“Openbaring Ontsluit - 04” (Briewe aan Sewe Gemeentes - Efese) [1]
Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
In hoofstukke 2 en 3 vind ons briewe wat Johannes aan sewe gemeentes in Klein-Asië geskryf het, nadat Jesus Christus dit aan hom gedikteer het. Hierdie gemeentes aan wie Johannes sy groetewoord rig, was Efese (2:1-7), Smirna (2:8-11), Pergamum (2:12-17), Tiatira (2:18-29), Sardis (3:1-6), Filadelfia (3:7-13) en Laodisea (3:14-22). Hierdie was werklike gemeentes wat bestaan het in die tyd wat Johannes hierdie apokalips ontvang het. Ook het die toestande t.o.v. van die gemeentes, soos beskryf in Openbaring, werklik in daardie spesifieke gemeentes geheers.
Hierdie toestande wat geheers het in hierdie sewe gemeentes, is dan ook realiteite wat in die kerk in die breë vandag nog voorkom. Elke gemeente ervaar dus op een of ander stadium van haar lewe, een of meer van hierdie toestande. Elke gemeente ervaar dus van tyd tot tyd (oor korter en soms langer stadiums) dinge wat prysenswaardig is; of afkeurenswaardig is; of dinge wat verbetering en/of verandering benodig.
Al was hierdie briewe dus oorspronklik vir sewe spesifieke gemeentes bedoel, dien dit vandag nog as bloudruk vir die kerk van ons dag, waaraan ons onsself moet meet. Ons as gemeente en die kerk in die algemeen moet haarself dus voortdurend aan al sewe hierdie briewe meet.
Ons vind ’n algemene patroon in die struktuur van elk van hierdie sewe briewe:
· Elke brief is deur Christus aan ’n spesifieke gemeente gerig.
· Elke brief stel die Hoof van die plaaslike gemeente (Christus) voor as ’n spesifieke karakter, of beeld.
· Elke brief onthul ondubbelsinnig dat Christus oor volkome kennis beskik t.o.v. die toestand van daardie spesifieke gemeente.
· Met die uitsondering van een gemeente, ontvang elke gemeente een of meer lofuitinge.
· Met die uitsondering van twee gemeentes, ontvang elke gemeentekritiek oor een of meer situasie(s) wat in die gemeente bestaan.
· Elke gemeente ontvang ten minste ’n vermaning.
· Elke gemeente ontvang een of ander belofte t.o.v. getrouheid.
Kom ons kyk net eers na ’n kort opsomming van die struktuur van die briewe wat na die sewe gemeentes gestuur is - l.w.: elkeen van hierdie sewe briewe het oor presies dieselfde struktuur beskik - hierna sal ons na elkeen van die sewe gemeentes, individueel kyk:
DIE SEWE GEMEENTES IN KLEIN-ASIË
Die Geadresseerde Gemeente
Beeld van Christus
Christus se Aanprysing
Christus se Bestraffing
Christus se Raad
Christus se Belofte
2. DIE GEMEENTE IN EFESE (2:1-7):
· Die Geadresseerde Gemeente:
Openb.2:1a (O.A.V.) ~ Skryf aan die engel van die gemeente in Efese, of volgens die N.A.V. ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Efese. Hierdie brief word direk gerig aan die engel of die leraar van die gemeente in Efese.
Hierdie gemeente is in ongeveer 60-63 n.C. deur Paulus gestig en “gevoed” (Hand.18:19-21; 19:1; 20:16-38). Hierdie brief uit Patmos word dus so kort as 35 jaar na die stigting van die gemeente aan hulle gestuur.
Hierdie was ’n gemeente wat in ’n uiters bevoorregte posisie verkeer het – die “grootte Apostel Paulus” het hierdie gemeente begin en die eerste groep gemeentelede het aan Paulus se voete gesit! Voorgangers van statuur het daar bedien en gedien en gehelp om die fondasie van hierdie gemeente te lê – mense soos Akwila (Hand.18:19,26), Apollos (18:24-28) en Timoteus (1Tim.1:3) – Dink jou in: Jy sit aan hierdie formidabele manne se voete om van die Woord te leer! En asof dit nie genoeg is nie, ontvang hierdie gemeente ook nog Paulus se eerste brief wat hy vanuit die tronk geskryf het (ongeveer 60 n.C. - Ef.1:1).
Ons het dus hier te doen met ’n gemeente waarvan die fondasies baie deeglik in die Woord gelê is. Dit is verder ’n gemeente wat in ’n ryk, bekende en vooruitstrewende stad geleë was – ’n stad wat bekend was vir sy handel, maar ook vir die Tempel van Diana (Hand.19:23-27). Met soveel weelde en oorvloed is korrupsie en sonde, natuurlik ook dikwels die natuurlike gevolg.
· Die Beeld van Christus:
Openb.2:1b ~ So sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe rondgaan. Hier word twee dinge t.o.v. Christus gesê. Eerstens word gesê dat Hy “die sewe sterre in Sy regterhand vashou” Met hierdie bekendstelling, onthul Christus Homself as die Hoof van die Kerk en as Hoof resorteer die beheer en regering van die Kerk onder Hom. Die sterre of die Kerkleiers staan dus onder Sy leiding en beheer. Kerkleiers moet altyd hiervan bewus wees, want heeltemal te veel kerkleiers tree deesdae op, asof gemeentes onder hulle direkte beheer staan – so asof hulle die soewereine leiers van die gemeente is. Hulle gebruik en misbruik die finansies van die gemeente asof dit hulle s’n is en selfs gemeentes wat onder sy bediening geplant word, bly staan onder sy diktatuur. Niemand mag sy optrede in twyfel trek nie, want hy is nie verantwoording verskuldig aan enige iemand nie.
Die regterhand word gewoonlik beskou as ’n hand van krag ~ Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou (Jes.41:10). Die Here Jesus regeer dus Sy kerk met ’n ferm hand. Hy gee dan ook aan die Kerk ’n vaste fondasie in die vorm van die Woord van God. Aan die hand van hierdie fondasie moet die Kerk dan ook regeer word en daarom het geen leier absolute mag of beheer oor die gemeente nie en geeneen het die reg om die Kerk buite die mandaat van die Woord te lei nie. Alle leiers en lidmate staan dus onder die leiding van Jesus Christus – Hy is die Opperherder.
Voorgangers van gemeentes word derhalwe deur Christus geroep, toegerus en gestuur. Voorgangers staan dus onder Christus se gesag en leiding. Die Kerk moet voorgangers dus sien as sondige mense, maar toegerus, geroep en verhef bo die ander lidmate in die gemeente en wel op grond van die feit dat hulle in Sy regterhand vashou.
Tweedens, Christus gaan rond tussen die sewe goue lampe – dit beteken dus dat Christus intens betrokke is by al (sewe) Sy gemeentes (Openb.1:20) – selfs by die gemeentes se alledaagse doen en late. Waar Sy kinders ook al byeen is, is Hy teenwoordig – daarom dat daar in Matt.18:20 staan ~ ...want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. Waarom is Hy so intens teenwoordig en betrokke? Om Sy kinders te lei en te seën. Christus is dus voorwaar alomteenwoordig en almagtig en daarom ontglip geen enkele aktiwiteit of motief, Sy aandag nie. Hierdie wete laat ’n mens sidder en noop ’n mens dus om toe te sien dat jou leer (“doctrine”) en optrede altyd sal getuig van suiwerheid en gehoorsaamheid aan die Woord. Aan die anderkant egter, behoort dit alle gelowiges wat in die Waarheid wandel, te bemoedig en te vertroos, omdat hulle weet dat die Trooster altyd in hulle midde is.
· Christus se Aanprysing:
Openb.2:2-3 ~ Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is. 3 Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. Verskeie dinge in die gemeente in Efese was prysenswaardig in die oë van die Here. Eerstens, was hulle ywer. Hierdie was nie ’n gemeente vol luiaards en toeskouers, wat alles aan die ouderlinge en diakens of leierskap oorgelaat het om te doen nie. Elkeen het presies geweet wat van hom of haar verwag is en watter rol hulle moes vervul en hulle het dit ook met ywer gedoen en waarskynlik met die minimum toesig. Hierdie was ’n deug wat baie tyd en energie gevra het en die alwyse Christus het dit raakgesien, soos wat Hy ook al ons deugde (of passiwiteit?) raaksien.
Tweedens het Christus hulle geprys vir die feit dat hulle stewig gegrond was in die Woord en hulle leer (“doctrine”) en die feit dit hulle gedissiplineerd was. Hierdie eienskappe was gekenmerk deur hulle onverdraagsaamheid jeens boosaards, slegte mense en bedrieërs. Dit is interessant om te sien en te besef dat elke era, sy eie kwota bedrieërs en dwaalleraars oplewer, maar tydens elkeen van hierdie eras, is daar nie baie gelowiges wat hierdie boosaards ontbloot en teëstaan nie. Die vraag is waarom die ander ses gemeentes, maar ook mense in ons tyd, nie altyd kans sien om boosaards te ontbloot en teë te staan nie? Waarskynlik die grootste en belangrikste rede hiervoor, is ’n vrees vir mense en wanneer jy mense vrees, vrees jy God baie minder en dit is sonde. Tot sy krediet, het die gemeente in Efese God meer gevrees as mense en daarom het hulle opgetree teen hierdie boosaards.
Hierdie gemeente in Efese het leerstellig korrek opgetree en het vals leer geïdentifiseer en het geweier om gemeenskap met mense te hê wat immoreel was – ons sien dit in hulle afsku wat hulle in die Nikolaïete gehad het (2:6). Dit is dus duidelik dat die lering wat die grondleggers van die gemeente gelê het, ter harte geneem is deur die lidmate en dat hulle dit nie net by kop kennis laat bly het nie, maar dat hulle dit in die praktyk toe gepas het.
Derdens, was Christus ook beïndruk met die gemeente se geduld. Ons het hier te doen met ’n gemeente wat oënskynlik alles denkbaar beleef het, wat ’n gemeente maar kon beleef, en nogtans was hulle geduldig. Te midde van teëkanting en vervolging en verguising en blootstelling aan vals leer, was hulle nogtans geduldig. En hierdie geduld, onder hierdie omstandighede was welgevallig in die oë van die Here.
· Christus se Bestraffing:
Openb.2:4 ~ Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Hier vind ons ongelukkig ’n hartseer kant by die suksesverhaal van die gemeente in Efese – hulle het Christus nie meer so lief soos in die begin nie! Dit is dus amper so asof die Efesiërs al die regte dinge gedoen het, soos wat hulle geleer is, maar hulle harte was nie meer daar in nie – hulle harte het koud geword.
Wat was die redes hiervoor? Was dit die gejaagdheid in hierdie belangrike handelstad? Wat die rede(s) ook al hiervoor was, daar is altyd bepaalde tekens wat daarop dui dat ons liefde vir Christus getaan het:
- Minder aandag en tyd word spandeer aan oordenking van God en Sy Woord.
- Minder vervulling word geput uit God se Woord; die prediking; gebed; die Nagmaal; evangelisasie; Christus gefokusde gemeenskap met ander heiliges; die gee van “tiendes” en ander offergawes.
- Gewilligheid om betrokke te wees by teregwysing van andere oor sonde in hul lewe, of ’n gebrek aan gewilligheid om te getuig.
- Gee nie om as verhoudinge taan nie en het ook nie motivering om versoening na te jaag nie.
- Jy weerstaan die oortuigingswerk van die Heilige Gees as jy gesondig het en/of jy onderdruk enige skuldgevoelens oor sonde.
- Jy put meer geluk by die wêreld en uit wêreldse geluk, as uit die geestelike.
- Die leiding van die Heilige Gees maak al minder en minder sin vir jou en jy sukkel al meer en meer om God se wil in en vir jou lewe raak te sien.
- Jou begeerte om God te verheerlik in en deur jou ganse lewe, is nie meer ’n prioriteit nie.
Die gevaar is dat ons baie toegewyd in ons godsdienstige lewe en diensbaarheid kan wees, maar dit gepaard kan gaan met al minder en minder liefde vir God – Hy teenoor en aan wie hierdie toewyding en diensbaarheid gemaak en gerig moet word – daarom kan selfs leerstellig korrekte gemeentes louwarm en selfs koud wees, want leerstellinge, konstitusies ens. alleen, verskaf nie immuniteit teen ’n verval in ons liefde vir Christus nie.
Geestelike veiligheid en stabiliteit lê opgesluit in ’n Bybelse en stewige teologie wat gegrondves is in ’n opregte liefde vir Christus. Leerstellinge en Godsvrug ontspring dus uit ’n diep en opregte liefde vir Christus Jesus.
En wat waar is van individue, is net so waar van die Liggaam van Christus – die plaaslike gemeente. Een van die grootste redes wat lei tot ’n gemeente se afname in haar liefde vir Christus, is o.a. wanneer die prediking nie meer sonde aanspreek nie en wanneer sonde onder lidmate nie meer aangespreek word nie – en lg. is nie net die werk van die leierskap nie, maar elke lidmaat het ’n verantwoordelikheid wat dit aan betref.
’n Gemeente moet veral ook bedag wees op hulle liefde vir Christus, wanneer daar baie wisseling in lidmate plaasvind, want so ’n metamorfose het tot gevolg dat nuwe lidmate baie maklik nie dieselfde getrouheid en toewyding en liefde teenoor Christus openbaar en uitleef nie en daarom moet hulle deeglik deur medelidmate en die leierskap begelei word wat hierdie fasette betref.
· Christus se Raad:
Openb.2:5-6 ~ Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat! 6 Maar dít het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku.
Hierdie verse verskaf soveel sekuriteit aan ons as gelowiges, want hier kan ons weereens sien dat God ons nooit alleen laat met ons tekortkominge en ons probleme nie. Drie geneesmiddele of oplossings word vir die Efesiërs voorgeskryf, nl.: Oordenking; Berou en Belydenis en Bekering.
Oordenking gaan daaroor dat ons dit wat goed was en dit waaroor ons beskik het, weer in herinnering sal roep. Berou beteken om die wortel van ons louheid te identifiseer en dit te bely as sonde en dit neer te lê. En bekering beteken om alles weer in die stryd te werp om my liefde vir Christus te herstel – en hoe doen ek dit? Deur bg. lys van agt dinge om te skakel in positiewes, m.a.w. om byvoorbeeld weer my volle toewyding en aandag te skenk aan my “stiltetyd” (sien probleem # 1 hierbo), ens.
Christus waarsku ons dat indien daar nie berou en bekering is nie, word die voortbestaan van die gemeente bedreig. Enige vorm van sonde (hoe gering ook al) moet dus met wortel en tak uitgeroei word – indien die gemeente dus vir jou belangrik is, sál jy alles in die stryd werp om sonde onder gemeentelede (beginnende by jouself natuurlik) met wortel en tak uit te roei.
· Christus se Belofte:
Openb.2:7 ~ Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is. 1Kor.2:14 sê ~ Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Indien die geadresseerdes (en onthou dit sluit ons in) dan wederbaar is, het die Gees van God en daarom moet ons luister na die teregwysing deur die Gees t.o.v. ons liefde (individueel en korporatief) vir Christus.
Die hoop op oorwinning oor hierdie probleem lê vir ons opgesluit in die woorde van 1Joh.5:4-5 sê ~ ...want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. 5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? As ons dus gehoorsaam is en oorwinning behaal, sal ons te ete (kry) van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.
[1] Bybelstudiereeks deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 14 Junie 2009
Monday, June 15, 2009
Boodskap deur Kobus van der Walt (14 Junie 2009)
“Die Boodskap van die Kruis en van Redding - 05” (Die Groot Versoendag) [1]
Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. SKRIFLESING:
Lev.16:1-34 ~ Aäron se twee seuns het gesterf toe hulle ’n offer aan die Here wou bring, en na aanleiding daarvan het die Here vir Moses ’n opdrag gegee. 2 Hy het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron hy mag nooit sommer in die heiligdom agter die voorhangsel ingaan na die deksel van die verbondsark toe nie. Ek verskyn telkens in ’n wolk bokant die deksel van die ark en as Aäron sommer ingaan, sal hy sterwe. 3 Voordat hy in die Allerheiligste ingaan, moet hy ’n jong bul as sondeoffer bring en ’n ram as brandoffer. 4 Verder moet hy die gewyde klere van ’n gewone priester aanhê oor ’n broek en hy moet ’n serp om sy lyf en ’n tulband op sy kop hê. Dit moet alles gewyde linneklere wees. Hy moet hom was voor hy dit aantrek. 5Van die gemeente Israel moet hy twee bokramme as sondeoffer kry en een skaapram as brandoffer. 6 Hy offer dan eers die bul wat vir homself bedoel is as sondeoffer, sodat hy versoening kan doen vir homself en al die priesters. 7 Daarna bring hy die twee bokke na die ingang van die tent van ontmoeting toe in die teenwoordigheid van die Here. 8 Hier moet Aäron lootjies trek oor die bokke. Die een lootjie moet gemerk wees ‘vir die Here’ en die ander een ‘vir Asasel’. 9 Aäron moet die bok wat vir die Here geloot word, as ’n sondeoffer offer. 10 Die bok wat vir Asasel geloot is, moet bly lewe. Die bok moet in die teenwoordigheid van die Here bly staan sodat Aäron die versoeningshandeling daarop kan verrig, en daarna moet die bok die woestyn in gestuur word vir Asasel. 11 “Wanneer Aäron die sondeofferbul offer wat vir homself bedoel is en waarmee hy vir hom en al die priesters versoening doen, moet hy die bul slag 12 en moet hy ’n vuurpan vol maak met gloeiende kole van die altaar af wat in die teenwoordigheid van die Here staan. Aäron moet ook ’n dubbele handvol fyngestampte wierook vat en daarmee agter die voorhangsel ingaan. 13 Daar in die teenwoordigheid van die Here moet hy dan die wierook op die kole gooi sodat dit ’n rookwolk maak wat die deksel van die ark bedek waarin die getuienis is. Dan sal hy nie sterf nie. 14 Hy moet daarna van die bloed van die bul met sy vinger sprinkel op die deksel se voorkant en dan ook nog sewe maal op die grond voor die deksel. 15 Wanneer Aäron die bokram slag wat as sondeoffer vir die volk bedoel is, moet hy met die bloed agter die voorhangsel ingaan en daarmee doen soos hy gedoen het met die bul se bloed. Hy moet dit sprinkel op die deksel en voor die deksel. 16 So moet hy die Allerheiligste reinig van die onreinhede van die Israeliete, van hulle oortredinge en al hulle sondes. Hy moet die tent van ontmoeting ook op dieselfde manier reinig, want dit staan by die volk met al hulle onreinheid. 17 Niemand anders mag in die tent van ontmoeting wees vandat Aäron ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitgaan nie: hy doen versoening vir homself, die priesters en die hele gemeente Israel. 18 Daarna moet Aäron uitgaan na die altaar toe in die teenwoordigheid van die Here en dit reinig: hy moet van die bloed van die bul en die bokram rondom al die horings van die altaar smeer 19 en met sy vinger van die bloed sewe keer op die altaar sprinkel. So moet hy die altaar reinig van die onreinheid van die Israeliete en dit wy. 20 “Nadat Aäron die Allerheiligste, die tent van ontmoeting en die altaar gereinig het, moet hy die lewende bok nader bring. 21 Terwyl hy dan sy twee hande op die kop van die bok lê, moet hy ál die oortredinge en opstandigheid, al die sondes van die Israeliete daar bo-oor die bok bely. Sodoende sal hy die sonde op die kop van die bok oordra. Iemand wat beskikbaar is, moet dan die bok die woestyn injaag. 22 So sal die bok al hulle sonde met hom saamdra na ’n onherbergsame streek toe en daar in die woestyn moet hy agtergelaat word. 23 “Aäron moet dan in die tent van ontmoeting ingaan en sy linneklere waarmee hy in die Allerheiligste ingegaan het, uittrek en dit daar neersit. 24 Hy moet hom op ’n gewyde plek gaan was en sy hoëpriesterlike klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en die brandoffer vir die versoening van sy eie sonde bring, asook die brandoffer vir die versoening van die sonde van die volk. 25 Hy moet ook die vet van die sondeoffer op die altaar verbrand. 26 Die man wat die bok na Asasel toe gejaag het, moet sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom. 27 Die sondeofferbul en die sondeofferbok waarvan die bloed gebruik is om versoening te doen in die Allerheiligste, moet buite die kampplek verbrand word, velle, vleis, pensmis en al. 28 Die man wat dit verbrand het, moet eers sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom. 29 Julle moet dit as ’n vaste instelling handhaaf dat julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge wat by julle woon, moet vas en alle werk moet staak op die tiende dag van die sewende maand, 30 want op dié dag moet daar vir julle versoening gedoen word sodat julle rein kan wees. Julle moet in die teenwoordigheid van die Here gereinig word van al julle sonde. 31 Dit moet ’n plegtige rusdag wees, ’n dag waarop julle vas, ’n vaste instelling. 32 Die priester wat gesalf is en in die plek van sy vader as hoëpriester georden is, moet die versoening doen. Hy moet die gewyde linneklere aantrek, 33 die Allerheiligste, die tent van ontmoeting en die altaar reinig en versoening doen vir die priesters en die hele gemeente. 34 Die versoening vir die sonde van die Israeliete moet ’n vaste instelling wees. Dit moet elke jaar plaasvind.” Aäron het toe gedoen wat die Here vir Moses beveel het.
2. INLEIDING:
Ons lees hier van die instelling van die Groot Versoendag – daardie dag waarop die Hoë Priester versoening bewerkstellig het tussen die heilige God en die sondige volk Israel. Hierdie was dan ook ’n dag van geweldige belang vir die volk en dit het een keer per jaar plaasgevind en wel op die tiende dag van die sewende maand.
Die Hoë Priester het op hierdie dag spesiale klere aangetrek en het baie deeglik voorbereidings getref vir die gebeure van die dag – dit alles dui dus op die geweldige belangrikheid van hierdie dag – die Groot Versoendag. Die hele gemeenskap moes hierdie dag gedenk, deur o.a. te vas en nie te werk nie.
Hier in Lev.16 word die besonderhede van hierdie dag in fyn besonderhede aan die Hoë Priester, sowel as die volk deurgegee. In verse 1-2 begin die voorskrifte met ’n plegtige en eerbiedwekkende waarskuwing. In verse 3-5 word gedetailleerde opdragte aan die Hoë Priester gegee. In verse 6-10 ’n bondige opsomming van die prosedure en in verse 11-28 word daar uitgebreide besonderhede gegee t.o.v. die seremonie self en in verse 29-34 word opdragte aan die volk gegee.
3. DIE HEILIGHEID VAN GOD:
Reg uit die staanspoor van Levitikus, word die Israeliete daarop gewys dat God ’n heilige God is en dat die offerandes met die uiterste omsigtigheid hanteer moet word. Elke element en faset van hierdie dag met al sy rituele, dui daarop dat Israel hier te doen het met ’n ontsagwekkende- en heilige God. Sy teenwoordigheid (in die vorm van die verbondsark) moet met uitermatige versigtigheid genader word en daar moet heel eerste, nadat daar in Sy teenwoordigheid gekom is, versoening vir
die Hoë Priester en die ander priesters se sonde gedoen word, bloot net omdat hulle sondige teenwoordigheid, God besoedel het.
· Om die volk deeglik bewus te maak van God se heiligheid, waarsku Hy die volk, deurdat Aäron se twee seuns, Nadab en Abihu sterf, omdat hulle op onwaardige wyse offers aan God gebring het. Lev.10:1-2 beskryf dit ~ Nadab en Abihu, seuns van Aäron, het elkeen sy vuurpan gevat en gloeiende kole daarin gesit. Hulle het wierook daaroor gegooi en dit vir die Here aangebied. Dit was egter ongeoorloofde vuur omdat dit teen die bevel van die Here was. 2 ’n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here.
· Aäron word ook deeglik ingelig oor hoe hy homself moet voorberei vir hierdie belangrike taak as Hoë Priester en hy kon onder geen omstandighede op ’n ander wyse in die teenwoordigheid van God gekom het nie – Hy moes dus hierdie voorskrifte, nougeset nakom, anders kon dieselfde lot wat sy twee seuns getref het, hom ook tref. Op hierdie Groot Versoendag moes hy sy pragtige Hoë Priesterlike drag (soos beskryf in Eks.28), verruil vir ’n eenvoudige linne uitrusting (v.4). Die doel met hierdie eenvoudige uitrusting was juis om die Hoë Priester se nederigheid voor ’n heilige God te beklemtoon – die belangrike Hoë Priester is dus NIKS wanneer Hy in die teenwoordigheid van God verskyn.
Dit is verder interessant om in die Rabbynse geskrifte te sien, dat die Hoë Priester hierdie geleentheid waarop hy in die teenwoordigheid van God verskyn het, so belangrik geag het, dat hy vyf keer bad en sy hande en voete tien keer was, voor hy hierdie wit linnekleed aantrek. Algehele fisiese reinheid was dus vereis, voordat die Hoë Priester in die teenwoordigheid van die heilige God kon verskyn – op hierdie manier demonstreer die Hoë Priester, algehele innerlike reinheid, alvorens algehele geestelike reiniging vir die volk, by God verkry kon word.
Voor die Hoë Priester in die Allerheiligste kon ingaan, moes hy eers ’n sondeoffer (bring), sodat hy versoening (kon) doen vir homself en al die priesters. Aäron moes dus spesiale maatreëls tref, alvorens hy God in die Allerheiligste ontmoet het, want die God wie hy in die Allerheiligste sou moes ontmoet, is ’n God van absolute heiligheid en reinheid.
· Aäron moes homself voorberei vir die ontmoeting, maar hy moes ook al die items voorberei, wat nodig was vir die seremonie. So het hy bv. ’n bul nodig gehad vir ’n offer vir sy eie sonde ens. (sien v.5-24). En die klimaks van hierdie offerandes, was die vrylating van die “sondebok” in die woestyn, nadat die Hoë Priester die sonde van die volk, simbolies op die kop van hierdie “sondebok” geplaas het.
· Steeds was die seremonie nie oor nie, want Aäron moes nog in die Allerheiligste ingaan (slegs hierdie een keer per jaar). Die Hoë Priester moes hierdie plek, waar God gekies het om teenwoordig te wees, met die uiterste versigtigheid en eerbied binnegaan en daarom moes hy ’n vuurpan vol maak met gloeiende kole van die altaar af wat in die teenwoordigheid van die Here staan. (En hy moes) ook ’n dubbele handvol fyngestampte wierook op die kole gooi sodat dit ’n rookwolk maak wat die deksel van die ark bedek (v.12-13). Hierdie rookwolk was nodig ten einde die Hoë Priester te beskerm, omdat die Israeliete geweet het dat hulle God nooit van aangesig tot aangesig mag sien nie. Hierdie rook het dus verseker dat God se heiligheid draaglik kon wees vir ’n sondige Hoë Priester. Weereens kry ons ’n baie duidelike indruk van die heiligheid van God.
Die volk het begin besef dat hierdie beskerming teen God, nodig was omdat hulle hierdie heilige God deur hulle sondige optrede, ernstig aanstoot gegee het en dat hierdie sonde van hulle nie maar net geïgnoreer kan word nie, omdat dit nog verder aanstoot sou gee teen God se karakter en daarom moes die oortredinge verwyder word. Dit sal nie maar sommer net verdwyn nie – dit moet verwýder word. Maar wat was hierdie oortredinge wat op hierdie Groot Versoendag, deur hierdie spesiale seremonies verwyder moes word?
4. DIE VERWYDERENDE AARD VAN SONDE:
Ons moet besef dat sonde baie kompleks is en dat geen enkele woord, die volle omvang daarvan kan beskryf nie. In Lev.16 word daar vier woorde gebruik om die mens se oortredings teen God te beskryf, nl.: onreinheid (Lev.16:16); rebellie (Lev.16:16, 21); boosheid (Lev.16:21-22) en ongeregtigheid (Lev.16:16,21,30,34). Kom ons kyk net kortliks na elkeen van hierdie beskrywings:
· Sonde is Geestelike Besoedeling en Onreinheid: Deur die volk se sonde het hulle God se woonplek en Sy teenwoordigheid besoedel en daarom onrein gemaak – daarom moes die Hoë Priester die Allerheiligste, woonplek van God, eers reinig – ons sien dit in vers 16 ~ So moet hy die Allerheiligste reinig van die onreinhede van die Israeliete, van hulle oortredinge en al hulle sondes. Hy moet die tent van ontmoeting ook op dieselfde manier reinig, want dit staan by die volk met al hulle onreinheid.
· Sonde is Openlike Rebellie: Sonde is baie dikwels die optrede van mense wanneer hulle weet dat dit wat hulle doen verkeerd is en dít is niks anders as rebellie nie. Die volk Israel het wette gehad en hulle het dus elke keer geweet wanneer hulle die wette oortree – dit was dus openlike rebellie van hulle kant teen die God van die wet. Rebellie het dus tot gevolg dat die oortreders, willens en wetens en per keuse, skeiding bring tussen hulleself en God en derhalwe God se toorn (woede) teen hulle ontketen.
· Sonde is Bewustelike Boosheid: ’n Verdere beskrywing van sonde word vir ons in verse 21-22 gegee, nl. “boosheid” (N.A.V.= “ongeregtighede” – Hebreeus= “aw-vone'”) en hierdie booshede word bewustelik gepleeg.
· Sonde is alle vorme van Ongeregtighede: Hierdie sonde is alle vorme van verkeerde optredes wat skeiding tussen God en mens bring.
Uit hierdie beskrywings van sonde is dit dus baie duidelik, dat sonde, niks anders is as geestelike besoedeling wat reiniging nodig het, ten einde weer enigsins in ’n verhouding met God te kan staan en dit bring ons by die noodsaak van versoening; van reiniging; van vergifnis.
5. KENMERKE VAN VERSOENING:
Dit is dus duidelik dat daar skeiding gekom het tussen God en Sy volk, omdat die volk self gekies het om in rebellie teen God te staan, deurdat hulle, hulself oorgegee het aan allerlei onreinhede, booshede en ongeregtighede. MAAR, weereens is God ’n genadige God en kom die inisiatief om versoening tussen Hom en die volk te bewerkstellig, van Sy kant. Hy beveel Moses om opdrag aan die Priesters te gee oor hoe daar versoening bewerkstellig kan word tussen Hom en hulle.
· Offerandes moes gebring word: Op hierdie stadium in die geskiedenis van Israel was daar vyf tipes offers gebring, nl. “Brandoffers” (Lev.1:1-17; 6:8-13) wat deel uitgemaak het van die volk se algemene aanbidding. Dan was daar die “Graanoffers” (Lev.2:1-16; 6:14-23) wat ’n uitdrukking van die verbondsooreenkoms tussen God en die volk was. Derdens het hulle die “Maaltyd- of vredeoffer” gehad (Lev.3:1-17; 6:11-21). Vierdens was daar die “sonde- of reinigingsoffers” (Lev.4:1-5; 6:24-30) wat gehandel het oor die volk se onopsetlike sonde. En laastens het hulle die “skuld- of voldoeningsoffers” gehad (Lev.5:14-6:7; 7:1-10).
Met die uitsondering van die Graanoffers, het al die ander offerandes, die slag van ’n dier en die rituele hantering van die bloed behels. Wat gewoonlik gebeur het, is dat die persoon of persone wat die offer bring, gewoonlik die tempel of die plek van aanbidding, genader het met die offerdier. Hierna het hulle hul hande op die dier se kop geplaas en hom dan geslag, waarna die Priester die bloed uitgegooi het of op allerlei voorwerpe gesprinkel het. Hierna is die offerdier voorberei en gebrand op die altaar, geëet en die oorblyfsel vernietig.
Presies net so moes die Hoë Priester op die Groot Versoendag doen, behalwe dat die Hoë Priester op hierdie dag, twee bokke moes kies vir die volk se sondeoffers. Net een moes geslag om geoffer te word, terwyl die ander een vrygelaat moes word in die woestyn, nadat die volk se sonde seremonieel op sy kop geplaas is.
Met hierdie offerandes is daar dus bloed gestort ten einde ’n einde te bring aan die volk se vleeslike lewe – bloed was dus die prys wat betaal moes word indien reiniging en vergifnis verkry moes word. Hier val die primêre fokus dus op die offerdier en sy bloed, eerder as op die persoon of persone wie vergewe word.
· Dit is Plaasvervangend van aard: Die doel met die bring van offerandes was dus om versoening te bewerkstellig vir dié een wat die offer bring. Die offerdier neem dus die plek van die sondige aanbidder en sterf as sy of haar plaasvervanger. Die persoon wat die offer bring moes dus sy hande op die kop van die offerdier lê voor die dier geslag word, ten einde sy sonde op simboliese wyse “oor te plaas” op die offerdier – op hierdie wyse word die offerdier die plaasvervanger en dra hy al die sonde en skuld van die persoon wat die offer gebring het – lg. staan dus skotvry voor God se oordele.
· Dit is Versoenend van aard: Ons sien dus dat die offerande wat die persoon bring, versoening tot gevolg het. U mag dalk die vraag vra: Wat is die werklike betekenis van versoening? Die woord versoening kom van die Hebreeuse woord "kaw-far" en daar lê drie betekenisse aan die wortel van hierdie woord. Eerstens is dit, “om iets te bedek”. Tweedens: “om iets af te koop" en derdens “om iets weg te vee” of “te reinig”. U sal saamstem dat enige een van hierdie drie, ’n aanvaarbare
vertaling sou kon wees, maar dit is waarskynlik die derde wat die mees waarskynlike is, nl. “om iets weg te vee” of “om iets te reinig”. Wanneer ons dus sê dat die offerande, versoenend van aard is, sê ons dus dat die offer wat gebring word, versoening en reiniging tot gevolg het vir die persoon wat die offer bring.
· Dit is Allesomvattend:
In die vierde plek is die offerande, allesomvattend. Die unieke ding t.o.v. die Groot Versoendag, was die ritueel rondom die “sondebok”. Ons lees in v.7 ~ Daarna bring hy die twee bokke na die ingang van die tent van ontmoeting toe in die teenwoordigheid van die Here. Met hierdie aksie is daar niks vreemds te vinde nie, maar wat hierop volg is geheel en al nuut en vreemd aan die Ou Testament tot dusver – v.8-10 ~ Hier moet Aäron lootjies trek oor die bokke. Die een lootjie moet gemerk wees ‘vir die Here’ en die ander een ‘vir Asasel’ (Net so terloops – Dit is glad nie seker wie of wat Asasel is nie – moontlik die satan self). 9 Aäron moet die bok wat vir die Here geloot word, as ’n sondeoffer offer. 10 Die bok wat vir Asasel geloot is, moet bly lewe. Die bok moet in die teenwoordigheid van die Here bly staan sodat Aäron die versoeningshandeling daarop kan verrig, en daarna moet die bok die woestyn in gestuur word vir Asasel. Ek dink dat u met my sal saamstem, dat die simboliek rondom hierdie gebeure glashelder is. Die allerheiligste is gereinig van die volk se sonde en die volk se sonde word nou deur die “sondebok” weggedra en wel so ver as moontlik van die kampplek van die Verbondsvolk van God, nl. die Israeliete en dit dra dus sonde terug na die wildernis wat gesien is as die blyplek van die demone.
Hierdie gebeure, is ’n pragtige teken van God se onmeetlike genade. Ps.103:11-12 is dan ook ’n weerspieëling van wat hier gebeur ~ ...want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. 12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. Iemand het eenkeer gesê dat God met hierdie handeling rondom die “sondebok”, vir die satan sê: Hier is al die sonde wat jy gefabriseer het. Jy kan dit weer kry, want dit het geen mag meer oor ons nie.
6. DIE EWIGE VERHEWENHEID VAN CHRISTUS:
Die rituele van die Groot Versoendag, het ’n volkome versoening vir die volk tot gevolg gehad, maar dit is slegs ’n skaduwee van die versoeningsdaad wat nog in die toekoms sou plaasvind.
Hierdie offerandes het heengewys na Een wat die volmaakte Hoë Priester sou word en wat in staat sou wees om ’n volmaakte offer vir almal te bring – Hy sou terselfdertyd die Lam vir die sondeoffer word, maar ook die “sondebok” wat die sonde van almal wat in Hom glo, weg sou neem en sodoende volmaakte en volkome versoening bring tussen God en mens en wel tot so ’n mate dat God die sondesmet van die mens vir die wie offer gebring is, nie meer raaksien nie. Natuurlik is hierdie volmaakte Hoë Priester en volmaakte Offerlam, Jesus Christus die Verlosser.
Jesus se bloed was dus ook gestort as soenoffer, net soos die sondeoffer van destyds, ten einde diegene wat in Hom glo se sonde “weg te vee” en te “reinig” (nes die “sondebok”). En soos die “sondebok”, het ook Jesus se kruisiging alle gelowiges se sonde weggeneem, dit is waarom 2Kor.5:21 sê ~ Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. En in die woorde van 1Pet.2:24 ~ Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. En Hebr.9:28 ~ So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. Hebr.13:12 sinspeel ook vir ons pragtig op die “sondebok” ~ Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig.
7. AFSLUITING:
Alhoewel hierdie ooreenkomste met die Groot Versoendag, vir ons help om die dood van Christus as soenoffer te verduidelik, is dit die kontras met die vroeëre offerandes wat vir ons die grootsheid van Christus beklemtoon. Waarom sê ek dit? Die Hoë Priester van destyds was steeds ’n sondige mens wat offerandes vir sy eie sonde moes bring, terwyl Jesus, vlekloos in sy volmaaktheid is en het daarom geen eie sondeoffer nodig gehad nie. Die ou offerstelsel kon mense dus seremonieel uiterlik gereinig het, maar kon niks doen aan hulle gewete nie, terwyl Christus se offer ook ons as sondaars se gewete reinig – Hebr.9:13-14 ~ Dit alles wys vooruit na die huidige tyd waarin offergawes en diereoffers gebring word wat nie vir dié een wat dit bring, ’n volkome skoon gewete kan gee nie. Wanneer die bloed van bokke en bulle en die as van ’n vers op die onreines gesprinkel word, maak dit hulle uiterlik rein. 14 Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer (sien ook Hebr.9:9).
Die feit dat ons gewetens nou ook gereinig is, het tot gevolg dat ons self, keer op keer, met vrymoedigheid tot God in die Allerheiligste kan gaan in gebed.
Die Groot Versoendag het die Israeliete gereinig van hul sonde – tot die volgende jaar, wanneer hulle sonde opnuut weer met die volgende Groot Versoendag, bely en hulle reiniging moes ontvang. Terwyl in en deur Jesus Christus is ons sonde eens en vir altyd weggeneem en is ons eens en vir altyd gereinig, omdat Jesus die volmaakte Offerlam was wat God die Vader se eis om reiniging en bekering volkome bevredig het – wat ’n wonderlike vrymakende feit!
[1]Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) op 14 Junie 2009

Monday, June 8, 2009
Bybelstudie oor Openbaring deur Kobus van der Walt - 07 Junie 2009
“Openbaring Ontsluit - 03” (Christus se Visie) [1]
Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING TOT DIE ONTVANGS VAN DIE BRIEF:
Ons gaan nou kyk na die volgende perikoop, nl. Open.1:9-20. Vers 9 ~ Ek, Johannes, is julle medegelowige, en deur ons verbondenheid met Jesus het ek saam met julle deel aan die verdrukking en aan die koninkryk en aan die volharding. Ek was op die eiland Patmos, waarheen ek verban was omdat ek die woord van God en die getuienis van Jesus verkondig het.
Die doel met hierdie sinsnede is dat Johannes sy lesers in Klein-Asië wil verseker dat hy met hulle en hul omstandighede identifiseer, daarom dat hy homself ook beskryf as beide hulle geestelike broer, maar ook vennoot in hul lyding om Christus se ontwil. Hy voeg by dat hy ook, nes hulle, in geloof tot die koninkryk van Christus behoort en dat hy nes hulle in afwagting uitsien na Christus se wederkoms (deel ...aan die volharding).
Hy vertel ook vir sy lesers van waar hy die brief skryf, nl. van Patmos, ’n eiland suidwes van Efese, wat geleë is in die Egeïese See. Johannes was natuurlik na hierdie eiland verban, omdat hy ’n dissipel van Jesus was en omdat hy die Evangelie vreesloos gepreek het – hy was dus vervolg vir sy geloof (Openb.19:10).
2. DIE WYSE WAAROP DIE VISIE ONTVANG IS:
Vers 10a ~ Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer. Johannes onvang hierdie visie / openbaring / apokalips, op die herdenkingsdag van Jesus se opstanding (Joh.20:1). Hierdie dag is dan ook deur die vroeë kerk en tot vandag toe, op ’n Sondag gevier (Hand.20:7; 1Kor.16:2).
Johannes sê dat hy deur die Gees meegevoer was – hy was dus nie besig om te droom nie en hy het ook nie ’n visioen gekry soos die normale nie. Wat hier gebeur het, is dat sy verstand geheel en al vasgevang was by dit wat God besig was om aan hom te openbaar, of anders gestel, sy gedagtes was vasgevang in ’n geestelike dimensie, m.a.w. daar was geen plek op daardie oomblik vir ander gedagtes nie en in hierdie toestand het hy ’n ekstase ervaar wat nie gepaard gegaan het met die normale visioene wat mense gedurende die Apostoliese tyd ontvang het nie.
3. DIE STEM IN DIE VISIOEN:
Vers 10b-11 ~ ...en ek het agter my, so hard soos die geluid van ’n trompet, ’n stem hoor. Ek wil egter ook v.11 lees, maar wel uit die O.A.V., en let op na die verskil tussen die Ou- en die Nuwe Vertaling ~ Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ’n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Efese en Smirna en Pergamum en Tiatira en Sardis en Filadelfia en Laodisea. Bykans alles in hierdie visioen was uitsonderlik. Eerder as om gewone beelde te sien, soos wat ’n mens sou verwag, hoor Johannes eerstens ’n harde stem soos ’n trompet. Die betekenis hiervan is duidelik, nl. dat die aandag dringend getrek word op iets of iemand – dit is tog die funksie van ’n trompet fanfare (toe-toe-te-toe!). Hierdie “iets” of “iemand” is dan die Outeur van die visioen, nl. Jesus Christus – Hy wat die ewige Een is, deur wie en vir wie alles geskape is – die Begin en die Einde.
Daar bestaan geen twyfel dat wanneer iemand so ’n stem met so ’n aankondiging hoor, jy AL jou aandag sal skenk aan daardie Stem (stel jouself in hierdie posisie voor)! Hierdie aankondiging fokus dus die aandag op Christus en berei Johannes terselfdertyd voor vir die res van die visioen.
Daar word egter opdrag aan Johannes gegee oor wat om met hierdie visioen te doen, nl. dat hy dit in ’n boek moes neerskryf en dit daarna aan spesifieke gemeentes stuur, om gelees te word. Die blote feit dat hierdie brief of boek vandag nog bestaan en gelees en daaroor geleer word, is bewys dat Johannes noukeurig aandag aan hierdie opdrag gegee het.
4. DIE LAMPSTAANDERS :
Vers 12 ~ Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien. Johannes het die trompetgeskal gehoor, maar nou word sy oë ook “betrek” by hierdie visioen. Toe hy die stem hoor, het hy dalk omgedraai om te sien wie met hom op so ’n grootse wyse praat en dalk was hy teleurgesteld, want hy sien niemand nie, behalwe sewe goue staanlampe. Hoe dit ook al sy, ons sien in vers 20 dat hierdie staanlampe spesifiek verwys na die sewe gemeentes aan wie hierdie brief of boek gestuur moet word.
Die lampstaander is van goud, omdat hierdie lampstaander baie kosbaar was in die oë van God. En daar is SEWE van hulle, wat die volmaakte en voltallige eenheid verteenwoordig – hierdie sewe gemeentes word dus gesien as die universele kerk van Jesus Christus. Hierdie lampstaanders vorm dus ’n volmaakte beeld van een kosbare universele kerk van die Here Jesus Christus.
5. CHRISTUS SE VERSKYNING:
Uiteindelik sien Johannes in vers 13, die Een wie met hom praat ~ ...en tussen die lampe Iemand soos... (nie net alleen mens nie, maar ook Goddelik – Dan.7:13 ~ My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring) ...die Seun van die mens... (die mens Jesus Christus – Hand.7:55-56 ~ Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan. 56 “Kyk,” het hy gesê, “ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan) ... Hy het ’n lang kleed aangehad en ’n goue band om sy bors gedra (Hy was dus geklee met eer en Hy was aan diens – ’n uitsonderlike en waardevolle dienswerk – Eks.28:40 ~ Vir elkeen van sy (Aäron se..) seuns moet jy ’n stel priesterklere en ’n serp maak. Jy moet vir hulle kopdoeke maak wat waardig en mooi is).
Vers 14 ~ ... Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu... (hierdie sal u onthou, dui op die wysheid van die bejaardes – Dan.7:9 ~ Terwyl ek kyk, is daar trone reggesit, en Hy wat ewig lewe, het op sy troon gaan sit. Sy klere was so wit soos sneeu, sy hare soos skoon wol. Sy troon was van vuurvlamme met wiele van vuur. En dit wys verder ook op innerlike of ingeskape en onmeedeelbare heiligheid ), ... en sy oë het soos vuur gevlam (die Alsiende Regter).
Vers 15 ~ ... Sy voete was soos geelkoper wat in ’n smeltoond gloei... (sterk en onaantasbaar – 1Sam.17:5-6 ~ Daar was ’n bronshelm op sy kop, en hy het ’n harnas met skubbe aangehad. Die gewig van die harnas was sewe en vyftig kilogram. 6 Daar was bronsskerms voor sy bene en tussen sy wapens was daar ’n bronsswaard) ... en sy stem soos die gedruis van ’n groot watermassa (vol gesag).
Vers 16 ~ ... In sy regterhand... (die regterkant dui op veiligheid en krag – Ef.1:20-22 ~ ...wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk) ... het Hy sewe sterre gehad (die dui op al die getroue predikers wat op die waarheid van die Evangelie staan – Openb.1:20 ~ En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes...), ... en ’n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom (Sy kragtige en onfeilbare Woord – Ef.6:17 ~ ... en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God). ... Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn (vol van heerlikheid en eer – Matt.17:2 ~ Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig).
Hieruit blyk dit dus baie duidelik dat Christus die Almagtige Seun van God, hier tussen Sy kinders op aarde is. Die feit dat Hy opgevaar het na die hemel beteken nie dat Sy teenwoordigheid en invloed in elkeen van Sy ware gemeentes, verdwyn het nie. Vir Hom is Sy Liggaam (die kerk) net so kosbaar as wat goud vir die mens is. Sy bediening onder Sy kinders is opsigself, onberekenbaar kosbaar. Hy lei Sy Bruid (die kerk), met volmaakte wysheid, heiligheid, kennis, krag, gesag, heerlikheid en d.m.v. Sy Woord. En in hierdie geval, funksioneer Hy deur die voorgangers van hierdie gemeentes.
Hoe bevoorreg moet ons as lidmate nie wees, om te weet dat Christus die Hoof van Sy kerk is nie – die Kerk wat die plek vir persoonlike en intieme gemeenskap met Hom is. Van al die menslike instellings, is dit die kerk waarop die Skepper baie besonderse eer en seën uitstort. Lede van Sy Kerk is dus nie sommer sulke mense nie!
6. DIE IMPAK OP JOHANNES:
Vers 17-18 ~ Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste. 18 die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk. Vir Johannes was dit té oorweldigend om Sy Meester so van aangesig tot aangesig te sien. Dit het hom geheel en al oorweldig. En asof dood, het hy aan die voete van Jesus geval. Dit wil amper voorkom asof hou flou neergeval het, totdat Christus hom aanraak. Hoeveel sekuriteit moes Jesus se woorde nie vir Johannes ingehou het, toe Jesus vir hom sê: Moenie bang wees nie. En hierdie gerusstellende woorde word opgevolg met, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die ewige en lewende God dus.
Christus sê ook vir Johannes ~ Ek het die sleutels van die dood en die doderyk – Hoe vrymakend en opbouend is dit nie om te weet dat Christus krag en mag oor dood en lewe beskik en dít vir iemand wat die dood in die gesig staar soos Johannes. Is dit nie skokkend dat daar steeds mense is wat nie hul vertroue wil plaas in dié Een wat liggaam en siel na die dood kan herenig nie!
Behalwe dat hierdie verskyning van Christus aan Johannes, opbouend was, was dit ook noodsaaklik ten einde hom te motiveer en te verseker dat hy alles wat Christus aan hom gaan openbaar, akkuraat en volledig sal neerskryf en dat Christus die heel tyd in die middelpunt van die skrywe sal figureer. Slegs ’n vaste wete dat Christus ewig en onveranderlik heilig is, sal dit verseker.
7. CHRISTUS SE OPDRAG AAN JOHANNES:
Vers 19 ~ Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur. Johannes het opdrag gekry om drie dinge neer te skryf:
- Eerstens was dit die dinge wat hy so bevoorreg was om te kon sien. Hierdie dinge het dan o.a. die verheerlikte Christus ingesluit.
- Tweedens moes hy oor dinge skryf soos wat dit in sy tyd daar uitgesien het – bv. die toestand in die sewe kerke aan wie hy hierdie skrywe moes rig.
- Derdens moes hy alles neerskryf van wat nog sou gebeur, voor Christus se tweede koms en ook wat daarna gaan gebeur.
Hy moes hierdie dinge neerskryf in die vorm soos wat dit hierna aan hom geopenbaar sou word.
N.a.v. hierdie drievoudige opdrag is daar baie mense wat die boek in drie dele wil verdeel, maar daar bestaan nie so ’n drieledige en kunsmatige indeling van die boek Openbaring nie. Die sentrale figuur in hierdie boek, nl. Christus Jesus, asook die situasie van die kerk, kom verspreid voor vanaf die eerste tot die laaste hoofstuk van die boek. Dieselfde geld vir die dinge wat gedurende Johannes se lewe en daarna sou plaasvind. Om dus te sê ~ Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur, beteken dus, dat nie alle dinge histories van aard is nie, maar ook nie net tot die hede hoort nie, of dit is ook nie net eskatologies van aard nie (die leer van die laaste dinge). Dit gaan dus hier oor die Hoof van die Kerk oor alle eeue heen en daarom is die boodskap aan die sewe gemeentes in Klein-Asië, net so van toepassing op ons in hierdie dae!
8. CHRISTUS SE VERKLARING VAN DIE SIMBOLE:
Vers 20 ~ En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes, en die sewe lampe is die sewe gemeentes.” Die Here Jesus maak dit van die begin af duidelik dat baie van dit wat Johannes gaan sien, figuurlik gesien moet word, daarom beelde soos die “sewe goue staanlampe”, of die “sewe sterre”, ens. Maar terselfdertyd gee Christus vir Johannes die beginsels deur, waarvolgens die simbole verklaar moet word. Die basiese beginsel is dat elke simbool se betekenis afgelei moet word van sy eie intrinsieke, of wesenlike en uitstaande karaktereienskappe.
In hierdie geval is daar bv. die sterre en die Lampstaanders. Daar is bv. bepaalde uitstaande kenmerke wat eerder gekoppel kan word aan ’n ster as aan enige iets anders. Anders gestel, dit is tog ondenkbaar om eienskappe soos dood en allerlei afskuwelikhede toe te dig aan ’n helder flikkerende ster in die hemel – ’n draak is tog sekerlik ’n beter illustrasie of simbool vir afskuwelikhede. Net so is dit ondenkbaar dat ’n goue lampstaander, tekenend van ’n demoon sal wees.
Ons moet egter ook daarop let dat die intrinsieke en uitstaande karaktereienskappe van ’n bepaalde simbool, ook nie alleen die enigste verklaringsmodel is nie. Daar moet ook gekyk word na die bepaalde Bybelse betekenis van die simbool of objek. Daar moet dus ook na die Bybelse konteks gekyk word waarin die simbool voorkom – die Woord verklaar m.a.w. die Woord. Die Openbaring boek moet dus ook vergelyk word met die res van die Woord ten einde verklarings vir bepaalde simbole te kry. Wanneer ons dus Skrifverklaring doen (en dit sluit Openbaring in), moet ons die totale panorama van die Woord van God gebruik om die Woord te verklaar.
Daarom gebruik Christus simbole wat nie vreemd aan die Woord is nie. Om by die voorbeelde van die Sterre en die Lampstaanders te bly – Dieselfde betekenis word bv. in Dan.12:3 verleen aan die simbool van die sterre ~ Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre. Dieselfde betekenis wat ons in Openbaring aan die Lampstaanders verleen, word in Matt.5:14-16 daaraan verleen ~ Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik (sien ook Sag.4:2).
10 TEN SLOTTE:
Ten slotte moet ons net kortliks kyk na die implikasies en betekenis van hierdie bepaalde “sterre” en “Engele” in Openbaring 1. Is hierdie Engele hemelse wesens, of is dit mense? Het elke gemeente ’n bepaalde beskermengel? Wat is die werklike betekenis van hierdie Engele?
Die eenvoudige feit dat hierdie briewe aan gemeentes gerig is en dat die boodskap deur “engele” oorgedra moes word, sluit die moontlikheid van hemelse engele dus uit, want dit is tog onlogies dat die Here Jesus die boodskap aan Johannes gee, om net weer terug te gee aan Engele om dit weer aan mense te gee. Hierdie “Engele” moet dus mense wees.
En wie is hierdie mense? Hierdie mense is die onderskeie “Boodskappers van God”, of die voorgangers van die gemeentes en dit is in ooreenstemming met bv. Luk.7:24; 9:52 en Jak.2:25 waar die Griekse woord vir die menslike boodskappers, “ang'-el-os”, of “ang-el-loi” is, wat dieselfde woord vir die hemelwesens is. Hierdie spesifieke “engele” is dan daardie gekose voorgangers, wat onder Christus se heerskappy staan en wat met Christus se gesag en waardigheid toegerus is, ten einde Sy opdragte uit te voer en daarom behoort voorgangers se boodskappe, asook hul persoon, met die nodige respek, aanvaarding, onderwerping en ondersteuning bejeën te word – ook dít is in ooreenstemming met Hebr.13:17, nl. ~ Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.
[1] Bybelstudiereeks deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) Sondagaand 07 Junie 2009

Boodskap deur Kobus van der Walt (07 Junie 2009)
“Die Boodskap van die Kruis en van Redding - 04” (Die Betekenis van die Joodse Paasfees) [1]
Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons het die afgelope tyd baie gepraat van offerandes, soenoffers ens., maar wat is die betekenis en geskiedenis van sulke offerandes? Dit is belangrik dat ons daarna sal kyk en dan spesifiek na die heel belangrikste een, nl. die Paasfees, ten einde beter te verstaan waarom dit nodig was dat Christus aan die Kruis op Golgota moes sterf as volmaakte soenoffer vir ons sonde.
2. SKRIFLESING:
Eks.12:1-14 ~ In Egipte het die Here vir Moses en Aäron gesê: 2 “Hierdie maand is vir julle die belangrikste maand; dit moet die eerste maand van die jaar word. 3 Sê vir die hele gemeente van Israel: Elkeen moet sorg dat hy op die tiende van hierdie maand ’n lam vir sy gesin het, vir elke huisgesin een. 4 As ’n huisgesin te klein is vir ’n lam, kan ’n man en sy naaste buurman dit onder mekaar verdeel volgens die getal persone. Julle moet die lam deel volgens elkeen se behoefte. 5 Dit moet ’n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, ’n skaap of ’n bok. 6 Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag. 7 Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet. 8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. 9 Julle moet dit nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met kop, pootjies, binnegoed en al. 10 Julle mag niks daarvan tot die volgende môre laat oorbly nie. As daar die volgende môre tog iets oor is, moet julle dit verbrand. 11 Julle moet dit haastig eet, aangetrek vir die reis, skoene aan die voete en kierie in die hand. Dit is die Paasfees van die Here. 12 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! 13 Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ’n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. 14 “Hierdie dag moet vir julle ’n gedenkdag wees. Julle moet dit as ’n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ’n vaste instelling wees wat hulle moet vier.
3. DIE PAASGEBEURE:
Hierdie gebeure wat homself in Egipte afgespeel het, is vir die Joodse volk van die uiterste belang, omdat hulle hierdie gebeure sien as die begin van hulle nasieskap. Hierdie gebeure het hulle begrip van God gevorm; het hulle lewens-en-wêreldbeskouing gevorm; het as basis vir hulle wette gedien; het hulle sosiale lewe gemodelleer en het hulle totale aanbidding omvat.
Hierdie geskiedkundige gebeure in Egipte het ook aanleiding gegee tot allerlei ander feeste en gedenkdae wat die Israeliete sou hou en steeds hou – feeste soos die Paasfees (Eks.12:14, 24-28, 43-49); die Fees van die Ongesuurde Brode (Gen12:14-20), ens.
Wat ons moet besef en altyd in gedagte hou, is dat hierdie gebeure in Egipte, Gód se inisiatief was, daarom dat ons in vers 1 lees ~ ...die Here vir Moses en Aäron gesê... en in vers 11b ~ ...Dit is die Paasfees van die Here. Hier is geen menslike instellings ter sprake nie. Die idee en die opdrag en die inisiatief is by God gesetel. Die Paasverhaal van Eksodus 12, is dus ’n openbaring van God se getrouheid aan Sy eie Woord.
Ons lees in Gen.15:13-14, dat God aan Abraham gesê het ~ Weet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek. Vierhonderd jaar nadat God ’n belofte aan Abraham gemaak het, kom Hy Sy Woord na en verlos Hy die volk Israel uit Egipte. Die Here God kán dus vertrou word, dat Hy nooit ontrou sal wees aan Sy eie Woord – aan Sy eie beloftes nie (sien ook 2Kron.21:4-7).
Dit openbaar egter ook God se medelye met Sy kinders, want Hy het die volk se jammerklagte oor die feit dat hulle in slawerny verkeer, gehoor (Eks.2:23-24; 3:7) en Hy verlos hulle van hul Egiptiese heersers en onderdrukkers.
Vierdens sien ons hoe God se geregtigheid ook geskied teenoor ander volke en nie net teen Israel nie. Hy is dus ’n soewereine God oor alle mense en nasies.
Laastens openbaar die Paasgebeure, die mag en krag van God. Hy het nie in onderhandelinge betrokke geraak met die Egiptenare nie. Nee, Hy tree op teen Egipte met ~ ’n uitgestrekte arm (6:6 – O.A.V.).
4. ONDERHOUDING VAN DIE PAASFEES:
God van Israel kom dus Sy belofte aan Abraham na en Hy luister na Sy kinders se versugtinge en Hy red hulle uit slawerny in Egipte. Die Paasfees lê egter aan die hart van hierdie grootse verlossingsaksie van die Here, want Hy gee baie duidelike voorskrifte aan die volk oor hoe hulle hierdie verlossingsdaad van Hom moet uitvoer, maar ook in die toekoms moet onderhou.
Deel van hierdie verlossingsdaad van God was ’n voorwaarde dat die volk bepaalde voorskrifte, noukeurig moes gehoorsaam.
Ook het die volk se verlossing uit Egipte nie nét van die eet van die Paasmaaltyd afgehang nie. Nee, daar was veel meer opdragte wat hulle noukeurig moes navolg.
Wat het die Here se opdragte behels?
· Dit behels o.a. dat die volk voorbereidings moes tref om ’n Paasmaaltyd op ...die tiende van hierdie maand (3b) te nuttig en hierdie dag (dit is iewers tussen ons Maart en April) moes die volk se Nuwejaarsdag word. Hierdie tiende dag van daardie spesifieke maand, was ook gesien as die dag waarop die koring ryp was en daarom word die Paasfees ook gesien as ’n nuwe begin – ’n nuwe begin vir Israel as nasie.
· Daar moes egter ’n slagoffer wees en hierdie slagoffer moes ’n jaaroud skaap- of bokrammetjie wees wat vier dae later, teen laat die middag geslag moes word – hierdie tydsbepaling is baie belangrik en ons sal later daarna kyk. Die vleis van hierdie rammetjie moes die aand tydens ’n gesinsmaaltyd genuttig word en oortollige vleis moes met andere gedeel word (12:8).
Daar was ook baie spesifieke voorskrifte t.o.v. hierdie rammetjie – hy moes aan bepaalde voorwaardes voldoen het en die klem het op volmaakteheid geval – ’n volmaakte offer moes dus gebring word en niks minder as die volmaakte nie (12:5).
· Wanneer die Israeliete hierdie ram se keel afsny, moes hulle die bloed opvang en dan daardie selfde bloed met ’n hisoptakkie teen hul huise se deurkosyne verf (12:22) – hierdie bloed moes dus nie net alleen gestort word nie, maar ook aangewend word deur diegene wat verlos wou word uit slawerny en beskerm wou word teen die doodsengel. Hierdie selfde prosedure sou later gevolg word in ander offerandes wat nog ingestel sou word (sien Lev.1:5,11; 3:2,8,13; 4:6,17; 7:2; 8:19,24; 9:12,18; 14:7).
Ons sien dus dat daar figuurlike lewe was in hierdie bloed wat aan die deurkosyne geverf is en dit het nie net lewe geïmpliseer vir die eersgeborenes nie, maar vir elke Israeliet wat daardie nag nog ’n nuwe lewe van bevryding sou ontvang. Lewe (die van ’n jaaroud rammetjie) moes dus afgelê word, ten einde lewe vir andere te skenk.
· Ons het ook gesien dat daar nie net bloed aan die deurkosyne geverf moes word nie, maar die vleis van die rammetjie moes geëet word (12:8). Die maaltyd het dus verder daarop gedui, dat die lewe van die offerlam nie alleen neergelê is nie, maar dit moes ook fisies deel word van die “binneste” van die volk – hulle moes dit dus eet en verteer.
Deur hierdie offerlam word daar dus ’n nuwe lewe geskenk aan die gesin wat dit eet, maar ook word die lewe van die eersgeborene gespaar én die gesin word voorsien van voeding en energie vir die ontsnappingstog uit Egipte wat daardie nag nog vir hulle sou begin.
Daar word in die fynste besonderhede instruksies gegee van hoe die maaltyd genuttig moet word ~ Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. 9 Julle moet dit nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met kop, pootjies, binnegoed en al. 10 Julle mag niks daarvan tot die volgende môre laat oorbly nie. As daar die volgende môre tog iets oor is, moet julle dit verbrand. 11 Julle moet dit haastig eet, aangetrek vir die reis, skoene aan die voete en kierie in die hand. Dit is die Paasfees van die Here (12:8-11). Let op, hulle moet ook hulle reisklere aantrek (stapklere).
Kan u dink wat se atmosfeer het daardie aand aan tafel in elkeen van die Israelitiese huise geheers – afwagting, opgewondenheid, selfs vrees dalk!
Al hierdie detail is egter nie om dowe neute gegee nie en ons sal dit sien as ons dit begin toepas op die werk wat Christus gedoen het, maar eers moet ons klaar kyk na die agtergrond en verduideliking van die Paasfees. Ons moet o.a. kyk waarom God opgetree het soos wat Hy opgetree het en wat is bereik tydens die aand van daardie eerste Paasfees.
5. GOD SE MOTIEF:
Vyf uitstaande dinge is gedurende daardie eerste aand bereik deur God. Dit was enersyds ’n werk van oordeel, maar andersyds ook ’n werk van verlossing en redding. Weereens ’n weerspieëling van nog ’n karaktereienskap van God:
· Eerstens sien ons dat God ’n Regter is. In Eks.1:15-16 lees ons dat ~ Die Egiptiese koning vir die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua gesê (het):16 “As julle ’n Hebreeuse vrou by geboorte bystaan en julle sien by die kraambed dat dit ’n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit ’n dogter is, mag sy bly lewe.” Farao wou volksmoord pleeg, maar sy sonde haal hom in, want dieselfde nag wat geweldige vreugde vir die Israeliete sou bring, het onbeskryflike droefheid vir die Egiptenare tot gevolg gehad – die Israeliete word uit Egipte gelei, maar terselfdertyd sterf al die eersgeborenes van die Egiptenare onder die hand van die doodsengel (12:29) – presies soos wat God in Eks.12:23 belowe het.
Ons moet besef dat hierdie doodsengel nie ’n demoniese mag of ’n demoon was wat buite beheer opgetree en wat God nie kon hanteer nie – dit is dieselfde engel waarvan 2Sam.24:16 praat ~ Net toe die engel sy hand na Jerusalem toe uitsteek om dit te verdelg, het die Here besluit om die straf nie verder te voer nie. Hy het vir die engel wat die verderf onder die volk aanrig, gesê: “Dis nou genoeg. Trek jou hand terug.” Die engel van die Here was toe net by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.
Ons weet ook nie presies waaraan die Egiptiese eersgeborenes (dier en mens) gesterf het nie (sommige reken dat dit een of ander vorm van ’n plaag was), maar wat wel belangrik is, is die feit dat hierdie optrede van God aan ons demonstreer hoe Hy oor sonde voel. Ps.78:49-50 beskryf bv. God se gevoel oor sonde as volg ~ Hy het sy gloeiende toorn op hulle losgelaat: gramskap, woede en rampe, ’n hele vrag onheil; 50 Hy het sy toorn vrye loop gegee, hulle lewens nie gespaar nie en hulle aan die pes uitgelewer. En die Hebreërskrywer sê in Hebr.10:30-31 ~ Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: “Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld;” en verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” 31 Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.
Die beskrywing van hierdie faset van God se karakter is nie in hierdie dae baie gewild nie, want daar word meer klem gelê op God se lankmoedigheid en liefde en vergifnis, maar ons moet nooit uit gedagte verloor dat God die sonde haat. Eers wanneer mense dit begin besef en verstaan, word wedergeboorte en vergifnis van sonde beter verstaan en aanvaar.
Indien God die mens, wie Hy geskape het, sou toelaat om te doen net wat hulle wil, d.m.v. allerlei booshede, sonder om die mens ooit tot verantwoording te roep, of om Sy uiterste afkeur oor hul sonde uit te spreek en daarteen op te tree – indien God dit sou toelaat, hoe kan Hy heilig genoem word? Hoe kan Hy waardig wees om aanbid te word?
· God is dus ’n Regter wat oordeel oor sonde, maar God is ook lewend en almagtig en Hy vernietig en onderwerp ook alle ander “gode”, daarom dat Hy in Eks.12:12 sê ~ Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die wedywering tussen Egipte en Israel; tussen Farao en Moses, was nie net ’n wedywering van krag nie, maar ook van geestelike krag – tussen die lewende en almagtige God en die kragtelose en lewelose afgode van Egipte. Ons sien in hoofstukke 7 & 8 van Eksodus, dat God telkens die gode van Egipte oortref en vernietig deur die plae wat Hy gestuur het, bv. die “vrugbaarheidsgod van die Nyl”, by name Hapi, is vernietig deur die bloed in die Nyl (7:14-24). Die tweede plaag, nl. die paddas, het die godin Hegt wat as rein beskou is en wat vroue “gehelp” het met die geboorteproses, onder verdenking gebring, omdat paddas as onrein beskou is. So is elke afgod van die Egiptenare in diskrediet deur God gebring.
Die Egiptiese towenaars kon enkele “wonderwerke” naboots wat Moses-hulle gedoen het, maar toe dit kom by die nabootsing van muggies, het die towenaars hul beperking bereik en kon hulle nie stand hou teen God nie en het hulle begin besef dat Moses en Aäron nie besig is met towerkunste nie, maar dat hulle besig is om die almag van God te demonstreer.
Die laaste plaag was die dood van die eersgeborenes, wat die eersgeborenes van die diere ingesluit het. Waarom het God ook die diere getref? Omdat baie van die diere ook gedien het as afgodsoffers en God ook sy afkeur daarin wou toon. God het dus nie alleen deur die plae, elke denkbare afgod verneder en aan die Egiptenare getoon dat hulle magteloos en leweloos is nie, maar hy vernietig terselfdertyd die afgodsoffers deur die eersgeborenes te laat sterf.
· In die derde plek leer die Paasgebeure in Egipte, vir ons dat God ook ’n Redder is. Daar is twee wyses waarop die Paasgebeure beskerming bied aan ’n bedreigde volk – die een is algemeen van aard en die ander is spesifiek.
Die Joodse eersgeborenes was nie outomaties beskerm teen die doodsengel se wraak, net op grond van hul etniese afkoms nie, maar omdat hulle net so sondig was soos die Egiptenare en ons verlede keer gesien het dat die eersgeborenes altyd aan die Here gewy is – moes ook die Israeliete se eersgeborenes sterf. Die eersgeborenes was egter net beskerm indien bloed van die Paaslam, teen hul deurkosyne geverf was. Dit was dus die dood van die lam wat geïmpliseer het dat hulle beskerm was teen die oordeel van God. Die klem val dus hier op die krag van die bloed van die lam wat die vernietigingswerk van God afgeweer het.
As hulle hul lewens dus wou red van God se wraak op die sonde, moes ’n ander in hul plek sterf en moes hulle, hulle identifiseer met daardie bloed wat gevloei het. Hebr.11:28 som dit mooi op ~ Omdat hy (dit is Moses) geglo het, het hy die Pasga ingestel en die bloed aan die deurkosyne laat smeer sodat die engel van die dood nie die eersgeborenes van Israel sou tref nie. Die sleutel tot die betekenis vir die woord “Paasfees” lê ook in hierdie teksvers. Die Engelse woord “pass” in “Passover” verwys na die Doodsengel wat die “bloedbeverfde” deurkosyne sou “pass” (verbygaan) en nie dood in daardie huis sou saai nie.
In kort dus: Die bloed van die Paaslam, het die regverdige oordeel van God daarvan weerhou om diegene wie die dood verdien het, uit te wis. Die God wat belowe het dat Hy Sy volk met ’n uitgestrekte arm (6:6) sou beskerm, hou dus by sy Woord.
· Vierdens sien ons dat God ook ’n Verlosser is. Die Israeliete moes die lam braai en dit eet saam met ongesuurde brood en as daar iets sou oorbly moes dit die volgende oggend verbrand word.
En dan skielik gedurende die nag nadat die eersgeborenes van Egipte sterf, kom die woord en word die Israeliete uit Egipte gelei na vryheid – hulle word verlos van slawerny – Vryheid uiteindelik! God is die een wat die inisiatief neem en die Israeliete verlos. Die Skepper van die heelal is voorwaar ’n Verlosser!
· Laastens sien ons dat God Homself ook openbaar as Here. Ons lees in Eks.12:10; 43-49 en ook in Lev.8, dat Aäron en sy seuns toegewy word as heilige priesters in diens van God. Met hierdie toewyding, moes hulle ook ’n ram slag; dit braai en saam met ongesuurde brood, eet en dit wat oorgebly het moes ook verbrand word. Op dieselfde wyse het die Paasmaaltyd ook gedien as ’n offermaal en met die eet daarvan word Israel ook toegewy as ’n heilige nasie. Van daardie oomblik af, was die Israeliete ... ’n koninkryk wat God as priesters dien, en ’n gewyde nasie (19:6) en het God, Jahweh, of Here vir die volk geword. Wanneer ons kyk na die Griekse betekenis van die naam “Here”, nl. “kurios” (koo'-ree-os), sien ons dat dit o.a. verwys na “gesag”. Dit het bv. die gesag van die vader in die huis beskryf. Verder is dit ook die gebruiklike woord vir Heer en Meester, teenoor slaaf. Of dit verwys na die onbetwiste eienaar van eiendom en hierdie benaming het gewoonlik ook verwys na die gesagsfiguur wat besluite neem. Om God dus as Here aan te spreek beteken dat ons Hóm alleen erken as ons hoogste gesag.
En dit is presies wat God vir Israel was – dié Een wat die besluite geneem het en wat Homself onbetwisbaar bewys het as die Oppergesagdraer en deur die Paasmaaltyd, onderwerp die Israeliete hulle dan ook self aan die Here as hul enigste gesag.
6. DIE VERVULLING VAN DIE PAASFEES:
Wanneer ons kyk na ander gedeeltes in die Ou Testament wat na Christus heenwys, is dit nie altyd so kristalhelder nie, maar die Paasgebeure is ’n eksplisiete heenwysing na Christus. So verbind Paulus bv. Christus direk met die Paasgebeure in 1Kor.5:7, wanneer hy sê ~ Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. En in 1Pet.1:19 skryf Petrus ~ Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Hier word dus ondubbelsinnig van Jesus as Paaslam gepraat. Ook die Lam waarvan daar in Openb.5:6, 8, 12, 13 en 12:11 gepraat word, is ’n verwysing na Jesus die Christus.
Lukas het ook in Luk.22:13, geen geheim daarvan gemaak dat die Avondmaal, die laaste Paasmaal sou wees, daarom dat hy in Luk.22:15-16, Jesus se woorde ook herhaal, nl. ~ Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly. 16 Ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet voordat dit in die koninkryk van God sy volle betekenis gekry het nie. Ook Jesus se woorde in Mark.14:24, nl. ~ Dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie mense vergiet word, is ’n direkte verwysing na die vervulling van die Paasmaal, want Sy bloed word net soos die Paaslam se bloed gestort t.w.v. die vrymaking van duisende.
Selfs die hisoptakkie wat gebruik was om die bloed aan die deurkosyne te verf, word weer gebruik in Joh.19:29, wanneer die soldate vir Jesus ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit (het) en dit teen sy mond gehou (het).
Die Paasfees en -lam was dus ’n vroeë templaat of vorm vir die offer wat Christus, ons Paaslam later sou navolg. Net so is die Paasfees ook ’n templaat vir die Nagmaal wat Jesus ingestel het, en wat ons gereeld moet gedenk. Die Paasoffer is verder, ’n paradigma of ’n patroon waarvolgens die kruisiging van Jesus sou plaasvind.
Alles wat dus rondom en deur en met die Paaslam gebeur het, gebeur net so rondom en met en deur Jesus Christus. Hy is volmaak en sonder gebrek. Hy is volkome geoffer. Hy het Sy bloed ook gestort, ten einde ons vry te koop en te beskerm teen God se wraak op die sonde en net so bewerk Hy ook uiteindelike vryheid vir die wat in Hom glo.
Die groot verskil egter tussen die Paasfees en die kruisiging van Jesus, is dat die bloed van die Paaslam se funksie beperk was tot Israel, terwyl Openb.5:9-10 vir ons die volgende leer van Christus óns Offerlam ~ ...U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. 10 U het hulle ’n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer. Christus se bloed is dus gestort vir beide Jood en heiden – ook vir jou en my!
[1]Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) op 07 Junie 2009

Monday, June 1, 2009
Boodskap deur Kobus van der Walt (31 Mei 2009)
“Die Boodskap van die Kruis en van Redding - 03” (Voorafskaduwing van die Kruis) [1]
Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige woordverwerkingsprogram (bv. MS Word) – druk daarna gewoon uit.
1. INLEIDING:
Ons het twee weke gelede gesien, dat ons in ’n wêreld lewe wat besig is om homself te vernietig – ons leef in ’n wêreld van verkragtings, moord, bedrog, HIV en kanker; egskeidings en dood – en so kan ons aangaan. En aan die wortel van dit alles lê die sondigheid van sonde. Eerder as om God se eer te soek, soek ons, ons eie eer.
Sonde laat ons skaam voel, omdat dit ons skuldig voor God laat staan. Sonde maak ons bang, want dit bring skeiding tussen ons en God. Sonde maak ons kwaad, want dit bring skeiding tussen mens en mens. Sonde maak ons angstig, want dit lei uiteindelik na lyding en uiteindelik na die dood. Die lewe en die wêreld is voorwaar in ’n sondegreep vasgevang.
Aangesien ons as sondaars in ’n sondige wêreld leef, het ons ’n behoefte aan redding. Die vraag wat ons onsself dus moet afvra, is wat het ons nodig om gered te word van sonde en van al sy verskiklike gevolge? Ten einde hierdie vraag te beantwoord, moet ons so ver terug gaan as Gen.22, ten einde te verstaan wat God se verlossingsplan vir Sy kinders werklik behels.
2. SKRIFLESING:
Gen.22:1-19 ~ ’n Ruk na die vorige gebeurtenisse het God vir Abraham op die proef gestel en vir hom gesê: “Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 2 God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.” 3 Vroeg die
volgende môre het Abraham ’n donkie opgesaal en hout gekap vir die brandoffer. Hy het twee slawe saamgevat en ook sy seun Isak. Toe het hy vertrek na die plek toe wat God vir hom aangewys het. 4 Op die derde dag het Abraham die plek uit die verte gesien. 5 Toe sê hy vir sy slawe: “Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe.” 6 Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en ’n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7 sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak: “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?” 8 Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap. 9 Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ’n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. 10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, 11 roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 12 Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.” 13 Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom ’n skaapram wat aan sy horings in ’n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer. 14 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.” 15 Die Engel van die Here het weer uit die hemel na Abraham geroep 16-17 en gesê: “Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek lê ’n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem. 18 In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam.” 19 Daarna is Abraham terug tot by sy slawe, en hulle het almal saam na Berseba toe gegaan. Abraham het daar gewoon.
Ek wil dat ons vanoggend hierdie verhaal van Abraham en Isak, vanuit vier hoeke bekyk en dan wil ek ten slotte ’n kort toepassing maak. Die vier hoeke waarna ons gaan kyk, is:
· Die offer van ’n vader, wat sy gehoorsaamheid insluit (22:1-10);
· Die gewillige onderwerping van die seun (22:2,6-9);
· God se genadige voorsiening (22:11-19);
· Die ewige betekenis en belang van die plek Moria, waar die toneel hom afgespeel het.
3. DIE OFFER VAN ’N VADER:
Abraham is in verse 1-10 die sentrale figuur en God stel hom voor ’n toets – ’n bykans onmoontlike toets; ’n toets om vas te stel tot watter mate Abraham gehoorsaam sal wees aan God; ’n toets om Abraham se lojaliteit aan en liefde vir God te bepaal.
Vir Abraham was hierdie toets waaraan hy onderwerp is, ’n realiteit en is dit nie maar net ’n toets nie, maar ’n opdrag van God om sy seun prys te gee – nee, nog erger, daar word van hom verwag om sy eie seun dood te maak en te offer!
Ons moet die intensiteit van hierdie opdrag baie deeglik verstaan en daarvoor moet ons nog verder teruggaan en wel na Gen.11, waar ons sien dat Abraham se vrou kinderloos was en boonop al te oud om kinders te kon hê, maar in 17:5b, gaan God ’n verbond met Abraham aan, waarin Hy aan Abraham sê ~ Ek maak jou die vader van baie nasies. 6 Ek sal jou baie vrugbaar maak, Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. Hoe is dit moontlik, want sy vrou is jare lank al kinderloos en boonop te oud om kinders te hê? Uiteindelik word ’n seun tog vir Abraham gebore – sy liefling seun (22:2) en uit hierdie enigste seun, besef Abraham, gaan God Sy belofte in 17:5 nakom, deur aan hom ’n groot nageslag te gee.
Maar, nou kom hierdie skokkende opdrag van God ~ Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys (22:2). U kan uself indink oor hoe Abraham moes voel. Hy (wat al oor die honderd jaar oud is) moet sy enigste lieflingseun offer – sy seun deur wie God Sy verbond met Abraham sou vervul – Hoe is dit moontlik?
Vir ons in hierdie 21ste eeu, is hierdie ’n uiters grusame opdrag, maar om dit in perspektief te plaas, moet ons die opdrag in konteks sien met die tyd waarin Abraham geleef het. Destyds het daar geen twyfel bestaan oor die feit dat alle lewe aan God behoort het en dat hy dit kon gee of neem, wanneer en soos Hy wou. Die eersgebore kinders was in die besonder gesien as behorende tot God – dit word spesifiek gegrond op Eks.22:29 waar die Wet o.a. bepaal het dat die Israeliete die eersteling van hul seuns vir God moes gee. Dit het dus beteken dat die oudste seun volkome beskikbaar gestel moes word aan God, wat met daardie kind kon doen wat Hy wou.
Hierdie wet word egter onmiddellik herroep, nadat die vader, die seun in gehoorsaamheid aan God afgestaan het – Eks.34:20 ~ Julle moet elke donkie se eerste hingsvulletjie loskoop met ’n skaap. As julle dit nie doen nie, moet julle die vul se nek breek. Alle eersgebore seuns moet ook losgekoop word. “Niemand mag sonder ’n offer voor My verskyn nie”. In die omliggende volke was kinderofferandes ’n algemene ding, maar nie onder die volk van God nie en dit was gegrond op hierdie teksvers, inteendeel ons sien o.a. in Lev.18:21 dat God vir die volk sê ~ Jy mag nie een van jou kinders wy aan Molek en só die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here (sien ook Lev.20:2-5; 2Kon.17:17; 23:10 en Jer.32:35 – die rare uitsonderings wat daar was – bv. Rig.11:31-40; 2Kon.3:27, was a.g.v. nasionale krisisse).
Ongeag hierdie oortuiging, kan ons steeds nie die intensiteit van hierdie opdrag minag nie, want dit was beslis nie alledaags dat God vir ’n man gesê het dat hy sy kind moet offer nie.
In verse 3-10 sien ons dat Abraham die opdrag uitvoer en nie net uitvoer nie, maar dat hy dit op ’n voortreflike wyse doen, want:
· Sy gehoorsaamheid was stiptelik en onmiddellik – v.3 ~ Vroeg die volgende môre. Hy het nie uitgestel nie, maar dadelik gereageer en sodoende stel Abraham ’n voorbeeld van “vertrouende gehoorsaamheid”.
· Tweedens sien ons dat hy die opdrag van die Here, nougeset en pligsgetrou uitvoer (v.30) – hy het alles wat hy nodig gehad het vir die offerande saam met hom geneem.
· In die derde plek was hy vasberade (v.3-4). Die afstand van sy huis tot by die plek waar die offer moes plaasvind, was ongeveer 72 km. en hy het hierdie afstand binne 3 dae afgelê! Ten einde God te gehoorsaam het doelgerigtheid en vasberadenheid vereis.
· Vierdens het Abraham hierdie opdrag op sy eie uitgevoer – hy was dus alleen in sy gehoorsaamheid, want hy laat sy diensknegte alleen agter by die donkies aan die voet van die berg (v.5). Abraham is alleen – net hy en Isak
en God. Hy moes die vrae; die worsteling; sy geloofsoptrede, alleen en op sy eie deurwerk.
· Sy gehoorsaamheid het getuig van geloofsvertroue. Waarom sê Abraham aan sy diensknegte dat hy en Isak gaan bid en dan kom hulle saam terug (v.5)? Was dit ’n witleuen wat Abraham vertel het? Nee, beslis nie. Abraham het onwrikbaar geglo in Sy hemelse Vader. Hy het terselfdertyd geweet dat daar nie nog ’n seun gaan wees nie. Hy het verder geglo dat God steeds die verbond in ere sal hou en daarom is dit logies – Isak sál saam met hom terugkeer na die diensknegte! Abraham se gehoorsaamheid spreek dus van absolute geloofsvertroue.
· Abraham se gehoorsaamheid het voorts getuig van
nederigheid, want hy sê in vers 5b ~ Ek en die seun gaan daar aanbid.... Abraham onderwerp hom aan God en aanbid Hom.
· Laastens was Abraham se gehoorsaamheid, volkome. Hy voer die opdrag tot op die laaste punt nougeset uit, want ...Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ’n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. 10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag (v.9-10). Nie eens Abraham se geliefde seun kon tussen hom en sy onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God staan nie.
Wat doen die Here in reaksie op Abraham se gehoorsaamheid? Hy voorsien ’n offerlam in die plek van Isak en die Here bevestig Sy verbond met Abraham, deur te sê ~ Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem. 18 In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam (22:17-18).
4. DIE GEWILLIGE ONDERWERPING VAN DIE SEUN:
As ons vir onsself die vraag vra, wat die doel was met die vertelling van hierdie gebeurtenis? Dan kan ons sekerlik sê dat dit o.a. ten doel gehad het, om Israel te leer dat gehoorsaamheid aan God se Woord, belangriker vir God is, as rituele-offerandes, ongeag van wat die wet vereis.
Vir ons as Nuwe Testamentiese gelowiges het dit egter veel dieper betekenis, omdat hierdie gebeurtenis ’n voorafskaduwing van Christus se kruisdood is.
Maar waar pas Isak in die prentjie? Isak was weliswaar nie die sentrale figuur in hierdie gebeurtenis nie, maar hy het tog ook ’n rol gespeel – ’n baie belangrike rol, want in elke fase van hierdie verhaal verskyn hy vir ’n kort rukkie op die voorgrond en sien ons uitmuntende ooreenkomste met Jesus – kom ons kyk kortliks hierna:
· Eerstens sien ons in v.2 dat Isak die enigste seun van Abraham was. Hier vind ons ’n pragtige heenwysing na Matt.3:17 ~ Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My. En ook Matt.17:5 ~ Terwyl hy nog praat, het ’n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en ’n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” Beide seuns (Isak en Jesus) beklee ’n besondere plek in hul vaders se harte.
· Aan die voet van die berg waar die offerande sou plaasvind het Abraham die brandhout op Isak se rug geplaas en moes hy dit berg uit dra – hy was dus ’n lasdraer (22:6). Hierdie optrede laat ons onwillekeurig dink aan die wyse waarop Jesus, Golgota moes uitklim ~ Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota (Joh. 9:17).
· Terwyl Isak en sy pa die berg uitklim na die offerplek toe, vra Isak vir sy pa waar die offerlam is (22:7). Miskien was Isak teen hierdie tyd bekommerd. Miskien is hier nie ’n baie direkte lyn te trek na Jesus toe nie, maar ten minste kan ons sê dat Isak se vraag van nuuskierigheid, of dalk bekommernis, by Jesus ’n intense uitroep van smart en benoudheid was ~ Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matt.27:46). Of daar nou ’n ooreenkoms tussen Isak en Jesus se vrae was of nie – punt is, dat beide gewillig was om geoffer te word.
· Die mees uitstaande ooreenkoms egter tussen Isak en Christus, was hul onderwerping in hul gereedmaking om geoffer te word en hulle sodoende te onderwerp aan die wil van hul vaders (22:9). Abraham het vir Isak vasgebind en bo-op die altaar neergesit – ’n mens kan aanvaar dat Isak op daardie stadium sterk genoeg was as jong tiener of jongman, om sy honderd jaar oue pa te oorweldig ten einde nie vasgebind te word nie, maar hy weerstaan nie sy pa nie en hy onderwerp hom gewilliglik om geoffer te word.
As ons weer na vers 6 kyk, nl. ~ Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en ’n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7 sê Isak vir sy pa.... Hier sien ons ’n pa en ’n seun wat in ’n goeie verhouding met mekaar staan – daar bestaan harmonie tussen pa en seun en hulle werk saam ten einde hul gehoorsaamheid aan hul hemelse Vader se opdrag te betoon.
Op dieselfde wyse het Jesus – nee op volmaakte wyse, het Jesus Sy gehoorsaamheid aan Sy Vader betoon, deur die uitnemende offer van alle offers te word. Jesus het dus volmaakte gehoorsaamheid uitgeleef waartoe ons nie in staat is nie. Hy het dus die Wet van die HERE volmaak nagekom en het sodoende al ons ongehoorsaamheid en wetsoortredinge ontdaan namens ons.
· In die vyfde plek moet ons kyk na Isak se “opstanding”. Miskien lyk dit vir ons na ’n oordrewe en selfs geforseerde vergelyking, maar dit was nie die geval met die Hebreërskrywer toe hy in Heb.11:17-19 die volgende geskryf het ~ Omdat Abraham geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gesê is: “Uit Isak sal jou nageslag gebore word,” het gereed gestaan om sy enigste seun te offer. 19Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir Isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het. Vir die Hebreërskrywer het hierdie verhaal van Isak baie besliste simboliese waarde – simbool van die opstanding dus en daarom moet ons dit ook so sien.
In teenstelling met Isak, was Christus se opstanding nie ’n simboliese of figuurlike opstanding nie, maar ’n realiteit, omdat hy, anders as Isak wel gesterf het. Die opstanding van Christus uit die dood is geweldig belangrik, want ons redding kan nie afgehandel wees as Jesus nie uit die dood opgestaan het nie.
5. GOD SE GENADIGE VOORSIENING:
Oomblikke voordat Abraham vir Isak wou “slag” ten einde hom te offer, het God tussenbeide getree. Die vraag is, waarom het God tussenbeide getree?
· Omdat Abraham die toets wat God vir hom aangelê het, met vlieënde vaandels geslaag het ~ Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie (22:12b). Abraham het sy algehele gehoorsaamheid aan God getoon, ten spyte van die feit dat dit sy enigste geliefde seun se lewe sou kos. Die implikasie hiervan, is dat die oorspronklike opdrag van God, nou uitgekanselleer is.
· Tweedens vind die kruks van hierdie verhaal nou plaas, nl. dat Abraham ontdek dat die Here, ’n God is wat voorsien. Abraham se ontwykende antwoord in v.8b, toe Isak vir hom gevra het waar die offerlam is, blyk op die ou einde profeties van aard te gewees het, want die Here hét ’n ram in ’n doringbos voorsien wat Abraham kon offer in Isak se plek. God voorsien op die regte oomblik, die volmaakte offer vír die oomblik.
Hierdie gebeure is ’n wonderlike openbaring van God se karakter, nl. dat Hy ’n vrygewige en genadige Vader is, wat in ons behoeftes voorsien.
Abraham het instinktief geweet dat die ram dié plaasvervanger vir Isak was. God se voorsiening van ’n plaasvervangende offerdier was dus die perfekte plaasvervanger wat Hom tevrede sou stel. Net so sou God heelwat later weer die volmaakte Plaasvervanger op die regte tyd voorsien wat Hom tevrede sou stel, nl. Jesus Christus. Net die Lam van God (Jesus) sou die volmaakte offer kon bring om versoening vir ons sonde te doen – die enigste offer wat ons regverdig kon verklaar voor God.
· Derdens sien ons dat God se belofte bevestig word. Toe God die opdrag aan Abraham gegee het om sy seun te offer, het dit geblyk dat daar niks van die verbond tussen hom en God sou kom nie. Abraham kon maklik gedink het dat God nie by Sy woord gehou het nie, maar God kom aan die einde van Abraham se tog en Hy herbevestig Sy verbond met Abraham (22:16-18). Vanuit Abraham se perspektief het hy dus nie huiswaarts gekeer na ’n doellose beproewing nie, nee, hy hoor opnuut weer van God en hy ontvang opnuut weer ’n herbevestiging van God se beloftes.
6. DIE EWIGE BETEKENIS EN BELANG VAN MORIA:
Dit is belangrik dat ons ook laastens net vlugtig sal kyk na die ewige betekenis en belang van die plek waar die toneel hom afgespeel het, nl. Moria. Hierdie berg was ongeveer drie dae se loop van Abraham se tuiste af. Om op berge te aanbid was ook redelik algemeen in daardie tyd, maar waarom juis daar, want daar was tog berge nader aan Abraham se tuiste? Die antwoord lê opgesluit in die naam van die berg, nl. Moria.
· Abraham het die plek in v.14, “Die Here voorsien” genoem. Wat interessant is, is dat die woord Moria, in die Hebreeus, beide “voorsien” en “sien” kan beteken en dit kan dalk verwarrend voorkom, maar as ons na die Latynse woord kyk, nl. provideo, beteken Moria dus, “om vooruit te sien”. Dit beteken dus dat God in Sy almag en alwysheid, ons behoeftes sien en daarin voorsien. Moria beteken dus, “God se genadige voorsiening”.
· Tweedens is dit insiggewend om te weet dat Moria geïdentifiseer word met Jerusalem. Gen.22:14b praat van "die Berg van die Here" en ons weet ook dat Dawid gepraat het van die Berg van die Here wanneer hy na Jerusalem verwys het, bv. Ps.24:3. Hier op Moria vind ’n offer plaas – dieselfde plek as waar die tempel later in Jerusalem sou verrys – 2Kron.3:1 ~ Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg.
Wanneer ons dit besef, word die betekenis van die offer wat later in hierdie selfde omgewing, nl. op Golgota sou plaasvind, toe ’n ander Seun as ’n Offerlam en as Soenoffer geoffer sou word, soveel meer insiggewend en belangrik.
7. TOEPASSING EN AFSLUITING:
Een van die doelwitte met die skryf van hierdie verhaal waarna ons vandag gekyk het, was om Israel te verseker dat hulle getroue Verbondsgod vertrou kán word om die volk se verlossing te verseker. Maar wat van ons vandag? Wat wil die Here vir ons deur hierdie verhaal leer?
· Ons sien in hierdie verhaal dat God ’n plaasvervanger voorsien om in die plek van Isak te sterf. Ons sien later in Eksodus dat die eersgeborenes van Israel saam met dié van Egipte sou sterf, maar hulle word verlos deur die bloed van ’n een jaar oue ram wat aan die deurkosyne geverf is (die Paaslam). Ook in die res van die Israelitiese geskiedenis het die plek van offerandes wat geoffer is ten einde versoening tussen God en die Israeliete te bewerkstellig, ’n geweldige belangrike rol gespeel. In die volheid van die tyd, voorsien die Here ook Sy eie Seun as Plaasvervangende Offerlam, sodat Sy kinders mag lewe, daarom dat Johannes die Doper, Jesus voorstel in Joh.1:29 as ~ Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! En Jesus sê in Mark.10:45, van Homself ~ Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.
· Ons sien ook dat die verbondsbeloftes in Gen.22:17-18 wat God teenoor Abraham gemaak het, beloftes inhou vir sy saad; vir sy nageslag, deurdat Hy aan Abraham sê ~ In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees. Hierdie belofte van seën word vervul in Matt.28:19a ~ Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels. Ons as ongelowiges – as heidene, kan dus ook nou die seën om dissipel van Jesus Christus te wees, ervaar.
· Laastens kan die getroue Verbondsgod vertrou word om verlossing te skenk en ’n ewige lewe te voorsien aan Sy kinders en dít stem ooreen met o.a. Joh.10:28, waar Jesus sê ~ Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie, asook Matt.16:18 ~ ....op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
[1]Boodskap gelewer deur Kobus van der Walt te ANTIPAS Gemeente (Vereeniging) op 31 Mei 2009

Subscribe to:
Posts (Atom)