~ ...hulle (het hulself) met ’n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. Die woord “losbandigheid” word in die E.S.V. vertaal met “sensuality” en in die O.A.V. met “onreinheid”. Die Grieks vir hierdie woord is "aselgeia" wat dui op “onbedwingbaarheid” – iets wat dus gedoen word wat die vlees net nie kan keer nie – as jy sien het jy dit gedoen. Hierdie selfde woord word in Gal 5:19 gebruik en die O.A.V. stel dit weereens korrek (dit is tog so jammer dat die N.A.V. so dikwels, o.a. sonde saggies stel – so asof die N.A.V. te skaam is om dit te sê). Gal.5:19 dan... En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid. Die wêreld het altyd ’n drang na die sonde en in hierdie geval spesifiek na seksuele sonde, inteendeel die Woord sê, hulle het ’n onversadigbare drang daarna. En hoekom is dit onversadigbaar? Omdat dit hulle net vir die oomblik bevredig – daar is nooit langdurige bevrediging en tevredenheid nie, want in die wêreld is dit nie te vinde nie.
Hoe dan, sien die wêreld daar uit?
· Hulle gedagtes lei tot niks;
· Hulle verstand is verduister;
· Hulle het afgestomp geraak;
· Hulle het ’n onversadigbare drang na losbandigheid.
Christus was ook versoek deur die satan om te kompromitteer, m.a.w. om toe te gee aan die vlees, maar Jesus het die staan weerstaan, om sodoende vir ons ’n voorbeeld te stel, van hoe ons versoekinge moet weerstaan.
5. DIE EFESIËRS:
Paulus sê vir die Efesiërs in vers 17 ~ In die Naam van die Here doen ek ’n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Paulus sê dus hierdeur vir die Efesiërs (en vir ons): Julle is wederbaar; julle is nie meer soos die heidene nie. Julle is nou medeburgers en –erfgename van Jesus Christus – julle is nou deel van die heiliges en moet derhalwe nie meer langer soos die heidene leef nie. “Nie meer langer” impliseer dus dat hulle eens op ’n tyd soos die heidene geleef het, maar nou moet hulle daardie leefwyse afsweer en dit verwerp en toesien dat hulle daaglikse wandel sal ooreenstem met hulle nuwe identiteit en hulle nuwe verhouding met Jesus Christus.
Paulus sê, dat hoe die heidene van hierdie wêreld lewe, is nie hoe ons Jesus Christus leer ken het nie.
Om Christus te leer ken is ’n direkte verwysing na ons wedergeboorte (die werkwoord hier, “om te ken” is in die aoristus, aktief, indikatiewe vorm – verwys ook hier na Joh.6:45 waar dieselfde werkwoord gebruik word en waar dit na reddingskennis verwys – ’n eenmalige aksie dus). In Matt.11:29 sê Jesus ~ Neem my juk op julle en leer van My. Hier word die werkwoord “leer” ook op so ’n wyse gebruik (in die aoristusvorm), dat dit op ’n eenmalige aksie dui. Om Christus dus eens en vir altyd te leer ken – wedergeboorte dus.
Ons vind hierdie selfde Griekse werkwoord in vers 21 ~ Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. “Gehoor” en “onderrig” – beide hierdie woorde dui op die reddingsoomblik toe die skille van ons oë geval het en ons Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker ontmoet het – leer ken het – ’n eenmalige gebeurtenis in die verlede dus.
Die waarheid dan wat in Jesus is, is die waarheid t.o.v. redding – dit is dan ook in ooreenstemming met Ef.1:13a ~ Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. Johannes verduidelik hierdie kennis verder in 1Joh.5:20 ~ En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe.
Paulus sê egter ook in vers 21 ~ Julle het tog van Hom (dit is Jesus) gehoor.... Toe Hy ons wederbaar het, het ons geleer dat ons lewe nou nie meer selfgesentreerd moet wees nie, maar Christusgesentreerd. Ons het geleer dat ons gedagtes vernuwe moet word. Rom.12:2 leer ons ~ Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Waarom moet ons gedagtes vernuwe word? Anders dink ons soos die wêreld en tree ons op soos die wêreld – m.a.w. as ons anders wil optree, moet ons anders begin dink, daarom dat hy in vers 23 sê ~ Julle gees en gedagtes moet nuut word. Ons kan nie en mag nie meer vleeslike dinge bedink nie; ons kan nie en mag nie meer sondige gedagtes koester nie – ons moet dit neerlê en gedagtes wat ewigheidswaarde besit, bedink.
Ons moet onthou, dat godsdiens in die verstand begin, voordat dit oorgaan tot optrede, maar sonde volg presies dieselfde roete.
Hoe moet ek en jy as gelowiges lewe, indien ons nie soos die heidene mag lewe nie?
· Breek met die ou sondige mens: In vers 22 sê Paulus ~ Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Hier het ons weer met die deurlopende tema van die Nuwe Testament te doen wat ons in Engels noem: Die putting off en putting on beginsel. Ons moet neerlê wat sondig en van hierdie wêreld is en ons moet dit wat ons geleer is deur die Woord opneem en ons daarmee beklee.
Wat Paulus hier vir die Efesiërs sê, is dat hulle soos wat hulle tydens hul wedergeboorte gestroop was van hul “ou vuil klere”, hulle dit voortdurend in hierdie nuwe lewe wat hulle ontvang het, moet doen – dít is om ’n heilige lewe te leef. Die probleem is net dat die “ou klere” al so gerieflik en natuurlik geraak het, dat ons baie moeilik afstand daarvan doen. Dit is waarom die Heilige Gees ons gedurig herinner aan sonde.
· Vernuwe gees en gedagtes: Tussen hierdie proses van neerlê en om beklee te word met... (putting off and putting on), vind ons vers 23 “ingetoebroodjie” ~ Julle gees en gedagtes moet nuut word. Ons kan dus nie ons “nuwe klere” aantrek, as ons nie ons denke verander nie ~ Julle gees en gedagtes moet nuut word. Hierdie is ’n ego van Rom.12:2 ~ ...Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Hoor u wat staan hier aan die einde van die vers ~ ... Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is. En hoe kry ons dit reg? Deur God se Woord op gereelde basis te lees en te oordink en in gehoorsaamheid daaraan op te tree en die Heilige Gees te vra om Sy vernuwingswerk in jou voort te sit. Dit is nodig, nee, dit is van kardinale belang, dat ons God se Woord met afwagting moet lees en die Gees van God vra om dit vir ons oop te maak.
Wat beteken dit prakties om “neer te lê” en “op te neem”, of te “vernuwe”? Kom ek gee vir jou ’n praktiese voorbeeld: Jy verloor jou humeur teenoor jou vrou. Nou lê jy dit neer, deur vergifnis teenoor die Here te vra, asook vir jou vrou. Die proses is egter nog nie voltooi, voor jy nie nuwe denkpatrone aangeleer het nie. In hierdie geval kan jy dus daarop konsentreer en daaraan werk om meer liefde en geduld aan die dag te lê, deur doelbewuste optrede, memorisering van toepaslike teksverse, deur gereeld daaroor te bid; deur bv. jou vrou te vra om jou toerekenbaar (accountable) te hou vir jou gedrag, ens. Is jy ernstig om ’n heilige lewe voor God te LÉÉF? Dan sal sulke optrede nié te veel gevra wees nie. Natuurlik geskied al hierdie optredes deur die genade van God en daarom moet jy vra daarvoor en Hom dank daarvoor.
Jy mag dalk nou vra of dit dan nou nie “goeie werke is waarvan die Woord praat nie? My antwoord is, nee, want onthou jy wat staan in Fil.2:12 ~ My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13 want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Die Ou Vertaling sê ~ Werk julle eie heil uit.
As “kinders van die genade” moet ons dus selfdissipline toepas en ons Christelike wandel (of lewens) beplan en uitwerk – ons kan en mag nie maar net voort ploeter en dink dat ons die hemel “binne kan dryf” soos iemand op ’n opblaasmatras nie. Dit is waarom Paulus in 1Tim.4:7 sê ~ Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe.
· Leef as nuwe mens: Die laastens punt wat Paulus vir ons in vers 24 ophaal, sluit baie nou aan by dit wat ons so pas gesê het, nl. ~ ...lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. Nuwe mense! Hierdie woord “nuut” [in die Grieks: kainoõ (kainos)] beteken nie dat ons gedeeltelik verander word wanneer ons Jesus Christus leer ken nie. Nee, ons kry nie, by wyse van spreke, net ’n gedeeltelike nuwe baadjie nie – nee, ons kry ’n totaal nuwe baadjie – ons word geheel en al nuwe mense – ánder mense! Ons kry nuwe name – die “heilige Trudie” en die “heilige Marius” en die “heilige Wendy-leigh”, ens. – nuwe mense! Daarom dat Paulus in Gal.2:20 sê ~ ...en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
Ons is nuut, maar nie heeltemal nuut nie. Ons is regverdig verklaar en heilig verklaar, maar nog nie volkome regverdig en volkome heilig nie. Paulus sê in Rom.7:25b ~ So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde. Werk daarom jou eie heil uit! En hoe doen ons dit? Deur...
· Te breek met die ou sondige mens;
· Deur ons gees en gedagtes te vernuwe;
· Deur as nuwe mense te leef.
6. TOEPASSING:
Sukkel jy met sonde? Kla jou “gewete” jou gedurig aan oor sonde in jou lewe? Koester en vertroetel jy ’n bepaalde sonde, of sondes in jou lewe – sondes waarvan net jy en jy alleen weet? Veg jy ’n hopelose stryd om los te kom van sulke sonde? Voel jy moedeloos daaroor? Wil jy moed opgee? Voel jy God het jou nie meer lief nie a.g.v. die feit dat jy nie loskom van sulke sonde nie? Voel dit vir jou asof jy die onvergeefbare sonde gepleeg het? Begin jy selfs voel asof jy nie meer wedergebore is nie?
Luister na die woorde in Jes.59:2 ~ Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.
As daar sonde is waarin ons volhard en waarmee ons nie breek nie, sal ons vind dat ons geestelike lewe een groot gesukkel is, dat ons gebede onbeantwoord bly, dat ons kort-kort twyfel oor ons wedergeboorte. Kol.1:21 sê dat ons vyande word van God as ons volhard in sonde.
Maar dan kom verse 29-31 van Deut.4 ~ As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou. 30 “Wanneer julle in nood verkeer deurdat hierdie dinge in die toekoms oor julle kom, moet julle terugkom na die Here julle God, en sy woord gehoorsaam. 31 Die Here julle God is ’n genadige God. Hy sal julle nie in die steek laat of om die lewe bring nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met ’n eed aan julle voorvaders bevestig het nie.
Waar lê ons oplossing dan? Ons vind ons oplossing in Kol.1:22 ~ Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. Wat beteken dit? God die Vader het ons herenig met Hom, deurdat die Vader al ons sonde geneem het en dit op Jesus geplaas het. Hy het Jesus aan die kruis hanteer as ’n persoon wat kort-kort sy humeur verloor. Hy het Jesus hanteer as ’n dronkaard; as iemand wat verslaaf was aan pornografie; as ’n God-hater; as ’n lui persoon; as iemand wat lieg; ens. Die Vader het Sy Seun hanteer, asof dit ons was wat daar aan die kruis gehang het, ten einde ons terug te bring na Hom – Hy het al my en jou sonde reeds op Jesus uitgestort en Hom namens ons vir AL ons sonde gestraf. Jesus het aan die kruis ál daardie sondes wat skeiding (ewige skeiding) tussen die Vader en ons bewerkstellig het, op Hom geneem – 2Kor.5:21 ~ Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees!
Die oplossing vir my en jou probleem, is dus Jesus Christus! Is jy in eenheid met Christus? Indien dit die geval is, is Kol.2:23 van toepassing op ons lewe ~ Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie.
Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) op 17 Januarie 2010

Subscribe to:
Posts (Atom)