Sunday, November 27, 2011

Die Evangelie van Johannes - 12 (Sielewenner vir Christus)

U sal onthou dat ons die vorige keer gepraat het oor Jesus wat met die sedelose vrou van Samaria by die put buite Sigar gepraat het en hoe Hy haar rustig gelei het om Hom as die Messias te herken. Terwyl hierdie gesprek aan die gang was, was Sy dissipels in die dorp om kos te gaan koop. Lees hier verder om te sien hoe hierdie vrou van Sigen, een van die eerste Sielewenners vir Jesus geword het. Lees gerus verder deur op die grys gedrukte woorde Read more>> hiernaas te kliek -

Psalm 119 – 01 (Dié wat wandel volgens die Woord van die Here)

Ps.119:1-8 dien as wonderlike bemoediging vir elke gelowige, maar daar is ook ernstige en radikale besluite wat ons sal moet neem n.a.v. hierdie Psalm. Lees gerus verder deur op die grys gedrukte woorde Read more>> hiernaas te kliek -

Wednesday, November 23, 2011

Psalm 119 – 01 (Dié wat wandel volgens die Woord van die Here)

1.    INLEIDING:
In teenstelling met die kortste Psalm, nl. Ps.117 wat uit net twee versies en vyf reëls bestaan en wat ook die kortste hoofstuk in die Bybel is, kry ons net twee Psalms later, die langste Psalm, asook die langste hoofstuk in die Bybel in die vorm van Psalm 119. Psalm 119 bevat 176 verse en 315 reëls.

Ps.119 is ’n sg. "naamdig" en is verdeel in 22 strofes en elkeen van hierdie 22 strofes begin met een van die letters van die Hebreeuse alfabet.

Wat egter die heel belangrikste eienskap van Ps.119 is, is die feit dat elkeen van die 176 verse van hierdie Psalm, met die uitsondering van hoogstens 5 verse, ’n verwysing na die Woord van God is. Daar is verder ook minstens agt sinonieme wat in hierdie Psalm vir die Skrif gebruik word. Die Wet ("Torah") kom 25 keer voor; Woord ("dabar") word nagenoeg 24 keer gebruik; Insettinge ("mispatim") – 23 keer; Getuienis ("hedot") – 23 keer; Opdragte ("miswoth") – 22 keer; Verordeninge ("huqqim") – 21 keer; Voorskrifte ("piqqudim") – 21 keer en Beloftes ("imra") – 19 keer.  

Die naam Here ("Jahweh") kom 24 keer voor in hierdie Psalm, terwyl die naam God ("Elohim") net een keer voorkom. Die verwysing na God, met die uitdrukking of woord "U" kom egter 211 keer voor. Dit is baie duidelik dat God dus die sentrale tema van hierdie Psalm is. Die feit dat die Naam vir God, nl. "Jahweh" meerendeels gebruik word en nie "Elohim" nie, dui waarskynlik daarop dat Dawid die outeur van hierdie Psalm was, alhoewel daar sommiges is wat glo dat Jeremia en selfs Daniël eerder die outeur was.

2.    SKRIFLESING: 
Ps.119:1-8 ~ Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. 2Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen, 3geen onreg pleeg nie en in sy weë wandel. 4U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word. 5As ek tog maar net op ’n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou! 6As ek al u gebooie in ag neem, sal ek nooit raad-op wees nie. 7U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met ’n opregte hart. 8Ek sal my aan u voorskrifte hou: moet my tog nooit verlaat nie.

Wanneer ons kyk na die inhoud van hierdie eerste strofe van die Psalm, kan die tema hiervan, soos volg verwoord word: Dié wat wandel volgens die Woord van die Here.

3.    VERS-VIR-VERS VERKLARING:
Vers 1 begin met die woord "welgeluksalig" (O.A.V.) of "blessed" (E.S.V.). Die Hebreeuse woord vir "welgeluksalig" of "geseënd" begin ook met "Aleph" (die eerste woord van die Hebreeuse alfabet).

Hierdie eerste 8 verse van Ps.119 moet saam met Psalm 1 gelees word en dan sal ons sien dat die eerste drie verse van Ps.119, die positiewe kant van Ps.1:1 is ~ Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie. Ons eerste drie verse verduidelik dus aan ons hoe ons nié saam met die goddeloses moet wandel nie, trouens dit toon aan ons hoe ons vlekkeloos kan wees – iemand van integriteit. Hoe sê die Psalmdigter, hoe moet ons optree ten einde vlekkeloos te wees? Hy sê in v.1 dat ons onberispelik moet lewe en hoe kan ons dit regkry? Ons kan dit regkry deur volgens die Woord van God te wandel.

In v.2 wil die Psalmis die tema van hierdie strofe beklemtoon, wanneer hy sê dat ons God se wil met ons hele hart moet doen. Ons moet met ons hele hart, volgens God se Woord wandel. Dit is baie interessant om te sien dat die woorde, "Met jou hele hart" ook die sleutelgedagte van die boek Deuteronomium is. Dit is ook interessant om te weet dat Deuteronomium die basis vorm vir talle Psalms, soos ook vele ander Skrifgedeeltes. Die Nuwe Verbond se wortels is ook in Deuteronomium geanker en Jesus het male sonder tal, uit Deuteronomium aangehaal.

Hoe dit ook al sy, daar sit veel meer agter die woorde in v.2, wanneer dit sê dat ons God se wil met ons hele hart moet doen. God is glad nie tevrede met bloot uiterlike gehoorsaamheid en diens nie. Nee, Hy kyk na ons hartsgesindheid wanneer ons gehoorsaam is aan Sy Woord – Hy wil hê dat ons van harte, volgens Sy Woord en wil sal optree – Hy wil hê dat ons dit met oorgawe en dankbaarheid en opgewondenheid sal doen – van harte dus en nie uit pligpleging of om Hom te probeer beïndruk nie, want so ’n optrede beïndruk Hom hoegenaamd nie.

Wanneer ons God se wil van harte uitleef, wandel ons in Sy weë, soos v.3 tereg opmerk. Ons optrede en ons karakter moet dus iets van Sy karakter reflekteer, want dan wandel ons waarlik in Sy weë. 1Pet.1:14-16 sê ~ As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” Hierdie opdrag wat ons hier in Petrus se brief vind, nl. dat ons heilig moet wees, is ’n herhaling van wat in Lev.11:44a staan ~ Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig.

Ps.119 fokus dus op ons gehoorsaamheid aan die Woord en Jakobus is baie duidelik hieroor wanneer hy in Jak.1:22 sê ~ Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

Die Psalmis se opmerking in v.3 dat ons nie onreg moet pleeg, of ongeregtigheid (O.A.V.) moet doen nie, mag dalk duidelik en eenvoudig klink, maar hy skryf dit spesifiek om twee redes:
·           Eerstens wil die Psalmis ons leer dat ons ganse lewe; ons totale wese onder die beheer van God moet wees;
·           Tweedens, dat ons toegewyd en sorgvuldig aandag moet skenk aan God se Woord en daarvolgens moet leef.

Dit is voor die hand liggend dat wanneer ons volgens God se Woord leef, ons nie van die pad kan dwaal nie, maar daar is ’n voorwaarde hieraan verbonde en ons vind dit in die woorde van Ps.1:2 wat sê dat ons God se Woord dag en nag moet oordink.

Wanneer ons daaraan dink dat ons God se Woord dag en nag moet oordink, is daar twee dinge waaraan ons aandag moet skenk:
·         "Dag en nag";
·         "Oordink".

Kom ons begin by die tweede, nl. die uitdrukking "oordink" wat ook vertaal kan word met "mediteer". Die Hebreeuse woord vir "God se Woord" dui op die Torah of te wel die Mosaïese Wette en natuurlik was die Mosaïese Wette die riglyn vir die Hebreërs se lewe. Die Hebreërs (of Jode as u wil), waarvan die Psalmis natuurlik deel was, was demonstratiewe mense – hulle was, om dit in Engels uit te druk, baie "vocal" – hulle het dus hulle stemme laat hoor (soos ook in die Afrika kultuur).

Die Psalmis wil daarom in Ps.1 sê dat wanneer hy en sy volksgenote die Woord oordink, of dan mediteer, hulle dit hardop doen – hulle praat daaroor; hulle bid hardop daaroor en hulle sing dit hardop. Ons weet natuurlik dat dit reeds bewys is, dat ’n mens baie beter leer as jy dit hardop doen. Ek kan onthou toe ek in my vroeë onderwysjare Tswana vir Laerskoolkinders geleer het, hoe ons altyd in onguns by die onderwysers in die klasse langsaan was, omdat ons kort-kort gesing het, want die kinders het die frases wat hulle in Tswana geleer het, op bekende wysies soos bv. Vader Jakob gesing en dit is gedoen juis omdat die sing van frases, ’n nóg beter tegniek is om daardie frases aan te leer en vas te lê.

En síng, het die Hebreërs gesíng! Nie sommer enige volksliedjies nie – hulle het die Woord gesing! Dit is presies wat die Psalmis bedoel met die uitdrukking "oordink" of te wel mediteer, nl. dat hy die Wet van die Here dag en nag, hardop praat, bid én sing – ons kan dit in Engels "vocal meditation" noem.

Ek het die afgelope tyd baie daaroor gedink: Wat dit werklik beteken om God se Woord dag en nag te oordink? Beteken dit dat ons elke oomblik, elke sekonde van die dag en nag aan God se Woord moet dink? Baie van ons sukkel dikwels om net iets van ’n patroon in ons "stiltetyd" (in die lig van bg. moet ons dalk maar nie meer praat van "stiltetyd" nie....!) te vind en derhalwe ’n vrugbare "tydjie" saam met die Here elke dag te spandeer, wat staan nog dag en nag! Dit is tog nie moontlik nie, of is dit? Wat beteken dit regtig? Daar sal sekerlik mense wees wat van my mag verskil oor die betekenis hiervan, maar as ons regtig wil weet wat dit beteken, moet ons ’n antwoord in die Skrif daarvoor probeer vind en ’n goeie beginpunt, is dan sekerlik Ps.1:2. Die O.A.V. is hier weereens ’n beter vertaling en in ooreenstemming met die oorspronklike Hebreeuse teks. Die meeste Engelse vertalings is dit ook eens met die O.A.V. Ps.1:2 lees dan as volg ~ ... maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. Ek dink ons moet begin deur vir mekaar te sê dat dit nie hier gaan oor allerlei "moets" en "moenies" nie – dit wat ek mag en nie mag nie. Dit gaan eerder oor ’n hartsgesindheid. My hartsgesindheid moet dus een wees waar ek in alles wat ek doen en dink en sê, God wil verheerlik. My ganse optrede en gesindheid moet dus dag en nag een wees waardeur ek Godgesentreerd en Christus- verheerlikend wil optree. Wanneer dít my uitgangspunt is, sal ek God in en deur my lewe verheerlik, want ’n mens se optrede word gemotiveer deur jou gesindheid.  

Ons totale oordenking (hou in gedagte wat tot nou gesê is t.o.v. vokaliteit) moet dus van so ’n aard wees dat ons...
·           Eerstens vreugde daaruit sal put, trouens dit moet ons soveel vreugde verskaf dat ons heeldag daaraan wíl dink én daaroor praat én daaroor sing.
·           Tweedens moet my oordenking lei tot aksie. Dit wat ek leer uit die Woord moet ek met ander woorde daagliks – elke oomblik, in my praktiese lewe begin toepas en dit verg oefening en nogmaals inoefening om daarop te konsentreer en dit te doen. As dit my ernstige voorneme is om werklik, heeldag God se Woord te oordink, sal ek erns daarmee maak om dit te begin toepas in en deur my lewe. Negatief gestel, as ek my nié daarop toespits om dit te doen nie, is ek nie ernstig met en oor God se Woord en om dit dag en nag te oordink nie.

Ons moet verstaan dat Bybelse meditasie of –oordenking, nie inhoudloos, soos baie ander wêreldse tegnieke is nie. Nee, Bybelse oordenking is vol inhoud en dit is hierdie Bybelse inhoud wat ons moet toepas op ons daaglikse lewe. As ek vanoggend in die Woord die volgende vers bv. sal lees, moet ek vir my vra hoe ek dit vandag en elke dag in my lewe sal toepas en dit begin doen (elke dag). Kan ek weer sê – En dit begin doen – dit moet dus deel word van my daaglikse optrede – dit moet dus deel uitmaak van my verwysingsraamwerk – alle toekomstige optrede moet daarvolgens gerig word. Kom ons neem sommer enige twee voorbeelde uit die Skrif, bv.: 1Kor.6:1 ~ Gaan iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie? Dit gebeur op ’n bepaalde oggend dat ’n medegelowige wat saam met jou in die gemeente is, nie sy skuld aan jou betaal op die dag waarop daar ooreengekom is  nie – wat doen jy? Dagvaar jy hom, of volg jy ’n ander roete? Natuurlik sal jy n.a.v. hierdie teksvers ’n ander roete volg en daardie roete sal bepaal word deur ’n ander Skrifgedeelte wat jy dalk twee jaar terug oordink het en wat jy ingeoefen het, deur dit memoriseer, daaroor te praat (en dit selfs dalk te sing ook?) en dit toe te pas by vorige geleenthede – ja ek praat van Matt.18:21-22 ~ Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” 22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer. En daarmee saam natuurlik ook Matt.18:15-17 ~ As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. 17En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as ’n heiden en ’n tollenaar behandel. Dit sal dus jou optrede teen so ’n broer wees en wanneer jy so optree, is jy besig om die Woord, dag en nag te oordink.

Nog ’n voorbeeld waarop ek nie nou in detail wil ingaan nie, is bv. Jak 3:9-10 ~ Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. 10Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie – wanneer ’n taxi skielik in ’n kruising voor jou stilhou – hoe wend jy jou tong aan? Is jou tong vir jou gegee om te loof, of om te vloek?

In die praktyk van die lewe moet ek dus alles wat ek vantevore geleer het, in my gedagtes oproep en toepas op die situasie waarin ek my bevind. Dit is waarom Dawid ook in Ps.143:5 sê ~ Ek dink aan die verre verlede, ek peins oor alles wat U gedoen het en oor die werk van u hande dink ek na. Josua rig waarskynlik dié belangrikste waarskuwing tot elke gelowige wanneer hy in Jos.1:8 sê ~ Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. Hiermee saam en nóg belangriker, is Jesus se opdrag in Joh.8:31-32 (O.A.V.) ~ As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Om in die Woord te bly beteken dus voortgesette dissipelskap, wat ’n bewys van jou kindskap van God is – anders gestel: Om kind van God te wees impliseer dat jy nie die bestudering van God se Woord sal afskeep nie; jy sal die memorisering van die Woord nie afskeep nie én jy sal dit wat jy lees en leer en memoriseer, toepas in jou daaglikse lewe – dit is bewys dat jy waarlik kind van God is. Dit is dan ook die basis vir heiligmaking in jou lewe: Lees die Woord; oordink die Woord; pas die Woord toe in jou lewe; jy word meer heilig; jy lees die Woord... ens.

Om ’n voortgesette en getroue "stiltetyd", jaar in en jaar uit te hou, is sekerlik een van die grootste gevegte wat ons in ons lewe veg, maar ons moet ons net eenvoudig self dissiplineer om dit te doen en wanneer dit die geval is, sê Ps.1:3 vir ons, sal ons ~ ...soos ’n boom (wees) wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. (Ons sal) voorspoedig (wees) in alles wat (ons) aanpak.

Vers 4 van Ps.119 sluit pragtig aan by wat ons tot nou uit Psalm 1 gesê het. Hier beklemtoon die Psalmis die feit dat God nie Sy bevele, of te wel Sy Wet, of dan Sy Woord, vir ons om dowe neute gegee het nie – nee, Hy het dit juis gegee sodat ons dit ten volle sal uitvoer. Hoor u wat hy sê? Ten volle. Nie net deels nie – ten volle! Nie net somtyds nie – ten volle, m.a.w. ten alle tye. Die meeste Engelse vertalings stel dit pragtig – dit sê ~ You have commanded your precepts to be kept diligently "diligently", m.a.w. dit moet ywerig, toegewyd en nougeset nagevolg en toegepas word.

Waarom moet ons God se Woord nougeset navolg en toepas? Ps.19:8 ~ Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.

Die Psalmis is voorwaar ’n man van God, maar in v.5 erken hy egter ook dat hy pynlik bewus is van hoe onheilig hy nog steeds is, deurdat hy ’n versugting uitspreek waarmee elkeen van ons sekerlik ook kan identifiseer ~ As ek tog maar net op ’n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou! Dit is waarskynlik hierdie vers wat Paulus in gedagte gehad het toe hy in Rom.7:15-23 gesê het ~ Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is. 17Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. 19Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 21So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. 22Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, 23maar ek vind in my doen en late ’n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ’n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.

Met hierdie versugting is die Psalmis eerlik en sê hy enersyds dat ook hy van tyd daarmee sukkel en dat hy nie altyd getrou is in sy oordenking van die Wet nie. Wat belangrik is, is dat ons nie sal identifiseer met die Psalmis se, "van tyd tot gebrekkige oordenking van die Woord nie", maar met sy "versugting om die saak reg te stel".  

Die kerngedagte hier is egter dat hierdie versugting die primêre begeerte van ons hart moet wees – dit moet ook ons daaglikse gebed wees, want uit onself kan ons dit nie doen nie – Here hou ons op ’n vaste koers, sodat ons aan U voorskrifte kan bly hou

In verse 6-8 neem die Psalmis standpunt in en gaan hy oor tot aksie. Hy motiveer homself en herinner hom net weer daaraan, dat God se Wet regverdig is en as hy dít in ag neem, sal hy nooit raadop wees nie en hy weet ook dat indien hy gehoorsaam is, hy nie anders sal kan as om God te loof en te prys nie.

In v.8 kom hy in die teenwoordigheid van die Here en neem hy homself voor en maak hy ’n belofte aan die Here, dat hy homself aan God se voorskrifte sál hou. Hy hou egter steeds sy swakhede en tekortkominge in ag en in nederigheid en afhanklikheid vra hy weer vir die Here om hom by te staan in hierdie noodsaaklike proses van heiligmaking. Hierin is daar ook ’n les vir ons opgesluit. Ons moet nie net vra nie, ons moet net soos die Psalmis in afhanklikheid van God, ’n besluit neem en oorgaan tot aksie.

4.    AFSLUITING:
Geliefdes, mag hierdie worsteling, maar ook kragdadige optrede van die Psalmis, ook vir ons as bemoediging dien. Mag ons ook soos hy, ernstige besluite neem t.o.v. ons oordenking van God se Woord, maar mag ons ook in nederigheid en opregtheid ons sonde en tekortkominge bely, maar mag ons egter ook ons afhanklikheid aan God se genade en hulp verklaar en hom daarom vra. Laat ons altyd die woorde van die Hebreërskrywer in gedagte hou ~ Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” 6Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” (Hebr.13:5b-6).

V   V   V

5.    BID PSALM 119:1-8:
·           Help my Here om op ’n vaste koers te bly en my aan u voorskrifte te hou (v.5).
·           Dankie Vader dat U my help om al U gebooie in ag te neem (v.7).
·           Ek bely Here dat ek die oordenking van U Woord so dikwels al afgeskeep het en nie altyd toepas in en deur my lewe nie – vergewe my daarvoor (v.8).


Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te VAALDRIEHOEK Baptistegemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 20 November2011

Monday, November 14, 2011

The Gospel According to John - 11 (Jesus and the Sychar Conversation)

1.     SKRIFLESING: 
John 4:1-27 ~ Now when Jesus learned that the Pharisees had heard that Jesus was making and baptizing more disciples than John 2(although Jesus himself did not baptize, but only his disciples), 3he left Judea and departed again for Galilee. 4And he had to pass through Samaria. 5So he came to a town of Samaria called Sychar, near the field that Jacob had given to his son Joseph. 6Jacob’s well was there; so Jesus, wearied as he was from his journey, was sitting beside the well. It was about the sixth hour. 7A woman from Samaria came to draw water. Jesus said to her, “Give me a drink.” 8(For his disciples had gone away into the city to buy food.) 9The Samaritan woman said to him, “How is it that you, a Jew, ask for a drink from me, a woman of Samaria?” (For Jews have no dealings with Samaritans.) 10Jesus answered her, “If you knew the gift of God, and who it is that is saying to you, ‘Give me a drink,’ you would have asked him, and he would have given you living water.” 11The woman said to him, “Sir, you have nothing to draw water with, and the well is deep. Where do you get that living water? 12Are you greater than our father Jacob? He gave us the well and drank from it himself, as did his sons and his livestock.” 13Jesus said to her, “Everyone who drinks of this water will be thirsty again, 14but whoever drinks of the water that I will give him will never be thirsty again. The water that I will give him will become in him a spring of water welling up to eternal life.” 15The woman said to him, “Sir, give me this water, so that I will not be thirsty or have to come here to draw water.” 16Jesus said to her, “Go, call your husband, and come here.” 17The woman answered him, “I have no husband.” Jesus said to her, “You are right in saying, ‘I have no husband’; 18 or you have had five husbands, and the one you now have is not your husband. What you have said is true.” 19The woman said to him, “Sir, I perceive that you are a prophet. 20Our fathers worshiped on this mountain, but you say that in Jerusalem is the place where people ought to worship.” 21Jesus said to her, “Woman, believe me, the hour is coming when neither on this mountain nor in Jerusalem will you worship the Father. 22You worship what you do not know we worship what we know, forsalvation is from the Jews. 23But the hour is coming, and is now here, when the true worshipers will worship the Father in spirit and truth, for the Father is seeking such people to worship him. 24God is spirit, and those who worship him must worship in spirit and truth.” 25The woman said to him, “I know that Messiah is coming (he who is called Christ). When he comes, he will tell us all things.” 26Jesus said to her, “I who speak to you am he.”  27Just then his disciples came back. They marveled that he was talking with a woman, but no one said, “What do you seek?” or, “Why are you talking with her?”

2.     THE SAVIOUR AT SYCHAR:
According to the Word of God, there is no child of Adam who may not come freely and boldly to the Lord Jesus Christ and in Him find a glorious salvation. Yes, not all men will be saved, but all men may be saved. This implicates that no one will ever be barred from Christ because of his sex, intellect, education, race, nationality, wealth, or social position.

Today we get to just such an example of this principle, when Jesus visited the well at Sychar. Up till now, Jesus had been at work in Judea where He attended the wedding in Cana. He also performed His first miracle in Judea at this same wedding, when He changed water into wine. From the wedding Jesus and His disciples went down to the south of Judea where He taught and His disciples baptized many people.

Now here in chapter 4 which is quite a lengthy chapter, Jesus went to Sychar, a town in Samaria. One of the reasons why Jesus left Judea for Galilee might be because He wanted to avoid a popularity contest between Him and John the Baptist.

The necessity for Jesus to pass through Samaria was not absolute, because strict Jews, like the Pharisees, disliked the Samaritans so intensely that they avoided their territory as much as possible. The fact that v.4 tells us that Jesus had to pass through Samaria, points to a compelling divine necessity – Jesus had come as the light of the world (9:5) and because He is the light of the world, it was imperative that this light shine to others than only the Jews. Jesus had therefore a divine appointment with someone or maybe more than one person in Samaria.

At the end of His journey, He arrives at a piece of land that Jacob gave to his son Joseph many centuries ago and Jesus  stopped and sat down beside the well, called Jacob's well, because He was tired of the trip. While resting there, He sent His disciples away into the town to buy some food.

4.    THE SINNER AT SYCHAR:
We see in v.6 that it was about the sixth hour. The 6th hour would probably have been about noon, reckoning from daybreak.

While Jesus was sitting at the well, a woman arrived there to draw some water. We must understand that it was an unusual time for a woman to come to a village well for water. Perhaps the Samaritan woman had a sudden need, or perhaps she did not care to meet other women of the community. In consideration of her general character, the other women may have shunned her, because this woman was a woman with a bad reputation.

Jesus said to this woman, “Give me a drink” (v.7). She in turn, replied with amazement and said, “How is it that you, a Jew, ask for a drink from me, a woman of Samaria?”  As I've already mentioned, there was a bitter hatred between the Jews and the Samaritans and to drink water from the hand of a Samaritan was thought unclean by the Jews.

Jesus, however, had no such prejudice. Why not? Because He was more interested in winning the woman, than in winning an argument and what is more, Jesus came to save people from every tribe and language and people and nation (Rev.5:9).

In response to her comment, Jesus said, If you knew the gift of God, and who it is that is saying to you, ‘Give me a drink,’ you would have asked him, and he would have given you living water (v.10).

We all know the words of John 3:16 by heart ~ For God so loved the world, that he gave his only Son, that whoever believes in him should not perish but have eternal life. In other words, Jesus is God's gift to the lost world, but this woman had no idea of the truth that we know so well from John 3:16.

Something that we must pay attention too, is Jesus' use of the expression living water. In ordinary usage of that time, people would refer to running water that comes e.g. from a spring or a stream in the hills, as living water. This running- or living water was preferred for purposes of purification. It was living water that took away defilement and made acceptable worshippers out of unclean people.

Jesus, however, is giving the expression a deeper meaning than that, because the living water that flows from within the believer is later explained in terms of the Holy Spirit (John 7:38-39), and something similar is required here. Jesus is speaking of the new life that He will give, a life connected with the activity of the Spirit. In short, Jesus does not refer here to water that quenches one's physical thirst. No, He refers to the saving water of eternal life.

It is very interesting to note how Jesus leads this woman at the well and we can learn a lot from Jesus in this regard in our efforts to evangelize people. Throughout the encounter one can see how Jesus, slowly but surely, brings this woman to an understanding. And as He does so, He regularly holds out before her, something desirable; something she desperately needs.

As in the case with Nicodemus, she misunderstood Him, because she took His words literally, but His words were not literally. He was using the circumstances at hand to teach her who He was and what He could do for her – not what she could do for Him – He spoke of the greater thirst for salvation and how He could satisfy it.

In verse 13 and 14, Jesus points out that liquid water must be drunk often, but living water becomes an eternal perpetual spring from within. Still this woman is very ignorant, because in verses 11 and 12 she asked Jesus how it is possible that He can draw water without a rope or bucket, and second, is He greater than the patriarch Jacob, because Jacob gave this well to them?

Verse 15 shows that she still doesn't get it. She is still thinking of literal water, but she was most probably thinking of a kind of miracle water which will quench your physical thirst forever once you've drunk some of it.

Jesus however, now gets personal and He tells her to go and get her husband and return to Him. His request to call her husband was both proper and strategic. Proper, because it was not regarded as good etiquette for a woman to talk with a man unless her husband was present and strategic because it placed her in a dilemma from which she could not free herself – Jesus knows the sinful life she has been leading, because Jesus knows what is in people. This commission of Jesus puts the whole matter on a level that deals with this woman's sin and sinful lifestyle. She tells Jesus that she has no husband. That was because she has either been living with five men who were not her husband, and now with a sixth, or she had gone through a series of unbiblical divorces. Jesus answers her again in v.17-18, by saying ~ You are right in saying, ‘I have no husband’; 18 or you have had five husbands, and the one you now have is not your husband. What you have said is true. Jesus' reply is devastating. It shows that His knowledge is beyond that of any ordinary person and she gives expression to this conviction by calling Him a "prophet". She was either referring to Jesus as "prophet" because she thought that He had special insight into people, or she was starting to recognise that Jesus was the Christ. The Samaritans acknowledged no prophet after Moses other than the one spoken of in Deut.18:18 ~ I will raise up for them a prophet like you from among their brothers. And I will put my words in his mouth, and he shall speak to them all that I command him. For her to speak of Jesus as a prophet was thus to move into the area of Messianic speculation.

The woman started an argument in v.20, by referring to the Samaritan's fathers, but Jesus avoided the argument by giving a very quick and accurate response to the question:
·           In v.21 Jesus indicates that the debate between Gerizim and Jerusalem is only marginally important, since both places will soon be obsolete – obviously He referred to the destruction of Jerusalem and the temple in 70 A.c.
·           In v.22, Jesus comments on the inadequacy of Samaritan worship.
·           Finally, Jesus defines carefully what is coming and what is even now dawning on the earth – v.23-24 ~ But the hour is coming, and is now here, when the true worshipers will worship the Father in spirit and truth, for the Father is seeking such people to worship him. 24God is spirit, and those who worship him must worship in spirit and truth.”  By this, Jesus wanted to describe something of the dynamic and life-giving character of God – God is not limited to any one place; He is Spirit; He dwells everywhere and therefore cannot be confined to one place nor conceived as a material being. People cannot therefore dictate the "how" or the "where" of worship. No, the important thing is not where men worship, it is how they worship. It is clear from Jesus' answer to the woman, that the Old Testament system of worship was temporary and typical, and that its time had run out – God is about to make a drastic change!

In v.25, the woman, who had some knowledge of the truth in spite of her sin and in spite of the Samaritan religion being restricted to the Pentateuch alone (the first five books of the Old Testament) says that all these things will be made clear when the Messiah comes. With this response she confessed her ignorance and at the same time expressed her longing when she said ~ I know that Messiah is coming (he who is called Christ). When he comes, he will tell us all things. This was the last straw for her in finding God, to which Jesus replied, I who speak to you am he (v.26). Jesus led her gradually, to think of Him as someone different, a prophet and, then, as the Christ – she acknowledges Jesus as the Messiah!

At this dramatic moment of disclosure, the disciples returned from the town with provisions. They too were surprised to find Jesus talking to a Samaritan – let alone speaking to a woman, but they were hesitant to raise the question with Him.

5.    CONCLUSION  [2]:
Let me ask you this simple question. What do you need to do when you are lost? You need to find the way back. And what do you need if you are unable to find it? You need a Saviour. Imagine yourself without a sure direction, without the necessities of life, without any confidence in the future. What do you do? You look for one who can save you and show you the way home.

That is what Jesus came to do. He came to show a fallen, rebellious race, a race composed of people like Nicodemus, the woman of Samaria, you and me, the way home to God our heavenly Father. Of course, there is one great difference between the salvation that Jesus brought and the salvation that might be brought to someone merely lost in the woods. In the second case, the way need only to be shown. In Jesus' case, the way had to be made, as it was, by His death. Jesus died for you in order that He might bear all the judgement and wrath of God that should have fallen on you because of your sin.

Will you come to Him? There is no other way. The Bible says that God's righteousness, which is by faith in Jesus, is offered "to all" – but only to those who truly believe (Rom.3:22).

Let me ask another question. What happens when a spring comes bubbling through dirt? The answer is: It produces muddy water. Is it the spring's fault? No! The fault lies with in the dirt that has been pushed on top of it. Does this describe your life? Are you a Christian who has run from God, trying to cover over His presence, but instead only had your life filled with muddy water? If this does describe you, why don't you allow the Lord Jesus Christ to remove the dirt and purify the spring of His life within you?

Let me warn you that you cannot go your own way indefinitely. You will never get away with that. God must be true to His character, and God says that in His holiness He is determined to perfect the image of His Son, the Lord Jesus Christ, within you. If God were to allow you to go any way you want and make a success of it, then He would be a liar when He says that Jesus Christ is the only way, the only truth, and the only life. God is no liar. So He will make a mess of your life, a ruin of your life, if He wants to, until you come to the point where you will let Him perfect that work in you He began when you first tasted of the Lord Jesus.

Will you yield to Him? If you do, He will satisfy any longing that you may ever have had. He put it there in the first place. And He will do with you that which is pleasing in His sight and which will bless others.


Message brought by Kobus van der Walt at VAAL TRIANGLE Baptist Church (Vereeniging) – Sunday morning 13 November2011
[2]  Acknowledgement to James Montgomery Boice for thoughts in conclusion.

Sunday, November 6, 2011

Die Evangelie van Johannes - 10 (Hy moet meer word en ek minder)

1.     INLEIDING:
In vv.1-21 van hoofstuk 3 het ons gesien dat Johannes ’n gesprek weergegee het, waarin Jesus die weg tot saligheid uiteengesit het en waarby Johannes enkele opmerkings bygevoeg het. Hy het verder ook reeds in hoofstuk een daarop gewys dat Johannes die Doper bloot net ’n getuie was wat getuig het oor die koms van die Messias (Seun van God). Johannes draai egter die soeklig vir ’n oomblik weer weg van Jesus en fokus weer op die "Die Doper" en weer sê hy dat Johannes slegs ’n boodskapper is – ’n getuie is van die Verlosser wat gekom het.
Die lesers van die Evangelie weet ook nou wat Jesus van mense verwag. Hulle weet dat Jesus ’n radikale wedergeboorte verwag. Hulle weet dat Jesus vir hul sonde gaan sterf; hulle weet dat diegene wie in Jesus glo, die ewige lewe gaan ontvang, terwyl diegene wie nie glo nie, alreeds veroordeel is. Met dit in gedagte wil Johannes nou vir oulaas daarop wys dat "Die Doper" slegs ’n getuie was én dat "Die Doper" hom volkome aan Jesus onderwerp.

2.     SKRIFLESING: 
Joh.3:22-36 ~ Hierna het Jesus en sy dissipels na die platteland van Judea toe gegaan. Hulle het ’n rukkie daar gebly en mense gedoop. 23Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop. 24Johannes was nog nie in die tronk gesit nie. 25Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en ’n Jood ’n woordewisseling ontstaan oor die reiniging. 26Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.” 27Johannes het hulle geantwoord: “Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. 28Julle is self my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’29Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. 30Hy moet meer word en ek minder. 31“Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. 32Wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy, en tog aanvaar niemand sy getuienis nie. 33Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur bevestig dat God geloofwaardig is. 34God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. 35Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. 36Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.” 

Ons kan ons gelese gedeelte in drie hoofdele verdeel:
·           Johannes die Wegwyser (vv.22-26);
·           Johannes die Getuie (vv.27-29);
·           Johannes die Nederige (vv.30-36).

3.     JOHANNES DIE WEGWYSER:
Johannes (die outeur van hierdie Evangelie) beskryf vir ons ’n toneel waar Jesus en Sy dissipels uitgewyk het na die platteland van Judea, waar Jesus mense o.a. gedoop het.  Johannes die Doper was terselfdertyd in die omgewing van Enon, naby Salim, waar hy steeds van Jesus die Messias getuig het – ook hy het nog steeds mense gedoop. Ons is nie vandag presies seker waar Enon was en hoe ver dit van die plek was waar Jesus op daardie selfde oomblik besig was om mense te doop nie. Daar bestaan wel sterk getuienisse dat Enon in die omgewing was, waar heelwat fonteine ontspring het en dit was ook binne Griekse regeringsgebied en derhalwe buite die invloedsfeer van Herodus Antipas.

As ons na v.25 kyk, sien ons dat daar ’n argument tussen die dissipels (volgelinge) van "Die Doper" en ’n Jood ontstaan het. Johannes se doop word deur die Jode bevraagteken en wel in die lig van die Joodse reinigingsgebruike (dit blyk duidelik uit v.25).

As ons na v.26 kyk, lyk dit ook asof Johannes se volgelinge, Jesus as kompetisie vir Johannes die Doper sien, veral omdat Jesus soveel "sukses" behaal het. Hulle wil by Johannes weet wie se doop die regte doop is, want beide Jesus en Johannes doop. Johannes word egter nie bedreig deur hierdie gestryery en vrae en die feit dat Jesus meer "sukses" behaal nie, want soos ons reeds in 1:6 gesien het, het Johannes onomwonde verklaar dat hy slegs deur God gestuur is om ’n boodskapper vir die Lig wat aan't kom was, te wees – Hy is slegs die Wegwyser en nie die Christus self nie.

Johannes, het ons gesien, sê dat die redenasie tussen die Jood en Johannes se dissipels, o.a. oor die Joodse reinigingsrituale gegaan het. Dit is iets wat nie maar net ongesiens verby kan gaan nie, want dit is duidelik dat daar tydens hierdie woordewisseling, parallelle getrek was tussen die reinigingsrituele en die doop. In beide is o.a. water gebruik en waarskynlik wou die Jood weet of Johannes se doop ook mense reinig soos wat die geval is met die reinigingsrituele in die Ou Testament – bv. Num.19:17-19 ~ Wanneer ’n persoon op hierdie manier onrein geword het, moet iemand van die as vat van die sondeoffer wat verbrand is, dit in ’n pot sit en vars water daaroor gooi. 18Dan moet iemand wat rein is, ’n hisoptakkie in die water doop en die water sprinkel oor die tent, oor al die gebruiksvoorwerpe en oor die mense wat by was. Dieselfde moet gebeur met iemand wat aan doodsbene geraak het of aan die lyk van iemand wat doodgemaak is of aan iemand wat gewoon gesterf het of aan ’n graf. 19’n Rein persoon moet op die derde en die sewende dag die water oor die onreine sprinkel, en op die sewende dag moet die onreine homself reinig. Daarna moet hy sy klere was en hom bad, dan sal hy teen die aand rein wees. Die hele kwessie van reiniging was derhalwe ’n baie belangrike saak vir die Jode soos ons bv. ook in Mark.7:1-23 kan sien en hierdie Jood wou waarskynlik weet waarom hy nou ook hierdie nuwe vorm van reiniging moet navolg en wat meer is, daar is nog ’n ander Man (Jesus) wat ook doop – wie is nou eintlik reg en wie nie?

4.     JOHANNES DIE GETUIE:
Met hierdie Jood se konfrontasie wat Johannes se volgelinge oënskynlik onkant gevang het en ook die feit dat hulle allerlei gerugte oor Jesus se "suksesse" hoor, laat hulle na Johannes gaan en hulle vra hom om duidelikheid aan hulle te gee oor hierdie vrae waarmee hulle te kampe het. Eienaardig genoeg meld hulle niks oor die hele kwessie van die reinigingsredenasies nie, maar is meer bekommerd oor die feit dat Jesus meer aftrek kry as Johannes.

Johannes het na hulle geluister en toe met hierdie merkwaardige woorde vorendag gekom – vv.27-29 ~ Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. 28Julle is self my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’29Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. Johannes raak ’n baie belangrike beginsel hier aan, nl. dat geen mens enige iets kan besit, as dit nie vanuit die hemel aan hom gegee word nie.

Johannes het hier spesifiek gepraat van Jesus se gewildheid en die gesag wat noodwendig daarmee gepaard gegaan het. Hierdie is ’n baie belangrik opmerking, omdat daar so baie mense is wat dink dat hulle oor bepaalde gawes, of talente, of materiële dinge beskik, sonder dat hulle dit van God ontvang het, m.a.w. hulle skryf hierdie talente en gawes, ens. aan hulle eie vermoëns en gene, ens. toe en God wat die Gewer van dit alles is, kry geen eer daarvoor nie.   

5.     JOHANNES DIE NEDERIGE:
Johannes se nederigheid blyk duidelik wanneer hy sy volgelinge verder antwoord en vir hulle sê dat hy nie die Christus is nie. Hy eien homself geen gesag of posisie toe nie. Hy spreek indirek sy verbasing uit dat hulle vir hom kom vra wie nou eintlik die belangrike een is – hy of Jesus, want hulle het dan al die antwoord in 1:20 gekry toe hy gesê het ~ Ek is nie die Christus nie.

Om dit wat hy tot nou gesê het, te illustreer, doen hy dit aan die hand van die huwelik. Hy sê dat die bruidegom die belangrike persoon by ’n huwelik is, maar dat sy vriend wat hom tydens die huwelik bystaan (in ons tyd – ’n strooijonker) egter ook ’n baie belangrike funksie vervul – hierdie vriend moet baie reëlings tref t.o.v. die seremonie en dinge wat die bruidegom aangaan – o.a. moet hy toesien dat die bruidegom by die bruid uitkom (onthou: die manne het na die bruid se huis gegaan vir die seremonie en daarna het hulle na die bruidegom se huis gegaan vir die dae lange feesvieringe). Die oomblik as die strooijonker se verantwoordelikhede egter afgehandel is, verdwyn hy op die agtergrond, want nou is dit die bruid wat langs die bruidegom staan – dit is die bruid wat aan die bruidegom behoort en die strooijonker deel nou net in die bruidegom se vreugde.

Johannes voel presies net so oor die Bruidegom Jesus en hy gaan ook nou op die agtergrond verdwyn. Johannes sê dus in geen onduidelike taal aan sy volgelinge, dat Jesus en nie hy, die Bruidegom is.

In sy reaksie op sy volgelinge se vraag, raak Johannes die Doper ’n tweede belangrike beginsel in v.30 aan, wanneer hy sê dat Jesus meer moet word en hy wat Johannes is, minder. Hierdie uitspraak van Johannes is waarskynlik een van dié grootste en belangrikste uitsprake wat nog ooit oor enige mense se lippe gevloei het ~ Hy moet meer word en ek minder! Hierdie is ’n pragtige samevatting van wat heiligmaking in ’n gelowiges se lewe behels. Waarskynlik een van die grootste struikelblokke in ons as gelowiges se lewens is trots – daarom dat Johannes verwys het na die eerste beginsel in v.27, nl. dat alles waaroor ons mag beskik en wat ons mag besit, vanuit die hemel aan ons geskenk word en nie uit onsself kom nie. Trots verdwyn egter soos mis voor die son wanneer eer en dank aan Christus gegee word vir alles wat ons is of het ~ Hy moet meer word en ek minder!

Ek wil net kortliks iets oor vv.31-36 van ons Skriflesing sê voor ek by ’n toepassing van my boodskap kom. In hierdie gedeelte van ons gelese gedeelte vind ons iets van ’n herhaling, of ’n vaslegging van wat Johannes tot nou in sy antwoord op sy volgelinge se vraag, gedeel het. Hy lewer ’n wonderlike getuienis t.o.v. Jesus en hy verklaar in geen onduidelike taal, dat Jesus...:
·           Vanuit die hemel gestuur is en dat Hy met groter gesag beklee is as enige persoon of enige iets op aarde.
·           Dat Jesus op grond van waarneming gepraat het en nie vanuit teoretiese kennis nie – Hy praat dus oor die dinge wat Hy rondom Hom sien en ervaar.
·           Dat Jesus met God se gesag gepraat het – Hy het dus, omdat Hyself God is, God se woorde gespreek.
·           Dat God die Vader se liefde tot gevolg gehad het dat Hy Jesus toegerus het met die nodige gesag ten einde Sy sending en doel te volvoer.

Hierdie eienskappe van Jesus het Hom in alle opsigte en by verre verhef bo Johannes die Doper, alhoewel "Die Doper" ’n baie belangrike funksie vervul het deur van Jesus te getuig en die mense se aandag op Jesus gevestig te kry. Wanneer Johannes minder word en Jesus meer, word die aandag dus onmiddellik op Jesus gevestig.

Johannes wys egter ook daarop dat Jesus nie maar net ’n boodskapper was wat deur God gestuur is nie. Nee, Hy was self die objek van geloof – in Hom moes die mense hulle geloof plaas ten einde gered te word en sodoende die ewige lewe in besit te kan neem, terwyl diegene wie nie in Jesus glo nie, reeds onder die oordele van God staan [dit is interessant om te weet dat hierdie die enigste plek in die ganse Johannes Evangelie is, waar die woord "toorn" (O.A.V), of wrath (E.S.V., ens.) gebruik word].

6.    TOEPASSING:
Ek wil graag ten slotte vir ’n oomblik stilstaan by Johannes se grootse verklaring ~ Hy moet meer word en ek minder! Wat beteken hierdie woorde regtig? Wayne Mack sê in sy boek "The Fear Factor", When God calls a man to come to Christ, He calls him to come and die: to die to self, to die to selfish desires, to die to living for this world, and to die to all the idols of his heart. Jesus het dit baie duidelik gemaak toe Hy in Luk.9:23 gesê het ~ As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg.

Ek glo dus dat wanneer gelowiges hul kruis opneem, dan word Christus meer, m.a.w. wanneer ek myself neerlê, word Christus verhoog. Paulus bevestig dit wanneer hy in Fil.3:10 sê ~  Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood. Christus word dus meer wanneer ons met Hom identifiseer in Sy krag en Sy lyding en dit prakties toepas in ons lewe.

Die vraag is egter wat dit beteken en hoe moet dit ’n realiteit word in my lewe? Ek glo dat ons deel van ons antwoord in Jesus se Bergpredikasie vind (kom ons blaai saam na Matt.5:1-12) ~ Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, 2en Hy het hulle geleer en gesê: 3“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. 7Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” Hierdie is die dinge wat Jesus sê ons móét doen – en wees verseker, dat om hierdie dinge te doen, vra om jou kruis op te neem en Jesus te volg – ja, tot die dood toe onsself neerlê en nie ons eie belang te soek nie. Wanneer ons dít doen, sál ons vind dat Jesus meer word in ons lewe en ons minder.

Kom ons kyk na elkeen van hierdie fasette:
·           In vers 3 sê Jesus dat ons geseënd sal wees wanneer ons weet hoe afhanklik ons van Hom is. In die moderne era waarin ons leef, leer ons nie meer om afhanklik te wees nie, trouens om afhanklik te wees, is ’n skeldwoord. Die wêreld leer ons om trots te wees en onafhanklik te wees en in die proses het ons ook "ontleer" om afhanklik van God te wees. Jesus leer ons dat ons die Koninkryk van die hemel as beloning kry as ons afhanklik van Hom is, trouens dit is ’n waarheid wat al sedert die profeet Jesaja se tyd belowe word. Jesaja sê in Jes.57:15 ~ So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in ’n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes. In Jak.4:7-10 leer Jakobus ons hoe ons afhanklik van God kan wees ~ Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. 8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. 10Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
·           Tweedens sê Jesus in v.4 dat ons geseënd sal wees wanneer ons treur. Weereens stel die wêreld ’n wêreld en lewe voor van geluk ten alle koste. Waaroor moet ons treur? Ons moet treur oor ons sonde en gebrokenheid. Hoe doen ons dit? Hier kan ons weer na Jak.4 kyk en dan spesifiek die gedeelte waar daar staan ~ Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9Bekla julle ellende, treur en huil! (v.8-9).
·           In v.5 sê Jesus dat die sagmoediges geseënd sal wees. In ons dae word mense wat sagmoedig van geaardheid en ’n sagte gees het, as papbroeke en "sissies" beskou. In teenstelling daarmee sê Jesus in Matt.11:29-30 ~ Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig. Mense wil in ons dag oor mag beskik en in die proses vertrap hulle andere; staan hulle op hul regte en wil hulle altyd hulle sin hê. Niks is goed genoeg nie en niemand kan iets beter doen as hy nie. Jesus het nie op Sy regte gestaan toe Hy gekasty en bespot is nie. Hy het nie andere vertrap in ’n poging om Sy kruisdood te ontglip nie. Nee, Hy was nederig en sagmoedig en Hy wil hê dat ons ook so moet optree – en ons beloning? Ons sal die nuwe aarde ontvang!
·           Jesus sê ook dat ons moet honger en dors na wat reg is. Wat beteken dit? Dit beteken dat ons voortdurend ’n begeerte sal hê na God se geregtigheid. Dit dui m.a.w. daarop dat ons heiligmaking voortdurend sal najaag.
·           Ons ervaar in toenemende mate gevoelloosheid in die mensdom rondom ons – mense het net nie meer tyd en empatie en simpatie met mekaar nie – hulle "voel niks meer vir mekaar" nie. Daarteenoor leer Jesus ons om onsself neer te lê en ons kruis op te neem, deur barmhartig (Eng. = "merciful") teenoor andere te wees. Die mensdom het nie meer tyd en genade vir mekaar nie. Jesus sê dan ook dat diegene wat barmhartig optree, self barmhartigheid as beloning sal ontvang – en wie sal hierdie barmhartigheid skenk? God die Vader self!
·           Vers 8 leer ons dat ons rein van hart moet wees. Indien ons God wil sien, moet ons besef dat ons lewe deurspek is van sonde en dat ons voortdurend geneig is tot sonde en daarom moet ons, ons sonde voor Hom bely en ons bekeer. Dit is só in teenstelling met die wêreld wat nie eens bewus is van hul sonde nie en hulle gee ook nie eers regtig om indien hulle sondig nie.
·           Die tweede laaste eienskap wat ons moet uitleef, ten einde ons kruis op te neem en ons neer te lê voor Christus, is volgens v.9, "vrede". Die wêreld jaag ook vrede na, maar dit is primêr gerig op die self. Elkeen wil vrede in homself hê en hy gee nie ’n snars om of hy andere se vrede versteur in die proses nie. Ons moet vredemakers wees en nie in die eerste plek vrede vir onsself soek nie. Op vertikale vlak moet ons die vredesboodskap van Jesus Christus aan ’n verloregaande wêreld verkondig, sodat vrede tussen sondaar en God bewerkstellig kan word. Ons moet egter ook op horisontale vlak vredemakers wees omdat God ’n God van vrede en eenheid is. Dit is waarom Paulus ook in Fil.4:2 ’n oproep gedoen het tot vrede en eenheid tussen Euodia en Sintige.
·           Dit is nie maklik om ’n toegewyde gelowige in hierdie lewe te wees nie, want die wêreld dink niks van Christene nie en is selfs vyandiggesind teenoor gelowiges. Die wêreld dwing ons voortdurend om kompromie te maak en ontrou aan God te wees, maar Jesus sê in v.10 dat ons getrou moet bly – ons moet vas bly staan, al vervolg en spot die wêreld ons, want as ons vas bly staan te midde van vervolging (ja, selfs tot die dood toe), sál ons die Koninkryk van God beërwe!

Geliefdes, ons hét die krag ontvang om ons kruis op te neem en onsself te verloën en sodoende Christus meer te laat word en ons minder. Petrus sê in 2Pet.1:3 ~ Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.

Ek wil afsluit met die woorde in 1Tes.4:3a ~ Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. God wil hê dat ons heilig moet lewe en as Hy dit van ons verwag, behoort dit tog sekerlik moontlik te wees, nie waar nie? Die vraag is dus of ek bereid is om God toe te laat om heiligmaking in my te bewerk. Is ek en jy bereid dat Jesus Christus se lewe en wil deur ons weerspieël kan word? Ons moet ophou sê: O, ek wil so graag ’n heilige lewe lei. Ons moet heilig begin lewe. Ons moet ook ophou vir die Here vra om ons heilig te maak. Hy het ons reeds, met groot piëteit gesê, heilig gemaak toe Hy ons uit genade gered het. Hy het alles volkome gedoen om ons redding en heiligmaking moontlik te maak (Rom.5:8 is baie duidelik daaroor ~ Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was). Ons moet in gehoorsaamheid aan die Woord begin lewe – dit is wat nodig is om heilige lewens te leef; dit is wat nodig is om te groei in heiligmaking; dit is wat nodig is om minder te word sodat Christus meer kan word!

Mag die woorde wat William Carey aan ’n vriend gerig het, toe Carey op sterwe gelê het, ook waarlik ons opregte hartsversugting en lewenspraktyk wees – Carey het gesê: When I'm gone, don't talk about William Carey; talk about William Carey's Saviour. I desire that Christ alone might be magnified.


Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te VAALDRIEHOEK Baptiste Gemeente (Vereeniging) - Sondagoggend 06 November 2011