Die Brief aan die Efesiërs – 19 (Ouers en Kinders) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Ef.6:1-4 ~ Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. 2 “Eer jou vader en jou moeder” is ’n baie belangrike gebod. En daar is nog ’n belofte by: 3 “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” 4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.
2. INLEIDING:
Toe God die Israeliete gekies het om Sy uitverkore volk te wees, het Hy hulle bestem om ’n volk te wees deur wie ...al die volke van die aarde geseën sou word (Gen.12:3b). By die berg Sinaï het God die volk gekies om Hom ...as priesters (te) dien, en ’n gewyde nasie te wees (Eks.19:6). Israel moes ’n volk wees wat ’n getuienis uitgeleef het; ’n volk wat vir God getuig het. Die volk Israel was nie net geroep om die ontvangers van God se waarheid en seën te wees nie, maar hulle moes ’n kanaal wees vir Sy waarheid en seën en dit moes gedeel word met die ganse wêreld.
Die hart van God se waarheid, is die waarheid t.o.v. Homself. Die sentrale waarheid van die Ou Testamentiese openbaring word saamgevat in die woorde van Deut.6:4 ~ ...die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Hierdie waarheid impliseer optrede van die mens se kant en dit word weer pragtig vervat in Deut.6:5-6 ~ Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. 6“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Hierdie was die boodskap wat Israel vir haarself moes toe-eien, maar ook uitdra na die res van die wêreld.
Die eerste stap vir die Israeliete om hierdie boodskap uit te dra, was om dit oor te dra aan hulle kinders. – Deut.6:7 ~ Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Ouers moes dus onophoudelik oor die Here se genade en liefde met hul kinders gesels, sodat die kennis van en liefde vir God, tweede natuur moes word. Deut 6:8 gaan egter voort en sê ~ Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ’n merk op jou voorkop wees. Ouers se lewens moes dus ook voortdurend van God se liefde en genade gespreek het – al het hulle dus nie ’n woord gesê nie, moes die ouers se getuienis steeds voortgeleef het en as voorbeeld dien.
Daar eindig dit egter nie – selfs wanneer ouers uithuisig was, moes hul getuienis voortgeleef het – v.9 ~ Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte. Daar moes m.a.w., voortdurend, ’n verbale, ’n sigbare én onsigbare toewyding aan die Woord van God in die ouerhuis gewees het.
Ongelukkig word hierdie opdrag en hierdie gesindheid in ouerhuise, reeds sedert die sondeval ernstig bedreig in gesinne. Die eerste rede hiervoor is uiteraard die sondegevallenheid van die mens en dit is slegs in huise waar die Here Jesus Christus as Verlosser, in beheer is, dat gesinne die hoë standaarde van die Woord t.o.v. gesinne, kan uitleef.
’n Tweede rede waarom gesinne nie hierdie vereistes van die Woord kan uitleef nie, is die Bose wêreldsisteem waarin ons leef en a.g.v. ’n tipe van “osmose”, word ons denke en daardeur ons lewe in gevaar gestel om al minder en minder soos gelowiges – soos die Israeliete van ouds, op te tree en te leef en voor ons, ons oë kan uitvee, leef en dink en tree ons net soos die wêreld op.
Ons as gelowiges moet dus radikale stappe neem om uit hierdie wêreldse gietvorm te ontsnap, waarin die wêreld ons wil giet en ons moet terugkeer na die Woord en weer in gehoorsaamheid leef aan die Woord. Paulus gee vir ons in min woorde hier in Ef.6, ’n uitstekende padkaart om terug te keer na die ordes van die Here en hy begin met die kinders.
3. OPDRAGTE AAN KINDERS:
V.1 begin met die woorde, “kinders”. In die Grieks is hierdie woord, "teknon" en dit verwys nie nét na jong of klein kindertjies nie, maar na alle kinders. Seuns en dogters wat nog steeds onder dieselfde dak as hul ouers woon, moet hul ouers te alle tye en in alles, gehoorsaam en eer. Verder dui die woord “gehoorsaam” op, optrede en beteken letterlik om “onder te luister”. Kinders moet dus met aandag en in gehoorsaamheid, positief na hul ouers luister. Kinders moet hulself dus in gehoorsaamheid onder die gesag en woorde van hul ouers plaas.
Die woord “eer”, dui weer op ’n gesindheid en dit hang nou saam met “gehoorsaamheid”. Kinders se gesindheid wanneer hul ouers praat, moet dus een wees van gehoorsaamheid en eerbied en hul optrede moet wees om te alle tye gehoorsaam te wees aan hul ouers.
Die N.A.V. se vertaling van v.1 is ongelukkig ’n jammerlike en baie swak vertaling en kan die indruk geskep word dat kinders van nature (of grond van die verbond/doop ens.) gelowiges is – kom ons lees dit net weer saam ~ Kinders, wees as gelowiges.... Die O.A.V. is weereens hier, ’n beter vertaling ~ KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Wat ons nou moet vasstel, is wat beteken dit as die Woord sê dat kinders, “in die Here”, aan hul ouers gehoorsaam moet wees? Hierdie uitdrukking “in die Here” verwys na die sfeer of omgewing waarin kinders hulself plaas en wat aanvaarbaar is vir die Here. Kinders moet dus in die huise waar hulle woon, ’n atmosfeer skep en so leef dat dit aanvaarbaar is vir die Here.
Waar kinders te jonk is om hierdie sfeer of atmosfeer te skep, moet ouers hul jong kinders so opvoed dat hul natuurliker wys die regte atmosfeer sal skep wanneer hul groter is. Groter kinders kan egter nie die verskoning aanvoer, dat toe hulle klein was, hulle nie deur hul ouers begelei is om sus of so op te tree nie – ouer kinders het nou die verstand om te weet wat reg en verkeerd is. En waarom moet kinders so optree? Kol.3:20 bed die antwoord – ek lees weer uit die O.A.V. ~ Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
Waarom moet kinders hul ouers gehoorsaam en eer?
· Eerstes, omdat dit ’n natuurlike opdrag of reël is. Paulus sê: Doen dit, want dit is reg. Bykans alle gemeenskappe en kulture erken die eer van ouers en die gehoorsaamheid deur kinders, as aanvaarde norm. Wanneer dit afwesig is, is dit onaanvaarbaar.
· Ook het ons reeds gesien dat dit reg is in die oë van die Here. Ons het dus hier te doen met ’n Goddelike opdrag. Wanneer Paulus dus sê dat hierdie opdrag ’n Goddelike opdrag is, het hy die vyfde gebod van die Tien Gebooie in gedagte, nl.: Eer jou vader en moeder... (Eks.20:12). Wat baie interessant is, is dat hierdie gebod, die eerste gebod met ’n belofte is, nl. ...dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee (O.A.V.). Wat Paulus dus sê, is dat kinders hul ouers moet eer en gehoorsaam aan hulle wees – PUNT! Indien dit nié die geval is nie, sal dit besliste effekte hê op hoe goed én hoe lank kinders sal lewe! Die algemene reël is dus dat kinders wat hul ouers eer en gehoorsaam is aan hulle, beter lewens voer én langer leef.
Daar bestaan verskeie redes waarom dit die geval is:
- Een rede is dat wanneer kinders hul ouers gehoorsaam, hulle gereeld gewaarsku word teen die gevare van die lewe. Hulle sal minder ongelukke en ander fisiese trauma beleef, bloot omdat hulle, hul steur aan hul ouers se opvoeding en waarskuwings.
- Gehoorsame kinders sal die negatiewe en soms rampspoedige gevolge van slegte optrede, gewoontes en vriende gespaar word, wat baie dikwels tot gevolg het dat jong mense se lewens verkort word.
- Gehoorsame kinders en kinders wat hul ouers eer, ontwikkel gesonde karaktereienskappe wat hul onmiddellike, maar veral latere lewens, baie gesonder, suksesvoller en aangenamer maak, terwyl ongehoorsame kinders negatiewe en skadelik lewenspatrone aanleer. Die Woord stel hierdie beginsel ondubbelsinnig en keer op keer – Spr.4:10 bv. ~ Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê; dit sal jou lewensjare baie maak. Spr.10:27 ~ Wie die Here dien, lewe lank; wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min. Spr.30:17 ~ Die oë van ’n man wat met sy vader spot en vir wie dit benede hom is om sy moeder te gehoorsaam, sal uitgepik word deur die kraaie, opgevreet word deur die roofvoëls. Spr.15:20 ~ ’n Wyse seun maak sy ouers bly, ’n dwase mens minag hulle. Spr.17:25 ~ ’n Onverstandige seun is vir sy ouers ’n ergernis, hy is vir hulle’n bitter verdriet. Spr.28:24 ~ Wie sy ouers besteel en sê: “Ek doen niks verkeerds nie,” is niks anders as ’n rower nie.
Kinders en jongmense wat hierdie opdrag van God ignoreer, doen dit tot hul eie uiteindelike nadeel en ondergang.
4. OPDRAGTE AAN OUERS:
Paulus draai in vers 4 weg van die kinders en rig sy skrywe aan ouers en hy verdeel dit in twee dele – eerstens, negatief en tweedens positief.
· Die negatiewe opdrag wat Paulus aan ouers gee is klink klaar en duidelik ~ En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie (v.4). Sulke provokasie deur ouers kan op ’n paar maniere geskied:
- Onredelikheid: Onredelike optrede deur ouers kom baie algemeen voor – veral in die era waarin ons leef.
Ouers stel baie dikwels eise aan kinders wat onredelik en selfs bo hul vermoëns is, of kinders word so swaar gelaai met allerlei verwagtinge dat frustrasie en onderprestasie en wan-opvoeding baie dikwels die gevolg is – in kort, daar word soveel eise aan kinders gestel dat hulle nie meer kind kan wees en normaal kan ontwikkel nie.
- ’n Tweede vorm van provokasie is dié van foutvindery – ouers wie voortdurend foutvind met hul kinders se optrede – kinders kan net nie goed genoeg in hul ouers se oë wees nie. In die dae wat ek as onderwyser, rugby afgerig het, het ek dikwels Pa’s van die kantlyn af hoor skreeu op hul kinders as hy ’n fout begaan (asof die Pa dit beter sou kon doen) – niks is goed genoeg nie en baie dikwels tree ouers so op, omdat húlle eer uit hul “volmaakte” kindertjies se optrede wil ontvang.
- Nalating is ’n derde aspek van provokasie. Die “afwesige-pa”, of “afwesige-ma” of beide. Dit was een van Dawid se groot sondes en dit het gelei tot Absolom se rebellie waarvan ons in 2Sam.14-15 lees. Maar let op kinders – let op na wat die uiteinde van Absolom was, al was die oënskynlike oorsaak van Absolom se rebellie, sy afwesige Pa – 2Sam.18:9 ~ Dawid se manskappe het op Absalom afgekom waar hy op ’n muil gery het. Die muil het onder die digte takke van ’n groot akkerboom deurgegaan, en Absalom se kop het in die boom vasgehaak. Die muil waarop hy gery het, het aangehou hardloop en Absalom het tussen hemel en aarde bly hang en dan v.15 ~ Toe het tien wapendraers van Joab nader gestorm en Absalom heeltemal dood geslaan.
- Nog ’n vorm van provokasie, is inkonsekwentheid. Ouers belowe baie dikwels een ding, maar doen ’n ander. ’n Klassieke voorbeeld is dat ouers vir kinders bv. sê om iets nié te doen nie en indien hulle dit sou doen, gaan hulle sus of so gestraf word. Wanneer die kind dan oortree, word die aanvanklike dreigement net nie uitgevoer nie. Of, die ouers tree nou só op en môre anders. Sulke optrede verwar kinders, óf kinders steur hulle naderhand net nie meer aan hul ouers nie, omdat hulle nie hul ouers ernstig kan opneem nie – in kort, sulke kinders het geen respek vir hul ouers nie.
In die lig hiervan sê R. Kent Hughes die volgende: What a fragile flower a child is. He (or she) can be so easily crushed by his parents, or he can be to blossom beyond expectation, bringing untold joy to his parents and himself. Paulus verskaf aan ouers die regte raad t.o.v. kinderopvoeding – v.4b ~ ...maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.
· Paulus sluit sy skrywe aan die ouers af met positiewe raad – v.4b ~ ...maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.
Die gedagte met die Griekse woorde hier wat vertaal word met “groot maak”, is om ’n kind se karakter te ontwikkel en te vorm en dit gaan gepaard met sagtheid en vriendelikheid en versorging. Dit word gesê (en ek stem volmondig daarmee saam) dat ’n man waarlik man is wanneer hy ook sag kan wees met kinders – of dit nou is om ’n baba in sy arms te vertroetel, of lief te wees vir sy laerskoolkind, of om sy tiener seun of getroude kind ’n druk te gee en vir hom te sê dat hy lief is vir hom.
· Om ’n kind se karakter te vorm gaan egter nie net gepaard met sagtheid nie, maar ook met tug en vermaning.
Die woord tug is ’n sterk woord in die Bybel en mag nie agterweë bly wanneer dit nodig is nie. Spr.19:18 sê ~ Behandel jou seun streng, dan is daar hoop, maar moet jou nie te buite gaan en hom doodmaak nie. En Spr.15:32 het ’n boodskap vir beide ouers en kinders ~ Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. Hebr.12:11 som dit baie mooi op ~ Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.
Tugtiging sluit o.a. ’n goeie pakslae op sy tyd in – hoor wat sê 2Sam.7:14 ~ Ek sal vir hom ’n vader wees, en hy sal vir My ’n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met ’n menslike roede en met slae van mensekinders. Spr.13:24 (O.A.V.) ~ Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging. En Spr.23:14 sê ~ Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red. Van wat se “dood” praat die Spreukeskrywer hier? Ja, die ewige dood van ’n sondaar, maar ek dink daar kan ook ’n sterk saak daarvoor uitgemaak word dat ’n pakslae op die regte tyd, selfs jou kind langer kan laat lewe – dink aan Paulus se opmerking in v.3b ~ ... en jy lank mag lewe op die aarde.
Laastens sê Paulus in v.4, dat ouers hul kinders moet vermaan. Die letterlike Griekse betekenis vir "nouthesia", of te wel, “vermaning”, is “om iets in iemand se gedagtes te plaas”. Dit impliseer opleiding en lering wat nie soseer kennis tot gevolg het nie, maar eerder die regte gesindheid, die vaslegging van goeie beginsels en goeie en aanvaarbare gedrag. Hierdie is uiteraard nie iets wat oornag bereik kan word nie, maar neem jare en moet van die eerste dag af toegepas en doelgerig in kinders se lewens ingebou word.
5. ’N LAASTE GEDAGTE:
Ek het netnou na Spr.15:32 verwys en uit daardie teksvers is dit baie duidelik, dat beide ouer én kind ’n aandeel in ’n kind se opvoeding het. Aanvanklik is die kind se aandeel nie so groot nie, maar later wel. Geen ouer kan dus enige verskoning aanvoer en sy gebrekkige opvoeding op die stout en rebelse kind projekteer nie – ouers kan dus nie sê dat hulle alles probeer het, maar die kinders wil nie na hul luister nie, ens. Net so kan kinders ook nie hul swak optrede wat lei tot mislukking of selfs dalk tronkstraf a.g.v. swak en verkeerde en sondige optrede, op die ouers se skouers alleen pak nie. Nee, kinders het ook die verantwoordelikheid om positief en met respek en in gehoorsaamheid te reageer op hul ouers se opvoeding – al is dit ook hoe onvolmaak.
Die heel belangrikste is egter dat beide kind en ouer moet onthou dat hulle individueel voor die lewende God staan en verantwoording sal moet doen – Die ouers vir die wyse waarop hul, hul kinders opgevoed het (of nie opgevoed het nie) en die kinders sal voor God staan om verantwoording te doen vir hoe hulle gereageer het op die opvoeding (hoe gebrekkig ook al) wat hulle van hul ouers ontvang het.
Rom.5:20 sê ~ Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword en 2 Kor.9:8 sê ~ En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Wanneer ons na hierdie en talle ander teksverse kyk, sien ons dat ons hoop in die Evangelie van Christus Jesus het. Indien jy in die verlede of dalk tans misluk het in die opvoeding van jou kind, kan Hy wat ons Verlosser is, ons ook hierin bystaan en vergewe. Ons moet dit net heel eerste teenoor Hom erken en dit bely, maar selfs teenoor my kind ook. Uiteraard geld dieslefde vir kinders - Dit is nooit te laat om vergofnis te vra vir jou rebelsheid nie (teenoor God en jou ouers).
As gelowige kan jy verander en kan jou situasie verander, want die Heilige Gees is in jou. Ons moet egter net besef dat die probleem nie vanself sal verdwyn nie – dit sal harde werk, baie gebed, tyd en geduld vra, om dit wat verkeerd was, reg te stel (1Tim.4:7).
Mag Christus ons genadig wees in hierdie verband.
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 09 Mei 2010
Monday, May 24, 2010
Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 23 Mei 2010
Die Brief aan die Efesiërs – 21 ("Ons Geestelike Geveg - 01) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Ef.6:10-18 ~ Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11 Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 13 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. 14 Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
2. INLEIDING:
Paulus sluit sy brief aan die Efesiërs af met ’n onderwerp wat ongelukkig in ons dae nie veel aandag geniet nie en dit is dat elke gelowige in ’n fel geveg betrokke is in hierdie lewe en dat ons behoorlik toegerus moet wees vir hierdie geveg.
Die probleem met baie gelowiges (en ons sal onsself moet afvra, of ons nie ook onder hulle tel nie) is dat hulle nie dink dat hulle regtig in ’n geestelike geveg betrokke is nie – hulle sien hul Christenskap nie as ’n betrokkenheid by ’n geestelike geveg nie, maar eerder as ’n ontvlugting van so ’n geveg, waarin die wêreld betrokke is. Hulle glo dat Jesus ons herstel en gesond gemaak het en wanneer hulle ontmoedig voel, Jesus daar is om hulle te bemoedig. ’n Mens kry die indruk dat wanneer jy met sulke Christene praat, die Christelike lewe, ’n lewe van voortdurende geluk en welsyn is en daar derhalwe geen sprake van ’n geestelike stryd en -oorlog is, wat gevoer moet word nie.
Die vraag is egter, waarom Paulus dan aandag skenk aan wapenrusting wat ’n gelowige moet aantrek – lw., nie byderhand hê nie, maar aantrek! Waarom praat hy van ’n stryd wat nie teen mense gevoer word nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug, as dit net goed en voorspoedig moet gaan met ’n gelowige?
3. DIE OORSPRONG VAN ONS KRAG:
Paulus reken dat alle gelowiges betrokke is in ’n geveg teen die mees geslepe en heel sterkste mag wat daar is. Ons kan egter hierdie geveg in oorwinning afsluit, indien ons aandag skenk aan verse 10 en 11:
· Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
· Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Ons as gelowiges moet altyd onthou, dat voorbereiding aan die basis lê van ’n effektiewe Christelike lewe. Die onvoorbereide gelowige word uiteindelik die oorwonne gelowige. Ons moet besef dat ons krag juis opgesluit lê in ons afhanklikheid van God, daarom dat Paulus sê, ...soek julle krag in die Here. En omdat ons vyand so kragtig is, kan en mag ons nie op enige ander plek gaan soek vir krag as juis by God nie. En met God as die Bron vir ons Krag, kan ons hierdie geveg wen, daarom dat Fil.4:13 sê ~ Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Voor ons egter kan kyk na die geveg en hoe en met wat ons hierdie geveg moet veg, moet ons net eers kyk na die vyand teen wie ons veg.
4. ONS VYAND:
Die probleem in ons dag is dat baie mense (baie hiervan is teoloë) ’n ekstreme weg volg, deur die bestaan van die satan en van bose geeste (demone) te ontken. Paulus daarenteen neem ’n radikaal teenoorgestelde standpunt in, deur die bestaan van die vyand te erken en dit ernstig op te neem. Máár, hy sê ook onmiddellik dat die vyand ’n oorwonne vyand is, wat gebind is deur Jesus Christus se oorwinning oor hom aan die Kruis op Golgota en deur Sy opstanding – Kol.2:15 ~ Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. Natuurlik glo Paulus ook aan die bestaan van Satan en sy bose geeste, omdat die Heilige Gees dit aan Paulus geopenbaar het. Die kruks van hierdie gedeelte in Efesiërs is dan juis ook om ons as gelowiges te bemagtig, ten einde die vyand deur die krag wat daar in Christus Jesus te vinde is, teen te staan ten einde die uiteindelike oorwinning in Jesus Christus te behaal.
Paulus identifiseer dan vir ons die vyand in v.12 ~ Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Van die vier name wat hier gebruik word, het ons reeds met twee in Ef.1:21 te doen gekry, nl. mag (wat in die O.A.V. vertaal word met owerhede; in die E.S.V. met rulers en in die K.J.V. met principalities). Die tweede waarmee ons te doen gekry het was gesag (O.A.V. = magte; E.S.V. = authorities en K.J.V. = powers). Die derde word egter hier vir die heel eerste keer in die Woord gebruik, nl. gees (O.A.V. = wêreldheersers; E.S.V. = cosmic powers en K.J.V. = world rulers). Die vierde naam of vyand wat Paulus hier identifiseer, is bose gees (O.A.V. = bose gees; E.S.V. = spiritual forces en K.J.V. = spiritual forces).
Hierdie vierde uitdrukking kan moontlik gesien word as ’n vierde mag, maar dit moet eerder as ’n meer saamgestelde term vir die vorige drie magte gesien word. Wanneer die Griekse gebruik van hierdie woord, nl. "pneumatikos", ontleed word (waarop ek nie nou wil ingaan nie), sien ons dat hierdie spesifieke woord, na Satan self verwys. Wat verder interessant is, is dat bykans dieselfde Griekse woord gebruik word vir die Heilige Gees. Wat Paulus dus hier wil deurgee is dat, net soos dit ’n bepaalde funksie van die Heilige Gees is om gelowiges op te bou (sien Ef.1:3; 5:19), net so is dit ’n bepaalde funksie van die vyand wat teen God staan, nl. om God se kinders af te breek en te verwoes, of om ten minste God se kinders in gevangenisskap (gebonde) te hou.
Hierdie verskillende geeste wat Paulus vir ons hier noem, verwys waarskynlik na die verskillende rangordes van die bose geeste. Hierdie rangordes word nie hier in Efesiërs beskryf of verduidelik nie, maar daar kan geen twyfel bestaan oor die feit dat daardie geeste waarna Paulus verwys as die magte (“principalities”), ’n hoër orde van demone is. Daar word ook in 1Pet.3:22 na hulle verwys ~ Hy is nou aan die regterhand van God nadat Hy die engele en magte en kragte aan Hom onderwerp het en die hemel ingegaan het. Die gesag (“spiritual forces”) is waarskynlik daardie geeste wat betrokke is by die mees veragtelike immoraliteite denkbaar. Die gees (“world rulers”) verwys weer hoogs waarskynlik na daardie demone wat die politieke sisteme van die wêreld geïnfiltreer het en wat poog om hulle te laat regeer volgens Satan se duistere koninkryk – so word daar bv. in Dan.10:13 van die engel van die Persiese Ryk gepraat.
Paulus se doel met die benaming van hierdie geeste is egter nie om aan ons die hiërargie en funksie van die verskillende demone te verduidelik nie, maar eerder om aan ons ’n kykie te gee in die gesofistikeerdheid en mag van die geesteswêreld waarteen ons moet veg. En weereens – wanneer ons besef, of ’n idee begin kry van die kompleksiteit en geweldige mag van hierdie magte, dan begin ons enersyds besef dat ons nie hierdie stryd maar net kan ignoreer nie en andersyds dat ons hoegenaamd glad nie hierdie geveg uit eie krag kan veg nie, maar slegs in en deur die Here Jesus Christus. Ons sal dan ook later sien dat ons oorwinning nie lê in die suksesvolle uitdrywing of die “regte tegnieke” wat ons aanwend om ontslae te raak van “lastige demone” nie, maar dit lê in die regte aanwending van God se wapenrusting en om toegewyd te leef aan die realiteit van die reinigende genadewerk wat ons in Jesus Christus ontvang het.
5. DIE GEVEG:
Ons moet ook kyk na die sfeer of terrein waarin hierdie geveg homself afspeel. Paulus sê in v.12 dat hierdie geveg waarin ons, onsself bevind, nie teen vlees en bloed geskied nie, maar teen elke bose gees in die lug.
Wanneer hy dan sê dat hierdie stryd nie teen vlees en bloed is nie, maak hy drie stellings:
· Ons geveg is bo-natuurlik;
· Hierdie geveg is ’n persoonlike geveg. Die Grieks dui hier op ’n hand-tot-hand geveg – aangesig-tot-aangesig geveg;
· Ons is betrokke in ’n futiele geveg, indien ons dit sou waag om hierdie geveg in eie krag te veg. Hoor wat sê Calvyn ~ In hierdie geveg teen satan en sy magte is ons stryd baie groter as wat dit sou gewees het as ons teen mense geveg het. Waar ons menslike krag teenstaan, staan ons wapen teen met wapen; mens kom te staan teen mens; krag word teengestaan met krag; bedrewenheid met bedrewenheid, ens. Maar ons geveg teen die bose is veel, veel anders, want ons vyand is kragtig, soos geen ander menslike krag kan dink om te wees nie. Ons is dus almal gewikkel in ’n kosmiese geveg waar konvensionele taktiek en wapens futiel sal wees, omdat Satan en sy bose geeste, geweldig sterk is en in die geesteswêreld opereer met geestelike wapens.
Al is Satan dan hierdie geweldige sterk wese, moet ons egter onmiddellik daarmee saam sê, dat hy nie naastenby beskik oor dieselfde eienskappe as waaroor God beskik nie. So is die satan bv. nie alomteenwoordig nie en kan hy dus net op een plek op ’n keer wees, maar omdat hy streef na alomteenwoordigheid, het hy sy gesante baie strategies oor die wêreld heen geplaas, ten einde sy bose planne soos ’n kanker wat bly voort “vreet”, ten uitvoer te bring. Christus is en bly egter steeds die Heerser en die almagtig- en alomteenwoordige Een!
Die konsensus van die Woord, is dat hierdie wêreld ’n “cosmos diabolicus” is, daarom dat Johannes in 1Joh.5:19 sê ~ Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is. Paulus skryf in 2Kor.4:4 ~ Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. In Ef.2:2 word die duiwel, die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is... genoem. In Hand.26:18 gee Christus opdrag aan Paulus om die mense se ...oë oop (te) maak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Ons leef tans in die satan se domein (wêreld) en dit is waarom die satan ’n opregte aanbod aan Jesus in die wildernis kon maak, deur ’n deel van sy koninkryk aan Jesus te bied.
Ons moet besef dat ons elkeen, op ’n individuele en persoonlike vlak teen satan te staan kom en hierdie geveg vind daagliks plaas en sal plaasvind totdat die Here Jesus ons kom haal. Ons weet vanuit Rom.1-3 dat elke mens radikaal verdorwe is. Hiermee word bedoel dat elke deel van ons geaardheid geneig is tot sonde. Dit beteken egter nie dat ons op ons slegste is nie, want daar is altyd ruimte vir “verslegting” (kyk maar net wat gebeur as ons toegee aan die sonde). Sommige mense val dieper in die sonde as ander – so is ’n perverse motorbomdraer, of ’n reeksmoordenaar, sekerlik dieper vasgevang in die “sondeweb” van satan as ek en jy. Die probleem is egter dat Satan elkeen van ons nog slegter wil hê as wat ons is. Hy wil ons pootjie op ons pad van heiligmaking. Ons moet onthou dat daar niks, absoluut niks goeds in die bose is nie.
Hiermee saam is hy ook uiters geslepe en hoogs intelligent. V.11 verwys hierna as dit praat van die ... die listige aanslae van die duiwel. Een van sy sluuste aanslae wat hy meesterlik hanteer (soos wat ons die afgelope paar weke ook gesien het toe ons gedeel het oor Jesus se versoeking in die wildernis[2]), is op die gebied van misleiding en om op te tree as ’n sogenaamde gesant van God – dit is waarom Paulus in 2Kor.11:14-15 na hom verwys as, ’n engel van die lig”. Hy spesialiseer daarin om genoeg waarheid te vermeng met valsheid, sodat dit heel aanvaarbaar lyk vir die mens (selfs vir ons). Hy spesialiseer dus daarin om die waarheid te verdraai.
Nog ’n area waarin die satan spesialiseer, is om twyfel t.o.v. God se reddingsgenade en Sy liefde en goedheid in ons gemoed te saai. Dit was bv. die sterkste instrument wat die satan in Martin Luther se lewe gebruik het – die inhoud van Luther se depressie was altyd dat hy sy geloof in God se goedheid verloor het.
Satan val ons selde as ooit openlik aan (soos ons in die “Wildernisboodskappe” gesien het [2]. Satan skryf nie sy naam op sy voorkop en kondig se aanvalsplan aan, deur vir ons te sê, “ek is Satan en ek gaan jou nou mislei en aanval nie”. Hy is boser as wat ons kan dink en hy haat die Kerk van die Here Jesus Christus. Hy is sluwer as wat enige mens ooit kan wees en wat meer is – hy maak jag op ons! Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie (v.12a).
Dit is angswekkende realiteit t.o.v. Satan (en Paulus wil ons waarsku), is dat ons bedag moet wees op hierdie feite en ons moet ons self bewapen om teen die hierdie vyand te veg.
6. ONS OPLOSSING:
Ons hoef egter nie in vrees en bewing te leef oor hierdie realiteite van die satan en sy bose magte nie – op voorwaarde dat ons hierdie lewenslange geveg op die regte grondslag sal veg – en daardie grondslag is Jesus Christus. Ja, op aarde is daar geen mens wat staande kan bly teen die aanslae van die vyand nie, maar ons lees in Kol.1:16 hierdie wonderlike woorde ~ God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. En Kol.2:10b sê ~ Hy is die hoof oor elke mag en gesag. Enige iets wat deur iemand geskep is, is onderworpe aan daardie persoon en dit is presies ook die geval met Satan – hy is ’n skepsel van die almagtige en ewige Drie-enige God. Satan is dus nie ’n gelyke opponent vir God nie, o.a. omdat God oneindigheid is en die satan is eindigend.
Daar is soveel voorbeelde uit die Skrif waar ons sien dat Satan telkens maar die knie voor God moes buig, trouens dit het reeds in Genesis begin, toe sy lot beseël is – Gen.3:14-15 ~ En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. 15 Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt. Reeds daar in die Tuin van Eden het God vir die satan gesê dat Eva se nageslag (verwysende natuurlik na Jesus Christus) hom uiteindelik heeltemal sal oorwin. Ook in Openbaring lees ons van sy uiteindelike lot, wanneer hy neergewerp gaan word in die hel (Openb.20).
Daar is egter meer as net die feit dat die satan se Skepper almagtig is en dit is dat Christus (soos reeds gesê) reeds die oorwinning aan die kruis behaal het – Satan en sy bose geeste is dus onderwerp aan Christus. Ons lees in Kol.2:15 ~ Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. Christus het die bose se lot reeds bepaal, maar gedurende hierdie era waarin ons leef – die reeds, maar die nog nie – is hulle steeds in beheer van diegene wat nie vryheid in Christus gevind het nie. John Stott stel dit uitstekend wanneer hy sê ~ They were defeated (die bose) at the cross and are now under Christ’s feet and ours. So the invisible world in which they attack us and we defend ourselves is the very world in which Christ reigns over them and we reign with Him. Indien ons Geesvervuld is (5:18) kan Satan se magte ons nie oorwin nie. Die van ons wat egter nalaat om in die lig van Ef.5:18, werk daarvan te maak voortdurend vervul te wees met die Gees en veral die van ons wat plek aan die vyand gee, plaas ons, onsself in ’n posisie waar daar baie skade aan ons berokken kan word deur die bose.
Indien ons egter ons skuilplek by Jesus Christus vind, sal ons in oorwinning leef – daar is egter twee voorwaardes hieraan verbonde:
· V.10 ~ Soek julle krag in die Here. Die implikasie van hierdie opdrag is dat ons nie hierdie geveg alleen kan veg nie. Al wat ons dus kan doen is om onsself oor te gee aan en staat te maak op die krag van die Here. Paulus sê in 2Kor.12:8-9 ~ Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Ons moet dus erken dat ons swak is en die Here vra om Sy krag aan te wend namens ons. Ons moet God se krag dus vir onsself toe-eien.
· V.13 ~ Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee. Hierdie wapenrusting sluit die waarheid in, asook God se vryspraak; ’n bereidheid om die Evangelie te verkondig; geloof; geloofsekerheid en die Woord van God – maar volgende keer meer hieroor.
7. AFSLUITING:
Alle gelowiges kán staande bly teen die aanslae van die satan en sy bose magte, wanneer ons dit doen in en met die krag wat daar in die opstandingskrag van Jesus Christus is en waarin elke gelowige deel het. Kol.1:11-13 getuig hiervan en hou ’n oorwinningsbelofte vir elkeen van die Here Jesus Christus se kinders in ~ Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12 Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 23 Mei 2010
[2] Besoek gerus: http://www.diewaarheidmaakvry.blogspot.com/

Sunday, May 16, 2010
Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 16 Mei 2010
Die Brief aan die Efesiërs – 20 (Werkgewers en Werknemers) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Ef.6:5-9 ~ Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met ’n opregte hart, asof dit vir Christus is. 6 Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. 7 Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. 8 Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry. 9 En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie.
2. INLEIDING:
Ons Skrifgedeelte is die laaste van drie gedeeltes wat handel oor onderwerping van een groep mense teenoor ’n ander (ook genoem die “Huistafels”). Paulus het hierdie hele saak t.o.v. onderwerping in Ef.5:21 afgeskop met die woorde ~ Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
Eerstens het Paulus aandag geskenk aan die verhouding tussen man en vrou in Ef.5:22-33. Daarna het hy in Ef.6:1-4 die verhouding tussen kinders en hul ouers aangespreek en nou hanteer Paulus die derde groep, nl. werknemers en werkgewers.
Wat dadelik opval in ons gelese gedeelte is die feit dat Paulus hier praat van slawe en hul eienaars. Die vraag wat dan onmiddellik gevra moet word, is of hierdie gedeelte nog op ons van toepassing is al dan nie, want daar is tog nie meer iets soos slawe in ons dag nie. Omdat hierdie perikoop handel oor die hantering van die eienaars en hul slawe en dit bykans die enigste vorm van werkgewer/werknemer verhouding was, is hierdie voorskrifte vandag nog net so van toepassing en indien die ander twee “Huistafels” van toepassing is op ons huidige situasie – dan ook hierdie een. En of slawerny vandag steeds bestaan al dan nie, is irrelevant, omdat daar van ons as gelowiges verwag word om soos slawe van Christus op te tree (v.6) – of ons nou werkgewers of werknemers of slawe is al dan nie.
Ons moet verstaan dat daar in Paulus se tyd omtrent net slawe was wat as werknemers gewerk het (die baie arm mense uitgesluit). Daar word beweer dat daar soveel as 60 miljoen slawe in die Romeinse Ryk werksaam was gedurende Paulus se tyd en dat nagenoeg ’n derde van stede soos Rome en Korinte se inwoners bestaan het uit slawe [2]. Sommige van die werkgewers was gelowiges, soos bv. Filemon van Kolosse. Baie van die lidmate van die vroeë Christelike kerk was slawe of oud-slawe. Die hele kwessie van slawe en hoe gelowiges moes optree teenoor slawe, maar ook hoe gelowige slawe moes optree teenoor hulle werkgewers was dus ’n baie relevante saak.
Slawe was gesien as niks meer as ’n werktuig in die hand van sy eienaar en daarom was ’n slaaf gesien as ’n “ding” en nie ’n mens nie en daarom is baie slawe erg mishandel en misbruik. Dit is egter ook so dat sommige slawe in opstand gekom het omdat hulle so misbruik was. Een so ’n opstand (weliswaar tussen 140 en 70 v.C.) was gelei deur die bekende Spartikus.
3. WERKNEMERS SE VERANTWOORDELIKHEID:
· Kom ons kyk dan nou eerstens na die verantwoordelikhede van werknemers. Paulus sê dat werknemers gehoorsaam aan hul werkgewers moet wees. Omdat werknemers in presies dieselfde posisie verkeer as kinders, gebruik Paulus weer die woord “gehoorsaam”, omdat hy presies dieselfde gedagte hier wil herhaal, want die werkgewer se werk is ook om te bepaal wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word en daarom is dit nodig dat die werknemer, gehoorsaam aan sy werkgewer moet wees.
Die woord “gehoorsaam” word hier in die teenwoordige tyd gebruik, wat daarop dui dat die werknemer se gehoorsaamheid aaneenlopend moet wees, m.a.w. hy kan nie net gehoorsaam wees wanneer hy wil nie – hy moet altyd gehoorsaam wees. Maar presies dieselfde reël geld egter ook hier as wat dit die geval met vrouens en kinders die geval was, nl. dat die werkgewer nie kan doen net wat hy wil nie. So kan en mag ’n werknemer bv. nie gehoorsaam wees aan sy werkgewer as dié van hom verwag om bv. te sondig – sonde soos laster, afgodery, immoraliteit, leuens, moord, naywer, ens. Behalwe vir sonde, moet die werknemer egter te alle tye gehoorsaam wees – al is “die baas” se opdragte ook hoe onredelik.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat wanneer ’n gelowige vir ’n ander gelowige werk, hierdie opdrag steeds van krag is ~ Gelowiges wat as slawe onder ’n juk staan, moet hulle eienaars met alle eerbied bejeën, sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie. 2 Slawe wat gelowige eienaars het, moet aan hulle nie minder eerbied betoon omdat hulle saam broers is nie. Hulle moet hulle eerder beter dien omdat dié wat uit hulle werk voordeel trek, met hulle een is in geloof en liefde. Hierdie dinge moet jy aan die mense leer en dit by hulle inskerp (1Tim.6:1-2).
Paulus gaan egter voort en hy sê vir ons, wat hierdie gehoorsaamheid behels:
· Eerstens dan v.5 ~ Slawe wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag. Die woord eerbied hier, is in Grieks "meta" en wat in die O.A.V. en verskeie Engelse vertalings vertaal word met die woord “vrees”. “Vrees” in hierdie geval is nie dieselfde as “bang” nie, maar dui eerder op “respek” en daarom is die N.A.V. baie beskrywend met sy gebruik van die woord “eerbied”. Dit is dan ook dieselfde woord wat in die tweede “Huistafel” gebruik is, toe Paulus aan die kinders gesê het dat hulle hul ouers moet eer (v.2). Werknemers moet dus respek vir hul meerderes in die werksituasie betoon, maar let op – hierdie respek moet in die eerste plek teenoor die persoon se posisie en gesag betoon word. Indien ’n werknemer se meerdere dus nie respek in sy persoon afdwing nie, mag so ’n werknemer steeds nie die gesindheid hê van: ...Ek dink niks van jou nie, maar intussen sal ek sluk wat jy vir my sê, maar pasop vir die dag as ek jou meerdere is. Nee, dit mag nie ons gesindheid wees nie en dit is dan juis om hierdie saak aan te spreek dat Paulus in 1Tim.6:1 sê ~ Gelowiges wat as slawe onder ’n juk staan, moet hulle eienaars met alle eerbied bejeën, sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie. ’n Gelowige werknemer met ’n “baas” wat nie respek afdwing nie, moet nog steeds sy Christelike getuienis uitleef in dade, spreke en gesindheid en daardeur eer aan God bring.
Aan die anderkant kan ’n situasie waar beide werkgewer en werknemer, gelowiges is, familiariteit tot gevolg hê – want ons is tog immers “broers” – nee, nog steeds moet daar respek en ontsag betoon word teenoor die werkgewer se posisie en gesag.
’n Werknemer moet dus altyd teenoor sy meerdere (gelowig of ongelowig) optree soos wat hy moet optree teenoor Christus – ...asof dit vir Christus is (v.5).
· In die tweede plek sê Paulus dat werknemers hul werk ...met ’n opregte hart (v.5) moet doen. Die woord “opreg” het ’n baie interessante oorsprong. In die antieke tye was pottebakkery ’n baie belangrike bedryf. Oneerlike pottebakkers het egter soms hul minder goeie produkte se krake weggesteek deur dit toe te smeer met byewas. Vir die leek was hierdie krake dan onsigbaar. Die krake kon egter gesien word as die pot teen die lig gehou is, want die byewas, was effens ligter van kleur. Goeie en foutlose potte is egter ook somtyds gestempel ten einde die egtheid en foutloosheid van die pot te waarborg. Hierdie stempel het die Latynse woorde, “sine cera” gehad, wat “sonder byewas” beteken (die Engelse woord “sincere” is hiervan afgelei – Afrikaans = opreg”).
Ons werk moet dus foutloos en sonder krake wees – ons moet dus nie halwe werk doen en foute wegsteek nie. Ons moet aan die einde van elke dag se eerlike en foutlose werk, die stempel “sine cera” daarop kan plaas en vir die Here ook kan sê: Ek het vandag my beste en foutlose poging vir U gedoen!
· Vers 6 sê ~ Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Wanneer ons werk, moet ons nie ons werk doen om raak gesien te word nie. Wat Paulus hier in gedagte het, is dat ons nie net hard sal werk wanneer die “baas” in ons rigting kyk nie, maar dat ons te alle tye hard en toegewyd sal werk, ongeag of dit ’n belangrike of “minder belangrike” werk is en of dit ’n tydelike (vakansiewerk) of permanente werk is – ons harte moet dus op die regte plek wees – ons moet ons werk doen asof vir Christus.
· Laastens sê Paulus in v.7 dat, al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. Die woord lus is in die oorspronklike teks, "eunoia", wat letterlik beteken om iets te doen sonder dat ek gedwing word om dit te doen of sonder om te wag dat iemand vir my sê om iets te doen. Ons werk moet dus vir ons ’n plesier wees en ons moet ons met ons hele hart daaraan toewy. Ons moet inisiatief aan die dag lê en nie wag om aangemoedig te word nie.
4. BELONING:
Paulus sê vir ons in v.8 ~ Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry. Op grond waarvan sal ek dan ’n beloning kry? Omdat ek in die eerste plek weet dat God daardeur verheerlik sal word. Tweedens omdat dit my roeping is – ek doen dit asof vir die Here. Derdens doen ek dit om my Christelike getuienis uit te leef. Vierdens doen ek dit om gehoorsaam aan die Woord te wees. En laastens doen ek dit so omdat ek weet dat ek ’n beloning gaan ontvang.
Natuurlik het Paulus hier ’n hemelse beloning in gedagte gehad, want slawe is as ’n reël nie beloon vir hul werk nie. ’n Werkgewer mag dalk nie altyd ’n werknemer na waarde skat en hom dienooreenkomstig vergoed nie, maar God sal wel eendag in die ewigheid vir getroue en harde werkers vergoed – die Woord belowe dit. Wat staan ons te doen? Ons moet ons werk te alle tye doen asof vir die Here en nie vir aardse werkgewers nie – geen goeie werk, of goeie gesindheid wat in Sy Naam gedoen word, gaan ongesiens by die Here verby nie en daarom sal Hy dit seën en uiteindelik beloon (die teenoorgestelde is natuurlik ook waar).
5. WERKGEWERS SE VERANTWOORDELIKHEID:
Paulus vergeet nie van die werkgewers nie en hy spreek hulle in v.9 aan ~ En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie. Ons moet eerstens daarop let dat Paulus nie hier in detail kyk na die werkgewer se verantwoordelikheid nie, want die oorkoepelende gedagte waarmee hy hier in die “Huistafels” besig is, is onderwerping.
Dit is ook interessant om te sien dat Paulus aan werknemers sê dat alles wat vir werknemers geld, ook vir werkgewers geld – let op, Paulus sê in v.9, ...met dieselfde gesindheid.... Hierdie “selfde gesindheid” beteken egter nie dat werknemers ook gehoorsaam moet wees aan hulle werknemers nie, want dit sal tog die hele gedagte t.o.v. gehoorsaamheid en ondergeskiktheid, ens. in chaos dompel. Wat dit egter beteken, is dat werkgewers, hulle werknemers moet behandel soos wat hulle as werknemers behandel sou wou word. Beide gelowige werkgewer en gelowige werknemer is God se kinders en daarom moet beide en spesifiek dan in hierdie geval, die werkgewers, God dien, waarop hulle ook hul beloning van God sal ontvang. Werkgewers se motiewe en optrede met hul werknemers moet dus ook wees om God te verheerlik en hul getuienis teenoor hul werknemers uit te leef.
’n Werkgewer se eerste roeping is om God te gehoorsaam en volgens Sy wil (soos geopenbaar in die Woord) op te tree teenoor sy werknemers. Hy stel dus sy werknemers se welsyn voorop en tree billik en regverdig en met respek teenoor hulle op en daarom sal hy ook hou by die land se wette t.o.v. sy werknemers (belasting; werkloosheidversekering; al die soorte verlof; werksure; ens.).
Werkgewers moet ook hul gesag uitoefen, asof vir die Here, want daardeur leef hy ook sy roeping uit as bestuurder/werkgewer en daarom sê Paulus, ...hou op om hulle te dreig. Hierdeur wil hy sê dat werkgewers nie hul posisie mag misbruik nie. Ook moet hy besef dat sy posisie voor die Here, presies dieselfde is as sy werknemers s’n en daarom is hy nie méér belangrik voor die Here as sy werknemers nie.
6. AFSLUITING:
Geesvervulde gelowiges – of hulle nou mans of vrouens is, of ouers of kinders, of werkgewers of werknemers, hulle is almal gelyk voor God en in onderwerping aan ons Redder, die Here Jesus Christus en daarom moet ons onsself onderwerp aan mekaar in liefde en onderlinge versorging.
Jesus Christus het vir ons die voorbeeld gestel toe Hy “laer as ’n slaaf” vir ons geword het. Hy het “voete kom was”. Hy is gekruisig en in ons plek het Hý sonde geword – dít is onderwerping – dít is die voorbeeld wat ons moet navolg as werknemers, maar ook as werkgewers!
[1] Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 16 Mei 2010
[2] Geoffrey W. Bromiley, Red., The International Standard Bibe Encyclopedia. Grand Rapids, MI: Eerdmans, 1988, p.544

Monday, May 3, 2010
Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 02 Mei 2010
Keerpunte in Christus se Aardse Lewe - 04 (Sy Derde Versoeking en Oorwinning) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Matt.4:1-11 ~ Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. 3 Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” 4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” 5 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan 6 en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.” 7 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” 8 Toe neem die duiwel Hom na ’n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9 en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” 10 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” 11 Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.
2. INLEIDING:
Verlede week het ons gekyk na Jesus se eerste twee versoekings in die wildernis en wie die versoeker was. Ons het gesien dat Satan hom nie self aankondig wanneer hy met ons praat ten einde ons te versoek nie. Ons het gesien dat Satan die waarheid en selfs die Woord van God verdraai – selfs soms net effens verdraai, ten einde ons te versoek. Ons het gesien dat ons uiters versigtig moet wees wanneer ons in ons eie wildernis verval, omdat ons dan op ons vatbaarste is vir die vyand se subtiele versoekings.
Ons het egter ook gekyk na Jesus se eerste versoeking, toe Hy honger en dors geraak het en dat (net soos, so dikwels die geval met ons) Sy begeertes sober en aanvaarbaar was, maar dat die Satan daardie goeie begeertes uitbuit en ons probeer oorhaal om dit op die verkeerde wyse te bevredig. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel, deurdat Hy Sy goeie begeertes – o.a. ’n begeerte na brood en water, onderdruk het en die satan daarop gewys het, dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat Hy van God se Woord leef en dat Hy op God wag.
Ons het ook gesien dat Satan, Jesus uitgedaag het om ’n teken van God te vra – ’n teken dat Hy omgee vir Jesus. Weer het Jesus hom geantwoord en spesifiek uit Ps.91 en is die boodskap aan ons, dat ons op God moet vertrou, ongeag ons omstandighede en wat ook al in die toekoms mag gebeur.
Vandag gaan ons dan kyk na Jesus se derde versoeking en Sy oorwinning.
3. JESUS SE DERDE VERSOEKING:
Toe Jesus gedoop is, het ’n stem die woorde van Ps.2:7 herhaal, deur te gesê het, ...dit is my geliefde Seun. Hierdie uitspraak van die Vader, was gevolg deur ’n belofte in v.8, nl.: ...Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting. Jesus het m.a.w. geweet dat dit die Vader se plan, of wil vir Sy lewe was. Dit was God se wil. Hy het beplan dat al die koninkryke van die aarde aan Jesus sou behoort. Ons weet egter ook dat Jesus eers moes ly en sterf voor hierdie belofte tot vervulling kon kom, m.a.w. voor die Vader, die volke as besitting aan Jesus sou gee – eers moes Hy gehaat en vervolg word deur die heersers van hierdie wêreld.
Intussen bevind Jesus Homself in die wildernis – en Hy is moeg en swak en honger! En Jesus weet vanuit Ps.2 en al die ander profetiese uitsprake in die Ou Testament, dat
Sy lyding hier in die wildernis maar slegs die begin van Sy lyding is. Jesus kry swaar en Hy voel van God verlate, maar Hy weet ook dat Hy nog baie sal moet ly – Hy weet dat Hy nog aan ’n kruis sal moet hang waar Hy uiteindelik sal sterf. En dit is op hierdie oomblik dat Satan weer na Jesus kom om Hom ’n derde keer te versoek.
Weer vloei daar allerlei desperate gedagtes en gevoelens deur Jesus se gedagtes en skielik is dit weer asof Jesus op ’n hoë berg staan – ver bokant die swaarkry van die wildernis. En van hierdie berg af, kan Hy al die koninkryke van die wêreld sien. Hy kan al die plesier en eer sien wat die koninkryke Hom kan bied en skielik besef Jesus hoe maklik Hy al daardie koninkryke vir Homself kan opeis – Ps.2 sê dit tog immers van Hom – Hy hoef nie swaar te kry nie. Hy is die grootste Leier wat die wêreld ooit geken het, of ooit sal ken – en dit lê alles aan Sy voete – dit kan Syne wees. Hy beskik oor wonderwerkende mag – Hy kan maar net ’n arm lig en ’n wêreldwye revolusie kan van stapel gestuur word en Hy kan as die Oorwinnaar daaruit tree, tewens Ps. 2 sê dat dit God se wil is.
Dit is hierdie gedagtes wat Satan by Hom laat opkom en dit is die derde versoeking waarmee Jesus in die wildernis gekonfronteer is – dit was God se wil dat dit alles moes gebeur. Satan is dus besig om vir Jesus te wys hoe Hy God se wil kan laat geskied – máár, Satan se manier is nie God se manier nie, want indien Jesus na Satan luister, sou dit alles gebeur het sonder dat Jesus die prys betaal het; sonder dat Hy gekasty sou word; sonder dat Hy na Golgota gegaan het; sonder dat Hy gesterf het.
Al wat Jesus dus moes doen was om kompromie te maak met die satan. Dit is wat v.9 beteken ~ ...as U neerval en my aanbid. Satan het nie van Jesus verwag om letterlik op Sy knieë te val en Satan te aanbid nie. Nee, Jesus moes net God se wil op ’n ander manier – op Satan se manier, uitvoer. Jesus was dus versoek om God se wil uit te voer
op ’n manier waar Satan die eer sou kry.
As Jesus na Satan geluister het, sou Hy steeds God se uiteindelike wil volvoer het, maar Hy sou dit nié op God se manier gedoen het nie, want Hy moes eers ’n prys betaal het. Maar die gedagte word in Jesus se kop geplaas, dat Hy Satan se werkswyse moes toepas. Dit is asof hy vir Jesus sê: Jy sal nooit iets bereik, as jy nie bereid is om kompromie te maak nie. Nee, jy sal net seerkry en weer seerkry en nogmaals seerkry.
So word ons ook versoek. Ek hou dalk nie as werkgewer van iemand nie en daar is bepaalde wette wat verhoed dat ek hom summier kan afdank, maar dan maak ek misbruik van my posisie en maak die lewe só onaangenaam vir hom dat hy uiteindelik uit eie keuse bedank. Maar tree ek dan volgens God se wil op? Sulke optrede word vir ons in v.9 beskryf: ...as U neerval en my aanbid.
So dikwels word die kerk en voorgangers van gemeentes ook versoek om wêreldse middele te gebruik om die Evangelie uit te brei, deur bv. vleitaal te gebruik; deur vir sondaars te vertel wat hulle graag wil hoor – laat die waarheid en konfronterende gedeeltes van die Evangelie wat moontlik aanstoot kan gee, net weg. Of om mense te vermaak, in plaas daarvan dat hulle moet hoor van God se oordele wat op hande is. Gelowiges en kerke kan so maklik wêreldse metodes aanlê wanneer die Evangelie verkondig word.
Wie is die Prins van hierdie wêreld? Dit is die satan. Wanneer ons sy metodes toepas, gee ons onsself oor aan sy heerskappy – dan val ons voor hom neer en aanbid hom!
Jesus was versoek om presies dít te doen. En soos met die eerste en die tweede versoeking, moes Jesus ook hierdie versoeking uit Sy gedagtes verdryf ~ Gaan weg Satan (v.10). Hierdie was waarskynlik ’n desperate uitroep van Jesus, omdat die versoeking so geweldig intens was – Ek kan dit nie meer vat nie – gaan weg van My af Satan!
4. JESUS SE OORWINNING:
Dit was Jesus se versoekings, maar nou kom ons by Sy oorwinning. Jesus het elke versoeking oorwin. Ja, Hy was waarlik en intens versoek en Hy moes hard baklei om hierdie gedagtes wat die satan in sy gedagtes geplant het, te onderdruk. Maar, Jesus was gedetermineerd om dit te doen. Hy het nie een oomblik ingegee nie en Hy het triomfantlik deur hierdie geveg met die satan gekom.
Hierdie aangrypende gebeurtenis wat Jesus in die woestyn beleef het, laat ons met drie vrae:
· Hoe het Hy hierdie geveg gewen? Die antwoord: Deur eenvoudig en gewoon op te tree. Jesus was gedetermineerd om een eenvoudige ding te doen – Hy was gedetermineerd om gehoorsaam te wees aan Sy Vader se wil, ongeag van hoe moeilik dit ook al sou wees.
Waar het Hy Sy Vader se wil gevind? In die bladsye van Sy Vader se Woord. Satan wou Jesus se gedagtes gevul het met allerlei ingewikkelde redenasies; met verwarrende gedagtes. Satan wou sy idees met Jesus bespreek en daaroor geredeneer het. Jesus het egter nie nodig gehad om al Satan se gedagtes en voorstelle te bespreek nie – Hy moes Homself maar net herinner aan God se duidelike en eenvoudige opdragte en Hy was vas van voorneme om dit te gehoorsaam en daarom het Hy elkeen van die versoekings wat Satan daar in die woestyn oor Sy pad gebring het, oorwin en verwerp met die eenvoud van die Skrif.
Hy was versoek om klippe in brood te verander ten einde Sy hongerpyne te stil en wel op ’n manier wat God nie goedgekeur het nie. Maar Jesus wag op Sy Vader om op Sy tyd en volgens Sy wil te voorsien. Hoe weerstaan Hy die satan? Deur te sê ~ Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom (v.4). Weet u waar daardie woorde vandaan kom? Deut.8. Dit is ’n aanhaling uit Moses se laaste preek aan die volk, terwyl hulle blootgestel was aan hulle versoekings in die wildernis ~ Jy moet elke gebod wat ek jou vandag gee, gehoorsaam en daarvolgens lewe. Dan sal jy bly lewe, baie word, die land ingaan en dit in besit neem soos die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het. 2 “Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie. 3 Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom (vv.1-3).
Dit was die les wat die Israeliete geweier het om te leer tydens hulle wildernis-ervaring, nl. dat hulle op God moes wag om te praat voor hulle optree – hulle moes wag vir God om te sê: Nou is dit die regte tyd! Wanneer hulle honger was in die wildernis, was dit nie vir hulle om te besluit om te ontvlug uit die wildernis nie. Nee, hulle moes vir God wag om te sê: Manna val! As ’n mens wil lewe moet Hy op God wag om te spreek – hy moet wag op God om dit wat nodig is vir lewe, te voorsien. Jesus het geweet dat Hy moes wag, want die Woord van God sê dit.
Die tweede versoeking wat Jesus beleef het, was om van die hoogste punt in Jerusalem te spring, ten einde God te dwing om Engele te stuur om Hom veilig na die grond te dra. En hoe het Jesus daardie versoeking weerstaan?
Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. Ook hierdie woorde kom uit Moses se preek – Deut.6:16 ~ Julle mag nie die geduld van die Here julle God op die proef stel soos julle by Massa gedoen het nie. Ons het verlede week gesien wat by Massa gebeur het – die Israeliete het gesondig deur God te beproef en van God te eis dat Hy Homself sal bewys. Satan wil hê dat Jesus dieselfde moet doen, maar Hy sê vir die satan dat dit nie mag gebeur nie.
Hoe graag ons ook al ’n teken van God wil ontvang om Sy teenwoordigheid te bewys; of om aan ons te toon dat Hy ons lief het, word ons verbied om dit te doen, want die Woord sê dit.
Derdens was Jesus versoek om die koninkryke van die wêreld vir Homself op te eis, maar deur dit volgens Satan se metodes te doen en deur neer te buig voor Satan. Hoe het Jesus hierop gereageer? ...daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien (v.10). Weer is hierdie aanhaling uit Moses se preek geneem – Deut.6:13 ~ Jy moet die Here jou God eer en dien en net in sy Naam ’n eed aflê. 14 “Jy mag nie ander gode aanhang nie, ook nie gode van die volke in jou omgewing nie, 15 want die Here jou God eis onverdeelde trou aan Hom. Hy is by jou, en as jy ander gode aanhang, sal sy toorn teen jou ontvlam en sal Hy jou van die aarde af wegvee. Weer het die Israeliete gefaal, maar Jesus sê ~ ... Gaan weg, Satan... (v.10) ...daar is net Een wie Ek gaan aanbid; daar is net Een wie se wil Ek gaan navolg ten einde Sy plan vir die nasies te volvoer. Ek gaan nie jou plan en strategie navolg nie. Ek glo dat my Vader, dié enigste lewende God is en dit beteken dat Hy die koninkryke van die aarde aan My sal gee op Sy tyd en volgens Sy wil. Satan kon baie redes aangevoer het waarom Jesus kompromie moes maak, maar Jesus het net een rede nagevolg - ...daar staan geskrywe...! Jesus het geen spesiale leiding of openbarings nodig gehad om te weet wat Hom te doen gestaan het in die wildernis nie. Hy het nie ’n spesiale woord van die Vader nodig gehad nie, want Hy hét die Woord gehad – dit is neergeskryf in die Woord van God! Hy het dít wat in die Woord geskryf staan, nagevolg en gehoorsaam!
As die Woord sê, jy moet... – dan moet ek. As die Woord sê, jy moet nie... – dan moet ek nie! Dit is so eenvoudig soos dit – ons het niks meer en niks minder as dit nodig nie – ons het nie verdere openbarings of drome of ander leiding nodig nie – ...daar staan geskrywe! Jesus het niks meer nodig gehad daar in die wildernis nie, want Hy het Sy Vader se Woord gehad en Hy moes net die Woord gehoorsaam. Ja, Jesus ís die sentrale Figuur in die Skrif, maar Hy staan terselfdertyd onder die gesag van die Woord.
Ons verkeer dikwels in situasies wat baie moeilik is en ons kan baie redes vind ten einde oplossings te kry vir die situasie, of ons kan selfs verward raak oor wat ons te doen staan en ons emosies kan selfs verwoesting saai in ons binneste, omdat ons nie weet watter uitweg die beste is nie. Ons moet dit egter eenvoudig hou wanneer ons in sulke situasies verkeer, want wanneer die Woord duidelik is oor ’n saak, het ons nie nodig om dit eers te bespreek of daaroor te tob nie. Ons hoef nie te wag totdat ons gevoelens oor die saak verander het nie – ons moet dit net doen!
Dit is die eerste vraag – Hoe het Hy die geveg oorwin? Deur eenvoudig op te tree en net gehoorsaam te wees aan die Woord.
· Die tweede vraag: Vir wie het Hy die geveg gewen? Wel, natuurlik vir Homself, maar ook nie nét vir Homself nie – dit was ook vir ons! Onthou: Indien Jesus toegegee het aan enige versoeking of sonde, kon Hy nie ons Redder en Saligmaker gewees het nie. Hy het egter oorwin, want Hy het elke toets – elke versoeking, met vlieënde vaandels geslaag – Jesus was die ware Adam. Hy was die ware Israel.
Waar Adam misluk het en sy ganse nageslag in die duisternis gedompel is, het Jesus getriomfeer en almal wat in Hom uitverkies is, uitgelig om verheerlik te word.
Israel het as volk gefaal en daardeur die mens se volkome onvermoë om homself te red, gedemonstreer. Jesus daarenteen, het getriomfeer en Sy kinders gered, omdat Hy volkome gehoorsaam was aan die Vader en geen sonde gedoen het nie. Hy het die ware Israeliet geword en hierdie gehoorsaamheid en sondeloosheid van Jesus word ons nou in Hom toegereken, sodat ons nou die ware Israel is.
Waarom kan God vandag gelukkig wees met my en jou? Waarom kan Hy ons vandag koester en versorg en beskerm? Omdat Hy “blind” is vir elke sonde en tekortkoming van diegene wie in Jesus Christus glo, want ons is in Christus Jesus en al wat die Vader raaksien, is Jesus se volmaakte gehoorsaamheid.
· Ons derde vraag: Wat sal die uiteindelike gevolg wees van Jesus se oorwinning? Die antwoord: Die wildernis sal weer ’n tuin word. Jesus het na hierdie wildernis-wêreld – hierdie vervloekte wêreld gekom; hierdie wêreld van honger en dors en eensaamheid en pyn, om hier in hierdie wildernis-wêreld versoek te word en gepynig te word, maar in volkome gehoorsaamheid sonder sonde te leef. Hy het na hierdie wildernis-wêreld gekom om ’n verskriklike, maar oorwinnende dood te sterf, sodat die vloek wat hierdie wildernis-wêreld – op elkeen van ons geplaas het, verwyder kan word en hierdie woestyn weer ’n tuin kan word – ’n nuwe Eden. Dit gaan ’n wêreld wees waar daar geen honger en pyn en eensaamheid en hartseer gaan wees nie – ’n wêreld waar God nooit, ooit weer Sy gesig vir ons gaan verberg nie. Dit gaan ’n Paradys wees waar Christus en ons, ons erfenis gaan geniet. Al die koninkryke van die aarde met al hul prag gaan ons s’n wees.
Jesus het honger geword in die wildernis, sodat ons die vrugte kan eet van die Boom van die Lewe. Daar in die Tuin van God, sal Hy ons van een heerlikheid na ’n volgende lei en dit sal vir die res van die ewigheid net ryker en ryker word; net meer en meer oorvloedig en mooier en mooier.
[1] Met erkenning aan Stephen Rees (Manchester, Engeland) - Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 02 Mei 2010

Tuesday, April 27, 2010
Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt op 25 April 2010
Keerpunte in Christus se Aardse Lewe - 03 (Sy Versoeking in die Wildernis - 02) [1]
Indien u hierdie Boodskap wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons het verlede week begin kyk na Jesus se versoeking en ons het o.a. gesien dat Jesus die wildernis ingelei is deur die Heilige Gees – ’n wildernis waar Hy geweldige eensaamheid ervaar het en van God verlate gevoel het – erger as wat Adam, of die Israeliete of ons ooit sou kon ervaar – daarom, het ons gesien dat Jesus met elkeen van ons kan identifiseer in ons “wildernis-ervarings”. Blaai nou saam met my na Matt.4:1-11.
2. SKRIFLESING:
Matt.4:1-11 ~ Toe is Jesus deur die Gees die woestyn [die Grieks hier is erhmoV (eremos), wat eerder vertaal moet word met woesteny of wildernis] in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. 3 Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” 4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” 5 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan 6 en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.” 7 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” 8 Toe neem die duiwel Hom na ’n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9 en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” 10 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” 11 Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.
3. DIE VERSOEKER:
Jesus was die wildernis ingelei deur die Gees om deur Satan versoek te word. Eerstens moet ons vir mekaar vra hoe Matteus geweet het wat daar in die wildernis gebeur het? Hy was tog nie daar nie. Niemand was daar nie, behalwe Jesus self en die duiwel. Daar kan dus net een moontlike Bron vir hierdie gebeure wees – ek glo nie Matteus het dit by die duiwel gehoor nie. Jesus moes Sy dissipels dus hiervan vertel het. En hierdie is ’n belangrike punt, want hierdie is nie ’n waarnemer se weergawe nie, maar Jesus wat self vertel wat Hy daar in die wildernis ervaar het. Hy wou dat Sy dissipels eerstehands hoor en ervaar wat Hy daar deurgemaak het en dat Satan, die Versoeker, met Hom daar was en dat Sy lyding en Sy versoekings, direk van Satan gekom het.
Nie een van ons hoor die Satan ooit direk met ons praat wanneer hy ons versoek nie, want as dit die geval was, sou dit veel makliker gewees het om hom te weerstaan. Nee, dit is nie hoe Satan dit doen nie. Wanneer ek versoek word, is dit elke keer iets wat vanuit my eie binneste kom – dit is my eie gedagtes. Die kere wat ek versoek is, het ek nie eers daaraan gedink dat die Satan aan die werk was nie. Daar is tye dat ons vol pyn is; of hartseer is; of eensaam is, maar elke keer was dit my eie gedagtes; my eie vlees, wat ingegee het en toegee het aan die versoekings. En die ironie is dat baie van die dinge waaraan ons toegee, nie altyd eers boos lyk nie - trouens dit lyk so natuurlik en dit lyk reg, want my gevoelens en emosies sê vir my dat ek net eenvoudig sus of so moet optree. Die Satan sê nooit vir ons dat ons boos moet reageer of optree nie. Hy sê ook nie vir ons wanneer hy bose gedagtes in ons plant nie – dit is hoe hy werk, want hy is ’n leuenaar – trouens, hy ís die vader van die leuen (Joh.8:44); hy ís ’n misleier (2Joh.7).
Ons lees hier in Matteus, dat die Satan met Jesus gepraat het, maar ons moet nie maar sommer net aanvaar dat Jesus op daardie stadium besef het dat dit Satan is nie, want ons moet onthou dat Jesus volkome mens was – natuurlik sonder sonde, maar ons kan ’n sterk saak daarvoor uitmaak dat Hy ook nié Satan se stem gehoor het nie en dat Hy ook nié besef het dat dit Satan is wat Hom versoek het nie – later ja, toe Hy met Sy dissipels daaroor gepraat het, het Hy geweet dat dit Satan was en kon Hy vir hulle sê dat dit die satan was wat Sy gedagtes gevul het my bose versoekings – en ja, reg aan die einde van die veertig dae tydperk het Jesus geweet dat dit Satan was, daarom dat Hy in v.10 gesê het ~ Gaan weg, Satan.... En nadat Jesus dit gesê het, het Satan geweet dat hy die geveg verloor het, maar tot en met daardie punt het Satan gehoop dat hy Jesus kon versoek.
Adam en Eva het ook nie besef dat dit die Satan was wat hulle versoek het nie – totdat dit te laat was. Paulus waarsku ons ook dat die satan homself voordoen as ’n engel van die lig (2Kor.11:14) – hy doen hom nie self voor as ’n engel uit die hel nie – hy mislei ons, deur ons wys te maak dat wat hy voorstel, God se wil is. Dit is waarom dit so ontsettend belangrik is dat ons sal leer om Satan se versoekings te onderskei – om te weet wanneer dit hý is en wanneer nie, want hy is só subtiel; hy is só agterbaks en skelm en hy weet presies wanneer dit die “verkeerde tyd” is om ons aan te val. Hy weet wanneer ons in die “wildernis” is. Hy weet wanneer ons op ons swakste is. Hy weet wanneer ons die mees kwesbaarste is. Hy weet wanneer ons op ons moegste is. Hy weet wanneer ons emosioneel “omge-ellie” is. Dit is dán dat hy sy aanslae op ons loods, want dít is die tyd dat ons die mees vatbaarste is – wanneer ons nie nugter kan dink nie; wanneer ons nie die wil en krag en energie het om terug te veg nie.
4. DIE VERSOEKINGS:
Kom ons kyk dan nou na hierdie versoekings waardeur Jesus gegaan het. Ons het gepraat oor die plek waar Jesus versoek is – die wildernis. Ons het gekyk na die versoeker, nl. die Satan. Derdens dan, die versoekings.
Jesus het drie versoekings daar in die wildernis beleef (vandag net die eerste twee):
· Eerstens het die Satan, Jesus deur fisiese begeerte versoek. Die Gees van God dryf Jesus in ’n plek in waar daar geen kos was nie – en Jesus het honger geword. En die dae het verby gegaan en steeds was daar nie kos nie. En Jesus het nog meer honger geword. Wanneer ’n mens honger is, is dit baie moeilik om aan enige iets anders te dink as kos en nogmaals kos. Jesus het al swakker geword en na veertig dae is daar steeds geen kos nie en as daar nie spoedig kos kom nie, sal Jesus sterf. En dan skielik skiet ’n gedagte Hom te binne – die klippe!
Hy kan nog die stem hoor wat Hy by die Jordaan gehoor het, toe Hy gedoop is ~ ...Jy is my geliefde Seun (Matt.3:17). En skielik is die vraag daar in Sy gemoed: Indien Ek die Seun van God is, waarom kry Ek so swaar? As ek die Seun van God is, kan ek tog sekerlik vir daardie klippe sê om brood te word en dan kan ek eet en My hongerpyne stil en weer My kragte herwin! En die oomblik toe daardie gedagtes Hom te binne skiet, kon Hy aan niks anders dink nie, want dit klink tog na so ’n redelike en logiese ding om te doen. En hierdie gedagte moes in Sy kop gemaal het, want as Hy die Seun van die Almagtige God is, moes Sy Vader tog vir Hom die krag gegee het om dit te kan doen en as God Sy Vader is, sal God tog nie wil hê dat Hy moet sterf nie! Tewens, Jesus kon ewe maklik gedink het: Dit is tog my verantwoordelikheid om hier in die woestyn aan die lewe te bly, want Ek het nog ’n groter roeping wat op My wag en as Ek hier sterf, sal ek nie My Groot Opdrag kan uitvoer nie! En natuurlik wou Jesus Sy roeping vervul – maar Hy is honger!
Dit is baie belangrik om daarop te let dat Jesus se begeerte hier inherent goed was – daar is tog niks verkeerd met brood nie! Daar is niks fout te vind met iemand wat sy hongerpyne wil stil nie. Omdat Jesus volmaakte mens sonder sonde was, kon Hy dus nie versoek word deur iets wat op sigself boos was nie. Indien die duiwel sou kom met iets wat op sigself boos was, sou daar geen versoeking gewees het nie. Jesus kon egter versoek word deur iets wat goed was, maar op ’n tyd, of plek wat nie deur God in Sy soewereiniteit, goedgekeur was nie. Ons sal dit met elkeen van die versoekings sien – Satan wat Jesus se oënskynlike sober begeertes na dinge wat op sigself goed is, uitbuit.
Jesus is honger en Hy kry die idee om Sy hongerpyne te stil, maar dit was nie God se manier nie. Onthou, Jesus het gekies om gedoop te word. Hy het gekies om saam met sondaars daar in die doopwater te staan en te deel en te identifiseer met die vloek wat op ons rus. En wat was die vloek? Gen.3:17-19 ~ ...die aarde (is) deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank; 18 die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; 19 net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word. Dit is waarom die Gees, Jesus na die wildernis gelei het – na die plek van dorings en distels. Jesus moes ook ervaar wat ander mense wat onder die vloek leef, ervaar in en deur hulle lewe. Hy moes ook behoeftes en honger beleef het, want Hy het Homself met ons vereenselwig – ons wat met sweet in ons aangesig, ons brood moet verdien. Wat sou dit beteken het, as Jesus die klippe in brood verander het? Dit sou impliseer dat Hy nie meer verder gewillig sou wees om te deel in ons vloek nie – in ons swaarkry nie. Die mens moet werk vir sy brood, maar Jesus kry Sy brood deur Sy Goddelike krag – Hy sou dus die vloek m.b.v. ’n wonderwerk gesystap het. Was dit die rede waarom die Vader, Jesus gesalf het met die Gees? Nee, Hy het die Gees ontvang sodat Hy die Goeie Nuus aan die armes (armes van gees) kon preek – nie om die pyn van die vloek te kon vryspring nie.
Die Vader se plan was dat Jesus die gevolge van die vloek, ten volle moes ervaar en Hy sou die vloek nie deur wonderwerkende krag vryspring nie, maar deur volkome swak te word en natuurlik, deur uiteindelik te ly en te sterf op Golgota en drie dae later op te staan en sodoende die vloek te oorwin – nie om dit te ontvlug nie. Dit was dus nie die Vader se wil dat Hy klippe in brode moes verander nie.
Wie het dan die suggestie in Jesus se gedagtes geplaas? Wie het hierdie vrae en begeertes in Jesus se gemoed opgeklits? Matteus sê vir ons dat dit die duiwel was. Satan het Jesus se desperate hongerpyne misbruik om Hom te versoek en weg te lei van God se wil vir Sy lewe.
Pastoraal is hier iets enorm belangrik. Ons het gesien dat Satan nie gewoonlik sy teenwoordigheid aankondig wanneer hy die krag van versoekings teen gelowiges van stapel stuur nie. Dit is ook waar dat hy nie gewoonlik gelowiges versoek met dinge wat boos op sigself is nie. Die normale strategie wat Satan gebruik, is die strategie wat hy hier in die woestyn toegepas het – hy buit gelowiges se begeerte na dinge wat op sigself nie verkeerd is nie, uit. Maar Satan dring by gelowiges daarop aan om daardie goeie dinge, op tye en op plekke en op maniere te begeer, wanneer dit nie binne God se wil is nie.
Gelowiges kan deur allerlei natuurlike, emosionele, intellektuele en fisiese begeertes versoek word – ’n begeerte na rus bv.; ’n begeerte na vriendskap; ’n begeerte na meer kennis van Woord; ’n begeerte na vreedsame familie verhoudinge; ’n begeerte na seksuele vervulling binne die huwelik; die begeerte na ’n arm om jou skouer as dit swaar met jou gaan – al hierdie begeertes is goeie begeertes, maar daar is tye dat God ons in situasies plaas, waar ons begeerte na hierdie dinge geblokkeer word en dan voel ons honger en dors en eensaam. Dit is egter op hierdie punt wanneer Satan gewoonlik kom en hy ons versoek om daardie “goeie dinge” wat nie nou vir ons beskore is nie, na te jaag en wel op wyses wat nie binne God se wil val nie.
Miskien is hier van julle wat worstel met “goeie begeertes”. Jou huwelik is dalk ver van hoe jy dit graag wil hê, of ver van wat die Woord van ’n huwelik verwag. Jou intieme verhouding is dalk nie soos wat jy dit dalk graag wil hê nie. Jou kinders is dalk rebels en jy begeer dat hulle die Here sal dien.
Toe Jesus in die wildernis was, moes Hy geduldig gewees het – Jesus moes vir God gewag het, want Sy tyd was nie God se tyd nie. En net so moet ons leer om te wag – al voel ons ook hóé desperaat “honger”. Ons moet vir God wag om ons gebede te verhoor. Ons moet vir God wag om ons behoeftes te bevredig op die wyse en tyd waarop Hý dit wil doen. En soms voel Sy manier baie hard en ongenaakbaar. Soms voel ons dat Hy liefdeloos is. Soms voel dit vir ons dat indien ons nog ’n dag langer moet wag, ons sal sterf. Maar geliefdes, dit is die beste weg om te volg – om geduldig op God te wag en steeds Sy wil na te jaag. Jesus het op God gewag en God se wil gevolg.
· Jesus is egter ook op ’n tweede wyse versoek. Dit het gekom deur Jesus se verlange na ’n een of ander teken van God die Vader. Ons as mense hou daarvan om bewyse te hê dat God met ons is – dat God ons lief het; dat God ons help. En weereens is dit ’n aanvaarbare en goeie begeerte om te koester. En Jesus het hierdie begeertes gekoester. Maar daar in die wildernis het Jesus geen tekens gehad nie. God het Jesus deur die Heilige Gees in hierdie verskriklike en verlate plek ingedryf en die Vader het Hom net daar gelos – so het dit ten minste gelyk. Sekerlik het Jesus gebid: Gee My vandag My daaglikse brood (Matt.6:11). Maar daar was geen brood.
Dit is pynlik en baie dikwels onverstaanbaar vir enige persoon wat lief is vir God en wat bid, maar wat geen antwoord ontvang nie. Dit is pynlik om te bid en jy ontvang ’n duidelike “nee” op jou gebed – maar om te bid en géén antwoord te ontvang nie, is nóg pynliker. Dit is pynlik vir ons en dit was pynlik vir die Here Jesus.
Weer word Jesus geteister deur gedagtes – duistere gedagtes. Gedagtes wat vra: Waar is jou Vader nou? As jy Sy Seun is, waarom luister Hy nie nou na jou nie? Het Hy jou vergeet? Hoe kan Hy van jou verwag om Hom te vertrou, as Hy geen teken aan jou gee dat Hy na jou luister nie? En skielik in Jesus se gedagtes is dit asof Hy nie meer daar in die wildernis is nie. Hy is skielik in Jerusalem en Hy is hoog bokant die stad. Dit is asof Hy vasklou aan die hoogste punt van die Tempel. Ons weet dat Hy nie fisies daar was nie. Markus sê ondubbelsinnig dat Jesus vir die volle veertig dae in die wildernis gebly het. Satan beskik nie oor die mag om mense oral oor die wêreld heen te “vervoer” nie. Nee, die satan val mense se gedagtes aan (soos die kinders dit sal stel – hy “smokkel met ’n mens se kop”). Hy val mense se gevoelens en emosies aan. Waarskynlik het Jesus (en ek sê dit met uiterste versigtigheid en piëteit) aan hallusinasies gelei a.g.v. Sy honger, want vir veertig dae het Hy geen kos gehad nie en is Hy blootgestel aan die Midde-Oosterse son. Die hele tyd was Hy geïsoleer van ander mense – Hy’s eensaam. Satan het Jesus verwoed aangeval. Satan het Jesus se toestand misbruik om Sy gedagtes te vul met vals gedagtes en verskriklike vrees en daarom het dit vir Jesus gevoel dat Hy daar op die hoogste punt van Jerusalem was en Hy ervaar hierdie begeerte om te spring.
Nou waarom was Jesus versoek om dit te doen? As Jesus dit gedoen het, sou Hy God gedwing het om iets te doen – om ’n wonderwerk te verrig t.w.v. Jesus. As God leef en as God werklik omgee, sal Hy ’n Engel móét stuur om Jesus te vang voor Hy die grond tref. Die gedagte wat in Jesus se gemoed opkom is die woorde in Ps.91:11-12 ~ Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. 12 Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie....
Waar kom hierdie gedagtes vandaan? Gedagtes om iets te doen ten einde God te dwing om iets te doen? Wel, dit kom van Satan. Hy is daartoe in staat om sulke duistere gedagtes in ons gedagtes te plant – selfs in die gedagtes van die vleesgeworde, maar sondelose Christus. Hy het selfs Bybelversies misbruik om Jesus te probeer oortuig dat dit die regte ding is om te doen.
Jesus was dus versoek deur die satan om God te toets – om te sien of God werklik sal doen wat Hy in Sy Woord belowe – meer nog, om te eis dat God Homself moet bewys!
Die Israeliete was op dieselfde wyse in die woestyn versoek en hulle het “geval” vir Satan se versoeking. Dit het gebeur toe hulle by ’n plek genaamd Refidim gekom het waar daar geen water was nie (Eks.17). Die volk het begin kla en murmureer, want hulle en hul vee het dors geraak. Hulle het kwaad begin raak en hulle het dreigemente begin rondslinger. Hulle het vir Moses gesê: Ons het jou vertou en jy het ons in hierdie wildernis laat intrek – en nou? Wat gaan nou van ons word? Jy, Moses, jy moet nou iets doen om ons te red, want God het ons nou in die steek gelaat – hoe kan jy van ons verwag om in Hom te glo as Hy nie vir ons wys hoeveel Hy omgee en vir ons water gee nie? Die volk was so opstandig, dat Moses bang was dat hulle hom sou stenig.
Indirek was hierdie ultimatum wat aan Moses gestel was, eintlik aan God gestel, want Moses sê vir hulle in v.2 ~ Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef? (N.A.V.); ...waarom versoek julle die HERE? (O.A.V.). Julle mag dit nie doen nie! In hierdie geval het God egter gedoen wat die Israeliete wou gehad het – Hulle wou hê dat Hy Homself moes bewys – en Hy het, want Hy het water uit die rots laat vloei. Maar hulle het terselfdertyd God se toorn oor hulle ontketen, want hulle het God gedreig en vir Hom gesê dat hulle God nie kan vertrou, as Hy nie vir hulle ’n teken gee om daardeur te bewys dat Hy ís wie Hy sê Hy is nie. Moses hernoem die plek Massa (beteken: “op die proef stel”) en Meriba (beteken: “rusie”) (v.7). By hierdie plek het die volk dus getwis en God versoek, deur te vra of Hy met hulle is of nie.
Doen ons nie ook maar dikwels presies dieselfde nie? Sê ons nie ook maar soms, as God nie dít of dát doen nie, dit nie meer die moeite werd is om Hom te volg nie. Of: Ek kan God nie meer vertrou nie, want Hy luister net eenvoudig nooit na my nie. Of: Ek is seker maar nie gered nie, dit is waarom Hy nie my gebede verhoor nie. En wanneer Hy dit nié doen nie, voel ek in my diepste binneste dat ek Hom nie meer kan vertrou nie – of ek sê dit dalk selfs openlik.
Hierdie selfde krag van versoeking wat die Israeliete verlei het, het ook oor Jesus gekom daar in die wildernis. Dit was egter veel, veel intenser, omdat Hy Sy Vader so volmaak en intens lief gehad het en die feit dat Hy volmaakte gemeenskap met die Vader geniet het. Wanneer iemand, iemand anders baie lief het, is die seerkry soveel erger wanneer jy in die steek gelaat word deur daardie persoon.
Dit is nie verkeerd, of selfs sondig, om bepaalde dinge van die Here te vra nie – of selfs een of ander teken dat Hy my lief het nie, maar dit is sonde om in God te twyfel. En dit is sonde om dinge of antwoorde van God op te eis. Dit is sonde om God uit te daag om Homself te bewys.
Dink net weer vir ’n oomblik terug aan die Ps.91 wat Satan gebruik het om Jesus te versoek. In die Psalm staan daar baie duidelik dat hierdie belofte vir dié een is wat in die skadu’s van die Allerhoogste skuil – hierdie belofte is dus slegs van toepassing, indien Jesus Sy skuiling by die Allerhoogste vind. Daar ís geen skuilplek vir Jesus by die Allerhoogste as Hy aan die Allerhoogste wil voorskryf nie.
Indien jy Ps.91 deeglik deurlees, sal jy besef dat hierdie Psalm presies die teenoorgestelde beteken as die verdraaide weergawe of vertolking van die satan. In hierdie Psalm word gesê dat hy (en in hierdie geval Jesus) wat by die Allerhoogste skuil, beskerm sal word teen o.a. dodelike siektes (v.3); teen aanvalle bedags of snags, maar wat hierdie Psalm nié sê nie, is dat God iemand sal beskerm as hy homself doelbewus in gevaar stel en God daardeur as’t ware uitdaag nie. Dit wat die Psalm belowe, is presies wat die Vader gedoen het met Jesus terwyl Hy in die wildernis was – Wie het Hom bewaar van die wildediere in die woestyn en die warm son bedags? Deurgaans deur die veertig dae wat Jesus in die wildernis was, het God se Engele Hom bewaar.
Ps.91 is dus nié ’n uitnodiging aan Jesus, óf aan ons, om onsself in gevaar te dompel nie. Nee, dit is ’n uitnodiging om God te alle tye te vertrou, ongeag ons omstandighede; ongeag van wat ook al in die toekoms mag gebeur! Hierdie Psalm sê dus nié vir ons dat ons allerlei tekens moet vra ten einde te glo en te weet dat die Vader met ons is nie. Hierdie Psalm is ’n getuienis wat ons uitspreek, nl. dat die Vader altyd met ons is – ek voel dalk nie Sy teenwoordigheid nie; ek sien dalk nie wonderwerke nie; alles verloop dalk nie soos wat ek dit graag sou wou hê nie, maar Hy het my veilig bewaar, anders sou ek nie tot hier gekom het waar ek vandag staan nie.
Die ware betekenis van hierdie Psalm is dus die radikaal teenoorgestelde van wat Satan vir Jesus belowe. Satan sê: God het belowe om jou te bewaar – dus, dwing Hom om dit te bewys. Nee, die Vader doen dit in elk geval – al sien ons nie noodwendig die bewyse daarvan nie.
Dit dan was die tweede versoeking. As die Here wil sal ons volgende week na die laaste versoeking kyk, asook Jesus se oorwinning in die wildernis.
[1] Met erkenning aan Stephen Rees (Manchester, Engeland) – Boodskap gebring deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) – Sondagoggend 25April 2010

Tuesday, April 20, 2010
Openbaring Ontsluit - 20 ("Die Einde van Jersalem - 01) [1]
Indien u hierdie Bybelstudie wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Die Openbaring boek handel grootliks oor die val van Jerusalem in 70 n.C.. Die vervulling van hierdie profesie is ook baie deeglik gedokumenteer in buite-Bybelse historiese geskrifte. Dit is slegs diegene wat hierdie geweldige historiese gebeure ignoreer, wat steeds op die uitkyk is vir ’n toekomstige vervulling van die Openbaring.
Openb.8 waarna ons vanaand gaan kyk, is ’n voortsetting van God se verbondoordeel wat Hy uitgestort het oor ’n afvallige volk, ’n volk wat die verbond versaak het wat God met hulle gesluit het. In baie opsigte is hierdie “Trompet-oordele” net ’n intensivering van die voorafgaande “Seël-oordele” (Openb.6) en dit sal nog verder geïntensiveer word deur die sewe “Bakke-oordele” (Openb.16) wat gaan volg.
Die basiese boodskap van die “Trompette” is dat Jerusalem se einde op hande is en dit is die tema wat ons na gaan kyk oor die volgende twee hoofstukke.
2. VERS-VIR-VERS ONTLEDING:
Die eerste ses verse van hoofstuk 8 bevat geen verwysings na enige oordele deur God nie. In teenstelling met die woeste aktiwiteite wat gepaard gegaan het met die “Trompet-oordele”, heers daar nou vir ’n tyd lank vrede en stilte in die hemel namate die engele voorbereidings tref om God se oordele en wraak uit te stort oor Sy “verbond-verbrekende-volk”, Israel.
· Openb.8:1-6 ~ Toe die Lam die sewende seël oopmaak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent ’n halfuur lank. 2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en daar is aan hulle sewe trompette gegee. 3 ’n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met ’n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. 4 Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God. 5 Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings, weerligstrale en ’n aardbewing gekom. 6 Die sewe engele met die sewe trompette het hulle toe gereed gemaak om daarop te blaas. In Openb.5 het Johannes gesien hoe dat die Vader ’n boek in Sy regterhand vashou – ’n boek wat geseël was met sewe Seëls. Aanvanklik kon niemand hierdie boek oopmaak nie, maar toe het die Lam van God, die Here Jesus Christus, die boek van Sy Vader geneem en die Seëls begin oopbreek. Die eerste ses Seëls was in Openb.6 oopgebreek en dit het geweldige oordele oor Jerusalem ontketen het. In Openb.7 was daar ’n onderbreking, waartydens God, Sy kinders beskerming verleen het, deur hulle te verseël teen die oordele wat aan die kom is. Nou, hier in Openb.8, word die sewende Seël gebreek. Hierdie sewende Seël stel die “Trompet-oordele” van God voor, wat gaan volg.
Voor die “Trompet-oordele” egter van stapel gestuur word, is daar ’n halfuur stilte in die hemel. Wat is die betekenis van hierdie halfuur stilte? Waarom is daar ’n stilte in die hemel? Hierdie stilte moet betekenisvol wees, want tot nou toe was die Openbaringboek, “vol geluide en geraas” en hierdie “geraas” gaan voort gesit word in die res van die boek. Ons het van luide aanbidding in Openb.4-5 gelees; van donder en weerlig in 4:5; ’n geweeklaag (5:4); sang (5:9); harde stemme (5:12; 6:10, 16; 7:2-3, 10); donderslae (6:10); die geluid van perdehoewe (6:2ff), ens. Maar nou heers daar ’n doodse stilte. Natuurlik is hierdie slegs die stilte voor die storm, maar dit is nogtans betekenisvol. Indien die Openbaring boek die Nuwe Verbond verteenwoordig, dan kan die Nuwe Verbond nie van stapel gestuur word voor al sewe seëls nie gebreek is nie. In ’n sekere sin is die sewe seëls slegs ’n belofte dat die oordeel gaan plaasvind, maar op hierdie stadium het die oordeel nog nie begin nie. Daar heers nou stilte in die hemel want die oordele van God gaan binnekort losbars. Die stilte is deel van die hemelse ontsag, maar ook vrees vir wat God gaan doen wanneer die oordeel uitgevoer gaan word ~ Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees! (Hab.2:20). En Ps.76:8-9 ~ As u toorn ontbrand, laat U die mens sidder en beef. Wie kan dan voor U staan? 9 Uit die hemel het U u uitspraak bekend gemaak. Die mensdom het bang geword en stil gebly.
Terwyl daar stilte in die hemel is, sien Johannes “sewe engele” voor God se troon staan. Daar word aan elke engel ’n trompet in die hand gegee. Hierdie is ’n besondere en uitgelese groep engele van wie ons weer ’n paar keer gaan hoor in die profesie (Openb.15:1, 6-8; 16:1; 17:1; 21:9). Die trompette getuig van oorlog. U sal onthou dat die Israeliete trompette moes dra en gebruik in die val van Jerigo (Jos.6). Hulle moes in stilte, een keer per dag vir ses dae om die stadsmuur marsjeer het. Op die sewende dag moes hulle sewe keer omgestap het, waarna hulle op die trompette moes blaas en waarop die stadsmuur in mekaar getuimel het en hulle die stad kon binneval en oorwin. In kort, die trompette het die val van die heidense stad aangekondig. Op dieselfde wyse verteenwoordig die trompette wat aan die sewe engele gegee is, die vernietiging van ’n heidense stad – Jerusalem!
In die geval van Jerigo moes die stad val, omdat dit in die pad gestaan het van die verowering van die Beloofde Land. Hierdie “Openbaring-trompette” kondig die val van die stad wat geestelik, Sodom en Egipte genoem word, aan – die heiden stad wat in die pad staan van die vrye voortgang van die Woord van God en die getuienis van Jesus Christus – die ontvouing van die Nuwe Verbond.
Daar is egter ’n agste engel wat by die hemelse altaar staan met ’n goue wierookbak. Hierdie engel was gereed om die wierook te same met die “gebede van die gelowiges” op die altaar te offer. Vantevore het ons gesien hoe dat die gebede van die vervolgde en vermoorde gelowiges van die Ou Verbond, aan God geoffer is, ten einde te pleit vir vergelding (Openb.5). Op daardie stadium, sal u onthou, is daar vir hulle gesê dat hulle nog ’n klein rukkie moes wag – ’n hulle wagtyd was nou verby – hulle gebede was op die punt om geoffer te word en sou hul vervolging en dood gewreek word.
Die tydsduur van die stilte is ook betekenisvol. Vers 1 sê dat daar ongeveer ’n halfuur lank stilte was. Hierdie tydperk dui op die tydperk wat die Hoë Priester gewoonlik in die Allerheiligste deurgebring het. Gedurende hierdie halfuur het almal wat in die binnehof van die Tempel was, uitbeweeg en dan neergeval het op hul knieë met uitgespreide hande in stilgebed. Gedurende hierdie halfuur was daar ’n doodse stilte in die ganse Tempel en het die ruik van die wierook wat die Hoë Priester aan God geoffer het, oor die Tempel gehang.
Die beeld van hierdie agste engel dui op die beantwoording van gebed wat ’n aanvang geneem het – die martelare van die Ou Verbond het geduldig gewag, maar hul gewag was oor. In essensie is die “Openbaring-trompette” die beantwoording van hul gebede en die rook van die wierook verteenwoordig God se oordele wat aan die kom is (soos die geval met ander beskrywings in die Woord van God se oordele) – sien bv. Ps.97:1-6 ~ Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees! 2 Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid. 3 ’n Vuur trek voor Hom uit en verteer sy vyande aan alle kante. 4 Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. 5 Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde. 6 Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning.
Wat Johannes dus hier in die hemel sien gebeur, is ’n toneel van oordeel. God is besig om die gebede te verhoor van daardie gelowiges wat deur die eeue heen deur die Jode vervolg is. Ons sien dan ook in Matt.23:29-37 dat Jesus sê dat Hy diegene wat Sy kinders vervolg, sal oordeel – en nou heers daar weer ’n doodse stilte voor God se oordele losbars.
Die feit dat die oordeel van God op die punt is om los te bars, is ook duidelik vanuit v.5 ~ Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings, weerligstrale en ’n aardbewing gekom. Hierdie beeld is waarskynlik ’n sinspeling op Deut.13:12-16 ~ Wanneer jy hoor dat kwaadstokers gekom het in een van die stede wat die Here jou God vir jou sal gee om in te woon, en hulle sy inwoners verlei het deur hulle aan te spoor om vreemde gode te dien waarvan julle nie geweet het nie, 14 moet jy die saak deeglik ondersoek en haarfyn daarna uitvra. As die gerug waar is en die afskuwelike daad wel tussen julle plaasgevind het, 15 moet jy die inwoners van daardie stad sonder meer doodmaak. Die stad met alles daarin, selfs sy vee, moet as banoffer vernietig word. 16 Jy moet alles in die stad op die stadsplein bymekaarmaak en saam met die stad geheel en al verbrand as ’n offer aan die Here jou God. Die stad moet vir altyd ’n puinhoop bly. Dit mag nie weer herbou word nie. Dit is baie interessant om te weet dat historici vertel dat die vuur in sulke gevalle verkry is van die lampe wat in die Tempel was. Hierdie opdrag is bv. uitgevoer in Rigters 20 waar die Benjaminiete skuldig was aan afgodery. En nou hier in Openbaring 8 is dit Jerusalem se beurt om die selfde lot te ervaar.
Dit is so ironies dat hierdie Ou Testamentiese vuur van Deut.13 sy oorsprong by God gehad het en dat dit deur Sy priesters deur die eeue heen aan die brand gehou is, sodat dit ander “heilige vure” aan die brand kon steek (Lev.16:12-13; Num.16; Gen.22:6). Die enigste aanvaarbare manier om ’n afvallige stad te vernietig was m.b.v. God se vuur – die vuur van die altaar af en sodoende word die hele stad ’n brandoffer. Dit is hierdie selfde beeld wat hier in Openbaring gebruik word om God se oordele teen Jerusalem te beskryf.
Dit is so ironies! Die vuur hier word nie neergewerp op Kanaän of Egipte nie, maar op Juda! Soos reeds tevore gesê, moet die woord “aarde” hier vertaal word met die land Juda en die stad Jerusalem (konteks). Hierdie is dan God se oordeel teen die afvallige Joodse geslag in antwoord op die gebede van die Ou Testamentiese martelare.
Nie alleen was daar “vuur” op die aarde uitgestort nie, maar Johannes hoor ook “stemme” en donderslae en hy sien “weerlig” en daar is ’n “aardbewing”. Die vraag is of ’n mens hierdie letterlik of simbolies moet verklaar? Ons kan dit nie met sekerheid sê nie, maar wat wel interessant is, is die ooggetuie-verslag van Flavius Josefus wat die val van Jerusalem aanskou het. Josefus het vertel van ’n enorme storm gedurende die nag. Daar was stormsterk winde wat gewaai het, met geweldige swaar reënval en voortdurende weerlig en oorverdowende donderslae. Asof dit nie genoeg was nie, was daar onverklaarbare aardskokke en dreungeluide uit die aarde (dit is in ooreenstemming met 8:5). Hierdie gebeure was ’n baie duidelike teken van ’n komende oordeel – weereens is die geskiedenis en God se Woord in harmonie met mekaar!
Ons sien verder dat die sewe engele met die trompette gereed gemaak het om hul trompette te laat hoor, toe die agste engel gereed gemaak het om sy wierrookbak met vuur te vul (vv.5-6). Die oordeel is op hande! Die oordele word van stapel gestuur met die blaas van die sewe trompette.
Ons sal vanaand net na die eerste twee trompette kyk en dan oor die volgende keer of wat na die res.
· Openb.8:7 ~ Die eerste engel het op sy trompet geblaas. Daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. ’n Derde van die aarde is verbrand, ’n derde van die bome is verbrand, en al die groen gras is verbrand. Ons lees in Openb.11:8 die volgende ~ Hulle lyke sal in die hoofstraat van die groot stad lê waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom en Egipte genoem. Hier word Israel, Sodom en Egipte genoem. Jerusalem het Egipte geword: ’n Volk wat gekant is teen God en wat Sy Kerk gevange hou deur vervolging – net soos in die destydse Egipte. In Lukas se weergawe van die Olyfberggesprek lees ons van Jesus wat die volgende gesê het ~ As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby (Luk.21:28). Toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het die dissipels waarskynlik terug gedink aan Israel se verlossing uit Egipte o.l.v. Moses. Dit is presies wat gebeur het in 70 n.C. God se kinders word verlos van hul onderdrukkers in Jerusalem – figuurlik genoem, Egipte. Wanneer ons die eerste Trompet vergelyk met Eks.9:22-26, sien ons die duidelike ooreenkoms tussen hierdie Trompet en die sewende plaag in Egipte. In Egipte het God die land getref met hael en vuur en nou doen Hy weer so in Jerusalem.
Toe die Vierde Seël gebreek is, het Johannes ’n “vaal perd” gesien en aan hierdie perd en sy ruiter is ...mag oor ’n kwart van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.
Ons sien iets nuuts hier met hierdie eerste “Trompet-oordeel”. Vantevore was daar aan die derde Perderuiter opdrag gegee om nie ...die olyfolie en die wyn (te) bederf nie (Openb.6:6). Die vier engele wat die vier winde van die aarde vasgehou het, het ook opdrag ontvang om nie ... die land en die see en die bome (te) tref nie (Openb.7:3). En waarom nie? Openb.7:3b ~ Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël. Nou ís die dienaars van God beseël en word opdrag aan die eerste engel gegee om sy trompet te blaas en sodoende ... ’n derde van die bome verbrand, en al die groen gras. Dit is ook baie interessant om te sien dat dit presies is wat Josefus gerapporteer het – hy skryf: The countryside, like the city, was a pitful sight, for where once there had been a multitude of trees and parks, there was now an utter wilderness stripped bare of timber; and no stranger who had seen the old Jedea and the glorius suburbs of her capital, and now beheld utter desolation, could refrain from tears or suppress a groan at so terrible a change. The war had blotted out every trace of beauty, and no one who had known it in the past and came upon it suddenly would have recognised the place.... Wat belangrik is om ook te meld, is dat God weereens mense gebruik het om Sy oordele oor Jerusalem uit te voer. Dit is gewoonlik die wyse waarop God se oordele uitgestort word op veroordeeldes – óf deur mense, óf deur “natuurlike” oorsake. Die wyse waarop God Sy oordeel oor Israel uitgevoer het, was d.m.v. die Romeinse weermag.
Die tweede trompet het gebeure tot gevolg wat baie mense sê, nie gedurende die eerste eeu moontlik was nie. En tog, hierdie gebeure wat Johannes sien is baie maklik verklaarbaar. Luister na Johannes.
· Openb.8:8-9 ~ Die tweede engel het toe op sy trompet geblaas. Iets soos ’n groot berg wat brand, is in die see gegooi. ’n Derde van die see het bloed geword, 9 ’n derde van alles wat in die see lewe, het doodgegaan, en ’n derde van die skepe het vergaan. Die eerste ding wat hier opval, is ’n groot berg wat brand en wat in die see gegooi word. Die woord “iets soos...” sê vir ons dat Johannes nie van ons verwag om hierdie gesig letterlik te interpreteer nie. Hy vergelyk bloot dit wat hy sien met iets wat lyk soos ’n brandende berg. Hy maak dus hier gebruik van simboliek. Maar wat beteken dit alles?
Dit wil voorkom asof die brandende berg, Jerusalem verteenwoordig. As ons kyk na Eks.15:17 sien ons dat daar na Israel verwys word as die berg wat aan die Here behoort. As ons na Skrifgedeeltes soos bv. 2Kon.19:31; Ps.74:2; Jes.10:12; 24:23; Joël 2:32, ens. kyk, sien ons dat dáár ook na Jerusalem as die Berg Sion verwys word. Jerusalem was op die Berg Sion gebou en daarom word die name dikwels in die Woord uitruilbaar gebruik.
Wat Johannes dus hier sien is dat die Berg Sion in die see gewerp word. Wie of wat is die see? In Openb.17:15 sien ons dat die woord “see” gebruik word vir – ...volke en stamme, nasies en tale. Die see verteenwoordig dus die heidennasies. In eenvoudige taal dan, word Jerusalem in die see gewerp wat tot gevolg het dat ’n derde van die water bloed word (’n oordeel wat in ooreenstemming is met die eerste Egiptiese plaag in Eks.7:19-20 – water wat in bloed verander). Rome was ’n heidense nasie en die Jode word in die arms van die heidene gegooi. Hierdie verklaring word ondersteun deur die woorde van die Here Jesus aan Sy dissipels in Matt.21:12-22 ~ Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi 13 en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ’n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit ’n rowersnes.” 14 Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. 15 Maar toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig. 16 Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing?” 17 Toe het Hy hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betanië toe, waar Hy die nag gebly het. 18 Vroeg die môre op pad terug stad toe het Jesus honger gekry. 19 Toe Hy ’n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: “Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie.” En die vyeboom het dadelik verdroog. 20 Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en het hulle gevra: “Hoe het die vyeboom dan so skielik verdroog?” 21 Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. 22 As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” Op die oog af lyk dit asof Jesus se woorde hier in vv.21-22 uit plek is. Die gebeure wat hier beskryf word het alles plaasgevind gedurende die laaste week van Jesus se aardse bediening. Dit was gedurende daardie week wat Hy die felste woorde tot die godsdienstige Israel gerig het. Daardie week het Jesus hoofsaaklik profeties gespreek oor die verwydering van Israel en haar vervanging deur die Kerk van die Nuwe Verbond. Die vervloeking van die Vyeboom was ’n kragtige voorbeeld hiervan.
Vyebome lewer slegs blare wanneer dit in die vrug is. Om blare dus aan ’n vyeboom te sien is om vye aan die boom te verwag. Hierdie vyeboom het egter belowe wat dit nie gelewer het nie – blare, maar geen vye nie. In vele opsigte was dit presies soos die Judaïsme in Jesus se tyd. Judaïsme het gespog dat dit die seën van God wegdra, omdat hulle die “volk van God” is, met die sigbare teken van die Tempel. Judaïsme het egter nét oor blare beskik – dit wat die Judaïsme beloof het, kon hulle nie lewer nie. Judaïsme het nie die seën van God geniet nie, omdat hulle nie plek gehad het vir die Messias nie. En daarom, al het dit die blare van godsdienstigheid gedra, kon dit geen verhouding met die lewende God bied nie. Deur die vyeboom te vervloek, het Jesus die gebeure wat binnekort sou plaasvind, nl. die verwydering van die Judaïsme en die seën wat oorgedra sou word aan die Kerk van die Here Jesus Christus, geprofeteer
Dit is in hierdie konteks dat Jesus praat van ’n “Berg-verskuiwende-geloof”. Maar wat het die verwydering van berge deur geloof, te doen met die vloek wat op Israel gerus het? Sommer baie om die waarheid te sê! Israel was die berg wat in die pad van die Kerk gestaan het. Die Kerk sou binnekort die “Groot Opdrag” ontvang (Matt.28:19-20), maar die Berg in die vorm van Judaïsme het in die Kerk se pad gestaan. Regdeur Handelinge kan gesien word dat die Judaïsme die grootste struikelblok in die weg van die Evangelie is. Net soos wat Jesus dan die vyeboom vervloek, so vervloek Hy Israel – as die Kerk net geloof in Jesus het, sal Hy die Berg van Joodse opposisie verwyder en in die see werp. En dit is presies wat gebeur met die tweede “Trompet- oordeel” – Judaïsme wat verteenwoordig word deur Jerusalem en die Tempel (die Berg), word in die hande van die heidense Rome (die see) gegee!
Die vervolgde Joodse gelowiges het by God gepleit om hul dood deur die Kerk op Israel te wreek – en God sou presies net dit doen. In Luk.12:49 het Jesus hierdie woorde van oordeel uitgespreek ~ Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek, en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is! Matt.3:7-12 werp meer lig op hierdie woorde in Luk.12. Johannes preek hier en sê dat sy toehoorders of met water deur Jesus gedoop sou word (redding), of deur vuur (oordeel). Ook hier waarsku Johannes die godsdienstige leiers dat die byl teen die wortel van die boom lê.
Daar bestaan geen twyfel daaroor dat Openb.8 ’n vervulling is van Matt.21. Christus se kinders het geloof soos ’n mosterdsaad. Hulle het vurig gebid dat die “Berg van Judaïsme in die see gewerp moes word” en hul gebede is in 70 n.C. beantwoord. Geskiednis verduidelik dus vir ons die profesie, kristalhelder – waarom moet ons soek na ’n “toekomstige vervulling” van iets wat God reeds tot vervulling laat kom het?
Ons moet bemoedig wees deur hierdie geskiedenis, want daar is allerlei berge wat in die pad staan van die Groot Opdrag. Nasies (en ander gelowe) opponeer die Evangelie van Jesus Christus, maar as ons met ’n mosterdsaad-geloof bid soos die martelare van ouds, sal hierdie “berge” ook in die “see” gewerp word. Paulus gee opdrag aan ons in 1Tim.2:1-8, om te bid vir die regering, sodat ons, ons geloof in vrede kan uitleef en dat die Evangelie derhalwe kan versprei. Die vraag is of ons gehoorsaam is aan hierdie opdrag van die Here. Ons moet nie pessimisties wees oor die verspreiding van die Evangelie nie – die kleinste gemeentetjie kan “berge versit”, indien ons geloof het soos ’n mosterdsaadjie.
[1] Bybelstudiereeks aangebied deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 18 April 2010

Subscribe to:
Posts (Atom)