Sunday, November 16, 2014

Die Profeet Sagaria - 03 (“Tweede Naggesig – Die Horings en die Ystersmede”)

Vir Oudio-opname van Preek - sien regs bo op Spyskaart en volg verlangde skakel
1.  SKRIFLESING:
     Sagaria 1:18-21 ~ Ek het weer ’n gesig gesien. Daar was vier horings, 19en ek het vir die engel wat vir my die gesig moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit?” Hy het vir my gesê: “Dit is die horings wat vir Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.” 20Toe laat die Here my vier ambagsmanne sien, 21en ek vra: “Wat het hulle kom doen?” Hy het geantwoord: “Daardie horings het die mense van Juda verstrooi en verneder. Die ambagsmanne het gekom om die regeerders van die nasies, die horings wat vir Juda met soveel geweld verstrooi het, die skrik op die lyf te ja en hulle tot ’n val te bring.” 

2.         INLEIDING:
     Hierdie tweede naggesig van Sagaria, is die kortste van die agt gesigte wat Sagaria gedurende die nag van, 15 Februarie 519 v.C. ontvang en is deel van die eerste van drie orakels.

     Soos wat ek verlede week aangetoon het, beskik hierdie naggesig ook oor dieselfde struktuur, nl.:
·      'n Inleiding;
·       Besonderhede oor die gesig  en...
·      Die verklaring wat die engel aan hom verskaf.

     In die eerste gedeelte van die orakel waarna ons verlede Sondag gekyk het, het ons gesien dat die Engel op die perd (ons het gesien dat dit Jesus self was), God se belofte oorgedra het aan die volk deur Sagaria en dat Hy die Israeliete weer gaan seën, terwyl Hy die nasies gaan straf wat hulle mandaat oorskry het toe hulle die volk van die Here buitemaat, vervolg het. Hierdie laasgenoemde aspek t.o.v. God se oordele oor die heidense volke, word nou in hierdie tweede naggesig van die horings en die ambagsmanne, in groter detail beskryf. Ons moet besef dat hierdie gesig nie maar net ʼn voortsetting is van die eerste nie, maar ʼn aparte en tweede gesig en dit sien ons in die woorde van die profeet wanneer hy sê ~ Ek het weer ’n gesig gesien (v.18).

     Die OAV en die Engelse vertalings vertaal hierdie vers met ~ En ek het my oë opgeslaan en gekyk en ons vind hierdie selfde uitdrukking, elke keer voor die volgende naggesig wat Sagaria ontvang het.

3.         BESONDERHEDE OOR DIE GESIG (vv.18-21):
·      Die vier Horings (vv.18-19a):
     Regdeur die Ou Testament en in die kulturele konteks van die Midde Ooste, het horings mag en krag gesimboliseer – veral as dit by koninklike mag gekom het.

     Horings was nie net destyds, ʼn simbool van mag en krag nie – dit is vandag nog steeds letterlik die geval in die diereryk en daarom is dit so hartseer dat renosters deesdae deur sommige wildboere, onthoring word a.g.v. die slagting wat onder die resnosterbevolking plaasvind – dit is hartseer, want dit is m.b.v. die renosterbulle se horings dat hulle dominansie en leierskap van ʼn trop betoon, wanneer daardie posisie deur ʼn ander, of baie dikwels ʼn jong bul uitgedaag word. Dieselfde geld ook vir bokke, waar hulle baie dikwels tot die dood toe met hul horings baklei ten einde dominansie van die trop te behou of te verkry.

     In Ou Testamentiese tye, sou daar ook olie uit ʼn bokhoring oor die kop en hare van ʼn nuwe koning, tydens sy kroningseremonie gegooi word. In 1 Sam.16:1 ontvang Samuel opdrag van God om ʼn horing vol olie te maak en na Bethlehem te gaan ten einde die volgende koning te salf en dan lees ons in 1 Sam.16:11-13 dat Samuel vir Isai sê dat die Here een van sy seuns gekies het om koning van Israel te word en toe Dawid uiteindelik voor Samuel verskyn – die laaste en jongste van Isai se seuns, toe sê die Here vir Samuel in vv.12-13 ~ “Staan op, salf hom, want dis hý.” 13Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk.
    
     In hierdie tweede naggesig van Sagaria sien hy vier horings en moet ons die simboliek van koninklike en nasionale mag hier in gedagte hou. Ons sal ook sien dat hierdie beeld van die vier horings, die sentrale kenmerk van hierdie bepaalde gesig is.

·      Die vier ystersmede (v.20):
     Die tweede beeld wat Sagaria in sy gesig sien, is dié van vier ambagsmanne, of soos die OAV dit vertaal, dié van vier ystersmede. Die Hebreeuse woord wat hier gebruik word, dui egter nie vir ons direk op dié van ystersmede nie, want die Hebreeuse woord kan vir allerlei ambagslui gebruik word (selfs bv. vir skrynwerkers), maar as ons in gedagte hou dat hierdie gesig na magtige “vier-horing-nasies en -konings” verwys en as ons kyk na 1 Kon.22:11 waar daar geskryf staan ~ Sedekia seun van Kenaäna het vir hom ’n paar horings van yster gemaak en gesê: “So sê die Here: Met hierdie horings sal u die Arameërs stoot tot dit klaar is met hulle”, kan ons aanvaar dat hierdie ambagslui weliswaar ystersmede was, hoewel dit nie belangrik is nie, omdat dit nie hier gaan oor watter tipe ambagslui hier van gepraat word nie. Wat egter wel van belang is, is die feit dat ambagslui nie deel uitgemaak het van die hoër sosiale groepering in die algemene volkslewe nie – hulle was derhalwe ook nie deel van die politieke elite, of senior offisiere in die weermag nie; hulle was ook nie akademies geskool nie.

     Met hierdie twee beelde in gedagte – aan die eenkant magtige konings en volke wat uitgebeeld word deur die vier horings, maar in teenstelling daarmee die onbelangrike ystersmede, noop Sagaria om vir die engel te vra wat hierdie gesig beteken.

4.  DIE VERKLARING:
·      Die vier horings (v.19b):
     In hierdie kort “vier-vers-Skrifgedeelte” van vanoggend, word die woord “horings” nie minder nie as vier keer gebruik en dit dui vir ons op die krag en mag van die volke en hoe hulle hierdie mag gebruik het.

     V.19b gee vir ons verder ʼn baie besliste aanduiding van wie hierdie nasies was wie Sagaria in sy gesig gesien het – die engel sê vir Sagaria, dat hierdie horings die nasies was wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het. Wat ons egter wel weet is dat daar eintlik net twee nasies of Ryke was wat verantwoordelik was vir die ballingskap en wegvoer van die volk van God, nl. Babilon, wat in Sagaria se tyd reeds gekom en gegaan het (Dan.2:36-39; 7:17), terwyl Daniël se “twee-horing” ram (Dan.8:10), nl. die Persiese Ryk, steeds in Sagaria se tyd en die tyd van hierdie naggesig, aan die bewind was en baie groot dele van die wêreld, waaronder Israel, beheer het.

     Watter ander twee nasies het die ander twee horings dan verteenwoordig? Dit kon dalk die Egiptenare en die Grieke gewees het, want ons weet dat hierdie twee nasies ook vir Israel onderdruk het en Sagaria het ook in Sag.9:13 en 10:10-11 na hulle verwys. Die moontlikheid bestaan ook dat daar i.p.v. Egipte en Griekeland, na Sirië en Assirië verwys kon word, maar ook dit is nie klinkklaar duidelik nie. Dit was egter net Babilon en Persië wat die volk van die Here in ballingskap weggevoer het en daarom moet ʼn mens die versoeking weerstaan om volksname aan hierdie vier horings toe te ken. Die waarskynlikste verklaring wie deur hierdie vier horings verteenwoordig word, is bloot dan net dat die getal vier verteenwoordigend is van volke vanuit al vier die windrigtings wat teen Sy volk opgetree het en/of dalk nog in die toekoms teen hulle gaan optree – dit verwys dus na die ganse heidendom.

     Hierdie uitgangspunt dat die getal vier hier bloot net simboliese taal is en nie verwys na vier spesifieke nasies nie, word beklemtoon deur Skrifgedeeltes soos bv. Jer.49:36 ~ Ek laat die vier winde losbreek teen Elam, die winde uit die vier hoeke van die hemelruim, Ek verjaag hulle al die windrigtings in; daar sal nie ’n nasie wees nie of van Elam se vlugtelinge sal daar beland. Ook Eseg.37:9 ~ Toe sê die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens, sê vir die gees: So sê die Here my God: Kom uit die vier windstreke, gees, blaas in hierdie dooies in dat hulle kan lewe.”  

·      Die vier ystersmede (vv.21):
     In v.21 gee die Engel aan Sagaria die verklaring vir die vier ystersmede en hierdie ystersmede gaan optree teen v.19b se vier horings.

     Die feit dat die getal vier t.o.v. die horings, simbolies van aard is, impliseer dit dus dat die getal vier in die geval van die ystersmede, ook simbolies van aard moet wees, maar wat beteken dit dan?

     Sagaria vra nie wie hierdie ystersmede is nie, maar dit is duidelik dat hulle nederige en gehoorsame diensknegte is, wie in diens van die Here staan en Sy wil uitvoer. Jer.23:29 gee vir ons ʼn verdere aanduiding na wie of wat hierdie smede verwys ~ My woord is soos vuur, sê die Here, soos ’n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word. Dit is derhalwe duidelik, dat hierdie smede in opdrag van God optree en in die toekoms gaan optree, ten einde die vyande van God se volk te vernietig. Hierdie instrument is magtig, want dit word bemagtig en tree in opdrag van God se Woord – Sy opdrag, op. Dit is waarom God se volk in oorwinning lewe en optree. Dit is dan ook waarom Paulus in 2 Kor.10:4-5 sê ~ Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

     Die belangrike hier is dus om net soos in die geval van die horings, nié die ystersmede te beperk tot een spesifieke nasie of koninkryk, of bepaalde mag nie. Hierdie smede verwys m.a.w. na enige mag of instrument in die hand van God en wat in opdrag van Sy Woord, deur die loop van die wêreldgeskiedenis, teen God se vyande optree, soos bv. die Romeinse Ryk wat net voor en na Christus se geboorte, as onderdrukkers van God se volk sou optree en natuurlik ook wêreldmagte wat dit ná Christus en ook in ons tyd en in die toekoms in ons nageslagte se tyd mag doen.

     Hierdie boodskap wat Sagaria ontvang en wat hy aan die volk deurgegee het, was uniek in die opsig dat die vorige profete meestal spesifieke profesieë gebring het oor of teen spesifieke magte of gebeure, terwyl hierdie naggesig baie breed en nie spesifiek van aard is nie. Hier staan egter een ding soos ʼn paal bo water en dit is die feit dat God se komende oordeel onvoorwaardelik is en daarom vas en seker staan. Wanneer dit gaan plaasvind word nie aan Sagaria gesê nie, ook nie wie hierdie smede is nie. Wanneer dit gaan plaasvind en wie die instrumente in God se hand gaan wees, is dus nie die punt van hierdie gesig nie, maar dat dit wél gaan plaasvind – dít is die punt.

     Daar is egter nog iets wat belangrik is om op te let en dit is die feit dat daar vir elke horing, ook ʼn ystersmid is – daar is vier horings, maar daar is ook vier smede en dit dui onteenseglik daarop dat daar ʼn instrument in God se hand is om ʼn ieder en elke optrede wat teen Sy volk uitgevoer is, of gaan word, met mag en krag te vernietig.

     Sagaria sien die nederige ystersmede wat gereed is om die horings te vernietig, sodat God se geregtigheid kan seëvier. Die doel met hierdie gesig is dus om die volk se vertroue in God te versterk, asook die feit dat Hy reg en geregtigheid sal laat geskied. God wil vir die volk van die dag sê dat elke wêreldmag wat moontlik die herbou van die tempel verder sal wil vertraag of selfs vernietig, in die kiem gesmoor sal word en dat Hy geregtigheid sal laat geskied en weer in die volk se midde kom woon, maar Hy sê ook terselfdertyd dat Hy in die toekoms, Sy volk sal beskerm teen die aanslae van die vyand.

5.         TOEPASSING:
   Wat beteken hierdie tweede naggesig van Sagaria vir ons – het dit enige toepassing?

   Deurgaans deur die geskiedenis was die feit baie duidelik dat God Sy geregtigheid laat geskied en dat Hy Sy kinders beskerm teen ongeregtigheid. In die vroeë Nuwe Testamentiese kerk het die vyande van Christus se Kerk, Sy goddelikheid in twyfel getrek en die Kerk in diskrediet gebring, maar die Here het ʼn man met die naam Athanasius opgerig (293-373 n.C.) wat die wêreld se aanslae beveg en die Kerk se saak onbeskroomd gestel het. Hy het geweldige vervolging deurstaan en uiteindelik die teologiese denkrigting van Arianisme, wat die Christendom wou teruglei na die heidendom, blootgelê en is hierdie aanslag teen die kerk afgeweer – “die horings” is afgebreek [Arianisme was ʼn teologiese denkrigting wat deur Arius (256-336 n.C.) geformuleer is, waardeur die Drie-Eenheid verwerp is].

     Nagenoeg ʼn eeu later was daar weer die aanslag van Pelagianisme en ander dwaalleer en het die Here vir Augustinus opgerig en het hy met sy vlymskerp teologiese brein, hierdie dwaling aan flarde geskeur (Die uitgangspunt van Pelagius was dat die mens nie van nature dood is in sonde nie, maar dat hy homself kan reghelp op die pad van regverdigmaking. Die verlossing in Christus en die versoening deur Hom bewerk, is derhalwe nie nodig nie).

     So het dit deur die eeue heen gegaan, maar die vyande van die Kerk is een na die ander ontbloot en vernietig, of is die gelowiges ten minste van hierdie vals leer gered en bewaar.

     Hoe is hierdie dwaalleer beveg? Hoe is hierdie aanslag teen die Kerk beveg? Die wapens in die hande van die ystersmede was telkens en moet voortdurend in die toekoms ook, die Waarheid – die Woord van God wees. Kom ek herhaal weer wat Jeremia in Jer.23:29 sê ~ My woord is soos vuur, sê die Here, soos ’n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word.

     Die Woord van God is magtiger as enige ander wapen wat teen die Kerk (teen ons as gelowiges opgeneem kan word) en daarom sê Paulus ook in 2 Kor.10:4-5 ~ Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. 6God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,”  het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. 7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. 8In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; 9ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie. 10Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. Die Woord is die kragtigste wapen in die arsenaal van ʼn gelowige en daarom moet ons die Woord bestudeer en die Woord ken en die Woord toepas in en deur ons lewe, dit is waarom die Hebreërskrywer in Hebr.4:12 sê ~ Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

     Die volk Israel het baie ongeregtigheid in hul lewe ervaar, maar net so ervaar ons as gelowiges net so dikwels, ongeregtigheid wat teen ons gepleeg word – of dit nou in die werkplek is, of deur mense wat ons gedink het vriende (of selfs familie) is. Baie gelowiges het al, ál hulle besittings verloor omdat hulle Jesus Christus as Saligmaker bely (dink maar weereens net aan die gelowiges wat deur die Islamitiese Staat – ISIS, vervolg word); baie het al hul besittings verloor, maar baie het selfs ook met hul lewens geboet. Verlede jaar alleen was daar na bewering 2 123 martelare wêreldwyd, teenoor die 1201 in 2012. Hierdie is baie konserwatief berekende getalle, terwyl daar navorsers is wat reken dat daar selfs meer as 8 000 martelare gemiddeld per jaar sterf vir hul geloof in Jesus Christus. Wie gaan hierdie onderdrukkers, vervolgers en moordenaars van gelowiges verantwoordelik hou? Dit lyk asof hulle maar net wegkom daarmee.

     Die vraag is of mense wat onregverdig teenoor ons optree en ek praat nie net van martelaars nie, ek praat ook van “gewone” ongeregtigheid soos skinder, of diskriminasie in die werkplek omdat ek ʼn gelowige is, ens. – sal mense wat in ongeregtigheid teenoor ons optree – sal ook hulle soos in die tyd van Sagaria, aan die pen ry? Sal hulle “horings” ook deur God se ystersmede vernietig word?  

     Die feit is dat net soos wat die volk van die Here in Sag.1:18-21 hoop ontvang het en die praktiese implementering van die Here se beloftes gesien en ervaar het, net so bied God se Woord aan ons hoop en beloftes, dat God se geregtigheid een of ander tyd sál seëvier – Sy nederige ystersmede sal ook die “horings” in ons lewe vernietig, trouens daardie dag het reeds aangebreek met die koms van Jesus Christus. Vroeg in Jesus se bediening het Hy dit reeds bekend gemaak dat Hy gekom het om namens Sy dissipels (ons) op te tree teen ongeregtigheid en hy het dit in die Sinagoge in Jerusalem gesê, deur Jes.61:1-2a aan te haal ~ Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 19om die genadejaar van die Here aan te kondig” (Luk.4:18-19).

     Hierdie was deurgaans die tema van Jesus se bediening. Hy het geregtigheid gevestig deur nederigheid, diensbaarheid en opoffering en dit is wat ons ook deurgaans moet doen wanneer daar onregverdig deur die wêreld teen ons opgetree word – of ons nou beskinder word en of ons verneder word en of ons valslik beskuldig word, of ons verneuk word, of ons gedood word vir ons geloof, of wat ook al – staan jou man, maar doen dit deur jou getuienis ten alle tye uit te leef en op nederige en diensbare wyse jou getuienis voortdurend te bly uitleef en onthou deurgaans dat Jesus die spot en hoon en vervolging – tot die dood toe, van die wêreld verduur het, t.w.v. ons en wanneer ons iets van dieselfde van die wêreld ervaar – troos jou daaraan, dat dit jou geleentheid is om met Jesus te identifiseer.

          Ek het verlede week twee teksverse aangehaal en ek wil dit weer vanoggend in hierdie konteks as vertroosting en bemoediging herhaal ~ ...En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matt.28:20b). Hy daag ons egter ook voortdurend uit wanneer Hy sê ~ As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg (Luk.9:23).

     Geliefdes, die bewerkers van ongeregtigheid sal hulle dag van afrekening kry – dit is ʼn belofte van die Here – reeds in Sag.1:18-21 al. Die Woord sê dat hulle dae getel is, maar ons reaksie op hierdie bewerkers van ongeregtigheid moet altyd Christus gelykvormig wees. Ons val baie dikwels in die strik om onsself te regverdig en self dan op die troon van onderdrukking te sit en wil ons ʼn oog vir ʼn oog vergeld, maar ons mag dit nie doen nie – ons moet deurentyd geregtigheid najaag en geregtigheid vestig waar ons ook al is. Ons is ook vandag ystersmede in God se hand en ons moet saam met Christus as die hoof-Ystersmid, horings van ongeregtigheid vernietig, maar ons moet dit op ʼn Christus gelykvormige wyse doen, deur lief te hê, deur nederig te wees, deur vergewingsgesind te wees, maar om ook ten alle tye regverdig te wees en in die lig te wandel en sonde te ontbloot, ja ook die sonde van ongeregtigheid.


          Soms lyk dit onmoontlik om ongeregtigheid “stukkend te slaan en te vernietig”, maar dan moet ons net onthou, soos reeds gesê, dat geregtigheid uiteindelik in God se hande lê, soos Paulus dit baie duidelik in Rom.12:19 stel ~ Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God.

Boodskap deur Kobus van der Walt – Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Drie Riviere) – Sondag 16 November 2014

Sunday, November 9, 2014

Die Profeet Sagaria - 02 (“Eerste Naggesig – Die Man tussen die Mirte”)

Vir Oudio-opname van Preek - sien regs bo op Spyskaart en volg verlangde skakel
1.     SKRIFLESING:
       Sagaria 1:7-17 ~ Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, die maand Sebat, in die tweede regeringsjaar van Darius, het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo. 8Ek het in die nag ’n gesig gesien. Daar het ’n man op ’n bruin perd gesit. Hy was tussen die mirtestruike in ’n diep kloof, en agter hom was ruiters op bruin en vos en wit perde. 9Ek het gevra: “Wat beteken dit, Meneer?” ’n Engel wat vir my die gesig moes uitlê, het vir my gesê: “Ek sal jou laat sien wat dit beteken.” 10Toe praat die man wat tussen die mirte was. Hy het gesê: “Dit is die ruiters wat deur die Here uitgestuur is om die wêreld te deurkruis.” 11Die ruiters sê toe vir die engel van die Here, vir die engel wat tussen die mirte was: “Ons hét die wêreld deurkruis, en die hele wêreld is rustig en stil.” 12Toe sê die engel wat vir my die gesig moes uitlê, die engel van die Here: “Here, Almagtige, hoe lank gaan dit nog duur voordat U U weer oor Jerusalem en die stede van Juda ontferm? U toorn rus nou al sewentig jaar op hulle!” 13Die Here het die engel vriendelik geantwoord en hom bemoedig. 14Daarna sê die engel vir my: “Roep en sê: So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Jerusalem, oor Sion. 15My toorn gaan losbreek teen die nasies wat nou so sorgvry woon, want my toorn teen Jerusalem was nie so groot nie; dit is die heidennasies wat dit so ’n groot ramp laat word het. 16Daarom, so sê die Here, gaan Ek My weer oor Jerusalem ontferm: my tempel daar gaan herbou word, sê die Here die Almagtige, Jerusalem sal opnuut as stad uitgelê word. 17“Roep weer en sê: So sê die Here die Almagtige: My stede sal weer oorstroom word deur voorspoed. Ek, die Here, gaan weer genade betoon aan Sion, Ek gaan Jerusalem weer my woonplek maak.”

2.     INLEIDING:
       In ons gelese gedeelte is daar o.a. sprake van ʼn Mirtestruik en net t.w.v. agtergrond so iets meer oor die Mirtestruik. Hierdie groot struik, is inheems aan Israel en groei veral in klam gebiede en in klowe en die Hebreeuse naam is הֲדַס [hadac /had·as/], dit is ʼn veeltakkige en digte immergroen struik met groterige blare, blou-swart bessies en pragtige wit blomme. Die hout word hoofsaaklik gebruik om houtskool van te maak, terwyl die olieryke blare gebruik word om parfuum te vervaardig; die sap dien as ʼn geneesmiddel en in Sardinië word daar selfs ʼn likeur van die struik gemaak.

       Daar word op verskeie plekke in die Ou Testament verwys na die Mirtestruik – o.a. in Jes.41. Ons sien in Neh.8:16 dat ...die familiehoofde van die hele gemeente en die priesters en Leviete by Esra die skrifgeleerde bymekaargekom om die inhoud van die wet te bestudeer. 15Hulle vind toe in die wet geskrywe dat die Here deur Moses opdrag gegee het dat die Israeliete in hutte moet woon vir die duur van die fees (die Huttefees) in die sewende maand, 16en dat hulle die oproep moet maak en dit in al die stede en in Jerusalem moet laat afkondig: “Gaan na die berge toe en bring olyftakke, olientakke, mirtetakke, palmtakke, takke met digte blare om hutte te maak soos dit voorgeskryf is.  Mirtetakkies is ook in opdrag van Lev.23:40 saamgebind met Palmtakke, Wilgertakkies en ʼn sitrusvrug met die naam van “Etrog” – hierdie bondel word ʼn “Lulav” genoem ~ Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem saam met palmblare en takke van digte bome en rivierwilgers, en dan moet julle sewe dae lank met vreugde feesvier by die heiligdom van die Here julle God. Hierdie “Lulav” is voor die Sinagoge in ses rigtings rondgeswaai terwyl ʼn Hallel (gedeeltes uit Ps.113-118) voorgedra is.

       Die simboliek agter die ses rigtings, is om aan te dui dat God oral is – dat Hy alomteenwoordig is. Die “Lulaf-gerf” is o.a. ook simbool van onsterflikheid (bietjie later meer hieroor), asook liefde en vrugbaarheid, daarom dat daar in sommige Middellandse See-kulture vandag nog Mirteblomme en –blare voor bruide gestrooi word tydens die huweliksprosessie.

       Waarom is daar vier verskillende spesies plante gebruik in hierdie “Lulaf-gerf”? Daar is sekerlik baie homiletiese verduidelikings wat die getal vier in die “Lulaf-gerf” simboliseer, maar die heel beste verduideliking is waarskynlik dat daar vier verskillende soorte Jode is, nl.:
·           Die Jode wat oor baie kennis en goeie werke beskik – hulle, word verteenwoordig deur die Etrog wat ʼn baie lekker smaak het, maar ook oor ʼn heerlike geur beskik.
·           Die Palmtakke het geen smaak of reuk nie en dit simboliseer daardie Jode wat kennis het, maar wat nie goeie werke uitleef nie.
·           Die Mirte is die teenoorgestelde van die Palm – dit smaak na niks, maar het ʼn heerlike geur en dit simboliseer diegene met min kennis, maar by wie goeie werke wel aangetref word.
·           Laastens, die Wilgertakke – Wilgertakke beskik ook oor geen smaak of geur nie en dit simboliseer geen kennis en geen goeie werke nie.

       Omdat die Joodse gemeenskap uit hierdie vier groepe bestaan, word hierdie vier spesies saamgebind en saam rondgeswaai, ten einde eenheid in die Joodse gemeenskap te simboliseer.

       Daar is egter nog ʼn baie belangrike en interessante verduideliking en dit is dat hierdie vier spesies die menslike liggaam uitbeeld: die Etrogvrug is die hart; die Palm is die ruggraat; die Mirte, die oë en die wilge tak, die mond en hierdie vier wat saam gewuif word voor die Here tydens Sukkot (of te wel die Loofhuttefees) simboliseer die gelowige wat met sy hele wese die Here God aanbid, verheerlik en dien.

       Laastens is die Mirtestruik ook simbool van die ingang na die hemel.

3.     INLEIDING TOT EERSTE NAGGESIG (vv.7-17):
Hoofstuk 1:7 tot en met 8:22 bevat agt sg. Naggesigte. Die gesigte wat Sagaria sien vertoon elkeen 'n basiese struktuur, nl.:
·           'n Inleiding;
·           Besonderhede oor die gesig  en...
·           Die verklaring wat die engel aan hom verskaf.

     Ons sien in v.7 dat Sagaria homself weer identifiseer en ook presies sê wanneer hy hierdie gesig gesien het, trouens dit is die eerste en enigste keer dat hy 'n datum verskaf by enige van die agt gesigte, en wel op 15 Februarie 519 v.C. Die feit dat hy net een datum verskaf, dui waarskynlik daarop dat Sagaria al agt gesigte gedurende dieselfde nag gesien het.

     In hierdie agt gesigte word simboliese taal gebruik wat dit moeilik maak om die gesigte goed te begryp, maar wat ons wel weet is dat die doel met hierdie gesigte is om die toekoms van Jerusalem en Juda bekend te maak.

     Wat ook interessant is, is dat 4 sulke gesigte gewoonlik 'n orakel, of eenheid vorm en dit word algemeen aanvaar dat hierdie opsommings was van Sagaria se preke aan die volk.

     Sagaria se beskrywing in v.8 van wat hy ervaar, of ontvang  het, nl. - Ek het in die nag ’n gesig gesien..., is 'n tegniese uitdrukking en beteken dat Sagaria 'n openbaring van God ontvang het en impliseer dus meer as bloot net menslike insig, of bloot net 'n droom wat ontspring in iemand se onderbewuste – dit is in ooreenstemming met wat Jesaja bv. in Jes.30:10 aan die Israeliete gesê het, toe hy hulle aangespreek het omdat hulle vir die profete gesê het ~ "Moenie gesigte sien nie!" Hulle sê vir dié wat gesigte sien: "Moenie gesigte sien oor wat ons moet doen nie, vlei ons liewer, sien liewer dinge wat ons mislei!". Hierdie gesigte was dus die spreke van die Here wat gerig was aan Sy volk.

     'n Naggesig, of 'n gesig, of 'n visioen, of 'n profesie, of 'n openbaring, is dus 'n Goddelik-geïnspireerde boodskap wat die Here vir 'n profeet gegee het. Net so terloops, let ook op dat daar nie meer profete in ons dae is wat sulke geïnspireerde boodskappe ontvang nie, omdat die Woord van God volledig is (die kanon is afgesluit) en daarom het ons geen nuwe openbarings meer nodig nie – as iemand dus na jou toe kom en vir jou sê dat hy (nogal ironies – deesdae is dit hoofsaaklik "profetesse") 'n profesie oor jou gehad het – verwerp dit met die minagting wat dit verdien en hardloop ver weg van so 'n "profeet/profetes", want so 'n persoon tree nie net onbybels op nie, maar sondig, want sy/haar "profesie" is uit die vlees.

       Met die feit dat Sagaria in v.9 skryf ~ Ek het gevra: “Wat beteken dit, Meneer, wil hy vir ons laat verstaan dat hy nie aan die droom was nie, maar dat hy intellektueel wakker was – die Here het inderdaad met hom gepraat.

4.     BESONDERHEDE VAN DIE GESIG:
       Na die inleidende gedeelte (v.7) volg daar nou 'n beskrywing van wat die profeet in sy eerste gesig sien. Hy sien 'n man op 'n bruin perd tussen mirtestruike, in 'n diep kloof net buite die stad – hierdie kloof was waarskynlik die Kedronvallei buite Jerusalem waar koning Sedekia se paleistuin was (2 Kon.25:4) en die perderuiter word verskans deur die digte mirtestruike. Die mirte, in hierdie geval, is simbool vir die ingang na die ewige lewe, terwyl die donker kloof, gevaar simboliseer. Hierdie twee beelde (die mirte en die donker kloof) impliseer derhalwe die spanningsveld wat daar vir gelowiges bestaan tussen die hemel aan die eenkant en die diep klowe van gevaar in hierdie lewe (die spanning tussen "die hier en die nog nie").

       Agter hierdie ruiter op sy perd was daar nog perde, met verskillende kleure en soms in die Skrif word daar bepaalde betekenisse geheg aan die kleur van perde, soos bv. in Openb.6:1-18, maar in hierdie geval wil dit blyk asof daar geen bepaalde waarde geheg moet word aan die verskillende kleure van die perde nie, want dit het uiteindelik geen effek op die betekenis van hierdie naggesig nie.

       Die ruiters op hierdie perde is gesante van die Here wat die wêreld voortdurend moet deurkruis op inspeksietogte (sien bv. Job 1:7; 2:2, waar die satan dit ook gedoen het) – netnou ʼn bietjie meer daaroor.

5.     DIE VERKLARING VAN DIE NAGGESIG (vv.7-17):
Kom ons kyk egter na die toneel wat hier buite Jerusalem afgespeel het en ons gaan dit doen aan die hand van die volgende raamwerk:
·           Die Profeet (vv.7-11):
-     Sy Vraag (vv.7-9a);
-     Die Antwoord (vv.9b-11);
·           Die Engel (vv.12-17);
-     Sy Vraag (v.12) en
-     Die Antwoord (vv.13-17).
·           Die Profeet (vv.7-11):
-         Sy vraag (vv.7-9a):
       Nadat die profeet hierdie naggesig ervaar het, vra hy, “Wat beteken dit, Meneer?, waarop hy onmiddellik ʼn antwoord gaan ontvang en hierdie antwoord en uitleg, sien ons in v.9, kom van ʼn Engel wat op ʼn bruin perd sit.

-       Die Antwoord (9b-11):
       Wie was hierdie man op die bruin perd? Kom ons spring so bietjie vooruit en kyk na v.11, want hier word Hy geïdentifiseer as ...die engel van die Here. Hierdie uitdrukking kom gereeld op strategiese tye in die Ou Testament te voorskyn. Ons sien dit bv. vir die eerste keer in Gen.16:7 ~ Die Engel van die Here het vir Hagar ontmoet by ’n fontein in die woestyn... Dit het gebeur nadat Hagar gevlug het van die twee vroue in sy lewe, Sarai en haar slavin. Dieselfde gebeur ʼn bietjie later in Gen.18:1, maar hierdie keer word die Engel in meer besonderhede beskryf ~ Die Here (יְהוִה [Yâhovah /yeh·ho·vaw/]) het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Ons vind nog ʼn voorbeeld in Jos 5:13-15 ~ Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar ’n man voor hom met ’n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s’n?” 14“Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.” Josua het diep gebuig en vir die man gesê: “Wat wil u aan my, u dienaar, sê?” 15Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is ’n gewyde plek.” Josua het dit gedoen. Die NAV en meeste ander vertalings sê dat Josua sy skoene uitgetrek het omdat hy op gewyde grond gestaan het, maar die ESV vertaal dit baie mooi en korrek ~ And Joshua fell on his face to the earth and worshipped Him and said to Him, ‘What does my Lord sat to His servant?” Die Hebreeuse woord  שָׁחָה [shachah /shaw·khaw/] verskyn in die oorspronklike teks wat vertaal word met aanbidding (“worship”).

       Wanneer hier in Sag.1:9 verwys word na die Engel, word daar derhalwe verwys na die Here Jesus Christus self.

       Die Ruiter vertel nou aan Sagaria wat die naggesig beteken en Hy sê vir Sagaria dat die perderuiters, uitgestuurde verteenwoordigers van die Here is, wat die wêreld deurkruis, net soos die Persiese monarg wat boodskappers deur sy Ryk stuur om boodskappe uit te dra en terselfdertyd op hoogte te bly van wat in die Ryk aan die gang is – net so weet die Here presies wat aan die gang is in die wêreld – onthou hierdie is ʼn beeld, want ons weet tog dat God nie net alomteenwoordig is nie, maar ook alwetend. Die Engel sê bloot vir Sagaria, dat die Here presies weet wat in die wêreld aan die gang is – ook in die Persiese Ryk waaronder Sagaria en sy volksgenote hulle nou op hierdie stadium bevind.

       Die Engel sê dan ook vir Sagaria dat alles op daardie stadium goed gaan en alles is rustig en stil (v.11). Twee vrae spruit egter voort uit hierdie antwoord van die Engel aan Sagaria, nl., (a) is dit goeie of slegte nuus? (b) na watter tyd, of tydperk word daar verwys?
       (a) In die lig van v.15 is dit duidelik dat hierdie nié ʼn positiewe reaksie is nie, want dieselfde Hebreeuse woord word in Jes.30:7 gebruik waar daar neerhalend na Egipte verwys word ~ Egipte is niks, sy hulp beteken niks! Ek noem hom Rahab, die een wat niks kan doen nie. Hier het Jesaja verwys na Egipte wat geen internasionale ooreenkomste eerbiedig het nie en hulle derhalwe nie aan God se geregtigheid onderwerp het nie – die Engel sê dus vir Sagaria, dat die wêreld in sonde is en teen God se Raadsbesluite optree. Ons weet ook n.a.v. Eseg.16:49 dat Sodom in sonde was ~ Jou suster Sodom se sonde was dat sy en haar dogters selftevrede en rustig in hoogmoed en oorvloed geleef het en vir die mens in nood en die arme niks oorgehad het nie. Dieselfde het ook gegeld vir Moab (Jer.48:11). Beide hierdie twee volke se toestand was dus lynreg teenoor God se ywer en begeerte na geregtigheid.
       (b) Wat die tweede vraag aan betref: Daar is geen aanduiding iewers in die Skrif dat Sagaria teruggevoer was in tyd of nie en daarom moet ons aanvaar dat hy hierdie naggesig wel gedurende Februarie 519 v.C. ontvang het en dat die volkere rondom die Israeliete op daardie stadium in sonde was. 

·           Die Engel (vv.12-17):
       Die aandag verskuif nou skielik van Sagaria na die Engel wat ʼn vraag aan God self vra.
-       Sy Vraag (v.12):
       Die Engel spreek God aan as Almagtige en daardeur gee Hy erkenning aan God, nl. dat Hy die Verbondsgod van Israel is – die Een wat in ʼn verbond staan met Israel en wat derhalwe ʼn simpatieke God is.

       Die Engel vra, hoe lank nog – hoe lank nog voor Jerusalem en die tempel herbou sal word en by implikasie, wanneer sal God weer in die volk se midde wees? Hy sê ook dat God se toorn nou al sewentig jaar op die volk rus – hierdie was nie letterlik sewentig jaar nie, maar 70 in hierdie geval, is simbool vir ʼn tydperk wat algemeen in die antieke tye gebruik was om God, of die volk se god, se toorn op ʼn volk of stad aan te dui – die Engel vra dus hoe lank gaan die Here se toorn nog op Sy Verbondvolk rus.
-       Die Antwoord (vv.13-17):
       Die Here se antwoord is baie bemoedigend. Die volk moenie moed verloor nie, want die toorn van die Here is verby en Hy gaan Hom weer ontferm oor Jerusalem en sy volk, trouens die Here sê in v.14 dat Hy hartstogtelik begaan is oor Jerusalem – letterlik staan daar dat Hy grootliks jaloers is op Sion en dat Hy hulle derhalwe wil koester en versorg en beskerm – soos ʼn hen haar kuikens. Die tydperk van swaarkry sal dus nie vir altyd duur nie. Die tempel gaan herstel word en die verwoeste Jerusalem gaan weer as nuwe stad herrys – teenoor die teenspoed van nou, gaan daar ongekende voorspoed kom, trouens ons sien in v.17 dat die hele land oorstroom gaan word met voorspoed. In v.17 word die woord “weer”, nie minder as vier keer gebruik en dit dui op die oorvloed wat die volk gaan ervaar.

       Die belangrikste van alles is egter, dat die volk weer soos vanouds, die Here se teenwoordigheid gaan beleef, want die Here gaan weer Sy plek in Jerusalem – in die tempel inneem (kan julle die sentraliteit van die tempel in die ou verbond sien en waarom die tempel in 70 n.C., permanent vernietig is ten einde die aanvang van die Nuwe Verbond aan te kondig? Daarom ook, dat die tempel nooit weer herbou sal word nie, want die simbool van die Ou Testament het saam met die ou verbond vir goed verdwyn. Die boodskap van Markus 11 & 13 – wat ook sterk deur die Johannes Evangelie uitgelig word, is dat die Joodse tempel en tempelbedeling misluk het. JESUS SELF IS NOU GOD SE TEMPEL. In Hom beleef ons nou die heerlikheid van God. Hy gee ons toegang tot die ware aanbidding van God!).  

       Terselfdertyd sê God egter ook dat Hy, net soos wat Hy vuriglik jaloers is op Sy kinders, ook nou vuriglik toornig is op die heidennasies. God se toorn (of Sy “kwaad-kwaad” – onthou julle nog?) oor die volk se voorvaders (1:2), het nou verskuif na die heidennasies. Die Here het die heidennasies gebruik om Sy volk te straf, maar hulle het dit té ver gevat deur onnodiglik hard en brutaal met Sy verbondskinders te wees en as gevolg daarvan het hulle vol sondige selfvertroue geraak en hul Goddelike mandaat oorskry – hoor wat het Jesaja geprofeteer oor Babel (Jes.47:6-11) ~ Ek was kwaad vir my volk, Ek het hulle nie meer as my besitting beskou nie; daarom het Ek hulle in jou mag oorgegee. Maar jy het nie met hulle medelye gehad nie; selfs op die oumense het jy ’n swaar juk gelê. 7Jy het gedink jy sal altyd bestaan, altyd heers. Jy het nie aan die gevolge gedink nie, jy het nie gedink aan wat sal gebeur nie. 8Luister dan nou hierna, jy wat in wellus lewe, jy wat so rustig woon, jy wat dink: daar is niemand soos ek nie, ek sal nie sonder ’n sorg sit soos ’n weduwee nie, en ek sal nie my inwoners verloor nie. 9Altwee hierdie dinge sal jou oorval, in een oomblik, op dieselfde dag: jy sal jou inwoners verloor en niemand sal vir jou sorg nie. Dit sal jou voluit tref ondanks jou baie toordery, ondanks jou magdom beswerings. 10Jy het op jou bose dade vertrou, jy het gedink daar is niemand wat jou sien nie. Jou wysheid en jou kennis het jou mislei, en jy het gedink: daar is niemand soos ek nie. 11Maar daar kom ’n ramp oor jou wat jy nie kan besweer nie, onheil oorval jou, en jy kan dit nie met ’n losprys keer nie. Jou ondergang kom skielik, jy het dit nie verwag nie (sien ook Eseg. 25-32; Obadja 15-18; 2:6-20).

6.     TOEPASSING:
       Dit is nie moeilik om die ooreenkoms raak te sien tussen hierdie gesig wat Sagaria aan die einde van die Ou Testament beleef het en die visioen wat Johannes aan die einde van die Nuwe Testament in Openbaring beleef het nie. In Openb.1:20 sien ons Jesus tussen die sewe goue kandelaars staan en vanuit daardie posisie bemoedig Hy Sy kinders en net soos wat Jesus in die midde van die mense van Israel in Sagaria se tyd was, net so is Hy ook in die midde van Sy uitverkore volk, die Kerk van die Here Jesus Christus – Hy is altyd teenwoordig by diegene wat Jesus Christus as Here en Verlosser volg ~ ... En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matt.28:20b). Hy bemoedig ons deur Sy Woord, maar Hy daag ons ook voortdurend uit wanneer Hy sê ~ As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg (Luk.9:23).

       Die Here staan nou in ʼn verbond – ʼn ewige verbond, met ons en daarom is Hy ook nou vir ons ʼn simpatieke God en ons moet moed hou in tye van swaarkry, want Sy toorn is deur Christus Jesus nou van ons afgewend en net soos wat Hy begaan was oor Israel van ouds, is Hy nou begaan oor elkeen van ons wat in Christus Jesus is – Hy gaan en sal ons koester en versterk en versorg en ons het gesien dat Jesus self nou God se tempel in ons midde is en daarom beleef ons Sy voortdurende teenwoordigheid en Sy heerlikheid in ons lewe en omdat Hy ons Hoë Priester is, het ons ware en vrye toegang verkry tot die ware aanbidding van God!


       Mag ons uit hierdie naggesig van Sagaria leer, dat wanneer dinge vir ons hopeloos lyk, dit nié ʼn hopelose saak vir die Here is nie. Waar mense begin moed verloor, het die Here nog nie moed verloor nie en sal Hy ook nooit moed verloor nie. Waar mense nie meer kan nie, kan God nog. God bring uitkoms uit ʼn situasie waar daar volgens ons oordeel glad nie meer ʼn uitkoms is nie. Ons moet maar net vashou aan die beloftes wat die Here in Sy Woord aan ons maak totdat die uitkoms wat Hy beloof het, kom, maar terselfdertyd moet ons ook vaandeldraers vir ons Koning in ʼn verloregaande wêreld wees – ʼn wêreld waar mense geen hoop in hierdie lewe, óf in die hiernamaals het nie; in ʼn wêreld waar mense gebroke en hartseer, verward en verlore is; ʼn wêreld waar daar geen vrede heers nie – nie innerlike vrede nie en ook nie uiterlike vrede nie.

Boodskap deur Kobus van der Walt – Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Drie Riviere) – Sondag 09 November 2014

Sunday, November 2, 2014

True Joy

SCRIPTURE READING:

Philippians 3:17-21 & 4:1-7.

Phil.3:17-21 (NKJV) - 17 Brethren, join in following my example, and note those who so walk, as you have us for a pattern. 18 For many walk, of whom I have told you often, and now tell you even weeping, that they are the enemies of the cross of Christ: 19 whose end is destruction, whose god is their belly, and whose glory is in their shame—who set their mind on earthly things. 20 For our citizenship is in heaven, from which we also eagerly wait for the Saviour, the Lord Jesus Christ, 21 who will transform our lowly body that it may be conformed to His glorious body, according to the working by which He is able even to subdue all things to Himself.

Phil.4:1-7 (NKJV) 1 Therefore, my beloved and longed-for brethren, my joy and crown, so stand fast in the Lord, beloved. Be United, Joyful, and in Prayer. 2 I implore Euodia and I implore Syntyche to be of the same mind in the Lord. 3 And I urge you also, true companion, help these women who laboured with me in the gospel, with Clement also, and the rest of my fellow workers, whose names are in the Book of Life. 4 Rejoice in the Lord always. Again I will say, rejoice! 5 Let your gentleness be known to all men. The Lord is at hand. 6 Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God; 7 and the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus.

History of Philippians:

Paul is writing to the same church as we read in the book of Acts. Philippi is the city that Paul visited on one of his missionary journeys and we read about how the church in Philippi started, in Acts 16 we read about the conversion of Lydia and her family as well as the jailer and his family while Paul was a prisoner Philippi. The book is filled with joy and thanksgiving. The word Joy is found 16 times in this letter from Chapter 1-4. Paul wrote the letter while he was imprisoned in Rome. Considering the Apostle Pauls circumstances while he wrote this letter we can so much more listen to what he has to say about joy.

That is why I gave the sermon the heading “Finding True Joy”. We will look at five points when it comes to true joy.

-       Real joy. V1-3
-       The rival of joy. V4
-       The recovery of joy. V4
-       Remaining in joy. V4
-       The revelation of joy. V5-7

v  Introduction.

People today are consumed by the passion of happiness. They look at books, motivational speakers and articles, but for most people this door of happiness stays locked. Unable to control their circumstances, their circumstances controls them. When their job, family, life partner fails to make them happy they drop them or it and find a replacement. Have you ever noticed that when you enjoy the pleasures of the world or try and find happiness in the world you normally look down? You look down to your wallet and it costs you more than you budgeted for financially, physically, emotionally and spiritually. Where should we look to for real joy. Paul writes this letter not saying that a Christian can rejoice sometimes, but all the time. In saying this it does not mean that we cannot have a time of mourning or sadness or even have some pleasures. We need to look up to Christ and find our real joy in Him. As we do this we will find our joy in one day being transformed and be conformed to His presence and we will have glorious bodies.

v  Real joy.

V1: He writes a very enduring part to people he shared his ministry with. Even though he was a great apostle he calls them his brethren. He sees them as brothers and that he is not more important than they are. Paul realized that we are being made holy by the same Spirit and it points to Paul’s humility. He loved them dearly, he wanted welfare for them and he rejoiced in them and saw them as his crown. The word crown here in Greek is “Stephanos” which refers to a festive garland which was worn as a sign of gladness or a wreath awarded to the winner of a race. Paul saw them as his reward for his hard work in sweating for the gospel and that his work was not in vain. Because of this he exhorts them to stand fast in the Lord. He wants them to stand in Him who gives you grace, safety and endurance. To stand fast in the Lord is to put your trust in Him and not to trust in yourself for the power and endurance. He exhorts two specific people that might be in a struggle with each other or going through a difficult time putting their trust in the Lord.

V2-3: He says that they should have the same mind in Christ. In the ESV it says “to agree in the Lord” Saying, please do not look to each other and the other ones mistakes, but look to the Lord for the solution and help. It’s not about us. He then mentions a true companion. Most commentators believe it was Epaphroditus who at some stage was the pastor of the Philippian church. He calls this person his joke fellow someone closes to Paul. Paul is asking him to help these two ladies think the same thoughts so that they can stop arguing. He is asking him to help Euodia and Syntyche to have their focus on the Lord. We need to think in the same way. Paul is asking his joke fellow to help these two ladies think the same way. You might say that it’s impossible to think the same way and I would agree to some degree. But he is saying that if we think Christ like thoughts it would be difficult to disagree so much that there will be a broken chain in fellowship. He mentions his companion to help them to keep striving for this mind set. Why? It’s because your thinking determines your life style. The mind set of Christ. What is this mind set? This mind set is to humble yourself and to put all your trust in the Lord to look to Him for solutions and through that find your joy in Him.

You may ask what does this have to do with joy.

The opposite of joy is sorrow or sadness and these feelings are feelings or an awareness of loss. True joy is when you are aware of gain or a sense of possession. We as Christians have this possession in Christ. We can then think in the same way because we are all in Christ and we have the mind of Christ through His word.

Now why would Paul ask his companion to help these people keep this mind set? It’s about finding the true joy in your walk with Christ. Focussing with the right mind set to find your safety and joy in Christ. Finding joy in Christ needs the right mind set. You need to set your mind on Christ to find true joy in Him.

The joy that Paul writes about is not an emotional state because emotions will leave you after a while. The joy that Paul is talking about is the joy that makes you look up not down it’s a consistent state of joy. As I mentioned earlier Paul writes with humility not putting himself above these Christians. True joy is being humble. Submitting our minds and humbling ourselves to the revelation God has given us in His teaching.

Why do I say this? Listen to what Jesus told His disciples in John 15:11”These things I have spoken to you, that My joy may remain in you, and that your joy may be full. This is my commandment, that you love one another as I have loved you”. It says if you love one another as I have loved you, you will have my joy in you. It’s to have the same mind as Christ to see others more important than you. As Paul saw the Philippian church as his crown we find true joy in the things that Christ find joy in. Well that’s what Paul wants us to see, it is to give up your preferences and your selfish demands and practice humility in your relationships and you will find true joy in those relationships which ultimately is the relationship with Christ. To be humble in your relationship to Christ means that you will trust and obey Him and that you will submit to what He has planned for you. You will find joy in this because you know He is in control. This is way he wrote to the church asking his joke fellow to help specifically the two ladies get to this point. You will gain more true joy being humble than being selfish.

Joy is not inward, downward look it’s an outward and an upward look. It’s looking to Christ changing your mind in how you think of life through the lenses of Christ.  AW Towzer said: “What comes into your mind when we think about God is the most important thing about us. Knowledge of God is the key to rejoicing in Him”.

Paul was able to write this letter even in a rotten prison cell because he knew where his true joy came from. It was not in his surroundings, his status or his possessions no it was in Christ. Our true joy should also be in what we have in Christ. Our knowledge of Christ should give us joy in life. This refers back to our minds and what we fill it with. Why does God delight in His Son? It’s because He knows who He is. Do we know who Christ is?

What do we have in Christ? We have a perfect advocate; we have everlasting life because our biggest problem has been taken care of. God works everything together for our good Rom 8:28. Paul then says that they should rejoice in the Lord always. All our joy should terminate in God. All our thoughts of God should be delightful thoughts. Listen to what the Psalmist say (Psalm 37:4 “Delight yourself also in the Lord, And He shall give you the desires of your heart”, Psalm 94:19 “In the multitude of my anxieties within me, Your comforts delight my soul”. Our joy should come from the Lord.

He repeats himself meaning it is an important thing to rejoice in the Lord. It’s important because without Him and the work He did for us through His Son we will not have any true joy if we do not find our joy in the Lord. Our joy comes from Him through His grace. He comforts us, He helps us in need, He saved us from eternal suffering, and He gives us life every day. We need to change our minds by knowing more about Christ and humbling ourselves in Him that we can have true joy.

Now that we have seen what real joy is let us look at the Rival of joy.

v  Rival of joy.

You might think that sorrow or grief is the biggest enemy to joy, but it’s not, its anxiety. After Paul says be joyful he says in v6: “do not be anxious about anything”. Paul says that if you want to find joy you should not be anxious, but rather give the things that makes you anxious to God through prayer and let Him look after you and then you will have true joy in your heart through Christ Jesus. A puritan wrote and said: “There can be no greater spiritual stability that the confidence that the Lord is near. Joy is not a feeling it’s a deep down confidence that God is in control of everything” that’s why you do not have to be anxious and can have joy in your life. This we see in Matthew 6:25 Jesus tells His disciples “Therefore I say to you, do not worry about your life, what you will eat or what you will drink; nor about your body, what you will put on. Is not life more than food and the body more than clothing?”

Its anxiety that robs us from joy and what is anxiety other than fear. The prohibition/ proscription that Jesus gave more than any other in all His teachings was “Fear not”. We should draw back to the Father and have fellowship with Him, we should stay close to Him and thus to the source of joy. We should remind ourselves what the Father and Christ had done for us and so remind ourselves where our strength lies and where the source of joy is. We should fight this rival of joy with spending time with God, His word and the people of God. We should spend time in prayer and have faith in God to be our ambassador of joy.

Now that we know what the rival of joy is, how can we recover it when the rival robbed us from joy? This brings us to our third point.

v  Recovery of joy.

The word rejoices that Paul uses here is to have confidence in Christ Jesus, His overcoming or His triumph over death. Paul writes this saying that he expects Christians to be joyful. As we have seen in the previous point he wants his readers and us to fight for joy. When we lose it we should fight back and find triumph over the rival of joy to get it back. The most basic method is to focus our attention on the source of our joy. The source of our joy as we have seen is in Christ because He is the victor of death. We should compare what we have in Christ to the rival of joy which is anxiety so that we can recover our joy. What do we have in Christ? Everlasting life. This should give us even more reason to be joyful. I am not saying that God is not happy if we are not happy, no, He wants us to find our joy in Him and thus we will glorify Him and that will make Him satisfied and we will be filled with joy.

When we get your joy back by focusing on the source how do we stay joyful point four?

v  Remaining in joy.

How do we remain joyful? As I mentioned the church in Philippi is the same church as in Acts 16. What happens in chapter 16 specifically from verse 16-25? Paul and Silas help a slave girl that was demon possessed to be cleansed. Her masters were angry because now she was freed from these spirits and could not make money for them, so they grabbed Paul and Silas and through them in prison. In verse 25 it says they sang and prayed to God. What happened next was an earth quake and their bonds fell off, but through all of this the keeper of the prison and his whole family got saved. This prison guard was the part of Paul’s crown. The key to this true joy is in the source in what you find joy in. Can you see what Paul and Silas did? They kept their joy in the Lord not in their circumstances. They took up their cross they prayed and sang to God while they were in prison. The Lord Jesus Christ is this joy and it’s not a sometimes experience, it’s an everlasting experience. Why? Because if Christ is within us and we are in Him it’s a permanent relationship and permanent joy in Him. “Even if a Christian cannot rejoice in his circumstances or pain or grief they can always rejoice in Christ and what He has done for them”. It’s not that you will find joy in the illness you get or the broken relationship you experience or the death of a loved one. It’s the thought of who you are in Christ that is the joy. It’s why Paul told the church to have the same mind in Christ. We should have a different mind-set. Since He never leaves us or forsakes us, we can rejoice in Him always. It’s to have a different mindset and to look through the eternal lenses.

This is what Paul means when he says rejoice in the Lord always. He also says in Chapter 1:21 “To live is Christ and to die is gain”. We are who we are because of Him. This is how we remain joyful. We can always have joy because we have the reality that we are one with Christ and with this there are lots of perks and advantages.

Our citizenship in heaven helps us with this mind-set. He starts Chapter 4 with the word “Therefore”. Paul is saying that because we have a heavenly citizenship which we see in the closing verses of Chapter 3 we can stand fast in the Lord. We can stand fast in the Lord and find joy in Him because we have His assurance. The first thing that I was thought when I’m overseas was to find the South-African embassy when I find myself in trouble. Why? Because I would be able to find safety there not because of who I am but because of the papers I hold I’m a South-African citizen. In the same way Paul says that we are citizens of heaven. We also can find refuge in the Lord as we are in a foreign country when we run to Him. He knew that the Philippians church would understand this because they were a province of Rome and had all the privileges that the citizens of Rome had. Graciously we can have more faith in our heavenly embassy than our earthly embassy.

Now that we can remain in joy what should this look like and why should we reveal joy which is our last point?

v  Revelation of Joy.

The word “rejoice” that Paul uses here is a verb. A verb describes action or a state of being. This means it describes a person’s character. They can be named by it. We need to look at what this joy should reveal in our lives and why we should be identified as joyful. He answers the church in how they should walk and look like. We need to focus on the heavenly treasures that we have as Paul reminds us in the closing verses of Chapter 3. We should focus on our inheritance in Christ and on our citizenship in heaven. We are permanent residence on earth, but our citizenship is in heaven. This means that we cannot do certain things on earth as we are citizens of heaven (use voting as an example). We cannot have a heavenly passport, but sound like we are citizens of earth.

What we see in v5-6 describes what we should look like to the world because of our citizenship. The character of a Christian should not be marked by being miserable, being stubborn or anxious. We all have bad days, but you will not be characterized by this characteristic of being without joy. Christians should be the most joyful people alive because they have much to be joyful about.

V5: Let your gentleness be known to all men. The Lord is at hand”. A joyless person can never be a gentle person. Our gentleness should be known to all people. Not just the people at the church, all people. The word gentleness means being kind and careful. The ESV says reasonableness. It’s to reason in a gentle way. The same word gets translated in other New Testament texts as forbearance and the definition of forbearance is – tolerance, patience, endurance, and leniency. Forbearance is a form of repayment relief granted by the creditor in lieu of forcing a property in foreclosure. What does this remind us of? It reminds us of the work of Christ. He is kind, He is patient with us, He endured the cross for us and He was lenient to pay our penalty for our sins. Thus we should resemble Christ if we want people to identify us as joyful people. Paul mentioned these two ladies and their lack of thinking in the right way and in doing so hurting the gospel. We must in return be gentle and reasonable in our dealings so that we will not hurt the gospel, but be ambassadors of the gospel.

V6: Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God”. “Anxiety and Prayer are more opposed to each other than fire and water”.We should not be identified as being anxious worrisome about anything. In the Hebrew expository dictionary anxious is substituted with care and the description that is given is to be drawn in a different direction. Anxiety draws us away from Christ. It’s not too being anxious about something and to hold on to Christ so that He will draw you in a different direction than to be anxious. Again we can rejoice in this fact to know that Christ will turn our attention away from being anxious. To reveal the joy in your life is to trust in God and in have faith in Christ so that your life can reveal what He has done for you. This revelation of joy is necessary for people to see Christ in you and in doing this we are able to share the gospel with them and give them joy as well.

How do we do this? We should do this prayerfully and with thanksgiving. We can find joy in prayer because to bring everything to the Lord in prayer we know that we can trust in Him to help us keep our joy. Someone that takes everything to the Lord in prayer resembles a joyful person because he will rest in the Lord and thus have joy in the Lord. He will also not be anxious because of his trust in the Lord.

v  Closing

Look at V7: Read: ”and the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus. Guard us from what? This peace in God will guard our hearts agents anxiety as we have seen the rival of joy is, it will help us to recover joy when we lose it, it will help us to remain in joy in any circumstance and it will help us to reveal the joy in our hearts so that we can show the world who He is.

He then says all this peace that will help us guard our hearts will be through Christ Jesus. Why? When we find our joy in Christ our joy will be guarded through Christ. It’s because of what He had done for us. We do not have to be anxious, but we can rejoice because we do not have to rely on ourselves to earn our citizenship in heaven and to get our joy. This is only possible through the work Christ did for us. He died on the cross, He was buried and He rose again. We need to make sure our mindset is right and our spirits are humble to His word so that we can have joy in Him.


Let’s look up and find our true joy in Christ. “You only have true joy before death if you are sure to have happiness after death”. 

Message by Tommie van der Walt – Vaal Triangle Reformed Baptist Church (Three Rivers) – Sunday 02 November 2014