Wanneer ons na die sewende engel kyk, is dit asof ons te doen kry met nuwe materiaal en tog vertel dit vir ons meer van die einde – die einde van al die oordele en die gevolge van God se oordele oor Jerusalem. -
1. VERS-VIR-VERS ONTLEDING:
• Openb.16:17-20 ~ Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af het daar ’n stem hard uitgeroep: “Dit is verby!” 18Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook ’n groot aardbewing soos daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie, so ’n geweldige groot aardbewing was dit. 19Die groot stad het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het inmekaargestort. God het ook nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy gloeiende toorn te gee nie. 20Al die eilande het verdwyn, en berge was daar ook nie meer nie. In hierdie gedeelte is daar sprake van ’n aardbewing wat Jerusalem in drie dele geskeur het. Nêrens in enige historiese geskrifte lees ons van so ’n aardbewing in 70 n.C. nie. Hoe moet ons dit dan verstaan? Weereens moet ons na die Ou Testament gaan kyk om hierdie vraag vir ons op te klaar. Kom ons kyk na Eseg.5:1-4 ~ Mens, vat ’n skerp swaard en gebruik dit vir ’n skeermes en skeer af jou hare en jou baard. Vat dan ’n skaal en deel die hare in drie. 2’n Derde moet jy binne-in die stad verbrand sodra die beleg verby is, ’n derde moet jy met die swaard rondom die stad fynkap, en ’n derde moet jy deur die wind laat wegwaai. Ek sal hulle met die swaard agtervolg. 3Jy moet ’n klompie hare agterhou en in die vou van jou klere toemaak, 4en van hulle moet jy nog ’n paar vat en in die vuur gooi en verbrand. Daar sal ’n vuur daarvandaan uitgaan na die hele Israel toe.
Dit is belangrik dat ons die konteks van Esegiël se visioen sal verstaan. Koning Nebukadneser van Babilon het Jerusalem by drie geleenthede aangeval: Die eerste keer in 605 v.C., daarna weer in 597 v.C. en ’n derde keer in 586 n.C. In 586 v.C. is Jerusalem in geheel verwoes. Die Tempel wat Salomo gebou het, is ook tydens hierdie aanval verwoes. Esegiël is gedurende die tweede inval weggevoer na Babilon (597 v.C.). Terwyl hy in gevangenisskap verkeer, sê hy aan die ander ballinge, in die vorm van ’n profesie, dat indien hulle, hulle nie bekeer nie, Jerusalem nog verder vernietig sou word. Hierdie gedeelte wat hierbo aangehaal is (Eseg.5:1-4), was dan ook deel van hierdie spesifieke profesie.
Net om baie seker te maak dat die ballinge Esegiël se profesie verstaan, gee God aan die profeet opdrag om sy profesie vir hulle te verklaar en hierdie verklaring vind ons in Eseg.5:12 ~ Een derde van jou inwoners sal van pes doodgaan of van honger omkom in jou, een derde sal rondom jou met die swaard doodgemaak word en een derde sal Ek na alle windrigtings toe verstrooi en met die swaard agtervolg. God se oordeel is dus in drie dele verdeel.
Dit wil voorkom asof Openb.16 ’n verwysing na Esegiël se profesie is, maar dit sê steeds niks van ’n aardbewing nie. Die sleutel tot hierdie vraag vind ons in v.20 ~ Al die eilande het verdwyn, en berge was daar ook nie meer nie. Wanneer die Ou Testament van aardbewings, of eilande en berge wat verdwyn praat, verwys dit na die val van ’n volk. Jes.34:3 (O.A.V.) ~ En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed. Jes.41:5 (O.A.V.) ~ Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom. Jes.42:15 (N.K.J.V.) ~ I will lay waste ("destroy" – The Good News Translation) the mountains and hills, And dry up all their vegetation; I will make the rivers coastlands, And I will dry up the pools.
Esegiël se profesie het dit dus duidelik gestel dat die val van Jerusalem (die aardbewing; die eilande en berge wat verdwyn) ongekend in die geskiedenis van die wêreld sal wees. Dit laat ons egter met ’n verdere probleem. Ons weet dat meer as 6 miljoen Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog uitgemoor is, terwyl nagenoeg 1,1 miljoen Jode in Jerusalem uitgedelg is deur Nero se magte. Die antwoord lê daarin, dat Jerusalem die "Stad van God" was (Ps.46:4; 87:3). Die herboude Tempel was in Jerusalem gesetel – die Tempel wat op ’n stadium God se woning was. Nou in 70 n.C. word God se stad; die Tempel en Sy verbondsvolk uitgewis en vernietig en dit is sekerlik tog erger as Hitler se volksmoord. Dit is waarom die tempel nooit weer herbou is nie. Nooit tevore was God se verbondsvolk so erg veroordeel en gestraf nie – en nooit ooit sal dit weer gebeur nie! Die skrywer van die Hebreërbrief verduidelik dit vir ons baie mooi in Hebr.12:15-29 ~ Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie. 16Sorg ook dat niemand sedeloos en goddeloos lewe nie, soos Esau wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het. 17Julle weet dat hy verwerp is toe hy daarna die seën wou verkry. Daar was vir hom geen moontlikheid om die saak reg te stel nie, al het hy met trane daarna gesoek. 18Julle het immers nie gekom by ’n tasbare berg met brandende vuur, donderwolke, duisternis, stormwind, 19trompetgeskal en geklank van woorde nie. Hulle wat dit gehoor het, het gesmeek dat geen woord meer tot hulle gerig moes word nie. 20Die bevel dat selfs ’n dier wat aan die berg raak, met klippe doodgegooi moet word, was vir hulle ondraaglik. 21So angswekkend was die verskynsel dat Moses uitgeroep het: “Ek sidder van angs!” 22Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, 23die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by God wat Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou volmaak is, 24by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel. 25Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie. Hulle wat Hom afgewys het toe Hy sy Goddelike woord op aarde laat hoor het, het nie ontkom nie. Hoeveel minder sal ons ontkom wanneer ons nie ag slaan op Hom wat van die hemel af met ons praat nie? 26Destyds het sy stem die aarde laat wankel, maar nou het Hy aangekondig: “Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” 27Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. 28Laat ons wat ’n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, 29want ons God is ’n verterende vuur.
Wat sê die Hebreërskrywer hier? Hy begin deur ’n dringende oproep tot hulle te rig om naarstigtelik te soek na die volle openbaring en instelling van die nuwe verbond. Hy herinner hulle daaraan dat hulle nie aan die voet van Berg Sinaï staan en wag vir die instelling van die ou verbond nie. Hulle moet dus eerder as deel van die kerk – die hemelse Jerusalem – wag op die volkome instelling van die nuwe en beter verbond.
Hy waarsku sy lesers verder, deur vir hulle te sê dat dit veel erger is om die nuwe verbond te verwerp, as wat dit was vir Israel om die ou verbond te verwerp. Diegene wie die ou verbond (i.e. godsdienstige Judaïsme) verwerp het, sal binnekort die verskriklike oordele van God ervaar en daarom sal die verwerping van die nuwe verbond en Jesus Christus, baie erger oordele tot gevolge hê.
Die ou verbond is verwyder en dit het gepaard gegaan met die skud van hemel en aarde, maar die nuwe verbond sal nooit beweeg of vernietig, of verplaas kan word nie – dit staan vas geanker in Jesus Christus!
In die lig van bg. doen die Hebreërskrywer dus ’n baie ernstige beroep op sy lesers om God op ’n aanvaarbare en met die nodige vrees, eerbied en respek te aanbid.
John Owen het in sy Hebreërkommentaar, die volgende oor hierdie gedeelte geskryf: It is the dealing of God with the church, and the alterations which He would make therefore the heavens and earth of Mosaical worship, and the Judaical church-state, with the earth of their political state belonging thereunto, that are here intended. These were they that were shaken at the coming of Christ, and so shaken, as shortly after to be removed and taken away, for the introduction of the more heavenly worship of the gospel, and the immovable evangelical church-state. This was the greatest commotion and alteration that God ever made in the heavens and earth of the church, and which was to be made once only... ...This is the conclusion of the whole argumentative part of this epistle, that which was aimed at from the beginning. Having fully proved the excellency of the gospel, and state of the church therein, above that under the law, and confirmed it by an examination of all concernments of the one and of the other, as we have seen; he now declares from the Scripture, according to his usual way of dealing with those Hebrews, that all the ancient institutions of worship, and the whole church-state of the old covenant, were now to be removed and taken away; and that to make way for a better state, more glorious, and that which should never be [subject] to change or alteration.
Uit dit alles wat tot nou gesê is, is dit dus duidelik dat die onmeetlikheid van die verwoesting van Jerusalem dus nog nooit vantevore ervaar is nie en ook nooit in die toekoms weer so intens en geweldig ervaar sal word nie. God se ou verbond is verwyder op grond van die mens se ontrouheid en dit was "verplaas" met die nuwe verbond wat in totaliteit deur God self geïnisieer en afgehandel is.
• Openb.16:21 ~ Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar, het van die hemel af op die mense geval. En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag verskriklik groot was. Hoofstuk 16 sluit af met ’n beeld van die allerverskriklikste haelstene – dink jouself in: Haelstene wat op 10 kg. na, dieselfde weeg as my vrou! As hierdie verskriklike haelstene nog in die toekoms gaan val soos wat die pre-millennialiste beweer, wil ek beslis nie hier wees nie. Hoe dit ook al sy – het hierdie 45 kg. haelstene letterlik uit die hemel geval of nie? Bob Emery, in sy kosbare boekie met die titel "An evening in Ephesus" werp vir ons lig op hierdie vraag (Ek haal weer direk aan uit die oorspronklike taal van die skrywe): While Roman armies surrounded Jerusalem during the final five months of the battle, Titus continued to implore its inhabitants to surrender. When his offers were rejected, he used the ballista, a huge slingshot-like contraption, to launch 45 kg. stones over a quarter of a mile into the city. These immense white stones rained into the city like hailstones. Josephus, who saw it first-hand, recorded it like this: "The engines (the ballistas), that all the legions had ready prepared for them, were admirably contrived; but still more extraordinary ones belonged to the tenth legion; those that threw darts and those that threw stones were more forcible and larger than the rest, by which they not only repelled the excursions of the Jews, but drove those away that were upon the walls also. Now the stones that were cast, were of weight one talent (45 kg.), and were carried two furlongs and further (meer as 400 m. dus). The blow they gave was no way to be sustained, not only by those that stood first in the way, but by those that were beyond them for a great space. As for the Jews, they at first watched the coming of the stone, for it was of a white colour, and could therefore not only be perceived by the great noise it made, but could be seen also before it came, by its brightness." Not only was the rain of "hailstones" deadly and destructive, but this stubborn adulteress continued to blaspheme God right up until the end. Josephus continues: "The watchmen that sat upon the towers gave them [the people] notice when the engine was let go, and the stone came from it, and cried out aloud, in their own country language, 'Here comes the Son!'" What mockery! They knew full well what these stones raining upon the city meant. Not only had Jesus warned them, but for fourty years the Christians had also continued to echo Peter's warning from the Day of Pentecost to 'be saved from this perverse generation.' In their delirium, like drunken madmen, while God's vengeance was being unleashed in all its fury, the remaining Jews in Jerusalem went down cursing and blaspheming the Son of God to the very last breath.
Sien u wat sê Josefus t.o.v. van die reuse Romeinse katapulte? Hierdie katapulte het 45 kg. wit rotse, soos hael op die stad laat reën. Het die inwoners hulle verootmoedig en hul bekeer? Nee! Trouens, hulle het volhard in hul laster teen God! Die kerk het die Jode vir ’n hele geslag lank gewaarsku dat Christus aan die kom was om hulle te oordeel. Die Jode het egter tot op die laaste oomblik aangehou om die Messias te belaster en te bespot! Hoe verskriklik was hul godslastering nie!
Onder die ou verbond is owerspel gestraf met die dood d.m.v. steniging. Vir geslagte lank was Israel skuldig aan die ergste vorm van geestelike owerspel. In 16:21 stel God hierdie Jode – Sy owerspelige bruid, tereg d.m.v. steniging (45 kg. wit rotse). Geen wonder dat hierdie aardskuddende gebeure rondom Israel, nooit weer herhaal is nie!
Dit is ten slotte baie belangrik om daarop te let (weereens) dat God hoegenaamd nie ’n verbondverbreker is nie. Inteendeel, hierdie gebeure met Israel in 70 n.C. leer vir ons ondubbelsinnig dat God juis Sy verbond nakom – ten alle tye nakom. In Lev.26 en Lev. 28 sien ons dat God ’n verbond met Sy volk aangegaan het en dat Hy hulle sou veroordeel indien hulle, hul rug op die verbond sou draai. Dit is presies wat gebeur het in 70 n.C. – God het Sy "verbondverbrekende" kinders veroordeel en uitgedelg. Ons God is ’n heilige God en hou ten alle tye by Sy Woord! Dit is iets waaroor ons baie dankbaar moet wees! Dit waarsku ons egter terselfdertyd om onsself voortdurend te ondersoek ten einde seker te maak dat ons Christenskap nie bloot maar net nominaal (in naam, maar nie in werklikheid nie) van aard is nie.
Ons moet baie seker maak dat ons waarlik in ’n verbondsverhouding met God getree het op grond van Jesus Christus se Golgota-offer. Indien ons wel in ’n ware en opregte verbondsverhouding met God staan, het ons niks te vrese nie, want ons is op grond van Christus se soendood, gevrywaar van God se oordele wat aan die kom is.
Hoe ons op Christus reageer en hoe ons aanhou om op Christus te reageer, is die allerbelangrikste saak van ons ganse lewe. God se Koninkryk het gekom en dit stu steeds voort. Laat ons voortgaan om God se Koninkryk te soek en God se geregtigheid wat daarmee gepaard gaan. Laat ons leer van Israel van ouds, deur nooit ons verhouding met God as vanselfsprekend te aanvaar nie.
Die groot verdrukking is afgehandel; die Groot Opdrag is egter nie afgehandel nie! Laat ons daarom nie saam met soveel andere soek na ’n onbybelse en maklike uitweg d.m.v. ’n sg. wegraping nie – laat ons liewer voortdurend op die uitkyk wees na geleenthede om verlore gaande siele, dissipels van Jesus Christus te maak!