1. INLEIDING:
Ons het verlede week gesien hoe dat koning Ahasveros ’n banket aangebied het vir al die hooggeplaastes in sy koninkryk en hoe
hy gespog het met sy koningskap, sy koninkryk, asook sy rykdom. Hierdie fees
het 180 dae lank geduur, waartydens die beste koninklike wyn voortdurend
beskikbaar was.
Na
hierdie fees het hy ’n verdere fees
vir sewe dae lank aangebied vir die res van die gemeenskap. Ahasveros se vrou,
koninging Vasti het ook in hierdie tyd, ’n fees vir die vroue aangebied. Ons het ook gesien dat Ahasveros (hy het ook bekend gestaan as Xerxes) se een paleis se hoeksteen, die volgende inskripsie op gehad het: Ek
is Ahasveros, die groot koning, die enigste koning, die koning van die ganse wêreld….
Ek
het ook gesê dat ons sekerlik kan aanvaar dat die genooide gaste kon kom en gaan soos
hulle wou, want dit is ondenkbaar dat al die uitvoerende- en hooggeplaaste
amptenary, ’n volle 6
maande kon wegbly van die werk. Maar wat van die gasheer? Hy was tog gasheer en
hy moes tog sy gaste ontvang ens.? Kom ons lees van Ester 1:10 af verder aan.
2. SKRIFLESING:
Ester
1:10-22 ~ Op die sewende dag, toe die koning baie vrolik was van die wyn, het hy sewe
paleisbeamptes geroep: Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en
Karkas. 11Hy het hulle
beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te laat kom sodat hy
vir al die mense, al die hoë amptenare, kon
wys hoe mooi sy is. Sy was ’n baie mooi vrou. 12Koningin Vasti
het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel
het. Toe het die koning baie kwaad geword. Hy was woedend 13en het raad
gevra by sy adviseurs wat geweet het hoe en wanneer om op te tree, want dit was
gebruiklik dat die koning die kenners van wet en reg sou raadpleeg. 14Karsena, Setar,
Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memukan was by die koning. Hulle was die sewe
hoofamptenare van Persië en Medië wat direkte toegang tot die koning gehad het en
die hoogste poste in die koninkryk beklee het. 15Hy vra hulle
toe: “Wat moet volgens
wet gedoen word met koningin Vasti wat nie gehoorsaam was aan die bevel van die
koning deur sy paleisbeamptes nie?” 16Toe sê Memukan vir die koning en die hoë amptenare: “Koningin Vasti
het nie net teen die koning verkeerd opgetree nie, maar ook teen al die hoë amptenaren al die mense in al die provinsies
van die koning. 17Haar optrede sal bekend word by al die vrouens
en sal daartoe lei dat hulle geen ontsag meer vir hulle mans het nie. Hulle sal
sê: “Koning Ahasveros
het beveel dat koningin Vasti voor hom moet verskyn, maar sy het nie gekom nie.” 18Die
vooraanstaande vrouens van Persië en Medië wat van die koningin se optrede gehoor het, sal
dit vandag nog aan hulle mans vertel en hulle met minagting behandel. Dit sal
die mans woedend maak. 19As u dit goedvind, vaardig ’n koninklike bevel
uit en laat geskryf word in die wette van Persië en Medië, wat nie
herroep kan word nie, dat Vasti nie meer voor koning Ahasveros mag verskyn nie
en dat hy haar as koningin vervang met iemand wat haar beter sal gedra as sy. 20As die bevel wat
die koning uitvaardig, bekend word oor sy uitgestrekte koninkryk sal elke vrou
haar man, belangrik of onbelangrik, met eerbied behandel.” 21Die koning en sy
hoë amptenare het
hierdie voorstel goedgevind, en die koning het gedoen wat Memukan gesê het 22en briewe gestuur
na al die provinsies, na elke provinsie in sy eie skrif en na elke volk in sy
eie taal. Hierin het gestaan dat elke man baas moet wees in sy eie huis en moet
optree volgens die gebruik van sy volk.
3. VASTI SE WEIERING:
Wat
gebeur hier? Terwyl Ahasveros aangeklam is, stuur hy sewe van sy paleisbeamptes
om sy vrou, koningin Vasti te laat haal. Net interessantheidshalwe, die NAV
praat hier van “paleisbeamptes”, maar hierdie was nie sommer net gewone paleisbemaptes nie, hierdie
Hebreeuse woord het ook in die Grieks voorgekom, nl “eunoukhos” - in Engels “eunuch” en daarom sal die OAV se “hofdienaar” meer aanvaarbaar wees. Ons moet egter ook kennis neem van die feit dat
hierdie hofdienaars nie maar net gewone hofdienaars was nie. Hierdie
hofdienaars se manlikheid is hulle ontneem en daarna baie spesifiek aangestel
om die koning se harem (’n harem was die vroueafdeling van ’n Midde-Oosterse paleis) op te pas en
te versorg.
Hierdie
sewe hofdienaars of eunogs moes vir Vasti gaan haal, want Ahasveros wou haar
skoonheid aan sy gaste ten toon stel - m.a.w. aan al die manne wat saam met hom
fees gevier het en waarskynlik dalk ook saam met hom dronk was, moes haar
aanskou.
Hierdie
optrede neem iets van ’n staatsritueel aan, want Vasti ontvang ook opdrag om die koninklike
kroon te dra. Vasti word ’n lewende en wandelende trofee en daarom deel van die koning se trofeë, rykdom en majesteit. ’n Mens kan maar net wonder of Ahasveros tot so ’n drastiese en laakbare stap sou oorgaan, as hy nie beskonke was nie.
Die
rede waarom Ahasveros sewe eunogs gestuur het, was waarskynlik om haar in ’n koninklike draagstoel die banketsaal binne te dra, om sodoende verdere
luister aan die koninklike feesvieringe te verleen en dit kon ook bygedra het
tot ’n dramatiese
oomblik en om patriotisme en lojaliteit te skep, voor die koning sy generaals
opdrag gee om Griekeland te gaan verower.
Daar
word in die geskiedskrywes vertel dat koningin Vasti ’n onaangename vrou was, maar sy was terselfdertyd ’n magtige vrou op wie haar man verlief was. Wat gebeur toe die Eunogs by
Vasti kom? Sy weier om na die koning te gaan! Waarom het sy geweier? Omdat sy
nie bereid was om…
•
…voor ’n spul besope
mans verneder te word nie.
•
…sy was nie bereid om saam met Ahasveros se rykdom en
besittings “vertoon” te word nie, want sy was nie maar net nog ’n ’n rooi
linnedoek, of ’n spoggerige
goue rusbank in die paleis se banketsaal nie en…
•
…sy was nie bereid om as koningin op dieselfde wyse hanteer
te word as die koning se klomp bywywe nie - sy was tog immers die
koningin.
Vasti
se weiering lei tot Ahasveros se woede (v.12), want hy ís darem die koning van bykans die hele wêreld en geen mens durf dit waag om hom teen te gaan nie - nie eens die
koningin nie. Weereens kan ’n mens maar net weer wonder of Ahasveros so kwaad sou word vir sy
beeldskone vrou, as hy nie dronk was nie?
Te
midde van die feit dat die koning onder die invloed was, roep hy sy raadgewers
nader en vra hulle wat hom te doen staan in die lig van die wet. Hierdie
raadgewers was gewoonlik baie goed onderlê in die wette van die land, maar terselfdertyd was
hulle ook sterrewiggelaars, m.a.w. hulle was astroloë.
Memuka,
een van die raadgewers, gee hom egter nie raad vanuit die wet nie, maar hy
waarsku dat Vasti se optrede verrykende gevolge in die ganse Ryk tot gevolg mag
hê.
Die
raad wat Memuka gee, word gegee in die lig van die feit dat Vasti ’n invloedryke vrou was en dat haar optrede daartoe sou lei dat die
vrouens hulle mans met minagting sou hanteer en die mans sou op hulle beurt
weer woedend raak vir hul vrouens. Die raadgewers het dus ’n gees van feminisme in die Ryk gevrees en ook ’n situasie waar die mans nie meer beheer oor hul huishoudings sou hê nie.
Dit
is interessant om die afgelope klompie jare te kon sien hoe talle vrouens uit
Joodse- en Christelike kringe, wat voorstanders van “vroueregte” en die bevordering van feminisme is, terug gegryp het na die boek Ester
ten einde hulle saak te probeer bevorder. Vroueregte en -vrouevryheid is
weliswaar belangrike sake, maar die boek Ester gaan hoegenaamd nie primêr daaroor nie en daarom kan ’n mens nie die boek buite konteks aanhaal en toepas om vroueregte te
onderskryf nie.
4. VASTI SE LOT:
Die
uiteinde van Vasti se weiering om voor die koning en sy gaste te verskyn, was
dat sy gewoon net Vasti geword het - gestroop van haar koninklike status en sy
sou nooit weer voor die koning mag verskyn nie.
Die
koning was uitgelewer aan sy raadgewers en hy kon nie anders as om uitvoering
te gee aan dít wat hulle
voorgestel het nie. Hoe anders is dit nie as in ons as gelowiges se geval, waar
ons Raadgewer, die Heilige Gees, altyd die waarheid vertel en omdat Hy volgens
die wil van die Vader optree sal Hy altyd die regte raad vir ons gee.
Dit
was een ding om Vasti se koninklike status van haar weg te neem, maar dit was ’n ander ding om ’n bevel uit te vaardig dat vroue hulle aan hulle mans moes onderwerp,
want dit was nie die regte wyse om hul doel te bereik nie, want deur die koning
se behandeling teenoor sy vrou, het hy reeds ’n swak voorbeeld gestel, deur respek te probeer afdwing op iemand
anders, eerder as om dit te verdien.
Hierin
lê ’n les vir ons mans - ja, die vrouens moet hulle onderwerp - nie aan ons
nie, maar aan die gesag waarmee God ons as mans beklee het - dit impliseer dus
dat ons, ons gesagstatus waardig moet wees en ons kan net ons vrouens se agting
en hule onderwerping aan ons ontvang, wanneer ons hulle in die lig van
Ef.5:25-30 behandel ~ Mans, julle moet
julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor
afgelê het. 26Dit het Hy gedoen
om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig
het, 27sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of
rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. 28Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie
liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, 29want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en
versorg dit, soos Christus met sy kerk doen 30omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is.
Ahasveros
wou dus op andere afdwing wat hyself nie kon regkry nie - Passie het sy sinne
verblind. As die koning en sy raadgewers gedink het dat Vasti se optrede
verkeerd was, dan was húlle optrede nog meer verkeerd.
6. TOEPASSING:
Ons vind twee dinge uit hierdie gebeure in
Ester 1:10-22, wat op ons op onsself moet toepas en dit is die gevaar wat
opgesluit lê in onbeperkte mag en tweedens, mag en leierskap in veral
huweliksverhoudings. Kom ons kyk kortliks na beide hierdie sake:
• Die gevaar van onbeperkte mag: Ons het die afgelope tyd
gepraat oor die owerhede en die gesag wat aan hulle deur God gegee is, maar die probleem is dat talle van hulle misbruik maak van
daardie gesag en mag. Ons sien dit gedurig rondom ons - daar gaan bykans nie ’n nuusberig verby waarin daar nie gerapporteer word oor hierdie of
daardie gesagsfiguur wat vasgetrek is vir bedrog nie - dit is iets wat aan die
orde van die dag is - dit is niks anders as misbruik maak en uitbuiting van ’n gesgsposisie waarin hulle geplaas is nie.
Misbruik
maak van gesag gaan egter veel verder as bloot net selfverryking. ’n Mens kry allerlei politieke en militêre vergrype. Waarksynlik die bekendste figuur wat hierdie vergrype
versinnebeeld is dié van Hitler wat nagenoeg sesmiljoen Jode om die lewe laat bring het. Dink
aan Josef Stalin van Rusland; president Marcos van die Filippyne; Noriega van
Panama; Khomeini van Iran; Pol Pot van Kambodja; Idi Amin van Uganda en so kan
ons aangaan. Die heel naaste despoot aan ons wat absolute misbruik maak van sy
onbeperkte mag is ons buurman Robert Mugabe.
Ons
vind hierdie situasie selfs in die “Christelike Kerk” vandag. Dink aan die talle priesters in die R.K.K. wat beskuldig word
van kindermolestering. Dink aan leiers in “Protestantse Kerk” wat misbruik gemaak het van hulle mag - so iemand is bv. ’n man met die naam van Jim Jones. Onder Jones se invloed en misleiding
het meer as 900 lidmate (of sal ons
eerder sê, volgelinge) op 18 November 1978 in Jonestown, Guyana, selfmoord gepleeg. Jones het
o.a. vir sy volgelinge gesê dat die owerhede nie tevrede is met hul lewensstyl nie en indien hulle
die aanslag van die owerhede wil ontduik moet hulle, hul lojaliteit aan hom
bewys deur gif te drink (baba
tjies en jong kinders moes eerste die “sianied-drankie” gedrink het).
Die
Bybel is ook vol van soortgelyke gevalle waar gesagsfigure misbruik gemaak het
van hulle gesag - dink bv. aan die bekendste Ou Testamentiese koning, nl koning
Dawid - hy het sy magte as koning misbruik ten einde sy begeerte na ’n ander man se vrou te bevredig. Selfs van die dissipels het hierdie sug
na mag gehad - dink aan Jakobus en Johannes wat vir Jesus gevra het… ~ Here, ons wil
graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra.” 36“Wat wil julle
hê moet Ek vir julle doen?” het Hy hulle gevra. 37Hulle het Hom geantwoord: “Wanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u
regterhand en die ander een aan u linkerhand (Mark.10:35-45 - sien ook: Matt.20:25-28
enLuk.22:24-30).
Die
geskiedenis toon aan ons dat mag in mense se hande, baie maklik omsit in
onbeheerde mag - mag wat vir persoonlke doeleindes aangewend word - absolute
mag wat lei tot allerlei vorme van korrupsie. Daarom kan ons met sekerheid sê dat slegs ’n koning met ’n volmaakte
karakter, waardig is om algehele en onbeperkte mag te ontvang en ook net só ’n Koning is
waardig genoeg om blindelings na gevolg te word. Dit is daarom dat Jesus Christus, die ewige Koning is; die
alomteenwoordige Koning; die heilige Koning en daarom is Hy wat die Outeur van
die boek Ester is, alleen waardig om absolute mag te kan ontvang, omdat net Hy
dit met en in morele volmaaktheid kan hanteer.
Die
Nuwe Testament leer ons dat Jesus, die Seun van God, gekroon is as Koning van
alle konings en net aan Hom is heerskappy oor alle wêreldse magte en skepsele gegee ~ Toe neem die duiwel Hom na ’n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” 10Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien” (Matt.4:8-10).
Koning
Jesus veroordeel dié tipe leierskap soos wat in Ahasveros se regeringstyd geheers het en
vandag nogsteeds aangetref word en daarom word die verlossing van die volk
Israel gedurende die Persiese tydperk geskets teen die agtergrond van ’n tipe leierskap wat God veroordeel.
Die
tipe leierskap wat Christus van ons verwag tref ons in Joh.13 aan waar Jesus
vir alle leiers en alle mense die voorbeeld stel van heilige mag en -leierskap,
wanneer Hy die voete van Sy dissipels was - ’n voorbeeld van nederigheid en diensbaarheid, waar dit nooit gaan om eie
belang nie. Hierdie Koningskap wat Jesus gekenmerk het, het Hy deurgaans
gehandhaaf tot en met Sy kruisiging, waar Hy Sy kinders gedien het deur soos ’n misdadiger aan ’n kruis gespyker te word - die laagste en verskiklikste vorm van straf
en dood in daardie dae en dit alles ter wille daarvan om Sy “onderdane” (Sy kinders) vry te koop - te bevry van die
tiranie van die satan ~ Dieselfde
gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die
gestalte van God was, het
sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het
Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis (Fil.2:5-8).
• Leierskap in die Huwelik: Omdat die skrywer van Ester die
voorbeeld van ’n man en vrou gebruik, is dit toepaslik om die hele saak onder die loep
te neem.
Beide
Ester 1:12-22 en Ef.5:21-33 bespreek die respek wat ’n vrou vir haar man moet hê en Ef.5 spreek dan spesifiek die Christenvrou aan. Die kerngedeelte in
Ef.5 vind ons in v.21, nl. ~ Wees uit eerbied
vir Christus aan mekaar onderdanig. Kom ons lees egter die res van
hierdie gedeelte met aandag ~ Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here
onderdanig is. 23Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is.
Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. 24Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan
hulle mans onderdanig wees.
Die
vrouens mag nog moontlik sê dat ek en Paulus op hulle pik en aan die mans ’n vrypas gee om teenoor hul vrouens op te tree soos Ahasevros teenoor
Vasti opgetree het, maar daar rus ’n nóg groter
verantwoordelikheid op die skouers van die mans - kom ons lees verder in Ef.5
vanaf v.25 en kyk wat sê Paulus, wat van die man verwag word ~ Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die
kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. 26Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en
die woord gereinig het, 27sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of
rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. 28Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie
liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, 29want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en
versorg dit, soos Christus met sy kerk doen 30omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is. 31Daar staan in die
Skrif: “Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee
sal een wees.” 32Hierin lê daar ’n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. 33Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy
homself liefhet, en ’n vrou moet aan haar man eerbied betoon.
In Ester 1 word respek van die Persiese vrouens vereis d.m.v. ’n koninklike dekreet of wet, maar die “Efesiërs 5-vrou” se respek vloei voort uit ’n natuurlike reaksie op haar man se liefde vir sy vrou, soos wat
Christus die Kerk lief het en Homself neergelê het vir Sy Bruid.
Beide
vrou en man moet mekaar dien en respekteer soos ’n dienskneg sy meetser en hierdie wedersydse respek word vir ons
gemodelleer deur die Dienskneg Jesus Christus. Ons vind hierdie selfde
wederkerige optrede in 1 Pet.2:13-14 en 3:1-2 en 7. 2:13-14 ~ Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike
owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is 14of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys - 1 Pet.3:1-2
~ Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As
daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien
hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir
Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir
julle nodig wees om ’n woord te sê nie… en v.7 ~ …Mans, julle moet
verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker
geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid
sonder dat iets julle hinder.
Ons
sien dus hier, dat die vrou haar moet onderwerp aan haar man, MAAR terseldertyd
sien ons dat die man sy vrou moet liefhê soos wat Christus die Kerk liefhet - en hoe het
Christus die Kerk lief? Hy het Sy lewe neergelê vir Sy Bruid en daarom moet ons as mans ook
diensknegte wees teenoor ons vroue - nie ’n “Baas-Klaas-situsie” nie, maar uit liefde tree ons as die leiers en
gesagsdraers op deur ons vrouens ook te dien EN vrouens mag nie misbruik maak
van die man se diensknegskap nie, maar hom respekteer en waardeer en liefhê daarvoor.
Net so tussen hakies, maar net so
belangrik: As die man die vrou nie werklik lief het soos Christus die Kerk nie,
impliseer dit nié dat die vrou nou haar onderwerping maar onder die mat kan
invee en die man al sy dae gee nie - nee, sy moet nogsteeds gehoorsaam wees aan
die opdrag in die Woord om haar te onderwerp aan hom - sy moet nogsteeds ’n
Christusgesindheid teenoor haar man openbaar. En, indien die vrou haar steeds
nie aan die man kan onderwerp nie, ontvang hy nie ’n vrypas om nié sy vrou lief
te hê nie - nee, hy moet haar steeds liefhê soos Christus die Kerk - daar is
natuurlik perke aan beide kante en indien die ander party volhard in haar
disrespek of hy volhard in sy miskenning en “nie-liefhê” van sy vrou nie, moet
daar opgetree word (Matt.18 bv.).
Hoe
anders moet die houding en gesindheid en optrede van die man in ons tyd nie
wees nie, maar talle en talle mans tree vandag nog op asof hulle een van
Ahasvers se raadgewers is - asof hulle die despoot van die Persiese koninkryk
self is.
(Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te Drie Riviere Baptiste Kerk op 04 Oktober 2015)